# Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Consumer Studies question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2022-afrikaans/c2f752f1-5d69-4041-8eb9-4c60bc6d88fa
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Consumer Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Consumer Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/consumer-studies) › [Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2022-afrikaans/c2f752f1-5d69-4041-8eb9-4c60bc6d88fa)

## About this document

Consumer Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2022

                  VERBRUIKERSTUDIES

PUNTE: 200

TYD:   3 uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   VERBRUIKERSTUDIES             (EC/SEPTEMBER 2022)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae:

                                                                  TYD
          VRAAG                     INHOUD              PUNTE
                                                                (minute)
       AFDELING A (Kortvrae)
           1        Kortvrae (Alle onderwerpe)           40        20
       AFDELING B (Langvrae)
           2        Die Verbruiker                       40        40
           3        Voedsel en Voeding                   40        40
           4        Kleding                              20        20
           5        Behuising                            20        20
           6        Entrepreneurskap                     40        40
                                      TOTAAL:            200      180

 2.    Al die vrae is VERPLIGTEND.

 3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.

 4.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 5.    Jy mag ŉ sakrekenaar gebruik.

 6.    Skryf slegs met swart of blou ink.

 7.    Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.

 8.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                       VERBRUIKERSTUDIES                                     3

AFDELING A

VRAAG 1: KORTVRAE

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
       Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
       vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer,
       byvoorbeeld 1.1.21 D.

       1.1.1    Die afkoelperiode na ŉ direkte bemarkingsverkope waar die verkoper
                die kontrak kan kanselleer is binne … besigheidsdae.

                A      sewe
                B      veertien
                C      twee
                D      vyf                                                                     (1)

       1.1.2    Die agentskap wat verantwoordelik            vir   die   kollektering   en
                administrasie van die belastingstelsel is.

                A      SARS
                B      SABS
                C      SARB
                D      SABR                                                                    (1)

       1.1.3    Die koers waarteen die Reserwe Bank geld aan kommersiële banke
                leen ingeval van enige tekorte van fondse is die …

                A      rentekoers.
                B      inflasiekoers.
                C      repokoers.
                D      primakoers.                                                             (1)

       1.1.4    Die volgende word as hernubare energiebronne beskou.

                A      Steenkool, hout en olie
                B      Water, wind en sonkrag
                C      Steenkool, wind en olie
                D      Water, hout en gas                                                      (1)

       1.1.5    Sistoliese bloeddruk meet die druk in jou slagare wanneer die …

                A      hart tussen slae ontspan en met bloed vul.
                B      hart saamtrek en bloed na die res van die liggaam druk.
                C      hart ontspan en bloed na die res van die liggaam druk.
                D      hart saamtrek op die maatslag en met bloed vul.                         (1)

       1.1.6    ŉ Tekort aan die volgende voedingstowwe in ŉ dieet kan
                bloedarmoede veroorsaak.

                A      Yster, jodium en vitamien B6
                B      Vitamien B12, foliensuur en kalsium
                C      Yster, vitamien B12 en foliensuur
                D      Jodium, vitamien B6 en proteïen                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  VERBRUIKERSTUDIES                      (EC/SEPTEMBER 2022)

     1.1.7    ŉ Bymiddel wat waardevol is om te verseker dat verpakte voedsel hul
              konsekwentheid behou en toelaat dat die olie en water gemeng bly.

              A       Stabiliseerder
              B       Anti-oksidant
              C       Verdikker
              D       Emulsifiseerder                                                      (1)

     1.1.8    Die sintetiese geel voedselkleursel wat allergiese reaksies by sommige
              mense kan veroorsaak.

              A       Tartrasien
              B       Borrie
              C       Karoteen
              D       Lesitien                                                             (1)

     1.1.9    ŉ Algemene wanindruk oor voedselverwante siekte is dat …

              A       voedsel wat jou siek maak sal sleg ruik en smaak.
              B       skoon kombuise, nie net vuil kombuise nie, kan ŉ persoon siek
                      maak.
              C       vars voedsel jou siek kan maak as dit nie behoorlik gehanteer is
                      nie.
              D       jy kan siek word selfs wanneer die voedsel behoorlik gekook is.      (1)

     1.1.10 ŉ Hoofknelpunt met GM-voedsel op ŉ persoon se gesondheid.

              A       Beskadiging van die omgewing
              B       Bedreig gewas diversiteit
              C       Allergiese reaksies
              D       Weerstand teen onkruiddoders                                         (1)

     1.1.11 ŉ Eienskap van ŉ klassieke klerestyl.

              A       Trek gou mense se aandag
              B       ŉ Uiterse unieke ontwerp
              C       ŉ Vinnige groei in populariteit
              D       Aanvaarbaar vir verskeie jare                                        (1)

     1.1.12 Handelsmerkplagiaat is onwettig omdat …

              A       hulle deur handelaars verkoop word.
              B       hulle ingevoerde goedere is.
              C       goedere van ŉ swak kwaliteit is.
              D       dit op handelsnaamwette inbraak maak.                                (1)

     1.1.13 Natuurlike vesels wat groei sonder die gebruik van plaagdoders, onkruid-
            doders of sintetiese bemestingstowwe staan as … vesels bekend.

              A       nie-organiese
              B       hernubaar
              C       organies
              D       natuurlike                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                         VERBRUIKERSTUDIES                                  5

       1.1.14 ŉ Koste gewoonlik betaalbaar voor die eiendom vir huur, beset word.

                A      Assuransie
                B      Deposito
                C      Maandelikse huur
                D      Onderhoudsfooie                                                        (1)

       1.1.15 ŉ Voordeel om ŉ huis te bou.

                A      Jy kan die eienskappe van die huis kies
                B      Kan baie tyd in beslag neem as gevolg van vertragings
                C      Dit is koste-effektief aangesien die rente laer is
                D      Jy kan jou eie gordyne en bykomstighede kies                           (1)

       1.1.16 Die term wat die volle eienaarskap van ŉ eiendom wat beide die
              gebou(e) en land waarop dit gebou is insluit, beskryf.

                A      Huur
                B      Voltitel
                C      Residensiële bewys
                D      Deeltitel                                                              (1)

       1.1.17 ŉ Belangrike faktor om in ŉ besigheidsprysstrategie te oorweeg.

                A      Bly by een metode van prysbepaling
                B      Konsentreer op advertensietegnieke
                C      Wat jou teikenmark gewillig is om te betaal
                D      Baseer jou prys op die koste                                           (1)

       1.1.18 ŉ Proses waarby die produk gedurende die produksielyn
              geïnspekteer word om te verseker dat dit aan die standaarde voldoen
              en kliënte se vereistes bevredig.

                A      Gehaltebeheer
                B      Standardisering
                C      Produkspesifikasie
                D      Gehalteversekering                                                     (1)

       1.1.19 ŉ Uitvoerbaarheidstudie word uitgevoer om … te bepaal.

                A      die totale inkomste wat die besigheid ontvang het
                B      die koste nadat die besigheid begin het
                C      die beweging van geld oor ŉ sekere periode
                D      die lewensvatbaarheid van die besigheid                                (1)

       1.1.20 ŉ Besigheid se verkoopsdoelwit is om 1 000 eenhede per maand te
              verkoop en die gelykbreekpunt word bereik as 600 eenhede verkoop
              word. ŉ Beste verkoopscenario sal wees wanneer die besigheid …

                A      nie gelykbreekpunt bereik as 500 eenhede nie verkoop word nie.
                B      1 000 eenhede verkoop en ŉ goeie wins maak.
                C      gelykbreekpunt bereik deur 600 eenhede te verkoop.
                D      800 eenhede verkoop vir ŉ regverdige wins.                            (1)
                                                                                            [20]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               VERBRUIKERSTUDIES                         (EC/SEPTEMBER 2022)

 1.2 Kies die beskrywing in KOLOM B wat by die stadium in die modesiklus in
     KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers
     (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 I.

            KOLOM A
                                                      KOLOM B
       STADIUM IN DIE MODE-
                                                    BESKRYWING
             SIKLUS
      1.2.1 Beginstadium            A     die styl word finaal verwerp.

      1.2.2    Opgang               B     ontwerpe is nie uniek nie, maar word in
                                          beperkte hoeveelhede geproduseer

      1.2.3    Hoogtepunt           C     style word hergeproduseer en kos meer
                                          as ontwerpersklere

      1.2.4    Afname               D     die styl verkry momentum omdat dit in
                                          groot hoeveelhede verkoop word

      1.2.5    Veroudering          E     mense raak moeg vir die styl en begin na
                                          ŉ nuwe styl soek

                                    F     die nuwe styl word teen hoër pryse
                                          geoffer en in klein hoeveelhede
                                          geproduseer

                                    G     individue wie die eerste is om nuwe style
                                          te dra

                                    H     is op die mees populêre en aanvaarde
                                          stadium
                                                                            (5 x 1)       (5)

 1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die beskrywings hieronder. Skryf slegs die
     woord(e)/term langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDE-
     BOEK neer.

      1.3.1    ŉ Sagte, wasagtige stof wat deur die lewer geproduseer word

      1.3.2    Wanneer rente slegs op die hoofbedrag bereken word

      1.3.3    Die krediettransaksie waar die verkoper jou toelaat om die toestel
               onmiddellik huis toe te neem en dit maandeliks oor ŉ periode van tyd
               te betaal

      1.3.4    Goedere wat die land op              onwettige    of   ongemagtigde
               verspreidingskanale binnekom

      1.3.5    ŉ Spaarfonds waar mense gereeld ŉ vaste bedrag in ŉ
               gemeenskaplike fonds stort en waaruit hulle ŉ som geld kan ontvang

      1.3.6    Die versamelnaam wat aan eienaars van eenhede en
               gemeenskaplike eiendom in ŉ deeltitelskema gegee word          (6 x 1)     (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                      VERBRUIKERSTUDIES                                  7

 1.4 Identifiseer VIER redes uit die onderstaande lys wat deur voedselonsekerheid
     gedurende die Covid-19 pandemie in 2020 veroorsaak was. Skryf slegs die
     letters (A–H) langs die vraagnommer (1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

       A   Gemeenskapvoedingskemas was op die been gebring om bejaardes en
           kinders te help.

       B   Grendeltyd het tot ernstige ekonomiese ontwrigting en die verlies van
           mense se bestaan en inkomste bygedra.

       C   Die Solidariteitsfonds is op die been gebring om voedselverligting aan
           behoeftige families te verskaf.

       D   Suid-Afrika se progressie van lae ekonomiese groei en werkloosheid.

       E   Verskeie organisasies het voedselpakkies aan huishoudings afgelewer.

       F   Die hoeveelheid voedsel wat verbruik is, het afgeneem wat daartoe gelei
           het dat maaltye oorgeslaan is.

       G   Partykeer word daar, weens ŉ gebrek aan geld en hulpmiddels, die hele
           dag nie geëet nie.

       H   Oortollige voedsel van supermarkte is gereeld geskenk om voedselpakkies
           bymekaar te maak.                                                                (4)

 1.5 Identifiseer die naam van die ‘P’ van die 5P’s in die bemarkingsresepmengsel
     (-) wat in elk van die volgende sinne beskryf word. Skryf die naam langs die
     vraagnommers (1.5.1–1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

       Justin oorweeg dit om ŉ vervoerdiens vir toeriste in sy stad te bedryf. Hy
       ontwikkel ŉ bemarkingsplan deur die 5 P’s te gebruik.

       1.5.1    Die toeriste benodig ŉ maklike bereikbare toegangspunt, verkieslik
                waar ander vervoerstelsels vandaan vertrek.

       1.5.2    Hy sal op ŉ Facebook-bladsy, ŉ Twitter-bladsy en op ŉ reisagentskap-
                webwerf adverteer.

       1.5.3    Sy personeel moet vriendelik wees, daarvan hou om toeriste te
                ontvang en moet uitsonderlike kliëntediens bied.

       1.5.4    Daar sal ŉ 10% afslag wees wanneer reisigers deur die reisagentskap
                na hom verwys word.

       1.5.5    Die spysenieringsdiens word uurliks aan toeriste gelewer wat vir ŉ kort
                tydjie in die stad is.
                                                                                (5 x 1)     (5)

                                                              TOTAAL AFDELING A:            40

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 8                                VERBRUIKERSTUDIES                           (EC/SEPTEMBER 2022)

AFDELING B
VRAAG 2: DIE VERBRUIKER
2.1 Gee die naam van die belastingheffing vir die beskrywings hieronder:
     2.1.1   Betaalbaar op die verkope van goedere en dienste                                  (1)

     2.1.2   Eienaars van wettige eiendom (land en geboue)                                     (1)
2.2 Gee die volle name van die volgende afkortings:
     2.2.1   VBW                                                                               (2)

     2.2.2   NKW                                                                               (2)

2.3 Beskryf die term direkte bemarking.                                                        (3)
2.4 Differensieer tussen garansie en waarborg deur die volgende opskrifte te gebruik.
     2.4.1   Die verkoper/maatskappy se belofte aangaande die produk wat gekoop is
     2.4.2   Die uitkomste vir die verbruiker:
             Tabuleer jou antwoord as volg.

                            ASPEK                 GARANSIE              WAARBORG
             2.4.1 Die verkoper/maatskappy
                   se belofte aangaande die
                   produk wat gekoop is.                     (2)                      (2)
             2.4.2 Die uitkomste vir die
                   verbruiker.                               (1)                      (1)      (6)

2.5 Lees die e-pos hieronder wat Noxolo ontvang het en beantwoord die vrae wat
    volg.

     Liewe Wenner
     Geluk op jou sukses in ons kompetisie, “Een in ŉ miljoen”.
     Jou e-pos wat ewekansig geselekteer is, het ŉ prys gewen. Die prys word deur
     die Nasionale Lotery Maatskappy geborg.
     Voorsien die volgende besonderhede om die proses om jou prys vry te stel, te
     bewerkstellig.
     • Eerste, middel en laaste name
     • ID-nommer, bank en bankrekeningnommer
     Om jou prys te eis, vereis ons jou vertroulikheid aangaande jou prys. Jy word
     versoek om ŉ ‘prosesseringsfooi’ van ŉ R100 te betaal. Deponeer asseblief in
     Capitec Bank, taknommer 00501, rekeningnommer 45792113
     Weer eens, Geluk.
     Ronald Bekker
     LET WEL: Eis asseblief u prys binne een week, anders sal die prys na
              ongeeisde fondse teruggestuur word.
                                                                   [Eksaminator se eie teks]

 Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                           VERBRUIKERSTUDIES                                          9

       2.5.1    Identifiseer die tipe bedrogspul.                                                       (1)

       2.5.2    Identifiseer en verduidelik DRIE leidrade wat Noxolo moes opgemerk
                het dat hierdie e-pos ŉ bedrogspul is.                       (3 x 2)                    (6)

2.6    Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       Waterkwaliteit in Suid-Afrika is as gevolg van die toename in besoedeling aan
       die afneem.

       2.6.1    Lys enige DRIE oorsake van waterbesoedeling.                                            (3)

       2.6.2    Bespreek die verantwoordelikheid wat munisipaliteite het in verband
                met die voorsiening van water aan huishoudings.                                         (3)

2.7    Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          HOE RUSLAND SE OORLOG IN OËKRAÏNE PRYSE IN SUID-AFRIKA
                               OPSTOOT

       Rusland se inval op die Oëkraïne het sanksies versterk en pryse van goedere
       het die hoogte ingeskiet en dit sal Suid-Afrika se Verbruikersprys-indeks (VPI)
       nadelig beïnvloed, sê senior ekonoom by ABSA, CIB Peter Worthington. Die
       inval het direk gelei tot hoër olie en graanpryse, wat ŉ direkte toename in
       pryse van sleutelgoedere binne die VPI, soos brood en brandstof, tot gevolg
       gehad het.
                 [Bron: https://businesstech.co.za/news/finance/. Toegang op 15 Maart 2022 verkry.]]

       2.7.1    Verduidelik wat die Verbruikersprys-indeks is en hoe dit gemeet word.
                                                                              (2 + 2)                   (4)

       2.7.2    Analiseer hoe Rusland se inval op Oekraïne inflasie affekteer en die
                impak wat dit op Suid-Afrikaanse verbruikers sal hê.                                    (8)
                                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 VERBRUIKERSTUDIES                               (EC/SEPTEMBER 2022)

VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING

3.1   Gee die naam van die voedselverwante siekte van die beskrywing hieronder
      sowel as die inkubasie-periode.                                                              (2)

      ŉ Hoogs aansteeklike lewer infeksie wat deur inenting voorkom kan word.

3.2   Onderskei tussen die terme, uitvoer en invoer.                                               (2)

3.3   3.3.1    Noem waarom hoë bloeddruk as ŉ ‘stille moordenaar’ bekend is.                       (1)

      3.3.2    Lys DRIE risiko-faktore wat met die oorsake van hoë bloeddruk
               geassosieer word.                                                                   (3)

3.4   Skryf ŉ paragraaf om die rol wat hemoglobien in die siekte anemie speel, te
      verduidelik.                                                                                 (4)

3.5   Beskryf hoe lae-digtheid lipo-proteïene ŉ hoofoorsaak van hartsiekte is.                     (5)

3.6   Lees die onderstaande paragraaf en beantwoord die vrae wat volg.

      Suid-Afrika het geen wette en regulasies wat vereis dat wegneemete-
      restaurante enige vorm van voedingsinligting aan hul verbruikers verskaf. Die
      Suid-Afrikaanse regering moet regulasies instel wat vereis dat wegneem-
      etikette voedingstofinligting bevat. Dit sal ŉ effektiewe manier wees om
      verbruikers te help om ŉ ingeligte voedingsbesluit te neem.

      Navorsing toon dat in die afwesigheid van voedingsetikette, verbruikers die
      voedingsinhoud swak skat. Verbruikers word geforseer om op porsiegroottes
      staat te maak en op die persepsie dat sekere voedseltipes dieselfde nutriënte
      het.

          [Aangepas uit www news 24 com/health 24/diet-and-nutrition. Toegang op 16 Maart 2022
                                                                                       verkry.]

      3.6.1    Identifiseer EEN rede in die eerste paragraaf gegee, waarom
               regulasies vir die etikettering van wegneemetes belangrik is.                       (1)

      3.6.2    Verduidelik hoe die huidige voedingsetiketteringregulasies op
               voedselprodukte verseker dat die verbruikers ingeligte besluite kan
               neem wat onakkuraat is as gevolg van die afwesigheid van
               voedingsinligting op wegneemetes.                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                          VERBRUIKERSTUDIES                                        11

3.7    Bestudeer die inligting hieronder vir ŉ McDonald’s hoenderburger wat van die
       McDonaldwebwerf verkry is en beantwoord die vrae wat volg.

       ŉ Heerlike hoenderburger met McChicken-sous, gekerfde blaarslaai en bedien
       op ŉ perfekte geroosterde broodrolletjie.
       Allergene: graan, soja, eier
       Alle McDonald’s burgers word gemaak ‘sonder kunsmatige preserveer-
       middels, geen kunsmatige geurmiddels en geen kleursel van kunsmatige
       oorsprong’.
       McDonald’s gebruik huidiglik geen MNG in produkte op hulle nasionale
       spyskaart nie.

        McDonald's
        McChicken
        Voedingsfeite
        Bedieningsgrootte 1 burger (170 g)            Per 100 g

        Energie                          1 615 kJ      950 KJ
        Proteïene                        16,50 g       28,05 g
        Koolhidrate                      52,90 g       31,12 g
        Suiker                             6,20 g       3,65 g
        Vette                            14,60 g        8,59 g
        Versadigde vette                     3,3 g       1,9 g
        Poli-onversadigde vette             3,7 g        2,2 g
        Transvette                             0g         0g
        Vesel                                2,6 g       1,5 g
        Cholesterol                       26,9 mg      15,8 mg
        Natrium                           804 mg       473 mg

                           [Bron: wwwfatscret.co.za/calonies-nutrition/mcdonalds/mcchicken/1-burger
               https://www.mcdonalds.co.za/menu/chicken-burger. Toegang op 21 Maart 2022 verkry.]

       3.7.1    (a)    Gee die funksie van MNG.                                                        (1)

                (b)    Bespreek die belangrikheid van die bewering dat MNG nie in
                       McDonald’s produkte gebruik word nie.                                           (2)

       3.7.2    (a)    Identifiseer ŉ ander bewering wat deur McDonald’s gemaak word.                  (1)

                (b)    Regverdig of die bewering misleidend is of nie.                                 (2)

       3.7.3    Die verbruik van kitskos het dikwels ŉ hoë nutriënt-inname vir energie,
                vet en sout tot gevolg.

                Verduidelik waarom die bogenoemde stelling geldig is wanneer die
                voedingsfeite wat in die voedingstabel gegee word, ontleed word.

                Kies enige TWEE nutriënte-inname van die stelling hierbo om in jou
                antwoord op te fokus.                                      (2 x 2)                     (4)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                           VERBRUIKERSTUDIES                     (EC/SEPTEMBER 2022)

3.8   Evalueer die onderstaande aandete spyskaart hieronder vir ŉ persoon wat
      aan hartsiekte en hoë bloeddruk ly.

            SPYSKAART                             BESKRYWING
      Voorgereg                  Sampioene gedoop in ŉ beslag gemaak van
      Gebraaide sampioene met    meel, geurmiddel, water en dan in
      roomsous bedien            broodkrummels gedoop.
                                 Sous is van suurroom, volroom, mayonnaise
                                 en geurmiddels gemaak.
      Hoofmaaltyd                Geblikte salm in water gemeng met kapok-
      Salmkoekies                aartappels, kruie en speserye en eier en dan
      Groenslaai                 liggies in canola-olie gebraai.
                                 Slaai bestanddele: baba spinasie, komkommer,
                                 avokado-peer, groen appel.
      Nagereg                    ŉ Vla-basis gemaak van eier, melk, room en
      Piesangroomys              suiker wat met piesang gemeng is.
      Swart koffie               Koffie-granules (-korrels) en water.            (10)
                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                           VERBRUIKERSTUDIES                                        13

VRAAG 4: KLEDING

4.1    Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       Gepofte moue was ŉ tendens in 2021. Die gepofte moue is nog steeds ŉ styl in
       die mode van 2022. Dit val in lyn met al die ander neigings van die
       ‘80’s-ge-inspireerde uitrustings’.

       Die pofskouervoorkoms is niks nuut nie. Dit was gereeld in
       ontwerpersuitrustings vanaf lente 2018 gesien, en het sedertdien slegs gegroei
       in populariteit. Die mees ekstreme weergawes van die tipe moue sal
       heelwaarskynlik teen volgende jaar verdwyn.
       [Aangepas uit https://shesewshappiness.com/puff-sleeves-historys-biggest-trend/. Toegang op
                                                                                   21 Maart verkry.]

                  1980                           2018                             2022

                                                                              [Bron: Google images]

       4.1.1    Definieer die onderstaande terme wat in die teks gebruik is.

                (a)    Styl                                                                            (1)

                (b)    Mode                                                                            (2)

       4.1.2    Die teks dui aan dat die pofmou tendens deur ŉ styl wat in die 80’s
                gedra is, geinspireer is.

                (a)    Gee die naam van die tipe mode.                                                 (1)

                (b)    Meld TWEE eienskappe van die tipe mode.                                         (2)

       4.1.3    Identifiseer die tipe neiging wat die pofmou verteenwoordig en
                regverdig jou antwoord.                                                                (3)

4.2    Verduidelik waarom hennep, as ŉ voorbeeld van ŉ nie-organiese vesel, nog
       steeds as ŉ volhoubare vesel geklassifiseer kan word.                                           (5)

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                             VERBRUIKERSTUDIES                        (EC/SEPTEMBER 2022)

4.3   Skep ŉ uitrusting vir ŉ aangesig-tot-aangesig besigheidsvergadering en
      motiveer jou keuse vir elke item. Bykomend, motiveer ook die geskiktheid van
      jou uitrusting as ŉ geheel.

      Kies EEN item van elk van die eerste drie rye en ŉ minimum van TWEE items
      uit die vierde ry.

                         KLEDING-ITEMS

                                                       Wit langmou-hemp
                                                       Swart gebreide
                                                       polonek (rolkraag)
                                                       Swart en wit geruite bloes

                                                       Jeans
                                                       Swart rok
                                                       Swart broek
                                                       Swart romp

                                                       Swart baadjie
                                                       Bruin jas
                                                       Grys gebreide trui

                                                       Skoene – alles swart
                                                       Handsak – swart
                                                       Serp – beige
                                                       Horlosie – silwer
                                                       Paar brille – silwer raam

                                                               [Bron: Google images]      (6)
                                                                                         [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                           VERBRUIKERSTUDIES                                      15

VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR

5.1    Noem die huis opsie waar ŉ okkupasie-sertifikaat geteken word.                                (1)

5.2    Gee die afkorting vir die Nasionale Huisbouers Registrasieraad.                               (1)

5.3    Definieer die term huurkontrak.                                                               (2)

5.4    Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       Die populariteit van geslote gemeenskappe – veral landgoedere – het redelik
       toegeneem in Suid-Afrika, danksy die sekuriteit wat hulle aan huiseienaars
       bied. Die skuif in aanvraag het ook ŉ dringende behoefte vir kopers om die
       hoofverskille tussen die koop van ŉ huis in ŉ gewone woonbuurt en die koop
       van ŉ huis in ŉ toegangsbeheerde landgoed blootgelê met die klem op
       behuising waar ŉ maandelikse heffing vereis word.

        [Bron: https://businesstech.co.za/news/property/569942/ Toegang op 26 Maart 2022 verkry.]

       5.4.1    Gee TWEE redes om te motiveer dat die uittreksel na ŉ huiseienaar
                wat ŉ deeltitel koop verwys.                                                         (2)

       5.4.2    Lys TWEE voordele van deeltitelhuiseienaarskap wat nie van
                toepassing is op ŉ voltitelhuiseienaarskap nie.                                      (2)

       5.4.3    Bespreek TWEE voordele en TWEE nadele om maandeliks ŉ heffing
                te betaal.

                Tabuleer jou antwoord soos volg:

                            VOORDELE                                    NADELE
                                                   (2)                                       (2)     (4)

5.5    Voor-laaier wasmasjiene gebruik gewoonlik minder water en energie.
       Bo-laaier wasmasjiene is geskik vir mense wat ŉ masjien wil hê waar dit nie
       nodig is om te buk om die wasmasjien te laai nie.

           [Bron: https://www.ariel.in/en-in/washing-machine-101/your-guide-to-washing-machines/.
                                                                Toegang op 21 Maart 2022 verkry.]

       Bespreek die impak van nie-menslike- en menslike energie voorbeelde in die
       stelling hierbo.                                                    (2 x 2)                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                VERBRUIKERSTUDIES                                (EC/SEPTEMBER 2022)

5.6   Bestudeer die prente en inligting gegee vir die TWEE tipes wasmasjiene en
      beantwoord die vraag wat volg.

                     VOORLAAIER                                   BO-LAAIER

                     Prys R6 999,00                             Prys R5 999,00

             KENMERKE                   VOORLAAIER                     BO-LAAIER
       Waskapasiteit                          7 kg                         13 kg
       Afmetings (W x H x D)          595 x 850 x 440 mm           610 x 1 075 x 675 mm
       Waarborg                              3 jaar                        2 jaar
       Energieverbruik                        A++                           A+
                                                        [Bron: https://www.bargainsonline.co.za/
                             https://www.expertstores.co.za/. Toegang op 21 Maart 2022 verkry.]

      5.6.1    Interpreteer die gegewe inligting om jou te help om ŉ gesin raad te
               gee oor die volgende faktore wat hulle moet oorweeg wanneer hulle
               ŉ wasmasjien koop. Moenie die inligting net so oorskryf nie, maar
               gebruik dit as ŉ gids vir jou antwoord.

               (a)    Die behoefte van die gesin                                                    (2)

               (b)    Die begroting                                                                 (2)
                                                                                                   [20]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                        VERBRUIKERSTUDIES                                        17

 VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP

 6.1 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.

       Fezile maak en verkoop koffie van ŉ klein spasie wat tussen ŉ kantoorblok en
       ŉ ontspanningssportveld geleë is. Hy het die besigheid gekies omdat koffie
       enige tyd van die dag deur kliënte gekoop word. Sy ligging stel hom aan ŉ
       groot volume kliënte bloot.
       Fezile het besluit om koue broukoffie in plaas van yskoffie te verkoop, want hy
       het ŉ smaaktoetsopname van beide produkte in die gemeenskap gemaak en
       die meeste mense het die geur van die koue broukoffie verkies.
       Hy het ŉ koffiemeul in ŉ kompetisie gewen en sy oom het vir hom ŉ tweede-
       handse yskas gegee. Die oorblywende apparaat wat hy benodig het moes hy
       met sy spaargeld aangekoop het. Hy het ook ŉ verskaffer van Asiatiese
       koffiebone en fonteinwater gekry. Dit het hom verseker van ŉ kwaliteitproduk
       met ŉ superior smaak.
       Fezile se produksielyn vir sy koue broukoffie-besigheid bestaan uit die
       volgende fases:

                                     Maal die koffiebone

                                Voeg water by en roer deeglik

                         Plaas in die yskas en laat dit brou vir 12 ure

                             Sif die koffie en laat dit ŉ uur staan.

                                       Verkoel in yskas

                                      Verpak vir verkope
       Hy voorsien werk aan twee ander persone van die gemeenskap. Die plan is
       om 100 koppies koffie per dag te produseer.
                                                                       [Eksaminator se eie teks]

       Koue broukoffie is ŉ koffie wat koud gebrou word en ŉ gladder smaak het.
       Die olies word nie van die koffiebone verwyder nie aangesien daar geen warm
       water is nie. Yskoffie word warm gebrou en oor ys bedien. Die warm water trek
       die olie uit die bone en daarom is die suurgehalte hoër.

       6.1.1    Gee EEN rede waarom Fezile verkies om koffie te verkoop.                            (1)

       6.1.2    Kies ŉ sin wat ŉ voordeel van die keuse van die ligging van sy
                besigheidsperseel aandui.                                                           (1)

       6.1.3    Gee die naam van die plan wat die tydraam en die take wat voltooi
                moet word, aandui, sodat die doel van 100 koppies koffie per dag
                bereik kan word.                                                                    (1)

       6.1.4    Stel TWEE vrae voor wat hy vir sy teikengroep kon vra, behalwe die
                keuse van die koffie, vir waardevolle terugvoering wanneer hy sy
                besigheidsidee navors.                                                              (2)

       6.1.5    Verduidelik hoe die verskaffing van die koffiemeul en die yskas in
                hierdie scenario vir Fezile gehelp het.                                             (3)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                 VERBRUIKERSTUDIES                       (EC/SEPTEMBER 2022)

     6.1.6   Identifiseer en bespreek DRIE faktore wat Fezile se keuse om koffie te
             verkoop, geaffekteer het.                                                     (6)

     6.1.7   Daar is baie areas in die produksielyn wat aandag vereis om kwaliteit
             produkte te produseer. Identifiseer aan watter vereiste vir ŉ kwaliteit
             produk, voldoen word, in die beskrywings hieronder.
             (a) Wanneer die koffie bedien word, onthou kliënte koop met hulle oë,
                 daarom kies ŉ houer wat beide geskik en aantreklik is.
             (b) Fezile het Asiatiese koffiebone gemaal en fonteinwater bygevoeg vir
                 sy resep.                                                                 (2)

     6.1.8   Bespreek die rol wat berging en die effektiewe bergingsprosedures op
             die kwaliteit gedurende die produksie van die koffie, het.                    (6)

     6.1.9   “Produseerders en verbruikers kan beide verantwoordelikheid vir
             volhoubare produksie en verbruik aanvaar.”
             Analiseer die geskiktheid van die verpakking hieronder wat Fezile
             gebruik het om die koffie te bedien en beskryf die impak wat Fezile en
             sy kliënte op die omgewing het, met die bogenoemde stelling in
             gedagte.

                      Papierglas          Glas masonfles         Plastiekglas
                      papierstrooitjie    metaalstrooitjie       plastiekstrooitjie      (10)

     6.1.10 Fezile se beste verkope scenario is om 100 koppies koffie per dag te
            verkoop.

             (a)     Bereken sy inkomste vir die dag as hy 100 koppies koffie teen
                     R17,00 per koppie verkoop.                                            (1)

             (b)     Bereken die produksiekoste van 100 koppies koffie as een koppie
                     R10,20 kos om te maak.                                                (1)

             (c)     Op ŉ spesifieke dag verkoop Fezile 50 koppies koffie. Bereken
                     hoeveel minder wins hy op hierdie dag sal maak in vergelyking
                     met die wins wat hy op sy beste dag gemaak het.                      (6)
                                                                                         [40]

                                                             TOTAAL AFDELING B:           160
                                                                 GROOTTOTAAL:             200

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept2022-afrikaans/689f4cc8-853c-4835-a279-e0d33f1cdfee) — Consumer Studies · Memo · 2022 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2023-afrikaans/fdfc9f24-8893-4b8f-a1d2-0306a6aec38c) — Consumer Studies · QP · 2023 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2021-afrikaans/ac111d70-a8f0-44a9-bfcd-9a514a82e50f) — Consumer Studies · QP · 2021 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2020-afrikaans/5f90ec47-4a8b-4c6e-815c-04d8b52198b9) — Consumer Studies · QP · 2020 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept-2019-afrikaans/a68982e0-d138-491e-979d-53376d2f0131) — Consumer Studies · QP · 2019 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2022 Deaf](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2022-deaf/2c94d431-8f1a-4b2e-8151-8ae142aad51e) — Consumer Studies · QP · 2022

## More from Grade 12 Consumer Studies

- [Gr 12 Con Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-con-stu-atp-2023-24/30b466bf-cc20-45e7-b5ff-3ec01fd619ae) — ATP
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept-2025-afr-watermark/fb3d1aeb-f3d7-4d22-a764-98f925f55ac3) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/e3e9d053-c332-408f-ac4a-ec420b36e7f8) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Erratum Sept 2024](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-erratum-sept-2024/f34fd578-a6ab-404c-aac5-c5bed951b608) — Errata · 2024
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept2024-afrikaans/4cdd0364-7e2e-4ee3-bf0d-aeb9f7ea7fd5) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
