# Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Civil Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/cvlt-gr12-qp-afr-sept2018-siviele-dienste/3e1de1f2-c299-452d-9cd4-71edd5dd6d87
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Civil Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Civil Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/civil-technology) › [Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-gr12-qp-afr-sept2018-siviele-dienste/3e1de1f2-c299-452d-9cd4-71edd5dd6d87)

## About this document

Civil Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                           SEPTEMBER 2018

         SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

          Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, insluitend 4 antwoordblaaie.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                       SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                   (EC/SEPTEMBER 2018)

BENODIGDHEDE:

1.   ANTWOORDEBOEK

2.   Tekengereedskap

3.   'n Nieprogrammeerbare sakrekenaar

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae: TWEE vrae is generies en VIER vrae is
     vakspesifiek.

2.   Beantwoord AL die vrae.

3.   Beantwoord elke vraag as ŉ geheel. MOENIE onderafdelings van vrae skei NIE.

4.   Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.   MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

6.   Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.

7.   Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
     aangehegte ANTWOORDBLAAIE

8.   Gebruik die puntetoekenning as 'n riglyn vir die lengte van jou antwoorde.

9.   Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
     beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond in ooreenstemming met die
     SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk.

10. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van 'n steen as
    220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word.

11. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.

12. Beantwoord VRAAG 2.1, 3.10, 5.1 en 5.2 op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE en
    gebruik tekeninstrumente, waar nodig.

13. Skryf jou NAAM op elke ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou
    ANTWOORDEBOEK in.

14. Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese oordrag.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)               SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                         3

  VRAAG 1: VEILIGHEID, MATERIAAL EN TOERUSTING (GENERIES)

  1.1 Dui aan of die volgende stellings ten opsigte van steierwerk WAAR of
      ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of ‘onwaar’ langs die vraagnommer in die
      ANTWOORDEBOEK.

        1.1.1    Die planke van ŉ soliede houtsteierplatform moet ten minste 228 mm
                 breed wees.                                                                  (1)

        1.1.2    Die planke van ŉ soliede houtsteierplatform mag nie meer as 250 mm
                 verder as die laaste stut uitsteek nie.                                      (1)

        1.1.3    Die skutrelings moet ten minste 800 mm hoog wees.                            (1)

        1.1.4    Skopplate moet ten minste 150 mm hoog wees.                                  (1)

  1.2 Noem DRIE vereistes waaraan ŉ boksteier moet voldoen voordat werknemers
      dit mag gebruik.                                                   (3 x 1)              (3)

  1.3 Motiveer kortliks waarom aluminiumlere nie naby elektriese drade gebruik mag
      word nie.                                                                               (2)

  1.4 Motiveer kortliks waarom houtlere nie geverf mag word nie.                              (2)

  1.5 Kies uit die onderstaande beskrywings die VIER korrekte beskrywings wat op
      die nabehandeling van beton van toepassing is.
      Skryf slegs die VIER korrekte vraagnommers in die ANTWOORDEBOEK neer.

        1.5.1    Dit beskerm beton teen roes

        1.5.2    Dit verbeter die duursaamheid van beton

        1.5.3    Dit verskaf ŉ glansafwerking aan die beton

        1.5.4    Nabehandeling word met behulp van ŉ stampstok gedoen

        1.5.5    Dit verhoog die sterkte van beton

        1.5.6    Dit verskaf ŉ beskermende laag oor die beton

        1.5.7    Dit maak die beton meer waterdig

        1.5.8    Dit verbeter die weerstand teen afsluiting                         (4 x 1)   (4)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                       SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE               (EC/SEPTEMBER 2018)

1.6    Beskryf puntsgewys die poeierbestrykingproses vir metale.                            (3)

1.7    Beskryf kortliks EEN gebruik van die bukswaterpas.                        (1 x 2)    (2)

1.8    FIGUUR 1.8 toon die bukswaterpaslesing wat geneem is op die teleskopiese
       staf. Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die lesing.

                                     1.5

                                           1.4

                                           FIGUUR 1.8

       1.8.1     Wat is die hoogtelesing op die staf?                                       (1)

       1.8.2     Bereken die afstand vanaf die bukswaterpas tot by die staf.
                 Toon alle berekeninge, formules en eenhede.                                (4)

1.9    Noem DRIE materiale wat deur die multidetektor in mure opgespoor kan word.
                                                                            (3 x 1)         (3)

1.10   Noem die versorgingsmaatreël wat op die multidetektor van toepassing is ten
       opsigte van die volgende fasette:

       1.10.1    Skoonmaakmetode                                                            (1)

       1.10.2    Wanneer dit oor ŉ lang tydperk geberg word                                 (1)
                                                                                           [30]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)               SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                          5

 VRAAG 2: GRAFIKA EN VERBINDINGS (GENERIES)

 2.1 Gebruik die inligting op ANTWOORDBLAD A en voltooi die terreinplan op skaal
     1 : 200 volgens die volgende vereistes:

       2.1.1    Die erfgrense word vanaf punt A uitgemeet
                Die erfgrense voor en agter is 23 m lank
                Die erfgrense aan die sykante is 25 m lank                                      (2)

       2.1.2    Die voorste boulyn is 4 m vanaf die erfgrens
                Die agterste en kantboulyne is 2 m vanaf die erfgrense                          (2)

       2.1.3    Toon die erfingang, 3 m vanaf die westelike erfgrens                            (1)

       2.1.4    Toon die uitgangspeil in die noord-oostelike hoek van die erf                   (1)

                Voltooi die struktuur se riooluitleg en afkortings van die riooltoebehore
                volgens die volgende vereistes:

       2.1.5    Die hoofriool vanaf die badkamer tot by die munisipale aansluiting              (2)

       2.1.6    Die takriole na die badkamer en kombuis                                         (2)

       2.1.7    Mangat op die erf, voor die munisipale aansluiting                              (2)

       2.1.8    Steekoë                                                                         (4)

       2.1.9    Inspeksie-oë                                                                    (4)

 2.2 Noem die VIER besonderhede van ŉ bout wat verskaf moet word wanneer dit
     aangekoop word.                                                   (4 x 1)                  (4)

 2.3 Beskryf kortliks die voordeel van die vierkantige skouerbout.                              (2)

 2.4 Noem die dele 2.4.A tot 2.4.D van die bout in FIGUUR 2.4.

                2.4.A

               2.4.B                    2.4.C      2.4.D
                                           FIGUUR 2.4
                                                                                     (4 x 1)    (4)
                                                                                               [30]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                        SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                (EC/SEPTEMBER 2018)

VRAAG 3: VEILIGHEID, MATERIAAL, TOERUSTING EN GRAFIKA (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.
3.1    Motiveer kortliks waarom die area rondom ŉ mangat beveilig moet word voordat
       werkers dit betree.                                                                         (2)
3.2    Vul die toepaslike ontbrekende woord in by die volgende veiligheidsvereistes ten
       opsigte van openinge. Skryf slegs die antwoord en die vraagnommer in jou
       ANTWOORDEBOEK.
       3.2.1   Veiligheidstekens moet by alle ... en vloere sonder relings ten toon gestel
               word.                                                                               (1)
       3.2.2   ŉ ... of vangplatform moet bokant ŉ opening waar mense werk geplaas
               word om te verhoed dat vallende voorwerpe werkers beseer.                           (1)
       3.2.3   Mangate moet ŉ ... hê vir veiligheid.                                               (1)
3.3    Beskryf EEN verantwoordelikheid van die kontrakteur wat deur Regulasie 10 van
       die Bouregulasies vereis word, wanneer op hoë plekke gewerk word.       (1 x 3)             (3)
3.4    Beskryf kortliks wat ontsinking van ŉ allooi is.                                            (2)
3.5    Noem EEN gevolg van ontsinking wanneer dit in ŉ allooi plaasgevind het. (1 x 1)             (1)
3.6    Hoe word tekens van ontsinking op metaaloppervlaktes uitgeken?                              (1)
3.7    Beskryf TWEE metodes om korrosie in metale te voorkom.                        (2 x 2)       (4)
3.8    Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die gereedskapstuk in FIGUUR 3.8.

               3.8.A

                                           FIGUUR 3.8
       3.8.1   Wat word die gereedskapstuk genoem?                                                 (1)
       3.8.2   Wat word deel 3.8.A genoem?                                                         (1)
       3.8.3   Beskryf die skoonmaakproses van deel 3.8.A.                                         (3)
3.9    Watter gereedskapstuk sal vir die volgende werk gebruik word?
       3.9.1   Om vloeistowwe deur pype af te voer                                                 (1)
       3.9.2   Om draad in pype te sny                                                             (1)
       3.9.3   Om lekkasies in pypleidings te identifiseer                                         (1)
3.10   FIGUUR 3.10 op ANTWOORDBLAD B toon ŉ afgeknotte piramide met ŉ
       vierkantbasis.
       Teken op ANTWOORDBLAD B die ontvouing van die afgeknotte piramide.                         (16)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)              SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                        7

 VRAAG 4: HOEVEELHEDE EN VERBINDINGS (SPESIFIEK)

 4.1 FIGUUR 4.1 toon die vooraansig van die kouewatertoevoer vanaf die
     watermeter na ŉ huis op skaal 1 mm = 100 mm. Die hoofkouewaterpyp het ŉ
     deursnee van 22 mm en die takpype het ŉ deursnee van 15 mm. Bestudeer die
     tekening en bepaal, deur die tabel te voltooi, die hoeveelheid materiaal benodig
     vir die loodgieterinstallasie.

                                                  C
                                           FIGUUR 4.1

       WATERVOORSIENINGS- MATERIAAL             GROOTTE       HOEVEELHEID        LENGTE
           TOEBEHORE
       Kouewaterpyp               4.1.1          22 mm              1              4.1.2
       Kouewaterpyp               4.1.3          15 mm              1              4.1.4
       Verloopelmboog 90°         4.1.5      22 mm x 15 mm        4.1.6
       Elmboog 90°                4.1.7          15 mm            4.1.8
       Verloop-T-stuk             4.1.9      22 mm x 22 mm       4.1.10
                                                x 15 mm
       T-stuk                     4.1.11     15 mm x 15 mm       4.1.12                     (12)

 4.2 Gee ŉ kort beskrywing van die volgende rioleringsterminologie:

       4.2.1    Takpyp                                                                          (2)

       4.2.2    Steekoog                                                                        (2)

       4.2.3    Drekwater                                                                       (2)

 4.3 In watter kleurkode word die volgende rioolpype op huisplanne aangedui?

       4.3.1    Drekwaterpyp                                                                    (1)

       4.3.2    Drekwater-rioollugpyp                                                           (1)

       4.3.3    Bestaande riolering                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                       SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                 (EC/SEPTEMBER 2018)

 4.4 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die pyppasstuk in FIGUUR 4.4.

                                          FIGUUR 4.4

      4.4.1    Wat word dié passtuk genoem?                                                       (1)

      4.4.2    In watter TWEE groottes word die passtuk vervaardig?                               (2)

      4.4.3    Beskryf kortliks die doel van die passtuk.                                         (2)

 4.5 ŉ Silindriese watertenk is 2 400 mm hoog en het ŉ deursnee van
     2 100 mm. Bereken die volume van die tenk.
     Toon alle berekenings, formules en eenhede.                                                  (4)

 4.6 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of
     ‘onwaar’ langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK.

      4.6.1    ŉ Ystersaaglem se tande wys vorentoe.                                              (1)

      4.6.2    ŉ Pypsnyer kan gebruik word om gegalvaniseerde pype te sny.                        (1)

      4.6.3    Die braam van ŉ gesnyde pyp word met ŉ ystersaag verwyder.                         (1)

      4.6.4    uPVC-pype word met flenslasse gelas.                                               (1)

 4.7 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die koppelstuk in FIGUUR 4.7.

                                                       4.7.A

                                                       4.7.B

                                          FIGUUR 4.7

      4.7.1    Wat word hierdie koppelstuk genoem?                                                (1)

      4.7.2    Identifiseer die dele 4.7.A en 4.7.B.                                              (2)

      4.7.3    Watter tipe pype word met die koppelstukke gelas?                                  (1)

 4.8 Beskryf kortliks die betekenis van die vertinning van ŉ soldeerbout.                     (2)
                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)               SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                          9

 VRAAG 5: KONSTRUKSIE, KOUEWATER- EN WARMWATERTOEVOER
          (SPESIFIEK)

 5.1 FIGUUR 5.1 op ANTWOORDBLAD C toon laag 1 van ŉ dubbele omloophoek in
     ŉ eensteenmuur in strykverband. Teken in goeie verhouding op
     ANTWOORDBLAD C die opeenvolgende laag van die steenmuur.                                      (6)

 5.2 FIGUUR 5.2 op ANTWOORDBLAD D toon die onvoltooide bo-aansig van ŉ
     betonmangat. Voltooi in goeie verhouding die takaansluiting en pypwerk in die
     mangat.                                                                                       (3)

 5.3 Noem TWEE redes waarom die betonvloeivulling in ŉ mangat skuins gebou
     word.                                                              (2 x 1)                    (2)

 5.4 Beskryf TWEE posisies waar mangate geïnstalleer moet word.                      (2 x 2)       (4)

 5.5 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die klep in FIGUUR 5.5.

                                                          5.5.A

                                                          5.5.B

                       5.5.D                              5.5.C

                                           FIGUUR 5.5

       5.5.1    Wat word die klep genoem?                                                          (1)

       5.5.2    Benoem die onderdele 5.5.A tot 5.5.D.                                (4 x 1)       (4)

       5.5.3    Noem TWEE posisies waar dié tipe klep geïnstalleer word.             (2 x 1)       (2)

 5.6 Beskryf kortliks die doel van vakuumbrekers by ŉ geiser.                                      (2)

 5.7 Identifiseer die korrekte antwoord tussen die hakies ten opsigte van die
     volgende beskrywings:

       5.7.1    ŉ Drupbak word onder ŉ (bad / geiser) geïnstalleer.                                (1)

       5.7.2    Die termostaat beheer die (waterdruk / verhitting) in ŉ geiser.                    (1)

       5.7.3    Songeisers word aan die (oostekant / noordekant) van die gebou
                geïnstalleer.                                                                      (1)

 5.8 Beskryf kortliks hoe ŉ lugslot in ŉ warmwaterstelsel ontstaan.                             (3)
                                                                                               [30]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                       SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                   (EC/SEPTEMBER 2018)

VRAAG 6: DAKWERK, STORMWATER, RIOLERING EN SANITÊRE TOEBEHORE
         (SPESIFIEK)

6.1    Wat is die standaardhelling vir ŉ geut?                                                       (1)

6.2    Waarmee word geute aan fassieplanke geheg?                                                    (1)

6.3    Beskryf kortliks die doel van grondgeute in ŉ stormwaterstelsel.                              (2)

6.4    Hoe ver van ŉ gebou af moet stormwaterdreineringspunte gebou word?                            (1)

6.5    Beskryf die vereistes wat op die volgende fasette van dreineringstelsels van
       toepassing is:

       6.5.1   Binnekant van pype                                                                    (1)

       6.5.2   Lasse in pype                                                                         (1)

       6.5.3   Skerp buigings                                                                        (1)

       6.5.4   Minimum deursnee van pype                                                             (1)

       6.5.5   Hoogte van ontlugpype                                                                 (1)

6.6    Beskryf kortliks die verskil tussen vuilwater en drekwater.                                   (2)

6.7    Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die rioleringpasstuk in
       FIGUUR 6.7.

                                          FIGUUR 6.7

       6.7.1   Wat word dié passtuk genoem?                                                          (1)

       6.7.2   Beskryf die werking en doel van dié passtuk wanneer vuilwater in ŉ
               rioolstelsel vrygestel word.                                                          (4)

6.8    Waarom moet stapelriole nie naby boorgate gegrawe word nie?                                   (1)

6.9    Noem TWEE oorsake van verstoppings in hoofrioollyne.                           (2 x 1)        (2)

6.10   Wat is die minimum interne druk wat rioolpype moet kan weerstaan?                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)               SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                         11

6.11   Noem TWEE eienskappe van elkeen van die volgende materiale vir sanitêre
       toebehore:

       6.11.1    Keramiek                                                           (2 x 1)        (2)

       6.11.2    Vlekvrye staal                                                     (2 x 1)        (2)

6.12   Kies ŉ mate uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas.
       Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (6.12.1–6.12.5 ) in die
       ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 6.12.6 J.

                         KOLOM A                                KOLOM B
       6.12.1    Rioolpypgrootte                       A    22 mm

       6.12.2    Wasbakhoogte bo vloervlak             B    45 mm

       6.12.3    Wasbakwatertoevoerpypgrootte          C    950 mm

       6.12.4    Wasbakuitlaatpyp                      D    12 mm

       6.12.5    Badwatertoevoerpype                   E    15 mm

                                                       F    100 mm

                                                       G    32 mm

                                                       H    800 mm
                                                                                    (5 x 1)     (5)
                                                                                               [30]

                                                                                TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                      SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE           (EC/SEPTEMBER 2018)

                                 GENERIES
 ANTWOORDBLAD                                         NAAM:
                        A   SIVIELE TEGNOLOGIE

 2.1   Gebruik die inligting op ANTWOORDBLAD A en voltooi die terreinplan volgens
       skaal 1 : 200.

ERF 121                                 ERF 123                               ERF 125

                              KOMBUIS             BADKAMER

              A

                              PARLEMENTSTRAAT

                                                  Erfgrense                2
                                                  Boulyne                  2
                                                  Erfingang                1
                                                  Uitgangspeil             1
                                                  Hoofriool                2
                                                  Takriole                 2
                                                  Mangat                   2
                                                  Steekoë                  4
                                                  Inspeksie-oë             4
                                                  TOTAAL                   20

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)            SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                        13

                             SIVIELE TEGNOLOGIE      NAAM:
 ANTWOORDBLAD            B     SIVIELE DIENSTE

3.10 FIGUUR 3.10 op ANTWOORDBLAD B toon ŉ afgeknotte piramide met ŉ
     vierkantbasis. Teken op ANTWOORDBLAD B die ontvouing van die
     afgeknotte piramide.

                         SYAANSIG

                                                     Konstruksielyne                 3
                                                     Booglyne                        2
                                                     Basispunte                      6
                                                     Naatlyne                        1
                                                     Sykantlyne                      2
                                                     Akkuraatheid + netheid          2

                                                     TOTAAL                         16

                        BO-AANSIG

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                      SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE            (EC/SEPTEMBER 2018)

                              SIVIELE TEGNOLOGIE       NAAM:
  ANTWOORDBLAD           C      SIVIELE DIENSTE

5.1    FIGUUR 5.1 op ANTWOORDBLAD C toon laag 1 van ŉ dubbele
       omloophoek in ŉ eensteenmuur in strykverband. Teken in goeie verhouding
       op ANTWOORDBLAD C die opeenvolgende laag van die steenmuur.

                                                                               (6)

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)           SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                        15

                             SIVIELE TEGNOLOGIE       NAAM:
  ANTWOORDBLAD           D     SIVIELE DIENSTE

5.2 FIGUUR 5.2 op ANTWOORDBLAD D toon die onvoltooide bo-aansig van ŉ
    betonmangat.
    Voltooi in goeie verhouding die takaansluiting en pypwerk in die mangat.

                                                                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

## Related documents

- [CVLT GR12 QP AFR SEPT2018 SIVIELE DIENSTE D](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-gr12-qp-afr-sept2018-siviele-dienste-d/831c422e-f613-4a8c-adf9-061114273b23) — Civil Technology · QP · 2018 · Afr
- [CVLT GR12 QP AFR SEPT2018 KONSTRUKSIE D](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-gr12-qp-afr-sept2018-konstruksie-d/c7a77714-a0da-45da-ac8d-6473db3fe9d4) — Civil Technology · QP · 2018 · Afr
- [CVLT GR12 QP ENG SEPT2018 CIVIL SERVICES D](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-gr12-qp-eng-sept2018-civil-services-d/47b99167-7c6c-48d3-ab92-70a0cc6c7ac7) — Civil Technology · QP · 2018 · Eng
- [CVLT GR12 MEMO ENG SEPT2018 CONSTRUCTION](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-gr12-memo-eng-sept2018-construction-1/b6d609b6-89a5-4b39-a9b7-0d878af45cd4) — Civil Technology · Memo · 2018 · Eng
- [CVLT GR12 MEMO AFR SEPT2018 SIVIELE DIENSTE D](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-gr12-memo-afr-sept2018-siviele-dienste-d/f328c182-752d-488c-88b6-f2a5cadcbcf2) — Civil Technology · Memo · 2018 · Afr
- [CVLT GR12 MEMO ENG SEPT2018 CONSTRUCTION](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-gr12-memo-eng-sept2018-construction/2e799de8-da85-41b4-ad09-68d5cdf064b6) — Civil Technology · Memo · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Civil Technology

- [Civil Technology (Woodworking) (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-woodworking-afrikaans-june-2025-possible-answers/c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133) — Memo · 2025 · Afr
- [Civil Technology Nov 2025 (Construction) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-civil-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392) — Memo · 2025 · Eng
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Construction Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-construction-afrikaans/162bcc65-80ad-4384-b293-36da22468b06) — Memo · 2024 · Afr
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Civil Services English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-civil-services-english/c1f2441d-22ba-4ae6-9e56-137cc442080c) — Memo · 2024 · Eng
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Construction English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-construction-english/4d9c54ef-f526-46ad-82d4-8dd419eafb50) — Memo · 2024 · Eng
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Woodworking English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-woodworking-english/6e7f4be5-4ffb-4654-b98b-b4cc4dfc4cc7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
