# Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Consumer Studies question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2020-afrikaans/5f90ec47-4a8b-4c6e-815c-04d8b52198b9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Consumer Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Consumer Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/consumer-studies) › [Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2020-afrikaans/5f90ec47-4a8b-4c6e-815c-04d8b52198b9)

## About this document

Consumer Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                           NASIONALE
                       SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 12

                        SEPTEMBER 2020

                    VERBRUIKERSTUDIES

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  VERBRUIKERSTUDIES                  (EC/SEPTEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

                        AFDELING                       PUNTE      TYD (minute)
        VRAAG 1:       Kortvrae (Al die onderwerpe)      40            20
        VRAAG 2:       Die Verbruiker                    20            20
        VRAAG 3:       Voedsel en Voeding                40            40
        VRAAG 4:       Kleding                           20            20
        VRAAG 5:       Behuising                         40            40
        VRAAG 6:       Entrepreneurskap                  40            40
                                           TOTAAL:      200           180

 2.   Al die vrae is VERPLIGTEND.

 3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

 4.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 5.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 6.   Skryf slegs met swart of blou ink.

 7.   Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.

 8.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                       VERBRUIKERSTUDIES                                  3

 VRAAG 1: KORTVRAE

 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
     Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A‒D) langs die vraagnommers
     (1.1.1‒1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld. 1.1. 21 D.

       1.1.1    Die berekening van dié tipe rente neem nie die rente van die
                beleggingsgroei in aanmerking nie:

                A      Saamgestelde rente
                B      Vaste rente
                C      Veranderlike rente
                D      Eenvoudige rente                                                     (1)

       1.1.2    Die Wet wat die rentekoers deur kredietvoorsieners hef, beheer:

                A      Finansiële Intelligensie Wet
                B      Wet op Verbruikersbeskerming
                C      Nasionale Kredietwet
                D      Nasionale Verbruikerstribunaal                                       (1)

       1.1.3    Voedsel-items met ŉ nulkoers-BTW, sluit in …

                A      lensies, mielierys, melk en kaas.
                B      droë bone, vrugte, kaas en eiers.
                C      rys, stampmielies, eiers en bruinbrood.
                D      bruinbrood, melk, tuna en olie.                                      (1)

       1.1.4    Voorlopige belasting sal betaal word:

                A      Op ŉ maandelikse basis dieselfde tyd wat die inkomste verdien
                       word
                B      In twee paaiemente oor die belastingjaar versprei
                C      ŉ Enkele enorme bedrag aan die einde van die belastingjaar
                D      Maandeliks deur individuele met inkomste bo die
                       belastingdrempel                                                     (1)

       1.1.5    Watter van die volgende sal bydra tot wanvoeding by mense wat aan
                MIV/Vigs ly?

                A      Te veel onoplosbare veselinname
                B      Drink baie skoon en veilige water
                C      Eet ses klein maaltye per dag
                D      Eet baie vrugte en groente                                           (1)

       1.1.6    Thando het gastroënteris. Die hoof-komplikasie sal … wees.

                A      nierversaking
                B      dehidrasie
                C      hoes
                D      lewerbeskadiging                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  VERBRUIKERSTUDIES                    (EC/SEPTEMBER 2020)

      1.1.7     ŉ Voordeel van die inname van lae GI-voedsel:

                A     Vernouing van are
                B     Cholesterolvlakke word goed beheer
                C     Bloedsuikervlakke word beter beheer
                D     Die pankreas is oorgestimuleer                                  (1)

      1.1.8     ŉ Voordeel van geneties gemodifiseerde voedsel:

                A     Geen chemikalieë of insekdoders word gebruik nie
                B     Afvalmateriaal word in die grond teruggeploeg
                C     Die gebruik van groeihormone en antibiotika
                D     Die gewasse groei vinniger, dus kan meer mense gevoed
                      word                                                            (1)

      1.1.9     Die volgende tipe additiewe het ŉ negatiewe invloed op sommige
                kinders se gedrag:

                A     Kleurmiddels
                B     Emulsifiseerders
                C     Stollingsagente
                D     Stabiliseerders                                                 (1)

      1.1.10    Hierdie siekte word nie deur gekontamineerde water oorgedra nie:

                A     Hepatitis A
                B     Eschericheae-coli
                C     Tuberkulose
                D     Disenterie                                                      (1)

      1.1.11    Die standaardmode bly in vir …

                A     ŉ seisoen.
                B     2 tot 3 jaar.
                C     baie seisoene.
                D     5 tot 6 jaar.                                                   (1)

      1.1.12    Die veranderinge in romplengte is ŉ voorbeeld van:

                A     ŉ Neiging
                B     ŉ Silhoeët
                C     Massa-mode
                D     Couture                                                         (1)

      1.1.13    Die faktor wat die hoeveelheid bedrag bepaal wanneer ŉ persoon
                vir ŉ huislening aansoek doen:

                A     Plek
                B     Inkomstevlak
                C     Familiegrootte
                D     Beroep                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                     VERBRUIKERSTUDIES                                   5

       1.1.14    Indien jy besluit om ŉ huis te bou, moet jy seker maak dat die
                 bouer met die … geregistreer is.

                 A     NHBRR
                 B     SAUK
                 C     NKW
                 D     SAID                                                                (1)

       1.1.15    … dien as ŉ vorm van sekuriteit vir die terugbetaling van ŉ lening.

                 A     Kollateraal
                 B     Verband
                 C     Lening
                 D     Subsidie                                                            (1)

       1.1.16    Die kriteria wat oorweeg moet word wanneer huishoudelike
                 toestelle vir verbruikers met ŉ verskeidenheid gestremdhede
                 gekoop word:

                 A     Beskikbare ruimte
                 B     Universele ontwerp
                 C     Energieverbruik
                 D     Omgewingsimpak                                                      (1)

       1.1.17    Vir ŉ besigheid om volhoubaar te wees, moet die ...

                 A     totale bedrag geld ontvang gespaar word.
                 B     wins behou word sonder om beskikbare kontant uit te put.
                 C     produk vars en beskikbaar wees.
                 D     personeel goed opgelei en vaardig wees.                             (1)

       1.1.18    ŉ Moontlike risiko van te veel voorraad:

                 A     Voorraad mag onbruikbaar of beskadig raak
                 B     Die besigheid se reputasie kan skade ly
                 C     Produksie raak stadiger
                 D     Groot bestellings raak verlore                                      (1)

       1.1.19    ŉ Voorbeeld van goeie kliënteverhoudinge:

                 A     Skenk later aandag aan klagtes eerder as onmiddellik
                 B     Gebruik die terugvoering om dienste te verbeter
                 C     Skakel kliënte terug as jy nie besig is nie
                 D     Vra die winkelassistent om vriendelik te wees                       (1)

       1.1.20    Hierdie aspek van ŉ besigheid verseker dat die produkte aan die
                 voorgeskrewe standaarde voldoen:

                 A     Finansiële bestuur
                 B     Voorraadbeheer
                 C     Produkspesifikasie
                 D     SWOT-analise                                                        (1)
                                                                                          [20]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  VERBRUIKERSTUDIES                      (EC/SEPTEMBER 2020)

 1.2 Kies die voedselverwante siekte in KOLOM B wat by die bestuur in KOLOM A
     pas. Skryf slegs die letter (A‒F) langs die vraagnommers (1.2.1‒1.2.4) in die
     ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.5 G.

                      KOLOM A                           KOLOM B
                      BESTUUR                    VOEDSELVERWANTE SIEKTE
      1.2.1    Vermy oortollige hoeveelhede     A  Anemie
               proteïene wat kalsium uit die
               bene onttrek

      1.2.2    Verhoging van Vitamien C sal     B     Hoë bloedcholesterol
               met die absorpsie van yster help

      1.2.3    Dieetkundige berading om ŉ       C     Vetsug
               gebalanseerde voedsel-inname
               te verseker

      1.2.4    Verminder die kilojoule-inname   D     Hoë bloeddruk
               deur kleiner hoeveelhede
               voedsel in te neem.

                                                E     Osteoporose

                                                F     Anoreksie nervosa
                                                                              (4 x 1)     (4)

 1.3 Kies die verduideliking in KOLOM B om by ŉ term in KOLOM A te pas. Skryf
     slegs die letter (A‒G) langs die vraagnommers (1.3.1‒1.3.5) in die
     ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld.1.3.6. H.

              KOLOM A                                 KOLOM B
               TERM                               VERDUIDELIKING
      1.3.1   Oorhoofse koste     A    Die vloei van geld in en uit ŉ besigheid

      1.3.2    Kapitaal           B    Die koste van die produk word deur die
                                       verkope gedek

      1.3.3    Verkoopprys        C    Addisionele kostes soos lone, elektrisiteit,
                                       water en skoonmaakmiddels

      1.3.4    Wins               D    Die bedrag wat oorbly na die uitgawes van
                                       die inkomste afgetrek is

      1.3.5    Produksiekoste     E    Die prys soos vertoon op die produk wat alle
                                       uitgawes insluit

                                  F    Geld of bates wat gebruik word om ŉ
                                       besigheid te begin

                                  G    Die totale bedrag om vir materiaal en
                                       oorhoofse koste te betaal
                                                                       (5 x 1)            (5)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                      VERBRUIKERSTUDIES                                 7

 1.4 Kies die korrekte woord/term in hakies. Skryf slegs die korrekte woord/term
     langs die vraagnommers (1.4.1‒1.4.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

       1.4.1 ŉ Stel reëls oor die kleredrag wat ŉ maatskappy verwag die werkers
             moet dra word die (aantrekkode/gedragskode) genoem.

       1.4.2 Die (markgroep/teikenmark) is ŉ groep potensiële kopers wat ŉ produk
             sal koop.

       1.4.3 Die (handelsmerk/handelmerkwet) maak dat die produk makliker
             herkenbaar en onderskeibaar is van kompeterende produkte.

       1.4.4 Die produksie van goedere om aan die basiese behoeftes van die
             verbruiker te voorsien en om die kwaliteit van lewe te verbeter sonder
             om die omgewing te beskadig, is ŉ volledige definisie vir (volhoubare
             produksie/volhoubare winsgewendheid).

       1.4.5 Lisensies soos bestuurslisensies en motorlisensies is vorme van
             (direkte/indirekte) belasting.

       1.4.6 (Korporatiewe drag/Slenterdrag) word ontwerp om ŉ maatskappy te
             verteenwoordig en word by ŉ werkplek gedra.                (6 x 1)             (6)

 1.5 Identifiseer VYF KORREKTE stellings uit die onderstaande lys wat die tipe
     versekering wat van toepassing is op huiseienaars en hulle besittings
     aantoon. Skryf slegs die letters (A–H) langs die vraagnommer (1.5) in die
     ANTWOORDEBOEK neer.

       A       Hierdie dekking beskerm werkers indien hulle beseer word terwyl hulle
               op ŉ besigheidseiendom is.

       B       Hierdie polis beskerm begunstigdes sodat hulle nie ŉ verband hoef
               terug te betaal as die eienaar te sterwe kom nie.

       C       Hierdie dekking sluit strukture soos ŉ motorhuis en ŉ swembad in.

       D       Hierdie dekking beskerm die familie teen die emosionele las om geld vir
               ŉ begrafnis te soek.

       E       Hierdie polis dek ŉ struktuur van ŉ gebou teen skade wat deur natuurlike
               rampe veroorsaak word.

       F       Dit dek enige mediese noodgevalle soos onverwagte siekte.

       G       Dit dek die verlies van huishoudelike goedere soos meubels en
               toebehore weens diefstal.

       H       Hierdie polis kan permanente toebehore soos baddens en toilette insluit
               en teen skade tydens ŉ vuur/brand beskerm.                     (5 x 1)      (5)
                                                                                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                    VERBRUIKERSTUDIES                        (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 2: DIE VERBRUIKER

 2.1 Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

      Die regering het ŉ vyf weke inperking, van 27 Maart 2020 tot 30 April 2020,
      as gevolg van Covid-19 ingestel. Die reeks van produkte vir huishoudings was
      beperk; net sekere aankope is toegelaat. Statistiek SA het volgehou om die
      prysveranderinge van items in die VPI-mandjie te meet, maar op ŉ kleiner
      mandjie van goedere en dienste. Die inperking het dit genoodsaak om die
      monitering van pryse van goedere op ŉ weeklikse basis as ŉ tydelike maatstaf
      te doen.

                                                                  [Aangepas uit Stats SA]

      2.1.1    Skryf die afkorting VPI volledig uit.                                         (1)

      2.1.2    Die inperking het dit genoodsaak om die monitering van pryse van
               goedere op ŉ weeklikse basis as ŉ tydelike maatstaf te doen.
               Verduidelik hoe die monitering van die mandjie saamgestel is.                 (1)

      2.1.3    Bespreek wat met die frase, ŉ mandjie van goedere en dienste bedoel
               word.                                                                         (2)

      2.1.4    Verduidelik hoe die VPI gebruik word as ŉ indikator om inflasie te
               meet.                                                                         (3)

 2.2 Lees die onderstaande stelling en beantwoord die vrae wat volg.

      In Mei 2020 is die repokoers verlaag om die ekonomie wat verswak is deur
      Covid-19 inperking, te ondersteun.

                                                       [Aangepas uit Cape Business News]

      2.2.1    Noem die instelling wat die repokoers aanpas.                                 (1)

      2.2.2    Verduidelik hoe die verlaging van die repokoers die verbruiker wat
               geld op sy kredietkaart skuld, sou affekteer.                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                         VERBRUIKERSTUDIES                                9

 2.3 Bestudeer die onderstaande inligting op die sirkelgrafiek wat die
     belastinginkomste in Suid-Afrika aantoon en beantwoord die vrae wat volg.

                                      BELASTINGINKOMSTE

                                           Ander
                                            7%
                         Aksynsbelasting
                              10%
                                                            Persoonlike
                                                             inkomste-
                                                              belasting
                                                                39%
                        Maatskappy
                         inkomste-
                          belasting
                            20%

                                                   BTW
                                                   24%

       2.3.1    Identifiseer die tipe belasting wat die grootste inkomste voorsien.         (1)

       2.3.2    Noem die tipe belasting waarvan die regering geen inkomste tydens
                die aanvanklike inperkingstydperk ontvang het nie. Bespreek waarom
                daar geen inkomste ontvang is nie.                                          (4)

 2.4 Regverdig waarom dit elke burger se morele verpligting is om belasting te
     betaal.                                                                                (5)
                                                                                           [20]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                VERBRUIKERSTUDIES                        (EC/SEPTEMBER 2020)

VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING

3.1 Bestudeer die onderstaande tabel van twee gesondheidstafies en beantwoord
    die vrae wat volg.

                                    JUNGLE                       TREK
                               GRONDBOONTJIE-              GRONDBOONTJIE-
                                ENERGIESTAFIE               ENERGIESTAFIE
           INLIGTING             ALLERGENE:               GLUTEN, KORING EN
         VERWANT AAN          GLUTEN (HAWERMOUT)              SUIWELVRY
         ALLERGENE EN           GRONDBOONTJIES,
        INTOLERANSIES          KOEIMELK, NEUTE EN
                                      SOJA
     VOEDINGSWAARDE                Per 100 g                     Per 100 g
     Energie                        2 170 kJ                      1 548 kJ
     Proteïne                         13 g                         18,5 g
     Koolhidrate wat totale           38 g                         46,7 g
     suiker insluit                  25,0 g                        38,4 g
                                     34,3 g                        10,9 g
     Totale vet waarvan
     versadig vette is.               13,4 g                       1,8 g
     Dieetvesel                        8,3 g                       5,5 g
     Totaal natrium                   166 mg                       0,8 g

     3.1.1     Lys TWEE groepe voedselsensitiewe verbruikers wat die eet van die
               Jungle-energiestafie moet vermy.
               (MOENIE die allergene oorskryf nie.)                                        (2)

     3.1.2     Identifiseer van die voedingswaarde-inhoud, EEN regulasie wat deur
               die voorgeskrewe formaat van die etikettering van ŉ voedselproduk
               gevolg is.                                                                  (1)

     3.1.3     Noem die gesondheidsverwante toestand wat ŉ kan opdoen wat nie
               die advies om hoë natrium-inname te vermy, volg nie.                        (1)

     3.1.4     Noem die stafie met die hoogste natrium-inhoud.                             (1)

3.2 Skryf ŉ paragraaf om die gesondheidstoestand en oorsake van Tipe 1-diabetes
    te beskryf.                                                                            (5)

3.3 Onderskei tussen sistoliese bloeddruk en diastoliese bloeddruk om
    bloeddruklesings te verduidelik.                                                       (4)

3.4 Bespreek DRIE redes waarom ŉ skraal vyf-en-vyftigjarige vrou makliker vatbaar
    vir die ontwikkeling van osteoporose sal wees.                         (3 x 2)         (6)

3.5 Noem TWEE voedselverwante siektes wat met ŉ gebrek aan persoonlike
    higiëne geassosieer kan word.                                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                        VERBRUIKERSTUDIES                                       11

 3.6 Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

       PLANTGEBASEER IS AAN DIE TOENEEM
       Globaal het ons ŉ fenomenale toename in plantgebaseerde maaltye gesien. ŉ
       Suid-Afrikaanse Geregistreerde Dieetkundige en woordvoerder van die
       Assosiasie van Dieetkunde, Kelly Scholtz, sê: “Dit is reeds duidelik dat meer
       restaurante en handelaars in Suid-Afrika vleisalternatiewe, vegetariese en
       veganprodukte aanbied om die neiging te ondersteun. Dit dui ook op ŉ groter
       aanvraag na plantgebaseerde opsies vir verbruikers, te ondersteun.”

       As ŉ proteïenbron sluit peulgroente droë bone, droë ertjies, keker-ertjies en
       lensies in. Peulgroente is ŉ lae-vet bron met hoë vlakke van proteïen en
       vesel. Hulle bevat ook belangrike vitamiene en minerale soos yster, kalium en
       folaat.

       VOLHOUBAARHEID IS ŉ MOET
       Dié jaar en die jare hierna sal ons meer moet doen om die planeet te help.
       Afggesien van uiterste weerstoestande en die uitwissing van spesies sal die
       grootste impak van ŉ veranderde klimaat die invloed op menslike voedsel-
       produksie en voedselbeskikbaarheid wees. Die wêreld se landbousisteem
       soos dit tans is hang van die stabiliteit van die aarde se klimaat af.
       Voedselprodukte sal waarskynlik duurder word indien dit nie volhoubaar
       geproduseer word nie of as die verskriklike droogte en ander
       klimaatsveranderinge die produksie meer uitdagend vir boere sal maak,
       verduidelik Kelly.

          [Aangepas en vertaal uit www.womenshealth.co.za. Toegang op 20 Januarie 2020 verkry.]

       3.6.1    Noem die term wat met die onderstreepte woorde in die onderstaande
                aanhaling verband hou:

                “Die grootste impak van ŉ veranderde klimaat sal op menslike
                voedselproduksie en voedselbeskikbaarheid wees.”                                   (1)

       3.6.2    Verwys na die paragraaf onder die sub-hoof: Plantgebaseer is aan
                die toeneem.

                Analiseer hoe ŉ persoon wat aan ŉ hartprobleem en hoë
                cholesterolvlakke ly, sal baat vind as hy hoofsaaklik ŉ plantgebaseerde
                dieet volg om sy siekte te bestuur.                             (5 x 2) (10)

       3.6.3    Bespreek die implikasies wat droogte op voedselproduksie sal hê.                   (7)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                    VERBRUIKERSTUDIES                    (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 4: KLEDING

 4.1 Bestudeer die onderstaande prente van ŉ pofbaadjie in die verskillende vorme
     en beantwoord die vrae wat volg.

      A       Kontemporêre mode              B   Modelleer op die loopplank

      C              ŉ 1938 baadjie          D      Modeleier – Billie Eilish

                                                            [Bron: www.google images]

      4.1.1    Beskryf die term kontemporêre mode in prent A.                            (2)

      4.1.2    Teken ŉ skets van die modesiklus. Dui met ŉ pyltjie aan op jou skets
               waar die kledingstuk in prent A op die modesiklus sal wees. Noem die
               stadium langs die pyltjie.                                                (2)

      4.1.3    Verduidelik hoe die modestyle in prente B, C en D aangedui ŉ
               modeontwerper kan beïnvloed wanneer ŉ kontemporêre kledingstuk
               ontwerp word.                                                (3 x 2)      (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                   VERBRUIKERSTUDIES                                   13

 4.2 Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vraag wat daarop volg.

                                            Alle items is swart.
                                            (Baadjie, romp, handskoene,
                                            handsak, handsak, skoene en
                                            sykouse)

                                            Die ritssluiter in die middel van die
                                            baadjie, gespe van die gordel en
                                            skoenhakke is goud.

                                            Wit kraleblomme op elke skoen.

                                                                [Bron: Google images]

       Bespreek hoe die dame die pofbaadjie deel van haar professionele werksdrag
       maak, sodat dit geskik vir professionele werksdrag is.                            (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                  VERBRUIKERSTUDIES                           (EC/SEPTEMBER 2020)

 4.3 Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

      Die Beter Katoen Inisiatief (BCI ‒ The Better Cotton Initiative) is die grootste
      katoenvolhoubare program in die wêreld. Minder as 20% van katoen word
      gegroei op ŉ manier wat mense en die omgewing aktief beskerm.

      Ons uitgebreide programme van opleiding, praktiese demonstrasies en
      kennis-meedeel help boere om die impak op die omgewing te verminder en
      om werkersomstandighede te verbeter. Ons spreek multi-omgewings-
      kwessies van grondgesondheid en insekdoder tot waterbeskerming aan – en
      verhoog bewusmaking van werksgeleenthede sodat mense produktief in
      omstandighede van vryheid, gelykheid, sekuriteit en menswaardigheid kan
      werk. Die fokus is veral op die bevordering van vrouebemagtiging en
      voorkoming van kinderarbeid.

                                                            [Bron: https://bettercotton.org]

      4.3.1    Identifiseer uit die teks TWEE verskillende fokus-areas wat die woord
               volhoubaar beskryf.                                                              (2)

      4.3.2    Noem die term wat gebruik word vir ŉ maatskappy wie se produkte
               vervaardig word volgens etiese praktyke wat mense en die omgewing
               beskerm.                                                                         (1)

      4.3.3    Verduidelik hoe nie-organiese tekstiele as volhoubaar beskou kan
               word deur te verwys na die manier waarop dit verbou/geproduseer
               word.

               Gee EEN voorbeeld van ŉ nie-organiese volhoubare gewas.                          (4)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                     VERBRUIKERSTUDIES                                      15

 VRAAG 5: BEHUISING

 5.1 Lees die onderstaande scenario, bestudeer die tabel wat voorsien word en
     beantwoord die vrae wat volg.

       Billy wil ŉ deeltitel-woonstel as ŉ belegging koop. Hy het op twee moontlikhede
       afgekom – beide op die grondvloer. Die een woonstel het een slaapkamer en
       die ander een het twee slaapkamers.
       Hy het navorsing gedoen en tot die gevolgtrekking gekom dat die mark wat kan
       bekostig om R7 000,00 per maand te betaal groter is as die een van meer as
       R8 250,00 per maand.
       Hy moet die huur wat hy op die belegging sal ontvang in gedagte hou.

                                 EIENDOM A: EEN               EIENDOM B: TWEE
                                   SLAAPKAMER                   SLAAPKAMER
                                   GRONDVLOER                   GRONDVLOER
                                    WOONSTEL                      WOONSTEL
       Prys                           R740 000                     R980 000
                                (geen oordragskoste)         (oordragskoste R6 900)
       Huur pm.                        R7 000                       R8 250
       Heffing pm.                      R977                        R1 650
       Belasting pm.                    R320                         R420
       Netto huur ontvang           9,25% jaarliks               7,25% jaarliks
       pm – per maand                                    [Bron: https://businesstech.co.za]

       LET WEL: Netto huur ontvang is huurinkomste minus die direkte koste,
               soos heffings, versekering en potensiële koste van herstelwerk.

       5.1.1    Noem TWEE redes waarom Billy die koop van eiendom as ŉ
                beleggingsopsie wil gebruik.                                                  (2)

       5.1.2    Gee die naam van die kontrak waarvolgens Billy die eiendom gekoop
                het.                                                                          (1)

       5.1.3    Bespreek deeltitel as ŉ vorm van eienaarskap.                                 (6)

       5.1.4    Verduidelik die term oordragskoste.                                           (3)

       5.1.5    Gee EEN rede waarom geen oordragskoste vir EIENDOM A betaal
                word nie.                                                                     (1)

       5.1.6    Lys die finansiële verantwoordelikhede van ŉ huurder.                         (2)

       5.1.7    Gebruik die inligting van die scenario en die tabel en kies watter
                eiendom Billy moet koop. Regverdig jou antwoord met VIER redes.               (5)

 5.2 Verduidelik hoe verbandterugbetaling geaffekteer word indien rente deur die
     veranderlike koers bereken word.                                                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                VERBRUIKERSTUDIES                       (EC/SEPTEMBER 2020)

 5.3 Beskryf die rol van die Aktekantoor wanneer ŉ huis gekoop word.                     (6)

 5.4 Bestudeer die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.

      Mnr. en mev. Khumalo wil ŉ skottelgoedwasser koop. Hulle werk beide en as
      hulle ŉ skottelgoedwasser het sal hulle tyd gedurende die week bespaar.
      Hulle het drie kinders onder die ouderdom van tien jaar oud. Hulle hou
      daarvan om te onthaal en braai graag naweke, so die skottelgoedwasser sal
      ook naweke handig wees.

      Hulle kombuis het ingeboude spasie vir ŉ standaardgrootte
      skottelgoedwasser. Hulle leef, onthaalruimte en kombuis is oopplan. Hulle het
      navorsing op die internet gedoen en na twee opsies gekyk. Hulle is nie bereid
      om meer as R4 400 vir die toestel te betaal nie.

      Mev. Khumalo is van voornemens om oor die waarborg en afleweringskoste
      uit te vind voordat sy ŉ skottelgoedwasser koop.

                                                                           [Eie teks]

      5.4.1    Beskryf DRIE kwessies wat die Khumalo-gesin moet oorweeg voordat
               hulle ŉ skottelgoedwasser koop.                                           (3)

      5.4.2    Bespreek DRIE aspekte wat in aanmerking geneem moet word
               rakende die omgewingsimpak wanneer hulle ŉ skottelgoedwasser
               kies.                                                                     (3)

      5.4.3    Identifiseer VIER verbruikersverantwoordelikhede wat mev. Khumalo
               nagekom het, voordat sy die aankoop gemaak het.                           (4)
                                                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                     VERBRUIKERSTUDIES                                     17

 VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP
 6.1 Verduidelik die terme beste verkoop scenario en slegste-verkoop scenario.                 (6)
 6.2 Lys VYF maniere hoe ŉ besigheid tyd in ŉ produksielyn effektief kan gebruik.              (5)
 6.3 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.

       Yolanda bak en verkoop klein individuele broodjies wat ideaal is om met sop
       te eet. Sy bak hulle in ŉ pan wat SES mini-broodjies vat.
       Haar kostes is as volg:
       Koste van bestanddele vir een pan:      R35,00
       Oorhoofse koste:                        R40,00
       Wins:                                    60%

       6.3.1   Noem DRIE belangrike vereistes van verpakking wat op haar brood
               van toepassing is.                                                              (3)
       6.3.2   Bereken die verkoopprys van een mini-broodjie. Toon ALLE
               bewerkinge. Rond dien antwoord af tot die naaste rand.                          (6)
 6.4 Lees die onderstaande onderhoud en beantwoord die vrae wat volg.

       ŉ Onderhoud met Maholo Ratau, ŉ entrepreneur wat kontemporȇre Afrika
       klere en bykomstighede produseer.
       Hoe het jou besigheid begin?
       In 2011 het ek na ŉ begrafnis gegaan. Almal het die hoed wat ek opgehad het
       bewonder; toe neem ek bestellings. Teen Donderdag die volgende week, het
       ek 10 hoede verkoop en dit is waar my passie vir die besigheid begin het. Ek
       het begin om hoede te ontwerp en dit in my vrye tyd gemaak. Aangesien ek
       nog voltyds by ŉ finansiële maatskappy gewerk het, het ek dit by ŉ klein
       stalletjie by ŉ naweekmark verkoop.
       Wat het daarna gebeur?
       Ek het aangehou om hoede by die mark en werk te verkoop. My besigheid
       het gegroei van hoede verkoop tot die verkoop van klere. Ek het begin om
       tradisionele klere te ontwerp en te maak, terwyl ek nog voltyds gewerk het. Ek
       het my handelsmerk ‘Ledikana’ genoem omdat die dorpie waar ek groot
       geword het, my ma altyd Ledikana genoem het. Sy het van mooi goed,
       insluitende mode en hoede, gehou. Ek het my besigheid met my spaargeld
       gefinansier.
       Wanneer het jou besigheid ŉ voltydse werk geword?
       In 2014 het ek besluit dat dit die regte tyd was om my werk te los. Ek het my
       eerste winkel by die OR Tambo Internasionale Lughawe oopgemaak en die
       toeriste was lief vir my kleurvolle etniese ontwerpe. In 2016 het ek nog ŉ
       winkel in Johannesburg oopgemaak. Ek het met een naaldwerkster begin en
       nou verskaf ek werk aan 12 voltydse werkers.
       Wat is jou toekomsplanne en aspirasies vir jou maatskappy?
       Om die handelsnaam te laat groei. Tans verkoop ek mans-, dames- en
       kinderklere. Ek gaan ŉ nuwe reeks met grimeersakkies en elegante nuwe
       sjaals/tjalies vrystel.
                                              [Bron: lionessesofafrica.com/blog/2019/11/15]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                VERBRUIKERSTUDIES                     (EC/SEPTEMBER 2020)

      6.4.1   Kies ŉ sin uit die onderhoud wat aandui dat Mapholo se benoeming van
              haar handelsnaam belangrik vir haar besigheid was.                        (1)

      6.4.2   Identifiseer VIER faktore uit die eerste twee paragrawe wat verseker
              dat Mapholo se besigheid die potensiaal gehad het om winsgewend te
              wees.                                                                     (4)

      6.4.3   Identifiseer die faktor wat oorweeg moet word by die keuse van ŉ
              geskikte produk vir ŉ besigheid wanneer Mapholo se kliënte gaande
              was oor haar ware by die eerste winkel.                                   (1)

      6.4.4   Gee TWEE voordele van Mapholo se direkte verkope by die
              naweekmark.                                                               (2)

      6.4.5   Mapholo het personeel aangestel. Lys VIER redes waarom dit voordelig
              is om personeel op te lei.                                                (4)

      6.4.6   Mapholo is ŉ suksesvolle entrepreneur.

              Analiseer die stappe wat Mapholo geneem het sedert die begin van
              haar besigheid totdat sy voltydse werkers aangestel het, wat ŉ
              positiewe impak op haar besigheid gehad het, wat veroorsaak dat dit
              suksesvol is,                                                            (8)
                                                                                      [40]

                                                                        TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2023-afrikaans/fdfc9f24-8893-4b8f-a1d2-0306a6aec38c) — Consumer Studies · QP · 2023 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2022-afrikaans/c2f752f1-5d69-4041-8eb9-4c60bc6d88fa) — Consumer Studies · QP · 2022 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2021-afrikaans/ac111d70-a8f0-44a9-bfcd-9a514a82e50f) — Consumer Studies · QP · 2021 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept-2019-afrikaans/a68982e0-d138-491e-979d-53376d2f0131) — Consumer Studies · QP · 2019 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept2023-afrikaans/0a98515a-1586-47dd-9d92-73d539d261d1) — Consumer Studies · Memo · 2023 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept2022-afrikaans/689f4cc8-853c-4835-a279-e0d33f1cdfee) — Consumer Studies · Memo · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Consumer Studies

- [Gr 12 Con Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-con-stu-atp-2023-24/30b466bf-cc20-45e7-b5ff-3ec01fd619ae) — ATP
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept-2025-afr-watermark/fb3d1aeb-f3d7-4d22-a764-98f925f55ac3) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/e3e9d053-c332-408f-ac4a-ec420b36e7f8) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Erratum Sept 2024](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-erratum-sept-2024/f34fd578-a6ab-404c-aac5-c5bed951b608) — Errata · 2024
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept2024-afrikaans/4cdd0364-7e2e-4ee3-bf0d-aeb9f7ea7fd5) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
