# Consumer Studies Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Consumer Studies question paper from the NSC June Exam 2025 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-may-june-2025-afr/5e8c2119-e036-4272-8708-982eeac07037
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Consumer Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Consumer Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/consumer-studies) › [Consumer Studies Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-may-june-2025-afr/5e8c2119-e036-4272-8708-982eeac07037)

## About this document

Consumer Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                            VERBRUIKERSTUDIES

                                MEI/JUNIE 2025

                                                                    PUNTE: 200

                                                                      TYD: 3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Verbruikerstudies                                     2                    DBE/Mei/Junie 2025
                                               SS/NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.        Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

             VRAAG                 INHOUD                          PUNTE   TYD (minute)
            AFDELING A (Kortvrae)
               1      Kortvrae (Alle onderwerpe)                    40          20
            AFDELING B (Langvrae)
               2      Die Verbruiker                                 40          40
               3      Voedsel en Voeding                             40          40
               4      Kleding                                        20          20
               5      Behuising en Interieur                         20          20
               6      Entrepreneurskap                               40          40
                                             TOTAAL:                200         180

 2.        AL die vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord
           word.

 3.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik word.

 4.        Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

 5.        Jy mag 'n sakrekenaar gebruik.

 6.        Skryf slegs met swart of blou ink.

 7.        Skenk aandag aan spelling en sinskonstruksie.

 8.        Skryf netjies en leesbaar.   2025

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Verbruikerstudies                            3                          DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

 AFDELING A: KORTVRAE

 VRAAG 1

 1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf.
           Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
           (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.21 D.

           1.1.1     'n … stel 'n besigheid van enige aanspreeklikheid vry.

                     A   Afkoelperiode
                     B   Onbillike sakepraktyk
                     C   Uitsluitingsklousule
                     D   Aanvaardingsklousule                                                  (1)

           1.1.2     Die bedrag inkomstebelasting wat Suid-Afrikaners moet betaal,
                     word deur die … bereken.

                     A   Monetêre Beleidskomitee
                     B   Minister van Finansies
                     C   President van Suid-Afrika
                     D   Suid-Afrikaanse Inkomstediens                                         (1)

           1.1.3     Sipho maak ekstra geld deur gesondheidsprodukte te verkoop en
                     ander mense te werf om aan te sluit. Sipho is deel van 'n …

                     A   piramideskema.
                     B   multi-/stapelvlakbemarkingskema.
                     C   stokvel/spaarklub.
                     D   uitvissingskema.                                                      (1)

           1.1.4     'n Voordeel van windenergie:

                     A   Dis nie lawaaierig nie.
                     B   Dit het geen impak op die landskap nie.
                     C   Dis hernubaar.
                     D   Dit het geen impak op die veldlewe nie.                               (1)

           1.1.5     Nadat die huurooreenkoms deur Samantha en haar verhuurder
                     onderteken is, het hy die huurbedrag verhoog sonder om haar in
                     kennis te stel. Dit is 'n voorbeeld van 'n …

                     A   uitsluitingsklousule.
                     B   uitvissingswendelskema.
                     C   vertrouensbreuk.
                     D   onbillike sakepraktyk.                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Verbruikerstudies                            4                        DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

           1.1.6     EEN van die redes waarom bleikmiddel as 'n voedselbymiddel
                     gebruik word, is om …

                     A   voedsel te preserveer.
                     B   bestanddele te bind.
                     C   die smaak te verbeter.
                     D   die kleur te verbeter.                                              (1)

           1.1.7     Identifiseer waarom organiese voedsel duurder as nie-organiese
                     voedsel is:

                     A   Sintetiese bemestingstowwe word gebruik.
                     B   Meer arbeid word gebruik.
                     C   Gewasse groei vinniger.
                     D   Opbrengste is groter.                                               (1)

           1.1.8     Hierdie drankie kan saam met 'n maaltyd geneem word om
                     osteoporose te voorkom:

                     A   Swarttee
                     B   Energiedrankie
                     C   Gegeurde melk
                     D   Druiwesap                                                           (1)

           1.1.9     Die rede waarom hepatitis A lank neem om in die liggaam opgespoor
                     te word:

                     A   Mikroörganismes veroorsaak die siekte
                     B   Oordragmoontlikhede
                     C   Inkubasieperiode
                     D   Tipes simptome                                                      (1)

           1.1.10    Die geskikste versnapering vir 'n diabeet:

                     A   Semelmuffin met laevet-maaskaas
                     B   Witbrood met grondboontjiebotter
                     C   Provita met appelkooskonfyt
                     D   Rogbrood met tuna-mayonnaise                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Verbruikerstudies                            5                              DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

           Bestudeer die prentjie van 'n gholfhemp hieronder en beantwoord
           VRAAG 1.1.11 en 1.1.12.

                                                          Gholfhemp met swart en
                                                          wit horisontale strepe en
                                                          'n wit kraag

                                      [Bron: bash.com]

           1.1.11    Die gholfhemp hierbo is 'n voorbeeld van …

                     A   'n outydse mode.
                     B   hoogmode.
                     C   'n modegier.
                     D   'n klassieke mode.                                                        (1)

           1.1.12    Die strepe op die gholfhemp sal die bolyf … laat vertoon.

                     A   smaller
                     B   breër
                     C   dunner
                     D   langer                                                                    (1)

           Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord VRAAG 1.1.13 wat volg.

                                              [Aangepas met Al Creator]

           1.1.13    Die prentjie hierbo is 'n voorbeeld van 'n …

                     A   etiket.
                     B   handelsnaam.
                     C   logo.
                     D   slagspreuk.                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Verbruikerstudies                            6                           DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

           1.1.14    Die belangrikste faktore om te oorweeg wanneer huishoudelike
                     toestelle gekoop word, is dat dit …

                     A   tyd en energie moet bespaar.
                     B   goedkoop moet wees en modern moet lyk.
                     C   hernubaar en meer doeltreffend moet wees.
                     D   swaar en veilig om te gebruik moet wees.                                 (1)

           1.1.15    Die hoofvoordeel daarvan om 'n voltitelhuis te besit:

                     A   Die eienaar is vir die instandhouding verantwoordelik.
                     B   Die huiseienaarsvereniging dwing die reëls af.
                     C   Die mense wat daar woon, het meer privaatheid.
                     D   Instandhouding is goedkoper as vir 'n deeltitelhuis.                     (1)

           1.1.16    … sal onderbreking van produksie in 'n besigheid voorkom.

                     A   'n Bemarkingsplan
                     B   Kliëntebetrekkinge
                     C   Gehaltebeheer
                     D   Instandhouding van gereedskap                                            (1)

           1.1.17    Om goeie beheer van finansiële rekords in 'n besigheid te hou,
                     sal …

                     A   meer klante lok om by die besigheid te koop.
                     B   verseker dat daar genoeg geld is om grondstowwe te koop.
                     C   verseker dat daar geld vir personeelbonusse is.
                     D   toelaat dat nuwe gereedskap gereeld gekoop kan word.                     (1)

           1.1.18    Voorraadbeheer in 'n besigheid sal verseker dat …

                     A   die goedkoopste voorraad gekoop word.
                     B   die produkte dieselfde lyk.
                     C   minder tyd en geld vermors word.
                     D   werkers vir oortydwerk betaal word.                                      (1)

           1.1.19    Gehaltegrondstowwe …

                     A   is altyd hernubaar en herbruikbaar.
                     B   word slegs deur bekende handelsname voorsien.
                     C   word slegs vir bederfbare items benodig.
                     D   sal die finale produk affekteer.                                         (1)

           1.1.20    'n Verantwoordelike verbruiker sal produkte koop met verpakking
                     wat … is.

                     A   van ingevoerde grondstowwe gemaak
                     B   van bioafbreekbare materiaal gemaak
                     C   sterk genoeg vir die produk
                     D   maklik om te dra en te vervoer                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Verbruikerstudies                               7                            DBE/Mei/Junie 2025
                                         SS/NSS Vertroulik

 1.2       Gee EEN term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
           langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

            1.2.1        Die tydperk wat die wet 'n verbruiker gee om 'n ooreenkoms sonder
                         enige finansiële implikasies te kanselleer

            1.2.2        'n Wettige ooreenkoms tussen twee of meer partye

            1.2.3        'n Belofte dat 'n produk vir 'n bepaalde tydperk in 'n werkende
                         toestand sal bly

            1.2.4        Wettige ingevoerde goedere wat sonder die toestemming van die
                         vervaardiger verkoop word                              (4 x 1)            (4)

 1.3       Kies VIER voordele van geneties gemodifiseerde voedsel uit die lys hieronder.
           Skryf slegs die letters (A–H) langs die vraagnommer (1.3) in die
           ANTWOORDEBOEK neer.

           A        Dit het 'n langer raklewe.
           B        Produksiekoste is dieselfde as vir konvensionele voedsel.
           C        Produksiekoste is laer.
           D        Daar is geen kommer oor voedselallergieë nie.
           E        Produkte het 'n verbeterde tekstuur, geur en voorkoms.
           F        Etikette dui die teenwoordigheid van geneties gemodifiseerde
                    bestanddele duidelik aan.
           G        Dit is sonder hormone en stimulante.
           H        Minder plaagdoders hoef gebruik te word, wat goed is vir die omgewing.         (4)

 1.4       Pas die ontvanger van betaling in KOLOM B by 'n behuisingskoste in
           KOLOM A. Skryf slegs die letter (A−G) langs die vraagnommers
           (1.4.1 tot 1.4.4) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.5 H.

                     KOLOM A                                  KOLOM B
                 BEHUISINGSKOSTE                       ONTVANGER VAN BETALING
           1.4.1    Munisipale belasting          A    bank

           1.4.2         Heffing                  B     verhuurder

           1.4.3         Verband                  C     munisipaliteit

           1.4.4         Huur                     D     koper

                                                  E     verkoper

                                                  F     huiseienaarsvereniging

                                                  G     transportbesorgers
                                                                                      (4 x 1)      (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Verbruikerstudies                            8                             DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

 1.5       Kies DRIE riglyne uit die lys hieronder wat in ag geneem moet word wanneer
           geskikte bykomstighede vir die werksplek gekies word. Skryf slegs die letters
           (A–F) langs die vraagnommer (1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

           A    Dit moet altyd klassiek wees.
           B    Dit moet by jou persoonlikheid pas.
           C    Kombineer kleure wat vir jou gelaatskleur geskik is.
           D    Koop bykomstighede wat slegs vir een seisoen sal hou.
           E    Koop goedkoper items.
           F    Dit moet van hernubare materiaal gemaak wees.                                     (3)

 1.6       Karen verkoop kinderprodukte. Pas die voorbeelde in KOLOM B by die
           5 P's-bemarkingstrategie in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A−H) langs die
           vraagnommers (1.6.1 tot 1.6.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.6.6 I.

                     KOLOM A                                  KOLOM B
            5 P's-BEMARKINGSTRATEGIE                        VOORBEELDE
           1.6.1     Prys                      A     ouers en grootouers van kleuters

           1.6.2      Produk                   B     stalletjie buite die plaaslike
                                                     winkelsentrum
           1.6.3      Promosie
                                               C     ontvang bestellings oor die foon
           1.6.4      Persone
                                               D     produkte is goedkoop
           1.6.5      Plek
                                               E     6 maande-waarborg op produkte

                                               F     koop een, kry 50%-afslag op die
                                                     tweede een

                                               G     elektroniese Kiddo-tablette

                                               H     aflewering binne 14 dae vanaf
                                                     bestelling
                                                                                 (5 x 1)          (5)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:              40

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Verbruikerstudies                              9                               DBE/Mei/Junie 2025
                                        SS/NSS Vertroulik

 AFDELING B: LANGVRAE

 VRAAG 2: DIE VERBRUIKER

 2.1       Noem die instrument wat gebruik word om die veranderinge in die koste van
           goedere en dienste gedurende 'n spesifieke tydperk te meet.                                (1)

 2.2       Gee TWEE voorbeelde van ELK van die volgende belastings wat deur
           verbruikers betaal word:

           2.2.1      Direkte belasting                                                               (2)

           2.2.2      Indirekte belasting                                                             (2)

 2.3       Verduidelik wat die inflasiekoers is.                                                      (2)

 2.4       Maak 'n lys van DRIE maniere om water te bespaar wanneer skottelgoed met
           die hand en/of met 'n skottelgoedwasser gewas word.                                        (3)

 2.5       Noem TWEE dienste wat munisipaliteite vir ontspanning aan gemeenskappe
           verskaf.                                                                                   (2)

 2.6       Noem VIER eienskappe van 'n onwettige piramideskema.                                       (4)

 2.7       Onderskei tussen 'n werk-van-die-huis-af-slenter/swendelskema en 'n lotery-
           swendelskema.                                                       (2 x 2)                (4)

 2.8       Bespreek die voordele daarvan om met gas te kook.                                          (4)

 2.9       Bespreek die voordele van die gebruik van sonkrag wanneer water verhit word.               (4)

 2.10      Lees die stelling hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

           Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) het op 19 September 2024 die
           repokoers met 25 bps (basispunte) tot 8% verlaag.

                                            [Aangepas uit die Mail & Guardian, 19 September 2024]

           Skryf 'n paragraaf om die voordele en nadele te bespreek van 'n verlaging van
           die repokoers vir verbruikers wat rente op lenings betaal en vir verbruikers wat
           rente op spaargeld ontvang.                                                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Verbruikerstudies                            10                              DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

 2.11      Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                     PLASTIEKPAAIE HET 'N BLINK TOEKOMS IN SUID-AFRIKA

           'n Loodsprojek vir plastiek-geïntegreerde paaie in die Kouga-munisipaliteit in
           die Oos-Kaap het positiewe resultate gelewer, wat 'n blink toekoms vir hierdie
           tipe tegnologie vir paaie in die vooruitsig stel. Die gemeenskap versamel en
           verkoop gebruikte plastiekverpakking by die herwinningsentrums. Die
           munisipaliteit het ook herwinningsblikke oral in die gemeenskap geplaas.

           'n Strook van 300 m van 'n straat gebruik amper 700 kg herwinde plastiekafval.
           Die munisipaliteit het gesê dat 1,5 ton plastiek gelyk is aan 1,8 miljoen enkel-
           gebruikte sakke wat vir 1 km van 'n pad gebruik kan word. In Maart 2019 is die
           eerste pad gebou, en dit was steeds in 'n baie beter toestand in 2023 as 'n
           teerpad wat in 2019 gebou is.

                                                      [Aangepas uit Top Auto, 9 September 2024]

           Bespreek die positiewe impak wat die bou van plastiek-geïntegreerde paaie op
           munisipale dienslewering en die gemeenskap sal hê.                                       (8)
                                                                                                    [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Verbruikerstudies                             11                            DBE/Mei/Junie 2025
                                        SS/NSS Vertroulik

 VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING

 3.1       Verduidelik die term hiperglukemie.                                                     (2)

 3.2       Verduidelik die funksie van die hormoon insulien.                                       (2)

 3.3       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

           John oefen uitermatig en neem hoë GI-voedsel in ter voorbereiding vir die
           Comrades-maraton.

           Bespreek waarom John waarskynlik aan hipoglukemie ly.                                   (3)

 3.4       Bespreek hoe voedselbestraling voedselveiligheid verbeter.                              (4)

 3.5       Lees die stelling hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

           Suid-Afrika ervaar aanhoudend 'n waterkrisis.

           Verduidelik hoe watertekorte tot voedseloordraagbare siektes kan bydra.                 (6)

 3.6       Beskryf hoe die volgende faktore tot voedselonsekerheid in Suid-Afrika bydra:

           3.6.1      Verhoging in voedselpryse                                                    (3)

           3.6.2      Verhoging in elektrisiteitspryse                                             (3)

 3.7       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

           Mary is 'n 22-jarige student met 'n suiwelallergie. Sy is obsessief oor haar gewig
           en sy eet nie ontbyt nie. Sy drink elke dag 'n paar koppies koffie en volg 'n
           hoë-proteïen-dieet.

                                                                                     [Eie teks]

           Gee Mary dieetkundige raad om te voorkom dat sy later in haar lewe
           osteoporose ontwikkel.                                                                  (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Verbruikerstudies                             12                             DBE/Mei/Junie 2025
                                        SS/NSS Vertroulik

 3.8       Bestudeer die inligting in die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     2 MINUTE-NOEDELS                  Etiket-inligting: Per 100 g

                                                         Energie          1 800 kilojoules
                                                         Proteïene        9,7 g
                                                         Koolhidrate      62 g
                                                         Totale Suiker    3,5 g
                                                         Totale Vet       15,0 g
                                                         Vesel            2,4 g
                                                         Natrium          724 mg

                                                       Bestanddele:
                                                       Koringmeel, plantolie, kaliumsout,
                                                       mieliestysel, stabiliseerders, bruin-
                                                       suiker, knoffelpoeier, kruie,
                                                       sitroensuur, riboflavien,
                                                       mononatriumglutamaat

                                                                 [Aangepas uit Maggi Noodles]

           3.8.1     2 Minute-noedels het 'n stapelvoedsel vir baie Suid-Afrikaanse
                     gesinne geword. Identifiseer die bestanddele, wat die volgende
                     funksies verrig, in die lys van bestanddele:

                     (a)   Stabiliseer die bestanddele                                              (1)

                     (b)   Verbeter die voedingswaarde                                              (1)

                     (c)   Bevorder die geur                                                        (1)

           3.8.2     2 Minute-noedels is nie geskik vir 'n persoon wat diabetes het nie.

                     Regverdig die stelling hierbo.                                                 (8)
                                                                                                    [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Verbruikerstudies                                13                             DBE/Mei/Junie 2025
                                           SS/NSS Vertroulik

 VRAAG 4: KLEDING

 4.1       Noem die stadium in die modesiklus waar 'n mode:

           4.1.1      Aanvaar word                                                                     (1)

           4.1.2      Gewildheid bereik                                                                (1)

           4.1.3      Verdwyn                                                                          (1)

 4.2       Noem TWEE ekonomiese faktore wat modeveranderinge beïnvloed.                                (2)

 4.3       Verduidelik VIER voordele om klassieke meng-en-pas-klere-items in 'n
           klerekas vir die werksplek te hê.                                                           (4)

 4.4       Ekomode kan help om die natuurlike omgewing volhoubaar te hou.

           Motiveer die stelling hierbo.                                                               (5)

 4.5       Bestudeer die uitrusting hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                                        •      Swart moulose rok wat onder die
                                                               knie eindig
                                                        •      Word gedra met 'n wit bloes met
                                                               'n strikdas en klokvormige moue
                                                        •      Swart skoene met 'n medium hak
                                                               met diamantdetail voorop

                                                                                 [Bron: Pinterest]

           Evalueer die geskiktheid van die uitrusting hierbo vir die professionele
           werksplek.                                                                                  (6)
                                                                                                       [20]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

Verbruikerstudies                            14                               DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

 VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR

 5.1       Noem TWEE finansiële verantwoordelikhede van 'n huurder.                                  (2)

 5.2       Maak 'n lys van DRIE finansiële verantwoordelikhede van die eienaar van 'n
           voltiteleiendom.                                                                          (3)

 5.3       Huishoudelike toestelle kan met 'n afbetalingskooptransaksie gekoop word.

           Noem die volgende:

           5.3.1      TWEE voordele van die gebruik van 'n afbetalingskooptransaksie                 (2)

           5.3.2      TWEE nadele van die gebruik van 'n afbetalingskooptransaksie                   (2)

 5.4       Bespreek deeltiteleienaarskap met betrekking tot veiligheid en sekuriteit.                (4)

 5.5       Bestudeer die prentjie en inligting oor 'n wasmasjien hieronder en beantwoord
           die vrae wat volg.

                    BOLAAIER-ECOBOOST-
                       WASMASJIEN                    •     EcoBOOST-tegnologie verlaag
                                                           watertemperatuur

                                                     •     Verhoog tuimel-/spinspoed

                                                     •     Bewaar energie sonder om
                                                           skoonmaakkrag op te offer

                                                     •     'Smart'-kenmerk laat die
                                                           wasmasjien met 'n slimfoon
                                                           koppel

                                                     •     Geskik vir groot ladings

                                                     •     Waterbewaring deur die
                                                           hoeveelheid water benodig, te
                                                           verminder

                                                     •     Ladingsensortegnologie

                                                                    [Bron: Designer Appliances]

           Verduidelik hoe die EcoBOOST-wasmasjien met die volgende help:

           5.5.1      Besparing van menslike energie en tyd                                          (3)

           5.5.2      Positiewe bydrae tot die natuurlike omgewing                                   (4)
                                                                                                     [20]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Verbruikerstudies                            15                            DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

 VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP
 6.1       Verduidelik ELK van die volgende terme:
           6.1.1     Gehaltebeheer                                                              (2)
           6.1.2     Produkspesifikasie                                                         (2)
           6.1.3     Finansiële uitvoerbaarheidstudie                                           (2)
 6.2       Noem en bespreek TWEE prysbepalingstrategieë wat 'n besigheid kan kies om
           die pryse van hulle produkte en dienste te bepaal.                 (2 x 2)           (4)
 6.3       Verduidelik waarom die higiëne van werkers in 'n werksplek belangrik is.             (3)
 6.4       Bespreek TWEE voordele van opgeleide personeellede vir 'n entrepreneur.
                                                                              (2 x 2)           (4)
 6.5       Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           Norris Phaswana het 'n kleinskaalse besigheid op die ouderdom van 15 begin
           wat hom gehelp het om vir sy gesin te voorsien. Hy het los werk gedoen en
           R1 000 gespaar om sy piesangbesigheid te begin.
           Hy het eers twee bokse piesangs by 'n nabygeleë plaas gekoop en alles aan
           sy bure verkoop. Sy gesin het pamflette met inligting oor die produk en die
           pryse versprei. Norris was baie passievol oor sy besigheid en het al die wins in
           sy besigheid herbelê. Hy het twee mense gehuur om hom te help om in meer
           gebiede te verkoop. Sy besigheid het gegroei en hy het begin om ook naartjies
           en vars spinasie te verkoop. Onderwysers in naburige skole kon die produkte
           bestel wat hy op sekere dae afgelewer het. Norris het sy produkte in
           deurskynende plastieksakke verpak.
                                                               [Aangepas uit Groundup.org.za]

           6.5.1     Identifiseer hoe Norris se besigheid bevorder is (promosie).               (1)
           6.5.2     Norris verpak sy produkte in deurskynende plastieksakke.
                     Verduidelik waarom die verpakking vir Norris se produkte geskik is.        (4)
           6.5.3     Verduidelik TWEE faktore wat Norris beïnvloed het om sy
                     kleinskaalse besigheid te begin.                   (2 x 2)                 (4)
           6.5.4     Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                     Norris koop piesangs vir R100 per boks. In elke boks is daar
                     80 piesangs. Hy voeg 55% as sy winsopslag by.

                     Bereken die verkoopprys van VYF piesangs. Toon ALLE
                     berekeninge.                                                               (5)
           6.5.5     Norris se besigheid sal waarskynlik voortgaan om winsgewend te
                     wees.
                     Regverdig hierdie stelling.                                                (9)
                                                                                                [40]
                                                                  TOTAAL AFDELING B:            160
                                                                      GROOTTOTAAL:              200
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef) — Consumer Studies · Memo · 2025 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2023-afrikaans/fdfc9f24-8893-4b8f-a1d2-0306a6aec38c) — Consumer Studies · QP · 2023 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2022-afrikaans/c2f752f1-5d69-4041-8eb9-4c60bc6d88fa) — Consumer Studies · QP · 2022 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2021-afrikaans/ac111d70-a8f0-44a9-bfcd-9a514a82e50f) — Consumer Studies · QP · 2021 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2020-afrikaans/5f90ec47-4a8b-4c6e-815c-04d8b52198b9) — Consumer Studies · QP · 2020 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept-2019-afrikaans/a68982e0-d138-491e-979d-53376d2f0131) — Consumer Studies · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Consumer Studies

- [Gr 12 Con Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-con-stu-atp-2023-24/30b466bf-cc20-45e7-b5ff-3ec01fd619ae) — ATP
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept-2025-afr-watermark/fb3d1aeb-f3d7-4d22-a764-98f925f55ac3) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/e3e9d053-c332-408f-ac4a-ec420b36e7f8) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Erratum Sept 2024](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-erratum-sept-2024/f34fd578-a6ab-404c-aac5-c5bed951b608) — Errata · 2024
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept2024-afrikaans/4cdd0364-7e2e-4ee3-bf0d-aeb9f7ea7fd5) — Memo · 2024 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept2023-afrikaans/0a98515a-1586-47dd-9d92-73d539d261d1) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
