# Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Consumer Studies question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept-2019-afrikaans/a68982e0-d138-491e-979d-53376d2f0131
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Consumer Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Consumer Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/consumer-studies) › [Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept-2019-afrikaans/a68982e0-d138-491e-979d-53376d2f0131)

## About this document

Consumer Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                         GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2019

                 VERBRUIKERSTUDIES

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

### Page 2

2                                    VERBRUIKERSTUDIES               (EC/SEPTEMBER 2019)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

                                                                         TYD
                           AFDELING                        PUNTE
                                                                      (MINUTE)
        VRAAG 1:     Kortvrae (Al die onderwerpe)            40           20
        VRAAG 2:     Die Verbruiker                          20           20
        VRAAG 3:     Voedsel en Voeding                      40           40
        VRAAG 4:     Kleding                                 20           20
        VRAAG 5:     Behuising                               40           40
        VRAAG 6:     Entrepreneurskap                        40           40
                                               TOTAAL:      200          180

 2.     AL die vrae is verpligtend en moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord
        word.

 3.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik word.

 4.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 5.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 6.     Skryf slegs met swart of blou ink.

 7.     Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.

 8.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2019)                         VERBRUIKERSTUDIES                                  3

 VRAAG 1: KORTVRAE

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
        (1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.21 D.

        1.1.1         ŉ Geldterug-waarborg stipuleer dat …

                      A    die verkoper die ontevrede kliënt se geld binne ŉ spesifieke
                           aantal dae sal teruggee.
                      B    die produk herstel of vervang sal word as dit nie aan sekere
                           vereistes voldoen nie.
                      C    die kliënt ŉ klein maandelikse fooi betaal vir ŉ verlengde
                           periode van tyd.
                      D    die kliënt sy/haar geld terug sal ontvang as die verskaffer
                           hom/haar beïnvloed het om besigheid met hulle te doen.               (1)

        1.1.2         Voorlopige belasting is ...

                      A    belasting wat op dieselfde tyd as inkomste verdien, betaal
                           word.
                      B    waar twee paaiemente per jaar betaal word soos gebaseer op
                           geskatte belastinginkomste.
                      C    belasting wat op die voorsiening van goedere en dienste betaal
                           word.
                      D    ŉ eenmalige groot bedrag geld wat aan die einde van die
                           belastingjaar betaal word.                                           (1)

        1.1.3         ŉ Piramideskema behels lede wat …

                      A    gewerf word om produkte te koop en te verkoop en wat
                           kommissie ontvang as hulle ander lede werf.
                      B    ŉ vaste bedrag geld gereeld aan ŉ gemeenskaplike fonds
                           betaal.
                      C    onregverdig deur die verskaffer behandel word.
                      D    betaal word om nuwe lede te werf en hulle word ŉ hoë
                           opbrengs op hul belegging belowe.                                    (1)

        1.1.4         Die Verbruikersprysindeks (VPI) ...

                      A    word bereken op die oorspronklike bedrag wat geleen is.
                      B    meet die rente wat deur die Reserwebank gevra word.
                      C    is ŉ instrument wat gebruik word om prysverhogings en
                           inflasiekoers te bereken.
                      D    is die koers waarteen pryse fluktueer soos wat die aanvraag na
                           geld verander.                                                       (1)

        1.1.5         Faktor/faktore wat die risiko van osteoporose verhoog:

                      A    Lae estrogeenvlakke
                      B    Mense wat groot gebou is
                      C    Nie-rokers
                      D    ŉ Dieet hoog in kalsium                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

4                                    VERBRUIKERSTUDIES                       (EC/SEPTEMBER 2019)

       1.1.6         Watter van die volgende voedsel moet deur ŉ persoon wat aan
                     laktose-intoleransie lei vermy word?

                     A    Sardientjies
                     B    Bruinbrood
                     C    Volroom-roomys
                     D    Sojamelk                                                             (1)

       1.1.7         ŉ Persoon wat aan hoë bloeddruk ly, loop ook die risiko vir die
                     ontwikkeling van …

                     A    hoë bloedglukosevlakke, Vigs en nierversaking.
                     B    beroerte, osteoporose en anoreksie.
                     C    hartaanval, beroerte en nierversaking.
                     D    hartaanval, anoreksie en Vigs.                                       (1)

       1.1.8         ŉ Stabiliseerder word by kitspoeding gevoeg om …

                     A    dit ŉ egalige, gladde konsistensie te gee.
                     B    te voorkom dat vet galsterig word.
                     C    ŉ ligter kleur te skep.
                     D    die groei van mikro-organismes te vertraag.                          (1)

       1.1.9         Voedselbestraling is ŉ tegnologie wat …

                     A    landboumetodes gebruik wat die produktiwiteit van die
                          ekosisteem volhou.
                     B    eienskappe van een spesie na ŉ ander byvoeg.
                     C    die veiligheid van voedsel verbeter en die raklewe verleng.
                     D    ŉ land selfversorgend maak.                                          (1)

       1.1.10        Voedselsekuriteit beteken dat …

                     A    Suid-Afrikaanse boere hul eie voedsel vervaardig.
                     B    Suid-Afrikaanse goedere na ander lande vir verkoop of
                          omruiling gestuur word.
                     C    mense genoeg veilige voedsel eet om aktief en gesond te bly.
                     D    almal dit kan bekostig om voedsel te koop.                           (1)

       1.1.11        Modegiere is:

                     A    Wat tans populêr is en deur die massas gedra word
                     B    Duur en buitensporige styl
                     C    Vir baie seisoene gewild
                     D    Dikwels in bykomstighede gesien                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2019)                       VERBRUIKERSTUDIES                                  5

        1.1.12        ŉ Voordeel van ŉ goed beplande klerekas:

                      A   Dit bevat ŉ verskeidenheid modieuse en kleurvolle uitrustings
                      B   Goedkoop klere kry verhoogde waarde met duur
                          bykomstighede
                      C   Daar is baie items wat gemeng en gepas kan word
                      D   Bevat baie uitrustings wat modegiere is                             (1)

        1.1.13        Die tipe versekering wat uitgeneem word om die struktuur van die
                      huis te dek:

                      A   Lewensversekering
                      B   Huiseienaarsversekering
                      C   Verbandbeskermingsversekering
                      D   Huisinhoudversekering                                               (1)

        1.1.14        Die regering bied ŉ behuising- … aan mense in die lae-inkomste
                      groep wat kwalifiseer om ŉ eie huis te bekom.

                      A   subsidie
                      B   kollateraal
                      C   behoefte
                      D   aflewering                                                          (1)

        1.1.15        ŉ Term wat na koste verwys wat die koper nie in aanmerking neem
                      wanneer ŉ huis gekoop word nie:

                      A   Deposito
                      B   Verborge koste
                      C   Verbandkoste
                      D   Kollaterale sekuriteit                                              (1)

        1.1.16        ŉ Voordeel wanneer rente teen ŉ vaste koers op die
                      huisverbandlening bereken word:

                      A   Jy sal nie baat vind wanneer die rente daal nie
                      B   Die rente wat jy terugbetaal mag wissel
                      C   As die rentekoerse styg, sal die maandelikse terugbetalings
                          ook styg
                      D   Jy sal nie meer betaal wanneer rentekoerse styg nie                 (1)

        1.1.17        Om finansieringskoste vir paaiement-verkooptransaksies laag te
                      hou:

                      A   Word dadelik die eienaar.
                      B   Gebruik ŉ kredietkaart vir betaling.
                      C   Wees bewus van rentekoerse.
                      D   Betaal die goedere so gou moontlik af.                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

6                                   VERBRUIKERSTUDIES                       (EC/SEPTEMBER 2019)

        1.1.18       Die salarisse/lone van werkers word bepaal deur …

                     A   vaardighede en ondervinding.
                     B   ondervinding en geld beskikbaar.
                     C   ouderdom en werksure.
                     D   gesindheid en werksetiek.                                            (1)

        1.1.19    ŉ Dokument wat die beweging van geld oor ŉ verwagte tydperk toon:

                  A      Inkomste
                  B      Beste-verkoop scenario
                  C      Kontantvloeivooruitskatting
                  D      Uitvoerbaarheidstudie                                                (1)

        1.1.20    Doelwitte van advertering sluit in:

                  A      Beraming van die koste van jou produk en kommunikasie van
                         inligting
                  B      Wek belangstelling en kies ŉ produknaam
                  C      Skep produkbewustheid en help om verkope te handhaaf
                  D      Uitbreiding van die mark en terugvoering van kliënte te verkry       (1)

 1.2    Kies die voedselverwante siekte in KOLOM B om te pas by die simptome in
        KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5)
        in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 I.

                       KOLOM A                                    KOLOM B
                      SIMPTOME                           VOEDSELVERWANTE SIEKTE
        1.2.1    Oormatige gewigsverlies en dors        A    Velallergieë

        1.2.2    Jeuk, uitslag en ekseem                B    Hipertensie

        1.2.3    Diarree, moegheid en                   C    Hoë cholesterolvlak
                 winderigheid

        1.2.4    Depressie, rugpyn en gewrigspyn        D    Tipe 1-diabetes

        1.2.5    Verlies van lengte en ŉ krom rug       E    Osteoporose

                                                        F    Vetsug

                                                        G    Gluten-intoleransie

                                                        H    Koronêre hartsiekte
                                                                                   (5 x 1)    (5)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2019)                     VERBRUIKERSTUDIES                                      7

 1.3    Kies die term in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
        Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.3) in die
        ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.4 G.

                              KOLOM A                               KOLOM B
        1.3.1     Wanneer ŉ kontrak nie geldig of wettiglik     A   Vrywillig
                  bindend is nie

        1.3.2     Wanneer een party nie doen wat in die         B   Kontrakbreuk
                  kontrak ooreengekom is nie

        1.3.3     Beide partye moet ooreenstem en nie          C    Nietig
                  gedwing voel nie

                                                               D    Kontrak

                                                               E    Toestemming

                                                               F    Kapasiteit van
                                                                    kontrak
                                                                            (3 x 1)      (3)
 1.4     Identifiseer DRIE KORREKTE stellings uit die onderstaande lys vir die
         vereistes wanneer daar vir ŉ huislening aansoek gedoen word. Skryf slegs
         die letter (A–F) langs die vraagnommer (1.4) in die ANTWOORDEBOEK
         neer.

        A       Gesertifiseerde kopie van identiteitsdokument of paspoort
        B       Bewyse van behuisingsubsidie
        C       Gesertifiseerde afskrif van Curriculum Vitae
        D       Gesertifiseerde afskrif van koopaanbod
        E       Briewe van twee referente
        F       Inkomstebelastingverwysingsnommer                             (3 x 1)     (3)

 1.5    Identifiseer VIER KORREKTE stellings om die kwaliteit van produkte
        tydens opberging te behou. Skryf slegs die letters (A–H) langs die
        vraagnommer (1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

        A       Voorkom te veel voorraad a.g.v. verkeerde aankope
        B       Gebruik die EIEU-(‘FIFO’) beginsel om te verseker dat ou voorraad
                nie sleg word nie
        C       Koop kwaliteit roumateriaal
        D       Hou ŉ akkurate inventaris van alle voorraad
        E       Hou areas droog om voorraadbeskadiging te voorkom
        F       Moenie onnodig geld op voorraad uitgee nie as die geld meer
                effektief op ŉ ander plek aangewend kan word
        G       Hou produkte veilig vir kliënte
        H       Stoor goedere wat gereeld gebruik word so na-aan die deur as
                moontlik
                                                                              (4 x 1)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

8                                 VERBRUIKERSTUDIES                       (EC/SEPTEMBER 2019)

 1.6    Kies die korrekte term/woord tussen hakies. Skryf slegs die woord/term langs
        die vraagnommer (1.6.1–1.6.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

        1.6.1   (Tuberkulose/Hepatitis) is ŉ bakteriële infeksie wat deur die lug
                versprei.

        1.6.2   (Gastro-enteritis/Disenterie) is ŉ toestand wat inflammasie van die
                maag en ingewande veroorsaak.

        1.6.3   Die (gebruik teen datum/verkoop teen datum) is die laaste datum wat
                ŉ produk aan die verbruiker verkoop kan word.

        1.6.4   Enigiets wat van bestaande materiaal, kleedstof, metaal of vesel
                gemaak word is (hergebruik/hersirkuleer).

        1.6.5   Bamboesvesel is ŉ voorbeeld van ŉ (hernubare/nie-hernubare)
                tekstiel.                                                 (5 x 1)            (5)
                                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2019)                    VERBRUIKERSTUDIES                                      9

 VRAAG 2: DIE VERBRUIKER

 2.1    Lees die inligting en beantwoord die vrae wat volg.

        Die Verbruikersbeskermingswet bepaal dat as ŉ persoon goedere met ŉ
        handelsmerk bemark – maar sonder die toestemming van die geregistreerde
        eienaar van die handelsmerk ingevoer is – ŉ kennisgewing op ŉ sigbare plek op
        die produk moet plaas, wat duidelik verklaar dat die goedere ingevoer is en die
        betekenis van die kennisgewing aan die verbruiker verduidelik.

        2.1.1    Na watter soorte produkte word in die bostaande stelling verwys?                 (1)

        2.1.2    Gee EEN voordeel vir ŉ verbruiker wat hierdie tipe goedere koop.                 (1)

        2.1.3    Bespreek die risiko’s betrokke wanneer ŉ verbruiker hierdie tipe
                 produkte koop.                                                                   (2)

 2.2    Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

        Die Koolstofbelastingwetsontwerp is in Oktober 2018 deur die Minister van
        Finansies, Tito Mboweni, in die Nasionale Vergadering ingestel en sal vanaf
        1 Junie 2019 in werking tree. “SA is van plan om ŉ rol in die wêreld te speel, as
        deel van globale pogings om kweekhuisgasvrystellings teen 2025 tot 42% te
        verminder”, het Mboweni gesê: “Dit sal ook voordelig wees vir die hele Suid-
        Afrika sowel as die gesondheid van individue, aangesien daar minder
        besoedeling sal wees.” Sover dit die nadele betref, is dit nog ŉ belasting wat by
        ŉ reeds sukkelende ekonomie gevoeg word. Dit sal ŉ verdere finansiële las,
        sowel as ŉ administratiewe las skep, omdat belastingbetalers dit aan SAID sal
        moet rapporteer. Tweedens sal die koolstofbelasting op 31 Desember 2022,
        teen die koers van inflasie, +2% verhoog.

                                                       [Aangepas uit Fin 24, Desember 2017]

        2.2.1    Gee EEN voorbeeld van hoe verbruikers by koolstofbelasting baat sal
                 vind.                                                                            (1)

        2.2.2    Wat beteken SAID? Skryf dit volledig uit.                                        (1)

        2.2.3    Noem TWEE ander voorbeelde van indirekte belasting wat deur
                 Suid-Afrikaanse huishoudings betaal moet word.                                   (2)

        2.2.4    Wat is die effek van kweekhuisgasse op die omgewing?                             (2)

        2.2.5    Hoe affekteer inflasie die Suid-Afrikaanse verbruiker?                           (4)

 2.3    In ons land maak baie gemeenskappe van stakings gebruik om die
        munisipaliteit bewus te maak van griewe oor die gebrek aan dienslewering.

        Bespreek hoe ŉ gebrek aan die verskillende basiese dienste ŉ impak op die
        gemeenskap het.                                                                        (6)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

10                                 VERBRUIKERSTUDIES                       (EC/SEPTEMBER 2019)

 VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING

 3.1    Noem TWEE lewenstylgedragspatrone wat ŉ bydraende oorsaak tot die
        meeste voedselverwante gesondheidstoestande is.                                          (2)

 3.2    Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

        Ystertekort-bloedarmoede (anemie) is wêreldwyd die mees algemene nutriënt-
        tekort siekte. Wanneer ystervoorrade uitgeput raak, kan dit tot anemie lei. In ŉ
        onlangse studie van yster-status in die gesonde Suid-Afrikaanse volwasse
        bevolking, was die voorkoms van ystertekort 39,8% in al die deelnemers en so
        hoog as 56,6% in vroue. Afgesien van onvoldoende yster in die dieet, kan
        anemie spruit uit oormatige ysterverlies. Swak ysterabsorpsie kan ook ŉ
        probleem wees.
                                                                     [Aangepas uit Nuus24]

        3.2.1   Gee EEN rede waarom ystertekort hoër by vrouens is.                              (1)

        3.2.2   Ystertekort in die liggaam kan as gevolg van ŉ tekort aan ysterryke-
                voedsel in die dieet wees. Uit die uittreksel hierbo, noem TWEE ander
                oorsake van onvoldoende yster in die liggaam en gee ŉ voorbeeld van
                hoe dit vir elke oorsaak kan gebeur.                                             (4)

        3.2.3   Verduidelik die rol van yster in die bloed.                                      (3)

 3.3    Gee DRIE ooreenkomste wanneer die eienskappe van die eetversteurings,
        anoreksie en bulimie, oorweeg word.                                                      (3)

 3.4    Die doel met die hantering van persone wat anoreksie en bulimie het, is vir hulle
        om fisies en geestelik gesond te word. Stel DRIE bestuurstrategieë voor om
        hulle met hul herstel te help voor.                                                      (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2019)                       VERBRUIKERSTUDIES                                    11

 3.5    Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                             1

                                                             2
                                                                   [Bron: www.google images]

        3.5.1         Gebruik die korrekte terminologie om nommer 1 en 2 op die grafiek te
                      benoem.                                                                   (2)

        3.5.2         Noem die hormoon wat verantwoordelik is om te verseker dat die
                      glukosevlak binne die normale vlak bly.                                   (1)

        3.5.3         Gee TWEE situasies wat ŉ daling in bloedsuikervlakke, in ŉ normale
                      situasie (persoon wat nie diabetes het nie) kan veroorsaak.               (2)

        3.5.4         Bespreek in detail hoe die inname van lae GI-voedsel kan help om te
                      verseker dat die bloedglukosevlakke binne die normale perke bly.          (5)

 3.6    Lees die onderstaande stelling en beantwoord die vrae wat volg.

        Voedselveiligheidsbeginsels is op almal van toepassing, veral diegene wat met
        MIV/Vigs leef. Mense met Vigs moet stappe doen om voedselverwante siektes
        te voorkom. Persoonlike, kombuis- en voedselhigiëne-praktyke moet gevolg
        word om besmetting tydens voedselvoorbereiding te voorkom.

        3.6.1         Verduidelik waarom die bogenoemde stelling vir mense met Vigs
                      waar is.                                                                      (2)

        3.6.2         Noem VIER higiënepraktyke wat van toepassing sou wees om die
                      verspreiding van voedselverwante siektes te voorkom wanneer jy
                      met kos werk.                                                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

12                                  VERBRUIKERSTUDIES                      (EC/SEPTEMBER 2019)

 3.7   Bestudeer die onderstaande spyskaart wat vir een dag geld, en beantwoord
       die vrae wat volg.

       Ontbyt:           Muesli met afgeroomde melk en ’n piesang, ’n glas onversoete
                         lemoensap
       Middagete:        Kaas, gemaak met verminderde-vet en slaai toebroodjie,
                         volgraanbrood en onversadigde vetsmeer. Slaaibestanddele:
                         blaarslaai, tamatie, komkommer
       Aandete:          Aartappel in skil met gebakte salm en brokkoli
       Peuselhappies: Handvol ongesoute grondboontjies, 3 hawermout-koekies met
                      laevet maaskaas

       3.7.1     Die spyskaart is geskik vir ŉ persoon met hartsiekte.

                 Ontleed die tipes vet wat in die spyskaart voorkom, hul bronne en
                 bespreek hoe die insluiting van hierdie keuse van vet tot voordeel van ŉ
                 persoon met hartvatsiekte sal lei.                                           (8)
                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2019)                       VERBRUIKERSTUDIES                                            13

 VRAAG 4: KLEDING

 4.1    Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        Eko-mode word nou as ŉ moderne, gewilde modegier beskou. Jy kan regtig nie
        die verskil tussen eko-vriendelike mode en tradisionele modestukke sien nie.
        Die groot verskil is dat jy weet wat jy dra, vervaardig is deur metodes wat
        aanvaarbaar vir moeder natuur is.
                                          [Bron: https://greenconduct.com/blog/what-is-eco-fashion/]

        4.1.1    Gee ŉ frase om jou begrip van die woord gier te wys.                                       (1)

        4.1.2    Skryf ŉ paragraaf om aan te dui hoe mense wat eko-mode dra tot die
                 beskerming van ons omgewing bydra.                                                         (4)

 4.2    Verduidelik die verskil tussen nabootsing en vervalsing waar hierdie twee
        terme albei vorme van handelsmerkrowery is.                                                         (2)

 4.3    Bestudeer die onderstaande prente en beantwoord die vrae wat volg.

                           A                                                B
                  1970’s skouerlose rok                        2018 skouerlose bostuk

        4.3 1    Gebruik die illustrasies hierbo om die term retrospektiewe mode te
                 verduidelik.                                                                               (2)

        4.3.2    Gee die naam van die stadium in die modelewensiklus wanneer die
                 bloes in prent B deur die massas gedra word.                                               (1)

        4.3.3    Gee die naam van die mode wanneer die bloes in prent B vir 2–3 jaar
                 in die modelewensiklus sal bly.                                                            (1)

 4.4    Hoe sal ŉ modeneiging wat deur ŉ bekende persoon gedra word, die mode
        verander?                                                                                           (3)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 14

14                                VERBRUIKERSTUDIES                      (EC/SEPTEMBER 2019)

 4.5     Evalueer die geskiktheid van die uitrusting vir professionele werkdrag.

                                                        Baadjie:   Vlootblou
                                                        Hemp:      Wit
                                                                   langmouhemp
                                                        Broek:     Bruin
                                                        Skoene:    Bruin

                                                                                          (6)
                                                                                         [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2019)                         VERBRUIKERSTUDIES                                         15

 VRAAG 5: BEHUISING

 5.1     Lees die advertensies oor verskillende akkommodasie-opsies en
         beantwoord die vrae wat volg.

          1. Woonstel te huur               2. Woonstel te koop           3. Meenthuis te koop
          Een slaapkamer                    Deeltitel-eienaarskap         Voltitel-eienaarskap
          Netjies en ruim                      2 Slaapkamers              Nuwe kompleks
             Balkon                            Perseel omhein             Geen oordragsfooie of
             Gemeenskaplike                    Gemeenskaplike             oordragskoste
             swembad                           swembad                        3 Slaapkamers
             Huur R7 000 per maand            R1 150 000,00                   Klein, goedversorgde
             2 maande deposito                                                tuin
                                                                              24 uur-sekuriteit
                                                                              Gemeenskaplike
                                                                              swembad
                                                                              R1 450 000,00

          5.1.1       Wat word bedoel met die term voltitel soos in die advertensie vir
                      die meenthuis in opsie 3 gebruik?                                                (2)

          5.1.2       Vanuit die eerste advertensie, noem die kontrak en die twee partye
                      wat benodig word om ŉ huurooreenkoms vir die huur van die
                      woonstel te teken.                                                               (3)

          5.1.3       Noem TWEE gevalle waar die deposito wat betaal is, verloor kan
                      word wanneer die perseel in opsie 1 ontruim word.                                (2)

          5.1.4       Bespreek die verskillende finansiële verantwoordelikhede vir ŉ
                      huurder in opsie 1 in teenstelling met die persoon wat die woonstel
                      in opsie 2 koop met betrekking tot die swembadfasiliteit.                        (4)

          5.1.5       Gee VIER voordele daarvan om die meenthuis in opsie 3 te koop
                      eerder as om ŉ soortgelyke huis wat nie in ŉ kompleks geleë is nie,
                      te koop.                                                                         (4)

          5.1.6       Hoekom is daar geen oordragsfooie of oordragskoste in die
                      advertensie vir opsie 3 nie?                                                     (2)

          5.1.7       Vergelyk die verskil tussen oordragsfooie en oordragskoste onder
                      die volgende opskrifte. Tabuleer jou antwoord soos volg:

                                                 Oordragsfooie                Oordragskoste
                      Die hoofverskille                             (1)                        (1)
                      Wie kry uiteindelik
                      die fooi                                      (1)                        (1)
                      Waarop die fooi
                      gebaseer is                                   (1)                        (1)     (6)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 16

16                                    VERBRUIKERSTUDIES                      (EC/SEPTEMBER 2019)

         5.1.8       Gee die nuwe name wat aan elk van hierdie dokumente gegee
                     word sodra die verkoop van ŉ eiendom afgehandel is en die huis in
                     die nuwe eienaar se naam is:

                     (a)   Aanbod om te koop                                                    (1)

                     (b)   Koopakte                                                             (1)

 5.2     Lees die gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.

         Billy en Nelly wil ŉ nuwe mikrogolfoond koop. Die spasie in die kombuis vir
         ŉ mikrogolfoond is 35,6 x 61 x 50,8 cm (HBD). Hulle wil die mikrogolfoond
         gebruik om kos uit die vrieskas te ontdooi, om kos warm te maak en om kos
         te kook.

         Die maksimum bedrag wat hulle bereid is om te spandeer is R1 200,00.

         Hulle beplan om na vier verskillende winkels en handelsmerke te kyk. Hulle
         het aanlyn gelees dat die voordeel van ŉ mikrogolfoond met ŉ draaitafel is
         dat jy nie die mikrogolfoond hoef te stop en die geregte te draai terwyl dit
         kook nie. ’n 1 000 watt-mikrogolfoond met ŉ outomatiese ‘ontdooi’ en
         geprogrammeerde instelling sou verkieslik wees. Hulle wil hê dat die
         verkoper hulle moet verseker van ŉ terugneembeleid en beplan om die
         waarborg te bestudeer.

         5.2.1       Noem DRIE faktore wat oorweeg moet word voordat die
                     mikrogolfoond aangekoop word.                                              (3)

         5.2.2       Identifiseer die universele ontwerpkenmerke waarna in die
                     gevallestudie verwys word.                                                 (2)

         5.2.3       As watter tipe energieverbruik kan ‘tyd spaar’ geklassifiseer word?        (1)

         5.2.4       Identifiseer die eienskappe wat hulle tyd sal bespaar en gee ŉ
                     verduideliking van hoe elke eienskap daartoe sal bydra.                    (6)

         5.2.5       Noem DRIE verantwoordelikhede wat Billy en Nelly uitgeoefen het
                     voordat hulle die mikrogolfoond gekoop het.                               (3)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2019)                   VERBRUIKERSTUDIES                                  17

 VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP
 6.1    Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.

                          DIE MAALTYD ‘KIT’ SPELETJIE IS AAN
        Thandi het Verbruikerstudies as vak op skool geneem. Tydens hulle
        praktiese les op skool het die onderwyser altyd gesê sy is kreatief.
        Na skool het sy ŉ kort rekenaarkursus oor Besigheidsbestuur gedoen waar
        sy ontdek het dat daar in Suid-Afrika vier aanlyn-maaltyd-‘kit’
        afleweringsdienste is. Sy het besluit om ŉ aanlynbesigheid van die huis te
        begin om maaltyd ‘kits’ te verkoop. Sy het besef dat mense te besig en te
        moeg is van werk wanneer hulle by die huis kom om aan etes te dink. Sy
        het ŉ SWOT-analise gedoen om hierdie besigheidsgeleentheid te evalueer.
        Sy het twee verskillende maaltydmonsters vir haar vriende gemaak om te
        probeer en hulle was versot op die unieke geure.
        Sy het die bestanddele plaaslik gekoop, dit afgemeet en in die houers
        geplaas en dit by die mense se huise afgelewer. Sy het opgelet dat twee
        plaaslike supermarkte dit as ‘ready-to-go’-maaltydopsies verkoop. Sy het ŉ
        paar van die maaltye probeer en het besef dat sy haar maaltye meer
        aantreklik kan maak. Sy het haar besigheid ‘Quickstix’ genoem.
        Sy het ŉ verskaffer gevind wat houers van 100% herwinbare materiaal kan
        koop en minimale plastiek word vir die inhoud van die houers gebruik. Die
        grootte van die houer sal in staat wees om bestanddele vir vier porsies te
        hou. Sy het geld gespaar vir die aanvanklike uitgawe van haar besigheid
        deur oor naweke as ŉ kelnerin in ŉ koffiewinkel te werk.

        Sy het haar maaltyd-‘kit’ besigheid met drie opsies begin: ŉ hoenderpasta,
        beesvleiskerrie en ŉ boontjie-en-groenteroerbraai vir daardie kliënte wat
        vegetaries is en ŉ plant-gebaseerde dieet volg. Op haar Facebook-blad
        beskryf sy haar maaltyd-‘kits’ as tydbesparend en gesonde heerlike maaltye.
        Sy beweer dat ‘Quickstix’ gerieflike maaltye aanbied en kliënte die
        geleentheid bied om nuwe bestanddele en geure te probeer.

                                                                          [Eie teks]

        [ŉ Maaltyd-‘kit’ is ŉ diens wat kliënte van ŉ resep en bestanddele wat
        nodig is om ŉ tuisgemaakte maaltyd te maak, voorsien. Vars bestanddele
        word in die verpakking ingesluit.]

        6.1.1    Kies voorbeelde uit die scenario om te wys dat Thandi die volgende
                 areas ondersoek het om te kontroleer of haar besigheidsidee die
                 potensiaal het om suksesvol te wees:

                 (a)   Toetsing van die besigheidskonsep                                 (1)

                 (b)   Kapitaal om mee te begin                                          (1)

                 (c)   Die ligging                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

18                                 VERBRUIKERSTUDIES                     (EC/SEPTEMBER 2019)

      6.1.2     Verduidelik wat Thandi nagevors het om te verseker dat haar
                besigheid ŉ mededingende voordeel bo ander deelnemers het.                 (2)

      6.1.3     Identifiseer TWEE sterk punte (‘strengths) wat Thandi vir haar
                SWOT-analise kan lys.                                                      (2)

      6.1.4     Bespreek hoe Thandi die volgende TWEE faktore in ag geneem het
                toe sy haar keuse vir ŉ geskikte produk gemaak het:
                (a)   Beskikbaarheid van roumateriaal                                      (2)
                (b)   Verbruikerstrefkrag                                                  (6)
      6.1.5     Hoe pas haar besigheidsnaam ‘Quickstix’ by die konsep van
                maaltyd-‘kits’?                                                            (2)
      6.1.6     Gee TWEE ander vereistes vir goeie verpakking vir die produk, wat
                nie in die scenario genoem word nie.                                       (2)
      6.1.7     Gee voorstelle hoe Thandi haar tyd meer effektief kan benut tydens
                die voorbereiding en verpakking van die maaltyd-‘kits’.                    (4)
      6.1.8     Gebruik die onderstaande inligting vir die berekeningsvrae.

                                   Koste van EEN Maaltyd-‘Kit’
                      Bestanddele:          Hoender     R21,00
                                            Pasta       R5,00
                                            Groente     R7,00
                                            Sous        R2,50

                      Verpakking                        R6,00
                      Vervoer                           R30,00

                (a)   Bereken die produksiekoste van EEN maaltyd-‘kit’.                    (1)
                (b)   Bereken die verkoopprys van die maaltyd-‘kit’ as sy 65% wins
                      by die verkoopprys insluit. Toon AL jou berekeninge en rond
                      af tot die naaste rand.                                              (3)
                (c)   Bereken hoeveel wins sy sal maak as sy haar verkoopsteiken
                      van 120 maaltyd-‘kits’ per maand bereik. Toon AL die
                      berekeninge.                                                         (2)
      6.1.9     Skep ŉ produkspesifikasie vir die maaltyd-‘kit’. Gebruik geskikte
                inligting uit die gevallestudie. Neem in jou antwoord in ag dat
                bestanddele in aparte pakke verskaf word.                                  (4)
      6.1.10    Die beginsel van volhoubare verbruik is nie net die
                verantwoordelikheid van die produsent nie, maar ook dié van die
                verbruiker. Assesseer hoe ŉ verbruiker wat Thandi se maaltyd-‘kit’
                koop, volhoubare gebruik om die omgewing te beskerm, uitoefen.             (7)
                                                                                          [40]

                                                                          TOTAAL:         200

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

## Related documents

- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept-2019-afrikaans/abf64653-b296-4b4e-8b21-e849e3ebae6e) — Consumer Studies · Memo · 2019 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2023-afrikaans/fdfc9f24-8893-4b8f-a1d2-0306a6aec38c) — Consumer Studies · QP · 2023 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2022-afrikaans/c2f752f1-5d69-4041-8eb9-4c60bc6d88fa) — Consumer Studies · QP · 2022 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2021-afrikaans/ac111d70-a8f0-44a9-bfcd-9a514a82e50f) — Consumer Studies · QP · 2021 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2020-afrikaans/5f90ec47-4a8b-4c6e-815c-04d8b52198b9) — Consumer Studies · QP · 2020 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept2023-afrikaans/0a98515a-1586-47dd-9d92-73d539d261d1) — Consumer Studies · Memo · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Consumer Studies

- [Gr 12 Con Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-con-stu-atp-2023-24/30b466bf-cc20-45e7-b5ff-3ec01fd619ae) — ATP
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept-2025-afr-watermark/fb3d1aeb-f3d7-4d22-a764-98f925f55ac3) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/e3e9d053-c332-408f-ac4a-ec420b36e7f8) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Erratum Sept 2024](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-erratum-sept-2024/f34fd578-a6ab-404c-aac5-c5bed951b608) — Errata · 2024
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept2024-afrikaans/4cdd0364-7e2e-4ee3-bf0d-aeb9f7ea7fd5) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
