# Consumer Studies Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Consumer Studies question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-nov-2023-afr-1/87b126d1-dfc2-485b-9fb9-77c018550fac
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Consumer Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Consumer Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/consumer-studies) › [Consumer Studies Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-nov-2023-afr-1/87b126d1-dfc2-485b-9fb9-77c018550fac)

## About this document

Consumer Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                            VERBRUIKERSTUDIES

                               NOVEMBER 2023

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                              2                    DBE/November 2023
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

             VRAAG                     INHOUD               PUNTE   TYD (minute)
           AFDELING A (Kortvrae)
                    1    Kortvrae (ALLE onderwerpe)          40          20
           AFDELING B (Langvrae)
                    2    Die Verbruiker                      40          40
                    3    Voedsel en Voeding                  40          40
                    4    Kleding                             20          20
                    5    Behuising en Interieur              20          20
                    6    Entrepreneurskap                    40          40
                                                  TOTAAL:    200         180

2.        AL die vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK
          beantwoord word.

3.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

4.        Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.        Jy mag 'n sakrekenaar gebruik.

6.        Skryf slegs in swart of blou ink.

7.        Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                            3                          DBE/November 2023
                                            NSS

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (AD) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.21 D.

          1.1.1      Die persentasie waarteen die prys van goedere en dienste styg:

                     A   Rentekoers
                     B   Inflasiekoers
                     C   Prima rentekoers
                     D   Repokoers                                                              (1)

          1.1.2      Die liggaam wat belasting namens die regering invorder:

                     A   SAID
                     B   SAUK ('SABC')
                     C   SABS
                     D   SARB                                                                   (1)

          1.1.3      'n Voorbeeld van niehernubare energie:

                     A   Windkrag
                     B   Hidrokrag
                     C   Fossielbrandstowwe
                     D   Sonkrag                                                                (1)

          1.1.4      'n Onwettige piramideskema …

                     A   betaal gelyke hoeveelhede geld aan alle lede uit.
                     B   verkoop goedere of dienste aan klante.
                     C   volg billike handelspraktyke in alle handelinge.
                     D   betaal vergoeding aan lede vir die werwing van nuwe lede.              (1)

          1.1.5      Die tipe brood wat vrygestel is van BTW:

                     A   Bruinbrood
                     B   Witbrood
                     C   Rogbrood
                     D   Volkoringbrood                                                         (1)

          1.1.6      … het 'n inkubasieperiode van 28 dae of drie tot vyf weke.

                     A   E. coli
                     B   Disenterie
                     C   Gastroënteritis
                     D   Hepatitis A                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                              4                          DBE/November 2023
                                              NSS

          1.1.7      Hierdie inligting wat op 'n voedseletiket aangetref word, sal help
                     om gesonder voedselkeuses te maak:

                     A   Land van oorsprong
                     B   Vervaardiger se besonderhede
                     C   Bedieningsvoorstelle
                     D   Voedingsinligting                                                        (1)

          1.1.8      … dra tot die kleur van sommige aartappelskyfies by.

                     A   Lesitien
                     B   MNG (mononatriumglutamaat)
                     C   Tartrasien
                     D   Aspartaam                                                                (1)

          1.1.9      'n Ernstige glutenintoleransie kan lei tot …

                     A   seliaksiekte/seliakie.
                     B   hipertensie.
                     C   anemie.
                     D   hiperglukemie.                                                           (1)

          1.1.10     … word bestraal weens hulle hoë bakteriële lading.

                     A   Jogurt en kaas
                     B   Kruie en speserye
                     C   Appel- en lemoensap
                     D   Brood en koekmeel                                                        (1)

          1.1.11     Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                                           Swart mansbaadjie
                                                           Vertikale wit potloodstrepies
                                                           Enkelbors
                                                           'n Sak aan elke kant

                                                                         [Bron: Shopstyle UK]

                     Die vertikale wit potloodstrepies op die baadjie sal die draer … laat
                     vertoon.

                     A   smaller en langer
                     B   breër en langer
                     C   kleiner en korter
                     D   korter en smaller                                                        (1)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                              5                           DBE/November 2023
                                              NSS

          1.1.12     … is die onwettige kopiëring van 'n oorspronklike klere-item.

                     A   Parallelle invoere
                     B   Swart goedere
                     C   Handelsmerkrowery/-plagiaat
                     D   Grysgoedere                                                               (1)

          1.1.13     Gerekenariseerde patroonontwerpmetodes en die ontwikkeling van
                     nuwe tekstiele is 'n gevolg van … faktore wat modeveranderinge
                     beïnvloed.

                     A   politieke
                     B   tegnologiese
                     C   ekonomiese
                     D   sosiale                                                                   (1)

          1.1.14     In 'n …-transaksie bly die toestel by die verkoper totdat dit ten volle
                     betaal is.

                     A   bêrekoop
                     B   kredietkaart
                     C   afbetalingskoop
                     D   winkelkaart                                                               (1)

          1.1.15     Die aankoop van 'n deeltitel-eiendom maak 'n persoon outomaties
                     lid van 'n …

                     A   huisbouersraad.
                     B   eiendomsagent-assosiasie.
                     C   huurtribunaal.                                                            (1)
                     D   huiseienaarsvereniging.

           1.1.16    Die doel van goeie voorraadbeheer in 'n besigheid is om te
                     verseker dat …

                     A   die goedkoopste voorraad aangekoop word.
                     B   dit nie nodig is om voorraad te organiseer nie.
                     C   tyd en geld nie gemors word nie.
                     D   ekstra voorraad ten alle tye aangekoop word.                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                              6                          DBE/November 2023
                                              NSS

           Lees die scenario hieronder en gebruik dit om VRAAG 1.1.17 tot 1.1.20 te
           beantwoord.

          John verkoop 'n verskeidenheid toebroodjies by 'n skool se snoepwinkel en
          hy maak ook toebroodjies vir skoolfunksies wanneer dit gevra word. Hy koop
          brood by die plaaslike bakkery wat hom 'n afslag gee. Hy adverteer sy dienste
          op die skool se webwerf.
                                                                                  [Eie teks]

           1.1.17    John se besigheid sal baie blootstelling kry omdat hy … gebruik
                     om sy besigheid te bemark.

                     A   elektroniese media
                     B   gedrukte media
                     C   direkte pos
                     D   buitelugmedia                                                           (1)

           1.1.18    John se besigheid het aantrekkingskrag vir verbruikers omdat
                     hy …

                     A   'n besigheid by 'n skool het.
                     B   verskeie toebroodjies maak.
                     C   vir skoolfunksies voorsiening maak.
                     D   op die skool se webwerf adverteer.                                      (1)

           1.1.19    Kies 'n rede wat 'n negatiewe invloed op die finansiële
                     volhoubaarheid van John se besigheid kan hê:

                     A   Advertensies op sosiale media
                     B   Die maak van toebroodjies vir sosiale funksies
                     C   Gebruik die plaaslike bakkery
                     D   Skole wat op sekere tye van die jaar sluit                              (1)

           1.1.20    John is 'n verantwoordelike produsent omdat hy …

                     A   op die skool se webwerf adverteer.
                     B   'n verskeidenheid toebroodjies maak.
                     C   brood by die plaaslike bakkery koop.
                     D   aan beide studente en personeel verkoop.                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                            7                            DBE/November 2023
                                            NSS

1.2       Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
          langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

          1.2.1      Alle lede dra fondse by en word deur die skema betaal

          1.2.2      Om onredelike praktyke teenoor verbruikers uit te voer

          1.2.3      Beskerm 'n party in 'n kontrak teen blaam of skuld

          1.2.4      Kansellasie van verkope wat deur direkte bemarking beïnvloed is

          1.2.5      Alle lede verkoop produkte vir die skema

          1.2.6      Produkte wat in 'n land sonder die vervaardiger se toestemming
                     verkoop word                                             (6 x 1)            (6)

1.3       Pas 'n beskrywing in KOLOM B by die term in KOLOM A. Skryf
          slegs die letter (AF) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.4 G.

                      KOLOM A                                  KOLOM B
          1.3.1       Koopakte                A     'n dokument wat die bedrag aandui
                                                    wat die voornemende koper bereid
          1.3.2       Huurooreenkoms                is om vir 'n eiendom te betaal

          1.3.3       Koopaanbod              B     'n ooreenkoms wat besonderhede
                                                    aandui van alle veranderinge wat
                                                    aan 'n eiendom aangebring moet
                                                    word

                                              C     'n wettige ondertekende
                                                    ooreenkoms tussen 'n koper en 'n
                                                    verkoper

                                              D     'n dokument wat die
                                                    okkupasiedatum aandui

                                              E     'n dokument wat al die defekte in 'n
                                                    gehuurde eiendom aandui

                                              F     'n ooreenkoms onderteken deur
                                                    beide 'n huurder en die eienaar van
                                                    die eiendom
                                                                                  (3 x 1)        (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                            8                         DBE/November 2023
                                            NSS

1.4       Kies VYF stellings uit die lys hieronder wat deel vorm van die 5-P's-
          bemarkingstrategie. Skryf slegs die letters (A–J) langs die vraagnommer (1.4)
          in die ANTWOORDEBOEK neer.

          A     Het plaaslik en internasionaal kliënte
          B     Lewer betyds af
          C     Gebruik opgeleide personeel om produkte te produseer
          D     'n Besigheid wat 'n webwerf, Instagram en TikTok-rekeninge het
          E     Vra redelike pryse
          F     Noukeurige beheer van finansies
          G     Produkte kan aanlyn of in die winkel bestel word
          H     Om genoeg opbergplek vir die produkte te hê
          I     Gebruik natuurlike grondstowwe in produksie
          J     Doen roetine-instandhouding                                                    (5)

1.5       Kies SES faktore uit die lys hieronder wat tot die voedselonsekerheid van
          Suid-Afrikaners bydra. Skryf slegs die letters (A–L) langs die vraagnommer
          (1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

          A     Toename in arbeidsbetogings
          B     Geen droogte nie
          C     Meer beurtkrag
          D     Hoër rentekoerse op lenings
          E     Lae produksiekoste
          F     Hoër salarisse
          G     Meer werkloosheid
          H     Langer werksure
          I     Hoër inflasie
          J     Kunsmiskoste verlaag
          K     Hoër brandstofpryse
          L     Hoër staatstoelae                                                              (6)

                                                              TOTAAL AFDELING A:               40

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                             9                             DBE/November 2023
                                             NSS

AFDELING B: LANGVRAE

VRAAG 2: DIE VERBRUIKER

2.1       Noem die dokument wat belowe om toestelle deur die verkoper of die
          vervaardiger te herstel, te vervang of die geld terug te betaal nadat dit gekoop
          is.                                                                                       (1)

2.2       Maak 'n lys van munisipale dienste waarvoor 'n huiseienaar of huishouding
          moet betaal.                                                                              (3)

2.3       Noem DRIE maniere om water te bespaar wanneer 'n wasmasjien gebruik
          word.                                                                                     (3)

2.4       Noem VIER maniere om elektrisiteit te bespaar wanneer voedsel gaargemaak
          word.                                                                                     (4)

2.5       2.5.1      Noem TWEE praktyke wat die meeste swendelskemas in gemeen
                     het.                                                                           (2)

          2.5.2      Verduidelik hoe verbruikers hulself teen aanlyn swendelary kan
                     beskerm.                                                                       (4)

2.6       Gee TWEE redes waarom sommige mense voorlopige belasting betaal.                          (2)

2.7       Verduidelik waarom saamgestelde rente duurder as enkelvoudige rente is.                   (3)

2.8       Beskryf die rol wat munisipaliteite moet speel om hulle gemeenskappe te help
          om van oorstromingskade te herstel.                                                       (5)

2.9       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

          Die verbruikersprysindeks (VPI) in Suid Afrika het na 109,40 punte in April
          gestyg vanaf 109 punte in Maart.
                                                                  [Bron: Statistiek Suid Afrika]

          Verduidelik hoe 'n hoë verbruikersprysindeks (VPI) 'n uitwerking op
          Suid-Afrikaanse verbruikers kan hê.                                                       (5)

2.10      Evalueer die impak wat alternatiewe energiebronne wat tydens beurtkrag
          deur huishoudings gebruik word, op die omgewing kan hê.                                   (8)
                                                                                                    [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                               10                          DBE/November 2023
                                               NSS

VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING

3.1       Verduidelik die volgende terme:

          3.1.1      Voedselbymiddels                                                              (3)

          3.1.2      Voedselallergie                                                               (2)

3.2       Noem die funksies van die volgende voedselbymiddels:

          3.2.1      Stabiliseerders                                                               (1)

          3.2.2      Antioksidante                                                                 (2)

3.3       Verduidelik die voordele van voedselbestraling.                                          (4)

3.4       Verduidelik die moontlike negatiewe impak van organies gekweekte voedsel
          op die natuurlike omgewing.                                                              (4)

3.5       Beskryf die eienskappe van bulimia nervosa.                                              (4)

3.6       Skryf 'n paragraaf om te verduidelik hoe voedseloordraagbare siektes na vars
          geplukte groente oorgedra kan word.                                                      (4)

3.7       Beskryf die oorsaak van laktose-intoleransie.                                            (4)

3.8       Een van die voordele van geneties gemodifiseerde voedsel is dat dit
          goedkoop is. Verduidelik hoe hierdie feit tot voedselsekerheid kan bydra.                (2)

3.9       Bestudeer die maaltydplan hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                ONTBYT                  MIDDAGETE                        AANDETE
             Hawermout en            Volkoringtoebroodjie   Mengelslaai-slaaiblare,
              melk                     met hoender-           komkommer, tamaties,
             Vars vrugte              mayonnaise             wortels, avokado's, fetakaas,
             Lemoensap               Vars vrugte            gekookte eiers/geroosterde
                                                              vis/hoender sonder vel,
                                                              croutons en slaaisous
                                                              (olyfolie en asyn)
                                                                                    [Eie teks]

          3.9.1      Identifiseer TWEE voedselitems uit die maaltydplan wat NIE geskik
                     is vir mense wat glutenintolerant is NIE.                                     (2)

          3.9.2      Evalueer die geskiktheid van die maaltydplan hierbo vir die bestuur
                     van vetsug.                                                                   (8)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                               11                         DBE/November 2023
                                               NSS

VRAAG 4: KLEDING

4.1       Verduidelik die term retrospektiewe mode.                                               (2)

4.2       Noem TWEE stadiums in die modesiklus waar verkope laag is.                              (2)

4.3       Verduidelik die verskil tussen 'n klassieke mode en 'n modegier.                        (4)

4.4       Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                                     Oranje, katoen hemp-rok wat met
                                                     tekkies (hardloopskoene) gedra word.
                                                      Lang moue
                                                      Kraag
                                                      Knope regdeur die middel voor
                                                      Midilengte
                                                      Geronde soom
                                                      Sy-openinge/-splete

                     [Bron: Foschini aanlyn]

          Verduidelik, met voorbeelde, waarom hierdie hemp-rok veelsydig is.                      (6)

4.5       Lees die inligting hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

          'yaga' is 'n nuwe selfoon-toep ('app') wat gebruik kan word om klere en
          bykomstighede waarvoor mense voorheen lief was en wat hulle voorheen
          besit het (tweedehands), te koop en verkoop.
                                                                    [Bron: Google Play Store]

          Bespreek die ekonomiese en omgewingsvoordele van die gebruik van die
          'yaga'-toep om klere te koop en te verkoop.                                             (6)
                                                                                                  [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                             12                             DBE/November 2023
                                             NSS

VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR

5.1       Noem EEN metode van betaling vir huishoudelike toestelle waar rente gehef
          word.                                                                                     (1)

5.2       Maak 'n lys van faktore wat 'n student behoort te oorweeg wanneer 'n
          mikrogolfoond vir sy/haar gehuurde kamer aangekoop word.                                  (3)

5.3       Noem die hoofverskille       tussen      voltitelhuiseienaarskap    en    deeltitel-
          huiseienaarskap.                                                                          (4)

5.4       Vergelyk die finansiële voordele van die huur van 'n eiendom met die
          finansiële nadele van die koop van 'n eiendom met 'n verband.

          Tabuleer die antwoord soos volg:

           FINANSIËLE VOORDELE VAN DIE                FINANSIËLE NADELE VAN DIE
               HUUR VAN 'N EIENDOM                    KOOP VAN 'N EIENDOM MET 'N
                                                              VERBAND
                                             (3)                               (3)                  (6)

5.5       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

          Mnr. Johannes is 'n pensioenaris wat in 'n klein woonstel woon. Hy koop
          normaalweg bevrore voedsel in grootmaat aan wanneer hy sy pensioen
          ontvang. Hy oorweeg dit om die kisvrieskas hieronder te koop.
                                                                                     [Eie teks]
                                                    Kisvrieskas
                                                     160 liter (klein)
                                                     Gas- en elektriese kisvrieskas
                                                     Ontvries per hand
                                                     Wit in kleur

                                                                    [Bron: OKFfurniture.co.za]

          Analiseer die geskiktheid van hierdie kisvrieskas vir mnr. Johannes.                      (6)
                                                                                                    [20]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                           13                            DBE/November 2023
                                           NSS

VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP

6.1       Gee DRIE voorbeelde van aanvangskoste vir 'n kleinskaalse besigheid van
          die huis af.                                                                            (3)

6.2       Noem DRIE faktore wat die doeltreffende produksie van gehalteprodukte
          beïnvloed.                                                                              (3)

6.3       Gee redes waarom 'n finansiële uitvoerbaarheidstudie uitgevoer word.                    (3)

6.4       Gee DRIE eienskappe van ekovriendelike verpakkingsmateriale.                            (3)

6.5       Verduidelik die voordele van die gebruik van plaaslike grondstowwe vir 'n
          kleinskaalse besigheid.                                                                 (4)

6.6       Verduidelik waarom dit vir 'n besigheid belangrik is om onmiddellik
          kliëntenavrae of klagtes te hanteer.                                                    (3)

6.7       Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                     BAKERS CREATIONZ

          Njabulo Sithole het sy besigheid in die kombuis by sy huis begin. Hy was lief
          daarvoor om koek te eet en dit het hom aangemoedig om koeke te begin bak.
          Hy het resepte vanaf die agterkant van koekmeelblompakke gebruik en het
          resepte vanaf die internet uitprobeer, wat hy aangepas het om by sy
          voorkeure te pas. Mense het van sy produkte gehou en hy het besef dat daar
          'n aanvraag daarvoor is.

          Hy het aan die einde van 2012 sy werk as 'n bemarkingsbestuurder opgegee
          om Bakers Creationz te begin. Hy het aanvanklik plaaslike skole van koeke,
          muffins en kolwyntjies voorsien. Hy het kommissie aan skoolkinders betaal
          om dit te verkoop. Bestellings het begin instroom en hy het na 'n groter
          kombuis getrek. Hy het seker gemaak dat dit aan voedselveiligheids-
          regulasies voldoen deur die Departement van Gesondheid vir 'n inspeksie uit
          te nooi. Hy het sy wins begin spaar en toerusting aangekoop by bakkerye wat
          toegemaak het. Aan die begin het hy taxi's gebruik om sy produkte af te
          lewer.

          In 2016 het hy by die Pick n Pay Boost Your Biz-program aangesluit en
          het dit gewen. Dit het hom toegang tot die kleinhandelreus gegee. Hy verskaf
          tans meer as 12 000 sneeuballetjies ('snowballs'), worsbroodrolletjies en
          broodrolletjies aan 191 Pick n Pay-winkels regdeur Gauteng en KwaZulu-
          Natal. Sy Bakers Creationz-besigheid het gegroei om 40 personeellede in
          diens te neem.
                                                 [Aangepas uit https://www.bizcommunity.com]

          6.7.1      Maak 'n lys van die inligting wat op 'n verpakkingsetiket van die
                     gebakte produkte ingesluit moet word.                                        (4)

          6.7.2      Noem TWEE menslike vaardighede wat vir Njabulo gehelp het om
                     sy besigheid te begin.                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Verbruikerstudies                             14                              DBE/November 2023
                                             NSS

          6.7.3      Verduidelik waarom dit vir Bakers Creationz belangrik is om
                     gereelde instandhouding van sy tweedehandse toerusting te doen.              (3)

          6.7.4      Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     Die sneeuballetjies ('snowballs') word in pakke van twee verpak.
                     Njabulo verkoop dit aan Pick n Pay vir R16,00 per pak. Pick n Pay
                     voeg 70% wins per pak by.

                     (a) Bereken die wins wat Pick n Pay                 op   ELKE    pakkie
                         sneeuballetjies ('snowballs') sal maak.                                  (2)

                     (b) Bereken Pick n Pay se verkoopprys vir ELKE pakkie
                         sneeuballetjies ('snowballs'). Toon ALLE berekeninge.                    (2)

          6.7.5      Lees die inligting hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                     Bakers Creationz het nie kontantvloei-uitdagings gehad sedert dit
                     in 2012 begin het nie.

                     Analiseer die geldigheid van die stelling hierbo.                            (8)
                                                                                                  [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:               160
                                                                     GROOTTOTAAL:                 200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Consumer Studies Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-nov-2023-eng-1/22f6ac6a-de15-4eb1-b5db-26244a433d19) — Consumer Studies · QP · 2023 · Eng
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2023-afrikaans/fdfc9f24-8893-4b8f-a1d2-0306a6aec38c) — Consumer Studies · QP · 2023 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2023-english/b34aed9a-4607-47cc-954a-7a8af1fc94b8) — Consumer Studies · QP · 2023 · Eng
- [Consumer Studies May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-may-june-2023-afr/17daf965-2974-4ee5-8f35-d0f33102fc7a) — Consumer Studies · QP · 2023 · Afr
- [Consumer Studies May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-may-june-2023-eng/9ef08598-99b2-4067-80dc-cb5570c99ef3) — Consumer Studies · QP · 2023 · Eng
- [Consumer Studies Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-nov-2022-afr/66676abb-ecca-4700-bd08-da4955b7c3cc) — Consumer Studies · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Consumer Studies

- [Gr 12 Con Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-con-stu-atp-2023-24/30b466bf-cc20-45e7-b5ff-3ec01fd619ae) — ATP
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept-2025-afr-watermark/fb3d1aeb-f3d7-4d22-a764-98f925f55ac3) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-may-june-2025-mg-eng/b5925fbc-85d0-4c10-ac9e-a76aafa0391d) — Memo · 2025 · Eng
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/e3e9d053-c332-408f-ac4a-ec420b36e7f8) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Erratum Sept 2024](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-erratum-sept-2024/f34fd578-a6ab-404c-aac5-c5bed951b608) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
