# Civil Technology Grade 11 Eastern Cape November 2019 QP

> Grade 11 Civil Technology question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/cvlt-gr11-qp-afr-nov-2019-siviele-dienste-d/d73eb57e-4ef4-4636-bb3c-3b023a218df8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Civil Technology
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Civil Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/civil-technology) › [Civil Technology Grade 11 Eastern Cape November 2019 QP](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-gr11-qp-afr-nov-2019-siviele-dienste-d/d73eb57e-4ef4-4636-bb3c-3b023a218df8)

## About this document

Civil Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 11

                           NOVEMBER 2019

         SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE

PUNTE:    200

TYD:      3 uur

                                    *ICvltA1*

          Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye, insluitend 3 antwoordblaaie.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                       SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE               (EC/NOVEMBER 2019)

 BENODIGDHEDE:

 1.   ANTWOORDEBOEK

 2.   Tekeninstrumente

 3.   'n Nieprogrammeerbare sakrekenaar

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit SES VRAE: DRIE vrae is generies en DRIE vrae is
      vakspesifiek.

 2.   Beantwoord AL die vrae.

 3.   Beantwoord elke vraag as ŉ geheel. MOENIE onderafdelings van vrae skei NIE.

 4.   Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

 5.   MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

 6.   Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.

 7.   Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
      aangehegte ANTWOORDBLAAIE.

 8.   Gebruik die puntetoekenning as 'n riglyn vir die lengte van jou antwoorde.

 9.   Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
      beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die
      SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk.

 10. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van 'n steen as 220 mm x
     110 mm x 75 mm geneem word.

 11. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.

 12. Beantwoord VRAAG 3.2, 5.1 en 6.2 op die aangehegde ANTWOORDBLAAIE
     en gebruik tekeninstrumente, waar nodig.

 13. SKRYF jou NAAM op elke ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou
     ANTWOORDEBOEK in, al het jy dit nie gebruik nie.

 14. Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese
     oordrag.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                       3

 VRAAG 1: VEILIGHEID EN MATERIALE (GENERIES)

 1.1    Wat is die betekenis van die afkorting PBT?                                        (1)

 1.2    Noem TWEE vereistes vir beskermende skoene wat op ŉ bouterrein gedra
        word.                                                           (2 x 1)            (2)

 1.3    Algemene veiligheid vir klein aanlegtoerusting is belangrik. Motiveer kortliks
        waarom elk van die volgende veiligheidsmaatreëls nagekom moet word:

        1.3.1    Vooraftoetsing met toerusting moet gedoen word.                           (1)

        1.3.2    Petrolenjins moet slegs in die buitelig gebruik word.                     (1)

        1.3.3    Aandrywende en roteerende dele moet bedek wees.                           (1)

        1.3.4    Operateurs moet voldoende opleiding met betrekking tot toerusting
                 kry.                                                                      (1)

 1.4    Beantwoord die volgende vrae met betrekking tot die veilige stapeling van
        materiaal.

        1.4.1    Wat moet werkers gebruik om op en af van stapels te klim?                 (1)

        1.4.2    Noem TWEE faktore wat nie deur ŉ stapel belemmer mag word nie.
                                                                         (2 x 1)           (2)

        1.4.3    Bereken die maksimum hoogte van ŉ stapel indien die materiaal ŉ
                 breedte van 500 mm en ŉ dikte van 250 mm het.                             (2)

        1.4.4    Waarom mag geen dele van ŉ stapel uitsteek nie?                           (1)

 1.5    Noem die TWEE hoofbestanddele van gidspleister.                        (2 x 1)     (2)

 1.6    Noem EEN voorbeeld van ŉ fyn aggregaat.                                            (1)

 1.7    Noem EEN doel van kalk in ŉ boumengsel.                                            (1)

 1.8    Noem TWEE bordprodukte wat vir muurpaneelwerk geskik is.                (2 x 1)    (2)

 1.9    Noem TWEE gebruike van vlekvrye staal.                                 (2 x 1)     (2)

 1.10   Watter element in ysterhoudende metale maak dit vatbaar vir roes?                  (1)

 1.11   Definieer die term legering (allooi).                                              (3)

 1.12   Noem TWEE gebruike van veiligheidsglas.                                 (2 x 1)    (2)

 1.13   Noem EEN gebruik van ŉ mastiekseëlmiddel.                                          (1)

 1.14   Definieer die term termoplastiek (termoplastiese stof).                            (2)
                                                                                          [30]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                        SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE             (EC/NOVEMBER 2019)

 VRAAG 2: TOERUSTING, GEREEDSKAP EN GRAFIKA (GENERIES)

 2.1 Benoem die gereedskapstukke in FIGURE 2.1.1 tot 2.1.4 en noem EEN
     gebruik van elk.                                                 (4 x 2)         (8)

          FIGUUR 2.1.1       FIGUUR 2.1.2        FIGUUR 2.1.3     FIGUUR 2.1.4

 2.2 Watter kraggereedskapstuk sal vir die volgende werk gebruik word:

      2.2.1    Skerpmaak van beitels                                                  (1)

      2.2.2    Om sponnings in hout te saag                                           (1)

 2.3 Identifiseer die gereedskapstuk in FIGUUR 2.3 en noem TWEE gebruike
     daarvan.                                                          (3 x 1)        (3)

                                        FIGUUR 2.3

 2.4 Noem TWEE versorgingsmaatreëls wat op reihoute van toepassing is. (2 x 1) (2)

 2.5 Motiveer kortliks waarom die universele tang nie gebruik kan word om
     loodgieterpype vas te klamp nie.                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                   5

 2.6 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die aansig in FIGUUR 2.6.

                                         FIGUUR 2.6

       2.6.1    Noem die tipe aansig.                                                (1)

       2.6.2    Benoem die onderdele gemerk 2.6.A tot 2.6.J.                        (10)

       2.6.3    Wat is die breedte- en diktemates van deel 2.6.F?                    (2)

       2.6.4    Wat is die doel van deel 2.6.G?                                      (1)

 2.7 Noem VIER besonderhede van die dakkonstruksie wat op aansigte aangedui
     moet word.                                                      (4 x 1)         (4)

 2.8 Maak netjiese sketse om die volgende simbole te illustreer:

       2.8.1    Pleister                                                             (2)

       2.8.2    Onafgewerkte hout                                                    (2)

       2.8.3    Bodemvlak                                                            (2)
                                                                                    [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                       SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE             (EC/NOVEMBER 2019)

 VRAAG 3: HOEVEELHEDE, VERBINDINGS EN GRAFIKA (GENERIES)

 3.1 Maak netjiese sketse om die volgende simbole op ŉ vloerplan te illustreer:

      3.1.1    Vetput                                                                   (2)

      3.1.2    VWL (Vogweerlaag)                                                        (2)

      3.1.3    Trappe                                                                   (2)

 3.2 FIGUUR 3.2 hieronder toon die vloerplan met fondamentmure van ŉ
     enkelkamer.

                                       FIGUUR 3.2

      Gebruik die volgende spesifikasies:
       Die vloerblad is 85 mm dik
       Mure is 220 mm dik

      Gebruik ANTWOORDBLAD 1 en bereken die volume beton benodig om die
      vloerblad tussen die buitemure te gooi.                                         (12)

 3.3 Noem DRIE eienskappe van silikoon.                                    (3 x 1)      (3)

 3.4 Beskryf die aanwendingsproses van kontaklym.                                       (3)

 3.5 Noem EEN eienskap van PVC-kleefstof.                                               (1)

 3.6 Noem DRIE funksie van glas.                                            (3 x 1)     (3)

 3.7 Bespreek die verskil tussen politeen- en polivinielchloried.                      (2)
                                                                                      [30]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                          7

 VRAAG 4: VEILIGHEID, MATERIAAL, TOERUSTING EN VERBINDING
          (SPESIFIEK)

 4.1    Loodgieters kan met skadelike rioolafval in kontak kom. Noem DRIE stappe
        wat geneem kan word om infeksies deur rioolafval te verhoed.        (3 x 1)           (3)

 4.2    Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat toegepas moet word om te voorkom
        dat soldeerwerkdampe ingeasem word.                            (2 x 1)                (2)

 4.3    Kies ŉ term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
        slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (4.3.1–4.3.3) in die
        ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.3.4 F.

                         COLUMN A                               COLUMN B
        4.3.1    Betonstrukture wat nie aan trek- en    A     Sement
                 buigspanning onderwerp word nie

        4.3.2    Om steenwerk te bind                   B     Gidspleister

        4.3.3    Afwerking van betonvloere              C     Mortel

                                                        D     Ongewapende beton

                                                        E     Growwe aggregaat
                                                                             (3 x 1)          (3)

 4.4    Watter tipe bordproduk sal as bekisting gebruik word wanneer ŉ gladde
        afwering vir beton vereis word?                                                       (1)

 4.5    Motiveer kortliks waarom merantihout nie vir die vervaardiging van
        dakkappe gebruik sal word nie.                                                        (1)

 4.6    Verduidelik die verskil in die gebruik van vullerstene en sierstene.                  (2)

 4.7    Motiveer kortliks waarom koper meer geskik as smeeyster vir die gebruik as
        warmwater-toevoerpype is.                                                             (1)

 4.8    Watter metaal word vir die galvanisering van yster gebruik?                           (1)

 4.9    Watter faktor bepaal die dikte van glas in vensterrame?                               (1)

 4.10   Noem DRIE eienskappe van polipropileen wat dit ideaal vir gebruik as
        rioleringpype maak.                                                  (3 x 1)          (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                          SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE               (EC/NOVEMBER 2019)

 4.11   Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die gereedskapstukke in
        FIGURE 4.11.A en 4.11.B.

                       FIGUUR 4.11.A                       FIGUUR 4.11.B

        4.11.1       Identifiseer die gereedskapstukke in FIGUUR 4.11.A en 4.11.B.           (2)

        4.11.2       Noem TWEE versorgingsmaatreëls wat op die gereedskapstuk
                     4.11.A toegepas moet word.                            (2 x 1)           (2)

        4.11.3       Beskryf die gebruik van gereedskapstuk 4.11.B.                          (2)

 4.12   Beskryf kortliks die voorbereiding van pype wat met hittesmelting gelas moet
        word.                                                                                (2)

 4.13   Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’
        of ‘onwaar’ langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK.

        4.13.1       Gegalvaniseerde pype word met ŉ pypbuigveer gebuig.                     (1)

        4.13.2       Politeenpype word met skroefdraadverbindings gelas.                     (1)

        4.13.3       Loodsoldeersel mag nooit vir die las van drinkwaterpype gebruik
                     word nie.                                                               (1)

        4.13.4       Hulsankers word gebruik wanneer pypwerk aan hout geanker moet
                     word.                                                                  (1)
                                                                                           [30]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                       9

 VRAAG 5: GRAFIKA, KONSTRUKSIE EN VERBINDINGS (SPESIFIEK)

 5.1 FIGUUR 5.1 op ANTWOORDBLAD 2 toon die plan en aansig van ŉ
     vierkantige geutpyp.
     Gebruik ANTWOORDBLAD 2 en ontwikkel en teken die ontvouing van die
     geutskoen op skaal 1 : 1.                                                           (16)

 5.2 Motiveer kortliks waarom beton nabehandel moet word.                                  (2)

 5.3 Noem TWEE defekte in beton wat deur onvoldoende nabehandeling
     veroorsaak word.                                                         (2 x 1)      (2)

 5.4 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die muurkonstruksie in
     FIGUUR 5.4.

                                        FIGUUR 5.4

       5.4.1    Wat word die tipe muur genoem?                                             (1)

       5.4.2    In watter verband is die muur gebou?                                       (1)

       5.4.3    Wat is die dikte van die muur?                                             (1)

 5.5 Beskryf die nagevolge van ŉ watervoorsiening-pypwerkinstallering wat nie
     stewig aan die struktuur geheg is nie.                                                (2)

 5.6 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die pyplas in FIGUUR 5.6.

                                        FIGUUR 5.6

       5.6.1    Watter tipe pyp word met hierdie tipe koppelstukke gelas?                  (1)

       5.6.2    Beskryf die metode wat gebruik word om ŉ waterdigte las te verseker.       (1)

 5.7 Beskryf kortliks die werking van ŉ haakveerbout, wat dit ideaal maak vir
     hegting teen stapelmure.                                                              (2)

 5.8 Maak ŉ netjies skets om die vorm van ŉ gegroefde naatlas in plaatmetaal te
     illustreer.                                                                          (1)
                                                                                         [30]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                      SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                    (EC/NOVEMBER 2019)

 VRAAG 6: KOUEWATER- EN WARMWATERTOEVOER, RIOLERING EN
          SANITÊRE TOEBEHORE (SPESIFIEK)

 6.1 Identifiseer die tipe pyp wat met elk van die volgende lasmetode gelas word:

      6.1.1    Soldering                                                                      (1)

      6.1.2    Knelkoppeling                                                                  (1)

      6.1.3    Skroefdraadlas                                                                 (1)

 6.2 FIGUUR 6.2 op ANTWOORDBLAD 3 toon ŉ onvolledige skets van ŉ klep vir
     kouewatervoorsiening. Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die klep.

      6.2.1    Voltooi die skets op ANTWOORDBLAD 3 deur die TWEE
               ontbrekende dele van die klep in te teken.                                     (2)

      6.2.2    Wat word die klep genoem?                                                      (1)

      6.2.3    Verduidelik die doel van die klep.                                             (2)

 6.3 Motiveer kortliks waarom pype onder ŉ gebou in ŉ huls gelê moet word.                    (2)

 6.4 Maak netjiese sketse van simbole vir die volgende warmwaterstelsels:

      6.4.1    Outomatiese afsluitklep                                                        (1)

      6.4.2    Terugslagklep                                                                  (1)

      6.4.3    Drukontlasklep                                                                 (1)

      6.4.4    Vakuumverligtingsklep                                                          (1)

 6.5 Motiveer kortliks waarom die warmwateruitlaat aan die bokant van ŉ
     hoëdrukgeiser is.                                                                        (2)

 6.6 Noem TWEE faktore wat veroorsaak dat drukontlaskleppe ontlaai.               (2 x 1)     (2)

 6.7 FIGUUR 6.7 toon ŉ dakplan en die posisie van ŉ sonwarmwatergeiser.
     Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die posisie van die
     sonwarmwatergeiser.

                                                    SONWARMWATERGEISER
                                         FIGUUR 6.7

      6.7.1    Motiveer waarom die sonwarmwatergeiser in FIGUUR 6.7 nie in ŉ
               goeie posisie is nie.                                                          (2)

      6.7.2    Identifiseer die korrekte plasing vir die sonwarmwatergeiser.                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                   SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                         11

 6.8    Wat is die doel van die tenklugpyp van ŉ sonwarmwatergeiser.                             (1)

 6.9    FIGUUR 6.9 toon die dwarssnit van ŉ buis van ŉ hoëdruk
        sonwarmwatergeiser. Identifiseer die onderdele 6.9.A tot 6.9.C.                          (3)

                           6.9.A

                            6.9.B
                            6.9.C

                                            FIGUUR 6.9

 6.10   Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’
        of ‘onwaar’ langs die vraagnommer (6.10.1–6.10.3) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.

        6.10.1       Oortollige rioolvuillis moet in stormwaterkanale gestort word.              (1)

        6.10.2       Sanitêre toestelle moet van ondeurdringbare materiaal gemaak
                     word.                                                                       (1)

        6.10.3       Die watertoevoeruitlaat na vuilwatertoebehore moet ten minste
                     120 mm bo die vloedvlakrand van die toestel wees.                           (1)

 6.11   Verduidelik die nagevolg van heweling in ŉ sanitêre pypstelsel.                          (4)

 6.12   Hoe word heweling in ŉ sanitêre pypstelsel uitgeskakel?                                  (1)

 6.13   Wat is die verskil tussen ŉ stompstampyp-rioolstelsel en ŉ eenpyp-
        rioolstelsel?                                                                            (1)

 6.14   Noem TWEE nadele van ŉ eenpyp-rioolstelsel.                                   (2 x 1)    (2)

 6.15   Noem TWEE materiale waarvan spoelbakke vervaardig word.                       (2 x 1)    (2)

 6.16   Verduidelik kortliks die werking van die uitlaatklankdemperpyp van ŉ
        spoelbak.                                                                                (2)
                                                                                                [40]

                                                                                 TOTAAL: 200

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com



### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
12                        SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE         (EC/NOVEMBER 2019)

                             SIVIELE TEGNOLOGIE
ANTWOORDBLAD           1       SIVIELE DIENSTE         NAAM:
                                  (GENERIES)

3.2 Bereken die volume beton benodig om die vloerblad tussen die buitemure te
    gooi.                                                                         (12)

A       B             C            D

                                   Buitemate van lang mure                          (3)

                                   =______________ - ____________ - ___________

                                   =

                                   Binnemate van kort mure                          (3)

                                   = _____________ - ___________ - ____________

                                   =

                                   Volume beton benodig                             (6)

                                   Lengte van vloerblad     =

                                   Breedte van vloerblad    =

                                   Dikte van vloerblad      =
                                                                                   (12)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com



### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)               SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                   13

                           SIVIELE TEGNOLOGIE
ANTWOORDBLAD           2     SIVIELE DIENSTE
                                                       NAAM:

5.1    FIGUUR 5.1 op ANTWOORDBLAD 2 toon die plan en aansig van ŉ
       vierkantige geutpyp.
       Gebruik ANTWOORDBLAD 2 en ontwikkel en teken die ontvouing van die
       geutskoen op skaal 1 : 1.                                                (16)

                     BO-AANSIG

               SYAANSIG

                                 Basislyne:                                      3
                                 Naatlyne:                                       2
                                 Vertikale konstruksielyne:                      6
                                 Snypuntlyne:                                    5
                                 TOTAAL:                                         16

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com



### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
14                      SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE            (EC/NOVEMBER 2019)

                             SIVIELE TEGNOLOGIE
 ANTWOORDBLAD           3      SIVIELE DIENSTE
                                                      NAAM:

6.2   FIGUUR 6.2 op ANTWOORDBLAD 3 toon ŉ onvolledige skets van ŉ klep vir
      kouewatervoorsiening. Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die
      klep.

      6.2.1   Voltooi die skets op ANTWOORDBLAD 3 deur die TWEE
              ontbrekende dele van die klep in te teken.                            (2)

                                              Ontbrekende onderdele.            2
                                              TOTAAL:                           2

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com



## Related documents

- [CVLT GR11 QP ENG NOV2019 CONSTRUCTION D](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-gr11-qp-eng-nov2019-construction-d/709fb2af-73d3-4acf-ac2b-9045cdb81727) — Civil Technology · QP · 2019 · Eng
- [CVLT GR11 QP Eng Nov 2019 CIVIL SERVICES D](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-gr11-qp-eng-nov-2019-civil-services-d/6f325849-236b-4d10-998c-6c9893d8ed5d) — Civil Technology · QP · 2019 · Eng
- [CVLT GR11 QP AFR NOV2019 KONSTRUKSIE D](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-gr11-qp-afr-nov2019-konstruksie-d/ede9f697-fbf0-4cfb-97db-cb74cfeee28b) — Civil Technology · QP · 2019 · Afr
- [CIV TECH GR11 QP NOV2019 Wood Eng D](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-qp-nov2019-wood-eng-d/11938d98-8c97-4171-8127-48764ea922be) — Civil Technology · QP · 2019 · Eng
- [CIV TECH GR11 QP NOV2019 Wood Afr D](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-qp-nov2019-wood-afr-d/9f1575af-0526-4b93-98d8-325076ed88a0) — Civil Technology · QP · 2019 · Afr
- [CVLT - GR11 MEMO - ENG - NOV2019 - CONSTRUCTION](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-gr11-memo-eng-nov2019-construction/858329b3-c40a-4769-8f3b-ec1a964bbeae) — Civil Technology · Memo · 2019 · Eng

## More from Grade 11 Civil Technology

- [Gr 11 Cons ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-cons-atp-2023-24/5adb6254-7b36-487a-a882-c42b36bf49b7) — ATP
- [Gr 11 Civil Ser ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-civil-ser-atp-2023-24/91ce1dc1-91cc-4a38-926b-b3d45f5b5305) — ATP
- [CIV TECH GR11 MEMO NOV2022 Civil Services Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-memo-nov2022-civil-services-afrikaans/85a9ce14-da0c-4943-8570-643c7a62e6a8) — Memo · 2022 · Afr
- [CIV TECH GR11 MEMO NOV2022 Construction Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-memo-nov2022-construction-afrikaans/6d31745c-a94c-4612-8aef-4e9b624a57b0) — Memo · 2022 · Afr
- [CIV TECH GR11 MEMO NOV2022 Woodworking English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-memo-nov2022-woodworking-english/a7e06718-cada-4092-84e6-dffe9c65d79c) — Memo · 2022 · Eng
- [CIV TECH GR11 MEMO NOV2022 Woodworking Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-memo-nov2022-woodworking-afrikaans/16d10915-16d2-413b-a24e-24b5588c3601) — Memo · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
