# Consumer Studies Grade 12 NSC November 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Consumer Studies question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-nov-2020-afr/8e8fad35-21a3-49e5-93d2-32e6bb8a8691
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Consumer Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Consumer Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/consumer-studies) › [Consumer Studies Grade 12 NSC November 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-nov-2020-afr/8e8fad35-21a3-49e5-93d2-32e6bb8a8691)

## About this document

Consumer Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                            SENIOR SERTIFIKAAT/
                       NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                       CNST.1

                               VERBRUIKERSTUDIES

                                   NOVEMBER 2020

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

                     OGGENDSESSIE

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                             2                    DBE/November 2020
                                           SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

             VRAAG                    INHOUD              PUNTE   TYD (minute)
               1         Kortvrae (Al die onderwerpe)       40         20
               2         Die Verbruiker                     20         20
               3         Voedsel en Voeding                 40         40
               4         Kleding                            20         20
               5         Behuising en Interieur             40         40
               6         Entrepreneurskap                   40         40
                                                TOTAAL:    200        180

2.        AL die vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK
          beantwoord word.

3.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

4.        Begin ELKE VRAAG op 'n NUWE bladsy.

5.        Jy mag 'n sakrekenaar gebruik.

6.        Skryf slegs met swart of blou ink.

7.        Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                                3                              DBE/November 2020
                                              SS/NSS

VRAAG 1: KORTVRAE

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.21 D.

          1.1.1       Die geld wat deur die bank gehef word wanneer geld geleen word:

                      A   Verband
                      B   Lening
                      C   Rente
                      D   Tariewe                                                                      (1)

          1.1.2       Kies die KORREKTE stelling met betrekking tot die gebruik van
                      gastoestelle in die huis:

                      A   Dit is veiliger om gas as elektrisiteit te gebruik.
                      B   Gas is 'n hernubare bron van energie.
                      C   Gastoestelle het 'n hoër instandhoudingkoste.
                      D   Gas is omgewingsvriendeliker as elektrisiteit.                               (1)

          1.1.3       Elektrisiteit kan bespaar word deur … te gebruik.

                      A   'n stoofplaat wat groter as die kastrol is
                      B   'n kastrol wat dieselfde grootte as die stoofplaat is
                      C   'n voorafverhitte kastrol
                      D   die hoogste temperatuurstelling van die stoofplaat                           (1)

          1.1.4       Die volgende belastingbetalers betaal voorlopige belasting:

                      A   Boere en verpleegsters
                      B   Alleenhandelaars en administratiewe klerke
                      C   Besigheidseienaars en boere
                      D   Alleenhandelaars en verpleegsters                                            (1)

          1.1.5       'n ... laat al hulle lede voordeel daaruit trek.

                      A   Swendelary
                      B   Stokvel
                      C   Kettingbrief
                      D   Piramideskema                                                                (1)

          1.1.6       Die dieet van 'n persoon met glutenintoleransie behoort ... in te
                      sluit.

                      A   joghurt en witbrood
                      B   joghurt en rogbrood
                      C   vrugteslaai en volkoringbrood
                      D   vrugteslaai en aartappelbrood                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                              4                            DBE/November 2020
                                            SS/NSS

          1.1.7       'n Dieet ryk aan yster sal met die beheer van … help.

                      A   osteoporose
                      B   anemie
                      C   hipertensie
                      D   diabetes                                                                 (1)

          1.1.8       Die voedingsverwante gesondheidstoestand wat as tipe 1 en
                      tipe 2 geklassifiseer word:

                      A   Arteriosklerose
                      B   Hipoglukemie
                      C   Hiperglukemie
                      D   Diabetes                                                                 (1)

          1.1.9       Voedselbymiddels wat die smaak van voedsel sal verbeter:

                      A   Mononatriumglutamaat (MNG) en antioksidante
                      B   Antioksidante en aspartaam
                      C   Versoeters en mononatriumglutamaat (MNG)
                      D   Aspartaam en lesitien                                                    (1)

          1.1.10      Geprosesseerde voedsel waarvan die bakteriële lading verlaag of
                      vernietig is, is … voedsel.

                      A   nie-organiese
                      B   organiese
                      C   bestraalde
                      D   geneties gemanipuleerde                                                  (1)

            SPEK/MACON          ENERGIE       PROTEÏNE         NATRIUM        VERSADIGDE
                                  (kJ)           (g)             (mg)           VET (g)
            Spek/macon 1          600            8,1              240             2,5
            Spek/macon 2         1 050          10,6              355             9,6
            Spek/macon 3          750            12               295             5,5
            Spek/macon 4          900            9,5              450             6,8

          1.1.11      Met verwysing na die tabel hierbo behoort 'n persoon met
                      hipertensie die inname van … te beperk.

                      A   spek/macon 1
                      B   spek/macon 2
                      C   spek/macon 3
                      D   spek/macon 4                                                             (1)

          1.1.12      … is 'n voorbeeld van 'n eko-vriendelike kleedstof.

                      A   Akriel
                      B   Hennep
                      C   Nylon
                      D   Poliëster                                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                                  5                           DBE/November 2020
                                                SS/NSS

          1.1.13        Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                                 [Bron: stylecaster.com]

                        Die bostuk is 'n voorbeeld van 'n …

                        A   modegier.
                        B   modeneiging.
                        C   standaardneiging.
                        D   klassieke mode.                                                            (1)

          1.1.14        Watter EEN van die volgende logo's is 'n voorbeeld van
                        handelsmerkrowery?

                    A                      B                      C                     D

                        A   Logo A
                        B   Logo B
                        C   Logo C
                        D   Logo D                                                                     (1)

           1.1.15       Die heffing wat 'n deeltitelhuiseienaar betaal, word vir ... gebruik.

                        A   huisinhoudsversekering en instandhouding van tuine
                        B   sekuriteit en die verf van die grensmure
                        C   water vir elke eenheid en algemene instandhouding
                        D   salarisse van die regspersoonlede en eiendomsversekering                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                               6                    DBE/November 2020
                                             SS/NSS

           1.1.16     'n Verbandterugbetaling mag nie … van die koper se inkomste
                      oorskry nie.

                      A   15% tot 20%
                      B   25% tot 30%
                      C   35% tot 40%
                      D   45% tot 50%                                                       (1)

           1.1.17     … dek die skade aan die struktuur en permanente toebehore van
                      die huis.

                      A   Versekering van die huisinhoud
                      B   Verbandbeskermingsversekering
                      C   Huiseienaarsomvattendeversekering
                      D   Lewensversekering                                                 (1)

           1.1.18     Produkspesifikasie sluit in:

                      A   Grootte van die produk
                      B   Teikenmark
                      C   Menslike vaardighede
                      D   Tyd van produksie                                                 (1)

           1.1.19     Die doel van personeelopleiding:

                      A   Huur nuwe werknemers
                      B   Doen voorraadopname
                      C   Verhoog produktiwiteit
                      D   Lok die teikenmark                                                (1)

           1.1.20     'n Besigheid kan hulle koolstofvoetspoor verminder deur … te
                      gebruik.

                      A   nie-organiese materiaal
                      B   plaaslike grondstowwe
                      C   plastiekverpakkingsmateriaal
                      D   sintetiese skoonmaakmiddels                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                              7                                  DBE/November 2020
                                            SS/NSS

1.2       Kies die stadium in die modesiklus in KOLOM B wat by die persentasie
          verkope van 'n modesiklus in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E)
          langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                     KOLOM A                                       KOLOM B
              PERSENTASIE VAN VERKOPE                     STADIUM IN DIE MODESIKLUS
                                                         A   afname
                              VERKOPE
                      1.2.3
                      15%               1.2.1            B     standaard
                                        25%
                                                         C     piek/hoogtepunt

                                                         D     ouderwets/uitgedien

                                                         E     toename

                     1.2.2
                     60%

                                                                                             (3 x 1)       (3)

1.3       Kies DRIE voorbeelde in KOLOM B wat by die besigheidskoste in KOLOM A
          pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.3.1 en 1.3.2) in
          die ANTWOORDEBOEK neer.

                      KOLOM A                                         KOLOM B
                 BESIGHEIDSKOSTE                                    VOORBEELDE
           1.3.1 Produksiekoste                      A       registrasiegeld

           1.3.2 Aanvangskoste                       B       huur

                                                     C       skryfbehoeftes

                                                     D       vakansiebewyse vir personeel

                                                     E       besigheidslisensie

                                                     F       toerusting

                                                     G       water en elektrisiteit
                                                                                             (3 x 2)       (6)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                              8                        DBE/November 2020
                                            SS/NSS

1.4       Identifiseer SES uitgawes in die lys hieronder wat met die koop van 'n
          meenthuis in 'n nuwe ontwikkeling betaalbaar is. Skryf slegs die letters (A–L)
          langs die vraagnommer (1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

          A       Aansluitingsgeld
          B       Arbeidskoste
          C       Aanvangsgeld
          D       Sekuriteitsgeld
          E       Administrasiegeld
          F       Huisverbeteringskoste
          G       Eiendomsbelasting
          H       Verkoopsagentgeld
          I       Oordrag/Transportgeld
          J       Oordragskoste
          K       Hereregtegeld
          L       Versekering van die huisinhoud                                                (6)

1.5       Identifiseer die voedseloordraagbare siekte in die lys hieronder wat deur die
          inkubasietydperke gekenmerk word. Skryf slegs die naam van die
          voedseloordraagbare siekte langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

              anemie; bulimie; seliaksiekte; disenterie; E. coli; gastroënteritis;
                 hepatitis A; hipoglukemie; laktose-intoleransie; tuberkulose

          1.5.1        Drie tot vyf weke/28 dae

          1.5.2        Twee tot 12 weke/ses weke

          1.5.3        Een tot drie dae

          1.5.4        'n Paar uur

          1.5.5        Drie tot sewe dae                                          (5 x 1)       (5)
                                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                                9                          DBE/November 2020
                                              SS/NSS

VRAAG 2: DIE VERBRUIKER

2.1       Noem die instansie wat vir die styging of daling van rentekoerse in Suid-Afrika
          verantwoordelik is.                                                                      (1)

2.2       Identifiseer die tipes belasting betaalbaar op die volgende:

          2.2.1       Alkohol en sigarette                                                         (1)

          2.2.2       Petrol en diesel                                                             (1)

2.3       Noem TWEE maniere waarop elektrisiteit bespaar kan word wanneer klere
          drooggemaak word.                                                                        (2)

2.4       Carol het 'n televisiestel by 'n winkel gekoop wat huishoudelike toestelle
          sonder die toestemming van die vervaardiger invoer.
                                                                                  [Eie teks]

          2.4.1       Identifiseer die tipe invoer hierbo.                                         (1)

          2.4.2       Bespreek die tipe invoer wat in VRAAG 2.4.1 geïdentifiseer is.               (2)

2.5       Skryf 'n paragraaf en bespreek die negatiewe invloed van stygende inflasie
          op Suid-Afrikaanse huishoudings.                                                         (6)

2.6       Bestudeer die inligting oor SKEMA A en SKEMA B hieronder en beantwoord
          die vrae wat volg.

                         SKEMA A                                     SKEMA B
              Werf mense                                 Werf mense
              Werwers verdien meer geld                  Werwers moet meer mense werf
              Koop en verkoop 'n produk                  Slegs geld word belê
              Getal nuut gewerfde lede neem              Getal nuut gewerfde lede
               toe                                         verminder
              Lede verloor nie geld nie                  Lede verloor uiteindelik geld
              Skema bestaan voort                        Skema stort in duie

          Trek die tabel hieronder in jou ANTWOORDEBOEK oor en voltooi die tabel
          met die volgende inligting:

                                         SKEMA A                        SKEMA B
                      2.6.1                                  (1)                        (1)
                      2.6.2                                  (2)                        (2)

          2.6.1       Noem die TWEE skemas hierbo.                                   (1 + 1)       (2)

          2.6.2       Onderskei tussen die TWEE skemas in VRAAG 2.6.1.               (2 + 2)       (4)
                                                                                                   [20]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                             10                                 DBE/November 2020
                                            SS/NSS

VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING

3.1       Noem die sagte, wit, wasagtige, vetterige stof wat natuurlik in die bloed
          voorkom.                                                                                      (1)

3.2       Bestudeer die illustrasie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 VERLAAGDE BEENDIGTHEID

                                     [Bron: https:www.eopcn.ca/seniors-health]

          3.2.1       Identifiseer die voedselverwante gesondheidstoestand hierbo.                      (1)

          3.2.2       Definieer die voedselverwante gesondheidstoestand hierbo.                         (2)

          3.2.3       Noem VIER faktore wat tot die voedselverwante gesondheids-
                      toestand, soos in VRAAG 3.2.1 geïdentifiseer, kan bydra.                          (4)

3.3       Vergelyk die eetversteurings anorexia nervosa en bulimia nervosa met
          verwysing na die volgende aspekte:

          Trek die tabel hieronder in jou ANTWOORDEBOEK oor en voltooi die tabel
          met die volgende inligting:

                           ASPEK                ANOREXIA                     BULIMIA
                                                NERVOSA                     NERVOSA
          3.3.1      Eetgewoontes                              (2)                            (2)
          3.3.2      Kilojoule-inname                          (1)                            (1)

          3.3.1       Eetgewoontes                                                        (2 + 2)       (4)

          3.3.2       Kilojoule-inname                                                    (1 + 1)       (2)

3.4       'n Voedingskema bedien daagliks hoender-en-groentesop met bruinbrood
          aan die plaaslike gemeenskap. Die sop bestaan uit hoender, wortels en
          tamaties.
                                                                                        [Eie teks]

          Verduidelik die voedingsvoordele van die maaltyd vir 'n persoon met
          MIV/Vigs.                                                                                     (5)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                                11                             DBE/November 2020
                                               SS/NSS

3.5       Bespreek hoe geneties gemanipuleerde voedsel met voedselsekerheid kan
          help.                                                          (4 x 2)                        (8)

3.6       Bestudeer die etiket hieronder en beantwoord die vrae wat volg:

                               LIGTE FYN TUNA IN SOUTWATER ('Brine')
                                          Voedingsinligting

                         GEMIDDELDE               PER 100 g                    PER 80 g
                          WAARDES
                    Energie                         389 kJ                     311 kJ
                    Proteïene                        21,4 g                     17,4 g
                    Koolhidrate                        0g                         0g
                    Totale vet:                       0,8 g                      0,6 g
                    Versadigde                        0,2 g                      0,2 g
                    Trans-                            0,0 g                      0,0 g
                    Mono-onversadigde                 0,1 g                      0,1 g
                    Poli-onversadigde                 0,3 g                      0,2 g
                    Cholesterol                      54 mg                      43 mg
                    Dieetvesel                        0,5 g                      0,5 g
                    Totale natrium                  360 mg                     288 mg

                Bestanddele: Skipjack-tuna, soutwater, groente-ekstrak (ertjies, wortels)

                Allergene: Vis

                                                               [Bron: Pick n Pay Light Meat Tuna]

          3.6.1         Verduidelik waarom die woord allergene op die etiket voorkom.                   (3)

          3.6.2         Verduidelik die betekenis        van    die     term    volhoubaarheid
                        ('sustainable') op die etiket.                                                  (2)

          3.6.3         Die tuna is geskik vir 'n persoon met hoë bloedcholesterol.

                        Evalueer die geldigheid van hierdie stelling.                                   (8)
                                                                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                            12                                DBE/November 2020
                                           SS/NSS

VRAAG 4: KLEDING

4.1       Definieer retrospektiewe mode.                                                              (2)

4.2       Die logo hieronder verskyn op baie produkte.

                                   [Bron: www.shatterstock.com]

          Noem DRIE vereistes waaraan 'n maatskappy moet voldoen om die
          FAIRTRADE-logo op sy produkte aan te bring.                                                 (3)

4.3       Verduidelik die verwantskap tussen mode en styl.                                            (2)

4.4       Bestudeer die baadjie hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                   [Bron: African inspiration.com]

          Bespreek hoe sosiale faktore          die    gebruik       van   Afrika-ontwerpe    in
          Suid-Afrikaanse modes beïnvloed.                                                            (3)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                             13                           DBE/November 2020
                                            SS/NSS

4.5       Bestudeer die uitrusting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                    Hierdie uitrusting
                                                                    bestaan uit:

                                                                     Rooi oorknoop-
                                                                      baadjie
                                                                     Swart broek
                                                                     Swart leerhandsak

                                                                    [Bron: www.kartzapper.com]

          4.5.1       Verduidelik waarom hierdie uitrusting vir die werkswêreld sowel as
                      vir 'n skemerkelkpartytjie na werk geskik is.                               (4)

          4.5.2       Ontleed die optiese illusies wat met hierdie uitrusting geskep word.        (6)
                                                                                                  [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                            14                            DBE/November 2020
                                           SS/NSS

VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR

5.1       Definieer die term titelakte.                                                            (2)

5.2       Gee die doel van die Nasionale Huisbouersregistrasieraad (NHBRR).                        (2)

5.3       Onderskei tussen voltiteleienaarskap en deeltiteleienaarskap.                            (4)

5.4       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg:

          John het besluit om 'n huis te koop om te verhuur om sy inkomste aan te vul.
          Hy het 'n verbandlening by die bank gekry om die koop van die huis te
          finansier.
                                                                                   [Eie teks]

          5.4.1       Noem DRIE finansiële verantwoordelikhede wat John as 'n
                      verhuurder sal hê.                                                           (3)

          5.4.2       Verduidelik aan John die moontlike nadele daarvan om sy eiendom
                      te verhuur.                                                                  (6)

          5.4.3       Verduidelik waarom dit vir John beter sal wees om 'n vasgestelde
                      rentekoers op die huisverband te neem.                                       (3)

5.5       Noem VIER faktore om in gedagte te hou met die aankoop van 'n stofsuier
          om seker te maak dat dit maklik is om te gebruik.                                        (4)

5.6       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg:

          Jordan en Jamie wil 'n nuwe mikrogolfoond koop. Hulle het van die
          mikrogolfoond hieronder gehou wat hulle by 'n vriend se plek gesien het.
                                                                                    [Eie teks]

                                                      KENMERKE

                                                   Vlekvryestaalafwerking
                                                   Duidelike vertoon van teks
                                                   Outomatiese programmering
                                                    gebaseer op die gewig van die
                                                    voedsel
                                                            [Bron: www.hificoorporation.co.za]

          Bespreek   die   voordeel(voordele)    van       die    volgende       universele
          ontwerpkenmerke van die mikrogolfoond:

          5.6.1       Vlekvryestaalafwerking                                                       (2)

          5.6.2       Duidelike vertoon van teks                                                   (1)

          5.6.3       Outomatiese programmering gebaseer op die gewig van die
                      voedsel                                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                           15                            DBE/November 2020
                                          SS/NSS

5.7       Vergelyk die finansiële aspekte van die koop van huishoudelike toestelle met
          gebruik van 'n bankkredietkaart en met gebruik van 'n huurkooptransaksie.

          Trek die tabel hieronder in jou ANTWOORDEBOEK oor om die vraag te
          beantwoord.

                     KREDIETKAART-                          HUURKOOP-
                      TRANSAKSIE                            TRANSAKSIE
                                             (1)                                       (1)
                                             (1)                                       (1)       (4)

5.8       Lees die stelling hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

            Klimaatsverandering veroorsaak verwoesting onder weerpatrone oor die
            wêreld heen. Daar is onlangs baie huise in Suid-Afrika deur vloede of
            brande verwoes.

                                                                               [Eie teks]

          Voorspel die moontlike finansiële gevolge vir huiseienaars wat hulle huise as
          gevolg van vloede of brande verloor het.                                               (7)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                            16                          DBE/November 2020
                                           SS/NSS

VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP

6.1       Noem TWEE voorbeelde van elektroniese media wat gebruik kan word om 'n
          produk of 'n diens te adverteer.                                                      (2)

6.2       Definieer die volgende terme:

          6.2.1       Gehaltebeheer                                                             (2)

          6.2.2       Swaksteverkope-scenario                                                   (2)

6.3       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Buhle en drie van sy vriende het by die skool geleer hoe om tuisgemaakte
          gemmerbier te maak. Hulle het 'n geleentheid gesien om hulle eie
          kleinskaalse onderneming te begin deur tuisgemaakte gemmerbier te
          verkoop. Die bestanddele was plaaslik beskikbaar en bekostigbaar. Voordat
          Buhle en sy vriende met hulle onderneming begin het, het hulle hul bure,
          vriende en werknemers van die plaaslike munisipaliteit besoek om uit te vind
          of hulle daarin sou belangstel om die tuisgemaakte gemmerbier te koop.

          Hulle het leë, gebruikte, duursame plastiekbottels bymekaar gemaak om as
          verpakking te gebruik. Buhle het seker gemaak dat al die bottels in warm
          seepwater gewas en gesteriliseer is voordat dit met die tuisgemaakte
          gemmerbier gevul is. Hulle wou hulle onderneming so groen as moontlik hou.

          Hulle het oor naweke die tuisgemaakte gemmerbier in 'n buitekamer op sy
          tante se perseel gemaak. Hulle het die bestellings gereeld afgelewer. Hulle
          het bestellings begin ontvang van mense buite hulle plaaslike gemeenskap
          wat die advertensie van die produk op Whatsapp en ander sosiale netwerke
          gesien het.

                                                                               [Eie teks]

          6.3.1       Gee DRIE vereistes wat hulle in ag moes neem toe hulle geskikte
                      verpakking vir die tuisgemaakte gemmerbier moes kies.                     (3)

          6.3.2       Verduidelik  hoe  VIER    van    die    vyf   P's  van   die
                      bemarkingsresepmengsel deur hierdie kleinskaalse onderneming
                      bereik is.                                                                (4)

          6.3.3       Haal uit die scenario hierbo die stelling aan wat daarop dui dat
                      marknavorsing (lewensvatbaarheidstudie) gedoen is.                        (1)

          6.3.4       Bespreek TWEE faktore wat Buhle en sy vriende in ag moes neem
                      voordat hulle 'n produk vir hul kleinskaalse onderneming gekies
                      het.                                                     (2 x 2)          (4)

          6.3.5       Bespreek faktore wat tot die volhoubare winsgewendheid van die
                      tuisgemaakte gemmerbier kleinskaalse onderneming kan bydra.               (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                              17                         DBE/November 2020
                                             SS/NSS

          6.3.6       Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      Die koste van bestanddele om 30 liter tuisgemaakte gemmerbier te
                      produseer, is R120. Hulle het 75% by die produksiekoste gevoeg
                      om hulle oorhoofse koste/bokoste te dek.

                      (a)   Bereken die produksiekoste van 1 liter tuisgemaakte
                            gemmerbier. Toon ALLE berekeninge.                                (4)

                      (b)   Bereken die wins op 60 liter tuisgemaakte gemmerbier indien
                            die winsopslag 30% is. Toon ALLE berekeninge.                     (4)

          6.3.7       Lees die inligting hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                      Die gebruik van die herwinbare plastiekbottels as verpakking
                      (houers) vir die tuisgemaakte gemmerbier het 'n positiewe impak
                      op die natuurlike omgewing.

                      Evalueer die geldigheid van hierdie stelling.                           (8)
                                                                                              [40]

                                                                               TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Consumer Studies Nov 2020 Afr Eng](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-nov-2020-afr-eng/6ecef73b-731e-47fb-8e36-adeb0d75820f) — Consumer Studies · QP · 2020 · Eng
- [Consumer Studies Nov 2020 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-nov-2020-memo-eng/112bcad6-edfe-4ac0-9fa4-74253d0c32c6) — Consumer Studies · Memo · 2020 · Eng
- [Consumer Studies Nov 2020 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-nov-2020-memo-afr/6ade1394-a379-440a-be71-0551dacee19d) — Consumer Studies · Memo · 2020 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2020-afrikaans/5f90ec47-4a8b-4c6e-815c-04d8b52198b9) — Consumer Studies · QP · 2020 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2020 English](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2020-english/7c2c3e9a-6efa-4578-977b-04059e4f52c3) — Consumer Studies · QP · 2020 · Eng
- [Consumer Studies Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-nov-2023-afr-1/87b126d1-dfc2-485b-9fb9-77c018550fac) — Consumer Studies · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Consumer Studies

- [Gr 12 Con Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-con-stu-atp-2023-24/30b466bf-cc20-45e7-b5ff-3ec01fd619ae) — ATP
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept-2025-afr-watermark/fb3d1aeb-f3d7-4d22-a764-98f925f55ac3) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-may-june-2025-mg-eng/b5925fbc-85d0-4c10-ac9e-a76aafa0391d) — Memo · 2025 · Eng
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/e3e9d053-c332-408f-ac4a-ec420b36e7f8) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Erratum Sept 2024](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-erratum-sept-2024/f34fd578-a6ab-404c-aac5-c5bed951b608) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
