# Civil Technology Grade 11 Eastern Cape November 2020 QP

> Grade 11 Civil Technology question paper from the Eastern Cape November 2020 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/cvlt-gr11-qp-afr-nov-2020-hbw-finaal-2/26bcf077-9331-464f-ab17-6f5f125bc010
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Civil Technology
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Civil Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/civil-technology) › [Civil Technology Grade 11 Eastern Cape November 2020 QP](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-gr11-qp-afr-nov-2020-hbw-finaal-2/26bcf077-9331-464f-ab17-6f5f125bc010)

## About this document

Civil Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2020. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 11

                            NOVEMBER 2020

         SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING
                    (EKSEMPLAAR)

PUNTE:    200

TYD:      3 uur

           Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye, insluitend 4 antwoordblaaie.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                      SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                  (EC/NOVEMBER 2020)

 BENODIGDHEDE:

 1.   ANTWOORDEBOEK

 2.   Tekeninstrumente

 3.   ŉ Nieprogrammeerbare sakrekenaar

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae: DRIE vrae is generies en DRIE vrae is
      vakspesifiek.

 2.   Beantwoord AL die vrae.

 3.   Beantwoord elke vraag as ŉ geheel. MOENIE onderafdelings van vrae skei NIE.

 4.   Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 5.   MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

 6.   Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.

 7.   Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
      aangehegte ANTWOORDBLAAIE.

 8.   Gebruik die puntetoekenning as ŉ riglyn vir die lengte van jou antwoorde.

 9.   Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
      beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die
      SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk.

 10. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van ŉ steen as 220 mm x
     110 mm x 75 mm geneem word.

 11. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.

 12. Beantwoord VRAAG 4.1, 4.3, 6.6 en 6.10 op die aangehegte
     ANTWOORDBLAAIE deur gebruik te maak van tekeninstrumente, waar nodig.

 13. Skryf jou NAAM op elke ANTWOORDBLAD en lewer saam met jou
     ANTWOORDEBOEK in, al het jy die vraag nie beantwoord nie.

 14. Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                          3

 VRAAG 1: VEILIGHEID EN MATERIALE (GENERIES)

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 1.1    Watter tipe persoonlike beskermingstoerusting is verpligtend om ten alle tye        (1)
        op ‘n bouterrein te dra?

 1.2    Waarom moet jou das verwyder word wanneer jy met masjiene met
        bewegende dele werk?                                                                (1)

 1.3    Identifiseer die volgende stellings as WAAR of ONWAAR.

        1.3.1        Twee operateurs word toegelaat om terselfdertyd op ŉ masjien te
                     bedryf.                                                                (1)

        1.3.2        Petrolenjins mag in die werkswinkel gebruik word.                      (1)

        1.3.3        Dra gereedskap met hul skerp punte na onder.                           (1)

        1.3.4        Glyvaste skoene is verpligtend wanneer jy masjinerie gebruik.          (1)

 1.4    Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die berging van materiaal op
        die terrein.

        1.4.1        Waarop kan materiaal geplaas word wat nie direk op die vloer
                     geberg kan word nie?                                                   (1)

        1.4.2        Waarom moet hope sand en klip met plastiek bedek word?                 (1)

        1.4.3        Waarom moet skeidsmure opgerig word om sand en klip te skei?           (1)

 1.5    Bereken die maksimum breedte van die gestapelde materiaal, indien die
        stapel 1 800 mm hoog is. (Wys berekeninge).                                         (2)

 1.6    Wat is die verskil tussen ongewapende beton en gewapende beton?                     (1)

 1.7    Noem EEN doel van growwe aggregaat in betonmengsel.                                 (1)

 1.8    Watter tipe materiaal verhoog die plastisiteit van daghamengsels?                   (1)

 1.9    Watter tipe materiaal word as ŉ gelykmakingslaag vir betonvloere gebruik?           (1)

 1.10   Noem die TWEE hoofgroepe waarin hout verdeel kan word.                  (2 x 1)     (2)

 1.11   Noem EEN gebruik van laaghout.                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                            SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING       (EC/NOVEMBER 2020)

 1.12   Identifiseer die volgende metale as YSTERHOUDEND of NIE-
        YSTERHOUDEND:

        1.12.1       Koper                                                         (1)

        1.12.2       Gietyster                                                     (1)

 1.13   Noem EEN gebruik van lood in die bou-omgewing.                             (1)

 1.14   Noem EEN gebruik van vlekvrye staal in die bou-omgewing.                   (1)

 1.15   Beskryf stapsgewys hoe PVC-kleefstof gebruik moet word.         (3 x 1)    (3)

 1.16   Wat is die minimum dikte van ŉ vensterruit?                                (1)

 1.17   Noem TWEE gebruike van deurskynende glas.                       (2 x 1)    (2)

 1.18   Noem die TWEE hoofgroepe waarin plastiek verdeel kan word.      (2 x 1)    (2)
                                                                                  [30]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)               SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                             5

 VRAAG 2: TOERUSTING, GEREEDSKAP EN GRAFIKA (GENERIES)
 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.
 2.1    Waarom moet ŉ graaf liggies geolie word wanneer dit nie gebruik word nie?            (1)

 2.2    Verduidelik kortlik die verskil in die gebruike van die koubeitel en steenbeitel.    (2)
 2.3    Benoem die gereedskapstukke in FIGUUR 2.3.1 tot 2.3.3 en noem EEN
        gebruik van elk.

             FIGUUR 2.3.1               FIGUUR 2.3.2                FIGUUR 2.3.3
                                                                               (3 x 2)       (6)
 2.4    Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die gereedskapstuk in
        FIGUUR 2.4.

                                         FIGUUR 2.4

        2.4.1    Wat word dié gereedskapstuk genoem?                                         (1)

        2.4.2    Verduidelik kortliks hoe die gereedskapstuk gebruik sal word tydens
                 die installering van ŉ deurkosyn.                                           (2)

        2.4.3    Noem TWEE versorgingsmaatreëls van die gereedskapstuk. (2 x 1)              (2)
 2.5    Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die gereedskapstuk in
        FIGUUR 2.5.

                                         FIGUUR 2.5
        2.5.1    Wat word dié gereedskapstuk genoem?                                         (1)

        2.5.2    Noem TWEE gebruike van dié gereedskapstuk.                       (2 x 1)    (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                            SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING               (EC/NOVEMBER 2020)

 2.6    Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die detailtekening in
        FIGUUR 2.6.

                                A

           B

                                                                         E
           C

           D

                                           FIGUUR 2.6

        2.6.1        Waarom word detailtekeninge op ‘n vergrote skaal geteken?             (1)

        2.6.2        Motiveer kortliks waarom beskrywende notas op detailtekeninge
                     ingesluit word.                                                       (2)

        2.6.3        Watter tipe dakrandkonstruksie word in FIGUUR 2.6 geïllustreer?       (1)

        2.6.4        Benoem onderdele A tot E.                                             (5)

        2.6.5        Wat is die doel van deel B?                                           (1)

        2.6.6        Wat is die doel van deel C?                                           (1)

 2.7    Verduidelik die doel van die kontroletoets vir vloerplanmates.                     (2)

 2.8    Verduidelik die posisie, op die tekenvel vir bouplanne, waar die noordpyl
        aangedui moet word.                                                                (2)

 2.9    Op watter skaal word vloerplanne gewoonlik geteken?                                (1)

 2.10   Identifiseer die volgende afkortings op die aansigte van geboue:

        2.10.1       NGV                                                                   (1)

        2.10.2       VVV                                                                   (1)

 2.11   Maak netjiese sketse om die volgende simbole op vloerplanne te illustreer:

        2.11.1       Venster                                                               (2)

        2.11.2       Elektrisiteitsmeter                                                   (2)

        2.11.3       Riool                                                                 (1)
                                                                                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                  SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                        7

 VRAAG 3: VERBINDINGS EN GRAFIKA (GENERIES)

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 3.1 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die planaansig in FIGUUR 3.1.

                                         BOSTONSTRAAT

                                                                                    B

               A

                                                                                   C

                                              ERF125
           ERF 123                                                       ERF 127

               ERF 134                       ERF 136

                                            FIGUUR 3.1

       3.1.1       Wat word die planaansig genoem?                                         (1)

       3.1.2       Wat is die erfnommer aan die westekant van erf 125?                     (1)

       3.1.3       Wat word die lyne by A genoem?                                          (1)

       3.1.4       Identifiseer die simbole by B en C.                         (2 x 1)     (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                         SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING              (EC/NOVEMBER 2020)

 3.2 Noem EEN gebruik van PVC-kleefstof.                                                (1)

 3.3 Watter verbindingskleefstof-materiaal bestaan uit gom?                             (1)

 3.4 Maak netjiese sketse om die volgende simbole op ŉ vloerplan te illustreer:

      3.4.1    Rioolput                                                                 (2)

      3.4.2    Aard                                                                     (2)

      3.4.3    Afgewerkte hout                                                          (2)

 3.5 Beskryf kortliks die stappe om PVA-kleefstof aan te wend.              (3 x 1)     (3)

 3.6 Noem DRIE voorsorgmaatreëls by die gebruik van kontaklym.              (3 x 1)     (3)

 3.7 Noem enige VYF gebruike van silikoon.                                  (5 x 1)     (5)

 3.8 Noem TWEE eienskappe van ELK van die volgende kleefmiddels:

      3.8.1    Silikoon                                                                 (2)

      3.8.2    Kontakgom                                                                (2)

      3.8.3    PVA-gom                                                                  (2)
                                                                                       [30]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                         9

 VRAAG 4: VENSTERS, GRAFIKA, TOERUSTING EN GEREEDSKAP, DEURE
          EN MUURPANELE (SPESIFIEK)

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE BLADSY.

 4.1   FIGUUR 4.1 op ANTWOORDBLAD 1 toon ŉ onvolledige deursnee-aansig
       van ŉ eensteenmuur. Voltooi die deursnee-aansig op skaal 1 : 10 en toon die
       volgende dele met simbole en byskrifte:

       4.1.1     ŉ Strookfondament van 700 x 250 mm met die bodemvlak
                 van 400 mm                                                                 (2)

       4.1.2         ŉ Eensteenmuur met ŉ hoogte van 2 700 mm vanaf die vloervlak en
                     10 mm pleisterwerk aan die buite- en binnekant                         (3)

       4.1.3         Die hardepuinvulling van 250 mm                                        (1)

       4.1.4         Die vogweerlaag                                                        (1)

       4.1.5         Die blinderingslaag van 50 mm                                          (1)

       4.1.6         Die betonvloerblad van 90 mm                                           (1)

       4.1.7         ŉ Deuropening met ŉ hoogte van 2 100 mm                                (1)

       4.1.8         ŉ Betonlatei met ŉ dikte van 70 mm bokant die deuropening              (1)

       4.1.9         ŉ Muurplaat van 114 x 38 mm                                            (1)

       4.1.10        Toon enige TWEE byskrifte.                                  (2 x 1)    (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                      SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING              (EC/NOVEMBER 2020)

 4.2 FIGUUR 4.2 hieronder toon ŉ vertikale deursnee deur ŉ sekere deel van ŉ
     dubbelswaairaamvenster met bolig. Bestudeer die prent en beantwoord die
     vrae wat volg.

                                     FIGUUR 4.2

      4.2.1    Noem DRIE houtdele van die swaairaam en die raam.                       (3)

      4.2.2    Identifiseer A.                                                         (1)

 4.3 Gebruik ANTWOORDBLAD 2 en teken, in goeie verhouding, ŉ netjiese skets
     van ŉ vertikale deursnee deur die boonste gedeelte van ŉ muurpaneel wat
     halfpad tussen die plafon en vloer eindig.

      Gebruik die assesseringskriteria op die ANTWOORDBLAD as riglyn.                  (6)

 4.4 Maak ŉ netjiese tekening in goeie verhouding van ŉ Z-plankdeur.                  (6)
                                                                                     [30]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                     11

 VRAAG 5: FORMELE, BEKISTING, SKORING EN MATERIAAL (SPESIFIEK)

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 5.1 FIGUUR 5.1 hieronder toon die horisontale deursnee-aansig deur ŉ ronde
     kolom.

       Bestudeer FIGUUR 5.1 en beantwoord die vrae wat volg.

                                             FIGUUR 5.1

       5.1.1    Identifiseer dele A tot D.                                              (4)

       5.1.2    Verduidelik wat die funksie van E is.                                   (1)

       5.1.3    Beskryf kortliks die nadele van bekisting.                 (2 x 1)      (2)

       5.1.4    Noem TWEE voordele van bordprodukte wat jy kan gebruik vir die
                kante van bekisting.                                                    (2)

 5.2 Verduidelik EEN gebruik van die volgende skorings:

       5.2.1    Leunskoring                                                             (1)

       5.2.2    Enkellugskoor                                                           (1)

 5.3 Beskryf die funksie van die volgende komponente van leunskoring:

       5.3.1    Voetplaat                                                               (1)

       5.3.2    Leunstut/skuinsstut                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                      SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                 (EC/NOVEMBER 2020)

 5.4 FIGUUR 5.4 hieronder toon ŉ linkeraansig van die binneste besonderhede
     van die binte, spanstukke en stutte.

      Bestudeer die prent en beantwoord die vrae wat volg.

                                        FIGUUR 5.4

      5.4.1    Identifiseer dele A tot D.                                                (4)

      5.4.2    Verduidelik EEN gebruik van A soos in FIGUUR 5.4 getoon.                  (1)

      5.4.3    Verduidelik TWEE funksies van deel C.                                     (2)

 5.5 Teken in jou ANTWOORDEBOEK, in goeie verhouding, die vooraansig wat
     die besonderhede van die binte, spanstukke en stutte toon. Benoem enige
     TWEE dele van die tekening.                                                         (5)

 5.6 Benoem die verskillende dele A tot E van die tekening hieronder.

         A
         B

         C

         D
         E

                                                                                        (5)
                                                                                       [30]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                       13

 VRAAG 6: SKORING, VERBINDINGS, HOEVEELHEDE, MUURPANELE,
          KASTE EN YSTERWARE (SPESIFIEK)

 6.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of
     ‘onwaar’ langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK.

       6.1.1    Skoring is ŉ permanente konstruksie wat gebruik word om ŉ muur te
                ondersteun.                                                                (1)

       6.1.2    Leunskoring word aan die bokant van uitgrawings van fondamente
                gebruik om dit te ondersteun.                                              (1)

       6.1.3    Lugskoring word gebruik om ondersteuning te bied tussen twee mure
                van aangrensende geboue.                                                   (1)

       6.1.4    Die muurplaat is die ondersteunende oppervlak vir die skoor en
                verspanning wat teen die muur vasgemaak word.                              (1)

 6.2 Identifiseer die verskillende tipes skarniere soos aangedui in FIGUUR 6.2.A
     tot 6.2.C.

       FIGUUR 6.2.A              FIGUUR 6.2.B                FIGUUR 6.2.C                  (3)

 6.3 Wat is die doel van kroonlyste in huise?                                              (1)

 6.4 Bereken die totale lengte van kroonlyste wat benodig word vir ŉ kamer wat
     5 meter lank en 3 meter wyd is aan die binnekant van die vertrek.                     (4)

 6.5 Beveel aan watter ysterware-item jy sal gebruik vir die volgende gevalle:

       6.5.1    ŉ Ingangsdeur wat teen 180° ten opsigte van die raam moet
                oopmaak                                                                    (1)

       6.5.2    Ekstra sekuriteit vir deure behalwe ŉ slot                                 (1)

 6.6 Gebruik ANTWOORDBLAD 3 en teken, volgens skaal 1 : 10, die vooraansig
     van ŉ eenpaneeldeur. Die panele word in ŉ 12 mm wye sponning geplaas en
     met ŉ kraallys vasgesit.

       Gebruik die volgende spesifikasies:
        Die deur is 2 032 mm hoog en 813 mm wyd
        Die boreling en style is 114 mm x 44 mm
        Die onderste reling is 220 mm x 44 mm
        16 mm plat laaghoutpaneel

       Drukskryf 'n titel vir die deur.                                                    (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                      SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                    (EC/NOVEMBER 2020)

 6.7    Gebruik tekeninstrumente en teken in jou ANTWOORDEBOEK, in goeie
        verhouding, ŉ skets van die horisontale deursnee deur ŉ 50 mm x 40 mm
        hegstuk en twee 12 mm dik laaghoutpanele om te toon hoe die voeg
        afgewerk word met ŉ 12 mm dik dekstrook, soos wat in muurpaneelwerk
        gebruik word.                                                                       (5)

 6.8    Benoem DRIE houtbordprodukte wat vir muurpanele geskik is.                          (3)

 6.9    Die fondasie wat in lengte 28 m, 450 mm wyd en 'n dikte van 150 mm moet
        met beton gegooi word. Bereken die volume beton wat vir die fondasie in m³
        benodig word.                                                                       (5)

 6.10 ŉ Kabinet, 800 mm hoog, 1 000 mm breed en 500 mm diep, moet tussen
      twee mure en onder 'n toonbank geïnstalleer word.

        Gebruik ANTWOORDBLAD 4 en dui die volgende byskrifte op die tekening
        aan:

       •   Basis
       •   Deurraam
       •   Blad
       •   Middelrak
       •   Onderste rak
       •   Laaghoutagterkant

        Beveel 'n alternatiewe tipe materiaal vir die agterkant van die kabinet aan.       (7)
                                                                                          [40]

                                                                            TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)            SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                  15

                            SIVIELE TEGNOLOGIE    NAAM:
 ANTWOORDBLAD           1     HOUTBEWERKING

4.1

                                   ASSESSERINGSKRITERIA PUNT KANDIDAAT
                                                              SE PUNT
                            4.1.1 Strookfondament          2
                            4.1.2 Eensteenmuur             3
                            4.1.3 Hardepuinvulling         1
                            4.1.4 Vogweerlaag              1
                            4.1.5 Blinderingslaag          1
                            4.1.6 Betonvloerblad           1
                            4.1.7 Deuropening              1
                            4.1.8 Betonlatei               1
                            4.1.9 Muurplaat                1
                            4.1.10 Toon byskrifte          2
                                                   TOTAAL: 14

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                     SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING    (EC/NOVEMBER 2020)

                            SIVIELE TEGNOLOGIE    NAAM:
 ANTWOORDBLAD           2     HOUTBEWERKING

4.3

                                    ASSESSERINGSKRITERIA PUNT KANDIDAAT
                                                                SE PUNT
                                    Muur                      1
                                    Dekstrook                 1
                                    Ruhegstuk                 1
                                    Tong-en-groef-bord        1
                                    Korrektheid van tekening  1
                                                      TOTAAL: 5

Kopiereg voorbehou                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)           SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                  17

                            SIVIELE TEGNOLOGIE   NAAM:
 ANTWOORDBLAD           3     HOUTBEWERKING

6.6 Vooraansig eenpaneeldeur

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                     SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING   (EC/NOVEMBER 2020)

                           SIVIELE TEGNOLOGIE     NAAM:
ANTWOORDBLAD           4     HOUTBEWERKING

6.10 Kabinet

Kopiereg voorbehou                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [CVLT CONSTRUCTION GR11 QP NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-construction-gr11-qp-nov2020-afr-d/ac9ac7b4-a147-49d4-be80-82cd6ca74614) — Civil Technology · QP · 2020 · Afr
- [CVLT CONSTRUCTION GR11 QP NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-construction-gr11-qp-nov2020-eng-d/29b559af-db12-4dd0-9f17-70bf3e59f84e) — Civil Technology · QP · 2020 · Eng
- [CVLT GR11 QP NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-gr11-qp-nov2020-eng-d/870ad711-62b8-4d56-82f4-4452cc489151) — Civil Technology · QP · 2020 · Eng
- [CVLT (REVISED) - GR11 QP - ENG - NOV2020 - CONSTRUCTION .docx](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-revised-gr11-qp-eng-nov2020-construction-docx/6fa10e98-7e20-4559-b2c1-946bde02be3b) — Civil Technology · QP · 2020 · Eng
- [CVLT (REVISED) - GR11 MEMO - ENG - NOV2020 - CONSTRUCTION](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-revised-gr11-memo-eng-nov2020-construction/d40cb274-e44e-4178-a52a-e6714d55b98d) — Civil Technology · Memo · 2020 · Eng
- [ENG gr 11 nov 20 memo](https://www.hlayiso.com/library/eng-gr-11-nov-20-memo/de9d7a6b-7edf-40d5-a86e-39789472cda5) — Civil Technology · Memo · 2020 · Eng

## More from Grade 11 Civil Technology

- [Gr 11 Cons ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-cons-atp-2023-24/5adb6254-7b36-487a-a882-c42b36bf49b7) — ATP
- [Gr 11 Civil Ser ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-civil-ser-atp-2023-24/91ce1dc1-91cc-4a38-926b-b3d45f5b5305) — ATP
- [CIV TECH GR11 MEMO NOV2022 Civil Services Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-memo-nov2022-civil-services-afrikaans/85a9ce14-da0c-4943-8570-643c7a62e6a8) — Memo · 2022 · Afr
- [CIV TECH GR11 MEMO NOV2022 Construction Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-memo-nov2022-construction-afrikaans/6d31745c-a94c-4612-8aef-4e9b624a57b0) — Memo · 2022 · Afr
- [CIV TECH GR11 MEMO NOV2022 Woodworking English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-memo-nov2022-woodworking-english/a7e06718-cada-4092-84e6-dffe9c65d79c) — Memo · 2022 · Eng
- [CIV TECH GR11 MEMO NOV2022 Woodworking Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-memo-nov2022-woodworking-afrikaans/16d10915-16d2-413b-a24e-24b5588c3601) — Memo · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
