# Consumer Studies Grade 12 NSC November 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Consumer Studies question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-nov-2018-afr/fe9e9dba-d39a-4019-9ed3-d64140220ef9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Consumer Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Consumer Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/consumer-studies) › [Consumer Studies Grade 12 NSC November 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-nov-2018-afr/fe9e9dba-d39a-4019-9ed3-d64140220ef9)

## About this document

Consumer Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                     GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                               VERBRUIKERSTUDIES

                                  NOVEMBER 2018

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                               2                     DBE/November 2018
                                               NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

             VRAAG                   INHOUD               PUNTE      TYD (minute)
               1         Kortvrae (Al die onderwerpe)       40            20
               2         Die Verbruiker                     20            20
               3         Voedsel en Voeding                 40            40
               4         Kleding                            20            20
               5         Behuising en Interieur             40            40
               6         Entrepreneurskap                   40            40
                                                TOTAAL:    200           180

2.        AL die vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK
          beantwoord word.

3.        Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
          gebruik is.

4.        Begin ELKE VRAAG op 'n NUWE bladsy.

5.        Jy mag 'n sakrekenaar gebruik.

6.        Skryf slegs met swart of blou ink.

7.        Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                              3                          DBE/November 2018
                                              NSS

VRAAG 1: KORTVRAE
1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.21 D.
          1.1.1       Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens …
                      A   keur produkte van 'n hoë gehalte goed.
                      B   bepaal die inflasiekoers.
                      C   ontvang en oorhandig belastinggeld.
                      D   reguleer die boubedryf.                                                 (1)
          1.1.2       Die repokoers is die rente wat deur … gehef word.
                      A   meubelwinkels
                      B   die Nasionale Kredietreguleerder
                      C   banke vir huislenings
                      D   die Reserwebank                                                         (1)
          1.1.3       'n Voordeel van windenergie:
                      A   Veroorsaak lugbesoedeling
                      B   Veilig vir voëllewe
                      C   Het geen invloed op landskappe nie
                      D   Wind waai altyd                                                         (1)
          1.1.4       Die gebruik van antioksidante as voedselbymiddels voorkom …
                      A   allergieë en skeiding.
                      B   verkleuring en galsterigheid.
                      C   galsterigheid en allergieë.
                      D   skeiding en verkleuring.                                                (1)

          1.1.5       Beperkte voedselinname tot die punt van gevaarlike gewigsverlies
                      toe:
                      A   Wanvoeding
                      B   Bulimia
                      C   Anorexia
                      D   Dieet                                                                   (1)
          1.1.6       'n Beperkte vetinname sal help met die bestuur van …
                      A   anemie.
                      B   anorexia.
                      C   diabetes.
                      D   osteoporose.                                                            (1)
          1.1.7       'n Voedselkombinasie wat help met die vorming van rooibloedselle:
                      A   Tamatieslaai en gestoofde lewer
                      B   Diepgebraaide aartappelskyfies en vis
                      C   Macaroni en maalvleis
                      D   Wortelslaai en oondgebraaide hoender                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                               4                            DBE/November 2018
                                               NSS

          1.1.8       'n Geskikte keuse vir ontbyt vir 'n persoon wat aan seliaksiekte ly:

                      A   All Bran-vlokkies
                      B   Jungle-hawermout
                      C   Weet-Bix
                      D   Mieliepap                                                                  (1)

          1.1.9       Ekovriendelike kleedstowwe …

                      A   is klassieke modes.
                      B   het 'n lae koolstofvoetspoor.
                      C   bevat nie enige kleurstowwe nie.
                      D   word van geregenereerde vesels gemaak.                                     (1)

          1.1.10      'n Persoon met 'n ovaal liggaamsvorm moet klere met … dra.

                      A   gekurfde lyne en analoë kleure
                      B   donker kleure en 'n kontrasterende belt
                      C   horisontale lyne en ligte kleure
                      D   monochromatiese kleure en vertikale lyne                                   (1)

          1.1.11      'n Aanvangsfooi word gehef deur 'n …

                      A   bank om eiendom te assesseer.
                      B   aktekantoor vir die registrasie van 'n verbandlening.
                      C   bank om 'n huisleningaansoek te verwerk.
                      D   prokureur wat 'n verbanddokument opstel.                                   (1)

          1.1.12      Heffings moet deur … betaal word.

                      A   bouers
                      B   deeltiteleienaars
                      C   voltiteleienaars
                      D   huurders                                                                   (1)

          1.1.13      Die opsie by aanskaf van huisvesting wat ruimte laat vir die meeste
                      kreatiwiteit:

                      A   Bou eie huis
                      B   Huur 'n huis
                      C   Koop 'n voltitelhuis
                      D   Koop 'n deeltitelhuis                                                      (1)

          1.1.14      'n Verantwoordelikheid van 'n deeltitelhuiseienaar:

                      A   Maak die swembad skoon
                      B   Verf die buitemure van die eenheid
                      C   Betaal die elektrisiteit wat in die eenheid verbruik is
                      D   Werk in die gemeenskaplike tuin                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                                 5                       DBE/November 2018
                                                 NSS

          1.1.15      'n Verbruiker kwalifiseer vir 'n regeringsbehuisingsubsidie indien
                      hy/sy …
                      A   voorheen eiendom besit het en ouer as 21 jaar is.
                      B   R3 000,00 per maand verdien en 'n tweede huis wil koop.
                      C   geen finansiële afhanklikes het nie en vir die eerste keer 'n
                          huiseienaar is.
                      D   finansiële afhanklikes het en R3 300,00 per maand verdien.             (1)

          1.1.16      Winsopslag sluit ... in.
                      A   bokoste en profyt/wins
                      B   verpakking en grondstowwe
                      C   profyt/wins en verpakking
                      D   grondstowwe en bokoste                                                 (1)

          1.1.17      Dit sal 'n entrepreneur help om te besluit of hy/sy met 'n
                      besigheidsidee moet voortgaan:
                      A   Kontantvloeiprojeksie
                      B   Berekening van winsopslag
                      C   Finansiële uitvoerbaarheidstudie
                      D   Kwaliteitsbeheer                                                       (1)

          1.1.18      Om aan spesifikasies te voldoen, …
                      A   help met die noukeurige beheer van finansies.
                      B   verseker dat produkte altyd dieselfde is.
                      C   maak personeelopleiding makliker.
                      D   stel 'n standaard vir verpakking.                                      (1)

          1.1.19      Die betekenis van volhoubare produksie en verbruik:
                      A   Bepaal die spesifikasie van die produk
                      B   Maak op die lange duur 'n profyt/wins
                      C   Verminder besoedeling en afval
                      D   Verkry langtermyn finansiële hulpbronne                                (1)

          1.1.20      'n Beste-verkope-scenario sal plaasvind indien 'n besigheid …
                      A   langtermyndoelwitte het.
                      B   elke maand 'n profyt/wins maak.
                      C   genoeg produkte vervaardig om gelyk te breek.
                      D   'n bemarker aanstel om die reklame te doen.                            (1)

1.2       Kies DRIE faktore uit die lys hieronder wat die doeltreffende vervaardiging
          van kwaliteitsprodukte beïnvloed. Skryf slegs die letters (A–F) langs die
          vraagnommer (1.2) in die ANTWOORDEBOEK neer.
          A     Verbruikersaanklank
          B     Kliëntebetrekkinge
          C     Beplanning
          D     Kwaliteitsbeheer
          E     Vermindering van afval
          F     Voorraadbeheer                                                                   (3)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                             6                             DBE/November 2018
                                             NSS

1.3       Identifiseer die stadium in die modesiklus vir ELK van die beskrywings
          hieronder. Skryf slegs die stadium langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.4) in
          die ANTWOORDEBOEK neer.

          1.3.1       Belangstelling in die mode-item neem geleidelik af.                          (1)

          1.3.2       Die mode-item is duur en by ontwerpers beskikbaar.                           (1)

          1.3.3       Die mode-item is nie meer in kettingwinkels beskikbaar nie.                  (1)

          1.3.4       Die mode-item word in groot getalle vervaardig en is goedkoper.              (1)

1.4       Kies 'n beskrywing in KOLOM B wat by die tipe kontrak in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6 H.

                   KOLOM A                                    KOLOM B
                TIPE KONTRAK                                BESKRYWING
          1.4.1    Versekeringskontrak A           die bank betaal die prys van die
                                                   eiendom namens die verbruiker
          1.4.2       Huurkoopkontrak
                                            B      die eienaar van die eiendom gee
          1.4.3       Verbandkontrak               toestemming aan 'n verbruiker om die
                                                   eiendom teen 'n vasgestelde
          1.4.4       Huurkontrak                  maandelikse paaiement te gebruik

          1.4.5       Selfoonkontrak        C      die winkel hou die item totdat die
                                                   uitstaande balans ten volle betaal is

                                            D      die kleinhandelaar vergoed die
                                                   verbruiker in die geval van die verlies
                                                   van 'n spesifieke item

                                            E      twee of meer verbruikers kom ooreen
                                                   om ewe veel geld by te dra om 'n item
                                                   te koop

                                            F      die verbruiker ontvang dikwels 'n gratis
                                                   produk, maar moet vir 'n aantal
                                                   maande subskripsiegeld betaal

                                            G      die kleinhandelaar laat toe dat die
                                                   verbruiker die item gebruik terwyl hy/sy
                                                   die uitstaande balans in maandelikse
                                                   paaiemente betaal
                                                                                     (5 x 1)       (5)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                             7                           DBE/November 2018
                                             NSS

1.5       Identifiseer DRIE KORREKTE stellings in die lys hieronder oor die verbruik
          van nie-menslike energie deur huishoudelike toestelle. Skryf slegs die letters
          (A–F) langs die vraagnommer (1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

          A     'n Vol koelkas gebruik minder energie.
          B     Induksiekookblaaie bespaar elektrisiteit.
          C     Mikrogolfoonde is energiedoeltreffend.
          D     Spiraalstoofplate gebruik meer energie as soliede stoofplate om warm te
                word.
          E     Tuimeldroërs is energiedoeltreffend.
          F     Regop vrieskaste gebruik minder elektrisiteit as kisvrieskaste.                   (3)

1.6       Identifiseer VYF KORREKTE stellings in die lys hieronder oor hoë bloeddruk.
          Skryf slegs die letters (A–J) langs die vraagnommer (1.6) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

          A     Vermy geprosesseerde voedsel.
          B     Verbruik genoeg kalium, magnesium en kalsium.
          C     Eet genoeg hoender en vis.
          D     Dit word deur oormatige natriuminname veroorsaak.
          E     Sluit vitamien C by die dieet in om met die absorpsie van natrium te help.
          F     Dit verhoog die hart se werklading.
          G     Normale bloeddruk is 140/90.
          H     Mense met anemie is meer geneig om aan hoë bloeddruk te ly.
          I     Verminder die inname van eiers.
          J     Die wande van die groter slagare verloor hulle natuurlike elastisiteit.           (5)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                                  8                                 DBE/November 2018
                                                  NSS

VRAAG 2: DIE VERBRUIKER

2.1       Definieer die term stokvel.                                                                        (1)

2.2       2.2.1       Gee die tydraamwerk vir 'n afkoeltydperk soos van toepassing op
                      die teken van 'n kontrak.                                                              (1)

          2.2.2       Noem onder watter omstandighede 'n afkoeltydperk van
                      toepassing is wanneer direkte bemarking vir 'n verkoopstransaksie
                      gebruik is.                                                                            (2)

2.3       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          'n Entrepreneur ontvang 'n telefoonoproep. Die persoon wat skakel, sê dat hy
          inligting oor een van die entrepreneur se werknemers het wat voorraad steel
          en dit verkoop. Hy sê dat hy 'n ontmoeting met hierdie werknemer gereël het
          om hom aan die kaak te stel. Hy noem 'n bedrag wat nodig is om die
          gesteelde goedere te koop, maar hy het nie die geld nie. Hy versoek dan dat
          die geld na hom oorgeplaas word sodat hy die verkoopstransaksie kan opstel
          en die entrepreneur kan help om die werknemer uit te vang.
                                                                                              [Eie teks]

          2.3.1       Noem die tipe saketransaksie wat in die scenario duidelik is.                          (1)

          2.3.2       Voorspel wat waarskynlik sal gebeur wanneer die geld oorgeplaas
                      word.                                                                                  (2)

2.4       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       NUWE MANIERE VIR WATERDOELTREFFENDHEID

          Ons spoel bykans 'n kwart van die water wat ons gebruik, in die toilet af.
          Ons huishoudelike waterverbruik kan in die somer verdubbel wanneer ons
          ons tuine natlei!

                      [Bron: http://energy.vi.gov/resources/publications/fact-sheets/water-conservation]

          Stel voor hoe water meer doeltreffend gebruik kan word deur te verwys na:

          2.4.1       Toilette                                                                               (2)

          2.4.2       Plante                                                                                 (2)

2.5       Volgens Statistiek Suid-Afrika spandeer munisipaliteite meer as 20% van
          hulle inkomste aan elektrisiteit. Verduidelik waarop hierdie geld spandeer
          word.                                                                                              (3)

2.6       Verduidelik die onderlinge verband tussen die verdien van 'n hoë salaris en
          die betaal van belasting.                                            (3 x 2)                       (6)
                                                                                                             [20]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                                9                        DBE/November 2018
                                                NSS

VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING

3.1       Gee TWEE redes waarom stabiliseerders by voedsel gevoeg word.                          (2)

3.2       Voedseletikette beskerm verbruikers, verskaf inligting en help met die keuse
          van voedselitems vir 'n gesonde dieet. Noem die inligting op 'n voedseletiket
          wat aan hierdie doelwitte voldoen.                                                     (4)

3.3       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Nicole is 'n 55-jarige vrywillige verpleegassistent met 'n lang geskiedenis van
          vetsug. Sy geniet koek, sjokolade, gebraaide vleis en gasdrankies. Sy is baie
          onaktief. Sy het onlangs begin om outomaties baie gewig te verloor; sy bly
          moeg en dors en sukkel met infeksies wat nie vinnig genees nie.
          Sy verloor geleidelik gevoel in haar voete en bene. Die dokter het gewaarsku
          dat haar cholesterolvlakke hoog is, al het sy nog nie arteriosklerose of hoë
          bloeddruk nie. Hy het aanbeveel dat sy mono-onversadigde vette inneem en
          fisiese oefeninge doen.
                                                                                    [Eie teks]

          3.3.1       Definieer die gesondheidstoestand vetsug.                                  (2)

          3.3.2       Gee EEN rede vir Nicole se vetsug.                                         (2)

          3.3.3       (a)   Behalwe     vetsug,    identifiseer die  voedselverwante
                            gesondheidstoestand waaraan Nicole ly as gevolg van haar
                            hoë koolhidraatinname.                                               (1)

                      (b)   Verduidelik die oorsake van die voedselverwante
                            gesondheidstoestand wat in VRAAG 3.3.3(a) geïdentifiseer
                            is.                                                                  (5)

          3.3.4       Nicole was bekommerd dat sy moontlik MIV-positief is. Gee TWEE
                      redes vir haar kommer.                                                     (2)

          3.3.5       Verduidelik waarom Nicole se cholesterolvlakke hoog is.                    (6)

          3.3.6       Beskryf die voordele van die volgende vir Nicole:

                      (a)   Fisiese oefeninge                                                    (2)

                      (b)   Die insluit van mono-onversadigde vette by haar dieet                (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                               10                            DBE/November 2018
                                               NSS

3.4       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Volgens voedselveiligheidsregulasies is Listeria 'n bakterie wat in grond,
          water en plantegroei voorkom. Dit kan ook in sommige diere, soos pluimvee
          en beeste, voorkom. Rou melk en voedsel gemaak van rou melk, kan draers
          van die bakterieë wees en goedkoper geprosesseerde vleis kan 'n bron van
          Listeria wees.

          Die meeste mense wat met Listeria besmet is, herstel binne sewe dae.
          Diegene met 'n swak immuniteitstelsel, bv. ouer volwassenes, babas of
          swanger vroue, benodig dringende mediese sorg. Behandeling behels óf 'n
          kursus antibiotika óf vloeistowwe deur 'n drup.

          Die behandeling van listeriose is gewoonlik simptomaties en hang van die
          erns van die siekte af. Indien die infeksie ernstig is, kan antibiotika aanbeveel
          word.
                                [Bron: www.cgcsa.co.za, www.fedhealth.co.za, wwww.health.gov.za]

          3.4.1       Verduidelik hoe swak voedselhigiëne van verbruikers wat in
                      landelike gebiede woon, tot die oordrag van listeriose bydra.
                                                                                    (2 x 2)              (4)

          3.4.2       Bespreek    waarom    listeriose    verbruikers          in      die    lae
                      sosio-ekonomiese groep so maklik affekteer.                         (4 x 2)        (8)
                                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                                  11                      DBE/November 2018
                                                  NSS

VRAAG 4: KLEDING

4.1       Gee VIER voorstelle waarop verbruikers volhoubare tekstiele kan ondersteun
          wanneer hulle kledingitems koop.                                                         (4)

4.2       Verduidelik wat organiese katoen is.                                                     (1)

4.3       Bestudeer die prentjie en inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           Hierdie uitrusting bestaan uit:

           •        'n Vlootblou pak klere
                    (noupassende baadjie en
                    broek)
           •        Ligblou/Hemelsblou hemp
           •        Lig- en donkerbruin geruite
                    das met 'n 1970's-voorkoms
           •        Sakdoek met lig- en
                    donkerblou en bruin patrone
           •        Donkerbruin skoene, aktetas
                    en horlosiebandjie van egte
                    leer
           •        Bril met donkerbruin raam

                          [Bron: www.pinterest.com]

          4.3.1         (a)   Identifiseer die kledingitem     wat   'n   voorbeeld     van
                              retrospektiewe mode is.                                              (1)

                        (b)   Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.3.1(a).                             (1)

          4.3.2         Beskryf die optiese illusie wat deur die volgende items in die
                        uitrusting hierbo geskep word wanneer dit deur 'n jong volwassene
                        gedra word:

                        (a)   Hemp                                                                 (2)

                        (b)   Pak klere                                                            (2)

          4.3.3         Skryf 'n paragraaf om die veelsydigheid van die vlootblou pak klere
                        te bespreek.                                                               (4)

          4.3.4         Analiseer waarom die gekose bykomstighede noukeurig gekies is.             (5)
                                                                                                   [20]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                             12                          DBE/November 2018
                                             NSS

VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR

5.1       Noem DRIE tipes maandelikse betalings wat 'n huiseienaar aan die plaaslike
          munisipaliteit moet betaal.                                                            (3)

5.2       Verduidelik die funksie van 'n regspersoon.                                            (2)

5.3       Noem TWEE koste wat by die maandelikse terugbetaling van 'n huislening
          ingesluit word.                                                                        (2)

5.4       Gee TWEE redes waarom verminderde menslike energieverbruik oorweeg
          moet word wanneer huishoudelike toestelle gekoop word.                                 (2)

5.5       Verduidelik wat 'n regeringsbehuisingsubsidie is.                                      (3)

5.6       Verduidelik die verskil tussen voltiteleienaarskap en deeltiteleienaarskap.
                                                                                   (2 x 2)       (4)

5.7       Bespreek VIER finansiële nadele om eiendom te huur.                      (4 x 2)       (8)

5.8       Stel 'n kontrolelys op van AGT universele ontwerpeienskappe wat op 'n
          gekombineerde gas- en elektriese stoof van toepassing is.                              (8)

5.9       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

          José het besluit om 'n huis te bou nadat hy vir baie jare 'n huis gehuur het.
          Hy het 'n ongeskoolde bouer met baie min ervaring uit die plaaslike
          gemeenskap gehuur sodat hy die bouer nie elke dag 'n groot loon hoef te
          betaal het nie. Die bouer het 'n kwotasie vir die boumateriaal en arbeid
          gegee, wat nogal goedkoop in vergelyking met ander plaaslike bouers was.

          Nadat die mure gebou is, het die bouer besef dat een van die mure skeef was
          en herbou moes word sodat die dak behoorlik kon pas. Dit het die bouproses
          met nog 'n maand vertraag. José was bekommerd omdat hy twee maande
          kennis gegee het om uit die huurhuis te trek.

          Meer boumateriaal moes gekoop word om die skewe muur te herbou en dit
          het die koste baie hoër gemaak as wat José verwag het.
                                                                                  [Eie teks]

          Analiseer die nadele vir José om 'n huis te laat bou.                                  (8)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                             13                             DBE/November 2018
                                             NSS

VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP

6.1       Noem TWEE opsies wat vir 'n entrepreneur beskikbaar is om sy/haar
          produkte te versprei.                                                                      (2)

6.2       Definieer die term teikenmark.                                                             (2)

6.3       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Nelisa het kursusse gevolg om te leer hoe om silwer te bewerk en kralewerk
          te doen. Sy het armbande en halssnoere gemaak en 'n paar aan nabygeleë
          winkels verkoop om 'n klein inkomste te verdien terwyl sy aan die universiteit
          studeer het. Sy het krale by elke kralewinkel in haar omgewing gekoop. Sy
          het 'n basiese logo en gedrukte etikette ontwerp om haar produkte te
          verkoop. Nadat sy haar kursus aan die universiteit voltooi het, het sy besef
          dat die maak van juweliersware haar passie is.

          Sy het opknappingskursusse bygewoon en na video's op YouTube oor die
          handewerk gekyk. Sy het 'n groter werksarea nodig gehad en het haar wins
          en spaargeld gebruik om 'n tuin-ateljee by haar huis te bou. Sy het 'n
          Facebook-bladsy geskep en 'n plaaslike kunstenaar het haar logo en etikette
          herontwerp. Sy het haar juweliersware op daardie stadium slegs in plaaslike
          winkels verkoop, maar sy het toe begin om dit by 'n mark te verkoop en haar
          verkope het verdubbel.

          Sy het 'n stalletjie in 'n gewilde winkelsentrum oopgemaak en na 'n groter
          ateljee getrek om haar juweliersware te maak. Sy het haar webtuiste in 2015
          herontwerp om haar in staat te stel om ook aanlyn te verkoop. Nelisa het
          begin om van die stene wat sy gebruik het om die juweliersware te maak, by
          internasionale handelaars te koop.

          Sy het tans vier voltydse en 'n paar tydelike personeellede. Haar man hou
          toesig oor die vervaardiging, webtuiste en doen die rekeninge. Sy ontwerp die
          stukke, verkry die materiaal en hanteer kliëntenavrae.

          Haar produkreeks sluit armbande, halssnoere, ringe en oorbelle teen
          verskillende pryse in.
                                     [Aangepas uit 'n artikel in Woman and Home, Augustus 2017]

          6.3.1       Noem die hoofrede vir voorraadbeheer in Nelisa se besigheid.                   (3)

          6.3.2       Verduidelik waarom 'n netjiese werkplek vir die doeltreffende
                      vervaardiging van Nelisa se produkte belangrik is.                             (4)

          6.3.3       Noem VIER inligtingitems wat op die etikette van Nelisa se
                      produkte moet verskyn.                                                         (4)

          6.3.4       Bespreek waarom dit belangrik is dat Nelisa kliëntenavrae hanteer.             (5)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                             14                       DBE/November 2018
                                             NSS

          6.3.5       Verskillende faktore moet in aanmerking geneem word wanneer 'n
                      entrepreneur 'n geskikte produk vir kleinskaalse produksie kies.

                      Bespreek hoe ELK van die volgende faktore tot Nelisa se sukses
                      bydra:

                      (a)   Beskikbaarheid van finansiële bronne                           (3)

                      (b)   Beskikbaarheid van grondstowwe                                 (3)

          6.3.6       Die verkoopprys van 'n paar oorbelle is R290,00. Die grondstowwe
                      om 150 pare oorbelle te maak, kos R7 970. Die bokoste om
                      150 pare oorbelle te maak, is R8 270.

                      (a)   Bereken hoeveel pare oorbelle verkoop moet word om die
                            produksiekoste te dek. Toon AL jou berekeninge.                (3)

                      (b)   Bereken die wins wat Nelisa sal maak as sy 150 pare
                            oorbelle verkoop. Toon AL jou berekeninge.                     (3)

          6.3.7       Nelisa het elk van die afgelope 18 maande haar verkoopsteikens
                      en haar maandelikse verkoopsdoelwit bereik. Gee redes vir haar
                      sukses EN verduidelik waarom sy waarskynlik sal voortgaan om
                      sukses te behaal.                                       (4 x 2)      (8)
                                                                                           [40]

                                                                            TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Consumer Studies Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-nov-2018-eng/1c7ec339-34c7-48a8-8504-e2b597379669) — Consumer Studies · QP · 2018 · Eng
- [Consumer Studies Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-nov-2018-final-memo-afr/4f2e7e6a-efa9-4982-b372-af592c593395) — Consumer Studies · Memo · 2018 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT 2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept-2018-eng-d/47a249ec-5785-448e-bc4b-bd63c461858c) — Consumer Studies · QP · 2018 · Eng
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT 2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept-2018-afr-d/cb1446b9-2536-4dba-bdf5-97d9d136c030) — Consumer Studies · QP · 2018 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT 2018 English](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept-2018-english/01a7ca7d-b053-4492-bf1e-1cd2bf2139f6) — Consumer Studies · QP · 2018 · Eng
- [Consumer Studies May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-may-june-2018-afr/0bca51ea-eacc-4352-8228-e48d0932b79e) — Consumer Studies · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Consumer Studies

- [Gr 12 Con Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-con-stu-atp-2023-24/30b466bf-cc20-45e7-b5ff-3ec01fd619ae) — ATP
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept-2025-afr-watermark/fb3d1aeb-f3d7-4d22-a764-98f925f55ac3) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-may-june-2025-mg-eng/b5925fbc-85d0-4c10-ac9e-a76aafa0391d) — Memo · 2025 · Eng
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/e3e9d053-c332-408f-ac4a-ec420b36e7f8) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Erratum Sept 2024](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-erratum-sept-2024/f34fd578-a6ab-404c-aac5-c5bed951b608) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
