# Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Consumer Studies question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept-2018-afrikaans/d9311d44-140a-4ac4-8c23-4abf352355d5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Consumer Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Consumer Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/consumer-studies) › [Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept-2018-afrikaans/d9311d44-140a-4ac4-8c23-4abf352355d5)

## About this document

Consumer Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2018

                    VERBRUIKERSTUDIES

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

                                   *CNSTA*

                      Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  VERBRUIKERSTUDIES                 (EC/SEPTEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

                                                                   TYD
                        AFDELING                    PUNTE
                                                                 (MINUTE)
      VRAAG 1:        Kortvrae (Alle onderwerpe)       40           20
      VRAAG 2:        Die Verbruiker                   20           20
      VRAAG 3:        Voedsel en Voeding               40           40
      VRAAG 4:        Kleding                          20           20
      VRAAG 5:        Behuising                        40           40
      VRAAG 6:        Entrepreneurskap                 40           40
                                         TOTAAL:       200          180

 2.   AL die vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK
      beantwoord word.

 3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

 4.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 5.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 6.   Skryf slegs in swart of blou ink.

 7.   Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.

 8.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                    VERBRUIKERSTUDIES                                    3

 VRAAG 1: KORTVRAE

 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
     Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
     (1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.21 D.

       1.1.1    Die belasting wat deur die verbruiker betaal word vir goedere en
                dienste is, word … genoem.

                A       donasie-belasting
                B       boedelbelasting
                C       eiendomsbelasting
                D       belasting op toegevoegde waarde                                         (1)

       1.1.2    BTW is belasbaar op …

                A       aangesuurde melk.
                B       vars melk.
                C       kondensmelk
                D       laevet-melk.                                                            (1)

       1.1.3    Die rentekoers wat deur die Reserwebank gehef word:

                A       Saamgestelde koers
                B       Uitleenkoers
                C       Primakoers
                D       Repokoers                                                               (1)

       1.1.4    Voedsel wat die algemeenste bestraal word:

                A       Appels en pere
                B       Vis en vleis
                C       Kruie en speserye
                D       Melk en joghurt                                                         (1)

       1.1.5    ’n Goeie keuse van ŉ versnapering vir ’n persoon wat aan hipertensie
                lei is …

                A       grondboontjies, vrugte en gekookte eiers.
                B       wortels, vrugte en laevet-maaskaas.
                C       springmielies, wortelstokkies en biltong.
                D       vrugte, Weense worsies en soutvleis.                                    (1)

       1.1.6    Laktose-intoleransie kan verbind word daaraan dat daar te min van die
                volgende ensieme in die spysverteringskanaal is.

                A       Maltase
                B       Laktose
                C       Glukose
                D       Amilase                                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 VERBRUIKERSTUDIES                     (EC/SEPTEMBER 2018)

        1.1.7    ’n Stabiliseerder word by ’n kitsnageregmengsel gevoeg om …

                 A     ’n gelyke, gladde konsistensie te gee.
                 B     te voorkom dat die vet galsterig word.
                 C     te voorkom dat die mengsel skei.
                 D     die groei van mikroörganismes te vertraag.                         (1)

        1.1.8    … sal bydra om die cholesterolvlakke te verlaag.

                 A     Koffieverromer
                 B     Wors
                 C     Vlakoek
                 D     Sardientjies                                                       (1)

        1.1.9    Ekovriendelike tekstiele …

                 A     word gekweek om die grondtoestand te verbeter.
                 B     word gekweek sonder insekdoders en word met natuurlike
                       kleursel gekleur.
                 C     produseer oeste oor ’n paar seisoene en kan meer dikwels
                       geoes word.
                 D     word gekweek sonder onkruiddoders en word in mooi
                       kleedstowwe omskep deur chemiese kleursel te gebruik.              (1)

        1.1.10   Die korrekte volgorde van die stadiums van die modesiklus:

                 A     Bekendstelling, afname, piek, uitgedien
                 B     Piek, uitgedien, bekendstelling, afname
                 C     Uitgedien, bekendstelling, piek, afname
                 D     Bekendstelling, piek, afname, uitgedien                            (1)

        1.1.11   Oordragkoste word aan die … betaal.

                 A     eiendomsagent
                 B     munisipaliteit
                 C     verkoper
                 D     SAID                                                               (1)

        1.1.12   Die finansiële verantwoordelikheid wat ’n huurder van ’n eiendom
                 teenoor die munisipaliteit het:

                 A     Water en elektrisiteit
                 B     Verbandregistrasie
                 C     Deposito en versekering
                 D     Tariewe en belasting                                               (1)

        1.1.13   Belasting wat betaal word op die wins van die verkope van ’n
                 eiendom staan as … bekend.

                 A     eiendomsbelasting
                 B     kapitaalwinsbelasting
                 C     boedelbelasting
                 D     oordragbelasting                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                       VERBRUIKERSTUDIES                                    5

        1.1.14        Shaheed wil ’n huis koop. Watter van die volgende sal die mees
                      geskikste manier vir die finansiering van ’n huis wees?

                      A    Huurkooptransaksie
                      B    Bêrekoop
                      C    Verbandlening
                      D    Huurkoop verkope                                                    (1)

        1.1.15        Wanneer ’n verbruiker ’n huislening by die bank aangaan, moet hy
                      die volgende versekering uitneem om die lening te dek in geval van
                      sterftes:

                      A    Huiseienaarsversekering
                      B    Lewensversekering
                      C    Korttermynversekering
                      D    Boedelversekering                                                   (1)

        1.1.16        Die vereistes vir ’n potensiële winsgewende besigheidsgeleentheid
                      is:

                      A    Prys, passie, beskikbaarheid van werkers, kwaliteitsbeheer
                      B    Kwaliteitsbeheer, voorraadbeheer, kwaliteit van berging
                      C    Produk, prys, passie, mense
                      D    Kliënteverhouding, produk, voorraadbeheer, kwaliteitsbeheer         (1)

        1.1.17        Produkspesifikasie is …

                      A    roumateriaal om die produk te vervaardig.
                      B    beperkings met betrekking tot produksie van die produk.
                      C    inligting oor verpakking van die produk.
                      D    al die produkte moet dieselfde voorkoms, grootte en kwaliteit
                           hê.                                                                 (1)

        1.1.18        Beplanning van die produksieproses is belangrik om …

                      A    die produksie van die produkte te bespoedig.
                      B    kompetisie tussen werkers te verhoog.
                      C    bergingstoestande van produkte te verbeter.
                      D    kommunikasie met kliënte te verbeter.                               (1)

        1.1.19        Watter van die volgende besighede sal die laagste aanvangskoste
                      vereis?

                      A    ’n Wassery wat linne was en stryk vir spysenieringbesighede in
                           die omgewing.
                      B    ’n Besigheid waar koekies en beskuitjies van die huis af
                           verkoop word.
                      C    ’n Klein klerefabriek wat uniforms, sportdrag en sweetpakke vir
                           skole maak.
                      D    ’n Besigheid wat van die huis af gordyne maak en verkoop.           (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                   VERBRUIKERSTUDIES                      (EC/SEPTEMBER 2018)

      1.1.20    … is een manier hoe verbruikers volhoubare verbruik kan toepas.

                A       Produkte te gebruik wat uit nuwe roumateriaal gemaak is
                B       Ontslae te raak van weggooibare koppies en borde
                C       Inkopiesakkies en geskenkpapier te hergebruik
                D       Alle afval in die vullisblik te gooi                                    (1)

 1.2 Kies die beskrywing in KOLOM B en die voedsel in KOLOM C, wat sal help om
     die toestand te beheer, om te pas by die voedselverwante toestand in
     KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–G) en die Romeinse syfer (i–vii) langs die
     vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld: 1.2.6: H:
     x.

           KOLOM A                        KOLOM B                      KOLOM C
        Voedselverwante                  Beskrywing                  Voedsel wat sal
           toestand                                                   help om die
                                                                   toestand te beheer
      1.2.1    Laktose          A    Oormatige toename in         i    Veselperskes
               intoleransie          liggaamsgewig                     en aarbeie is
                                                                       ryk aan
                                                                       vitamiene C

      1.2.2    Diabetes         B    Kalsium word vinniger        ii    Joghurt
                                     onttrek as wat dit vervang
                                     word

      1.2.3    Osteoporose      C    Die immuunstelsel            iii   Volgraanbrood-
                                     vernietig rooibloedselle           rolletjies

      1.2.4    Anemie           D    Die bloed bevat minder       iv    Botter
                                     rooibloedselle en verlaag
                                     die hoeveelheid suurstof
                                     wat na die bloedselle
                                     vervoer word

      1.2.5    HIV/Vigs         E    Verstopping en vernouing     v     Melk
                                     van die bloedvate

                                F    Bloedglukosevlakke is        vi    Witbrood
                                     abnormaal hoog want die
                                     liggaam kan dit nie
                                     beheer nie

                                G    Onvermoë van die             vii   Lewer
                                     liggaam om melksuiker te
                                     verteer
                                                                                    (5 x 2)   (10)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                   VERBRUIKERSTUDIES                                  7

1.3 Kies die korrekte term/woord tussen hakies. Skryf slegs die woord/term tussen
    hakies langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK.

     1.3.1    Herwonne tekstiele het ’n (lae/hoë) koolstofvoetspoor.

     1.3.2    Nagemaakte klere word algemeen by (vlooimarkte/boetieks) verkoop.

     1.3.3    Bamboesvesel is ’n voorbeeld van (hernubare/nie-hernubare) tekstiele.

     1.3.4    Koop van organiese katoenprodukte toon dat ’n verbruiker (ekovriendelik
              /begrotingsbewus) is.

     1.3.5    Die gebruik van ou klere om ŉ heeltemal nuwe kledingstuk te maak is
              (herwinning/omskepping).

     1.3.6    Mode wat tydloos is, staan as (klassieke/giere) bekend.          (6 x 1)       (6)

1.4 Identifiseer VIER stellings uit die onderstaande lys wat die doel van voorraad-
    beheer in ’n besigheid toon. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer
    (1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

     A        Laat te veel tyd vir produksie toe
     B        Hou tred met die verkoopprys
     C        Maak seker dat die regte materiaal gekoop word
     D        Waarborg voortsetting van produksie
     E        Voorkom vermorsing van materiaal
     F        Handhaaf werkers se vaardighede
     G        Handhaaf kliënteverhoudinge
     H        Voorkom onnodige besteding
                                                                               (4 x 1)    (4)
                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  VERBRUIKERSTUDIES                     (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 2: DIE VERBRUIKER

 2.1    Verduidelik die term uitsluitingsklousule.                                             (2)

 2.2    Noem DRIE basiese dienste wat munisipaliteite aan wonings in hul munisipale
        gebiede behoort te verskaf.                                                            (3)

 2.3    Voltooi die onderstaande tabel met betrekking tot nie-voorlopige en voorlopige
        belasting. Tabuleer jou antwoord soos volg:

                                         Nie-voorlopige         Voorlopige belasting
                                            belasting
        Gereeldheid/tipe
        inkomste verdien                        (1)                      (1)
        Hoe dikwels word die
        belasting betaal                        (1)                      (1)                   (4)

 2.4    Gee DRIE voordele verbonde aan sonkrag om ons van elektrisiteit te voorsien.           (3)

 2.5    Verduidelik TWEE maniere hoe verbruikers kraanwater in hu; huise kan
        bespaar.                                                                               (2)

 2.6    Lusindiso het die volgende advertensie in die plaaslike koerant gelees.

                                 BENODIG JY ’N VAKANSIE?

        Ten volle gemeubeleerde woonstel. Drie slaapkamers, groot woonruimtes.
        Oorkant die strand, binne loopafstand van inkopiesentrum en vermaaklikheid.
                                            ---o0o---
                      Beskikbaar: 22 Desember 2017 tot Januarie 2018.
                             Deposito: R4 000,00 teen 30/10/2017
                       Finale betaling: R3 000,00 10 dae voor aankoms
        Maklike manier van betaling: Enige Pick n Pay, Checkers/Shoprite se geldmark
                     SMS slegs die PIN-kode vir besprekingsbevestiging
                        Kontak: Zukie 0819340007 vir verdere inligting
                                            ---o0o---
        Lusindiso was so opgewonde en het die volle bedrag geld gedeponeer na die
        verwysing wat Zukie telefonies gegee het. Hy het Zukie geskakel om die SMS
        met die kodenommer te bevestig. Toe hy weer ’n paar dae voor die vakansie vir
        Zukie probeer skakel het, het die telefoonnommer nie op die netwerk bestaan
        nie.

        2.6.1   Identifiseer die oneerlike skema in die advertensie.                           (1)

        2.6.2   Analiseer in ’n paragraaf, hoe Lusindiso in hierdie skema gelok was.           (5)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                   VERBRUIKERSTUDIES                                    9

 VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING

 3.1    Gee DRIE redes waarom antioksidante as voedseladditiewe gebruik word.                  (3)

 3.2    Noem VYF faktore wat die ontwikkeling van osteoporose sal verhoog.                     (5)

 3.3    Oorgewig persone het ŉ hoër risiko vir gesondheidsprobleme.

        3.3.1    Noem TWEE hartverwante gesondheidsrisiko’s wat tydens vetsug kan
                 voorkom.                                                                      (2)

        3.3.2    Bespreek DRIE eetgewoontes om oorgewig (vetsug) te beheer.                    (3)

 3.4    Verduidelik waarom die gebruik van volgraan voordelig is vir ŉ persoon wat
        aan diabetes ly.                                                                       (4)

 3.5    Noem DRIE voordele wat organies gekweekte voedsel vir die natuurlike
        omgewing mag hê.                                                                       (3)

 3.6    Bestudeer die onderstaande skets en beantwoord die vrae wat volg.

        3.6.1    Identifiseer die voedselverwante siekte wat sal ontstaan as gevolg van
                 die opbou van plaak in die arteries soos hierbo geïllustreer word.            (1)

        3.6.2    Gee ’n rede waarom die opbou van plaak in die arteries voorkom.               (2)

        3.6.3    Lys DRIE risiko faktore vir die bogenoemde voedselverwante siekte.            (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                   VERBRUIKERSTUDIES                       (EC/SEPTEMBER 2018)

        3.6.4   Verduidelik die volgende dieetriglyne om die siekte geïdentifiseer in
                VRAAG 3.6.1 te voorkom of te beheer:

                (a)    Eet vetterige vis soos sardientjies minstens twee keer per week             (2)

                (b)    Verhoog die inname van peulgewasse                                          (2)

 3.7    Lees die volgende scenario en beantwoord die vrae wat volg.

        Mev. Adams het ŉ personeelkafeteria vir die werkers. ŉ Gewilde versnapering,
        ’n toebroodjie met verskillende vulsels, word bedien.

        Kies uit die onderstaande lys ŉ geskikte kombinasie vir ŉ werknemer wat aan
        koronêre hartsiekte ly en motiveer jou keuse.

                                                          Een
        Een tipe brood           Een smeer                                Twee bykosse
                                                     proteïenvulsel
           Wit                 Botter              Knoffel-           Blaarslaai
           Volgraan            Margarien             polonie           Tamatie
           Bruin               Margarien-‘lite’    Gerookte           Komkommer
                                                       hoender           Laevetkaas
                                                     Tuna                wiggies/skywe
                                                       mayonnaise

        Tabuleer jou antwoord soos volg:

        Een tipe brood           Een smeer               Een              Twee bykosse
                                                    proteïenvulsel
                       (1)              (1)                 (1)                        (2)
        Rede                 Rede                   Rede              Redes
                       (1)             (1)                  (1)                        (2)     (10)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                    VERBRUIKERSTUDIES                                  11

 VRAAG 4: KLEDING

 4.1    Verduidelik die volgende terme:

        4.1.1    Klassieke styl                                                                (2)

        4.1.2    Retrospektiewe mode                                                           (2)

 4.2    Verduidelik die volgende stadiums van die modesiklus:

        4.2.1    Beginstadium/bekendstelling                                                   (2)

        4.2.2    Hoogtepunt/piek                                                               (2)

        4.2.3    Afname/einde                                                                  (2)

 4.3    Handelsmerkrowery het ŉ definitiewe impak op die verkope van wettige
        beskermde handelsmerke. Regverdig hierdie stelling.                                    (4)

 4.4    Joyce is kort en geset. Kies DRIE items uit die lys hieronder vir haar om na ’n
        besigheidsvergadering te dra. Gee ŉ rede vir elke keuse.

           Swart baadjie
           Blou denim jeans
           Swart langbroek
           Pienk langmou T-hemp
           Rooi gebreide trui
           Wit langmouhemp                                                                  (6)
                                                                                            [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                VERBRUIKERSTUDIES                        (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 5: BEHUISING

 5.1    Verduidelik die volgende terme:

        5.1.1   Oordragskoste                                                              (2)

        5.1.2   Okkupasiehuur                                                              (2)

        5.1.3   Titelakte                                                                  (2)

 5.2    Lys die finansiële implikasies wat ’n verbruiker moet oorweeg wanneer
        huishoudelike artikels op huurkoop gekoop word.                                    (4)

 5.3    Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.

        Vivie is ’n 35-jarige weduwee met drie jong kinders wat sy moet versorg na
        die dood van haar man. Sy werk as ’n skoonmaker en verdien R3 200 per
        maand. Sy wil haar kinders in ’n veilige huis grootmaak en wil vir ’n
        behuisingsubsidie by die regering aansoek doen.

        5.3.1   Verduidelik wat ’n behuisingsubsidie is.                                   (3)

        5.3.2   Verduidelik of Vivie vir ŉ staatsbehuisingsubsidie sal kwalifiseer.        (5)

        5.3.3   Noem VIER voordele om staatsbehuisingsubsidies aan lae-
                inkomste, eerste-keer-huiseienaars te voorsien.                            (4)

 5.4    Bespreek waarom koop nie altyd finansieel beter is as om te huur nie.              (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                    VERBRUIKERSTUDIES                                  13

 5.5    Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg.

        LG 10 kg Direct Drive Tatin voorlaaier-wasmasjien. Prys – R10,999
        Addisionele 10 jaar-waarborg op duursame en betroubare direkte dryfkrag-
        motor
        Model: FH4UIJBSK4
        KLEUR: WIT
        GROOTTE: 10 kg

        5.5.1    Verduidelik die term kontrak.                                            (2)

        5.5.2    Bespreek die volgende kriteria wat ŉ voornemende koper moet
                 oorweeg voordat hy/sy hierdie wasmasjien koop:

                 (a)   Verbruik van menslike energie                                      (2)

                 (b)   Moontlike omgewingsimpak                                           (2)

        5.5.3    Analiseer die geskiktheid van die wasmasjien vir ŉ groot gesin.          (4)
                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                VERBRUIKERSTUDIES                        (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP

 6.1 Verduidelik die volgende terme:

      6.1.1     Gehaltebeheer                                                                (2)

      6.1.2     Volhoubare winsgewendheid                                                    (2)

      6.1.3     Beste verkope scenario                                                       (2)

 6.2 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.

                         ZELDA SE SUKSESVOLLE WASSERY

      Zelda het matriek geslaag maar kon nie werk kry nie. Sy woon in ’n area wat
      omring is deur kolleges waar studente buitekamers, koshuise en woonstelle
      huur. Zelda het begin om studente se klere te was en te stryk vir ’n inkomste.
      Sy het weekliks geld gespaar om haar eie wasmasjien, tuimeldroër, strykplank,
      strykyster en skoonmaakmiddels te koop.

      Sy het voortdurend meer studente bygekry waarvoor sy wasgoed moes doen.
      Zelda het haar suster se leë buitekamer in haar eie wassery omskep deur haar
      Verbruikerstudiekennis oor tekstiele, toestelle en ruimte beplanning te gebruik.
      Zelda het strooibiljette by die industriële fabrieke en vir werkers uitgedeel. Haar
      besigheid het so uitgebrei dat sy twee van haar vriende in diens geneem het.
      Kort daarna het sy ’n ander wassery-tak in die industriële gebied oopgemaak.

      Die gewaste klere is altyd netjies en verpak in plastiekomhulsels gemaak van
      herwinde plastiek.

      6.2.1     Noem Zelda se teikenmark.                                                    (2)

      6.2.2     Identifiseer TWEE aanvangsbehoeftes uit die gevallestudie.                   (2)

      6.2.3     Lys TWEE oorhoofse koste in haar besigheid waarmee Zelda haar
                suster moet help betaal wanneer sy die buitekamer as ’n wassery
                gebruik.                                                                     (2)

      6.2.4     Verduidelik die vereistes van die verpakkingsmateriaal vir die skoon
                klere.                                                                       (3)

      6.2.5     Beskryf die VIER P’s van die bemarkingsamestelling in die
                gevallestudie.                                                               (4)

      6.2.6     Gebruik die inligting in die gevallestudie en verduidelik VIER faktore
                wat Zelda in die keuse van haar besigheid moet oorweeg.                      (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                     VERBRUIKERSTUDIES                                   15

        6.2.7    Zelda vra R14,00 om een kg klere te was en te stryk. Haar
                 oorhoofse koste per kg beloop R6,60. Sy wil 60% wins per kg
                 maak.

                 (a)    Bereken die produksiekoste vir 18 kg skoon klere.                   (3)

                 (b)    Bereken die wins wat Zelda op 18 kg skoon klere maak.               (3)

 6.3    Bestudeer Zelda se kontantvloeiprojeksie hieronder en ontleed die redes vir
        die inkonsekwente inkomste en uitgawes.

                        18 Sept.   18 Okt. tot   18 Nov. tot 18 Des. tot 18 Jan. tot
        Tydperk
                       tot 14 Okt.  14 Nov.       14 Des.      14 Jan.    14 Feb.
        kg klere
        gewas en         400 kg       560 kg      700 kg       250 kg        800 kg
        gestryk
        Inkomste       R11 504,00   R16 665,00   R20 832,00   R7 447,00     R23 805,00

        Uitgawes       R7 440,00    R10 416,00   R13 020,00   R4 650,00     R1 488,00
                                                                                            (7)
                                                                                           [40]

                                                                            TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept-2018-afrikaans/0d6e4768-94d5-4cb4-980a-533053c82ed5) — Consumer Studies · Memo · 2018 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2023-afrikaans/fdfc9f24-8893-4b8f-a1d2-0306a6aec38c) — Consumer Studies · QP · 2023 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2022-afrikaans/c2f752f1-5d69-4041-8eb9-4c60bc6d88fa) — Consumer Studies · QP · 2022 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2021-afrikaans/ac111d70-a8f0-44a9-bfcd-9a514a82e50f) — Consumer Studies · QP · 2021 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2020-afrikaans/5f90ec47-4a8b-4c6e-815c-04d8b52198b9) — Consumer Studies · QP · 2020 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept-2019-afrikaans/a68982e0-d138-491e-979d-53376d2f0131) — Consumer Studies · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Consumer Studies

- [Gr 12 Con Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-con-stu-atp-2023-24/30b466bf-cc20-45e7-b5ff-3ec01fd619ae) — ATP
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept-2025-afr-watermark/fb3d1aeb-f3d7-4d22-a764-98f925f55ac3) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/e3e9d053-c332-408f-ac4a-ec420b36e7f8) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Erratum Sept 2024](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-erratum-sept-2024/f34fd578-a6ab-404c-aac5-c5bed951b608) — Errata · 2024
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept2024-afrikaans/4cdd0364-7e2e-4ee3-bf0d-aeb9f7ea7fd5) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
