# Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

> Grade 12 Consumer Studies memorandum from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept2024-afrikaans/4cdd0364-7e2e-4ee3-bf0d-aeb9f7ea7fd5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Consumer Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Consumer Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/consumer-studies) › [Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept2024-afrikaans/4cdd0364-7e2e-4ee3-bf0d-aeb9f7ea7fd5)

## About this document

Consumer Studies · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                           NASIONALE
                       SENIORSERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2024

                   VERBRUIKERSTUDIES
                      NASIENRIGLYN

PUNTE:   200

                   Hierdie nasienriglyn bestaan uit 16 bladsye.

                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                     VERBRUIKERSTUDIES                        (EC/SEPTEMBER 2024)

AFDELING A
VRAAG 1: KORTVRAE
1.1   1.1.1     C  Onthou, maklik (Verken, bl. 166; Suksesvol, bl. 184)                       (1)
      1.1.2     D  Verstaan, maklik (Verken, bl. 182; Suksesvol, bl. 201)                     (1)
      1.1.3     C  Onthou, maklik (Verken, bl. 174; Suksesvol, bl. 193)                       (1)
      1.1.4     D  Verstaan, matig (Verken, bl. 179; Suksesvol, bl. 199)                      (1)
      1.1.5     A  Verstaan, matig (Verken, bl. 16; Suksesvol, bl. 22)                        (1)
      1.1.6     D  Onthou, maklik (Verken, bl. 25, Suksesvol, bl. 26)                         (1)
      1.1.7     D  Analiseer, matig (Verken, bl. 13; Suksesvol, bl. 19)                       (1)
      1.1.8     B  Verstaan, maklik (Verken, bl. 72; Suksesvol; bl. 80)                       (1)
      1.1.9     B  Toepassing, maklik (Verken, bl. 72; Suksesvol, bl. 82)                     (1)
      1.1.10    A  Toepassing, maklik (Verken, bl. 93; Suksesvol, bl. 113)                    (1)
      1.1.11    D  Onthou, maklik (Verken, bl. 104; Suksesvol, bl. 126)                       (1)
      1.1.12    C  Verstaan, matig (Verken, bl. 91; Suksesvol, bl. 109)                       (1)
      1.1.13    C  Verstaan, matig (Verken, bl. 103; Suksesvol, bl.123)                       (1)
      1.1.14    B  Onthou, maklik (Verken, bl. 105, Suksesvol, bl. 127)                       (1)
      1.1.15    C  Verstaan, moeilik (Verken, bl. 106; Suksesvol, bl. 128)                    (1)
      1.1.16    D  Onthou, maklik (Verken, bl. 49, Suksesvol, bl. 51)                         (1)
      1.1.17    C  Toepassing, matig                                                          (1)
      1.1.18    B  Verstaan, matig (Verken, bl. 164; Suksesvol, bl. 182)                      (1)
      1.1.19    A  Toepassing, matig (Verken, bl. 130; Suksesvol, bl. 148)                    (1)
      1.1.20    A  Analiseer, matig (Verken, bl. 126, Suksesvol, bl. 144)                     (1)
1.2   B                                                                                       (1)
      D                                                                                       (1)
      E                                                                                       (1)
      G                                                                (Enige volgorde)       (1)
      Verstaan, maklik (Verken, bl. 75; Suksesvol, bl. 89)
1.3   1.3.1    Bloedglukosevlakke Onthou, matig (Verken, bl. 71; Suksesvol,bl. 78)            (1)
      1.3.2    Glisemiese Indeks  Onthou, matig (Verken, bl. 71; Suksesvol, bl. 77)           (1)
      1.3.3    Teikenmark/ groep  Onthou, matig (Verken, bl. 34; Suksesvol, bl. 33)           (1)
      1.3.4.   Winsopslag 🗸 Onthou, matig (Verken, bl. 37, Suksesvol, bl. 38)                  (1)
      1.3.5.   Gestandaardiseerde resep  Onthou, matig (Verken, bl.16, Suksesvol, bl.21)      (1)
      1.3.6.   Kontantvloei-vooruitskatting  / kontantvloeiprojeksie                          (1)
               Onthou, matig (Verken, bl. 40, Suksesvol, bl. 42)

1.4   B                                                                                       (1)
      D                                                                                       (1)
      F🗸                                                                                       (1)
      G                                                          (Enige volgorde)             (1)
      Verstaan, matig (Verken, bl. 103-105; Suksesvol, bl. 123-127)
1.5   1.5.1.   H🗸                                                                              (1)
      1.5.2.   I🗸                                                                              (1)
      1.5.3.   G🗸                                                                              (1)
      1.5.4.   B🗸                                                                              (1)
      1.5.5.   D🗸                                                                              (1)
      1.5.6.   F🗸
               Toepassing, matig (Verken, bl. 155 -160; Suksesvol, 169 –176)                   (1)

                                                                   TOTAAL AFDELING A:          40
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                    VERBRUIKERSTUDIES                                     3

AFDELING B

VRAAG 2: DIE VERBRUIKER

2.1 Wat indirekte belasting is en gee TWEE voorbeelde daarvan.
    • Indirekte belasting is verskuil 🗸 in die pryse van goedere en dienste, 🗸 so
      ons is nie altyd bewus van die hoeveelheid belasting wat ons betaal nie. 🗸
    • Voorbeelde is BTW,🗸 Aksynsbelasting (Sondebelasting), Invoerbelasting,🗸
      Lisensies, 🗸 Brandstofheffing 🗸                                  (Enige 4 x 1)       (4)
      Onthou, maklik (Verken, bl. 165; Suksesvol, bl. 182)

2.2 Funksie van SAID (SARS)
    • Tree as ŉ belastinginvorderingsagentskap op namens die regering.                    (1)
    Onthou, maklik (Verken, bl.163; Suksesvol, bl. 180)

2.3 Verskil tussen VPI en inflasie
    • VPI meet die veranderinge in die koste van goedere en dienste 🗸 oor ŉ
       spesifieke tydperk. 🗸 Dit is die maatstaf wat jou help om die styging in pryse
       te bepaal. 🗸
    Toepassing, matig (Verken, bl. 167)
    • VPI wys ŉ verandering in die prys van produkte en dienste. 🗸 Dit word gebruik
       om veranderinge in die ekonomie te meet 🗸 asook verandering in
       lewenstandaard. 🗸
     Toepassing, matig (Suksesvol, bl. 185)
    • Inflasie is die persentasie waarteen die prys 🗸 van goedere en dienste
       vermeerder. 🗸
    Toepassing, matig (Suksesvol, bl. 185)
    • Inflasie is die styging in die prys van goedere en dienste, 🗸 oor ŉ spesifieke
       tydperk gemeet. 🗸                                                 (Enige 4 x 1) (4)
    Toepassing, matig (Verken, bl. 167)

2.4 Advertensie

     2.4.1    Voordele vir die installering van die Eskom hittepomp
              • Dit kan die koste van jou elektrisiteitsrekening met tot 67% verlaag. 🗸
              • Jy sal korting/afslag toegestaan word deur Eskom wanneer die
                hittepomp geïnstalleer word. 🗸
              • Jy sal toegang tot kits warm water het enige tyd van die dag. 🗸
              • Die vermindering van die gebruik van elektrisiteit het ŉ positiewe
                uitwerking op die omgewing.                                (Enige 3 x 1)   (3)
              Onthou, maklik
     2.4.2    Verduidelik, met rede, hoe die stygende koste van elektrisiteit die
              Suid-Afrikaanse ekonomie negatief kan beïnvloed.
              • Stygende koste van elektrisiteit veroorsaak dat ander goedere en
                dienste aangebied, duurder raak. 🗸
              • Die verbruiker ontvang nie verhogings wat die koste van verhoogde
                pryse dek nie. 🗸
              • Verbruikers se koopkrag is verminder. 🗸
              • Dit veroorsaak dat minder produkte vervaardig word en dit lei tot
                werksverliese. 🗸
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                VERBRUIKERSTUDIES                           (EC/SEPTEMBER 2024)

             • Dit lei tot hoër werkloosheid en daar sal ŉ gebrek aan werksgeleenthede
               wees. 🗸
             • Dit kan aanleiding tot ŉ resessie in die land gee. 🗸       (Enige 3 x 1)       (3)
             Toepassing, moeilik

     2.4.3   Verduidelik die voordele om ŉ gasstoof te het.
             • Jy sal elektrisiteit bespaar en ŉ ligter lading op die land se oorbelaaide
               sisteem plaas. 🗸
             • Jy sal nie so afhanklik van elektrisiteit wees nie. 🗸
             • Verlaag jou vraag na elektrisiteit en verminder die negatiewe
               omgewings-impak verbonde aan die opwekking van elektrisiteit. 🗸
             • Jy kan jou koolstofvoetspoor met tot 50% laat krimp deur vir kook van
               elektrisiteit na gas oor te skakel / Dit is meer omgewingsvriendelik. 🗸
             • Dit is ŉ relatiewe skoon fossielbrandstof in vergelyking met steenkool
               en olie. 🗸
             • Dit is gerieflik om te gebruik en maklik om te berg en te vervoer. 🗸
             • Dit kan in afgeleë plekke gebruik word waar daar nie elektrisiteit
               beskikbaar is nie. 🗸
             • Indien dit reg gebruik word, is VPG heeltemal veilig, soos elektrisiteit. 🗸
             • Gas is goedkoper as elektrisiteit / Met ŉ gasstoof betaal jy net vir dit
               wat jy gebruik, terwyl met elektrisiteit betaal jy ook vir die tyd wat dit
               neem vir die stoofplaat om warm te raak. 🗸
             • Gastoestelle het byna geen onderhoud nodig nie. 🗸
             • Word nie deur beurtkrag en kragonderbrekings geraak nie. 🗸
             • Gasstowe produseer onmiddellike hitte wat baie akkuraat beheer kan
               word/kook gouer. ✓
             • Gas is geskik vir binnenshuise gebruik omdat dit skoon is en sonder
               rook brand. ✓
             • Gasstowe is goedkoper as elektriese stowe. ✓
                                                                               (Enige 4 x 1) (4)
             Verstaan, matig (Verken, bl. 176; Suksesvol, bl. 195)

2.5 Scenario

     2.5.1   Tipe spaarklub in ons gemeenskap genoem.
             • Stokvel                                                                       (1)
             Onthou, maklik (Verken, bl. 161; Suksesvol, bl. 177 en 178)

     2.5.2   Identifiseer waarom hierdie klubs as wettig beskou word.
             • Geld word in ŉ gemeenskaplike fonds inbetaal. 🗸
             • Kontant/kruideniersware word op ŉ rotasiebasis ontvang. 🗸
             • Alle lede trek voordeel. 🗸                                                     (3)
             Verstaan, matig (Verken, bl. 161 en 162; Suksesvol, bl. 177 en 178)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                    VERBRUIKERSTUDIES                                     5

     2.5.3    Bespreek hoe klublede baat vind by nie-bederfbare kruideniersware
              wat in grootmaat aangekoop word.
              • Grootmaat/groothandelpryse is goedkoper/meer kan gekoop word. 🗸
              • Gesinne mag oor ŉ langer tydperk nie-bederfbare kruideniersware/
                voedsel hê om hulle te voed/Meer voedselsekerheid vir hierdie
                gesinne/uitgebreide families. 🗸
              • Om kruideniersware in grootmaat te koop mag die impak van voedsel-
                inflasie oor ŉ tydperk verminder. 🗸
              • Vervoer/taxi/buskostes word verminder as in grootmaat gekoop word. 🗸
              • Meer beskikbare inkomste is beskikbaar vir ander behoeftes. 🗸        (5)
              Toepassing, moeilik (Verken, bl. 168; Suksesvol, bl. 161)

2.6 Verduidelik wat ŉ uitsluitingsklousule is.
    • ŉ Uitsluitingsklousule is ŉ klousule wat in ŉ kontrak ingesluit word wat ŉ party
      vryskeld van enige aanspreeklikheid 🗸 sou hy of sy nie die ooreenkoms nakom
      nie 🗸 of indien die ooreengekome produk nie die doel dien waarvoor dit gekoop
      is nie. 🗸
    • ŉ Vrystellingsklousule in ŉ kontrak spreek ŉ party vry van enige
      aanspreeklikheid 🗸 indien hy of sy versuim om die ooreenkoms te eerbiedig 🗸
      of wanneer die produk of diens waaroor ooreengekom, nie voldoen aan die
      doel waarvoor dit gekoop is nie. 🗸                                                     (3)
    Verstaan, matig (Verken, bl. 156; Suksesvol, bl. 173)

2.7 E-pos

     2.7.1    Analiseer die e-pos en verduidelik met ŉ rede, hoe ŉ verbruiker moet
              reageer.
              • Dit is hoogs waarskynlik dat die ŉ vals e-pos /uitvissing/ bedrogspul/
                 identiteitsdiefstal is. 🗸
              • Dit is hoogs onwaarskynlik dat enige finansiële instelling ŉ rentekoers
                 so laag soos 5% sal aanbied 🗸 aangesien dit veel laer as die repokoers
                 is en die instelling dan geen geld sal maak nie. 🗸
              • Hierdie ooreenkoms lyk te goed om waar te wees, so dit is moontlik te
                 goed om waar te wees/onwaar. 🗸
              • ŉ Verbruiker moenie enige persoonlike besonderhede aan Cash King
                 gee / e-pos nie. 🗸
              • Om die woorde eenkeer-in-ŉ-leeftyd aanbod te gebruik, word die
                 verbruiker aangemoedig om die aanbod so vinnig as moontlik te
                 aanvaar/wil nie dat die verbruiker uit mis op die offer nie.🗸
              • Die beste sal wees om die e-pos uit te vee. 🗸                 (Enige 5 x 1) (5)
              Analiseer, matig (Verken, bl. 159; Suksesvol, bl. 177)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              VERBRUIKERSTUDIES                        (EC/SEPTEMBER 2024)

2.8 Verantwoordelikhede van gemeenskappe rakende die gebruik van
    munisipale dienste.
    • Betaal munisipale tariewe en dienste stiptelik. 🗸
    • Raak betrokke by die munisipaliteit wanneer openbare kommentaar/ insette
      gevra word. 🗸
    • Volg die korrekte prosedure wanneer hulle hul regte uitoefen. 🗸
    • Stem in verkiesings om die verandering wat jy wil hê, te sien. 🗸
    • Werk saam en neem deel aan gemeenskapsaktiwiteite. 🗸
    • Respekteer die munisipale regte van ander lede van die gemeenskap. 🗸
    • Die gemeenskap het ŉ verantwoordelikheid om munisipaliteite aanspreeklik
      te hou vir hul grondwetlike verpligtinge. 🗸
    • Kla oor swak dienslewering, maar gee ook komplimente waar dit toekom deur
      die korrekte kanale te volg. 🗸
    • Gehoorsaam wette en regulasies. 🗸
    • Moenie dienste misbruik of steel nie. 🗸
    • Waardeer en hanteer dienste met sorg en respek. 🗸                (Enige 4 x 1)     (4)
    Evaluering, matig (Verken, bl. 185; Suksesvol, bl. 205)
                                                                                        [40]

VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING

3.1 Misleidende en vals bewerings op produk:
    100% of oorspronklike lemoensap 🗸 want volgens die bestanddele lys bevat
    die produk water. 🗸                                                                   (2)
    Verstaan, matig (Verken, 101 en 102; Suksesvol, bl. 121)

3.2 TWEE bestanddele wat allergiese reaksies veroorsaak.
    Tabuleer jou antwoord as volg:

     3.2.1  TWEE BESTANDDELE             3.2.2 DOELWIT
            Tartrasien 🗸                        Dien as ŉ kleurmiddel. 🗸
            Kalium nitraat 🗸                    Tree as preserveermiddel op. 🗸
     Verstaan, matig (Verken, bl. 95 en 96; Suksesvol, bl. 113)                           (4)

3.3 Gee DRIE redes waarom anti-oksidante as voedsel additiewe gebruik word.
    • Anti-oksidante preserveer die gehalte van voedsel 🗸 en kan die raklewe van
      voedsel verleng. 🗸
    • Dit voorkom galsterigheid 🗸 en die ontwikkeling van onaangename reuke 🗸
      in margarien /kookolie/koekies/aartappelskyfies/sopmengsels.
    • Preserveer die kleur van vars gesnyde vrugte en groente/vertraag ensimatiese
      verbruining/verkleuring in vrugte en groente/vrugtesappe/koeldranke/ingelegde
      groente/bevrore vrugte. 🗸                                       (Enige 3 x 1)       (3)
    Skep, matig (Verken, bl. 94; Suksesvol bl. 114)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                   VERBRUIKERSTUDIES                                    7

3.4 Noem DRIE voordele wat organiese voedsel vir die natuurlike omgewing
    kan inhou.
    • Chemikalieë/kunsmis/plaagdoders/onkruiddoders wat die natuurlike
       omgewing skade kan aandoen, word nie gebruik nie. 
    • Water bly skoner/waterbesoedeling word verminder. 
    • Organiese boerdery verbeter grondgehalte. 
    • Wisselbou voorkom die opbou van plae en siektes. 
    • Organiese boerdery praktyke voorsien gunstige omstandighede vir lewende
       hawe.                                                      (Enige 3 x 1)           (3)
     Toepassing, maklik (Verken, bl.104; Suksesvol, bl. 125 en126)

3.5 Lys DRIE tipes inligting wat op ŉ voedsel-etiket moet verskyn:
    • Naam van die produk 🗸
    • Naam van die vervaardiger 🗸
    • Handelsnaam/merk/logo/embleem 🗸
    • Adres / besonderhede van die vervaardiger 🗸
    • Land van oorsprong 🗸
    • Bestanddele 🗸
    • Bergingsinstruksies 🗸
    • Voedingkundige inligting 🗸
    • Gewig/massa/volume/hoeveelheid/grootte 🗸
    • Prys/strepieskode 🗸
    • Allergene 🗸
    • Datumstempel/ verkoop-teen datum/ beste-voor datum🗸           (Enige 3 x 1)          (3)
    Onthou, maklik (Verken, bl. 97 en 98; Suksesvol bl. 117 en 118)

3.6 Bestudeer die prent:

     3.6.1    Identifiseer die voedsel-verwante gesondheidstoestand.
              • Osteoporose 🗸                                                              (1)
              Verstaan, matig (Verken, bl. 75; Suksesvol bl. 89)

     3.6.2    Definieer die voedsel-verwante gesondheidstoestand.
              • Osteoporose is die gevolg van ŉ dieet wat laag in kalsium is, 🗸
                kalsium word teen ŉ vinniger tempo uit die bene onttrek as wat dit
                vervang word.  Die beendere raak kleiner, dunner en so bros dat dit
                maklik breek. 🗸
              • Osteoporose beteken poreuse bene. 🗸 Dit ontwikkel wanneer
                kalsium en minerale vinniger uit die been verlore gaan as wat dit
                aangevul word. 🗸 Die bene word dunner, minder dig, bros swak en
                breek maklik. 🗸                                         (Enige 2 x 1)      (2)
              Onthou, maklik (Verken bl. 75; Suksesvol, bl. 89)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               VERBRUIKERSTUDIES                          (EC/SEPTEMBER 2024)

     3.6.3   Ondersoek VIER redes waarom vrouens met ŉ klein liggaamsmassa
             en ouer as 50 meer geneig is om die voedselverwante gesondheids-
             toestand in VRAAG 3.6.1 te ontwikkel.
             • Lae estrogeenvlakke (die vroulike hormoon estrogeen beskerm die
                liggaam teen beenverlies) 
             • Haar liggaamsvorm verhoog haar kans vir osteoporose (kort, klein
                geboude mense met ŉ klein liggaamsmassa het minder been om te
                verloor as iemand wat langer/groter is) 🗸
             • Sy is vroulik/vrouens toon ŉ groter risiko vir die ontwikkeling van
                osteoporose ✓ aangesien vrouens se beendigtheid laer is. ✓
             • Op vyftigjarige ouderdom is sy waarskynlik post-menopousaal ✓ en is
                daar ŉ afname in haar estrogeenvlakke/estrogeen voorkom gewoonlik
                beenverlies ✓ en ŉ tekort aan kalsium, fosfor en vitamien D
                waarsonder jy nie nuwe been kan vorm/bou nie. ✓
             LET WEL: 1 punt vir feit en 1 punt vir verduideliking
                                                                           (Enige 4 x 1)     (4)
             Toepassing, moeilik (Verken bl. 75 en 76, Suksesvol bl. 89)

3.7 Verduidelik die betekenis van voedseloordraagbare siektes:
    • Voedseloordraagbare siektes is infeksies wat oorgedra word deur die eet van
      gekontamineerde kos, 🗸 of deur kontak met water, diere en ander
      omgewingsbronne. 🗸
    • Voedseloordraagbare siektes word deur stowwe/agente wat die liggaam deur
      die inneem van voedsel, binnedring, veroorsaak 🗸
                                                                    (Enige 2 x 1)            (2)
    Onthou, maklik (Verken, bl. 86; Suksesvol, bl. 103)

3.8 Lys DRIE riglyne om die oordrag van voedseloordraagbare siektes te
    voorkom.
    • Persoonlike higiëne – handhaaf te alle tye goeie persoonlike higiëne 🗸
    • Higiëniese voorbereiding en berging van voedsel – hou
      voedselvoorbereidingsareas skoon 🗸
    • Vernietig bakterieë deur behoorlike gaarmaak. 🗸
    • Temperatuur beheer ‒ warm kos moet teen ŉ temperatuur van bo 60 ºC
      gehou word en koue kos teen 5 ºC. ✓
    • Voorkom kontaminasie van voedsel. 🗸                              (Enige 3 x 1)         (3)
    Onthou, maklik (Verken, bl. 87 en 88)

3.9 Lees die uittreksel:
     3.9.1   Gee ŉ ander naam vir Hepatitis A
             • Aansteeklike/oneffektiewe geelsug                                            (1)
             Onthou, maklik (Verken, bl. 89, Suksesvol, bl.103)
     3.9.2   Verwantskap tussen 5 Februarie en 27 Februarie
             • Hierdie tydperk is die inkubasie periode van drie tot vyf weke
               (12 tot 50 dae) 🗸                                                            (1)
             Onthou, maklik (Verken, bl. 89; Suksesvol, bl. 103)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                    VERBRUIKERSTUDIES                                      9

       3.9.3    Voorspel DRIE oorsake wat Lynn se siekte veroorsaak.
                • Die kok/kokke by die restaurant waar hulle geëet het was moontlik
                  besmet met Hepatitis A en het nie sy hande gewas nadat hy die
                  kleedkamer besoek het nie. 🗸
                • Die virus is dus oorgedra na die voedsel (hoender pita). 🗸
                  Tweedens kon die voedsel self-gekontamineerd wees; 🗸 of die
                  water waarin die kos gaargemaak is kan gekontamineerd wees. 🗸              (3)
                Toepassing, matig (Verken, bl. 89; Suksesvol, bl. 103)
3.10   Inligting op die etiket:
       3.10.1 Evalueer die geskiktheid van die beskuit vir ŉ persoon met
              diabetes.
              • Die produk het ŉ hoë koolhidraatinhoud 🗸 wat nie goed is vir
                 diabete nie omdat dit die bloedglukosevlak laat styg. 🗸
              • Die produk is hoog in vet/versadigde vet/botter/karringmelk/eier 🗸
                 wat nadelig/nie goed vir diabete is nie 🗸 omdat diabete meer
                 vatbaar is vir hartsiektes. 🗸
              • Die matige natriuminhoud kan tot hipertensie lei. 🗸
              • Die produk sal waarskynlik ŉ lae/matige GI hê omdat dit ŉ lae
                 suikerinhoud en ŉ hoë veselinhoud bevat. 🗸 Hawer en vesel het ŉ
                 lae GI. 🗸
              • Dit beteken dat glukose stadig in die bloedstroom vrygestel word 🗸
                 wat goed is vir diabete omdat dit groot wisseling in bloedglukose-
                 vlakke voorkom. 🗸
              • Die produk bevat xilitol/ŉ kunsmatige versoeter en dit is geskik vir ŉ
                 diabeet. 🗸
              • Die veselinhoud is redelik hoog en daarom sal dit voordelig vir ŉ
                 persoon met tipe 2 diabetes wees. 🗸
              • Hawer bevat oplosbare vesel 🗸 wat cholesterolvlakke verlaag wat
                 goed is omdat diabete meer geneig is om koronêre hartvatsiektes te
                 ontwikkel. 🗸
              • Koringsemels bevat onoplosbare vesel 🗸 wat cholesterolvlakke
                 verlaag. 🗸
              • Hierdie produk het ŉ matige proteïeninhoud 🗸 in eiers/karringmelk
                 wat onnodige stres op die niere sal voorkom 🗸en dit bou weefsels. 🗸

                Gevolgtrekking: Die produk is geskik. 🗸 Matige hoeveelhede van die
                produk behoort geëet te word. 🗸
                LET WEL: Leerders moet positiewe en negatiewe punte noem en dan
                           ŉ gevolgtrekking maak.
                           Een punt vir geskiktheid.                       (Enige 8 x 1)     (8)
                Analiseer, moeilik (Verken, bl. 72 en 73; Suksesvol, bl. 80–82)
                                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              VERBRUIKERSTUDIES                          (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 4: KLEDING

4.1 Verduidelik die term vervalste goedere.
    • ŉ Onwettige kopie/replika/nabootsing van die oorspronklike produk. ✓                  (1)
    Onthou, maklik (Verken, bl. 64; Suksesvol, bl. 72)

4.2 Logo

     4.2.1   Identifiseer die logo.
             • Fair trade                                                                  (1)
             Onthou, maklik (Verken, bl. 61; Suksesvol, bl. 69)

     4.2.2   Noem die kwalifiserende kriteria waaraan voldoen moet word vir
             vervaardigers om die embleem op produk te plaas.
             • Betaal billike lone 🗸
             • Voorsiening van goeie werksomstandighede/billike werksure 🗸
             • Maak nie gebruik van kinderarbeid nie 🗸
             • Voldoen aan veiligheids- en ook arbeidswette. 🗸
             • Ondersteun omgewingsvolhoubaarheid 🗸                 (Enige 4 x 1)           (4)
             (Onthou, matig (Verken, bl. 61; Suksesvol, bl. 69)

4.3 Interpreteer die term kleredragkode.
    • ŉ Aantrekkode is ŉ stel reëls 🗸 oor die soort klere wat die maatskappy
       verwag die werknemers sal werk toe dra 🗸
                                          OF
    • ŉ Dokument wat die maatskappy opgestel het 🗸 om die tipe kleredrag wat vir
       hulle werknemers aanvaarbaar is te spesifiseer 🗸                                     (2)
    Toepassing, maklik (Verken, bl. 54; Suksesvol, bl. 57)

4.4 4.4.1    Evalueer of haar gekose uitrustings voldoen aan die maatskappy
             se kleredragkode en die vereistes van haar kontrak.
             • Maandag: voldoen aan die maatskappy se kleredragkode 🗸
             • Dinsdag: hierdie uitrusting is te informeel, dalk moet sy ŉ baadjie
                aantrek by die rok/haar skouers bedek om ŉ meer professionele
                voorkoms te skep. 🗸
             • Woensdag: die bo-stuk is te informeel, die broek is geskik, verruil die
                hemp vir iets wat meer formeel is 🗸
             • Donderdag: uitrusting is geskik / formeel genoeg 🗸
             • Vrydag: Sy is nie volgens die kleredragkode geklee nie. Sy moet ŉ
                potloodromp, wit hemp en ŉ formele baadjie aantrek. 🗸 Omdat sy met
                die publiek werk is dit belangrik dat sy liefs moet hou by die
                kleredragkode. 🗸                                           (Enige 4 x 1)    (4)
             Evalueer, matig (Verken, bl. 56; Suksesvol bl. 59)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                    VERBRUIKERSTUDIES                                     11

4.5 Illustreer en verduidelik VYF fases/stadiums in die mode-siklus aan die
    hand van ŉ grafiek.

     1.   Bekendstellingsfase – eerste fase mode word bekendgestel ‒ mense
          aanvaar of verwerp die mode. 🗸
     2.   Toename/opgang – tweede fase ‒ gewildheid van die mode neem toe en
          meer mense dra dit. 🗸
     3.   Hoogtepunt/Piek – derde fase ‒ bereik die mode ŉ toppunt van gewildheid
          en baie mense dra dit. 🗸
     4.   Afname – vierde stadium ‒ tree verveling in, minder en minder mense dra
          dit totdat niemand dit weer dra nie. 🗸
     5.   Veroudering – vyfde fase ‒ die mode verdwyn. is nou uit die mode uit, items
          word afgemerk en baie min mense dra dit. 🗸

     Een punt vir die grafiek en vyf punte vir die verduideliking van die vyf stadiums.      (6)
     Toepassing, moeilik (Verken, bl. 49 en 50; Suksesvol, bl. 50)

4.6 Verduidelik waarom mode-siklusse oorvleuel.
    • Modesiklusse oorvleuel omdat verbruikers verveeld raak met ou neigings/
      minder verbruikers dra die ou modeneigings namate hul belangstelling daarin
      verloor. 🗸
    • ŉ Nuwe modeneiging word bekendgestel/begin/ foto’s word geneem van
      bekende en beroemde mense wat hierdie nuwe mode dra. 🗸
    • Minder verbruikers dra die ou neigings totdat niemand dit meer dra
      nie. 🗸
    • Namate die ou neiging afneem, verhoog die belangstelling in die nuwe
      neiging. 🗸
    • Klerewinkels adverteer die nuwe neigings in tydskrifte en ook deur die
      gebruik van uitstallings in winkelvensters. 🗸
    • Teen die tyd ŉ nuwe mode gevestig is en sterk oppad na sy
      hoogtepunt. 🗸                                                  (Enige 2 x 1)           (2)
    Verstaan, matig (Verken, bl. 50; Suksesvol, bl. 50)
                                                                                            [20]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              VERBRUIKERSTUDIES                          (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 5: BEHUISING

5.1 Verduidelik TWEE tipes versekering betaalbaar deur huiseienaars, maar nie
    deur huurders nie.
    • Verbandbeskermingsversekering: 🗸 Lewensversekering om die verband te
      delg as die koper dalk onverwags iets sou oorkom. /Hierdie versekering betaal/
      dek die terugbetalings as die verbandhouer nie in staat is om die
      verbandpaaiemente te betaal nie weens sterfte, aflegging of ongeskiktheid. 🗸
    • Omvattende huiseienaarsversekering: 🗸 Dek enige verliese indien die
      huisstruktuur skade sou ly weens ŉ natuurramp/storm/vloed/ongeluk/ŉ
      gebarste warmwatersilinder/politieke onrus/ vuur. 🗸                                    (4)
    Onthou, matig (Verken, bl. 127 en 128; Suksesvol, bl. 145)

5.2 Lees die uittreksel:

     5.2.1   Identifiseer die tipe eienaarskap vir die volgende eiendomme.
             (a) “Groot vrystaande huis” (laaste paragraaf)
                  Voltitel eienaarskap/Vryepag 🗸
             Verstaan, maklik (Verken, bl. 121; Suksesvol, bl.139)
             (b) “Hoё digtheidsbehuisingskomplekse” (tweede paragraaf)
                   Deeltiteleienaarskap 🗸
                                                                                  (2 x 1)    (2)
             Verstaan, maklik (Verken, bl. 122; Suksesvol, bl. 140)

     5.2.2   Noem TWEE voordele van die tipe eienaarskap genoem in 5.2.1 (b)
             soos in die uittreksel gesien.
             • Gemeenskaplike onkostes word gedeel 🗸 bespaar op die lopende koste
               van die eiendom 🗸 en gevolglik die onderhoudskoste van die eiendom
               verminder 🗸                                            (Enige 2 x 1) (2)
             Verstaan, maklik (Verken, bl. 122; Suksesvol, bl. 140)

     5.2.3   Bespreek die geldigheid van die volgende stelling:
             Belê in behuisingsontwikkeling wat winsgewende belonings oor die
             langtermyn bied.
             • Meeste behuisingsontwikkelinge gebeur naby die stad waar dit maklik
                sal wees om huurders/studente te vind wat sal belangstel om die
                wooneenheid te huur. ✓
             • Die waarde van die wooneenheid sal toeneem oor tyd, ✓ wat ŉ groot
                impak op die koste/prys van die wooneenheid het. ✓
             • Splinternuwe behuisingseenhede het min/geen onderhoud ✓ nodig
                aan die begin nie, dit lei tot besparings en verseker ŉ groter wins
                wanneer die eiendom verkoop word.✓
             • As die verband afbetaal is, kan die eienaar ŉ goeie vaste inkomste
                verdien deur die verhuring van die wooneenheid.✓
             • Die eienaar kan die eenheid teen ŉ wins verkoop.✓
             • Die eenheid kan deel vorm van die eienaar se boedel na sy/haar
                afsterwe, ✓ sy begunstigdes kan voordeel trek uit die belegging ✓ /kan
                die eiendom erf. ✓                                          (Enige 4 x 1)    (4)
             Toepassing, moeilik (Verken, bl. 122; Suksesvol, bl. 140)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                     VERBRUIKERSTUDIES                                       13

5.3 Bestudeer die advertensie oor wasmasjiene:

     5.3.1    Noem die tipe krediettransaksie in die advertensie.
              • Afbetaalkooptransaksie/ Huurkoop 🗸                                             (1)
              Verstaan, maklik (Verken, bl. 148; Suksesvol, bl. 162)

     5.3.2    Gee ŉ rede vir die verskil in die koste tussen kontant betaal en die
              wasmasjien op krediet koop.
              • Krediet is baie duurder as gevolg van die volgende ekstra kostes
                wat betaal moet word:
              • Administrasie fooie 🗸
              • Versekeringskostes 🗸
              • Rente 🗸                                                (Enige 1 x 1)           (1)
              Onthou, maklik (Verken, bl.148; Suksesvol, bl. 162)

     5.3.3    Die verbruiker verstaan nie al die terme en voorwaardes in die
              kontrak nie. Gee die reg van die verbruiker en die
              verantwoordelikheid van die verkoper.
              • Die verbruiker het die reg om inligting in ŉ duidelike/verstaanbare
                 taal te ontvang. 🗸
              • Die verkoper moet eenvoudige en verstaanbare taal gebruik en om
                 dit wat die verbruiker nie verstaan nie, te verduidelik. 🗸                    (2)
              Verstaan, matig (Verken, bl. 150; Suksesvol, bl. 164)

     5.3.4.   Waarom wasmasjien A ŉ beter keuse vir ŉ professionele dame
              met beperkte ruimte tot haar beskikking.
              • Wasmasjien A het ŉ 8 kg kapasiteit wat voldoende is vir ŉ
                enkellopende dame. ✓
              • Die voorlaaier neem minder ruimte in beslag ✓ omdat dit onder ŉ
                werksoppervlak geplaas kan word / die tuimeldroër kan bo-op die
                voorlaaier geplaas word. ✓
              • Die wasmasjien het ŉ A++ gradering ✓ wat beteken dat dit energie
                doeltreffend is en minder elektrisiteit / elektrisiteit verantwoordelik,
                gebruik. ✓
              • Dit is goedkoper ✓ wat ŉ jong professionele dame sal pas omdat sy
                waarskynlik nie baie geld tot haar beskikking het nie. ✓
                                                                              (Enige 4 x 1)    (4)
              Evaluering, moeilik (Verken, bl. 143; Suksesvol, bl. 158)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                             VERBRUIKERSTUDIES                         (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP

6.1 Noem VIER maniere waarop ŉ entrepreneur volhoubare produksie van
    sy/haar produkte kan verseker deur die gebruik van grondstowwe.
    • Dink aan moontlike maniere waarop oorskiet– en/of afvalmateriaal weer
       gebruik kan word. 🗸
    • Herwin afval/Verminder afval en besoedeling. 🗸
    • Gebruik herwinbare verpakking. 🗸
    • Koop produkte wat vervaardig is uit herwonne materiaal. 🗸
    • Verminder die gebruik van natuurlike hulpbronne, giftige materiale en
       chemikalieë.
    • Beperk afval en kweekhuisgasse tot ŉ minimum.                   (Enige 4 x 1)       (4)
    Onthou, maklik (Verken, bl. 26; Suksesvol, bl. 26)

6.2 Noem DRIE redes waarom ŉ besigheid voorraadbeheer moet toepas.
    • Om te verseker dat daar genoeg grondstowwe beskikbaar is 🗸 sodat
      produksie nie onderbreek word ✓ as gevolg van ŉ tekort aan die nodige
      grondstowwe om die produk te produseer vir ŉ gegewe tydperk nie. 🗸
    • Verhoed oorbevoorrading van grondstowwe/verminder die bergingskoste van
      die finale produk. 🗸
    • Die regte gehalte grondstowwe wat vir die produk aangekoop word 🗸 en
      vermorsing dus verminder word. 🗸
    • Om te verhoed dat voorraad die verkoop-teen-datum oorskry 🗸 en bederf
      intree/swak kwaliteit produkte vir die verkoper aangebied word 🗸 wat ŉ
      inkomsteverlies vir die produsent sal veroorsaak. 🗸
    • Om kontantvloeiprobleme te verhoed as gevolg van geld bestee in
      ongebruikte/oortollige voorraad 🗸 dat kontant op raak vir ander dringende
      behoeftes/om geld wat in voorraad belê is, te beperk. 🗸          (Enige 3 x 1)      (3)
    Onthou, matig (Verken, bl. 19; Suksesvol, bl. 23)

6.3 Lees die gevallestudie.

     6.3.1   Noem DRIE menslike hulpbronne tot Maya se beskikking.
             • Passie/belangstelling in mode. 🗸
             • Naaldwerkvaardighede. 🗸
             • Mode- en naaldwerkkennis 🗸
             • Kreatiwiteit. 🗸                                   (Enige 3 x 1)            (3)
             Verstaan, maklik (Verken, bl. 10 en Suksesvol, bl.)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                    VERBRUIKERSTUDIES                                     15

     6.3.2    Verduidelik waarom dit belangrik vir Maya is om ŉ finansiële
              uitvoerbaarheidstudie uit te voer.
              • Dit sal die sterkpunte 🗸 en swakpunte 🗸 van die besigheidsidee
                 identifiseer.
              • Dit sal Maya help besluit of sy met die besigheidsidee moet voortgaan
                 of nie/sal ŉ duidelike beeld gee of die bepaalde onderneming suksesvol
                 sal kan wees. 🗸
              • As die inkomste genoeg sal wees om die kostes te dek 🗸 en ŉ redelike
                 wins te maak 🗸 sal die besigheid finansieel lewensvatbaar wees.
              • Berekening van die aanvangskostes / aanvangsbehoeftes van die
                 besigheid. 🗸                                             (Enige 4 x 1) (4)
              Evalueer, matig (Verken, bl. 35; Suksesvol, bl. 35)

     6.3.3    Noem DRIE maniere waarop Maya haar onderneming in die
              gemeenskap kan adverteer.
              • Elektroniese media/radio/selfoon/internet. 🗸
              • Sosiale media/Facebook/Instagram/Twitter/ WhatsApp/TikTok. 🗸
              • Gedrukte media/ plaaslike koerant/strooibiljette/brosjures/posters/
                pamflette/advertensieborde. 🗸
              • Mode parades/uitstallings in die gemeenskap. 🗸
              • Kliёnte wat haar uitrustings dra/ander vertel van die uitrustings. 🗸
                                                                             (Enige 3 x 1)    (3)
              Verstaan, maklik (Verken, bl. 31; Suksesvol, bl. 29 en 30)

     6.3.4    Verduidelik hoe die opleiding van ongeskoolde werkers die
              volhoubare winsgewendheid van Maya se besigheid sal verbeter.
              • Opleiding van ongeskoolde werkers sal die gehalte van die artikels wat
                geproduseer word, verbeter 🗸 en die teikenmark sal gehalte produkte
                aankoop 🗸 wat bydra tot volhoubare winsgewendheid. 🗸
              • Dit verhoog produktiwiteit 🗸 en as werkers opgelei word sal hul, hul
                werk geniet en gehalte produkte vervaardig. 🗸
              • As gehalte produkte geproduseer word 🗸 sal daar minder vermorsing
                van grondstowwe wees. 🗸
              • Opleiding sal die werkers se selfvertroue 🗸 en moraal 🗸 verbeter.
              • Die kwaliteit van werk sal verbeter 🗸 wat sal verseker dat kliёnte die
                artikels sal aankoop/wins gemaak sal word. 🗸
              • Opleiding van werkers sal Maya help om instandhouding en
                herstelkoste te verminder. 🗸                               (Enige 6 x 1)      (6)
              Ontleding, matig (Verken, bl. 25; Suksesvol, bl. 26)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                VERBRUIKERSTUDIES                        (EC/SEPTEMBER 2024)

      6.3.5   Skryf ŉ paragraaf waarin jy verduidelik hoe Maya goeie kliënte-
              verhoudinge bewerkstellig.
              • Maya gee spesiale aandag aan elke kliënt. 🗸 Kliënte pas die item
                aan 🗸 (en word dan geleentheid gegee om terugvoer te gee) 🗸 wat
                Maya dan gebruik om die artikel / besigheid/diens te verbeter. 🗸
                Maya voldoen aan die kliënte se behoeftes. 🗸 Die artikels is altyd
                twee weke voor die afleweringsdatum gereed, 🗸 dit verseker dat
                kliёnte tevrede is. 🗸 Sy bedien verversings aan haar kliënte, hulle
                voel belangrik en geniet dit om besigheid met haar te doen. 🗸
                                                                         (Enige 6 x 1)      (6)
              Onthou, maklik (Verken, bl. 25; Suksesvol, bl. 26)

      6.3.6   Lewer kommentaar oor die impak van gehaltebeheer en verduidelik
              die verskillende stadiums waartydens Maya gehaltebeheer moet
              toepas.
              Gehalte beheer is ŉ maatstaf van uitmuntendheid, 🗸 is die prosedure
              waardeur seker gemaak word dat die gehalte van jou produk
              gehandhaaf word, 🗸 wat produk inspeksie insluit. 🗸 Maya moet verseker
              dat die rok reg aanmekaar gewerk is, 🗸 dat daar geen los some is nie 🗸
              en dat dit die kliënt perfek pas. 🗸
              Stappe in gehalte beheer:
              • Fase/Stap 1: Kontroleer die gehalte van die grondstowwe; sy gebruik
                 100% plaaslik vervaardigde sy.🗸
              • Fase/Stap 2: Produksieproses, uitsny van verskillende dele van rok;
                 soomafwerking 🗸
              • Fase/Stap 3: Voltooide produk, Voltooide produk word aangepas.
                 Nodige verstellings word aangebring.
              • Fase/Stap 4: Verpakking en etikettering, rok word gestryk en verpak. 🗸
              Punte toekenning: Twee punte vir impak van gehaltebeheer.
                                Vier punte vir verduideliking van elke stadium.             (6)
              Toepassing, moeilik (Verken, bl. 16; Suksesvol, bl. 22)

6.4           Bereken die totale koste van een rok met ŉ winsopslag van 30%.
              Toon alle berekeninge:
              4 x R70,00 🗸 1 = R280,00

              R280,00 + R 20,00 + R300,00 = R600,00 🗸 2
                                                          30
              R600,00 x 30% 🗸 3 = R180,00 🗸 4 of R600 x 100 🗸5 = R180,00 ✓ 6

              Totale koste = R600,00 +180,00 = R780,00 🗸7
                                                OF
                        130
              R600,00 x 100 🗸🗸 = R780,00 ✓ 10                                               (5)
              Toepassing, matig (Verken, bl. 37 en 38; Suksesvol, bl. 39 en 40)
                                                                                           [40]
                                                                             TOTAAL:       200

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2024-afrikaans/282a4442-ed0f-4afe-b062-f00e19408920) — Consumer Studies · QP · 2024 · Afr
- [Consumer Studies May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/c75b3041-40ed-4525-a527-89d46d24112e) — Consumer Studies · QP · 2024 · Afr
- [Consumer Studies Erratum Sept 2024](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-erratum-sept-2024/f34fd578-a6ab-404c-aac5-c5bed951b608) — Consumer Studies · Errata · 2024
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept-2019-afrikaans/abf64653-b296-4b4e-8b21-e849e3ebae6e) — Consumer Studies · Memo · 2019 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept-2018-afrikaans/0d6e4768-94d5-4cb4-980a-533053c82ed5) — Consumer Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Consumer Studies May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-may-june-2025-afr/5e8c2119-e036-4272-8708-982eeac07037) — Consumer Studies · QP · 2025 · Afr

## More from Grade 12 Consumer Studies

- [Gr 12 Con Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-con-stu-atp-2023-24/30b466bf-cc20-45e7-b5ff-3ec01fd619ae) — ATP
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept-2025-eng-watermark/f8ee2740-0ec0-4f82-ac20-2062af9fb0f7) — QP · 2025 · Eng
- [Consumer Studies Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-question-paper/aa785fcc-0f84-45fc-9839-6bc2e4db21b3) — QP · 2025 · Eng
- [Consumer Studies Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-nov-2024-eng/2774b6f4-9d18-49ef-913f-a30d4584ad3f) — QP · 2024 · Eng
- [Consumer Studies Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-nov-2024-afr/775b6b14-0deb-4221-ac2f-7a4acf087170) — QP · 2024 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2023-afrikaans/fdfc9f24-8893-4b8f-a1d2-0306a6aec38c) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
