# Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Civil Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/cvlt-gr12-qp-afr-sept2018-houtbewerking/1ea907a5-7cdb-481b-b46a-6fb224e2fb73
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Civil Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Civil Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/civil-technology) › [Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-gr12-qp-afr-sept2018-houtbewerking/1ea907a5-7cdb-481b-b46a-6fb224e2fb73)

## About this document

Civil Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                           SEPTEMBER 2018

         SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING

PUNTE:    200

TYD:      3 uur

          Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, insluitend 3 antwoordblaaie.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                      SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                      (EC/SEPTEMBER 2018)

BENODIGDHEDE:

1.   ANTWOORDEBOEK

2.   Tekengereedskap

3.   ŉ Nieprogrammeerbare sakrekenaar

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae: TWEE vrae is generies en VIER vrae is
     vakspesifiek.

2.   Beantwoord AL die vrae.

3.   Beantwoord elke vraag as ŉ geheel. MOENIE onderafdelings van vrae skei NIE.

4.   Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.   MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

6.   Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.

7.   Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
     aangehegte ANTWOORDBLAAIE

8.   Gebruik die puntetoekenning as 'n riglyn vir die lengte van jou antwoorde.

9.   Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
     beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond in ooreenstemming met die
     SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk.

10. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van 'n steen as
    220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word.

11. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.

12. Beantwoord VRAAG 2.1, 3.5 en 4.4 op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE en
    gebruik tekeninstrumente, waar nodig.

13. Skryf jou NAAM op elke ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou
    ANTWOORDEBOEK in.

14. Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese
    oordrag.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)              SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                         3

  VRAAG 1: VEILIGHEID, MATERIAAL EN TOERUSTING (GENERIES)

  1.1 Dui aan of die volgende stellings ten opsigte van steierwerk WAAR of
      ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of ‘onwaar’ langs die vraagnommer in die
      ANTWOORDEBOEK.

        1.1.1    Die planke van ŉ soliede houtsteierplatform moet ten minste 228 mm
                 breed wees.                                                               (1)

        1.1.2    Die planke van ŉ soliede houtsteierplatform mag nie meer as 250 mm
                 verder as die laaste stut uitsteek nie.                                   (1)

        1.1.3    Die skutrelings moet ten minste 800 mm hoog wees.                         (1)

        1.1.4    Skopplate moet ten minste 150 mm hoog wees.                               (1)

  1.2 Noem DRIE vereistes waaraan ŉ boksteier moet voldoen voordat werknemers
      dit mag gebruik.                                                   (3 x 1)           (3)

  1.3 Motiveer kortliks waarom aluminiumlere nie naby elektriese drade gebruik mag
      word nie.                                                                            (2)

  1.4 Motiveer kortliks waarom houtlere nie geverf mag word nie.                           (2)

  1.5 Kies uit die onderstaande beskrywings die VIER korrekte beskrywings wat op
      die nabehandeling van beton van toepassing is.
      Skryf slegs die VIER korrekte vraagnommers in die ANTWOORDEBOEK neer.

        1.5.1    Dit beskerm beton teen roes

        1.5.2    Dit verbeter die duursaamheid van beton

        1.5.3    Dit verskaf ŉ glansafwerking aan die beton

        1.5.4    Nabehandeling word met behulp van ŉ stampstok gedoen

        1.5.5    Dit verhoog die sterkte van beton

        1.5.6    Dit verskaf ŉ beskermende laag oor die beton

        1.5.7    Dit maak die beton meer waterdig

        1.5.8    Dit verbeter die weerstand teen afsluiting                      (4 x 1)   (4)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                      SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                  (EC/SEPTEMBER 2018)

1.6    Beskryf puntsgewys die poeierbestrykingproses vir metale.                            (3)

1.7    Beskryf kortliks EEN gebruik van die bukswaterpas.                        (1 x 2)    (2)

1.8    FIGUUR 1.8 toon die bukswaterpaslesing wat geneem is op die teleskopiese
       staf. Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die lesing.

                                     1.5

                                           1.4

                                           FIGUUR 1.8

       1.8.1     Wat is die hoogtelesing op die staf?                                       (1)

       1.8.2     Bereken die afstand vanaf die bukswaterpas tot by die staf.
                 Toon alle berekeninge, formules en eenhede.                                (4)

1.9    Noem DRIE materiale wat deur die multidetektor in mure opgespoor kan word.
                                                                            (3 x 1)         (3)

1.10   Noem die versorgingsmaatreël wat op die multidetektor van toepassing is ten
       opsigte van die volgende fasette:

       1.10.1    Skoonmaakmetode                                                            (1)

       1.10.2    Wanneer dit oor ŉ lang tydperk geberg word                                 (1)
                                                                                           [30]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)              SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                             5

 VRAAG 2: GRAFIKA EN VERBINDINGS (GENERIES)

 2.1 Gebruik die inligting op ANTWOORDBLAD A en voltooi die terreinplan op skaal
     1 : 200 volgens die volgende vereistes:

       2.1.1    Die erfgrense word vanaf punt A uitgemeet
                Die erfgrense voor en agter is 23 m lank
                Die erfgrense aan die sykante is 25 m lank                                      (2)

       2.1.2    Die voorste boulyn is 4 m vanaf die erfgrens
                Die agterste en kantboulyne is 2 m vanaf die erfgrense                          (2)

       2.1.3    Toon die erfingang, 3 m vanaf die westelike erfgrens                            (1)

       2.1.4    Toon die uitgangspeil in die noord-oostelike hoek van die erf                   (1)

                Voltooi die struktuur se riooluitleg en afkortings van die riooltoebehore
                volgens die volgende vereistes:

       2.1.5    Die hoofriool vanaf die badkamer tot by die munisipale aansluiting              (2)

       2.1.6    Die takriole na die badkamer en kombuis                                         (2)

       2.1.7    Mangat op die erf, voor die munisipale aansluiting                              (2)

       2.1.8    Steekoë                                                                         (4)

       2.1.9    Inspeksie-oë                                                                    (4)

 2.2 Noem die VIER besonderhede van ŉ bout wat verskaf moet word wanneer dit
     aangekoop word.                                                   (4 x 1)                  (4)

 2.3 Beskryf kortliks die voordeel van die vierkantige skouerbout.                              (2)

 2.4 Noem die dele 2.4.A tot 2.4.D van die bout in FIGUUR 2.4.

                2.4.A

               2.4.B                    2.4.C      2.4.D
                                           FIGUUR 2.4
                                                                                     (4 x 1)    (4)
                                                                                               [30]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                      SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 3: VENSTERS, DEURE EN MUURPANEELWERK (SPESIFIEK)
 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.
 3.1 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die vensterraam in FIGUUR 3.1.

                                                               3.1.A

                                                                3.1.B
                                                                3.1.C

                                                               3.1.D

                                                                3.1.E

                                        FIGUUR 3.1
      3.1.1    Benoem die dele 3.1.A tot 3.1.E.                              (5 x 1)    (5)
      3.1.2    Wat is die doel van deel 3.1.E?                                          (2)
      3.1.3    Wat is die breedte en dikte van deel 3.1.E?                              (2)
 3.2 FIGUUR 3.2 toon ŉ tekening van 'n muurgemonteerde kabinet gemaak van
     16 mm dik melamienspaanderkarton, met ŉ 3 mm dik hardebord agterkant.
     Stuiklasse word gebruik vir die konstruksie van die kabinet.

                                        FIGUUR 3.2

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)             SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                          7

       Gebruik die volgende spesifikasies:
        Een rak
        Twee deure
        Die buite afmetings van die kabinet is 1 200 mm hoog, 1 800 mm wyd en
         500 mm diep
        Dikte van die spaanderbord is 16 mm

       Bepaal die groottes van die onderdele en skryf die antwoord langs die
       vraagnommer (3.2.1–3.2.6) in jou ANTWOORDEBOEK neer.                               (6)

       BESKRYWING          HOEVEELHEID        LENGTE     BREEDTE          DIKTE
       Sye                      2              3.2.1      500 mm          16 mm
       Bokant                   1              3.2.2      500 mm          16 mm
       Bodem                    1              3.2.3      500 mm          16 mm
       Rak                      1              3.2.4      500 mm          16 mm
       Deure                    2              3.2.5       3.2.6          16 mm

 3.3 Noem EEN hegtingsmiddel wat gebruik kan word om die volgende materiale
     in plek te hou, wanneer ŉ vertrek afgerond word:

       3.3.1    Kroonlys                                                                  (1)

       3.3.2    Vloerlys                                                                  (1)

       3.3.3    Plafonborde aan plafonlatte                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                        SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING            (EC/SEPTEMBER 2018)

3.4 FIGUUR 3.4 toon die vooraansig van ŉ holkern-vlakpaneeldeur. Bestudeer die
    tekening en voltooi die onvolledige snylys.
    Skryf die antwoord langs die vraagnommer (3.4.1–3.4.7) in jou
    ANTWOORDEBOEK neer.

                                                                                       (7)
                                      FIGUUR 3.4

    DEEL             HOEVEELHEID   EENHEID   LENGTE   BREEDTE DIKTE        MATERIAAL
3.4.1                    2           mm       2032       50       38          SA den
Bo-reling                1           mm       713       3.4.2     38          SA den
Slotblok                 2           mm       3.4.3      50       38          SA den
Laaghout-                1           mm       2032      813      3.4.4       Laaghout
paneel
Onderreling              1           mm       3.4.5      50        38        SA den
Kartondeur-              1           mm       3.4.6     690        38       Spaander-
vulling                                                                       bord
Randstrook               1           mm       2032       44      3.4.7       Meranti

3.5 Teken op ANTWOORDBLAD B die volledige vooraansig van ŉ drie-paneeldeur
    met verhewe kussingpanele. Maak gebruik van die volgende spesifikasies:
        Gebruik skaal 1 : 10.
        Deur mates is = 2030 mm x 810 mm
        Boreling = 114 mm x 44 mm
        Onderreling = 220 mm x 44 mm
        Tussenstyl = 75 mm x 44 mm
        Styl = 144 mm x 44 mm
        Verloopstyl = 144 mm x 44 mm
        Slotreling = 220 mm x 44 mm
        Boonste verhewe kussingpanele = 16 mm dik
        Onderste verhewe kussingpaneel = 16 mm dik                                   (15)
                                                                                      [40]

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)              SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                             9

 VRAAG 4: DAKKAPPE EN PLAFONNE (SPESIFIEK)

 4.1 Identifiseer die tipe dakkonstruksies in FIGURE 4.1.1 tot 4.1.4.

                                                                                              (2)
                  FIGUUR 4.1.1                          FIGUUR 4.1.2

                                                                                              (2)
                  FIGUUR 4.1.3                          FIGUUR 4.1.4

 4.2 Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat die korrekte antwoord verteenwoordig in
     KOLOM A. Skryf slegs die korrekte letter (A–K) teenoor die vraagnommer
     (4.2.1–4.2.10), byvoorbeeld 4.2.11 M.                              (10 x 1)             (10)

                KOLOM A                              KOLOM B
       4.2.1     Hangstyl           A    Gedeelte wat bo op die muur rus

       4.2.2     Plafonlat          B    Die binnehoek wat gevorm word as twee
                                         skuinsye van ŉ dak mekaar ontmoet

       4.2.3     IBR-dakplatte      C    76 x 50 mm

       4.2.4     Kaplatgrootte      D    228 x 28 mm

       4.2.5     Spykerplaat        E    114 x 38 mm

       4.2.6     Kaphangers         F    Die vertikale tussenstyle aan weerskante
                                         van die hoofstyl

       4.2.7     Nok                G    Tipe dakbedekking

       4.2.8     Muurplaatgrootte   H    Hulle is ‘U’-vorming

       4.2.9     Fassieplanke       I    Hoogste punt van die dak

       4.2.10    Kiel               J    Reghoeke van verskeie groottes wat uit
                                         gegalvaniseerde plaat gepers word vir
                                         hegting

                                    K    38 x 38 mm

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                       SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                   (EC/SEPTEMBER 2018)

 4.3 FIGUUR 4.3 toon die deursnee-aansig van ŉ gedeelte van ŉ hoofstyl
     dakkap. Bestudeer die tekening en benoem die dele 4.3.1 tot 4.3.8.

                                           4.3.1

                                        4.3.2
                                4.3.3
                     4.3.4
          4.3.5

                                                                     4.3.6
                                                                     4.3.7
                                                                     4.3.8

                                        FIGUUR 4.3                                            (8)

 4.4 Gebruik ANTWOORDBLAD C en teken op skaal 1 : 20, die vooraansig van ŉ
     hoofstyldakkap.

      Gebruik die volgende spesifikasies:
       Helling van dakkap 30˚
       Lengte van bindbalk 3 000 mm
       Alle hout van dakkap 114 mm x 38 mm
       Oorhang van dakrand 250 mm
       Toon enige DRIE byskrifte op die tekening
       Skryf die titel en skaal onderaan die tekening                                       (15)

 4.5 Wat is die doel van ŉ plafon?                                                            (1)

 4.6 Beskryf kortliks die doel van ŉ valdeur in plafonkonstruksie.                            (2)
                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)               SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                          11

 VRAAG 5: FORMELE, BEKISTING, SKORING EN YSTERWARE (SPESIFIEK)

 5.1 Verduidelik in jou eie woorde die verskille tussen die volgende:

       5.1.1    Staanskoring                                                                 (2)

       5.1.2    Lugskoring                                                                   (2)

 5.2 FIGUUR 5.2 toon ŉ boog wat gebruik kan word vir dekoratiewe voorkoms vir
     geboue. Bestudeer die tekening en beantwoord die volgende vrae ten
     opsigte van boë.

                                         FIGUUR 5.2

       5.2.1    Beskryf kortliks die doel van ŉ boog?                                        (2)

       5.2.2    Beskryf kortliks die stappe wat by die uitsetting van ŉ segmentale
                boog gevolg moet word.                                                       (6)

       5.2.3    Noem enige ander TWEE tipe boë.                                 (2 x 1)      (2)

 5.3 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die slotte in FIGURE 5.3.A
     en 5.3.B.

                      FIGUUR 5.3.A                         FIGUUR 5.3.B

       5.3.1    Benoem die verskillende slotte.                                 (2 x 1)      (2)

       5.3.2    Beskryf kortliks elke slot se gebruik.                          (2 x 2)      (4)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                     SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                (EC/SEPTEMBER 2018)

 5.4 FIGUUR 5.4 toon die bekisting van ŉ ronde betonkolom. Noem die onderdele
     5.4.1 tot 5.4.5 van die bekisting.

                                                          5.4.1

                                                          5.4.2

                                                          5.4.3

                                                          5.4.4

                                                          5.4.5

                                     FIGUUR 5.4
                                                                           (5 x 1)       (5)

 5.5 FIGUUR 5.5 toon die wigpaar vir ŉ bekistingkonstruksie. Beskryf die doel van
     die wigpaar in die bekistingkonstruksie.

                                     FIGUUR 5.5                                          (4)

 5.6 Motiveer volledig waarom ŉ geribde staalstaaf in plaas van gewone ronde
     staalstaaf vir beton bewapening gebruik word.                                       (1)
                                                                                        [30]

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)             SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                           13

 VRAAG 6: HANGVLOERE EN TRAPPE (SPESIFIEK)

 6.1 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die trapkonstruksie in
     FIGUUR 6.1.

                      6.1.1                                              6.1.4

                      6.1.2
                                                                         6.1.5

                                                                         6.1.6
                      6.1.3

                                       FIGUUR 6.1

       6.1.1    Benoem die onderdele 6.1.1 tot 6.1.6 van die trap.               (6 x 1)    (6)

 6.2 6.2.1      Wat is die maksimum hoogte van deel 6.1.1?                                  (1)

       6.2.2    Wat is die maksimum hoogte van deel 6.1.3?                                  (1)

       6.2.3    Wat is die minimum lengte van deel 6.1.5?                                   (1)

 6.3 Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat die korrekte antwoord verteenwoordig in
     KOLOM A. Skryf slegs die korrekte letter (A–E) teenoor die korrekte vraag-
     nommer (6.3.1–6.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 6.2.6 F.

            KOLOM A                                  KOLOM B
       6.3.1 Baluster            A    ŉ Platform aan die bopunt van 'n trap

       6.3.2    Handreling       B    Skuins dele wat by houttrappe gebruik word

       6.3.3    Bordes           C    Vertikale paaltjies wat die handreling regop
                                      hou

       6.3.4    Tussenbordes     D    Gebruik as steun wanneer trappe gebruik
                                      word

       6.3.5    Trapboom         E    Klein platforms
                                                                                 (5 x 1)    (5)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                     SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                  (EC/SEPTEMBER 2018)

 6.4 Beskryf die funksie van die volgende dele van houthangvloere.

      6.4.1    Lugsteen                                                                    (2)

      6.4.2    Draer                                                                       (2)

      6.4.3    Mierskerm                                                                   (2)

 6.5 FIGUUR 6.5 toon ŉ deel van ŉ houthangvloer. Benoem die dele 6.5.1–6.5.6.

                                            6.5.1
                                                                           6.5.2

                                                                           6.5.3
                                                                           6.5.4

                                                                           6.5.5

                                                                           6.5.6

                                     FIGUUR 6.5
                                                                             (6 x 1)       (6)

 6.6 Motiveer kortliks waarom alle puin onder houthangvloere verwyder moet
     word.                                                                                 (2)

 6.7 Wat is die lengte- en breedtemate van ŉ lugsteen?                                     (2)
                                                                                          [30]

                                                                         TOTAAL:          200

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)           SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                       15

                             SIVIELE TEGNOLOGIE       NAAM:
 ANTWOORDBLAD            A        (GENERIES)

 2.1   Gebruik die inligting op ANTWOORDBLAD A en voltooi die terreinplan volgens
       skaal 1 : 200.

ERF 121                                 ERF 123                               ERF 125

                              KOMBUIS             BADKAMER

               A

                              PARLEMENTSTRAAT

                                                  Erfgrense                2
                                                  Boulyne                  2
                                                  Erfingang                1
                                                  Uitgangspeil             1
                                                  Hoofriool                2
                                                  Takriole                 2
                                                  Mangat                   2
                                                  Steekoë                  4
                                                  Inspeksie-oë             4
                                                  TOTAAL                   20

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                     SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING             (EC/SEPTEMBER 2018)

                            SIVIELE TEGNOLOGIE    NAAM:
 ANTWOORDBLAD           B     HOUTBEWERKING

3.5 Teken op ANTWOORDBLAD B die volledige vooraansig van 'n drie-paneeldeur
    met verhewe kussingpanele.                                              (15)

                                                  Skaal                        1
                                                  Boreling                     2
                                                  Slotreling                   2
                                                  Panele                       3
                                                  Onderreling                  2
                                                  Style                        3
                                                  Mates                        2
                                                  TOTAAL                       15

          X
Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)             SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING                         17

                             SIVIELE TEGNOLOGIE      NAAM:
 ANTWOORDBLAD            C     HOUTBEWERKING

4.4       Gebruik ANTWOORDBLAD C en teken op skaal 1 : 20,die vooraansig van
          ŉ hoofstyl-dakkap.                                                       (15)

      X

                                                     Dakspar                      2
                                                     Hoofstyl                     1
                                                     Bindbalk                     1
                                                     Titel                        1
                                                     Skaal in blokletters         1
                                                     Netheid                      2
                                                     Skaal                        4
                                                     Dele                         3
                                                     TOTAAL                       15

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

## Related documents

- [CVLT GR12 QP AFR SEPT2018 SIVIELE DIENSTE D](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-gr12-qp-afr-sept2018-siviele-dienste-d/831c422e-f613-4a8c-adf9-061114273b23) — Civil Technology · QP · 2018 · Afr
- [CVLT GR12 QP AFR SEPT2018 KONSTRUKSIE D](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-gr12-qp-afr-sept2018-konstruksie-d/c7a77714-a0da-45da-ac8d-6473db3fe9d4) — Civil Technology · QP · 2018 · Afr
- [CVLT GR12 QP ENG SEPT2018 CIVIL SERVICES D](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-gr12-qp-eng-sept2018-civil-services-d/47b99167-7c6c-48d3-ab92-70a0cc6c7ac7) — Civil Technology · QP · 2018 · Eng
- [CVLT GR12 MEMO ENG SEPT2018 CONSTRUCTION](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-gr12-memo-eng-sept2018-construction-1/b6d609b6-89a5-4b39-a9b7-0d878af45cd4) — Civil Technology · Memo · 2018 · Eng
- [CVLT GR12 MEMO AFR SEPT2018 SIVIELE DIENSTE D](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-gr12-memo-afr-sept2018-siviele-dienste-d/f328c182-752d-488c-88b6-f2a5cadcbcf2) — Civil Technology · Memo · 2018 · Afr
- [CVLT GR12 MEMO ENG SEPT2018 CONSTRUCTION](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-gr12-memo-eng-sept2018-construction/2e799de8-da85-41b4-ad09-68d5cdf064b6) — Civil Technology · Memo · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Civil Technology

- [Civil Technology (Woodworking) (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-woodworking-afrikaans-june-2025-possible-answers/c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133) — Memo · 2025 · Afr
- [Civil Technology Nov 2025 (Construction) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-civil-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392) — Memo · 2025 · Eng
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Construction Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-construction-afrikaans/162bcc65-80ad-4384-b293-36da22468b06) — Memo · 2024 · Afr
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Civil Services English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-civil-services-english/c1f2441d-22ba-4ae6-9e56-137cc442080c) — Memo · 2024 · Eng
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Construction English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-construction-english/4d9c54ef-f526-46ad-82d4-8dd419eafb50) — Memo · 2024 · Eng
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Woodworking English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-woodworking-english/6e7f4be5-4ffb-4654-b98b-b4cc4dfc4cc7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
