# Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Consumer Studies question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2024-afrikaans/282a4442-ed0f-4afe-b062-f00e19408920
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Consumer Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Consumer Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/consumer-studies) › [Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2024-afrikaans/282a4442-ed0f-4afe-b062-f00e19408920)

## About this document

Consumer Studies · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIORSERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2024

                   VERBRUIKERSTUDIES

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

                    Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 VERBRUIKERSTUDIES               (EC/SEPTEMBER 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

      VRAAG                INHOUD                     PUNTE   TYD (minute)
      AFDELING A (Kortvrae)
        1    Kortvrae (Alle onderwerpe)                40         20
      AFDELING B (Langvrae)
        2    Die Verbruiker                             40        40
        3    Voedsel en Voeding                         40        40
        4    Kleding                                    20        20
        5    Behuising                                  20        20
        6    Entrepreneurskap                           40        40
                                      TOTAAL:          200        180

2.   Al die vrae is VERPLIGTEND.

3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

4.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.   Jy mag ŉ sakrekenaar gebruik.

6.   Skryf slegs met swart of blou ink.

7.   Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                   VERBRUIKERSTUDIES                                        3

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
       Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
       vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
       1.1.21 D.

       1.1.1 Rentekoerse in Suid-Afrika word op die … koers gebaseer.

               A      bank-
               B      vaste
               C      prima
               D      repo-                                                                   (1)

       1.1.2 Die grootste inkomstebron vir die munisipaliteit:

               A      Fondsinsameling
               B      Regeringsbefondsing
               C      Provinsiale-fondse
               D      Eiendomsbelasting                                                       (1)

       1.1.3 Die beste manier om energie te bespaar wanneer voedsel gebak word:

               A      Gebruik ŉ konvensionele oond in plaas van ŉ mikrogolfoond.
               B      Hou die stoofplaat op die hoogste temperatuur om te verseker
                      dat die voedsel vinnig gaar word.
               C      Maak eenskottel-geregte op die stoof of binne-in die oond.
               D      Maak kos buite spitstye gaar en hou dit dan in die warmoond
                      warm.                                                                   (1)

       1.1.4 Die beste beskrywing vir gryswater:

               A      Water wat vuil en fisies grys in kleur is, dit kan nie gedrink word
                      nie
               B      Water wat mikro-organismes bevat en siektes in mense kan
                      veroorsaak
               C      Toilet/rioolwater
               D      Wasmasjien-, wasbak-, stort- en badwater wat weer gebruik word          (1)

       1.1.5 Produkspesifikasie sluit die volgende in:

               A      Die grootte van die produk
               B      Die teikenmark
               C      Menslike vaardighede
               D      Produksietydperk                                                        (1)

       1.1.6 Die faktor wat produktiwiteit in ŉ onderneming sal verhoog:

               A      Klanteverhoudinge
               B      Afleweringstrategieё
               C      Veiligheidsprosedures
               D      Opleiding van werkers                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  VERBRUIKERSTUDIES                    (EC/SEPTEMBER 2024)

      1.1.7    Identifiseer die entrepreneur wat ŉ verkeerde keuse gemaak het
               aangaande die beskikbaarheid van grondstowwe.

               A     Bonita koop al haar grondstowwe in ŉ buurdorp.
               B     Lindiwe se grondstowwe word elke maand vanaf die stad
                     afgelewer.
               C     Sihle maak gebruik van grondstowwe wat plaaslik vervaardig
                     word.
               D     Peer voer hoё gehalte grondstowwe in vanuit Somaliё.                (1)

      1.1.8    Die voedselverwante gesondheidstoestand wat beheer kan word deur
               die keuse van koolhidraatryke voedsel met ŉ lae glisemiese indeks te
               kies:

               A     Anemie/Bloedarmoede
               B     Diabetes
               C     Hipertensie
               D     Osteoporose                                                         (1)

      1.1.9    Watter van die volgende nutriënte sal die bloedglukose vlakke die
               meeste verhoog?

               A     Proteїene
               B     Koolhidrate
               C     Vesel
               D     Vet                                                                 (1)

      1.1.10 ŉ … is die voedseladditief/-bymiddel wat verhoed dat die bestanddele
             in roomys skei:

               A     Emulsifiseerder
               B     Bleikmiddel
               C     Gelatiniseringsmiddel
               D     Preserveermiddel                                                    (1)

      1.1.11 ŉ Voordeel van organiese voedsel:

               A     Groter opbrengste op oeste
               B     Laer produksiekoste
               C     Pesbestandheid
               D     Gesonder produkte                                                   (1)

      1.1.12 Gastroёnteritis sal ...

               A     inflamasie in die beendere veroorsaak.
               B     tot Iewerinfeksie lei.
               C     die spysverteringskanaal affekteer.
               D     die hart affekteer.                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                   VERBRUIKERSTUDIES                                       5

     1.1.13 Die onderstaande illustrasie toon:

               A      Voedselbestraling
               B      Voedselsekuriteit
               C      Geneties-gemodifiseerde
               D      Organiese voedsel                                                       (1)

     1.1.14 Identifiseer the simbool wat vir die verbruiker ŉ aanduiding is dat die produk
            bestraal is.

     1.1.15 Voedselsekuriteit beteken dat:

               A      Suid-Afrikaanse boere hul eie voedsel produseer
               B      Suid-Afrikaanse produkte word na ander lande gestuur om verkoop
                      of verruil te word
               C      Mense eet genoeg veilige voedsel om ŉ aktiewe en gesonde lewe te
                      lei
               D      Almal voedsel kan bekostig                                              (1)

     1.1.16 ŉ Modegier/Modegiere:

               A      Verwys na dít wat tans populêr is en deur die massas gedra word
               B      Is ŉ duur en uitspattige styl
               C      Bestaan vir baie seisoene
               D      Word dikwels in bykomstighede aangetref                                 (1)

     1.1.17 ŉ Persoon met ŉ driehoekige figuur moet ŉ ... dra.

               A      broek met detail by die sakke
               B      bloes wat by die heupe eindig
               C      helderkleurige hemp met detail in die skouer-area
               D      rok met ŉ belt in ŉ kontrasterende kleur op die heupe                   (1)

     1.1.18 Belasting betaalbaar op die wins wanneer ŉ eiendom verkoop word is ...

               A      eiendomsbelasting.
               B      kapitaalwinsbelasting.
               C      boedelbelasting.
               D      oordragbelasting.                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 VERBRUIKERSTUDIES                         (EC/SEPTEMBER 2024)

     1.1.19     ŉ Verbruiker sal vir ŉ regerings-behuisingsubsidie in aanmerking
                geneem word indien hy/sy …

                A    vier finansiële afhanklikes het en R3 300 per maand verdien.
                B    geen finansiële afhanklikes het nie en nog nie voorheen ŉ huis
                     besit het nie.
                C    ouer as 21 is en al voorheen eiendom besit het.
                D    ŉ salaris van R3 000 per maand verdien en graag ŉ tweede huis
                     wil koop.                                                              (1)

     1.1.20     Die koste wat gewoonlik tydens die koop of huur van ŉ huis betaalbaar
                is:

                A    Deposito
                B    Maandelikse paaiemente
                C    Registrasiefooie
                D    Agentekommissie                                                        (1)

1.2 Identifiseer VIER simptome van osteoporose uit die onderstaande opsies gelys.
    Skryf slegs die letter van die korrekte antwoord(e) neer.

     A        Moegheid
     B        Rugpyn
     C        Duisligheid
     D        ŉ Geboë liggaamshouding
     E        Verlies van lengte met tyd
     F        Val maklik
     G        Poreuse bene                                                      (4 x 1)     (4)

1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die beskrywings hieronder. Skryf slegs die
    woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDE-
    BOEK neer.

     1.3.1      Die hoeveelheid glukose in die bloed

     1.3.2      ŉ Manier om koolhidrate te klassifiseer gebaseer op die tempo
                waarteen glukose in die bloed vrygestel word

     1.3.3      ŉ Groep mense in wie se behoeftes voorsien sal word wanneer hulle ŉ
                produk koop

     1.3.4      Die persentasie wat by die totale produksiekoste gevoeg word om ŉ
                wins te maak

     1.3.5      ŉ Noukeurige getoetste resep sodat die eindresultaat altyd dieselfde is

     1.3.6      ŉ Dokument wat geldbestuur in die toekoms aandui                (6 x 1)     (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                    VERBRUIKERSTUDIES                                         7

1.4    Identifiseer VIER voordele van doeltreffende afvalbeheer uit die lys hieronder.
       Skryf slegs die letters (A–H) langs die vraagnommer (1.4) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

       A       Besoedel die lug, water en grond.
       B       Bewaar waardevolle hulpbronne deur dit weer te gebruik.
       C       ŉ Onooglike omgewing beïnvloed werkskepping negatief.
       D       Bespaar geld deur die herwinning van materiaal.
       E       Eienaars wat hulle eie afval sorteer, ontvang kortings op hul munisipale-
               tariewe.
       F       Dit verminder die negatiewe impak op die omgewing.
       G       Kompos verryk die ekosisteem.
       H       Dit skep vullishope/stortingsterreine met nie-bioafbreekbare afval. (4 x 1)      (4)

1.5    Kies die verduideliking uit KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf
       slegs die letter (A–І) langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.6) in die
       ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.5.7 J.

                 KOLOM A                                  KOLOM B
                   TERM                              VERDUIDELIKING
       1.5.1     Kontrak               A     Toelaatbaar deur die wet

       1.5.2     Huisinhoud-           B     Moet die volle bedrag, plus rente, moet oor
                 versekering                 ŉ spesifieke aantal maande terugbetaal
                                             word vir die produk wat gekoop is

       1.5.3     Vrywaring             C     Om met minder tevrede te wees

       1.5.4     Kredietkontrak        D     Die aankoop van verpersoonlike produkte
                                             deur middel van elektroniese media

       1.5.5     Direkte bemarking     E     Versekering wat ŉ huis teen strukturele
                                             skade in die geval van brande, vloede,
                                             ander natuurlike rampe en ook politieke
                                             onluste beskerm

       1.5.6     Afkoeltydperk         F     Tydperk van 5 werksdae waarbinne ŉ
                                             kontrak gekanselleer mag word

                                       G     ŉ Formele verklaring wat meld dat jy nie
                                             wettig aanspreeklik gehou kan word vir iets
                                             nie

                                       H     ŉ Ooreenkoms tussen twee of meer mense
                                             waarin die een persoon aanbied om iets te
                                             doen en die ander persoon die aanbod
                                             aanvaar

                                       I     Die verbruiker is verseker teen enige
                                             verliese/skade aan huishoudelike inhoud in
                                             die geval van diefstal, brande, ens.
                                                                                   (6 x 1)      (6)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:             40
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                VERBRUIKERSTUDIES                            (EC/SEPTEMBER 2024)

AFDELING B

VRAAG 2: DIE VERBRUIKER

2.1   Definieer die term indirekte belasting. Gee TWEE voorbeelde van indirekte
      belasting.                                                                              (4)

2.2   Noem die funksie van die SAID.                                                          (1)

2.3   Demonstreer die verskil tussen VPI en inflasie.                                         (4)

2.4   Lees die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      Die prys van elektrisiteit raak jaar na jaar duurder. Veral nou meer vandat
      Eskom soveel uitdagings ervaar. Voordat jy jou bad begin tap, dink vir ŉ
      oomblik aan die elektrisiteit wat jy mors. Die verhitting van water kan tot 40%
      van jou elektrisiteitsrekening kos. Sou jy graag die koste van die verhitting van
      water wil verminder?

      Hier is die goeie nuus. Die installering van ŉ hittepomp kan die verhittingskoste
      van water met tot 67% verlaag. Die hittepomp is ŉ energie-effektiewe manier
      om jou water te verhit.

      Om die aanbieding nog ŉ aantrekliker opsie te maak, sal Eskom ŉ korting aan
      jou toestaan wanneer jy die hittepomp in jou huis of kleinskaalse onderneming
      installeer.

      2.4.1    Noem die voordele verbonde aan die installering van die Eskom hitte-
               pomp.                                                                          (3)

      2.4.2    Verduidelik die redes waarom die toename in elektrisiteitspryse die
               ekonomie van Suid-Afrika kan beїnvloed.                                        (3)

      2.4.3    Verbruikers is besig om gasstowe in hul huise te installeer.
               Verduidelik die voordele van die gebruik van ŉ gasstoof.                       (4)

2.5   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      Om te spaar as lid van ŉ groep kan argaїes klink, veral as jy nie gewoond is
      aan die konsep van spaar en ŉ nes-eier opbou nie. Jy kan dieselfde beginsel
      toepas en waarskynlik ŉ beter resultaat kry met ŉ gemeenskapspaarklub. Baie
      van hierdie klubs koop nou nie-bederfbare kruideniersware in plaas daarvan
      om kontant uit te betaal.
                                                                [Eksaminator se eie teks]

      2.5.1    Wat noem ons hierdie tipes spaarklubs in ons gemeenskappe?                     (1)

      2.5.2    Identifiseer waarom hierdie klubs, soos in die scenario hierbo gesien,
               as wettig beskou kan word.                                                     (3)

      2.5.3    Bespreek hoe klublede baat vind by nie-bederfbare kruideniersware
               wat in grootmaat aangekoop word.                                               (5)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                  VERBRUIKERSTUDIES                                       9

2.6    Verduidelik die term uitsluitingsklousule.                                           (3)

2.7    Bestudeer die onderstaande e-pos soos deur ŉ verbruiker ontvang en
       beantwoord die vraag wat volg.

       Cash Kings is ŉ nuwe kredietverskaffer wat onlangs hul deure oopgemaak het.
       As deel van hul spesiale openingsaanbieding, bied hul tans lenings teen ŉ
       rentekoers so laag as slegs 5% aan. Om deel van hierdie eenkeer-in-ŉ-leeftyd
       geleentheid te wees, moet jy die volgende inligting per e-pos aan
       Cashkings@gmail.com stuur: jou ID-nommer, volle naam, beroep,
       maandelikse inkomste, bankrekening, telefoonnommer en e-posadres.

                                                                   [Eksaminator se teks]

       Analiseer die e-pos en verduidelik met goeie rede, hoe ŉ verbruiker op hierdie
       geleentheid moet reageer.                                                            (5)

2.8    Munisipaliteite is verantwoordelik vir die lewering van dienste om aan die
       basiese behoeftes van plaaslike gemeenskappe te voldoen. Om hierdie dienste
       te ontvang moet verbruikers hul verantwoordelikhede teenoor die munisipaliteit
       ook nakom.

       Staaf die stelling hierbo deur na die verantwoordelikhede van verbruikers ten
       opsigte van die gebruik van munisipale dienste te verwys.                            (4)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              VERBRUIKERSTUDIES                         (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING

Bestudeer die etiket hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                              Bestanddele:
                                                              Water
                                                              Suiker
                                                              Lemoensap
                                                              Tartrasien
                                                              Kaliumnitraat

3.1 Identifiseer die misleidende en vals bewering op die produk hierbo.
    Motiveer jou antwoord.                                                                   (2)

3.2 Beantwoord VRAAG 3.2.1 en 3.2.2 in tabelvorm.

     3.2.1   Identifiseer TWEE bestanddele in die produk gebruik wat moontlik tot
             die ontstaan van allergiese reaksies kan aanleiding gee.                        (2)

     3.2.2   Bepaal die doelwit van hierdie bestanddele in die produk.

             Tabuleer jou antwoord soos volg:

             3.2.1     TWEE BESTANDDELE             3.2.2          DOELWIT

                                                                                             (2)

3.3 Anti-oksidante word dikwels as voedseladditiewe/-bymiddels gebruik.

     Gee DRIE redes waarom dit as voedseladditiewe/-bymiddels gebruik word.                  (3)

3.4 Skryf ŉ paragraaf waarin jy verwys na die voordele wat organiese
    geproduseerde voedsel op die natuurlike omgewing mag hê.                                 (3)

3.5 Noem DRIE tipes inligting wat op ŉ voedseletiket moet verskyn.                           (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                 VERBRUIKERSTUDIES                                        11

3.6    Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       3.6.1    Identifiseer die bostaande voedingsverwante gesondheidstoestand.              (1)

       3.6.2    Definieer die bostaande voedingsverwante gesondheidstoestand.                 (2)

       3.6.3    Ondersoek die redes waarom ŉ vrou met ŉ klein liggaamsvorm en wat
                in haar vyftigerjare is, meer geneig sal wees om die voedingsverwante
                toestand in VRAAG 3.6.1 genoem, te ontwikkel.                                 (4)

3.7    Verduidelik die betekenis van die term voedseloordraagbare siektes.                    (2)

3.8    Noem DRIE riglyne om die verspreiding van voedseloordraagbare siektes te
       voorkom.                                                                               (3)

3.9    Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       WARE VERHAAL OOR DIE IMPAK VAN HEPATITIS A: LYNN SE STORIE

       Op 5 Februarie het Ben en Lynn besluit om ŉ breek te neem uit hul besige
       skedules en het aandete saam met hul dogter by Chi-restaurant in die Beaver
       Valley-winkelsentrum gaan eet. Lynn het die hoender-pita en Ben het ŉ kreef-
       pita geёet. Lynn het eers op 27 Februarie begin siek word. Daardie aand het sy
       opgelet dat sy warm en moeg gevoel het. Sy het sap gedrink en vroeg gaan
       slaap in ŉ poging om die siekte af te skud. Lynn se koors het vinnig tot 42 °C
       gestyg, en sy het onbeheerst begin ruk. Die dokter se diagnose was dat Lynn
       begin ly het aan die gevolge van Hepatitis A. Lynn is onmiddellik gehospitaliseer.

       3.9.1    Gee ŉ ander naam vir Hepatitis A.                                             (1)

       3.9.2    Noem die verwantskap vir die tydperk tussen 5 Februarie en
                27 Februarie.                                                                 (1)

       3.9.3    Voorspel DRIE moontlike oorsake van Lynn se siekte.                           (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                             VERBRUIKERSTUDIES                           (EC/SEPTEMBER 2024)

3.10 Bestudeer die inligting hieronder wat op ŉ etiket vir beskuit voorgekom het en
     beantwoord die vraag wat volg.

                       DIABETIESE BESKUIT: xilitol, saad en semels
      Lys van bestanddele: Steengemaalde koringmeel, karringmelk, xilitol (13,2%),
      kanola-olie, botter, sonneblomsaad (8,4%), gerolde hawermout, koringsemels
      (3,2%), eiers, lynsaad, bakpoeier, sout
                                  VOEDINGSINLIGTING
          Gemiddelde waardes                  Per 100 g           Per 25 g
      Energie (kJ)                              1 933               483
      Proteïne (g)                                12                  3
      Koolhidrate (g)                           52,9                13,2
      waarvan totale suiker (g)                  1,6                 0,4
      Totale vet (g)                            21,2                 5,3
      Waarvan versadigde vet (g)                 7,1                 1,8
      Vesel (g)                                  9,8                 2,5
      Natrium (mg)                               487                122
                                                             [Bron: www.beasrusks.co.za]

      Die produk meld dat dit vir ŉ diabeet geskik is.
      Evalueer die geskiktheid van die beskuit vir ŉ persoon met diabetes.                   (8)
                                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                  VERBRUIKERSTUDIES                                       13

VRAAG 4: KLEDING

4.1 Verduidelik die term vervalse goedere.                                                    (1)

4.2 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

     4.2.1    Identifiseer die logo in die prent hierbo.                                      (1)

     4.2.2    Om díe logo op produkte te plaas, moet die produk ŉ toets slaag.
              Noem die bepalende kriteria waaraan vervaardigers moet voldoen om
              die embleem/logo op hul klere-items te kan gebruik.                             (4)

4.3 Interpreteer die term kleredragkode.                                                      (2)

4.4 Lees die scenario hieronder en ontleed die prente. Beantwoord dan die vrae wat
    volg.

     Gloria, 20-jaar-oud, is as ŉ kantoor-assistent by ŉ modegroothandelaar
     aangestel. Sy help Maandae en Vrydae in die verkoopsafdeling. Haar kontrak
     dui aan dat sy Maandae en Vrydae, wanneer sy met die publiek werk, die
     maatskappy se uniform moet dra. Die maatskappy se uniform bestaan uit ŉ
     potloodromp, ŉ wit bloes en ŉ formele baadjie. Die res van die week moet sy
     professioneel geklee wees. Geen informele klere, kortbroeke, jeans, tekkies of
     handelsnaametikette is toelaatbaar nie. Hieronder is haar keuse van uitrustings
     vir die week.

                                                                 [Eksaminator se eie teks]

     Evalueer of haar gekose uitrustings voldoen aan die maatskappy se
     kleredragkode en die vereistes van haar kontrak.                                         (4)

4.5 Met behulp van ŉ grafiek illustreer en verduidelik die VYF fases in die modesiklus.       (6)

4.6 Verduidelik waarom modesiklusse oorvleuel.                                                (2)
                                                                                             [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                VERBRUIKERSTUDIES                           (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 6: BEHUISING

5.1 Verduidelik TWEE tipes versekering wat deur huiseienaars, maar nie deur
    huurders betaal word nie.                                                                 (4)

5.2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

     Mnr. Kellerman het sê, ‘Ongeveer die helfte van alle nuwe huisleningsaansoeke
     is vir 100% lenings.’ Dit impliseer dat die aansoeker nie van voorneme is om ŉ
     deposito te betaal nie.

     Die betaling van ŉ deposito, al is dit ŉ minimale bedrag, hou groot voordele vir
     ŉ huiskoper in. Individue wat die vermoë om te spaar demonstreer, word
     gewoonlik as ŉ laer risiko deur banke beskou.

     Nuwe huiseienaars moet besef dat huiseienaarskap op verskeie wyses baie
     duur is. Eerste keer huiseienaars is geneig om meer belangstelling in hoё
     digtheidsbehuisingkomplekse te toon waar sommige van die gemeenskaplike
     onkostes gedeel kan word, terwyl bestaande huiseienaars neig om af te skaal in
     ŉ poging om die stygende lopende koste verbonde aan eiendom, te verminder.

     “Diensfooie, erfbelasting en algemene onderhoudskoste van ŉ groter vrystaande
     huis, raak vinnig baie en kan so duur raak dat die verbruiker dit nie meer kan
     bekostig nie.” het Kellerman gesê.

                                                             [Aangepas uit www.fnb.co.za]

     5.2.1   Identifiseer die tipe eienaarskap volgens die volgende eienskappe:

             (a)     “Groter vrystaande huis” (laaste paragraaf)                              (1)

             (b)     “Hoё digtheidsbehuisingskomplekse (derde paragraaf)                      (1)

     5.2.2   Gee TWEE voordele verbonde aan die tipe eienaarskap in
             VRAAG 5.2.1(b) wat duidelik na vore in die uittreksel kom.                       (2)

     5.2.3   Bespreek die geldigheid van die stelling hieronder:

             Belê in ŉ behuisingsontwikkeling wat winsgewende belonings oor die
             langtermyn bied.                                                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                 VERBRUIKERSTUDIES                                       15

5.3 Bestudeer die advertensie vir wasmasjiene hieronder en beantwoord die vrae
    wat volg.

                                      ADVERTENSIE

                 WASMASJIEN A                           WASMASJIEN B

                     R8 700                                  R9 200
                Koop dit op krediet                     Koop dit op krediet
                Deposito: R480,00                      Deposito: R 490,00
             R550,00 x 24 maande                     R 570,00 x 24 maande
         Totaal terugbetaalbaar: R13 680         Totaal terugbetaalbaar: R14 170

                  8 kg kapasiteit                       16 kg kapasiteit
                 14 programme                           13 programme
          Energiedoeltreffendheid: A +++           Energiedoeltreffendheid: A
                 2 jaar waarborg                        2 jaar waarborg

     5.3.1    Die wasmasjiene kan kontant of op krediet gekoop word.
              Noem die tipe krediettransaksie in die advertensie.                           (1)

     5.3.2    Gee ŉ rede vir die verskil in koste van die wasmasjien as dit kontant of
              op krediet gekoop word.                                                       (1)

     5.3.3    ŉ Verbruiker kies om een van die wasmasjiene op krediet te koop. Die
              verbruiker verstaan nie al die terme en voorwaardes van die kontrak
              nie.
              Noem die betrokke reg van die verbruiker asook die
              verantwoordelikheid van die verkoper in hierdie spesifieke geval.             (2)

     5.3.4    Staaf waarom wasmasjien A die beter keuse vir ŉ jong professionele
              dame met beperkte ruimte beskikbaar sal wees, en wie waarde aan die
              verantwoordelike gebruik van hulpbronne heg.                                 (4)
                                                                                          [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                               VERBRUIKERSTUDIES                         (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP
6.1 Noem VIER maniere waardeur entrepreneurs volhoubare produksie van sy/haar
    produkte kan verseker deur grondstowwe te gebruik.                                       (4)
6.2 Noem DRIE redes waarom ŉ besigheid voorraadbeheer moet toepas.                           (3)
6.3 Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

     Maya is ŉ nagverpleegster in ŉ privaathospitaal en is geregtig op 14 dae af per
     maand. Sy het ŉ natuurlike talent vir naaldwerk en ontwerp. Sy het naaldwerk as
     vak op hoërskool geneem waar sy meer oor naaldwerk en ook patroon ontwerp
     geleer het. Sy het ŉ vertrek in haar huis in ŉ naaldwerkkamer omskep. Sy het
     twee nuwe naaimasjiene en een omkapmasjien van ŉ hoё gehalte, aangekoop.
     Maya het twee werkers aangestel en opgelei om te verseker dat die artikels
     betyds klaar gemaak word en ook om te help met die bestuur van die finansies
     en aankope. Sy produseer artikels vir formele geleenthede soos matriekafskeide.
     Sy gebruik 100% satynmateriaal wat plaaslik vervaardig word, om die artikels te
     maak.
     Sy skenk spesiale aandag aan elke klant en verseker dat al hul behoeftes
     bevredig is. Twee weke voor die afleweringsdatum het die klante ŉ finale pas. Sy
     bedien ook verversings aan haar tevrede kliënte.
                                                                [Eksaminator se eie teks]

     6.3.1   Noem DRIE menslike hulpbronne wat Maya tot haar beskikking het.                 (3)

     6.3.2   Bespreek waarom ŉ finansiële uitvoerbaarheidstudie vir Maya belangrik
             is.                                                                             (4)

     6.3.3   Noem DRIE maniere hoe Maya kan gebruik om haar onderneming/
             besigheid in die gemeenskap te adverteer.                                       (3)

     6.3.4   Verduidelik hoe die opleiding van ongeskoolde werkers die volhoubare
             winsgewendheid van Maya se onderneming/besigheid sal verbeter.                  (6)

     6.3.5   Skryf ŉ paragraaf om te verduidelik hoe Maya goeie kliёnteverhoudinge
             bewerkstellig het.                                                              (6)

     6.3.6   Lewer kommentaar oor die impak van gehaltebeheer en verduidelik die
             verskillende stadiums waartydens Maya gehaltebeheer moet toepas.                (6)

6.4 Verwys na die kwotasie hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                     KWOTASIE VIR MATRIEKAFSKEIDROK
                     *4 meter materiaal @ R80,00 per meter
                     *Garing en knope of ritssluiter @ R20,00 per rok
                     *Oorhoofse koste en arbeid @ R300,00 per rok

     6.4.1   Bereken die totale koste van een rok met ŉ winsopslag van 40%.
             Toon ALLE berekeninge.                                                          (5)
                                                                                            [40]
                                                             TOTAAL AFDELING B:             160
                                                                 GROOTTOTAAL:               200
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept2024-afrikaans/4cdd0364-7e2e-4ee3-bf0d-aeb9f7ea7fd5) — Consumer Studies · Memo · 2024 · Afr
- [Consumer Studies Erratum Sept 2024](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-erratum-sept-2024/f34fd578-a6ab-404c-aac5-c5bed951b608) — Consumer Studies · Errata · 2024
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2023-afrikaans/fdfc9f24-8893-4b8f-a1d2-0306a6aec38c) — Consumer Studies · QP · 2023 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2022-afrikaans/c2f752f1-5d69-4041-8eb9-4c60bc6d88fa) — Consumer Studies · QP · 2022 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2021-afrikaans/ac111d70-a8f0-44a9-bfcd-9a514a82e50f) — Consumer Studies · QP · 2021 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2020-afrikaans/5f90ec47-4a8b-4c6e-815c-04d8b52198b9) — Consumer Studies · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Consumer Studies

- [Gr 12 Con Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-con-stu-atp-2023-24/30b466bf-cc20-45e7-b5ff-3ec01fd619ae) — ATP
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept-2025-afr-watermark/fb3d1aeb-f3d7-4d22-a764-98f925f55ac3) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/e3e9d053-c332-408f-ac4a-ec420b36e7f8) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef) — Memo · 2025 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept2023-afrikaans/0a98515a-1586-47dd-9d92-73d539d261d1) — Memo · 2023 · Afr
- [Consumer Studies May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-may-june-2023-afr/17daf965-2974-4ee5-8f35-d0f33102fc7a) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
