# Consumer Studies Grade 12 NSC November 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Consumer Studies question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-nov-2021-afr/71a5f791-36aa-44e1-9223-41c9d928ce81
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Consumer Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Consumer Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/consumer-studies) › [Consumer Studies Grade 12 NSC November 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-nov-2021-afr/71a5f791-36aa-44e1-9223-41c9d928ce81)

## About this document

Consumer Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                     GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                               VERBRUIKERSTUDIES

                                  NOVEMBER 2021

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                               2                  DBE/November 2021
                                               NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

            VRAAG                INHOUD                 PUNTE     TYD (minute)
           AFDELING A (Kortvrae)
              1      Kortvrae (Al die onderwerpe)         40            20
           AFDELING B (Langvrae)
              2      Die Verbruiker                       40            40
              3      Voeding en Voedsel                   40            40
              4      Kleding                              20            20
              5      Behuising en Interieur               20            20
              6      Entrepreneurskap                     40            40
                                            TOTAAL:      200           180

2.        AL die vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK
          beantwoord word.

3.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

4.        Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.        Jy mag 'n sakrekenaar gebruik.

6.        Skryf slegs met swart of blou ink.

7.        Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                             3                          DBE/November 2021
                                             NSS

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.21 D.

          1.1.1       'n … stel 'n verbruiker in staat om 'n kontrak te kanselleer sonder
                      finansiële implikasies.

                      A   Mondelinge ooreenkoms
                      B   Afkoelperiode
                      C   Vrywaringsklousule
                      D   Billike besigheidspraktyk                                              (1)

          1.1.2       'n Geskrewe belofte om 'n artikel te herstel of te vervang as dit
                      breek, staan as 'n ... bekend.

                      A   verlengde waarborg
                      B   kontrak
                      C   waarborg                                                               (1)
                      D   versekering

          1.1.3       Die verbruikersprysindeks (VPI) …

                      A   word gebruik om die koste van goedere en dienste te bereken.
                      B   is die verandering in die gemiddelde prys van goedere en
                          dienste.
                      C   bereken rente gehef op sekere goedere en dienste.
                      D   meet die verandering in individuele pryse gedurende
                          produksie.                                                             (1)

          1.1.4       Wanneer water verhit word, sal die meeste elektrisiteit bespaar
                      word deur 'n … te gebruik.

                      A   ketel op 'n gasstoof
                      B   laevloeistortkop
                      C   insolasiekombers oor 'n geiser
                      D   sonwaterverhittingstelsel                                              (1)

          1.1.5       … rente word op die rente en oorspronklike bedrag bereken.

                      A   Saamgestelde
                      B   Krediet-
                      C   Eenvoudige
                      D   Kapitaal-                                                               (1)

          1.1.6       Die hormoon wat bloedglukosevlakke reguleer:

                      A   Insulien
                      B   Estrogeen
                      C   Tiroksien
                      D   Laktase                                                                (1)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                             4                            DBE/November 2021
                                             NSS

          1.1.7       Die siekte met die langste ontkiemingstyd:

                      A   Disenterie
                      B   E. coli
                      C   Gastroënteritis
                      D   Hepatitis A                                                             (1)

          1.1.8       Die laaste datum waarop 'n produk op 'n winkelrak behoort te
                      wees:

                      A   Gebruik-voor-datum
                      B   Verkoop-voor-datum
                      C   Beste-voor datum
                      D   Vervaardigingsdatum                                                     (1)

          1.1.9       Voedsel met 'n hoë glukemiese indeks ...

                      A   stel glukose stadig vry.
                      B   veroorsaak 'n medium styging in die bloedglukosevlakke.
                      C   veroorsaak 'n skielike styging in die bloedglukosevlakke.
                      D   stel glukose geleidelik in die bloedstroom vry.                         (1)

          1.1.10      'n Voordeel van geneties gemanipuleerde voedsel:

                      A   Die gebruik van antibiotika is verbode
                      B   Meer mense kan gevoed word
                      C   Geen chemikalieë word tydens produksie gebruik nie
                      D   Geen negatiewe impak op die grond nie                                   (1)

          1.1.11      'n Ekonomiese faktor wat modeverandering versnel:

                      A   Modestyle verander vinnig
                      B   Ontwikkeling van nuwe, duur tekstielvesels
                      C   Jongmense is modenavolgers
                      D   Klerewinkels bied kredietgeriewe aan                                    (1)

          1.1.12      'n … -kode word by 'n werkskontrak ingesluit wat spesifiseer wat 'n
                      werker veronderstel is om werk toe aan te trek.

                      A   Kleredrag
                      B   Werks
                      C   Klere
                      D   Mode                                                                    (1)

          1.1.13      … transaksies sal rente en administrasiekoste hef.

                      A   Bêrekoop-
                      B   Elektroniese betaling-
                      C   Huurkoop-
                      D   Debietkaartbetalings-                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                              5                           DBE/November 2021
                                              NSS

          1.1.14      Mpho huur 'n eiendom en sy finansiële verantwoordelikheid terwyl
                      hy huur, is om … te betaal.

                      A   eiendomsheffing en -belasting
                      B   die heffing en versekering van die eiendom
                      C   vir enige instandhouding wat nodig is
                      D   vir water en elektrisiteit                                              (1)

          1.1.15      Die hoofdoel van die NHBRR is om …
                      A   'n bestaande huis deur die huiseienaar te laat registreer.
                      B   die verhuring van eiendom te beheer.
                      C   behuisingskonstruksiestandaarde te verseker.
                      D   prosedures wat deur die regspersoon gevolg word, na te gaan.            (1)
           1.1.16     'n … dui daarop dat 'n onderneming moontlik in die toekoms geld
                      kan verloor.
                      A   Kontantvloeiprojeksie
                      B   Beste-verkope-scenario
                      C   Volhoubare projeksie
                      D   Gelykbreekpunt                                                          (1)
           1.1.17     … gee 'n duidelike prentjie of 'n besigheid die potensiaal het om
                      suksesvol te wees.
                      A   Marknavorsing
                      B   'n Bemarkingstrategie
                      C   'n Uitvoerbaarheidstudie
                      D   Finansiële projeksie                                                    (1)
           1.1.18     Die gebruik van ingevoerde grondstowwe sal die …
                      A   produksiekoste van 'n besigheid laat styg.
                      B   toeganklikheid van grondstowwe vir die besigheid verbeter.
                      C   besigheid help om produkte betyds by kliënte af te lewer.
                      D   teikenmark van die besigheid vergroot.                                  (1)
           1.1.19     Die produksiekoste van 'n produk is R35,00. Bereken die
                      verkoopprys van die produk indien die winsopslag 20% is:

                      A   R38,65
                      B   R42,00
                      C   R44,00
                      D   R45,75                                                                  (1)
           1.1.20     Opleiding van werkers in 'n besigheid bevorder ...

                      A   produkprysvasstelling.
                      B   finansies.
                      C   bemarking.
                      D   menslike vaardighede.                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                            6                           DBE/November 2021
                                            NSS

1.2       Identifiseer VIER voordele van die bou van 'n eie huis. Skryf slegs die letters
          (A–H) langs die vraagnommer (1.2) in die ANTWOORDEBOEK neer.

          A     Verbandregistrasieproses is vinniger.
          B     Jy kan jou eie bybehore en ontwerp kies.
          C     Bourisiko's is minimaal.
          D     Dit sal goedkoop wees om 'n nuwe tuin aan te lê.
          E     Bouwerk kan teen jou eie tempo geskied.
          F     Dit is nie 'n ingewikkelde proses nie.
          G     Kan goedkoper wees as jy die eienaarbouer is.
          H     Omgewingsvriendelike kenmerke kan ingesluit word.                                (4)

1.3       Pas die verduideliking in KOLOM B by die faktor wat doeltreffende produksie
          beïnvloed in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers
          (1.3.1 tot 1.3.4) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.5 H.

                       KOLOM A                                KOLOM B
           FAKTOR WAT DOELTREFFENDE                        VERDUIDELIKING
                PRODUKSIE BEΪNVLOED
           1.3.1 Netjiese werkplek                A    verseker dat die produk aan al
                                                       die vasgestelde standaarde
           1.3.2 Beheer finansies                      voldoen

           1.3.3 Beplanning                       B    verseker dat die produk
                                                       aantreklik is
           1.3.4 Kwaliteitsbeheer
                                                  C    verseker minimale
                                                       produksiekoste

                                                  D    verseker dat kompetisie
                                                       uitgeskakel word

                                                  E    verseker 'n akkurate produksie-
                                                       volgorde

                                                  F    verseker die veiligheid van
                                                       personeel

                                                  G    verseker goeie
                                                       kliënteverhoudings
                                                                                     (4 x 1)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                            7                          DBE/November 2021
                                            NSS

1.4       Pas die rede vir die byvoeging van voedselbymiddels in KOLOM B by die tipe
          voedselbymiddel in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–G) langs die
          vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.4) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.5 H.

                      KOLOM A                              KOLOM B
               TIPE VOEDSELBYMIDDEL                 REDE VIR DIE BYVOEGING
           1.4.1  Emulsifiseerders                A  voorkom galsterigheid in
                                                     sonneblomolie
           1.4.2     Chemiese
                     preserveermiddels            B    verbeter kaaskoek se tekstuur

           1.4.3     Antioksidante                C    verbeter die smaak

           1.4.4     Bleikmiddels                 D    verbind olie en asyn in
                                                       slaaisous

                                                  E    verbeter mieliemeel se kleur

                                                  F    dra tot 'n suur smaak by

                                                  G    vertraag die bederf van
                                                       geprosesseerde vleis
                                                                                   (4 x 1)       (4)

1.5       Gee EEN term vir elk van volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
          die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

          1.5.1       Dit vrywaar 'n party van enige aanspreeklikheid as 'n produk nie
                      aan die verwagtinge voldoen nie

          1.5.2       'n E-pos wat probeer om persoonlike             inligting    by    'n
                      niksvermoedende verbruiker te kry

          1.5.3       Produkte wat 'n land deur nie-amptelike verspreidingskanale
                      binnekom

          1.5.4       Bemark goedere onder valse voorwaardes of misleidende stellings
                      wat onbillik teenoor die verbruiker is                                     (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                                8                         DBE/November 2021
                                                NSS

1.6       Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                                          Vanaf die skouers tot net
                                                           onder die borslyn is die rok wit
                                                           met wit driekwartmoue.
                                                          Van onder die borslyn af is die
                                                           rok swart met drie wit knope
                                                           en 'n wit vertikale plooi voor in
                                                           die middel.

                       [Bron: www.rotita.com]

          Identifiseer VIER optiese illusies wat duidelik in die rok hierbo is. Skryf slegs
          die letters (A–H) langs die vraagnommer (1.6) in die ANTWOORDEBOEK
          neer.

          A     Die driekwartmoue laat die arms langer vertoon.
          B     Die uitskopromp laat die heupe breër vertoon.
          C     Die wit boonste gedeelte laat die borsmaat groter/breër vertoon.
          D     Die kontrasterende swart en wit kleure onder die borslyn laat die
                boonste gedeelte langer vertoon.
          E     Die lengte van die romp laat die bene korter vertoon.
          F     Die vertikale wit plooi en knope laat die draer vanaf die borslyn tot by
                die knieë korter vertoon.
          G     Die swart kleur onder die borslyn laat die middellyf dunner/kleiner
                vertoon.
          H     Die swart kleur laat die middellyf groter vertoon.                                 (4)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:               40

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                               9                          DBE/November 2021
                                               NSS

AFDELING B: LANGVRAE

VRAAG 2: DIE VERBRUIKER

2.1       Noem die dokument wat 'n wettige ooreenkoms tussen twee of meer
          partye is.                                                                              (1)

2.2       Gee TWEE voorbeelde van fossielbrandstof as 'n vorm van energie.                        (2)

2.3       Definieer die term repokoers.                                                           (2)

2.4       Noem DRIE maniere waarop verbruikers elektrisiteit kan bespaar wanneer
          ligte in die huis gebruik word.                                                         (3)

2.5       2.5.1       Noem wie voorlopige belasting moet betaal.                                  (1)

          2.5.2       Verduidelik hoe voorlopige belasting aan die SAID betaal word.              (2)

2.6       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 STAAN SAAM IN TYE VAN NOOD

          Siyabuthana-lede gaan voort om mekaar te help. Die klub het 22 lede en
          elkeen dra R250 per maand by om mekaar te ondersteun.

                                                                   [Aangepas uit MOVE 21]

          2.6.1       Identifiseer die tipe klub hierbo.                                          (1)

          2.6.2       Noem DRIE vereistes waaraan Siyabuthana moet voldoen om 'n
                      wettige klub te wees.                                                       (3)

2.7       Gee raad aan die gemeenskap oor die effektiewe gebruik van die volgende
          om water te bespaar:

          2.7.1       Krane                                                                       (3)

          2.7.2       Toilette                                                                    (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                             10                              DBE/November 2021
                                             NSS

2.8       Lees die koerantadvertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         OP SOEK NA DAARDIE TWEEDE INKOMSTE?

          Modelle word benodig vir 'n aanlyn ontwerpersklerewinkel. WhatsApp die
          volgende inligting:

              Onlangse vollengte foto
              Kontakbesonderhede
              Bankbesonderhede
              Gesertifiseerde afskrif van ID
              'n Deposito van R250 met kitskontant ('instant money') of kontant gestuur
               ('cash send') met 'e-wallet' van jou selfoon af na 083 249 9782 om jou
               eerste fotosessie vir hierdie ongelooflike loopbaan te bespreek (stuur
               bewys van betaling).
              Die eerste 30 aspirantmodelle wat reageer sal ten volle in kontant
               terugbetaal word.

          Vir enige navrae, skakel         083 249     9782     of   stuur    'n    e-pos    aan
          designer3models@gmail.com
                                                              [Aangepas uit Middelburg Observer]

          Die advertensie hierbo is 'n voorbeeld van 'n bedrogspul ('scam').

          2.8.1       Definieer die term bedrogspul.                                                    (2)

          2.8.2       Identifiseer en verduidelik DRIE waarskuwingstekens wat aandui
                      dat hierdie advertensie 'n bedrogspul is.               (3 x 2)                   (6)

2.9       Verduidelik hoe 'n gebrek aan vullisverwydering 'n negatiewe impak op 'n
          gemeenskap kan hê.                                                                            (3)

2.10      Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Die verbruiker het in Julie 2019 R3057,93 vir 'n huishouding se
          voedselmandjie betaal. Hierdie koste het in Julie 2020 met R355,21 gestyg.

                                         [Aangepas uit https//www.timeslive.co.za, 30 Julie 2020]

          Skryf 'n paragraaf om die styging in voedselpryse vanaf 2019 na 2020 te
          regverdig.                                                                                    (8)
                                                                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                            11                             DBE/November 2021
                                            NSS

VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING
3.1       Definieer die term voedselbymiddels.                                                     (2)
3.2       Noem die oorsaak van tipe 1-diabetes.                                                    (2)
3.3       Noem DRIE maniere waarop E. coli in 'n voedselomgewing oorgedra kan
          word.                                                                                    (3)
3.4       Bespreek die voordele van die produksie van organiese voedsel vir die
          natuurlike omgewing.                                                                     (4)
3.5       Verduidelik hoe die DRIE nutriënte in die lysie voedsel hieronder tot die
          voorkoming van osteoporose sal bydra.

                                Melk
                                Ingemaakte sardyne
                                                               [Eie teks]            (3 x 2)       (6)

3.6       Vergelyk die dieetverwante toestande hipoglisemie en hiperglisemie met
          verwysing na:
          3.6.1       Bloedglukosevlakke                                                           (2)
          3.6.2       Oorsake                                                                      (4)
          Trek die tabel hieronder in jou ANTWOORDEBOEK oor en voltooi die tabel
          met die volgende inligting:

                           ASPEK             HIPOGLISEMIE           HIPERGLISEMIE
          3.6.1      Bloedglukosevlakke                  (1)                     (1)
          3.6.2      Oorsake                             (2)                     (2)

3.7       Noem VIER maniere waarop voedselbestraling die rakleeftyd van voedsel
          verleng.                                                                                 (4)
3.8       Verduidelik hoe die regering en gemeenskappe voedselsekerheid tydens die
          2020 nasionale grendeltyd ('lockdown') verseker het.                                     (5)
3.9       Lees die maaltydplan hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                           MAALTYDPLAN
                                Gewone laevetjoghurt
                                Groen blaargroentes
                                Bruinrys
                                Rooivleis
                                Roomys
                                                               [Eie teks]

          Analiseer die geskiktheid van die voedselitems in die maaltydplan vir 'n
          diabeet.                                                                                 (8)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                              12                     DBE/November 2021
                                              NSS

VRAAG 4: KLEDING

4.1       Verduidelik die term modegier.                                                         (2)

4.2       Gee DRIE riglyne om in gedagte te hou wanneer skoene vir die
          werksomgewing gekoop word.                                                             (3)

4.3       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae.

          Die dra van gesigsmaskers het as gevolg van die Corona-virus-pandemie 'n
          verpligte modebykomstigheid in die openbaar geword.

                                                                                [Eie teks]

          4.3.1       Noem TWEE stadiums in die modesiklus waardeur gesigsmaskers
                      sedert Maart 2020 gegaan het.                                              (2)

          4.3.2       Verduidelik ELK van die stadiums wat in VRAAG 4.3.1 genoem is.             (4)

4.4       Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                  KLASSIEKE VLOOTBLOU
                        BAADJIE

                                                       Vlootblou baadjie met 'n sak
                                                        onder aan beide kante van die
                                                        baadjie
                                                       Een sakdoeksak bo op die
                                                        linkerkantse pant van die
                                                        baadjie
                                                       Een knoop middel voor

                             [Bron: Queenspark]

          Bespreek die veelsydigheid van die baadjie as 'n klereitem vir die
          werksomgewing.                                                                         (5)

4.5       Bespreek hoe die hergebruik van klereitems tot 'n volhoubare omgewing
          bydra.                                                                                 (4)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                                13                          DBE/November 2021
                                                NSS

VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR

5.1       Wooneenheid-eienaars moet 'n maandelikse heffing aan die regspersoon
          betaal.

          Noem DRIE uitgawes waarvoor die heffing gebruik word.                                      (3)

5.2       Verduidelik die voordele van die koop en verhuur van eiendom.

          Trek die tabel hieronder in jou ANTWOORDEBOEK oor en voltooi die tabel
          met die volgende inligting:

                             5.2.1 EIENAARSKAP                    5.2.2 BELEGGING
          Koop                                          (1)                                (1)
          Verhuur                                       (1)                                (1)       (4)

5.3       Bestudeer die prente van die TWEE stowe hieronder en beantwoord die vrae
          wat volg.

                                                STOOF A

                                                             Twee elektriese plate
                                                             Vier gasbranders
                                                             Elektriese oond

                                                        Kontantprys: R7 999,99
                                                        Kredietprys: R8 999,99
                                                        Geen deposito

                                [Bron: takealot.com]
                                                STOOF B

                                                             Ses gasbranders
                                                             Gasoond

                                                        Kontantprys:    R8 999,95
                                                        Verkoop op afbetaling:
                                                                        R400,00 oor 'n
                                                                        24-maand-
                                                                        tydperk
                                                        Deposito:       R395,00

                                [Bron: takealot.com ]

          5.3.1       Identifiseer die stoof wat die meeste nie-menslike energie verbruik.           (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                            14                      DBE/November 2021
                                            NSS

          5.3.2       Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 5.3.1.                          (1)

          5.3.3       Verduidelik waarom STOOF B die mees geskikte keuse sal wees.          (3)

          5.3.4       Bereken die totale prys van STOOF B as dit volgens 'n
                      afbetalingskoop-/huurkooptransaksie gekoop word. Toon ALLE
                      berekenings.                                                          (3)

5.4       Verduidelik die moontlike finansiële impak van die 2020 nasionale grendel-
          tyd op die verhuurders van eiendom.                                               (5)
                                                                                            [20]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                              15                          DBE/November 2021
                                              NSS

VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP

6.1       Definieer die term winsopslag.                                                          (2)

6.2       Verduidelik waarom die higiëne van werkers in die werksomgewing so
          belangrik is.                                                                           (3)

6.3       Verduidelik hoe gereelde/roetine-instandhouding van toerusting tot voordeel
          van enige besigheid is.                                                                 (3)

6.4       Verduidelik die doel van voorraadbeheer in 'n besigheid.                                (3)

6.5       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Khanye het altyd blomme bewonder. Hy het 'n bietjie geld gespaar om
          verskillende bosse vars blomme by die plaaslike bloemiste te koop om
          blommerangskikkings vir sy plek van aanbidding te maak.

          Hy het die blommerangskikkings in sy ma se eetkamer gedoen. Hy het
          individuele bestellings by gemeentelede begin kry nadat hulle sy
          rangskikkings op Facebook gesien het. Khanye was altyd bewus van die
          jongste neigings by blommerangskikkings. Hy het die blomme presies
          rangskik soos wat sy klante dit wou hê. Hy het begin om bestellings te kry vir
          Moedersdag, Valentynsdag, troues en partytjies. Twee geskenkwinkels het 'n
          kontrak met hom gesluit. Sy besigheid het toe begin uitbrei.

          Hy het sy werklose buurman geleer hoe om blomme te rangskik. Hy het hom
          van Donderdag tot Sondag elke week in diens geneem. Sy ma het
          vroegoggend oor naweke die rangskikkings gaan aflewer. Soos wat sy
          besigheid uitgebrei het, het hy vars blomme en bamboeslote by 'n plaaslike
          organiese boer gekoop. Khanye het die afvalblomblare as kompos gebruik
          om sy eie loof (groen blare) te kweek wat hy weer in sy rangskikkings gebruik
          het. Hy het baie mooi bioafbreekbare verpakkingsmateriaal by 'n plaaslike
          verpakkingsmateriaalwinkel gekoop
                                                                                     [Eie teks]

          6.5.1       Verduidelik hoe Khanye se besigheid tot stand gekom het.                    (2)

          6.5.2       Identifiseer sy teikenmark.                                                 (2)

          6.5.3       Bespreek die volgende faktore wat tot die sukses van Khanye se
                      besigheid bygedra het:

                      (a) Finansiële hulpbronne                                                   (2)

                      (b) Beskikbare werksruimte                                                  (2)

          6.5.4       Gee die voordele van die opleiding van die werklose buurman.                (3)

          6.5.5       Verduidelik waarom sy besigheid aanloklik vir sy kliënte is.                (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                             16                        DBE/November 2021
                                             NSS

          6.5.6       Khanye se besigheid toon konstante winsgewendheid regdeur die
                      jaar, maar sekere tye van die jaar is daar 'n drastiese toename in
                      winsgewendheid.

                                                                               [Eie teks]

                      Gee redes vir ELK van die volgende:

                      (a) Konstante winsgewendheid regdeur die jaar                         (2)

                      (b) Drastiese toename in winsgewendheid sekere tye van die jaar       (2)

          6.5.7       Regverdig die volgende stelling:

                      Khanye is 'n verantwoordelike verbruiker.                             (8)
                                                                                            [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:        160
                                                                      GROOTTOTAAL:          200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2021-afrikaans/ac111d70-a8f0-44a9-bfcd-9a514a82e50f) — Consumer Studies · QP · 2021 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2021 English](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2021-english/b8215ada-a0e3-4fc2-97f7-241e4a13d0c6) — Consumer Studies · QP · 2021 · Eng
- [Consumer Studies May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-may-june-2019-afr/c605ec86-7671-4d83-9825-1fab2fe851c5) — Consumer Studies · QP · 2021 · Afr
- [Consumer Studies May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-may-june-2019-eng/fc352806-60e5-4f20-84c9-7aaf48115f9e) — Consumer Studies · QP · 2021 · Eng
- [Consumer Studies Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-nov-2023-afr-1/87b126d1-dfc2-485b-9fb9-77c018550fac) — Consumer Studies · QP · 2023 · Afr
- [Consumer Studies Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-nov-2023-eng-1/22f6ac6a-de15-4eb1-b5db-26244a433d19) — Consumer Studies · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Consumer Studies

- [Gr 12 Con Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-con-stu-atp-2023-24/30b466bf-cc20-45e7-b5ff-3ec01fd619ae) — ATP
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept-2025-afr-watermark/fb3d1aeb-f3d7-4d22-a764-98f925f55ac3) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-may-june-2025-mg-eng/b5925fbc-85d0-4c10-ac9e-a76aafa0391d) — Memo · 2025 · Eng
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/e3e9d053-c332-408f-ac4a-ec420b36e7f8) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Erratum Sept 2024](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-erratum-sept-2024/f34fd578-a6ab-404c-aac5-c5bed951b608) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
