# Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Consumer Studies question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2021-afrikaans/ac111d70-a8f0-44a9-bfcd-9a514a82e50f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Consumer Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Consumer Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/consumer-studies) › [Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2021-afrikaans/ac111d70-a8f0-44a9-bfcd-9a514a82e50f)

## About this document

Consumer Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                            NASIONALE
                        SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 12

                         SEPTEMBER 2021

                    VERBRUIKERSTUDIES

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                VERBRUIKERSTUDIES                    (EC/SEPTEMBER2021)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae:

          VRAAG                  INHOUD               PUNTE         TYD
                                                                  (minute)
              1        Kortvrae (Al die onderwerpe)    40            20
              2        Die Verbruiker                  40            40
              3        Voedsel en Voeding              40            40
              4        Kleding                         20            20
              5        Behuising                       20            20
              6        Entrepreneurskap                40            40
                                           TOTAAL:     200          180

 2.     Al die vrae is VERPLIGTEND.

 3.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

 4.     Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

 5.     Jy mag ŉ sakrekenaar gebruik.

 6.     Skryf slegs met swart of blou ink.

 7.     Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.

 8.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                     VERBRUIKERSTUDIES                                        3

VRAAG 1: KORTVRAE

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1. 21 D.

       1.1.1    Die … beheer die maksimum rentekoers wat deur kredietvoorsieners
                gehef kan word.

                A      Heraankopekoers
                B      Reserwe Bank
                C      Verbruikersprysindeks
                D      Nasionale Kredietwet                                                    (1)

       1.1.2    As ŉ apparaat ŉ A-gradering energie effektiewe etiket ontvang het,
                beteken dit dat …

                A      minder eenhede elektrisiteit word gebruik.
                B      dit minder effektief elektrisiteit gebruik.
                C      dit jou meer sal kos om te gebruik.
                D      die werking swakker sal wees.                                           (1)

       1.1.3    Munisipaliteite vra verbruikers om te betaal vir dienste soos:

                A      Gesondheidskliniek, straatligte, water en elektrisiteit
                B      Sanitasie, publieke biblioteek en beheer van verkeer
                C      Water, elektrisiteit, sanitasie en afvalverwydering
                D      Ontspanning, afvalverwydering en gesondheidsklinieke                    (1)

       1.1.4    Die belastingdrempel is die inkomstevlak …

                A      onder die minimum belasbare inkomste.
                B      bo die belasbare inkomstevlak.
                C      wat die bedrag betaalbaar vir belasting sal verhoog.
                D      wat belasting vry is op die belasting tabelle.                          (1)

       1.1.5    Die indeks op ŉ skaal van 1–100 vir die koolhidrate groep wat die
                glukosevlak in die bloed vinnig sal laat styg nadat dit geëet is.

                A      1–55
                B      70 of meer
                C      56–69
                D      54 of minder                                                            (1)

       1.1.6    ŉ Voedsel-additief wat galsterigheid in vette voorkom:

                A      Emulsifiseerder
                B      Stabiliseerder
                C      Preserveermiddel
                D      Anti-oksidant                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   VERBRUIKERSTUDIES                       (EC/SEPTEMBER2021)

      1.1.7     Die nutriënt-inhoud op die etiket van ŉ produk vir sodium is 120 mg
                per 100 g. Dit beteken die sout inhoud is ...

                A     hoog.
                B     baie laag.
                C     laag.
                D     basies vry.                                                           (1)

      1.1.8     Die verkoop-teen-datum beteken …

                A     die laaste datum op die produk vir verkope.
                B     dieselfde as ŉ vervaldatum.
                C     die datum dat dit onveilig is om te eet.
                D     die produk sal veilig wees as dit korrek gebêre is.                   (1)

      1.1.9     Voedsel-etikette wetgewing bevoordeel verbruikers in die sin dat …
                Kies die VERKEERDE antwoord.

                A     hulle ŉ geloofwaardige beskrywing verseker.
                B     basiese informasie aan die verbruiker gegee word.
                C     misleidende aansprake geregverdig kan word.
                D     verbruikers ingeligte besluite kan neem.                              (1)

      1.1.10    Stowwe wat by voedsel gevoeg word om smaak, tekstuur of
                voorkoms te verbeter of te preserveer:

                A     Preserveermiddels
                B     Geurstowwe
                C     Kleurstowwe
                D     Voedsel-additiewe                                                     (1)

      1.1.11    ŉ Beskrywing van die kurwe van ŉ modegier op die mode-
                siklusgrafiek:

                A     ŉ Effense styging om ŉ plato te bereik
                B     Skerp styging en vinnige afname
                C     Lyk soos die vorm van ŉ golf
                D     Toon ŉ afname in die middel                                           (1)

      1.1.12    ŉ Voorbeeld wat ŉ mode-verandering stimuleer:

                A     Wanneer die repokoers verhoog
                B     Die koronavirus inperking/grendeltydperk
                C     Mode-inligting word bemark
                D     ŉ Land met ernstige vloedskade                                        (1)

      1.1.13    Retrospektiewe modes is …

                A     duur eksklusiewe suksesvolle style.
                B     dit wat nuwe modes voorspel.
                C     wat terugkyk na die verlede en die vorige eras.
                D     style wat ŉ kort lewensduur het.                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                    VERBRUIKERSTUDIES                                    5

       1.1.14    Ted het ŉ yskas vir R4 999,00 kontantprys gekoop. Op huurkoop
                 was dit as R353 per maand x 24 maande geadverteer. Om die
                 toestel (yskas) op krediet te koop sou hom … meer gekos het.

                 A     R3 473,00
                 B     R3 530,00
                 C     R8 472,00
                 D     R4 999,00                                                           (1)

       1.1.15    Die dokument wat onderteken moet word wanneer ŉ huis gekoop
                 word.

                 A     Huurkontrak
                 B     Oordragsakte
                 C     Titelakte
                 D     Aanbod om te koop                                                   (1)

       1.1.16    ŉ Nadeel om ŉ huis te bou:

                 A     Die vorige eienaar se probleem is jou probleem.
                 B     Die vertraging van die bouproses.
                 C     Jy kan spaar op die konstruksie-koste.
                 D     ŉ Nuwe huis het ŉ beter herverkoopwaarde.                           (1)

       1.1.17    ŉ Effektiewe advertensie van jou produk …

                 A     het slegs een kernboodskap vir die verbruiker.
                 B     skep ŉ begeerte by die verbruiker om die produk te gebruik.
                 C     fokus op die verbruiker se basiese behoeftes.
                 D     maak aanspraak omtrent die handelsnaam.                             (1)

       1.1.18    Prysstrategieë verwys na ...

                 A     die metode wat gebruik word om die produk of dienste te prys.
                 B     genoeg wins te maak sodat die besigheid kan oorleef.
                 C     analisering van prysdata om die prys te bepaal.
                 D     faktore om die produksiekoste te bepaal.                            (1)

       1.1.19    Die doel van wat ŉ finansiële uitvoerbare studie is om:

                 A     Die wins wat gemaak word aan die einde van die finansiële
                       jaar te bepaal.
                 B     Die werker, gemeenskap en produk veiligheid vas te stel.
                 C     ŉ Effektiewe manier om potensiële kliënte te bereik.
                 D     Te besluit of jy met die besigheidsidee moet voortgaan.             (1)

       1.1.20    Die faktor wat die personeel se moraal en motivering verbeter:

                 A     Kwaliteitskontrole
                 B     Bergingsprosedure
                 C     Personeelopleiding
                 D     Kliënte-verhoudinge                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               VERBRUIKERSTUDIES                           (EC/SEPTEMBER2021)

1.2   Kies die verduideliking in KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf
      slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.4) in die
      ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.5 I.

               KOLOM A                                KOLOM B
                 TERM                             VERDUIDELIKING
      1.2.1   Modesiklus              A     ŉ Modeneiging wat uit die mode is

      1.2.2   Kontemporêre mode       B     Die algemene rigting wat die modestyl
                                            volg

      1.2.3   Obsoluut                C     Die buitelyne van die kledingstuk

      1.2.4   Bykomstighede           D     Mode is beskikbaar aan baie mense
                                            teen bekostigbare pryse

                                      E     Die pad wat die modeneigings volg

                                      F     Goedkoop      kleding     wat       vinnig
                                            vervaardig word

                                      G     Geskik vir elke dag se dra.

                                      H     ŉ Dekoratiewe item wat die uitrusting
                                            meer stylvol laat lyk
                                                                           (4 x 1)         (4)

1.3   Gee EEN woord/term vir elk van die onderstaande beskrywings. Skryf slegs
      die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

      1.3.1    ŉ Stelling in ŉ kontrak wat die een party vrywaar van
               aanspreeklikheid as die ooreenkoms of gebeure nie nagekom word
               nie

      1.3.2    ŉ Geskrewe belofte om die deel te herstel/te vervang sonder betaling
               indien dit binne ŉ spesifieke periode buite werking raak

      1.3.3    Goedere wat ŉ handelaar ingevoer het, maar die vervaardiger wil dit
               nie in die land verkoop nie

      1.3.4    Verminder die koopkapasiteit van geld en mense het minder
               besteebare inkomste

      1.3.5    ŉ Besigheidspraktyk soos korrupsie, valse beloftes en onredelike
               terme en omstandighede wat deur die wet verbied word
                                                                         (5 x 1)           (5)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                     VERBRUIKERSTUDIES                                      7

1.4    Identifiseer VIER KORREKTE stellings in die onderstaande lys wat betrekking
       het op kontantvloei projeksie. Skryf die letters (A–H) langs die vraagnommer
       (1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

       A       ŉ Plan vir die besigheid om ŉ wins te maak
       B       Sodat die besigheid op ŉ dag tot dag basis kan opereer
       C       Noodsaaklik vir ŉ besigheid om sy finansiële verpligtinge na te kom
       D       Gee ŉ aanduiding van hoeveel krediet beskikbaar is
       E       Dui aan hoeveel wins die besigheid verloor het
       F       Verwagte geld wat sal inkom en uitgaan as uitgawes
       G       Om die verwagte kontant-invloei en -uitvloei te evalueer
       H       Sal afhang van die verwagte oorspronklike belegging               (4 x 1)       (4)
1.5    Bestudeer die onderstaande illustrasie en beantwoord die vrae wat volg. Skryf
       slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

                                                           [Bron: Google images]

       1.5.1    Kies TWEE voedselsoorte uit die lys wat E-coli infeksie veroorsaak:

                 Grondboontjiebotter; ongepasteuriseerde melk; kaas; halfgaar vleis;
                                            eiers; brood                                       (2)

       1.5.2    Identifiseer die orgaan wat deur Hepatitis A geaffekteer word:

                               Maag; dunderm; dikderm; longe; lewer                            (1)

       1.5.3    Kies EEN reeks van tyd wat die simptome van gastroënteritis sal duur:

                                2 weke; 1–7 dae; 12–48 ure; 2–12 ure                           (1)

       1.5.4    Kies TWEE additiewe wat in brood teenwoordig is:

                        kalsiumpropinaat; sitrussuur; bleikmiddel; bensoësuur                  (2)

       1.5.5    Die nutriënt-inhoud op ŉ kaasverpakking toon ŉ lae vetinhoud, dus sal
                die vet per 100 g sal dus … wees.

                1,5 g of minder; 6 g of minder; maksimum van 3 g of minder; 300 mg             (1)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 VERBRUIKERSTUDIES                             (EC/SEPTEMBER2021)

VRAAG 2: DIE VERBRUIKER
2.1   Noem die tipe rente wat op die hoofbedrag van ŉ lening bereken word.                     (1)
2.2   Gee TWEE voorbeelde van regenerende/hernubare bronne van energie wat
      gebruik kan word as alternatiewe bronne van elektrisiteit in plaas van om
      steenkool te gebruik.                                                                    (2)
2.3   Lys TWEE nadele van elektrisiteit wat van fossielbrandstof afkomstig is.                 (2)

2.4   Gee die naam van die agentskap wat namens die regering belasting
      invorder.                                                                                (1)

2.5   Vergelyk die twee vorme van inkomstebelasting; lopendebetaalstelsel (LBS)
      en voorlopige belastingstelsel met verwysing na die volgende aspekte:

      Tabuleer jou antwoord soos volg:

                      ASPEKTE                     LOPENDE               VOORLOPIGE
                                               BETAALSTELSEL             BELASTING
      2.5.1    Wanneer word dit betaal?                   (1)                    (1)
      2.5.2    Beskryf die kategorieë van
               die belastingbetaler en gee
               EEN voorbeeld                                      (2)                  (2)     (6)

2.6   Bestudeer die onderstaande illustrasie en beantwoord die vrae wat volg.

                                                            [Bron: Google images]

      2.6.1    Identifiseer die tipe bedrog in bostaande illustrasie.                          (1)

      2.6.2    Skryf ŉ paragraaf en bespreek die tipe bedrog wat verbruikers aan
               risiko’s blootstel en hoe die verbruiker hom/haarself teen hierdie tipe
               misdaad kan beskerm.                                                            (5)

2.7   Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.

      Amanda het besluit om ŉ lid van die plaaslike gimnasium te word. Sy het ŉ
      jaarlikse kontrak vir 12-maande geteken. Die kontrak vereis dat sy ŉ
      aansluitingsfooi van R125 betaal. Die 12-maande-kontrak kos haar R250 per
      maand.
                                                                  [Eksaminator se eie teks]

      2.7.1    Identifiseer ŉ woord wat aandui dat dit ŉ geskrewe kontrak is.                  (1)
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                       VERBRUIKERSTUDIES                                          9

       2.7.2    Bereken die totaal wat sy aan die einde van die kontrakperiode sal
                betaal.                                                                            (1)

       2.7.3    Meld DRIE verantwoordelikhede wat sy rakende die kontrak het.                      (3)

       2.7.4    Verduidelik TWEE maniere hoe die Verbruikersbeskermingswet
                (VBW) voorsiening maak om Amanda te beskerm indien sy haar
                lidmaatskap wil kanselleer.                                                        (2)

2.8    Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.

       Thapelo Kgopodtihate het die Makawana Farmers stokvel in die Noord-Kaap
       begin. Dit is ŉ ko-operatiewe benadering tot boerdery wat die eienskappe
       van ŉ stokvel het om jong boere te help om hulle besighede te ontwikkel.

       Dit het begin met boere van dorpies in Kuruman wat almal sukkel om hulle
       plase aan die gang te hou a.g.v. die langdurige droogte. Die groep het 23
       lede. Elke lid spaar geld vir ŉ 12-maande-periode om geld te akkumuleer wat
       dan as kapitaal ten voordeel van alle lede belê word. Hulle het besluit saam
       om vee, voeding of apparaat te koop. Wanneer daar ŉ verskil in opinie is,
       neem die topbestuur ŉ besluit.

       Grootmaat-aankope kos hulle minder en dus spaar hulle geld. Idees word
       uitgeruil en jong boere win kennis in oor boerdery.

            [Aangepas uit https://www/farmsweekly.co.za. Toegang op 25 November 2020 verkry.]

       2.8.1    Bespreek VIER aksies van hoe die groep funksioneer wat soortgelyk
                is aan ŉ tipiese ‘stokvel’. (Moenie die sinne oorskryf nie.)                       (4)

       2.8.2    Beskryf hoe ŉ onwettige piramideskema bedryf sou word indien dit
                die gekose skema in die scenario was.                                              (3)

2.9    Lees die onderstaande stelling wat die belasting-inkomste in Suid-Afrika
       reflekteer en beantwoord die vraag wat volg.

       Grendeltydmaatreëls het tot hoër werkloosheid en laer verbruik bygedra, wat
       tot ŉ afname in belasting-inkomste bygedra het.
                  [Bron: www fanews.co.za/article/economy. Toegang op 2 Februarie 2021 verkry.]

       Die regering is afhanklik van belasting wat Suid-Afrikaners betaal om die
       staat se uitgawes te dek. Analiseer die impak wat die koronavirus op
       verbruikers se belastingbydrae aan die staat, vir die twee areas wat in die
       stelling genoem word, het.                                                                  (8)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               VERBRUIKERSTUDIES                                 (EC/SEPTEMBER2021)

VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING

3.1   Gee die naam van die graderingsisteem wat koolhidrate klassifiseer op
      grond van hoe dit die bloedglukosevlakke affekteer.                                         (1)

3.2   Meld die rol van insulien in die liggaam.                                                   (1)

3.3   Gee TWEE verskillende redes waarop die pankreas wat insulien produseer,
      by ŉ Tipe-2 diabeet nie behoorlik funksioneer nie.                                          (2)

3.4   Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.

      Sally is nie ŉ diabeet nie. Sy het te veel lekkers en koek vir ŉ middag
      versnapering geëet. Dit het veroorsaak dat haar bloedglukosevlak vinnig
      gestyg het.

      3.4.1    Verduidelik in detail haar liggaam se reaksie op die vinnige
               vrystelling van die glukose in haar bloed.                                         (5)

3.5   Vergelyk die bestuur van die dieet van diabetes- en osteoporoselyers met
      verwysing na die volgende aanbeveling. Tabuleer jou antwoord soos volg:

                    AANBEVELINGS                   DIABETES             OSTEOPOROSE
      3.5.1    ŉ Rede waarom proteïene
               verminder moet word                                (1)                     (1)
      3.5.2    Die tipe drank wat beperk
               moet word                                          (1)                     (1)
      3.5.3    ŉ Rede om geblikte vis
               (sardientjies) in te sluit                         (1)                     (1)     (6)

3.6   Interpreteer die onderstaande grafiek en verduidelik die verwantskap tussen
      veroudering en beenmassa met die risiko van osteoporose by vrouens.

                                 OUDERDOM EN BEENMASSA IN VROUENS

                     BEENMASSA

                                            OUDERDOM IN JARE

                                            [Bron: https://myfamilyphysio.com.au/osteoporosis]    (6)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                      VERBRUIKERSTUDIES                                         11

3.7    Gee DRIE eienskappe van organiese voedsel uitsluitende dat dit nie-
       genetiese gemodifiseerde voedsel is nie.                                                   (3)

3.8    Verduidelik hoe voedsel-bestraling die raklewe van voedsel verleng.                        (2)

3.9    Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vraag wat volg.

                HOE VERSORGING VAN ’N VOEDSELTUIN TOT GROTER
                           VOEDSELSEKURITEIT LEI.

       Alhoewel, die uitdeel van voedselpakkette gedurende die Covid-19
       pandemie in die korttermyn behoeftes vir kwesbare gemeenskappe voorsien
       het, is dit geen oplossing vir volhoubare voedselsekuriteit gedurende en na
       die huidige krisis nie. Die “Community Market Garden programme” gaan oor
       meer as om net aan die gemeenskap se onmiddellike voedselsekuriteit-
       behoeftes te voorsien, verduidelik Ruth Butcher, CSI-konsultant van MAMAS
       Alliance. Ruth sê: “Wanneer dit kom by voedseltuine, voorsien hulle nie net
       voedselverligting nie, maar daar is ook ŉ oordraging van vaardighede, ŉ
       gevoel van verantwoordelikheid en trots dat jy vir jou gesin kan voorsien.
       Daar is ŉ direkte voedselverligting sowel as potensiaal om ŉ inkomste uit die
       produksie te genereer. Dit skep ŉ siklus van volhoubaarheid.”

                        [Bron: www.bizcommunity.com/Artikel/. Toegang op 6 Julie 2020 verkry.]

       Analiseer waarom self-onderhouding ŉ oplossing mag wees om die gebrek
       aan voedselsekuriteit aan te spreek.                                                       (6)

       3.10 Bepaal die verskillende tipes inligting wat op voedseletikette voorkom
            wat verband hou met voedselveiligheid en verduidelik hoe elke
            kategorie die verbruiker se veiligheid waarborg.                 (4 x 2)              (8)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              VERBRUIKERSTUDIES                             (EC/SEPTEMBER2021)

 VRAAG 4: KLEDING

 4.1 Noem TWEE voorbeelde waar ŉ verbruiker klere kan hergebruik in plaas van
     herwin.                                                                                  (2)

 4.2 Bestudeer die onderstaande prente en beantwoord die vrae wat volg:

        A                       B                          C

                                                                  [Bron: Google images]

      4.2.1    Noem TWEE redes waarom die T-hemp as klassiek beskou kan word.                 (2)

      4.2.2    Beskryf die term styl. Verwys na die prente in jou antwoord.                   (3)

 4.3 Lys TWEE gevolge van handelsmerkplagiaat vir besighede.                                  (2)

 4.4 Beskryf waarom illustrasie B ŉ voorbeeld van handelsmerkplagiaat is.

                                                                                              (2)
                                       [Bron: Google images]

 4.5 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.

      Heelwat besighede funksioneer aanlyn. ŉ Virtuele vergadering met kliënte en
      kollegas wat ŉ ‘web-kamera’ gebruik, vereis dat ŉ persoon nog steeds
      professioneel moet lyk.

      Geskikte kleredrag ten minste vanaf die middel boontoe is goeie virtuele
      etiket/indruk.

                                                                [Eksaminator se eie teks]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                   VERBRUIKERSTUDIES                                        13

       Bespreek waarom die onderstaande uitrusting vir ŉ virtuele vergadering geskik
       is.

            WERK VAN DIE HUIS

                                                         Baadjie: bruin
                                                         Hemp: wit
                                                         Halssnoer: goud

                                                         Denimbroek: blou

                                                         Skoene: wit tekkies met
                                                         bruin strepe                          (3)
                                                                    [Bron: Google images]

 4.6 Lees die onderstaande stelling en beantwoord die vraag wat volg.

       Herwinde poliëster is beslis ŉ geskikte volhoubare opsie vir ons klerekas. Ons
       moet egter bewus wees dat dit nie bio-afbreekbaar is nie en jare neem om te
       verdwyn nadat dit weggegooi is.
                                                   [Bron: https://www.sustainyourstyle.org]

       Verduidelik die term volhoubaarheid met betrekking tot kleding en analiseer
       die stelling om vas te stel of herwonne poliëster volhoubaar is of nie.                 (6)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                              VERBRUIKERSTUDIES                          (EC/SEPTEMBER2021)

 VRAAG 5: BEHUISING

 5.1 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.

      Brett soek akkommodasie omdat hy van een stad na ŉ ander trek. Hy kan nie
      bekostig om eiendom te koop nie en sal moet huur. Hy het nie van sekere
      reëls van die huurkontrak by sy vorige akkommodasie soos geen honde word
      toegelaat nie, gehou nie. Hy het nie veranderinge aan die badkamer
      aangebring nie, want hy moes eers die eienaar raadpleeg.

                                                              [Eksaminator se eie teks]

      5.1.1    Gee die name van die TWEE partye wat die huurkontrak moet teken.            (2)

      5.1.2    Noem DRIE nadele wat Brett met die huurkontrak by sy vorige
               akkommodasie ondervind het.                                                 (3)

      5.1.3    Lys TWEE vereistes wat Brett sal moet uitvoer as hy sy eie besigheid
               vanaf sy gehuurde akkommodasie wil bedryf.                                  (2)

      5.1.4    Beskryf hoe die eienaar van die eiendom deur die ondertekening van
               ŉ huurkontrak beskerm word.                                                 (3)

 5.2 Onderskei tussen die verantwoordelikheid vir die koste van die sekuriteit en
     onderhoud tussen volle eienaarskap en deeltitel eienaarskap.                          (3)

 5.3 Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

      Nuwe kenmerke van die Samsung mikrogolfoond
      Kragvlakke
      10 Kragvlakke wat jou kookbehoeftes bevredig.
      Superior Keramiek Interieur
      Geen skrop of geskraapte oppervlakte. Die keramiek interieur gee die
      Samsung Mirror Grill mikrogolfoond ŉ gladde oppervlak wat maklik is om
      skoon te maak.
      Bystand Energie Besparing
      Soortgelyke mikrogolfoonde gebruik krag om essensiële funksies te
      handhaaf selfs al is hulle nie in gebruik nie. Die kies van die ECO-funksie op
      die nuwe Samsung Mirror Grill verminder kragverbruik en spaar op jou
      elektrisiteitsrekening.
      Alles dit en ŉ 2 jaar waarborg ook nog!

      5.3.1    Lys TWEE verantwoordelikhede van die verbruiker wanneer hulle die
               mikrogolfoond koop met betrekking tot die waarborg.                         (2)

      5.3.2    Bespreek hoe jy as verkoopspersoon die mikrogolfoond se eienskap
               van die besparing van krag aan kliënte sal bemark. Sluit beide
               menslike en nie-menslike energie in jou verkoopspraatjie in.                (5)
                                                                                          [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                     VERBRUIKERSTUDIES                                      15

VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP

6.1    Definieer die term teikenmark.                                                         (2)

6.2    Gee TWEE voordele van roetine/voorkomende                instandhouding       van
       toerusting in die bedryf van ŉ besigheid.                                              (2)

6.3    Lys DRIE redes waarom ŉ besigheid voorraadopname moet doen.                            (3)

6.4    Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.

       As ŉ jong seun het Thabo ontdek dat hy dit geniet om kos te maak. Hy het
       sy ouma met die kook van kos gehelp. Nadat hy skool voltooi het, het hy by
       ŉ klein bakkery vir ŉ jaar gewerk, maar die besigheid het as gevolg van die
       Covid-19 pandemie toegemaak. Hy het besluit om ŉ voedseltrok-besigheid
       te begin. Hy het die volgende punte gemaak toe hy sy idee ondersoek het.

        Voedsel is ŉ noodsaaklikheid en daarom sal daar altyd ŉ behoefte wees
         vir gaar/klaargemaakte kos.
        As ŉ mobiele restaurant kon hy na in besige areas in die dorp ry om kos
         aan kliënte van alle ouderdomsgroepe te verkoop.
        Sy oupa was bereid om sy trok teen ŉ redelike prys aan hom te verhuur.
        Sy oom was bereid om te help deur in sy klein besigheid te belê.

       Thabo benodig ŉ produk wat geskik is vir ontbyt, middagete of ŉ
       versnapering. Hy besluit toe om roosterkoek en vetkoek met verskillende
       soet- en souterige vulsels te verkoop. Hy het al die apparaat by die huis. Hy
       het sy vriende gevra om te proe watter van die vulsel die beste smaak.

       Elke dag staan hy vroeg op om die deeg te maak en om die vulsels voor te
       berei. Sy pryse wissel van R8,00 tot R35,00 afhangende van die vulsel wat
       die kliënte kies. Koeldranke sal ook verkoop word.
                                                                 [Eksaminator se eie teks]

       6.4.1    Identifiseer die faktor wat beskikbaar is vir Thabo wat ŉ produk moes
                kies vir sy besigheid uit die onderstaande sinne.

                (a)    Thabo het van jongs af ŉ belangstelling in kos getoon en
                       kennis by die werk opgedoen.                                           (1)

                (b)    Hy sal die kos voorberei voordat hy die huis verlaat en wanneer
                       die trok geparkeer is, sal die vulsels in die produkte geplaas
                       wees.                                                                  (1)

       6.4.2    Noem TWEE voordele vir Thabo wat die trok as ŉ punt van verkope
                gebruik.                                                                      (2)

       6.4.3    Identifiseer TWEE aanvangskoste.                                              (2)

       6.4.4    Bespreek hoe die produk aanklank by die teikenmark sal vind.                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                              VERBRUIKERSTUDIES                         (EC/SEPTEMBER2021)

      6.4.5    Gee DRIE items van inligting wat op ŉ etiket moet verskyn van ŉ
               produk wat voor die tyd bestel en verpak word.                           (3)

      6.4.6    Bespreek SES higiëniese praktyke wat gevolg moet word vir kliënte
               om voedsel veilig gedurende die Covid-19 pandemie te verkoop.            (6)

      6.4.7    Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg:

               Thabo verkoop 80 kerrie-maalvleis vetkoeke per week. Sy
               produksiekoste is R125,00 per week. Thabo voeg 70% wins by die
               produksiekoste.

               Bereken die wins wat hy per maand maak. (Werk op 4 weke per
               maand.) Toon ALLE berekeninge.                                           (6)

      6.4.8    Analiseer waarom die besigheidsidee en die keuse van die produk
               die potensiaal het om ŉ suksesvolle besigheid te word.                   (8)
                                                                                       [40]

                                                                        TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept2021-afrikaans/59dc9a05-b4fb-407f-abc4-9a75601a285d) — Consumer Studies · Memo · 2021 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2023-afrikaans/fdfc9f24-8893-4b8f-a1d2-0306a6aec38c) — Consumer Studies · QP · 2023 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2022-afrikaans/c2f752f1-5d69-4041-8eb9-4c60bc6d88fa) — Consumer Studies · QP · 2022 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2020-afrikaans/5f90ec47-4a8b-4c6e-815c-04d8b52198b9) — Consumer Studies · QP · 2020 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept-2019-afrikaans/a68982e0-d138-491e-979d-53376d2f0131) — Consumer Studies · QP · 2019 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept2023-afrikaans/0a98515a-1586-47dd-9d92-73d539d261d1) — Consumer Studies · Memo · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Consumer Studies

- [Gr 12 Con Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-con-stu-atp-2023-24/30b466bf-cc20-45e7-b5ff-3ec01fd619ae) — ATP
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept-2025-afr-watermark/fb3d1aeb-f3d7-4d22-a764-98f925f55ac3) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/e3e9d053-c332-408f-ac4a-ec420b36e7f8) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Erratum Sept 2024](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-erratum-sept-2024/f34fd578-a6ab-404c-aac5-c5bed951b608) — Errata · 2024
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept2024-afrikaans/4cdd0364-7e2e-4ee3-bf0d-aeb9f7ea7fd5) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
