# Consumer Studies Grade 12 NSC June 2022 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Consumer Studies question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-may-june-2022-afr/99ab4e8c-5125-42b9-bd05-a674a390af7a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Consumer Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Consumer Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/consumer-studies) › [Consumer Studies Grade 12 NSC June 2022 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-may-june-2022-afr/99ab4e8c-5125-42b9-bd05-a674a390af7a)

## About this document

Consumer Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                     GRAAD 12

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                              VERBRUIKERSTUDIES

                                         2022

                                                                     PUNTE: 200

                                                                       TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                             2                              DBE/2022
                                           SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

            VRAAG                INHOUD                 PUNTE     TYD (minute)
           AFDELING A (Kortvrae)
              1      Kortvrae (AL die onderwerpe)         40            20
           AFDELING B (Langvrae)
              2      Die Verbruiker                       40            40
              3      Voedsel en Voeding                   40            40
              4      Kleding                              20            20
              5      Behuising en Interieur               20            20
              6      Entrepreneurskap                     40            40
                                            TOTAAL:      200           180

2.        AL die vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK
          beantwoord word.

3.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

4.        Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.        Jy mag 'n sakrekenaar gebruik.

6.        Skryf slegs met swart of blou ink.

7.        Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                              3                                  DBE/2022
                                            SS/NSS

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.21 D.

          1.1.1       'n Spaarklub waaruit alle lede voordeel trek:

                      A   Gemeenskap
                      B   Stokvel
                      C   Piramideskema
                      D   Boekklub                                                              (1)

          1.1.2       Die verhoging in die prys van goedere en dienste:

                      A   Rentekoers
                      B   BTW-koers
                      C   Inflasiekoers
                      D   Prima koers                                                           (1)

          1.1.3       Die repokoers is die rentekoers …

                      A   wat gebruik word om saamgestelde rente te bereken.
                      B   wat die Reserwebank op banke hef.
                      C   wat op persoonlike lenings gehef word.
                      D   wat op huislenings gehef word.                                        (1)

          1.1.4       Die verbruikersprysindeks word gebruik om die …

                      A   amptelike inflasiekoers te bereken.
                      B   amptelike repokoers vas te stel.
                      C   impak van prysverhogings op huishoudings te bepaal.
                      D   prys van voedsel wat van BTW vrygestel is, te bepaal.                 (1)

          1.1.5       Voedselitems wat van BTW vrygestel is:

                      A   Witbrood en stampmielies ('samp')
                      B   Groente en pasta
                      C   Koelmeelblom en olie
                      D   Eiers en rys                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                              4                                      DBE/2022
                                            SS/NSS

          1.1.6       Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                                               [Bron: Images.google.com]

                      Die prent stel 'n persoon voor wat              aan   die   volgende
                      voedselverwante gesondheidstoestand ly:

                      A   Diabetes
                      B   Osteoporose
                      C   Anemie
                      D   Hipertensie                                                              (1)

          1.1.7       Voedselbestraling help om ...

                      A   die voedingswaarde te verhoog.
                      B   vrugte en groente ryp te maak.
                      C   bakterieë te vernietig.
                      D   plaagdoders te verwyder.                                                 (1)

          1.1.8       Voedsel met 'n hoë glukemiese indeks sal ...

                      A   'n vinnige styging in die bloedglukosevlakke veroorsaak.
                      B   glukose stadig in die bloed vrystel.
                      C   'n geleidelike toename in die bloedglukosevlakke veroorsaak.
                      D   die bloedglukosevlakke stelselmatig verander.                            (1)

          1.1.9       Verbruikers geniet voedselsekerheid as hulle …

                      A   'n groentetuin begin.
                      B   vir 6 maande 'n toelaag ontvang.
                      C   voedingsaanvullings gebruik.
                      D   genoegsame en veilige voedsel eet.                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                               5                                         DBE/2022
                                             SS/NSS

          1.1.10      Vitamien … is 'n voorbeeld van 'n antioksidant.

                      A   K
                      B   C
                      C   D
                      D   B                                                                           (1)

          1.1.11      Mary wil graag haar breë middel verbloem. Dit sal die beste bereik
                      word as sy die volgende dra:

                      A   Rok met horisontale strepe
                      B   Helderkleurige broek
                      C   Rok met 'n breë lyfband/gordel ('belt')
                      D   A-lyn-rok                                                                   (1)

          1.1.12      Die bokant van 'n stoof wat veilig is om te gebruik, maklik is om
                      skoon te maak en energiedoeltreffend is:

                      A   Gasbrander
                      B   Induksieblad
                      C   Spiraalplaat
                      D   Soliede plaat                                                               (1)

          1.1.13      'n Huiseienaarsvereniging       bestuur   die   volgende     tipe    huis-
                      eienaarskap:

                      A   Vrye titel
                      B   Voltitel
                      C   Deeltitel
                      D   Enkeltitel                                                                  (1)

          1.1.14      … is 'n voordeel van voltitelhuiseienaarskap.

                      A   Gebruik van gemeenskaplike geriewe
                      B   Veiligheid gedurende die dag
                      C   Goedkoper instandhouding
                      D   'n Goeie belegging                                                          (1)

          1.1.15      Die goedkoopste metode om vir 'n huishoudelike toestel te betaal:

                      A   Huurkooptransaksie
                      B   Kredietkaart
                      C   Persoonlike lening
                      D   Kontant                                                                     (1)

           1.1.16     Aanvangskoste om 'n besigheid te begin, sluit in ...

                      A   huur, elektrisiteit, water, salarisse.
                      B   lisensie, voorraad, huurdeposito, toerusting.
                      C   versekering, lisensie, skryfbehoeftes, lone.
                      D   telefoon, elektrisiteit, water, vervoer.                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                              6                                   DBE/2022
                                            SS/NSS

          1.1.17      Die stadium wanneer 'n besigheid die beste-verkope-scenario kan
                      bereik:

                      A   50% van die produkte is verkoop
                      B   Kwaliteitprodukte word vervaardig
                      C   Verkope dek al die uitgawes
                      D   Minder produkte as wat benodig word, word vervaardig                   (1)

          1.1.18      'n Voorbeeld van die geskikste advertensiemedia vir 'n kleinskaalse
                      besigheid:

                      A   Radio
                      B   Televisie
                      C   Bioskoop
                      D   Strooibiljette                                                         (1)

          1.1.19      … verseker dat daar genoeg grondstowwe vir produksie is.

                      A   Voorraadbeheer
                      B   Produkspesifikasie
                      C   Gehaltebeheer
                      D   Kosteberekening                                                        (1)

          1.1.20      Die vermindering van omgewingsafval en besoedeling dra by tot …

                      A   finansiële stabiliteit.
                      B   volhoubare produksie.
                      C   tydsbestuur.
                      D   verlies aan inkomste.                                                  (1)

1.2       Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
          langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

          1.2.1       Rente wat slegs op die oorspronklike leningsbedrag bereken word

          1.2.2       Lede ontvang vergoeding vir die werwing van ander lede

          1.2.3       'n Skema waar 'n produk verkoop word en lede vir kommissie
                      gewerf word

          1.2.4       'n Bedrogswyse waarop geld van niksvermoedende verbruikers
                      bekom word

          1.2.5       Die tydperk wat wetgewing verbruikers toelaat om 'n kontrak
                      sonder enige gevolge te kanselleer                   (5 x 1)               (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                             7                                  DBE/2022
                                           SS/NSS

1.3       Pas die uitwerking van 'n tekort aan 'n voedselbymiddel in KOLOM B by die
          voedselbymiddel in KOLOM A. Skryf slegs die letter (AH) langs die
          vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 J.

                    KOLOM A                             KOLOM B
                VOEDSELBYMIDDEL             UITWERKING VAN 'N TEKORT AAN
                                                'N VOEDSELBYMIDDEL
            1.3.1 Preserveermiddels       A voedsel word galsterig

            1.3.2 Stabiliseerders         B   vrugte word oorryp

            1.3.3 Kleurstowwe             C   onaangename smaak

            1.3.4 Antioksidante           D   gebrekkige skuimvorming

            1.3.5 Smaakmiddels            E   onaantreklike voorkoms van voedsel

                                          F   voedselbederf

                                          G klontvorming

                                          H   oneweredige tekstuur van voedsel
                                                                                 (5 x 1)      (5)

1.4       Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
          langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

          1.4.1       'n Dokument wat die vloei van geld oor 'n toekomstige tydperk
                      aandui

          1.4.2       Die vermoë van 'n besigheid om te groei en steeds op lang termyn
                      'n wins te toon

          1.4.3       Vaste en veranderlike koste deur 'n besigheid aangegaan om
                      produkte te vervaardig

          1.4.4       Die analise en evaluering van 'n voorgestelde besigheidsidee om
                      te bepaal of dit waarskynlik suksesvol sal wees

          1.4.5       Die bedrag wat by die kosprys van goedere gevoeg word om
                      bokoste/oorhoofse koste en winste te dek                                (5)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                            8                                  DBE/2022
                                          SS/NSS

1.5       Kies VYF gevolge van handelsmerkrowery vir die oorspronklike
          handelsmerkvervaardiger uit die lys hieronder. Skryf slegs die letters (AJ)
          langs die vraagnommer (1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

          A    Verhoogde belastinginkomste vir 'n land se ekonomie
          B    Die oorspronklike handelsmerkvervaardiger sal inkomste verloor
          C    Afname in produkmededinging
          D    Dit doen afbreuk aan die beeld van die vervaardiger
          E    Goedkoper weergawes van die oorspronklike handelsmerk sal
               beskikbaar wees
          F    Skep meer werksgeleenthede in die wettige bedryf
          G    Verhoed groei vir geregistreerde handelsmerkeienaars
          H    Verbruikers kan vertroue in die oorspronklike produk verloor
          I    Meer geleenthede vir die vervaardiger om uit te brei
          J    Finansiële volhoubaarheid in die wettige bedryf                (5 x 1)         (5)

                                                             TOTAAL AFDELING A:               40

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                                  9                              DBE/2022
                                                SS/NSS

AFDELING B: LANGVRAE

VRAAG 2: DIE VERBRUIKER

2.1       Verduidelik die volgende terme:

          2.1.1       Lopende betaalstelsel (LBS)                                              (3)

          2.1.2       Uitvissing ('Phishing')                                                  (3)

2.2       Noem TWEE heffings wat motoriste betaal wanneer hulle hul voertuie met
          brandstof of diesel vol maak.                                                        (2)

2.3       Noem VIER oorsake van waterbesoedeling.                                              (4)

2.4       Maak 'n lys van maniere waarop 'n huishouding elektrisiteit kan bespaar
          wanneer water verhit en gekook word.                                                 (3)

2.5       Onderskei tussen direkte en indirekte belasting wat deur 'n verbruiker betaal
          word.                                                                                (3)

2.6       Bespreek die voordele van 'n tweejaar-waarborg op goedere en dienste.                (4)

2.7       Verduidelik die verantwoordelikhede van munisipaliteite om die verspreiding
          van Covid-19 te beheer.                                                              (4)

2.8        Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                        [Bron: MTN.co.za]

          2.8.1       Verduidelik waarom die advertensie as 'n kontrak beskou kan word
                      wanneer 'n verbruiker hierdie datapakket koop.                           (3)

          2.8.2       Noem DRIE redes waarom die sluiting van hierdie kontrak
                      wettig is.                                                               (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                         10                                 DBE/2022
                                        SS/NSS

2.9       Bespreek die impak van prysverhogings van die volgende op Suid-Afrikaanse
          huishoudings:

          2.9.1       Brandstofpryse                                                       (4)

          2.9.2       Elektrisiteit                                                        (4)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                             11                                      DBE/2022
                                            SS/NSS

VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING

3.1       Maak 'n lys van die inligting wat op 'n voedseletiket moet verskyn.                       (5)

3.2       Noem waarom Suid-Afrika as voedsel-selfonderhoudend beskou kan word.                      (2)

3.3       Bestudeer die prente van bloedglukosevlakke hieronder en beantwoord die
          vraag wat volg.

                                    BLOEDGLUKOSEVLAKKE

                      A  Hoog                  B  Normaal             C  Laag
                                                              [Bron: bloodglucosevalue.com]

          Identifiseer die gesondheidstoestande wat deur prente A en C voorgestel
          word.                                                                                     (2)

3.4       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

            Nandi, 'n tiener, het 2 km skool toe gehardloop omdat sy laat was. Sy het
            nie tyd gehad om te eet nie. Sy het lekkers by 'n straatverkoper gekoop en
            dit vinnig geëet voordat sy haar eerste klas vir die dag bygewoon het.
            Halfpad deur die les het sy baie hongerig en bewerig begin voel en toe flou
            geval. Sy is na die skool se siekeboeg geneem.

                                                                                   [Eie teks]

          Noem VIER redes waarom Nandi die voedselverwante gesondheidstoestand
          hierbo ondervind het.                                                                     (4)

3.5       Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           Vyf kleuters by 'n dagsorgsentrum is hospitaal toe geneem nadat hulle
           simptome van gastroënteritis getoon het. Die dagsorgsentrum het vir twee
           dae geen watervoorsiening gehad nie. Hulle moes steeds voedsel berei,
           vuil toerusting was en doeke ruil.

                                                                                   [Eie teks]

          3.5.1       Gee die inkubasieperiode vir gastroënteritis.                                 (1)

          3.5.2       Verduidelik hoe gastroënteritis waarskynlik aan die kleuters
                      oorgedra is.                                                                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                               12                                        DBE/2022
                                              SS/NSS

3.6       Noem VIER voordele van geneties gemodifiseerde voedsel vir die verbruiker.                   (4)

3.7       Verduidelik die negatiewe impak van organiese boerdery op die ekonomie.                      (6)

3.8       Bestudeer die gereg hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                        VIS-EN-NOEDELGEBAK
                    (bestaan uit lae ingelegde sardyne met grate ('pilchards'), pasta,
                                        witsous met cheddarkaas)

          Bespreek hoe die gereg hierbo kan help met die voorkoming en bestuur van
          osteoporose.                                                                                 (4)

3.9       Bestudeer die inligting hieronder wat op die verpakking van 'n brood verskyn.

             Volkoringbrood
             Voedingsfeite                                         Bestanddele:
             Porsiegrootte 1 sny (38 g)                            Volkoringmeel
             Hoeveelheid Per Porsie                                Water
             Totaal Vet 1 g                                        Bruin suiker
                                                                   Koring (gluten)
             Versadigde Vet 0 g
                                                                   Sojaboon-olie
             Transvette 0 g                                        Koringsemels ('Wheat
             Cholesterol 0 g                                       bran')
                                                                   Gis
             Natrium 190 g
                                                                   Sout
             Totaal Koolhidrate 18 g                               Koringkiem
             Dieetvesel 3 g                                        Molasse
                                                                   Heuning
             Suiker 3 g
             Proteïen 4 g
             Vitamien A         0%    Vitamien C       0%
             Kalsium            4%    Yster            6%

                                                       [Aangepas uit ambitiousmares.blogspot.com]

          Regverdig of die brood geskik is vir 'n persoon wat aan diabetes ly.                         (8)
                                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                             13                                       DBE/2022
                                            SS/NSS

VRAAG 4: KLEDING

4.1       Noem TWEE eienskappe van klassieke modes.                                                (2)

4.2       Gee TWEE voorbeelde van volhoubare tekstiele.                                            (2)

4.3       Verduidelik die volgende terme:

          4.3.1       Ekovriendelike materiaal                                                     (2)

          4.3.2       Modegiere                                                                    (2)

4.4       Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                                     Hierdie uitrusting bestaan uit:

                                                        Swart rok
                                                        Beige hoëhaksandale

                                                          [Bron: express.com/womensclothes]

          Motiveer die geskiktheid van die kleur en styl van die uitrusting vir die
          werkplek.                                                                                (4)

4.5       Daar was in 2020 geen groot modeveranderinge in die wêreld of in
          Suid-Afrika nie.

          Verduidelik hoe die volgende faktore tot die stelling hierbo bygedra het:

          4.5.1       Sosiale faktore                                                              (4)

          4.5.2       Ekonomiese faktore                                                           (4)
                                                                                                   [20]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                            14                                      DBE/2022
                                           SS/NSS

VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR

5.1       Maak 'n lys van die inligting wat by 'n boukontrak ingesluit moet word om die
          verbruiker en die boukontrakteur te beskerm.                                            (5)

5.2       Bestudeer die prent van die yskas hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     157 ℓ SONENERGIE-
                      HIBRIEDE YSKAS                Die sonenergie- hibriede yskas
                                                    gebruik beide elektrisiteit en
                                                    sonenergie. Dit gee egter voorkeur
                                                    aan sonenergie en gebruik daarom
                                                    soveel moontlik sonenergie om
                                                    die yskas te laat werk. Dit sal
                                                    die elektrisiteitsrekening aansienlik
                                                    verlaag en tot soveel as 44%
                                                    minder energieverbruik lei.

                                                    Eienskappe:

                                                     Outomatiese ontvriesing
                                                     A+ energie-indeks
                                                     Metaalkleurige afwerking

                                                                          [Bron: defy.co.za]

          5.2.1       Noem DRIE faktore om in ag te neem by die keuse van 'n yskas vir
                      'n gesin.                                                                   (3)

          5.2.2       Beskryf TWEE maniere waarop die yskas menslike energie
                      bespaar.                                                                    (4)

          5.2.3       Verduidelik die voordele van die gebruik van 'n sonenergie-
                      hibriede yskas.                                                             (3)

5.3       Lees die stelling hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

           Tydens die grendeltydperk ('lockdown') het baie mense 'n verlies aan
           inkomste ondervind. Dit het 'n impak op huiseienaars gehad wat steeds hul
           finansiële huiseienaarskap-verantwoordelikhede moes nakom.

                                                                                  [Eie teks]

          Bespreek die moontlike gevolge vir huiseienaars indien hulle nie hulle
          finansiële huiseienaarskap-verantwoordelikhede kan nakom nie.                           (5)
                                                                                                  [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                                          15                                      DBE/2022
                                                         SS/NSS

VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP

6.1       Noem VIER vereistes van hoë gehalte verpakking.                                                       (4)

6.2       Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                                 TOFFIES VAN DARLING SWEET

           Darling Sweet het 'n bekende handelsmerk vir diegene met 'n soet tand
           geword. Die toffies is in baie geure beskikbaar. Darling Sweet het hul reeks
           uitgebrei en sluit nou ook ander produkte soos heuning en toffiesmeer in.
           Hulle produkte is by verskeie handwerk- en kosmarkte beskikbaar en word
           ook aanlyn geadverteer.

                                                                                 [Bron: theculturetrip.com]

          Verduidelik hoe die 5P's van die bemarkingsmengsel in die advertensie
          hierbo bereik is.                                                                                     (5)

6.3       Bestudeer die grafiek hieronder van die verkope van 'n plaaslike
          roomysbesigheid vir die afgelope ses maande. Beantwoord die vrae wat volg.

                                                  VERKOPE PER MAAND
                                                   (JULIEDESEMBER)

                    Roomysverkope
                                         1000

                                             0

                                                          Maande

          6.3.1                     Identifiseer die maand met die hoogste verkope.                             (1)
          6.3.2                     Gee DRIE moontlike redes vir die antwoord op VRAAG 6.3.1.                   (3)
          6.3.3                     Verduidelik waarom Julie die laagste verkope toon.                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                             16                                      DBE/2022
                                            SS/NSS

6.4       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           Nel bedryf 'n wassery in sy gemeenskap. Hy bied die afhaal, was, stryk en
           aflewering van wasgoed aan. Sy besigheid het onlangs uitgebrei nadat die
           plaaslike restaurant 'n kontrak met hom gesluit het om hul tafeldoeke en
           servette te was. Hy het toe sy besigheid uitgebrei deur verskillende
           afdelings te vorm: twee werkers ontvang en sorteer bestellings; twee
           werkers hanteer die wasmasjiene; twee stryk en verpak die wasgoed en 'n
           drywer doen die afhaal en aflewering. Sedert hy die kontrak gesluit het, is
           Nel baie besig en moes hy meer werkers huur en oplei en groter
           wasmasjiene aankoop. Hy wil ook 'n droogskoonmaak-afdeling begin en
           het twee werknemers na 'n droogskoonmaakkursus gestuur.

                                                                                  [Eie teks]

          6.4.1       Verduidelik kortliks die belangrikheid van personeelopleiding om
                      die sukses van Nel se besigheid te verseker.                               (4)

          6.4.2       Verduidelik die belangrikheid van netheid in die wassery.                  (2)

          6.4.3       Identifiseer DRIE faktore wat tot die sukses van Nel se besigheid
                      sal bydra.                                                                 (3)

          6.4.4       Skryf 'n paragraaf om te verduidelik hoe Nel se wassery 'n
                      doeltreffende diens aan sy klante bied.                                    (6)

          6.4.5       Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       Nel vra R100,00 vir ŉ 10 kg-mandjie wasgoed. Afhaal en
                       aflewering kos die verbruiker 'n verdere R30,00. Nel se
                       besigheid was en stryk 30 mandjies wasgoed per dag. Hy maak
                       'n wins van 40% op elke 10 kg-mandjie wasgoed, afhaal- en
                       afleweringskoste ingesluit.

                      (a)   Bereken die bedrag geld wat die besigheid sal maak as
                            30 mandjies wasgoed daagliks afgehaal, gewas en afgelewer
                            word.                                                                (3)

                      (b)   Bereken die wins wat Nel maak as 30 mandjies wasgoed per
                            dag gewas en gestryk word.                                           (2)

          6.4.6       Bespreek die faktore wat Nel se besigheid finansieel volhoubaar
                      maak.                                                                      (6)
                                                                                                 [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:              160
                                                                     GROOTTOTAAL:                200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Consumer Studies May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-may-june-2022-eng/36ee4ce9-c537-479d-a908-71235721a87d) — Consumer Studies · QP · 2022 · Eng
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2022 Deaf](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2022-deaf/2c94d431-8f1a-4b2e-8151-8ae142aad51e) — Consumer Studies · QP · 2022
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2022-afrikaans/c2f752f1-5d69-4041-8eb9-4c60bc6d88fa) — Consumer Studies · QP · 2022 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2022 English](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2022-english/69ad2849-acee-46de-8af1-fe1672e0c5a4) — Consumer Studies · QP · 2022 · Eng
- [Consumer Studies Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-nov-2022-afr/66676abb-ecca-4700-bd08-da4955b7c3cc) — Consumer Studies · QP · 2022 · Afr
- [Consumer Studies Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-nov-2022-eng/7a705812-e20f-4025-b4d6-5f76223d28e7) — Consumer Studies · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Consumer Studies

- [Gr 12 Con Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-con-stu-atp-2023-24/30b466bf-cc20-45e7-b5ff-3ec01fd619ae) — ATP
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept-2025-afr-watermark/fb3d1aeb-f3d7-4d22-a764-98f925f55ac3) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-may-june-2025-mg-eng/b5925fbc-85d0-4c10-ac9e-a76aafa0391d) — Memo · 2025 · Eng
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/e3e9d053-c332-408f-ac4a-ec420b36e7f8) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Erratum Sept 2024](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-erratum-sept-2024/f34fd578-a6ab-404c-aac5-c5bed951b608) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
