# Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)

> Grade 12 Consumer Studies question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-nov-2024-afr/775b6b14-0deb-4221-ac2f-7a4acf087170
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Consumer Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Consumer Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/consumer-studies) › [Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-nov-2024-afr/775b6b14-0deb-4221-ac2f-7a4acf087170)

## About this document

Consumer Studies · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                                  GRAAD 12

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                            VERBRUIKERSTUDIES

                               NOVEMBER 2024

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Verbruikerstudies                            2                      DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.        Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

               VRAAG                    INHOUD              PUNTE   TYD (minute)
            AFDELING A (Kortvrae)
                     1      Kortvrae (ALLE onderwerpe)       40           20
            AFDELING B (Langvrae)
                     2      Die Verbruiker                   40           40
                     3      Voedsel en Voeding               40           40
                     4      Kleding                          20           20
                     5      Behuising en Interieur           20           20
                     6      Entrepreneurskap                 40           40
                                                  TOTAAL:    200         180

 2.        AL die vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord
           word.

 3.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik word.

 4.        Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

 5.        Jy mag 'n sakrekenaar gebruik.

 6.        Skryf slegs met swart of blou ink.

 7.        Skenk aandag aan spelling en sinskonstruksie.

 8.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Verbruikerstudies                            3                            DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 AFDELING A: KORTVRAE

 VRAAG 1

 1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
           Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
           (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.21 D.       Nov

           1.1.1     Aksynsbelasting word op die volgende items gehef:

                     A   Alkohol en sigarette
                     B   Die waarde van eiendom besit
                     C   Plastieksakke
                     D   Dividende uit beleggings                                                 (1)

           1.1.2     Rente verdien op die oorspronklike bedrag en die rente daarvan:

                     A   Enkelvoudige
                     B   Wisselende
                     C   Saamgestelde
                     D   Minimale                                                                 (1)

           1.1.3     Verhitting van 'n huis met 'n … verminder koolstofvrystellings.

                     A   elektriese verwarmer
                     B   gasverwarmer
                     C   oop vuur
                     D   paraffienverwarmer                                                       (1)

           1.1.4     'n Manier om water in 'n huis te bespaar:

                     A   Maak gedurende die dag plante nat
                     B   Gebruik 'n bad in plaas van 'n stort
                     C   Gebruik 'n tuinslang wanneer 'n motor gewas word
                     D   Was volle ladings in 'n skottelgoedwasser                                (1)

           1.1.5     'n Vervaardiger sal binne 'n gespesifiseerde tydperk 'n toestel herstel
                     weens die …

                     A   uitsluitingsklousule.
                     B   instruksiehandleiding.
                     C   waarborg.
                     D   kontrak.                                                                 (1)

           1.1.6     Die grondboontjiebotter wat herroep en van die rakke verwyder is,
                     is deur die … geïdentifiseer.

                     A   kliëntediensnommer
                     B   lotnommer
                     C   bestanddelelys
                     D   strepieskode                                                             (1)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Verbruikerstudies                           4                               DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

           1.1.7     Sommige Suid-Afrikaners is         tot   'n   sekere   mate    voedsel-
                     selfversorgend omdat hulle …

                     A   plaaslik geproduseerde voedsel koop.
                     B   vars ongepasteuriseerde melk koop.
                     C   hulle eie groente plant.
                     D   slegs organiese voedsel plant.                                            (1)

           1.1.8     'n Spinasie-omelet met kaas sal die geskikste wees om die volgende
                     siekte te voorkom:

                     A   Anorexia
                     B   Diabetes
                     C   Hepatitis A
                     D   Osteoporose                                                               (1)

           1.1.9     Die gereg wat sal veroorsaak dat bloedglukosevlakke abnormaal
                     hoog styg, is …

                     A   geroosterde witbrood met aarbeikonfyt.
                     B   spinasie-omelet met kaas.
                     C   tunaviskoekies met slaai.
                     D   geroosterde hoender met groente.                                          (1)

           1.1.10    Die beste gereg om met die bestuur van diabetes te help, is …

                     A   mielievlokkies ('cornflakes') met melk.
                     B   gebraaide vis en aartappelskyfies.
                     C   botterbroodjies met konfyt en room.
                     D   vars vrugte en gewone laevet-joghurt.                                     (1)

           1.1.11    'n Klerevervaardiger met 'n goeie naam verloor baie verkope
                     weens …

                     A   die handelsmerk.
                     B   billike handelspraktyke.
                     C   handelsmerkrowery.
                     D   bedrog.                                                                   (1)

           1.1.12    Martha se werksklere vertoon altyd goed en hou lank omdat sy …
                     koop.

                     A   duur, kontemporêre items
                     B   klassieke items van 'n goeie gehalte
                     C   hoogmode-items
                     D   'n verskeidenheid modekleure                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Verbruikerstudies                           5                            DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

           1.1.13    Bestudeer die prente van die klere-items hieronder en beantwoord
                     die vraag wat volg.

                                                        Geel, geplooide maksirok
                                                        met grys blomme

                                                                       [Bron: Farfetch]

                                                        Geel, geplooide lang romp

                                                                       [Bron: Fashiola]

                     Die lengtes en plooie van beide die rok en                  die romp
                     verteenwoordig …

                     A   'n modegier.
                     B   'n modeneiging.
                     C   outydse mode.
                     D   hoogmode.                                                               (1)

           1.1.14    'n Maandelikse finansiële verantwoordelikheid wanneer eiendom in
                     'n deeltitelkompleks besit word:

                     A   Deposito
                     B   Huur
                     C   BTW
                     D   Heffing                                                                 (1)

           1.1.15    'n Deeltitelkompleks word deur 'n … bestuur.

                     A   eiendomsagent
                     B   verhuurder
                     C   huiseienaarsvereniging
                     D   huisbouvereniging                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Verbruikerstudies                             6                              DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

           1.1.16     Die gebruik van alle werkers en hulpbronne in 'n besigheid
                      verseker …

                      A   doeltreffende tydsbestuur.
                      B   kliëntetevredenheid.
                      C   produkspesifikasie.
                      D   verbruikersaanklank/aantrekkingskrag vir verbruikers.                     (1)

           1.1.17     Jake verseker deurlopende produksie in sy besigheid omdat hy …

                      A   ingevoerde grondstowwe gebruik.
                      B   roetine-instandhouding van toerusting doen.
                      C   'n volhoubare produsent en verbruiker is.
                      D   goeie afleweringstrategieë het.                                           (1)

           Lees die scenario hieronder en beantwoord VRAAG 1.1.18 tot 1.1.20.

            Jill bedryf 'n hekelbesigheid. Sy pas produkte aan volgens die behoeftes van
            haar klante. Tans is een van haar beste verkopers gehekelde, kort bloesies
            ('crop tops') met bypassende broeke, gemaak van gebruikte wol/garing van
            gebreide kledingstukke. Haar produkte het op Tik Tok viraal ('viral') geword.

                                                  [Bron: de Bijenkorf]

           1.1.18     Jill se besigheid is finansieel uitvoerbaar omdat sy …

                      A   slegs aanlyn bestellings neem.
                      B   die wol/garing invoer.
                      C   baie werkers in diens neem.
                      D   met huidige neigings byhou.                                               (1)

           1.1.19     Jill is 'n verantwoordelike entrepreneur omdat sy...

                      A   ingevoerde wol/garing gebruik.
                      B   'n verskeidenheid groottes maak.
                      C   grondstowwe hergebruik.
                      D   'n verskeidenheid modekleure gebruik.                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Verbruikerstudies                              7                              DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

           1.1.20      Jill is vol vertroue om 'n 100%-geld-terug-waarborg op haar produkte
                       aan te bied omdat sy …

                       A   die wol/garing hergebruik.
                       B   'n Tik Tok-rekening het.
                       C   bypassende stelle produseer.
                       D   gehaltebeheer uitvoer.                                                     (1)

 1.2       Gee EEN term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
           langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

           1.2.1       Die gemiddelde prysverhogings van goedere en dienste in 'n jaar

           1.2.2       'n Bedrag/Koste wat deur finansiële instellings vir die gebruik van
                       hulle geld gehef word

           1.2.3       Die basis van die rentekoersberekeninge in Suid-Afrika

           1.2.4       Die instrument wat veranderinge in die koste van goedere en dienste
                       oor 'n spesifieke tydperk meet                               (4 x 1)           (4)

 1.3       Pas die funksie van die voedselbymiddel in KOLOM B by die voorbeeld van 'n
           voedselbymiddel in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–G) langs die
           vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 H.

                         KOLOM A                                   KOLOM B
                      VOORBEELD VAN                             FUNKSIE VAN
                     VOEDSELBYMIDDEL                         VOEDSELBYMIDDEL
           1.3.1       Tartrasien in drankies         A    preserveer kleur

           1.3.2       Mononatriumglutamaat           B    dra tot kleur by
                       (MNG)
                                                      C    verbeter smaak
           1.3.3       Askorbiensuur in
                       vrugtesap                      D    dra tot soetheid by

           1.3.4       Natriumnitrate in              E    voorkom skeiding van
                       geprosesseerde voedsel              bestanddele

           1.3.5       Lesitien in mayonnaise         F    verhoog die energiewaarde

                                                      G    verminder groei van bakterieë
                                                                                      (5 x 1)         (5)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Verbruikerstudies                               8                           DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

 1.4       Gee EEN term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
           langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

           1.4.1         Die groep mense wat 'n produk of 'n diens sal wil koop

           1.4.2         Die koste wat vir die bedryf van 'n besigheid betaal moet word, soos
                         elektrisiteit en brandstof

           1.4.3         Dek die totale koste om 'n produk te produseer en die winsopslag

           1.4.4         Verseker dat die eindprodukte altyd dieselfde is             (4 x 1)      (4)

 1.5       Kies DRIE tegnologiese faktore uit die lys hieronder wat veranderinge in mode
           teweeg gebring het. Skryf slegs die letters (A–F) langs die vraagnommer (1.5)
           in die ANTWOORDEBOEK neer.

           A        Beskikbaarheid van kredietfasiliteite
           B        Advertensies op baie webtuistes
           C        Gebruik van kreukelvrye kleedstowwe
           D        Verhoogde omgewingsbewustheid
           E        Bank deur middel van die selfoon
           F        Ontwikkeling van geoutomatiseerde naaldwerktoerusting                          (3)

 1.6       Kies VIER verantwoordelikhede uit die lys hieronder, nadat 'n verbruiker
           huishoudelike toestelle aangekoop het. Skryf slegs die letters (A–H) langs die
           vraagnommer (1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

           A        Voltooi die registrasiekaart en stuur dit na die vervaardiger terug.
           B        Gooi onmiddellik ná aflewering die verpakking weg.
           C        Lees die instruksiehandleiding voordat die toestel gebruik word.
           D        Gebruik sy/haar vorige ervaring van sy/haar ou toestel.
           E        Onderhou die toestel slegs een keer.
           F        Neem die toestel terug indien dit nie na verwagting funksioneer nie.
           G        Was die toestel deeglik voor gebruik.
           H        Lees die garansie/geld-terug-waarborg ('warranty') en weet hoe lank dit
                    geldig is.                                                                     (4)

                                                                    TOTAAL AFDELING A:             40

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Verbruikerstudies                             9                             DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

 AFDELING B: LANGVRAE

 VRAAG 2: DIE VERBRUIKER

 2.1       Noem die tipe swendelskema waar 'n e-pos aan 'n verbruiker gestuur word, wat
           voorgee dat dit van 'n bank of finansiële instelling kom.                                (1)

 2.2       Verduidelik die volgende terme:

           2.2.1      Hernubare vorme van energie                                                   (2)

           2.2.2      Afkoeltydperk                                                                 (3)

 2.3       Verduidelik hoe indirekte belasting van Suid-Afrikaners ingevorder word.                 (1)

 2.4       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           'n Winkel verkoop produkte wat nie in Suid-Afrika vervaardig word nie.
           Wanneer die produkte breek, weier die winkel om die geld terug te betaal of
           om die items te herstel of te vervang. Sommige kliënte het die vervaardiger
           gekontak, wat geweier het om te help en aangedui het dat hulle nie hulle
           produkte in Suid-Afrika verkoop nie.
                                                                                      [Eie teks]

           2.4.1      Noem die tipe produkte wat die verkoper in Suid-Afrika verkoop.               (1)

           2.4.2      Verduidelik hoe die verkoper die produkte wettig na Suid-Afrika
                      ingevoer het.                                                                 (1)

 2.5       Verduidelik die verskil tussen 'n uitsluitingsklousule en 'n onbillike sakepraktyk.      (4)

 2.6       Verduidelik die voordele daarvan om in Suid-Afrika deel van 'n stokvel te wees.          (5)

 2.7       Bestudeer die inligting oor 'n voorlaaierwasmasjien hieronder en beantwoord
           die vrae wat volg.

               Energiedoeltreffend
               Outomatiese kapasiteitsaanwyser
               Warm- en kouewater-was
               Super vinnig
               Kreukelbestand
               Outomatiese water-afskakel-knop

           Bespreek hoe die funksies van die wasmasjien help om elektrisiteitsverbruik te
           verminder.                                                                               (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Verbruikerstudies                            10                             DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 2.8       Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

           'Die water is pikswart, ruik sleg en is skuimerig met onaanvaarbare vlakke van
           besoedeling.' Barker se beskrywing van die Klipriver som die toestand op van
           baie riviere wat deur Gauteng vloei.

                                                          [Bron: Daily Maverick, Februarie 2024]

           Stel maniere voor waarop gemeenskappe waterbesoedeling kan verminder om
           die toestand van ALLE riviere te verbeter.                                               (4)

 2.9       Lees die stelling hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

           Baie munisipaliteite skuld Eskom milljoene rande.

           Bespreek die rol wat gemeenskappe kan speel om munisipaliteite te help om
           hulle skuld aan Eskom te verminder.                                                      (6)

 2.10      Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

           Die Minister van Indiensneming en Arbeid het op 1 Februarie 2024 die
           nasionale minimum loon vir gewone-uur-werkers vanaf 1 Maart 2024 met
           8,5%, van R25,42 na R27,58, verhoog.

                                                    [Bron: Labour guide.co.za, 6 Februarie 2024]

           Analiseer die impak wat die verhoogde minimum loon op Suid-Afrikaanse
           huishoudings en die ekonomie sal hê.                                                     (8)
                                                                                                    [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Verbruikerstudies                               11                                  DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

 VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING

 3.1       Verduidelik die volgende terme:

           3.1.1       Voedselbestraling                                                                   (3)

           3.1.2       Glukemiese indeks van voedsel                                                       (2)

 3.2       Verduidelik die betekenis van ELK van die volgende datumstempels wat op
           voedseletikette gevind word:

           3.2.1       'Beste voor'                                                                        (1)

           3.2.2       'Gebruik teen'                                                                      (1)

           3.2.3       'Verkoop teen'                                                                      (1)

 3.3       Noem maniere waarop die oordrag van voedseloordraagbare siektes voorkom
           kan word.                                                                                       (5)

 3.4       Onderskei tussen organiese voedsel en geneties gemodifiseerde voedsel,
           volgens die gegewe kriteria.

           Tabuleer die antwoord soos volg:

                    KRITERIA            ORGANIESE           GENETIES
                                         VOEDSEL     GEMODIFISEERDE VOEDSEL
            TYD OM TE GROEI                      (1)                     (1)
            OPBRENGS                             (1)                     (1)
            RAKLEWE                              (1)                     (1)
            KOSTE                                (1)                     (1)                               (8)

 3.5       Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         Geblikte vis      word    toenemend         gewild    in
                         Suid-Afrika.

                                                            [Aangepas uit News24]

           3.5.1       Verduidelik hoe geblikte vis met die voorkoming van osteoporose
                       kan help.                                                                           (4)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 12

Verbruikerstudies                               12                               DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

           3.5.2        Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                VOEDSELSEKERHEIDKRISIS VIR SUID-AFRIKA

                        Hoewel dit aansienlik laer is as meer as twee dekades gelede,
                        sukkel 'n groot persentasie van die Suid-Afrikaanse bevolking
                        steeds met voedselonsekerheid.

                                                            [Aangepas uit Businesstech, 25 Mei 2024]

                        Geblikte vis sal Suid Afrikaners help om voedselonsekerheid te
                        beveg.

                        Regverdig die stelling.                                                          (4)

 3.6       Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  Die Dagwood-toebroodjie bestaan uit:

                                     Geroosterde witbrood
                                     Twee beesvleiskoekies ('patties')
                                     Een gebraaide eier
                                     Twee skywe geprosesseerde kaas
                                     Slaaiblare
                                     Tamatieskywe
                                                   [Aangepas uit Wimpy.co.za]

                    TIPIESE VOEDINGSINLIGTING
                    Totale kilojoules                                      5 236 kJ
                    Vet                                                       69 g
                    Koolhidrate                                               76 g
                    Natrium                                                1 926 mg

           3.6.1        Noem die hoofoorsaak van Tipe 1-diabetes.                                        (1)

           3.6.2        Noem hoe Tipe 1-diabetes bestuur word.                                           (2)

           3.6.3        Evalueer die geskiktheid van die Dagwood-toebroodjie vir 'n
                        persoon met diabetes.                                                            (8)
                                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 13

Verbruikerstudies                                 13                          DBE/November 2024
                                             NSS Vertroulik

 VRAAG 4: KLEDING
 4.1       Gee EEN voorbeeld van 'n plantgebaseerde, volhoubare, hernubare tekstiel.                    (1)
 4.2       Noem DRIE kenmerke van kleremaatskappye wat billike handelspraktyke
           nakom.                                                                                       (3)
 4.3       Bestudeer die grafiek van die modesiklusse hieronder en beantwoord die vrae
           wat volg.

                                                                       [Aangepas uit The Second Skin]

           4.3.1     Gee TWEE redes waarom die modesiklusse oorvleuel.                                  (2)
           4.3.2     Skryf 'n paragraaf om die interverwantskap tussen die piek-/
                     hoogtepuntstadium in die modesiklus en kontemporêre mode te
                     beskryf.                                                                           (4)
 4.4       Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

            'n Maatskappy het 'n formele             Hierdie uitrusting bestaan uit:
            kleredragkode.
                                                         'n Ligblou pak klere
                                                         'n Wit katoen-T-hemp met 'n ronde
                                                          nek
                                                         Wit All-Star-hardloopskoene

                         [Bron: Pinterest]

           Beskryf waarom hierdie 'n geskikte uitrusting is om op 'n warm somersdag na
           'n korporatiewe werkplek vir 'n loslit-Vrydag te dra.                                        (4)
 4.5       Analiseer hoe die volgende faktore kontemporêre mode wat verbruikers in
           2024 gedra het, kon beïnvloed het:
           4.5.1     Verhoogde rente op klerewinkel-kredietkaarte                                       (3)
           4.5.2     Verhoogde elektrisiteitkoste                                                       (3)
                                                                                                        [20]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Verbruikerstudies                            14                           DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR

 5.1       Noem TWEE hoofpartye wat by 'n huurooreenkoms betrokke is.                               (2)

 5.2       Verduidelik wat 'n verbandakte is.                                                       (2)

 5.3       Beskryf waarom dit vir huiseienaars           belangrik   is   om     omvattende
           huiseienaarsversekering te hê.                                                           (2)

 5.4       Onderskei tussen 'n koopaanbod-ooreenkoms en 'n verkoopakte-ooreenkoms.                  (4)

 5.5       Weens die huidige swak ekonomiese klimaat is daar baie huise wat te koop is.

           Verduidelik waarom dit waarskynlik steeds beter is om 'n huis te bou eerder as
           om 'n bestaande voltitelhuis te koop.                                                    (5)

 5.6       Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                                     Mikrogolfoond

                                                        Ingeboude lugbraai
                                                        Kombinasierooster
                                                        Konveksie vir rooster of bak
                                                        Verhit vinniger
                                                        Tydreëlaar
                                                                               [Bron: AEG.co.za]

           Beskryf die positiewe omgewingsimpak van die mikrogolfoond.                              (5)
                                                                                                    [20]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Verbruikerstudies                             15                        DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

 VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP

 6.1       Definieer die term slegste-verkope-scenario.                                         (2)

 6.2       Verduidelik die term finansiële uitvoerbaarheidstudie.                               (3)

 6.3       Maak 'n lys van faktore wat 'n entrepreneur in ag moet neem wanneer 'n produk
           vir 'n kleinskaalse besigheid gekies word.                                           (4)

 6.4       Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                         Jasper se Mark
                                Kom na Jasper se Mark vir
                                organiese voedsel teen
                                onverbeterlike pryse.

                                       [Bron: Facebook Marketplace]

           Identifiseer, met voorbeelde, die P's van 'n bemarkingstrategie wat in die
           advertensie sigbaar is.                                                              (3)

 6.5       Verduidelik die nadele van 'n besigheid wat te veel voorraad het.                    (4)

 6.6       Pick n Pay gebruik plantgebaseerde verpakking wat gedeeltelik uit suikerriet
           gemaak is, vir hul UVB-langlewe/boks-melk.

           Verduidelik die positiewe impak wat hierdie verpakking op die omgewing het.          (5)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Verbruikerstudies                             16                           DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

 6.7       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           Sam het die geld gebruik wat hy ontvang het nadat hy sy ou besigheid verkoop
           het, om 'n nuwe besigheid te begin waar hy goedere aflewer. Hy het kontant
           betaal vir 'n nuwe hibriede ('hybrid') afleweringswa (gebruik beide brandstof en
           elektrisiteit) wat vir vervoer gebruik word. Sam lewer pakkies oral in die
           provinsie af. Indien hy nie self kan aflewer nie, gebruik hy ander
           afleweringsmaatskappye omdat hy nie sy kliënte wil teleurstel nie.

           Hy verhuur ook 'n stooreenheid, teen 'n klein fooi elke maand, vir kliënte wat
           hulle items wil stoor. Indien die pakkies ná ses maande nog nie afgehaal is nie,
           verkoop hy dit om sy koste te dek. Hy het 'n vennootskap met ander
           afleweringsmaatskappye gevorm om mekaar te help indien hulle pakkies het
           wat na dieselfde plek toe gaan. Hy bied ook vir sy kliënte 'n gratis toedraaidiens
           vir hulle pakkies aan.
                                                                                    [Eie teks]

           6.7.1      Noem die aanvangskapitaal vir Sam se besigheid.                            (1)

           6.7.2      Verduidelik hoe Sam 'n mededingende voordeel in sy besigheid
                      behaal.                                                                    (2)

           6.7.3      Bespreek hoe Sam verseker dat sy besigheid voortdurend 'n wins
                      maak.                                                                      (6)

           6.7.4      Verduidelik hoe Sam geld vir sy besigheid bespaar met
                      brandstofpryse wat aanhoudend styg.                                        (2)

 6.8       Lees die stelling hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

           Vanaf Maandag 6 Mei 2024 het Suid-Afrika 40 dae sonder beurtkrag
           aangeteken.
                                                                    [Aangepas uit News24.com]

           Voorspel die positiewe impak wat die toestand van geen beurtkrag op
           kleinskaalse besighede kan hê.                                                        (8)
                                                                                                 [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:            160
                                                                       GROOTTOTAAL:              200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Consumer Studies May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/c75b3041-40ed-4525-a527-89d46d24112e) — Consumer Studies · QP · 2024 · Afr
- [Consumer Studies Erratum Sept 2024](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-erratum-sept-2024/f34fd578-a6ab-404c-aac5-c5bed951b608) — Consumer Studies · Errata · 2024
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept2024-afrikaans/4cdd0364-7e2e-4ee3-bf0d-aeb9f7ea7fd5) — Consumer Studies · Memo · 2024 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept2024-english/2bd32cbf-c012-4089-bd0e-f8494415bfe8) — Consumer Studies · Memo · 2024 · Eng
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2023-afrikaans/fdfc9f24-8893-4b8f-a1d2-0306a6aec38c) — Consumer Studies · QP · 2023 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-qp-sept2023-english/b34aed9a-4607-47cc-954a-7a8af1fc94b8) — Consumer Studies · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Consumer Studies

- [Gr 12 Con Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-con-stu-atp-2023-24/30b466bf-cc20-45e7-b5ff-3ec01fd619ae) — ATP
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept-2025-afr-watermark/fb3d1aeb-f3d7-4d22-a764-98f925f55ac3) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-may-june-2025-mg-eng/b5925fbc-85d0-4c10-ac9e-a76aafa0391d) — Memo · 2025 · Eng
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/e3e9d053-c332-408f-ac4a-ec420b36e7f8) — Memo · 2025 · Afr
- [Consumer Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-consumer-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef) — Memo · 2025 · Afr
- [CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/consumer-studies-gr12-memo-sept2023-afrikaans/0a98515a-1586-47dd-9d92-73d539d261d1) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
