# Consumer Studies Grade 12 NSC June 2021 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Consumer Studies question paper from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-may-june-2019-afr/c605ec86-7671-4d83-9825-1fab2fe851c5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Consumer Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Consumer Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/consumer-studies) › [Consumer Studies Grade 12 NSC June 2021 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-may-june-2019-afr/c605ec86-7671-4d83-9825-1fab2fe851c5)

## About this document

Consumer Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                              VERBRUIKERSTUDIES

                                         2019

                                                                      PUNTE: 200

                                                                         TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                             2                                DBE/2019
                                           SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

             VRAAG                    INHOUD              PUNTE      TYD (minute)
               1         Kortvrae (Al die onderwerpe)       40            20
               2         Die Verbruiker                     20            20
               3         Voedsel en Voeding                 40            40
               4         Kleding                            20            20
               5         Behuising en Interieur             40            40
               6         Entrepreneurskap                   40            40
                                                TOTAAL:    200           180

2.        AL die vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK
          beantwoord word.

3.        Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
          gebruik is.

4.        Begin ELKE VRAAG op 'n NUWE bladsy.

5.        Jy mag 'n sakrekenaar gebruik.

6.        Skryf slegs met swart of blou ink.

7.        Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                               3                                  DBE/2019
                                             SS/NSS

VRAAG 1: KORTVRAE

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.21 D.

          1.1.1       Rentekoerse in Suid-Afrika word op die … gebaseer.

                      A   bankkoers
                      B   vaste koers
                      C   primakoers
                      D   repokoers                                                              (1)

          1.1.2       'n Vrywaringsklousule in 'n kontrak …

                      A   spreek 'n party vry van enige aanspreeklikheid indien hy of sy
                          sou versuim om die ooreenkoms te eerbiedig.
                      B   gee 'n verbruiker, wat 'n kontrak geteken het, tyd om dit sonder
                          rede of finansiële implikasie te kanselleer .
                      C   beskerm 'n party in geval van kontrakbreuk en dui aan dat die
                          kontrak gekanselleer kan word.
                      D   bepaal dat die amptelike verskaffer van grysgoedere nie die
                          waarborg sal nakom as dit breek nie.                                   (1)

          1.1.3       Die bron van elektrisiteit wat NIE besoedeling veroorsaak NIE:

                      A   Steenkool
                      B   Natuurlike gas
                      C   Kernkrag
                      D   Sonkrag                                                                (1)

          1.1.4       Die siekte wat kan versprei deur die lug in te asem wanneer
                      'n besmette persoon nies, hoes of spoeg:

                      A   Disenterie
                      B   Hepatitis A
                      C   E. Coli-infeksie
                      D   Tuberkulose                                                            (1)

          1.1.5       Die melk wat tot hoë cholesterolvlakke kan bydra:

                      A   Sojamelk
                      B   Afgeroomde melk
                      C   Volroommelk
                      D   Laevetmelk                                                             (1)

          1.1.6       Een van die grootste bekommernisse oor geneties gemodifiseerde
                      voedsel:

                      A   Allergiese reaksies
                      B   Hoë pryse
                      C   Lae opbrengste
                      D   Swak gehalte                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                             4                                      DBE/2019
                                           SS/NSS

          1.1.7       Volgens 'n studie is wanvoeding die onderliggende oorsaak van
                      64% van kindersterftes in Suid-Afrika. Dit is die gevolg van …

                      A   voedseluitvoere.
                      B   voedselonsekerheid.
                      C   grondhervorming.
                      D   swak higiëne.                                                           (1)

          1.1.8       Om meer veselryke voedsel te eet, kan help met die bestuur van
                      die volgende dieetverwante siekte:

                      A   Anemie
                      B   Vetsug
                      C   Osteoporose
                      D   Hoë bloeddruk                                                           (1)

          Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord VRAAG 1.1.9 en 1.1.10 wat
          volg.

                                                       Wit oopskouerbloesie/-toppie

                                                             [Bron: www.woolworths.co.za]

          1.1.9       Volgens die riglyne vir 'n professionele werksklerekas is die
                      bloesie/toppie …

                      A   onvanpas/nie geskik nie omdat dit te veel ontbloot.
                      B   van pas/geskik want dit kan gemeng en pas word.
                      C   onvanpas/nie geskik nie omdat dit hoogmode is.
                      D   van pas/geskik omdat dit interessant is.                                (1)

          1.1.10      Die optiese illusie wat deur die bloesie/toppie geskep word, is dat
                      die …

                      A   nek korter vertoon.
                      B   skouers smaller vertoon.
                      C   bolyf breër vertoon.
                      D   middel smaller vertoon.                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                              5                                    DBE/2019
                                            SS/NSS

           1.1.11     Die kriterium wat oorweeg moet word wanneer huishoudelike
                      toestelle vir verbruikers met verskillende vermoëns gekoop word:

                      A   Beskikbare ruimte
                      B   Energieverbruik
                      C   Omgewingsimpak
                      D   Universele ontwerp                                                      (1)

          1.1.12      'n Voordeel van huis bou:

                      A   Dit is altyd goedkoper
                      B   Die koste is voorspelbaar
                      C   Die afronding kan volgens jou smaak gedoen word
                      D   Jy kan volgens die plaaslike munisipaliteit se vereistes bou            (1)

        1.1.13        Die koste wat gewoonlik betaalbaar is wanneer 'n huis gekoop of
                      gehuur word:

                      A   Deposito
                      B   Maandelikse paaiemente
                      C   Registrasiegeld
                      D   Eiendomsagent se kommissie                                              (1)

        1.1.14        Die NHBRR is nuttig wanneer 'n verbruiker …

                      A   vir 'n regeringsubsidie aansoek doen.
                      B   'n dispuut (probleem) met die eienaar het.
                      C   na 'n gekwalifiseerde bouer soek.
                      D   sy/haar eiendom wil verkoop.                                            (1)

        1.1.15        Die koste wat op die waarde van die eiendom gebaseer is:

                      A   Verbandregistrasiekoste
                      B   Aanvangsgelde
                      C   Verhuisingsuitgawes
                      D   Oordragskoste                                                           (1)

         1.1.16       Een eienskap van 'n produk met 'n mededingende voordeel is dat
                      dit …

                      A   duurder as die mededinger se soortgelyke produk is.
                      B   iets spesiaals het wat die mededinger s'n nie het nie.
                      C   aan die behoeftes van die teikenmark voldoen.
                      D   volgens die nuutste tegnologie gemaak is.                               (1)

          1.1.17      Om aan spesifikasies te voldoen verseker …

                      A   die beskikbaarheid van genoeg grondstowwe.
                      B   dat die eindprodukte altyd dieselfde is.
                      C   die vinnige produksie van produkte.
                      D   dat die besigheid nie geld verloor nie.                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                             6                                   DBE/2019
                                           SS/NSS

          1.1.18      Die faktor wat die doeltreffende produksie van kwaliteitsprodukte
                      beïnvloed:

                      A   Kliëntebetrekkinge
                      B   Aanbieding van die produk
                      C   Kwaliteit van die grondstowwe
                      D   Netjiese werkplek                                                     (1)

          1.1.19      Die prys van produkte moet verlaag word …

                      A   wanneer die vraag hoog en die aanbod laag is.
                      B   tydens die tyd van die jaar wanneer verkope hoog is.
                      C   wanneer daar nuwe sterk mededinging is.
                      D   wanneer die koste van materiaal styg.                                 (1)

          1.1.20      Die besigheid wat die laagste aanvangskoste sal benodig:

                      A   Vensterversieringsbesigheid waar gordyne en blindings tuis
                          gemaak en verkoop word
                      B   Koffiewinkel wat bak en ligte maaltye en koek in 'n
                          koopsentrum bedien
                      C   Klein klerefabriek wat uniforms, sportdrag en sweetpakke vir
                          skole maak
                      D   Wassery wat tafeldoeke/linne vir spysenieringsbesighede in die
                          area was en stryk                                                     (1)

1.2       Identifiseer TWEE stellings in die lys hieronder wat WAAR is ten opsigte van
          verpakkingsmateriaal. Skryf slegs die letters (A–E) langs die vraagnommer
          (1.2) in die ANTWOORDEBOEK neer.

          A     Moet altyd deursigtig wees
          B     Moet die oog vang
          C     Moet van herwinde materiaal gemaak word
          D     Moet die goedkoopste wees wat die entrepreneur kan kry
          E     Moet sterk wees                                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                            7                                    DBE/2019
                                          SS/NSS

1.3       Kies TWEE verhittings- en verkoelingseienskappe van stoofplate uit
          KOLOM B wat by die tipe stoofplaat in KOLOM A pas. Skryf slegs die letters
          (A–F) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.2) in die ANTWOORDEBOEK
          neer, bv. 1.3.3 G, H.

                 KOLOM A                               KOLOM B
             TIPE STOOFPLAAT                       VERHITTINGS- EN
                                              VERKOELINGSEIENSKAPPE
          1.3.1 Spiraalstoofplaat     A   word gou warm

          1.3.2 Soliede stoofplaat    B   word onmiddellik warm wanneer dit kontak
                                          met kookgerei maak

                                      C   neem langer om warm te word

                                      D   bly lank warm

                                      E   koel onmiddellik af as kookgerei verwyder
                                          word

                                      F   koel maklik af
                                                                                  (2 x 2)       (4)

1.4       Kies TWEE voedselprodukte uit KOLOM B wat die dieetverwante siekte
          in KOLOM A kan voorkom of bestuur. Skryf slegs die letters (A–G) langs
          die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.3) in die ANTWOORDEBOEK neer,
          bv. 1.4.4 H, I.

                     KOLOM A                                    KOLOM B
               DIEETVERWANTE SIEKTE                         VOEDSELPRODUK
          1.4.1 Anemie                             A   vrugtejogurt

          1.4.2 Osteoporose                        B   rooivleis

          1.4.3 Koronêre hartsiekte                C   hawermoutpap

                                                   D   vars tamaties

                                                   E   Cheddarkaas

                                                   F   olyfolie

                                                   G   ingemaakte vrugte
                                                                                  (3 x 2)       (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                                8                                     DBE/2019
                                              SS/NSS

1.5       Bestudeer die grafieke van modesiklusse hieronder en beantwoord die vraag
          wat volg.

                                                                    [Eie grafiek]
          Benoem ELKE modesiklusgrafiek (A, B en C) en die twee asse (D en E).
          Skryf slegs die letters (A–E) en die name langs die vraagnommer (1.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.                                                                        (5)
1.6       Bestudeer die grafiek oor Suid-Afrika se inflasiekoers hieronder en
          beantwoord die vraag wat volg.
         SUID-AFRIKA SE INFLASIEKOERS

         Okt. 2016                Jan. 2017       Apr. 2017        Jul. 2017

                                                                [Bron: www.tradingeconomics.com]

          Identifiseer DRIE korrekte stellings oor die grafiek in die lys hieronder.
          Skryf slegs die letters (A–F) langs die vraagnommer (1.6) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.
          A          Voedsel was in Desember 2016 duurder as in Januarie 2017.
          B          Die verbruikersprysindeks was in Julie 2017 die laagste.
          C          Die gemiddelde prys van goedere was in Mei 2017, 0,4% meer as
                     in Julie 2016.
          D          Die gemiddelde prys van goedere het van Augustus 2017 tot
                     September 2017 met 5,1% gestyg.
          E          Goedere was in Julie 2017 die goedkoopste.
          F          Die koopkrag van geld het vanaf Oktober 2016 tot Maart 2017 vinniger
                     verminder as vanaf April 2017 tot Julie 2017.                                   (3)
                                                                                                     [40]
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                               9                                         DBE/2019
                                             SS/NSS

VRAAG 2: DIE VERBRUIKER

2.1       Noem DRIE verantwoordelikhede van munisipaliteite ten opsigte van die
          strate in hulle woongebiede.                                                                  (3)

2.2       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Twee jaar gelede het vier jong volwassenes, wat pas begin werk het, besluit
          om geld in 'n gemeenskaplike bankrekening te spaar. Hierdie geld kon slegs
          gebruik word om huishoudelike toestelle wat hulle op daardie stadium nie kon
          bekostig nie, te koop. Elke Januarie word die geld gelykop verdeel sodat hulle
          huishoudelike toestelle van hulle eie keuse kan koop.
                                                                                         [Eie teks]

          2.2.1       Verduidelik die tipe klub waarna daar in die scenario verwys word.                (3)

          2.2.2       Beskryf hoe dit jong volwassenes baat om by hierdie klub 'n lid
                      te wees.                                                                          (3)

2.3       Om 'n huis in die winter te verhit, gebruik baie elektrisiteit of gas.

          Verduidelik hoe Suid-Afrikaanse verbruikers hul huise in die winter warm kan
          hou sonder om gas of elektrisiteit te gebruik.                                                (4)

2.4       Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                               VERDIEN R2 000–R5 000 PER WEEK
                                       GEWAARBORG
                                    Werk van jou eie huis af!
                                         Kantoorwerk
                                     Skakel 080 023 4565

          Verduidelik die moontlike         gevolg    van    hierdie   advertensie        vir   'n
          niksvermoedende verbruiker.                                                                   (3)

2.5       Lees die inligting hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

          Baie Suid-Afrikaanse verbruikers gebruik openbare vervoer, soos taxi's,
          busse en treine, om na verskillende plekke te reis.

          Analiseer waarom dit as 'n kontrak beskou kan word as iemand enige van die
          vervoermiddele hierbo genoem, gebruik.                                                        (4)
                                                                                                        [20]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                                 10                                            DBE/2019
                                               SS/NSS

VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING

3.1       Noem die doel van voedselbestraling.                                                               (1)

3.2       Verduidelik hoe 'n persoon wat aan hipoglukemie ly, behandel kan word.                             (4)

3.3       Bespreek waarom mense wat aan glutenintoleransie ly, dikwels aan
          wanvoeding ly.                                                                                     (3)

3.4       Bespreek die maniere waarop die oordrag van die meeste voedsel-
          oordraagbare siektes voorkom kan word, met spesifieke verwysing na:

          3.4.1       Persoonlike higiëne                                                                    (3)

          3.4.2       Water                                                                                  (3)

          3.4.3       Kombuishigiëne                                                                         (3)

3.5       Bestudeer die etiket hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                 NUUT!
                                           Rissietamatiesous

                                           Sterk Tamatiegeur

                                           GEEN bygevoegde
                                            kleurmiddels nie
                                           GEEN bygevoegde
                                            geurmiddels nie
                                           GEEN bygevoegde
                                                MNG nie
                       [Aangepas uit 'n etiket vir Wellington's Tamatiesous wat in 'n advertensie in die
                                November 2017-uitgawe van die Kook en Kuier-tydskrif verskyn het]

          3.5.1       Gee die term vir die bestanddele wat op die etiket genoem word.                        (1)

          3.5.2       (a)   Noem die funksie van MNG.                                                        (1)

                      (b)   Verduidelik waarom die etiket van hierdie sous 'Geen
                            bygevoegde MNG nie' aandui.                                                      (3)

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                              11                                       DBE/2019
                                            SS/NSS

3.6       Lentegroen-Frittata is een van 'n reeks resepte wat diabetes-vriendelik is.
          Bestudeer die lys van bestanddele en beantwoord die vrae wat volg.

           LENTEGROEN-FRITTATA*
           6 porsies
           10 mℓ kanola-olie
           1 ui, gekerf
           2 huisies knoffel, fyngedruk
           125 mℓ ertjies
           150 g babaspinasie
           6 broccoli sagte stingeltjies ('tender stems'), in helfte gesny
           8 eiers
           80 mℓ laevet ingedampte melk
           Gemaalde peper
           50 g verminderde-vet-fetakaas
           Bedien op volgraan- of rogbrood.
           *Frittata is 'n eiergereg soortgelyk aan 'n omelet of korslose quiche.
                                                   [Bron: Kook en Kuier-tydskrif, November 2017]

          3.6.1       Die volgende vraag moet in die tabel hieronder voltooi word.

                      (a)   Noem DRIE vitamiene wat 'n rol in die versterking van die
                            immuunstelsel van 'n persoon met MIV/Vigs speel.

                      (b)   Identifiseer 'n bestanddeel in die resep wat 'n goeie bron van
                            elk van die vitamiene, genoem in VRAAG 3.6.1(a), is.

                      Trek die tabel hieronder in jou ANTWOORDEBOEK oor om die
                      vraag te beantwoord.

                       (a) DRIE vitamiene wat 'n rol in     (b) Bestanddeel in die resep
                           die versterking van die              wat 'n goeie bron van die
                           immuunstelsel van 'n                 vitamien is
                           persoon met MIV/Vigs speel
                                                               
                                                               
                                                               
                                                                                        (3 x 2)       (6)

          3.6.2       Identifiseer TWEE bestanddele wat 'n persoon met 'n suiwelallergie
                      moet vermy.                                                                     (2)

          3.6.3       Analiseer hierdie resep en verduidelik waarom dit diabetes-
                      vriendelik is.                                       (5 x 2)                    (10)
                                                                                                      [40]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                               12                                       DBE/2019
                                             SS/NSS

VRAAG 4: KLEDING

4.1       Definieer die term mode.                                                                    (2)

4.2       Noem, in die korrekte volgorde, die laaste DRIE stadia van die modesiklus.                  (3)

4.3       Verduidelik die verskil tussen handelsmerkrowery/-plagiaat en nagemaakte
          kledingstukke.                                                                              (2)

4.4       Noem VIER riglyne vir 'n persoon met 'n klein begroting, wat met sy/haar
          eerste professionele werk begin, om die meeste waarde vir geld te kry.                      (4)

4.5       Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                                      Die rok:

                                                           Vlootblou
                                                           Driekwartmoue met valletjies aan
                                                            die punte
                                                           Kniehoogte-soomlyn met valletjie
                                                            aan die soomlyn

                                                                    [Bron: www.woolworths.co.za]

          Gee redes waarom hierdie rok geskik is vir 'n finansiële adviseur met 'n voller
          figuur, wat 'n vroegoggend-vergadering in die herfs het.                                    (4)

4.6       Bestudeer die inligting en prentjies hieronder en beantwoord die vraag wat
          volg.

                     'n Skoolhoof dra die klere hieronder skool toe in die winter:

              Vlootblou               Vlootblou           Vlootblou hemp      Blou denimjeans
             mus/'beanie'         vliesstofbaadjie

          Evalueer krities die geskiktheid van hierdie uitrusting vir 'n skoolhoof.                   (5)
                                                                                                      [20]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                              13                                     DBE/2019
                                            SS/NSS

VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR

5.1       Noem TWEE tipes versekering wat by die maandelikse terugbetaling van die
          huislening ingesluit kan word.                                                           (2)

5.2       Noem TWEE tipes diensaansluitingsgeld wat aan die munisipaliteit betaal
          moet word wanneer 'n huis gekoop word.                                                   (2)

5.3       Verduidelik die verbruiker se verantwoordelikhede ten opsigte van die
          vervaardiger se instruksiehandleiding wanneer 'n nuwe toestel geïnstalleer
          word.                                                                                    (2)

5.4       Noem TWEE funksies van die aktekantoor.                                                  (2)

5.5       Verduidelik die verwantskap tussen die aanbod om te koop en die titelakte.               (2)

5.6       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

          Taylor is in Suid-Afrika gebore en getoë (grootgeword). Sy is 30 jaar oud en
          'n enkelmoeder van twee jong kinders. Sy werk deeltyds sodat sy tyd het om
          haar kinders op te pas. Sy verdien R3 300,00 per maand. Sy het nog altyd
          verblyf/akkommodasie gehuur, maar sy wil nou haar eie eiendom koop. Sy
          hoop dat sy vir 'n regeringbehuisingsubsidie sal kwalifiseer.

          Verduidelik of Taylor waarskynlik 'n regeringbehuisingsubsidie sal kry.                  (6)

5.7       Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        BEHUISINGSKOMPLEKS: NUWE VRYSTELLING
                             Tweeslaapkamerwoonstel te koop
                                      R450 000,00
              2 slaapkamers met ingeboude kaste
              1 badkamer
              Kombuis met ingeboude kaste
              Woonkamer en balkon
              Gemeenskaplike swembad en braaiarea
           Verbandkoste: R 4 495,00 per maand indien geen deposito betaal is nie
           Huidige huurbedrag: R3 300,00 per maand
           Maandelikse heffing: R1 500,00
                                                            [Aangepas uit www.property24.com]

          5.7.1       Identifiseer die tipe huiseienaarskap in hierdie advertensie.                (1)

          5.7.2       Noem DRIE nadele daarvan om in die eiendom te woon wat in die
                      advertensie hierbo beskryf word.                                             (3)

          5.7.3       Bespreek die finansiële verantwoordelikhede en finansiële
                      implikasies vir die nuwe eienaar indien hy/sy hierdie eiendom met
                      'n 100%-lening koop, met die voorneme om dit weer te verhuur.                (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                          14                                DBE/2019
                                        SS/NSS

5.8       Gee TWEE riglyne om die doeltreffendheid van 'n wasmasjien met betrekking
          tot elektrisiteit en water te verseker, met spesifieke verwysing na:

          5.8.1       Koop/Aankoop                                                         (2)

          5.8.2       Gebruik                                                              (2)

5.9       Voorspel, met grondige redes, watter invloed stygende rentekoerse op die
          eiendomsmark sal hê wanneer gekoop en uitverhuur word.            (5 x 2)        (10)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                                15                                DBE/2019
                                              SS/NSS

VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP
6.1       Gee EEN voorbeeld van hoe 'n entrepreneur die produktiwiteit van sy/haar
          personeel kan verbeter.                                                                (1)
6.2       Verduidelik die nadele van EEN van die volgende in die produksie van
          kwaliteitprodukte:
          6.2.1       Voorraadbeheerstelsel toon te veel voorraad                                (2)
                                                OF
          6.2.2       Te min voorraad word op die stelsel aangedui                               (2)
6.3       Skryf 'n paragraaf om te verduidelik wat volhoubare verbruik beteken.                  (4)
6.4       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
          Val en haar seun, Alan, het Amelia Jackson Industries in 1989 begin. Hulle
          het besef dat daar 'n mark in Suid-Afrika is vir goeie kwaliteit katoenmatte.
          Dit het gebeur nadat hulle katoenmatte in Zimbabwe gekoop het en die goeie
          kwaliteit en die feit dat dit masjienwasbaar is, gesien het.
          Hulle het baie min kontakte in die tekstielbedryf gehad toe die besigheid begin
          het en hulle het gesukkel om die spesifieke garing en katoenbenodigdhede
          wat hulle wou hê, te kry. Soos hulle produksie toegeneem het, het hierdie
          probleme afgeneem.
          Hulle het hulle derde en vierde weefstoele (weeftoerusting) gekoop namate
          hulle verkope gestyg het. Hulle het op daardie tydstip direk aan die publiek by
          top handwerkmarkte in en om Kaapstad verkoop en hulle was 'n bekende
          gesig by die Waterfront-mark. Hulle het daar kontak gemaak met mense van
          regoor Suid-Afrika asook internasionale toeriste wat baie van hulle matte
          gekoop het en sterk belangstelling in hulle produkte getoon het.
          Hulle het 'n paar jaar later besluit om op 'n groothandelbasis aan winkels en
          kettingwinkels te verskaf. Hulle produkte kan ook nou ook aanlyn bestel word
          en kliënte betaal ekstra vir aflewering. Amelia Jackson Industries hou van
          kontak met hul kliënte en waardeer terugvoering.
          Hulle kliëntebasis sowel as hulle verkope het deur die jare geleidelik
          toegeneem. Hulle het uit die tuisbasis-omgewing na 'n nuwe perseel getrek
          wat al hulle weefstoele kon huisves.
          Hulle het hulle reeks uitgebrei om
          stortmatjies, badmatjies, bedmatjies,
          matjies vir kinders, groot matte,
          tafelmatte en oorgooidoeke in te
          sluit.
          Die geïllustreerde badmatjie kos
          R211,10.
             [Aangepas uit www.ameliajackson.co.za]
          6.4.1       Hierdie besigheid se produkte word nie in verpakking verkoop nie,
                      'n etiket word eerder aangeheg.
                      Noem VIER inligtingsitems wat op die etiket ingesluit moet word.           (4)
          6.4.2       Besighede moet sekere faktore oorweeg wanneer hulle produkte
                      vir kleinskaalse produksie kies. Noem die probleem/uitdaging wat
                      hierdie besigheidsonderneming aanvanklik ondervind het.                    (1)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                              16                                  DBE/2019
                                            SS/NSS

          6.4.3       Identifiseer VIER tipes produksiekoste wat hierdie besigheid moet
                      betaal.                                                                 (4)

          6.4.4       Noem die tipe media wat hierdie besigheid hoofsaaklik gebruik om
                      hul produkte te adverteer.                                              (1)

          6.4.5       Noem en verduidelik TWEE verskillende verspreidingsopsies wat
                      hierdie besigheid gebruik.                             (2 x 3)          (6)

          6.4.6       Die badmatjie kos R211,10. Die besigheid maak 70% wins op elke
                      badmatjie. Bereken die hoeveelheid wins wat hulle op elke
                      badmatjie wat hulle verkoop, maak. Toon ALLE berekeninge.               (2)

          6.4.7       Die besigheid maak R450,00 wins per oorgooidoek. Bereken die
                      wins wat die besigheid elke jaar sal maak as hulle 70 oorgooidoeke
                      per maand verkoop. Toon ALLE berekeninge.                               (2)

          6.4.8       Hierdie besigheid vind dat hulle verkope gewoonlik tydens Junie en
                      Julie effens styg. Gee 'n verduideliking vir die styging in verkope.    (3)

          6.4.9       Analiseer die inligting en verduidelik waarom Amelia Jackson
                      Industries volhoubare winsgewendheid toon.            (5 x 2)           (10)
                                                                                              [40]

                                                                               TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Consumer Studies May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-may-june-2019-eng/fc352806-60e5-4f20-84c9-7aaf48115f9e) — Consumer Studies · QP · 2021 · Eng
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2021-afrikaans/ac111d70-a8f0-44a9-bfcd-9a514a82e50f) — Consumer Studies · QP · 2021 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2021 English](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2021-english/b8215ada-a0e3-4fc2-97f7-241e4a13d0c6) — Consumer Studies · QP · 2021 · Eng
- [Consumer Studies Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-nov-2021-afr/71a5f791-36aa-44e1-9223-41c9d928ce81) — Consumer Studies · QP · 2021 · Afr
- [Consumer Studies May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/c75b3041-40ed-4525-a527-89d46d24112e) — Consumer Studies · QP · 2024 · Afr
- [Consumer Studies May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-may-june-2023-afr/17daf965-2974-4ee5-8f35-d0f33102fc7a) — Consumer Studies · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Consumer Studies

- [Gr 12 Con Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-con-stu-atp-2023-24/30b466bf-cc20-45e7-b5ff-3ec01fd619ae) — ATP
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept-2025-afr-watermark/fb3d1aeb-f3d7-4d22-a764-98f925f55ac3) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-may-june-2025-mg-eng/b5925fbc-85d0-4c10-ac9e-a76aafa0391d) — Memo · 2025 · Eng
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/e3e9d053-c332-408f-ac4a-ec420b36e7f8) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Erratum Sept 2024](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-erratum-sept-2024/f34fd578-a6ab-404c-aac5-c5bed951b608) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
