# Consumer Studies Grade 12 NSC June 2018 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Consumer Studies question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-may-june-2018-afr/0bca51ea-eacc-4352-8228-e48d0932b79e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Consumer Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Consumer Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/consumer-studies) › [Consumer Studies Grade 12 NSC June 2018 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-may-june-2018-afr/0bca51ea-eacc-4352-8228-e48d0932b79e)

## About this document

Consumer Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                              VERBRUIKERSTUDIES

                                         2018

                                                                     PUNTE: 200

                                                                       TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                                2                           DBE/2018
                                               SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

             VRAAG                    INHOUD              PUNTE   TYD (minute)
               1         Kortvrae (Alle onderwerpe)         40         20
               2         Die Verbruiker                     20         20
               3         Voedsel en Voeding                 40         40
               4         Kleding                            20         20
               5         Behuising                          40         40
               6         Entrepreneurskap                   40         40
                                                TOTAAL:    200        180

2.        AL die vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK
          beantwoord word.

3.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

4.        Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.        Jy mag 'n sakrekenaar gebruik.

6.        Skryf slegs met swart of blou ink.

7.        Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                              3                                    DBE/2018
                                             SSE

VRAAG 1: KORTVRAE

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.21 D.

          1.1.1       Rente gehef of betaal op die hoofsom plus die rente tot op datum:

                      A   Saamgestelde rente
                      B   Vaste rente
                      C   Prima rente
                      D   Enkelvoudige rente                                                     (1)

          1.1.2       Die tipe groente wat van BTW vrygestel is:

                      A   Geblikte
                      B   Gedroogde
                      C   Vars
                      D   Bevrore                                                                (1)

          1.1.3       'n Niehernubare vorm van energie:

                      A   Hidro-energie
                      B   Steenkool
                      C   Wind
                      D   Son                                                                    (1)

          1.1.4       Die betekenis van voedselsekerheid:

                      A   Voedsel is veilig en higiënies
                      B   Vrugte en groente word organies geproduseer
                      C   Individue het elke dag genoeg voedsel
                      D   Mense ly nie aan dieetverwante siektes nie                             (1)

          1.1.5       Die toestand waar are verstop en vernou:

                      A   Arteriosklerose
                      B   Hoë bloeddruk
                      C   Anemie
                      D   Hiperglukemie                                                          (1)

          1.1.6       'n Aansteeklike virusinfeksie wat die lewer aanval:

                      A   Disenterie
                      B   Gastroënteritis
                      C   Hepatitis A
                      D   Tuberkulose                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                              4                                    DBE/2018
                                             SSE

          1.1.7       … help om 'n gesonde immuunstelsel te handhaaf omdat dit die
                      voering van die longe en ingewande gesond hou.

                      A   Vitamien A
                      B   Proteïen
                      C   Sink
                      D   Yster                                                                 (1)

          1.1.8       'n Verbruiker wat osteoporose wil voorkom, maar laktose-intolerant
                      is, mag … drink.

                      A   aarbeigegeurde melk
                      B   suurmelk/amasi
                      C   cream soda-gegeurde melkskommel
                      D   warm sjokolade met melk gemaak                                        (1)

          Bestudeer die kledingitems hieronder en beantwoord VRAAG 1.1.9 en 1.1.10.

                     A                 B                  C                  D

          1.1.9       Die kledingitem wat die beste keuse vir 'n dame met 'n groot
                      borsmaat sal wees:

                      A   Kledingitem A
                      B   Kledingitem B
                      C   Kledingitem C
                      D   Kledingitem D                                                         (1)

          1.1.10      Die kledingitem wat die middel die beste sal beklemtoon:

                      A   Kledingitem A
                      B   Kledingitem B
                      C   Kledingitem C
                      D   Kledingitem D                                                         (1)

          1.1.11      Alle boukontrakteurs moet by die … -raad geregistreer wees.

                      A   Nasionale Huisbouersbeskermings
                      B   Nasionale Huisbouersregistrasie
                      C   Nasionale Huisbouersregulasie
                      D   Nasionale Huisbouerstandaardiserings                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                               5                                    DBE/2018
                                              SSE

          1.1.12      Wanneer 'n koper van 'n eiendom by die eiendom intrek voordat
                      die verband in sy/haar naam geregistreer is, is hy/sy aanspreeklik
                      vir die betaling van …

                      A   okkupasiehuur.
                      B   die intrekkostes.
                      C   tussentydse huur.
                      D   die aanvangsgeld.                                                       (1)

          1.1.13      Die regsdokument wat eienaarskap van 'n eiendom bewys:
                      A   Koopakte
                      B   Registrasieakte
                      C   Titelakte
                      D   Eienaarsakte                                                            (1)
          1.1.14      Huishoudelike toestelle het hierdie eienskap sodat verbruikers dit
                      kan gebruik ongeag voorafgaande kennis, vaardighede of
                      vermoëns:
                      A   Funksionele ontwerp
                      B   Dekoratiewe ontwerp
                      C   Ergonomiese ontwerp
                      D   Universele ontwerp                                                      (1)
          1.1.15      'n Verantwoordelike verbruiker sal ... nadat 'n huishoudelike toestel
                      gekoop is.
                      A   toestelle van verskillende winkels vergelyk
                      B   die waarborg en kontrak deeglik lees
                      C   die toestel vir enige defekte nagaan
                      D   die winkel se teruggee- of omruilbeleid deeglik lees                    (1)
          1.1.16      Een van die volgende verteenwoordig die bedryfskoste van 'n
                      besigheid:
                      A   Huurdeposito
                      B   Aankope van aanvangstoerusting
                      C   Registrasiegeld
                      D   Water en elektrisiteit                                                  (1)
          1.1.17      Die 5 P's van 'n besigheid verwys na die …
                      A   bemarkingsplan.
                      B   bemarkingstrategie.
                      C   besigheidsplan.
                      D   operasionele strategie.                                                 (1)
          1.1.18      Produkspesifikasie help om 'n produk te …
                      A   standaardiseer.
                      B   spesifiseer.
                      C   onderhou.
                      D   kies.                                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                             6                                      DBE/2018
                                            SSE

          1.1.19      Bereken die verkoopprys van EEN produk as die produksiekoste
                      R21,90 en die winsgrens 70% is:
                      A   R15,33
                      B   R20,93
                      C   R37,23
                      D   R42,83                                                                 (1)

          1.1.20      Peter se kleinskaalse onderneming lewer nou produkte by sy
                      klante af. Dit gee sy onderneming 'n … oor sy mededingers.

                      A   gelykbreekpunt
                      B   groter teikenmark
                      C   verskillende winsopslag
                      D   mededingende voordeel                                                  (1)

1.2       Kies 'n beskrywing in KOLOM B wat by die voedselverwante
          gesondheidstoestand in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F)
          langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK
          neer, bv. 1.2.6 G.

                    KOLOM A                                    KOLOM B
               VOEDSELVERWANTE                               BESKRYWING
            GESONDHEIDSTOESTAND
          1.2.1 Anoreksie                     A     bene word dunner, bros en swak

          1.2.2 Suiwelintoleransie            B     opbou van vetneerslae op die
                                                    binnewande van die are
          1.2.3 Hipertensie
                                              C     glukosevlakke van die bloed is
          1.2.4 Hipoglukemie                        abnormaal laag

          1.2.5 Osteoporose                   D     laktose bly onverteer

                                              E     'n sielkundige eetversteuring

                                              F     aarwande verloor hulle natuurlike
                                                    elastisiteit en verhard
                                                                                     (5 x 1) (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                                7                                    DBE/2018
                                               SSE

1.3       Gee EEN woord/term vir elk van die beskrywings hieronder. Skryf slegs die
          woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.
          1.3.1      'n Regsooreenkoms tussen twee of meer partye                                  (1)
          1.3.2      Spreek een party vry van enige aanspreeklikheid indien hy/sy sou
                     versuim om die ooreenkoms te eerbiedig                                        (1)
          1.3.3      'n Versekering dat 'n produk vir 'n bepaalde tydperk in 'n werkende
                     toestand sal bly                                                              (1)
          1.3.4      Goedere      wat     deur      nie-amptelike-    of     ongemagtigde
                     verspreidingskanale in 'n land ingevoer is                                    (1)
          1.3.5      'n Gemeenskapsgebaseerde spaarklub                                            (1)
          1.3.6      Maatskappye bied produkte te koop aan en verkoopsmense ontvang
                     'n gedeelte van die verkope van 'n laer vlak                                  (1)
1.4       Identifiseer DRIE stellings oor deeltiteleienaarskap in die lys hieronder wat
          KORREK is. Skryf slegs die letters (A–H) langs die vraagnommer (1.4) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.
          A    Die heffing bly vir baie jare dieselfde
          B    Gehoorsaam die reëls van die regspersoon
          C    Jy het jou eie privaat ontspanningsarea
          D    Eenhede kan teen 'n wins verkoop word
          E    Hoef niemand in kennis te stel oor die verandering van eienaarskap
               indien 'n eenheid verkoop word nie
          F    Verantwoordelik vir die instandhouding van die hele eiendom
          G    Beheer en bestuur die deeltitelblok
          H    Benodig toestemming om veranderinge aan die buitekant van jou
               eenheid te maak                                                                     (3)
1.5       Kies TWEE eienskappe uit KOLOM B wat by die stadium van die modesiklus
          in KOLOM A pas. Skryf slegs die letters (A tot H) langs die vraagnommers
          (1.5.1 tot 1.5.3) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.5.4 I en J.
                   KOLOM A                                    KOLOM B
          STADIUM IN DIE MODESIKLUS                       TWEE EIENSKAPPE
          1.5.1 Bekendstelling      A                massaproduksie van die styl
          1.5.2 Hoogtepunt/Piek                 B    al hoe minder mense dra die styl
          1.5.3 Veroudering/Einde               C    modestyl verdwyn
                                                D    mode word bekendgestel
                                                E    al hoe meer mense dra die mode
                                                F    baie mense dra die mode
                                                G    modesiklus is voltooi
                                                H    modeleiers aanvaar of verwerp die styl
                                                                                        (3 x 2) (6)
                                                                                                [40]
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                                8                               DBE/2018
                                               SSE

VRAAG 2: DIE VERBRUIKER

2.1       Noem die begin- en einddatums van 'n belastingjaar.                                 (1)

2.2       Noem die instansie wat belasting invorder.                                          (1)

2.3       Noem die TWEE tipes direkte inkomstebelasting.                                      (2)

2.4       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          David het pas begin werk en moet sy studielening met vasgestelde rente aan
          die bank terugbetaal. Hy koop 'n bed op paaiemente en 'n televisiestel
          volgens bêrekoop. Inflasie maak dit moeiliker om binne die beperkings van sy
          begroting te leef.

          2.4.1       Definieer die term inflasie.                                            (2)

          2.4.2       Noem die instrument wat gebruik word om die inflasiekoers
                      te bepaal.                                                              (1)

          2.4.3       Verduidelik waarom dit vir David beter is om 'n vasgestelde
                      rentekoers in plaas van 'n wisselende rentekoers op sy
                      studielening te hê.                                                     (3)

          2.4.4       Bespreek waarom David die bed op paaiemente koop en die
                      televisiestel volgens 'n bêrekoopooreenkoms.                            (6)

2.5       Bespreek die interverwantskap tussen die waarde van geld, inflasie en die
          Suid-Afrikaanse Reserwebank.                                                        (4)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                                9                                        DBE/2018
                                               SSE

VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING

3.1       Beantwoord die volgende vrae oor cholesterol.

          3.1.1       Noem TWEE tipes cholesterol.                                                     (2)

          3.1.2       Verduidelik die verskil tussen die twee tipes cholesterol.          (2 x 2)      (4)

3.2       Skryf 'n paragraaf en bespreek waarom geneties gemodifiseerde gewasse in
          die toekoms die wêreld van hongersnood kan red.                                              (6)

3.3       Bestudeer die inligting hieronder wat op die etiket van 'n macaroni-en-kaas
          met spekvleis-gereg verskyn en beantwoord die vrae wat daarop volg.

          MACARONI-EN-KAAS MET SPEKVLEIS

          Gemaak met romerige kaas en vars tamatiesous met 'n spekvleis- en cheddarkaas-
          bolaag.

          Bestanddele                                                                 Allergene

          Pasta, melk, water, spekvleis, tamatie, cheddarkaas, sout, plantolie,       Koeimelk
          koringmeel, ui, gemodifiseerde mielieblom, tamatiepasta, suiker,            Koring
          hoenderaftreksel, knoffel, vars basiliekruid, gisekstrak, bestraalde        Gluten
          mosterdpoeier                                                               Eier
          Spekvleis bevat: Varkvleis, water, sout, fosfate, suikers, antioksidante,
          sitroensuur, speserye, geurmiddel, kleurstof, preserveermiddel
          (natriumnitraat)

          Tipiese voedingsinligting

                    Gemiddelde waardes             Per 100 g-porsie       Per 300 g-porsie
            Energie (kJ)                                 650                   1 950
            Proteïene (g)                                6,0                    18,0
            Glukemiese koolhidrate (g)                    18                     53
            waarvan:                                     0,0                     0,0
             Totale suiker (g)
            Totale vet waarvan                            6,6                   19,8
              Versadigde vet (g)                          2,8                    8,4
              Transvet (g)                                0,1                    0,3
              Mono-onversadigde vet (g)                   2,7                    8,1
              Poli-onversadigde vet (g)                   1,0                    3,0
            Cholesterol (mg)                              27                     81
            Dieetvesel (g)                                1,2                    3,6
            Totale natrium (mg)                           380                   1 140

          3.3.1       Noem DRIE verskillende tipes bymiddels in die gereg.                             (3)

          3.3.2       Noem EEN rede tot kommer oor die gebruik van die natriumnitraat.                 (1)

          3.3.3       Verduidelik die funksie van die natriumnitraat in hierdie gereg.                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                            10                                    DBE/2018
                                            SSE

          3.3.4       Verduidelik waarom koeimelk, koring, gluten en eier afsonderlik op
                      die etiket genoem word.                                                   (2)

          3.3.5       Identifiseer die bestanddeel wat met kortgolwe behandel is om die
                      hoeveelheid patogeniese bakterieë en ander skadelike mikro-
                      organismes te elimineer of te verminder.                                  (1)

          3.3.6       Stel TWEE riglyne voor wat 'n verbruiker moet volg voordat hierdie
                      gereg geëet word om die oordrag van voedseloordraagbare siektes
                      te voorkom.                                                               (2)

          3.3.7       Verduidelik waarom hierdie gereg geskik is vir die bestuur van
                      osteoporose.                                                              (6)

          3.3.8       Stel 'n bygereg voor wat saam met hierdie dis bedien kan word wat
                      dit meer geskik sal maak vir 'n verbruiker met hoë bloed-
                      cholesterolvlakke.                                                        (1)

          3.3.9       Evalueer die geskiktheid van hierdie gereg vir 'n verbruiker wat
                      vetsug/obesiteit wil bestuur.                                             (10)
                                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                            11                                     DBE/2018
                                            SSE

VRAAG 4: KLEDING

4.1       Noem TWEE ekonomiese faktore wat 'n invloed op modeverandering het.                    (2)

4.2       Verduidelik die term volhoubare tekstiele.                                             (3)

4.3       Bespreek DRIE riglyne vir die keuse van kleur wanneer uitrustings vir die
          werksomgewing gekies word.                                                             (3)

4.4       Bespreek die rol wat tegnologie in modeverandering speel.                              (5)

4.5       Bestudeer die foto's en inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                Hierdie uitrusting
                                                                bestaan uit 'n vlootblou
                                                                baadjie (50% katoen,
                                                                50% linne), wit T-hemp,
                                                                steenkleurige katoen
                                                                chinos/langbroek en wit
                                                                tekkies/sneakers.
                                                                [Bron: www.woolworths.co.za]

          4.5.1       Noem of hierdie uitrusting verteenwoordigend van 'n modegier,
                      klassieke mode of kontemporêre mode is.                                    (1)

          4.5.2       Gee TWEE redes vir jou antwoord op VRAAG 4.5.1.                            (2)

          4.5.3       Stel TWEE gepaste veranderings aan hierdie uitrusting voor om dit
                      geskik te maak vir 'n man met 'n professionele beroep, wat nuwe
                      kliënte ontmoet. Gee 'n rede vir elke voorstel.           (2 x 2)          (4)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                              12                                       DBE/2018
                                              SSE

VRAAG 5: BEHUISING
5.1       Beantwoord die volgende vrae oor verhuring.
          5.1.1        Definieer die term huurooreenkoms.                                            (3)
          5.1.2        Stel DRIE koste-implikasies voor wat in 'n huurooreenkoms                     (3)
                       ingesluit behoort te word.
5.2       Waar word 'n titelakte geregistreer?                                                       (1)
5.3       Noem VYF maniere waarop 'n werkgewer 'n werknemer kan ondersteun wat
          'n huis wil koop.                                                                          (5)
5.4       Verduidelik hoe die betaal van 'n deposito ELK van die volgende sal
          beïnvloed wanneer eiendom gekoop word:
          5.4.1        Verbandregistrasiegelde                                                       (2)
          5.4.2        Oordraggelde                                                                  (3)
5.5       Bespreek waarom dit beter kan wees om 'n huis te koop as om 'n huis te bou.                (7)
5.6       Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                    A. VOORLAAIWASMASJIEN                        B. DUBBELBALIE-
                                                                    WASMASJIEN

           Funksies en kenmerke                      Funksies en kenmerke
           • A+-energieverbruiksgradering            • A-energieverbruiksgradering
           • 5 wasprogramme                          • 2 wasprogramme
           • Was 5 kg droë klere per lading          • Was 3 kg droë klere per lading
           • Was, spoel en spindroog outomaties      • Was klere aan die een kant en
           • Gebruik 150 tot 200 liter water per       spindroog klere aan die ander kant.
              wassiklus                                Klere word met die hand van die
                                                       was- na die spinkant oorgeplaas.
                                                     • Gebruik 50 liter water om al die vuil
                                                       klere te was          [Bron: Eie bron]

          Vergelyk die wasmasjiene met spesifieke verwysing na:
          5.6.1        Waskapasiteit vir 'n gesin van vyf lede                                       (2)
          5.6.2        Menslike energieverbruik                                                      (4)
          5.6.3        Waterverbruik                                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                             13                                        DBE/2018
                                             SSE

          Tabuleer jou antwoord soos volg:

                                                    VOORLAAI-            DUBBELBALIE-
                                                   WASMASJIEN            WASMASJIEN
           5.6.1 Waskapasiteit vir 'n
                 gesin van vyf lede                               (1)                      (1)
           5.6.2 Menslike
                 energieverbruik                                  (2)                      (2)
           5.6.3 Waterverbruik                                    (1)                      (1)

5.7       Lees die inligting hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

          Daar is 'n toenemende aanvraag na huureiendom in Suid-Afrika.
                                                     [Vertaal uit Property 24, 31 Augustus 2017]

          Staaf hierdie stelling.                                                                    (8)
                                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                                14                                 DBE/2018
                                                SSE

VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP
6.1       Definieer die term winsopslag.                                                       (2)
6.2       Noem VIER vereistes van verpakking.                                                  (4)
6.3       Noem TWEE komponente wat die produksiekoste van 'n produk bepaal.                    (2)
6.4       Noem VIER maniere waarop produsente kan verseker dat hul produkte nie
          'n negatiewe uitwerking op die omgewing sal hê nie.                                  (4)
6.5       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
          Frieda het baie jare by 'n gordynwinkel gewerk. Aanvanklik het sy nie veel
          van kledingstof of die meet en maak van gordyne geweet nie. Sy het 'n baie
          klein salaris verdien. 'n Kollega wat op aftrede gestaan het, het haar mettertyd
          opgelei. Frieda se salaris het effens verbeter. Sy het 'n industriële
          naaimasjien met haar spaargeld gekoop en 'n leë slaapkamer in haar huis in
          'n funksionele naaldwerkkamer omskep. Die kollega het die winkel se kliënte
          na Frieda verwys sodat sy in haar vrye tyd vir hulle gordyne tuis kon maak.
          Frieda het hierdie kliënte 'n bietjie minder vir arbeid gevra as wat die winkel
          gevra het.
          Sy het aan haar kliënte raad gegee oor die beste kledingstof en moontlike
          gordynstyle om aan hulle individuele behoeftes te voldoen. Frieda het ook na
          die kliënte se huise gegaan om akkurate mates van die vensters te neem.
          Kliënte het haar vertrou om hoë kwaliteit gordynstof vir hulle te koop. Sy was
          'n waardevolle kliënt by een die plaaslike fabrieksmateriaalwinkels en het
          groot afslag by hulle gekry.
          Sy het vir haar kliënte besigheidskaartjies gegee. Sy het gou baie kliënte
          gehad en 'n goeie wins gemaak. 'n Nasionale hotel het aan haar 'n kontrak
          gegee om gordyne te maak. Sy het 'n assistent in diens geneem en besluit
          om uit haar werk te bedank.
          6.5.1      Frieda is trots daarop om kwaliteit produkte te maak. Verduidelik hoe
                     sy kwaliteit produkte verkry.                                             (2)
          6.5.2      Verduidelik die beste manier om die industriële naaimasjien in stand
                     te hou sodat die gordynproduksie nie onderbreek word nie.                 (3)
          6.5.3      Bespreek die finansiële voordele vir Frieda soos sy van ongeskoolde
                     na geskoolde werker gevorder het.                                         (6)
          6.5.4      Beskryf waarom Frieda se besigheid 'n mededingende voorsprong
                     het.                                                                      (4)
          6.5.5      Bespreek die faktore hieronder wat bygedra het tot die sukses van
                     Frieda se besigheid:
                       (a)   Beskikbaarheid van menslike vaardighede                           (2)
                       (b)   Beskikbaarheid van werkruimte                                     (1)
                       (c)   Aantreklikheid vir die klant/verbruiker                           (2)
          6.5.6      Gee geldige redes waarom Frieda se besigheid 'n volhoubare
                     winsgewende besigheid kan word.                                           (8)
                                                                                               [40]
                                                                                TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Consumer Studies May June 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-may-june-2018-eng/29cb9920-2d86-466a-9358-f13c24609e01) — Consumer Studies · QP · 2018 · Eng
- [Consumer Studies May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-may-june-2018-memo-eng/53824f34-0891-47ec-b8ef-5401566618bd) — Consumer Studies · Memo · 2018 · Eng
- [Consumer Studies May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-may-june-2018-memo-afr/ca422e11-f38e-40c5-8a95-a59d0037faf5) — Consumer Studies · Memo · 2018 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT 2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept-2018-eng-d/47a249ec-5785-448e-bc4b-bd63c461858c) — Consumer Studies · QP · 2018 · Eng
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT 2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept-2018-afr-d/cb1446b9-2536-4dba-bdf5-97d9d136c030) — Consumer Studies · QP · 2018 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT 2018 English](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept-2018-english/01a7ca7d-b053-4492-bf1e-1cd2bf2139f6) — Consumer Studies · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Consumer Studies

- [Gr 12 Con Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-con-stu-atp-2023-24/30b466bf-cc20-45e7-b5ff-3ec01fd619ae) — ATP
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept-2025-afr-watermark/fb3d1aeb-f3d7-4d22-a764-98f925f55ac3) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-may-june-2025-mg-eng/b5925fbc-85d0-4c10-ac9e-a76aafa0391d) — Memo · 2025 · Eng
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/e3e9d053-c332-408f-ac4a-ec420b36e7f8) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Erratum Sept 2024](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-erratum-sept-2024/f34fd578-a6ab-404c-aac5-c5bed951b608) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
