# Consumer Studies Grade 12 NSC June 2023 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Consumer Studies question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-may-june-2023-afr/17daf965-2974-4ee5-8f35-d0f33102fc7a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Consumer Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Consumer Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/consumer-studies) › [Consumer Studies Grade 12 NSC June 2023 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-may-june-2023-afr/17daf965-2974-4ee5-8f35-d0f33102fc7a)

## About this document

Consumer Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                             VERBRUIKERSTUDIES

                                        2023

                                                                     PUNTE: 200

                                                                       TYD: 3 uur

                       Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                                2                           DBE/2023
                                              SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

            VRAAG                 INHOUD                PUNTE     TYD (minute)
           AFDELING A (Kortvrae)
              1      Kortvrae (Al die onderwerpe)         40            20
           AFDELING B (Langvrae)
              2      Die Verbruiker                       40            40
              3      Voedsel en Voeding                   40            40
              4      Kleding                              20            20
              5      Behuising en Interieur               20            20
              6      Entrepreneurskap                     40            40
                                            TOTAAL:      200           180

2.        AL die vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK
          beantwoord word.

3.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

4.        Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.        Jy mag 'n sakrekenaar gebruik.

6.        Skryf slegs in swart of blou ink.

7.        Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                             3                                   DBE/2023
                                           SS/NSS

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (AD) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.21 D.

          1.1.1      … vorder belasting namens die regering in.

                     A   Die Reserwebank
                     B   Kommersiële banke
                     C   Die Parlement
                     D   Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID)                               (1)

          1.1.2      Suikerbelasting word op ... gehef.

                     A   melkskommels
                     B   koffie
                     C   koeldranke
                     D   rooibostee                                                             (1)

          1.1.3      Die afkoelperiode vir die kansellasie van 'n kontrak is … werksdae.

                     A   3
                     B   5
                     C   8
                     D   14                                                                     (1)

          1.1.4      … rente word slegs op die oorspronklike bedrag gehef.

                     A   Saamgestelde
                     B   Vasgestelde
                     C   Enkelvoudige
                     D   Veranderlike                                                           (1)

          1.1.5      'n Gemeenskapsgebaseerde spaarklub met ekonomiese en sosiale
                     voordele vir al die lede:

                     A   Swendelskema
                     B   Stokvel
                     C   Gemeenskapsklub
                     D   Multivlak-skema                                                        (1)

          1.1.6      … is die voedselbymiddel wat waarskynlik 'n negatiewe effek op
                     iemand se gesondheid sal hê.

                     A   Pektien
                     B   Lesitien
                     C   Gelatien
                     D   Bensoaat                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                               4                                      DBE/2023
                                             SS/NSS

          1.1.7      … voorkom dat voedsel verbruin.
                     A   Emulsifiseerders
                     B   Antioksidante
                     C   Stabiliseerders
                     D   Bleikmiddels                                                              (1)
          1.1.8      Die beste voedselbron van yster:
                     A   Ryp piesangs
                     B   Beeslewer
                     C   Gepiekelde beet
                     D   Volkoringbrood                                                            (1)
          1.1.9      Die nutriënt wat met die absorpsie van yster help:
                     A   Vitamien A
                     B   Vitamien B
                     C   Vitamien B12
                     D   Vitamien C                                                                (1)
          1.1.10     DNS-molekules word in ... gebruik om die eienskappe van voedsel
                     te verander.
                     A   geprosesseerde voedsel
                     B   organies gekweekte voedsel
                     C   geneties gemodifiseerde voedsel
                     D   bestraalde voedsel                                                        (1)
          Bestudeer die prent hieronder en beantwoord VRAAG 1.1.11 en 1.1.12.

                                                      DIE BLOU DENIMBAADJIE
                                                Middellyflengte
                                                Lang moue
                                                Knope aan die voorkant
                                                Twee sakke aan elke kant
                                                Twee sakke met knope aan die voorkant

                                                                          [Bron: blakkur.is.com]

          1.1.11     Die denimbaadjie hierbo kan as … geklassifiseer word.
                     A   tradisionele mode
                     B   outydse ('vintage') mode
                     C   'n modegier
                     D   klassieke mode                                                            (1)
          1.1.12     Die lengte van die baadjie sal die draer … laat vertoon.
                     A   korter en breër
                     B   groter en langer
                     C   langer en skraler
                     D   kleiner en korter                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                              5                                        DBE/2023
                                            SS/NSS

          1.1.13     'n Voordeel daarvan om           huishoudelike     toestelle   met     'n
                     huurkooptransaksie te koop:

                     A   Geen rente word op die uitstaande bedrag gehef nie.
                     B   Dit bly in die winkel totdat die laaste paaiement betaal is.
                     C   Dit kan gebruik word terwyl dit afbetaal word.
                     D   Dit is goedkoper as 'n kredietkaarttransaksie.                            (1)

          Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord VRAAG 1.1.14.

                     Die kontantprys van 'n toestel is R6 499,95.
                     Die huurkoopprys is R400 per maand oor 30 maande en die
                     deposito is R650,00.

          1.1.14     Die koste om die toestel met 'n huurkooptransaksie te koop:

                     A   R6 499,95
                     B   R7 149,95
                     C   R12 000,00
                     D   R12 650,00                                                                (1)

          1.1.15     Die tipe behuising waarvolgens 'n ooreenkoms vir 'n spesifieke
                     tydperk onderteken word:

                     A   Huur
                     B   Koop
                     C   Bou
                     D   Voltitel                                                                  (1)

           1.1.16    … verseker dat daar aan die vereiste vasgestelde standaarde vir 'n
                     produk voldoen word.

                     A   Voorraadbeheer
                     B   Tydsbestuur
                     C   Gehaltebeheer
                     D   Finansiële beheer                                                         (1)

           1.1.17    Waarde-vir-geld-/Kompetisie-gebaseerde prysvasstelling …

                     A   tel alle koste by, winsopslag ingesluit.
                     B   stel die pryse van produkte volgens aanvraag vas.
                     C   word gebruik om unieke produkte se pryse vas te stel.
                     D   word soortgelyk aan ander produkte vasgestel.                             (1)

           1.1.18    Produksie sal die doeltreffendste wees wanneer …

                     A   'n goeie bemarkingstrategie gebruik word.
                     B   finansiële hulpbronne beskikbaar is.
                     C   werkers gereeld opgelei word.
                     D   personeel goed betaal word.                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                              6                                   DBE/2023
                                            SS/NSS

          1.1.19      'n Lewensvatbaarheidstudie word gedoen om 'n besigheid se ...

                      A   vloei van geld na te gaan.
                      B   sterk punte en swak punte te identifiseer.
                      C   teikens te behaal.
                      D   verkope-scenario te evalueer.                                          (1)

          1.1.20      Daar word aanbeveel dat besighede plaaslike grondstowwe
                      gebruik omdat dit …

                      A   goeie waarde vir geld bied.
                      B   geen afleweringsfooi het nie.
                      C   maklik bekombaar is.
                      D   maklik is om te bestuur.                                               (1)

1.2       Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
          langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

          1.2.1       'n Bedrag wat by die kosprys van produkte gevoeg word om
                      oorhoofse koste te dek en 'n wins te maak

          1.2.2       'n Besigheid bereik sy verkoopsteiken omdat die produk baie goed
                      verkoop

          1.2.3       Toon die vloei van geld oor 'n toekomstige periode om te verseker
                      dat die besigheid nie kontantvloeiprobleme ontwikkel nie

          1.2.4       Sluit al die uitgawes in wat gemaak moet word voordat 'n besigheid
                      kan begin                                                  (4 x 1)         (4)

1.3       Pas 'n beskrywing in KOLOM B by 'n modeterm in KOLOM A. Skryf
          slegs die letter (AE) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.4 F.

                      KOLOM A                                KOLOM B
                     MODETERM                              BESKRYWING
           1.3.1     Styl                   A     rigting waarin mode beweeg

           1.3.2     Mode                   B     verteenwoordig mode uit 'n vorige
                                                  era
           1.3.3     Modeneiging
                                            C     verteenwoordig spesifieke
                                                  eienskappe van 'n kledingstuk

                                            D     word deur 'n spesifieke groep mense
                                                  op 'n gegewe tydstip en plek aanvaar

                                            E     word deur eenvoud gekenmerk
                                                                                   (3 x 1)       (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                               7                                     DBE/2023
                                             SS/NSS

1.4       Pas 'n beskrywing van betalings in KOLOM B by 'n betaling in KOLOM A.
          Skryf slegs die letter (AH) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6 J.

                       KOLOM A                                KOLOM B
                      BETALINGS                   BESKRYWING VAN BETALINGS
            1.4.1    Heffing                    A  maandelikse terugbetaling aan die
                                                   bank vir 'n lening op vaste eiendom
            1.4.2    Verbandterugbetalings
                                                B     betaling om die struktuur van 'n
            1.4.3    Munisipale belasting             eiendom te dek

            1.4.4    Deposito                   C     word betaal wanneer 'n
                                                      huurooreenkoms onderteken word
            1.4.5    Huur
                                                D     word vir water en elektrisiteit aan
                                                      die munisipaliteit betaal

                                                E     word aan die
                                                      huiseienaarsvereniging betaal

                                                F     belasting wat betaal word wanneer
                                                      'n eiendom van eienaarskap
                                                      verander

                                                G     word maandeliks vir die gebruik
                                                      van die eiendom betaal

                                                H     word aan die plaaslike
                                                      munisipaliteit betaal
                                                                                      (5 x 1)       (5)

1.5       Kies uit die lys hieronder VIER items wat op voedseletikette verskyn wat
          verbruikers teen gesondheids- en veiligheidsgevare kan beskerm. Skryf slegs
          die letters (A–H) langs die vraagnommer (1.5) in die ANTWOORDEBOEK
          neer.

          A     Allergene
          B     Prys/Strepieskode
          C     Land van oorsprong
          D     Lys van bestanddele
          E     Instruksies vir gebruik en berging
          F     Beskrywing van die produk
          G     Grootte van die produk
          H     Datumstempels                                                                       (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                            8                                    DBE/2023
                                          SS/NSS

1.6       Kies VIER voorbeelde van inkomstebelasting wat direk aan SAID (Suid-
          Afrikaanse Inkomstediens) betaalbaar is uit die lys hieronder. Skryf slegs die
          letters (A–H) langs die vraagnommer (1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

          A     John betaal 'n brandstofheffing wanneer hy sy motor se tenk met petrol
                volmaak.
          B     Luke betaal elke maand LBS (lopende betaalstelsel).
          C     Jolene betaal maandeliks haar munisipale belasting.
          D     Linda verkoop beeste en betaal twee keer per jaar belasting.
          E     Yanga word belas op die huurinkomste wat hy van sy huurders ontvang.
          F     Sipho betaal BTW op sommige van die kruideniersware wat hy koop.
          G     Dorothy het haar tweede huis verkoop en moes kapitaalwinsbelasting
                betaal.
          H     Sondebelasting/Aksynsbelasting is gehef toe Fazila parfuum gekoop
                het.                                                                            (4)

                                                               TOTAAL AFDELING A:               40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                              9                                       DBE/2023
                                            SS/NSS

AFDELING B: LANGVRAE

VRAAG 2: DIE VERBRUIKER

2.1       Noem VIER nadele van die gebruik van gas in 'n huis.                                       (4)

2.2       Gee VIER voorbeelde van onbillike sakepraktyke.                                            (4)

2.3       Noem DRIE maniere waarop verbruikers elektrisiteit kan bespaar wanneer 'n
          wasmasjien gebruik word.                                                                   (3)

2.4       Verduidelik hoe pryskennisgewing/'n lotery-swendelskema werk.                              (3)

2.5       Bespreek hoe water doeltreffend gebruik kan word wanneer jy bad of stort.                  (4)

2.6       Elektrisiteit is 'n basiese behoefte wat deur munisipaliteite voorsien word.

          2.6.1      Verduidelik hoe munisipaliteite elektrisiteit aan hulle gemeenskappe
                     verskaf.                                                                        (3)

          2.6.2      Noem hoe verbruikers die elektrisiteit wat aan hulle verskaf word,
                     kan beskerm.                                                                    (3)

2.7       Verduidelik die kenmerke van 'n onwettige piramideskema.                                   (4)

2.8       Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Verbruikerinflasie vir Mei het tot 6,5% gestyg. Dit is baie hoër as wat die
          Reserwebank verwag het. Die Reserwebank wil tipies inflasie tussen 3% en
          6% hê. Die opwaartse neiging in inflasie sal die Reserwebank dwing om met
          rentekoersverhogings voort te gaan.

                                                          [Bron: Business Maverick, Junie 2022]

          2.8.1      Noem en verduidelik die instrument wat gebruik word om inflasie te
                     meet.                                                                           (4)

          2.8.2      Voorspel die impak wat rentekoersverhogings                     op    die
                     lewensgehalte van Suid-Afrikaners sal hê.                                       (8)
                                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                            10                                        DBE/2023
                                           SS/NSS

VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING

3.1       Noem VIER maniere waarop 'n persoon wat aan hoë bloeddruk ly, sy/haar
          soutinname kan verminder.                                                                 (4)

3.2       Gee dieetkundige riglyne om met die bestuur van anemie te help.                           (4)

3.3       Gee DRIE voordele van die gebruik van chemiese preserveermiddels in
          voedsel.                                                                                  (3)

3.4       Verduidelik waarom kruie en speserye bestraal word.                                       (2)

3.5       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              'WEES BEDAG OP E. COLI, VERAL OP STRANDE EN IN RIVIERE,'
                   SÊ ETHEKWINI MUNISIPALITEIT IN KWAZULU-NATAL

          As gevolg van rioollekkasies het 'n afval-en-waterbehandelingsdiens-
          maatskappy in Junie 2022 strande en riviere in die omgewing getoets. Hulle
          het gevind dat E. coli-vlakke baie hoog was. Die munisipaliteit het inwoners
          en vakansiegangers afgeraai om te swem en om sardyne en varswatervis te
          vang en te eet omdat baie van die inwoners vir oorlewing van die vis afhanklik
          is.

                                                               [Bron: iol.co.za, 24 Junie 2022]

          Verduidelik hoe E. coli aan mense oorgedra kan word.                                      (6)

3.6       Bestudeer die prent van 'n slagaar hieronder en beantwoord die vrae wat
          volg.

                                                A

                                                                    [Bron: thefhfoundation.org]

          3.6.1      Noem die voedselverwante gesondheidstoestand wat in die prent
                     hierbo verteenwoordig word.                                                    (1)

          3.6.2      Identifiseer stof A wat in die prent hierbo aangedui word.                     (1)

          3.6.3      Beskryf hoe stof A tot koronêre hartsiekte kan bydra.                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                             11                                  DBE/2023
                                            SS/NSS

3.7       Bestudeer die bestanddele van 'n pizza hieronder en beantwoord die vraag
          wat volg.

                                           BESTANDDELE
                            KORS                      BOLAAG

                        Koekmeelblom           Tamatiepasta
                        Eiers                  Origanum
                        Bakpoeier              Skywe sampioene
                        Volroommelk            Olywe
                        Botter                 Gerasperde cheddarkaas
                                                Biefworsies
                                                Russiese worsies ('Russians')
                                                Spek/Macon

          Skryf 'n paragraaf om te bespreek hoe die pizza hierbo NIE tot die bestuur
          van koronêre hartsiekte sal bydra NIE.                                                (8)

3.8       Lees die stelling hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                Voedselsekerheid in Suid-Afrika is deur die onlangse verhoging in
                brandstofpryse beïnvloed.

          Regverdig die stelling hierbo.                                                        (7)
                                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                                 12                                    DBE/2023
                                                SS/NSS

VRAAG 4: KLEDING

4.1       Noem die mode wat 'n styl van 'n vorige era naboots/daarmee ooreenstem.                     (1)

4.2       Gee DRIE stadia in die modesiklus.                                                          (3)

4.3       Verduidelik die term nagemaakte produkte.                                                   (1)

4.4       Lees die stelling hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

           Die omgewing word in ag geneem wannneer eko-vriendelike kleedstowwe
           vervaardig word.

          Staaf hierdie stelling.                                                                     (5)

4.5       Noem VYF riglyne om in ag te neem wanneer hemde/bloeses gekies word
          om vir 'n werk by 'n rekeningkundige firma te dra.                                          (5)

4.6       Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                           1990

                                                            Swart, egte leer, lospassende
                                                             broek wat nie rek nie

                        [Bron: harpersbazaar.com]
                           2023

                                                            Kunsleer, noupassende
                                                             ('skinny') broek wat kan rek om
                                                             by die fatsoen/vorm van die
                                                             liggaam te pas

                                [Bron: thefix.co.za]

          Bespreek hoe veranderinge in tegnologie sedert die 1990's tot die skep van
          die bekostigbare en gemaklike noupassende kunsleerbroeke in 2023 bygedra
          het.                                                                                        (5)
                                                                                                      [20]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                           13                                    DBE/2023
                                          SS/NSS

VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR

5.1       Maak 'n lys van die inligting wat by 'n huurooreenkoms ingesluit moet word.           (3)

5.2       Bestudeer die prent van 'n regopstaande vrieskas hieronder en beantwoord
          die vrae wat volg.

                                                   REGOPSTAANDE VRIESKAS

                                                  Temperatuurbeheer
                                                  Outo-ontvries
                                                  Groot kapasiteit
                                                  Vlekvryestaal-afwerking
                                                  Kan in 'n yskas omgeskakel word
                                                  Wit binnekant met 'n lig
                                                  Wieletjies

                                             Bȇrekoop-koopopsie

                                                                [Aangepas uit amazon.com]

          5.2.1      Beskryf DRIE maniere waarop die regopstaande vrieskas menslike
                     energie bespaar.                                                           (3)

          5.2.2      Verduidelik waarom bȇrekoop 'n geskikte kooptransaksie sal wees
                     vir iemand wat net genoeg kontant het om 'n deposito te betaal.            (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                             14                                    DBE/2023
                                            SS/NSS

5.3        Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

            WATERVAL │ GAUTENG │ SUID-AFRIKA
       KOOP NOU
       VOORDAT DIE PRYS STYG
        10%-AFSLAG             GRATIS HEFFINGS VIR EEN JAAR   GRATIS VERBANDKOSTE

           Top-onderwysfasiliteite &-skole
           Vermaak, top-restaurante en kitskos-verkoopspunte
           Naby die 'Mall of Africa' en Kyalami-renbaan

                             Luukse wooneenhede met uitstekende afwerkings
                     Eksklusiewe leefstylsentrum met 'n volledig toegeruste gimnasium
                     Fantastiese geriewe met 'n spa, funksiekamer & konferensiekamer
                                           Uitstekende sekuriteit

       Ander geriewe sluit in:
        Gereed vir vesel en DStv
        Swembad
        Gimnasium en muurbalbaan
        Gesondheidspa
        Speletjieskamer en kinderspeelarea
        Fliekkamer
                                                                      [Aangepas uit www.balwin.co.za]

           5.3.1       Noem en verduidelik die tipe huiseienaarskap in die advertensie
                       hierbo.                                                                   (3)

           5.3.2       Identifiseer in die advertensie hierbo DRIE dienste wat deur
                       heffings betaal sal word.                                                 (3)

           5.3.3       Beskryf waarom dit finansieel voordelig sal wees om eiendom te
                       koop in die ontwikkeling wat hierbo beskryf word.                         (6)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                            15                                      DBE/2023
                                           SS/NSS

VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP

6.1       Definieer die term teikenmark.                                                          (2)

6.2       Noem TWEE verspreidingsmetodes wat 'n entrepreneur kan gebruik om
          sy/haar produkte te verkoop.                                                            (2)

6.3       Stel VIER maniere voor waarop 'n nuwe entrepreneur goeie
          kliënteverhoudings kan bou om die sukses van sy/haar besigheid te verseker.             (4)

6.4       Verduidelik waarom dit belangrik is om aan produkspesifikasies te voldoen.              (3)

6.5       Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                    EGGSELENT-BESIGHEID

          Nadat sy gesien het hoe verarm haar gemeenskap is, het Lebuhang 'n eier-
          besigheid op 'n klein huurvrye (gratis) stuk grond begin. Sy het
          12 kartonhouers ('trays') met eiers en eierlȇende hoenders by 'n plaaslike
          boer gekoop. Sy verkoop nou vars eiers en geslagte hoenders aan die
          plaaslike gemeenskap.
          'n Vriend het R2 000 aan haar geleen en sy het 'n toelae ter waarde van
          R50 000 van die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap ontvang wat ook 'n
          besigheidsmentor-geleentheid aan haar gebied het. Sy het 'n groter
          hoenderhok laat bou om ten minste 600 eierlȇende hoenders te huisves. Sy
          gee gratis hoendermis ('manure') vir die gemmenskap as bemestingstof vir
          gemeenskapstuine.
          Eggselent verkoop nou eiers aan bakkerye, bed-en-ontbyt-plekke en
          instapklante. Sy bemark en verkoop haar produkte ook aanlyn. Die eiers word
          teen 'n bekostigbare prys verkoop. Sy verpak die eiers in bio-afbreekbare en
          herwinbare materiaal en moedig haar klante aan om hulle eie verpakking te
          bring. Elke Vrydag skenk sy die eiers wat sy nie verkoop het nie aan vroeë
          kinderontwikkelingsentra in haar gemeenskap.

                                                [Aangepas uit Sowetan Live, 6 November 2021]

          6.5.1      Bespreek die volgende faktore wat Lebuhang in ag geneem het toe
                     sy Eggselent as haar kleinskaalse besigheid gekies het:

                     (a)   Beskikbaarheid van finansiële hulpbronne                               (2)

                     (b)   Beskikbaarheid van werkspasie                                          (2)

                     (c)   Beskikbaarheid van grondstowwe                                         (2)

          6.5.2      Beskryf waarom Lebuhang as 'n omgewings-                 en    sosiaal
                     verantwoordelike entrepreneur beskou word.                                   (5)

          6.5.3      Verduidelik waarom dit waarskynlik is dat Eggselent 'n volhoubare,
                     winsgewende besigheid sal wees.                                              (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                           16                                      DBE/2023
                                          SS/NSS

          6.5.4      Lees die inligting hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                     Dit kos R15,00 om een dosyn eiers te produseer. Lebuhang voeg
                     40% wins by.

                     Bereken die wins wat sy op vyf dosyn eiers maak. Toon ALLE
                     berekeninge.                                                              (4)

6.6       Lees die stelling hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

          Beurtkrag het 'n rimpeleffek op kleinskaalse besighede en dwing hulle op
          hulle knieë.
                                                          [Aangepas uit News24, Junie 2022]

          Voorspel die negatiewe finansiële impak wat beurtkrag op kleinskaalse
          besighede en hulle werknemers sal hê.                                                (8)
                                                                                               [40]

                                                                      GROOTTOTAAL:             200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Consumer Studies May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-may-june-2023-eng/9ef08598-99b2-4067-80dc-cb5570c99ef3) — Consumer Studies · QP · 2023 · Eng
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2023-afrikaans/fdfc9f24-8893-4b8f-a1d2-0306a6aec38c) — Consumer Studies · QP · 2023 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2023-english/b34aed9a-4607-47cc-954a-7a8af1fc94b8) — Consumer Studies · QP · 2023 · Eng
- [Consumer Studies Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-nov-2023-afr-1/87b126d1-dfc2-485b-9fb9-77c018550fac) — Consumer Studies · QP · 2023 · Afr
- [Consumer Studies Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-nov-2023-eng-1/22f6ac6a-de15-4eb1-b5db-26244a433d19) — Consumer Studies · QP · 2023 · Eng
- [Consumer Studies May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/c75b3041-40ed-4525-a527-89d46d24112e) — Consumer Studies · QP · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Consumer Studies

- [Gr 12 Con Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-con-stu-atp-2023-24/30b466bf-cc20-45e7-b5ff-3ec01fd619ae) — ATP
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept-2025-afr-watermark/fb3d1aeb-f3d7-4d22-a764-98f925f55ac3) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-may-june-2025-mg-eng/b5925fbc-85d0-4c10-ac9e-a76aafa0391d) — Memo · 2025 · Eng
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/e3e9d053-c332-408f-ac4a-ec420b36e7f8) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Erratum Sept 2024](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-erratum-sept-2024/f34fd578-a6ab-404c-aac5-c5bed951b608) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
