# Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Consumer Studies question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2023-afrikaans/fdfc9f24-8893-4b8f-a1d2-0306a6aec38c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Consumer Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Consumer Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/consumer-studies) › [Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2023-afrikaans/fdfc9f24-8893-4b8f-a1d2-0306a6aec38c)

## About this document

Consumer Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                    SENIORSERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2023

                 VERBRUIKERSTUDIES

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

### Page 2

2                                  VERBRUIKERSTUDIES                  (EC/SEPTEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae:

        VRAAG             INHOUD                       PUNTE    TYD (MINUTE)
        AFDELING A (Kortvrae)
        1      Kortvrae (Al die onderwerpe)             40            20
        AFDELING B (Langvrae)
        2      Die Verbruiker                            40           40
        3      Voedsel en Voeding                        40           40
        4      Kleding                                   20           20
        5      Behuising                                 20           20
        6      Entrepreneurskap                          40           40
                                     TOTAAL:            200          180

2.    AL die vrae is VERPLIGTEND.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
      gebruik word.

4.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.    Jy mag ŉ sakrekenaar gebruik.

6.    Skryf slegs in swart of blou ink.

7.    Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)                   VERBRUIKERSTUDIES                                    3

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
       Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
       vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
       1.1.21 D.

       1.1.1 Die doel van die Verbruikersprysindeks (VPI) is om …

               A      die pryse van basiese voedselitems te bepaal.
               B      die amptelike koers van inflasie te bereken.
               C      die invloed op verhoging in pryse te assesseer.
               D      die huidige rentekoers te bepaal.                                   (1)

       1.1.2 Aksynbelasting (sondebelasting) word op daaglikse verbruikers-
             goedere soos … gehef.

               A      goedere en dienste
               B      suiker en sjokolade
               C      wyn en Coke
               D      alkohol en tabak                                                    (1)

       1.1.3 Kies die stelling wat NIE waar oor grysgoedere/parallel goedere is NIE.

               A      Grysgoedere word wettig verkoop.
               B      Grysgoedere word deur die vervaardiger versprei
               C      Grysgoedere sal deur die verkoper herstel word
               D      Grysgoedere het ŉ wettige waarborg                                  (1)

       1.1.4 ŉ Verbruiker wat ŉ kredietooreenkoms weg van die besigheidsplek
             onderteken is geregtig om die kontrak binne vyf dae te kanselleer.

               Dit staan as ... bekend.

               A      uitsluitingsklousule
               B      afkoelingsperiode
               C      verlengde waarborg
               D      onbillike sakepraktyke                                              (1)

       1.1.5 Stowwe wat die groei en ontwikkeling van diere en plante versnel.

               A      Hormone
               B      Insekdoders
               C      Antibiotika
               D      Onkruiddoders                                                       (1)

       1.1.6 Stowwe wat ŉ allergiese reaksie kan veroorsaak.

               A      Ensiem
               B      Laktose
               C      Allergie
               D      Allergene                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

4                                VERBRUIKERSTUDIES                         (EC/SEPTEMBER 2023)

      1.1.7    Die voering van die dunderm is beskadiging as gevolg van …

               A     voedselallergieë.
               B     laktose-intoleransie.
               C     seliaksiekte.
               D     bulimie-afwyking.                                                     (1)

      1.1.8    Voedselsekerheid in Suid-Afrika word negatief beïnvloed wanneer …

               A     oortollige landbouprodukte wat in seisoen is uitgevoer word.
               B     werkers in die landbou-industrie ŉ gebrek aan vaardighede in die
                     voedselproduksie het.
               C     ruimtes wat as ashope gebruik word skoon gemaak en bemes is.
               D     self-onderhoudendheid deur die regering word aangemoedig.             (1)

      1.1.9    ŉ Geskikte versnapering vir ŉ persoon wat gluten-intolerant is.

               A     Roomkaas op rogbrosbrood
               B     Roomkaas op koringkraakbeskuitjies
               C     Sout hawermoutbeskuitjies met konfyt
               D     Kaas op ryskoekies                                                    (1)

      1.1.10 Watter van die volgende tekstiele is ekovriendelik?

               A     Hemp
               B     Lycra
               C     Rayon
               D     Viskose                                                               (1)

      1.1.11 “Winter-2023 gaan oor gemak en groot klere wat uitstaan en aandag
             trek.” Die term verwys na …

               A     klassieke mode.
               B     outydse (‘vintage’) styl.
               C     modeneigings.
               D     modegier.                                                             (1)

      1.1.12 (“Up cycling”) / Groen hernubaar kan die beste gedefinieer word
             as …

               A     vesels wat met sorg behandel word om langer te hou.
               B     om iets nuut van ŉ ou kledingstuk te maak.
               C     slegs plaaslik vervaardigde tekstiele word gebruik.
               D     ŉ proses van nuwe vesels in klere te weef.                            (1)

      1.1.13 Die tipe versekering wat die struktuur van ŉ huis teen beskadiging
             beskerm.

               A     Huiseienaarsversekering
               B     Lewensversekering
               C     Verbandbeskermingsversekering
               D     Huishoudelike versekering                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)                   VERBRUIKERSTUDIES                                       5

     1.1.14 ŉ Finansiële verantwoordelikheid wat nie van toepassing is by die huur
            van ŉ huis.

               A      Huishoudelike versekering
               B      Water en elektrisiteit
               C      Munisipale dienste
               D      Huisbelasting                                                          (1)

     1.1.15 Watter van die volgende stoofplate kook die vinnigste en gebruik die
            minste elektrisiteit?

               A      Spiraalplaat
               B      Glaskookblad
               C      Induksiekookblad
               D      Soliedeplaat                                                           (1)

     1.1.16 Vereistes vir ŉ goeie advertensie:

               A      Kleurvol, aantreklik, tref die oog en verhoog verkope
               B      Kleurvol, netjies, duidelike skrif met vervaardiger se kontak-
                      besonderhede
               C      Aantreklik, kleurvol, trek aandag en lei tot verkope
               D      Trek aandag, wek belangstelling, skep ŉ begeerte en lei tot aksie      (1)

     1.1.17 Beplanning van die produksieproses is belangrik om …

               A      kompetisie tussen werkers te verhoog.
               B      die stoor/bergings omstandighede te verbeter.
               C      die spoed waarteen werk gedoen word te verhoog.
               D      kommunikasie met kliënte te verbeter.                                  (1)

     1.1.18 Direkte verkope is wanneer ŉ vervaardiger …

               A      direk aan die groothandelaar verkoop.
               B      hulle eie winkel het om goedere te verkoop.
               C      mense betaal om goedere te demonstreer.
               D      direk aan die handelaar verkoop.                                       (1)

     1.1.19 Die proses wat gebruik word om te sien of die besigheid die potensiaal
            het om suksesvol te wees.

               A      Uitvoerbare studie
               B      Beste verkoop scenario
               C      Finansiële projeksie
               D      Marknavorsing                                                          (1)

     1.1.20 Die spesifieke groep kliënte wat heel waarskynlik die produk of dienste
            sal koop.

               A      Kompeteerders
               B      Teikenmark
               C      Kliënte basis
               D      Marksegment                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

6                                VERBRUIKERSTUDIES                        (EC/SEPTEMBER 2023)

1.2   Kies die beskrywing in KOLOM A wat by die term in KOLOM B pas. Skryf slegs
      die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
      ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 I.

                          KOLOM A                                 KOLOM B
                        BESKRYWING                                  TERM
      1.2.1    Aktrise Jenna Ortega dra ŉ mooi, unieke A      Kleredragkode/
               ontwerpers rok na ŉ rooi tapyt funksie         klerekode
      1.2.2    Ben dra dieselfde pak klere en das wat B       uniform
               hy na sy matriek afskeid gedra het, na sy
               vriend se troue
      1.2.3    Salma dra ŉ moderne nuwerwetse C               klassieke
               uitrusting wat sy by ŉ plaaslike
               afdelingswinkel gekoop het
      1.2.4    Joe dra ŉ kakie-broek en die hoed van ŉ D      koöperatiewe drag
               soldaat
      1.2.5    Zandi dra ŉ deftige grys hemp en E             verouderde mode
               donkerblou baadjie werk toe, soos deur
               die werkgewer vereis word
                                                        F     haute couture
                                                        G     kontemporêre mode
                                                        H     eko-mode
                                                                                (5 x 1) (5)

1.3   Kies die beskrywing in KOLOM B wat pas by die voedselverwante siekte in
      KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.3.1 tot
      1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.4 F.

            KOLOM A                                  KOLOM B
      VOEDSELVERWANTE                              BESKRYWING
            SIEKTES
      1.3.1 Hepatitis A          A   ŉ infeksie wat ŉ verhoging in die bloeddruk as
                                     gevolg van die onttrekking van sodium
                                     veroorsaak
      1.3.2    E-coli infeksie   B   inflammasie in die binnevoering van die maag,
                                     dunderm en dikderm in reaksie op ŉ infeksie
      1.3.3    Gastroënteris     C   ŉ hoogs aansteeklike lewersiekte wat veroorsaak
                                     word deur ŉ virus en deur feses/ontlasting
                                     uitgeskei word

                                 D   ŉ geïnfekteerde siekte wat hoogs aansteeklik is
                                     en val gewoonlik die longe aan
                                 E   ŉ bakterieë wat in beesvleis en groente voorkom
                                     en infeksie in die dikderm kan veroorsaak
                                                                               (3 x 1) (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)                   VERBRUIKERSTUDIES                                        7

1.4    Gee EEN woord/term vir elke van die onderstaande beskrywings. Skryf slegs
       die term/woord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

       1.4.1     ŉ Dokument wat aan die verkoper gegee word waar die koper
                 belangstelling toon om die eiendom vir die spesifieke bedrag te koop

       1.4.2     Die groep mense wat die daaglikse administrasie van ŉ deeltitel
                 eienaarskap behartig

       1.4.3     ŉ Ooreenkoms waar die bank geld aan die koper leen om ŉ eiendom te
                 koop en koper belowe om dit af te betaal

       1.4.4     ŉ Dokument met riglyne wat bepaal dat een party ŉ bedrag aan ander
                 party betaal om ŉ eiendom te bewoon

       1.4.5     Die koper word die wettige eienaar van die hele eiendom
                                                                                   (5 x 1)     (5)

1.5    Identifiseer DRIE vereistes vir hoë kwaliteit produkte van die onderstaande
       opsies gelys.

       A       Beskikbaarheid van finansies
       B       Goeie kwaliteit grondstowwe word gebruik
       C       Gereelde beheer van voorrade
       D       Goeie higiëne van werkers
       E       Gereelde onderhoud van toerusting
       F       Aantreklike verpakking gebruik vir aanbieding                       (3 x 1)     (3)

1.6    Kies die beste VIER maniere uit die onderstaande lys hoe ŉ verbruiker
       elektrisiteit verantwoordelik kan gebruik wanneer hy/sy ŉ geiser vir die
       verwarming van water gebruik.

       A       Stel die geiser op ŉ vaste temperatuur van 60 ̊C.
       B       Bad in warm water in plaas van om ŉ warm stort te neem.
       C       Neem ŉ warm stort in plaas van ŉ warm bad.
       D       Isoleer die geiser met ŉ kombers om hitteverlies te voorkom.
       E       Plaas ŉ emmer onder ŉ druppende warmwaterkraan.
       F       Installeer ŉ sonverhittingeenheid wat aan die geiser gekoppel is.
       G       Installeer ŉ tydreëlaar wat elke 3 uur aanskakel.
       H       Stel die geiser tot ŉ temperatuur van 70 ̊C in die winter.
                                                                                   (4 x 1)     (4)
                                                                                              [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING A:             40

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

8                                   VERBRUIKERSTUDIES                                   (EC/SEPTEMBER 2023)

AFDELING B

VRAAG 2: DIE VERBRUIKER

2.1   Noem die hoofbron van inkomste vir die Suid-Afrikaanse regering.                                  (1)

2.2   Skryf die afkorting vir LBS volledig uit.                                                         (1)

2.3   Verduidelik die onderstaande terme.

      2.3.1    Waarborg                                                                                 (2)

      2.3.2    Garansie                                                                                 (2)

2.4   Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg.

                      [Bron: https://gateway.stmarytx.edu/group/its/infrastructure-network-
                     security/rattlerbytes/2021/rb032021]

      2.4.1    Identifiseer die tipe bedrogspul wat in die spotprent geïllustreer word.                 (1)

      2.4.2    Waarom sal verbruikers so vatbaar vir hierdie tipe bedrogspul wees?                      (1)

      2.4.3    Maak ŉ verbruiker bedag op TWEE waarskuwingstekens van hierdie
               tipe bedrog.                                                                             (2)

2.5   Bespreek hoe die volgende tipe belastings die verbruiker se besteebare
      inkomste beïnvloed.

      2.5.1    BTW                                                                                      (2)

      2.5.2    Eiendomsbelasting                                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)                      VERBRUIKERSTUDIES                                               9

 2.6 Die onderstaande illustrasie verteenwoordig ŉ piramideskema.

                                     [Bron: Google images]

       2.6.1    Verduidelik hoe ŉ piramideskema werk.                                                   (2)

       2.6.2    Differensieer hoe die verbruiker deur ŉ wettige multi-vlak bemarking en
                ŉ piramideskema geaffekteer word.
                Tabuleer jou antwoord soos volg:

                                              Wettige piramiede-skema               Piramide
                                               (multivlak bemarking)                 skema
                Effek op die verbruiker                             (2)                        (2)      (4)

 2.7 Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vraag wat volg.

       Ekonomiese verknorsing kan maak dat meer Suid-Afrikaners in 2023 aan
       stokvelle deelneem

       “Die aantal Suid-Afrikaners wat aan ŉ stokvel behoort in 2023 sal toeneem te
       midde van mark onstabiliteit”, sê die voorsitter en ontdekker van die Nasionale
       stokvel vereniging van Suid-Afrika (Nasasa) Andrew Lukhele.
            [Bron: https://www.news24.com/fin24/economy/economic-crunch-could-see-more-south-
                                                     africans-turn-to-stokvels-in-2023-20230115]

       2.7.1    Bespreek die redes waarom stokvelle toeneem en hoe die verbruiker
                voordeel kan trek deur by ŉ stokvel aan te sluit.                                       (5)

 2.8 Die Nasionale staatskas verkry geld deur belasting en versprei dit aan staats-
     departemente, sodat burgers voordeel kan trek.

       2.8.1    Beskryf maniere hoe munisipaliteite die fondse kan aanwend om
                dienslewering aan burgers te verbeter.                                                  (5)

 2.9 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

       Inflasie het tot 7,2% in Desember 2022 gedaal, verligting van November se
       7,4%. Desember se lesing is die laagste inflasie koers vanaf Mei.
                 [Bron: https://www.focus-economics.com/country-indicator/south-africa/inflation#:~:
          text=FocusEconomics%20 Consensus%20Forecast%20panelists%20see, %2C%20 and%
                                                                       204.6%25%20in%202024]

       2.9.1    Definieer die term inflasie.                                                            (2)

       2.9.2    Analiseer die impak van verlaagde inflasiekoers op die verbruiker in die
                tydperk.                                                                                (8)
                                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

10                                  VERBRUIKERSTUDIES                                 (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING

3.1   Noem DRIE voordele van organies geproduseerde voedsel op die natuurlike
      omgewing.                                                                                        (3)

3.2   Gee redes waarom die volgende additiewe by voedsel gevoeg word:

      3.2.1    Lesitien                                                                                (2)

      3.2.2    Vitamien C (askorbiensuur)                                                              (2)

      3.2.3    Swaweldioksied                                                                          (1)

3.3   Dixie en Freya lei albei aan eetversteurings. Dixie het aansienlik gewig verloor,
      terwyl Freya nie baie gewig verloor het nie. Hulle het albei die begeerte om
      skraal te wees.

      3.3.1    Identifiseer die eetversteurings wat Dixie en Freya aan ly.

      3.3.2    Beskryf hul eetgewoontes.

      Herteken die onderstaande tabel en voltooi die inligting wat weggelaat is:

                                                Dixie                     Freya
      3.3.1    Eetversteuringe                            (1)                          (1)
      3.3.2    Eetgewoontes                               (2)                          (2)             (6)

3.4   Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

      Meer as ŉ kwart van Suid-Afrikaners lewe met vetsug. Ons is in die top 20%
      van die mees vetsugtige nasies in die wêreld.

         [Bron: https://bhekisisa.org/health-news-south-africa/2021-09-21-the-sugar-tax-is-working-
                                                                                    now-double-it/]

      3.4.1    Gee TWEE hoofredes vir vetsug.                                                          (2)

      3.4.2    Skryf ŉ paragraaf oor die bestuur van vetsug.
               Maak spesiale verwysing aan lewensstyl veranderinge, koolhidrate en
               vetinname.                                                                              (6)

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)                        VERBRUIKERSTUDIES                                                11

3.5    Bestudeer die onderstaande etiket en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                                            Per
                                        Tipiese Voeding
                                                                Per 100 g                bediening
                                        Inligting as verpakking
                                                                                           37,5 g
                                        Energie                          1 480 Kj          555 Kj
                                        Proteïne                          11,1 g            4,2 g
                                        Koolhidrate waarvan                66 g             25 g
                                        totale suiker                       2g              0,8 g
                                        Totale vet                         2,3 g            0,9 g
                                        Waarvandaan:
                                        transvet                           1,0 g            1,0 g
                                        versadigde vet                     0,5 g            0,2 g
                                        mono onversadigde
        Laag in vet                     vette                              0,3 g            0,1 g
        Hoog in vesel                   poli-onversadigde
                                        vette                              1,4 g           0,5 g
                                        Cholesterol                        0 mg            0 mg
                                        Dieetvesel                         11,6 g          4,4 g
                                        Totaal natrium                    241 mg           90 mg
                      [Bron: https://www.alpenfood.co.za/nutrific/products/nutrific-wholewheat-biscuits]

       3.5.1    Noem die bestanddeel op die voedseletiket wat vermy moet word deur
                ŉ persoon wat gluten-intolerant is.                                                         (1)

       3.5.2    Beskryf die toestand gluten-intoleransie.                                                   (4)

       3.5.3    Die etiket noem dat Nutrific-pap laag in vet en hoog in vesel is.
                Regverdig die korrektheid van die eis deur die volgende vereistes:

                (a)     Laag in vet                                                                         (2)

                (b)     Hoog in vesel                                                                       (2)

3.6    Datumstempels verskyn op die voedsel-verpakkings. Bespreek die implikasie
       van die ‘gebruik-teen-datum’ op etikette vir die verbruiker.                                         (3)

3.7    Evalueer die onderstaande spyskaart vir ŉ persoon wat laktose-intolerant is.

                                   Ontbyt Spyskaart
                                 Muesli met amandels
                               Gewone Griekse Joghurt
                              Omelette met salm en kaas
                                        Koffie/Tee
                                                                                                            (6)
                                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

12                                    VERBRUIKERSTUDIES                                 (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 4: KLEDING

4.1   Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

                               MAANSTEWELS (‘MOON BOOTS’)
      Die opgestopte, gemaklike winter stewels het ŉ populêre gier na die Apollo-11
      maanlanding geword.
      Hulle was oorspronklik as “apres ski-drag” en deur die vervaardigers Tecnica
      Group of Giavera del Montello in Italië ontwerp, nadat stewelontwerper
      Giancarlo Zanatta geïnspireer is deur die opgestopte skoene van Neil
      Armstrong en sy span tydens die maanlanding in Julie 1969. Die
      ontwerperspan by Tecinca het ŉ stewel geïnspireer deur die NASA voorkoms
      vervaardig.
      Die gewildheid van Maanstewels (‘Moon Boots’) het in 1970’s en 1980’s
      toegeneem. Hulle het in reënboog kleure voorgekom en het enige kind soos ŉ
      ruimtevaarder laat voel.
      Tecnica het eers die handelsnaam Maanstewel (‘Moon Boot’) in 1978
      geregistreer en teen daardie tyd was daar verskeie namaaksels op die mark.
      Die stewels was ‘herlewe’ (‘rebooted’) in die nuwe millennium en word in
      Oekraine vervaardig.

                                 [Bron: https://nostalgiacentral.com/pop-culture/fashion/moon-boots/]

       Moon Boot, advertensie veldtog                      Die populêre ‘Maanstewel (Moon
       1980.                                               Boot) van die vroeë tyd, is hier om te
       Foto Maanstewel (Moon Boot).                        bly, met ander woorde ŉ moet hê
                                                           winter stewels van 2023.
        [https://www.domusweb.it/en/design/2022/12/              [https://wwd.com/shop/shop-fashion/
                 11/la-perenne-attualit-dei-moon-boot-      celebrity-moon-boots-trend-1235459231/]
                           dallallunaggio-a-tiktok.html]

      4.1.1    Gee die korrekte mode-term vir die woord (herlewe/‘rebooted’) soos
               wat dit in die teks gebruik word.                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2023)                  VERBRUIKERSTUDIES                                          13

       4.1.2    Bestudeer die onderstaande grafiek:

                Identifiseer die kurwe wat die gier verteenwoordig.                             (1)

       4.1.3    Definieer die volgende terme soos in die teks gebruik word.

                (a)   Handelsmerk                                                               (2)

                (b)   Namaaksel                                                                 (2)

       4.1.4    Verduidelik die negatiewe ekonomiese impak van die vervalsing van
                die Maanstewel (Moon Boot) handelsmerk.                                         (4)

 4.2 “Bamboes word as een van die wêreld se mees volhoubaarste vesel beskou.”

                                               [Bron: https://www.mungo.co.za/yarn/bamboo/]

       Beskryf waarom bamboes as volhoubare vesel beskou word.                                  (3)

 4.3 Verduidelik hoe nuwe tegnologie ŉ impak op modeveranderinge kan hê.                        (3)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

14                              VERBRUIKERSTUDIES                           (EC/SEPTEMBER 2023)

4.4   Analiseer die geskiktheid van die uitrusting vir ŉ mode-tydskrif uitgewer.

                                                         Die uitrusting bestaan uit:
                                                         Vlootblou pak (Baadjie en
                                                         broek)
                                                         Geblomde bo-stuk
                                                         Goue hoepel oorbelle
                                                         Goue nekstuk
                                                         Goue horlosie met armband
                                                         Vlootblou skoene
                                                         Ligbruin handsak

                                                               [Bron: www.pinterest.com]    (4)
                                                                                           [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2023)                 VERBRUIKERSTUDIES                                         15

VRAAG 5: BEHUISING

5.1    Bestudeer die onderstaande advertensie en beantwoord die vrae wat volg.

                            NUWE EIENDOMSONTWIKKELING

       Koop van hierdie betroubare ontwikkelaar. Jy kan in die eenheid bly of dit
       uithuur.
       • 1-, 2- en 3-slaapkamer eenhede beskikbaar
       • Alle eenhede kom met ŉ parkeerplek en ŉ 3 m2 balkon
       • Maklike toegang tot vervoerroetes
       • Elektriese perimeter omheining met 24-uur sekuriteit
       • Geen oordragskoste betaalbaar

       Kontak die ontwikkelaar op 075 432 6754

       5.1.1    Verwys na die       advertensie   hierbo   en   identifiseer   die    tipe
                huiseienaarskap.                                                              (1)

       5.1.2    Gebruik die inligting in die advertensie en noem DRIE voordele om een
                van die eenhede te kies.                                                      (3)

       5.1.3    ŉ Verbruiker stel belang om een van die eenhede te koop, en wil seker
                maak dat die bouer geregistreer is. Noem die organisasie met wie die
                bouer geregistreer moet wees.                                                 (1)

       5.1.4    Die eienaar van die eenhede moet ŉ heffing betaal. Noem TWEE
                gebruike waarvoor heffings vir hierdie tipe huiseienaarskap gebruik
                word.                                                                         (2)

       5.1.5    Verskaf TWEE voordele en TWEE nadele vir die bou van ŉ huis.
                Tabuleer jou antwoord soos volg.

                 Voordele van bou                    Nadele van bou
                 •                                   •
                 •                                   •
                                                                                   (2 x 2)    (4)

5.2    Bestudeer die onderstaande advertensie en beantwoord die vrae wat volg.

                      Hisense 235 L regopstaande vrieskas H3I0US

       Die Hisense 235 L Regopstaande vrieskas het ŉ A+ energie verbruik, multi-lug-
       vloei, geen vries, deur alarm en ŉ super vrieskas funksie wat die temperatuur
       verlaag vir ŉ kort periode om inkopies teen die korrekte temperatuur vars te
       hou.

       5.2.1    Noem ŉ ander tipe vrieskas wat vir die verbruiker beskikbaar is.              (1)

       5.2.2    Watter funksie dui aan dat die vrieskas omgewingvriendelik is?                (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

16                              VERBRUIKERSTUDIES                        (EC/SEPTEMBER 2023)

      5.2.3    Bespreek die impak van menslike en nie-menslike energieverbruik
               wanneer hierdie vrieskas gebruik word .                     (2 x 2)        (4)

      5.2.4    Bereken die totale koste van ŉ afbetalingsverkoopstransaksie deur die
               volgende inligting te gebruik. (Toon ALLE berekeninge.)

               Kontant verkope: R5 800,00
               Deposito: R1 500,00
               Rente: 20%                                                                (3)
                                                                                        [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2023)                 VERBRUIKERSTUDIES                                          17

VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP

6.1    Verduidelik die volgende terme met betrekking tot klein besigheidspraktyke:

       6.1.1    Aanvangskoste                                                                   (2)

       6.1.2    Volhoubare winsgewendheid                                                       (2)

6.2    Noem TWEE faktore wat by die bemarkingstrategie oorweeg moet word.                       (2)

6.3    Beskryf hoe ŉ entrepreneur goeie kliënteverhouding kan handhaaf.                         (3)

6.4    Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.

       Katie is ŉ hardwerkende en kreatiewe vrou met ŉ passie vir stukwerk en
       naaldwerk. Sy bly in ŉ historiese dorp en het begin om handgemaakte lap-poppe
       te maak en dit by ŉ plaaslike toerismewinkel te verkoop.

       Die poppe word van herwonne stukke kleding gemaak. Katie het navorsing oor
       groente as natuurlike kleurstowwe gedoen en het uitgevind dat beet en avokado-
       pitte die beste werk. Sy het probeer om die afval te verminder deur gebruik te
       maak van klein afvalstukke as stopsels vir die poppe. Elke pop is in ŉ 1kaliko
       saamtrek sak verpak wat as ŉ bergingsak vir die pop of ŉ dra sak kan dien.

       Mondelingse advertensie het haar verkope vermeerder. Selfoonfoto’s het vinnig
       die nuus op sosiale media platforms versprei, hoewel sy nie daarvan bewus was
       nie. Bestellings van produkte het vinniger ingekom as wat sy kon hanteer. Katie
       het twee ongeskoolde dames van die gemeenskap aangestel om haar met die
       produksie te help. Sy het hulle opgelei en hulle toegelaat om van die huis te werk
       omdat vervoer te duur was en nie altyd beskikbaar is nie.

       ŉ Aanlyn-winkel was vir meer blootstelling geskep. Kliënte het die opsie gehad
       om hulle poppe in terme van velkleur, haarkleur en rokke te verpersoonlik.
       Basiese poppe was gereeld geproduseer en op bestelling verpersoonlik.

                                                                   [Eksaminator se eie teks]

       1Kaliko – is ŉ gewone geweefde tekstiel wat gemaak is van half-geprosesseerde

       en ongebleikte katoen vesels. Dit is ŉ growwe kleedstof, nie so sterk soos denim
       of kanvas (seilmateriaal) en nie so fyn soos moeselien nie. Kaliko is oor die
       algemeen goedkoop weens die onafgewerkte natuur en die feit dat dit
       ongekleurd en rou is.

       6.4.1    Identifiseer die faktore wat verseker het dat Katie se besigheid die
                potensiaal het om winsgewend te word.                                           (2)

       6.4.2    Verduidelik die voordele om die twee werkers op te lei.                         (4)

       6.4.3    Beskryf enige TWEE prys-strategieë wat Katie kan gebruik om die
                verkoopprys van haar poppe te bepaal.                                           (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

18                               VERBRUIKERSTUDIES                       (EC/SEPTEMBER 2023)

      6.4.4    Beskryf hoe elk van die volgende Katie se besigheid suksesvol bemark.

               (a)   Mondelingse reklame                                                  (2)

               (b)   Selfoonfoto’s                                                        (3)

6.5   Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

      Die koste van die materiaal om die 8 poppe te maak is R240,00.
      Lone betaal R1 000,00, ander uitgawes R500,00.
      Katie voeg 70% winsopslag by.

      (a)     Bereken die verkoopprys van EEN lappop.
              Rond die verkoopprys tot die naaste rand af. Toon ALLE berekeninge.         (6)

      (b)     Bereken die wins wat op elke pop gemaak word. Toon ALLE
              berekeninge.                                                                (2)

6.6   Analiseer of Katie se besigheid volhoubaar in sy produksie sal wees, in sy
      toegewydheid tot die maak van ŉ groen (omgewingsvriendelik) produk.                (8)
                                                                                        [40]

                                                            TOTAAL AFDELING B:          160
                                                                GROOTTOTAAL:            200

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept2023-afrikaans/0a98515a-1586-47dd-9d92-73d539d261d1) — Consumer Studies · Memo · 2023 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2022-afrikaans/c2f752f1-5d69-4041-8eb9-4c60bc6d88fa) — Consumer Studies · QP · 2022 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2021-afrikaans/ac111d70-a8f0-44a9-bfcd-9a514a82e50f) — Consumer Studies · QP · 2021 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2020-afrikaans/5f90ec47-4a8b-4c6e-815c-04d8b52198b9) — Consumer Studies · QP · 2020 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept-2019-afrikaans/a68982e0-d138-491e-979d-53376d2f0131) — Consumer Studies · QP · 2019 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept2022-afrikaans/689f4cc8-853c-4835-a279-e0d33f1cdfee) — Consumer Studies · Memo · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Consumer Studies

- [Gr 12 Con Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-con-stu-atp-2023-24/30b466bf-cc20-45e7-b5ff-3ec01fd619ae) — ATP
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept-2025-afr-watermark/fb3d1aeb-f3d7-4d22-a764-98f925f55ac3) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/e3e9d053-c332-408f-ac4a-ec420b36e7f8) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Erratum Sept 2024](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-erratum-sept-2024/f34fd578-a6ab-404c-aac5-c5bed951b608) — Errata · 2024
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept2024-afrikaans/4cdd0364-7e2e-4ee3-bf0d-aeb9f7ea7fd5) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
