# Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)

> Grade 12 Civil Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/cvltech-gr12-qp-sept2015-afr/869b47f0-5b29-46c7-9698-b96a272efdd8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Civil Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Civil Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/civil-technology) › [Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/cvltech-gr12-qp-sept2015-afr/869b47f0-5b29-46c7-9698-b96a272efdd8)

## About this document

Civil Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                            SEPTEMBER 2015

                        SIVIELE TEGNOLOGIE

PUNTE:      200

TYD:        3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, insluitend 4 antwoordblaaie en ŉ
                                      formuleblad.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                SIVIELE TEGNOLOGIE                     (EC/SEPTEMBER 2015)

BENODIGDHEDE:

1.    ANTWOORDEBOEK

2.    Tekengereedskap

3.    ŉ Nieprogrammeerbare sakrekenaar

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

2.    AL die vrae is VERPLIGTEND.

3.    Beantwoord elke vraag as ŉ geheel. MOET NIE onderafdelings van vrae
      skei NIE.

4.    Begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.    Sketse kan gebruik word om jou antwoorde te illustreer.

6.    ALLE berekeninge en geskrewe antwoorde moet in die
      ANTWOORDEBOEK gedoen word.

7.    Gebruik die puntetoekenning as ŉ riglyn vir die lengte van jou antwoorde.

8.    Tekeninge en sketse in potlood, moet volledig en netjies van afmetings,
      byskrifte en titels voorsien word soos voorgeskryf deur SANS (SABS) se
      Aanbevole Gebruikskode vir Boutekenepraktyk.

9.    Vir die doeleindes van hierdie vraestel moet die afmetings van ŉ steen as
      220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word.

10.   Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of detail ontbreek.

11.   ŉ Nieprogrammeerbare sakrekenaar mag gebruik word.

12.   Beantwoord VRAE 4.10, 5.2, 5.3 en 6.1 op die ANTWOORDBLAAIE wat
      voorsien is.

13.   Tekeninge in die vraestel is as gevolg van elektroniese kopiëring NIE
      volgens skaal NIE.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)              SIVIELE TEGNOLOGIE                                       3

 VRAAG 1: KONSTRUKSIEPROSESSE

 1.1    FIGUUR 1.1 toon die buitelyne van ŉ huis wat op ŉ erf uitgemeet moet
        word. Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die uitmeet
        prosedure.

        1.1.1    Benoem lyne 1.1.A tot 1.1.C.                               (3 x 1)     (3)

        1.1.2    Wat word deel 1.1.D genoem?                                            (1)

        1.1.3    Watter TWEE mates word op deel 1.1.D uitgemeet?           (2 x 1)      (2)

        1.1.4    Noem TWEE metodes om die hoeke van die struktuur haaks
                 uit te meet.                                          (2 x 1)          (2)

                                        FIGUUR 1.1

 1.2    Motiveer kortliks waarom fondamente onder die grond geplaas word.               (2)

 1.3    Noem VIER faktore wat ŉ invloed sal hê op die keuse van fondament wat
        gebruik sal word.                                                (4 x 1)        (4)

 1.4    Maak ŉ netjiese skets om die konstruksie van ŉ vlotfondament te illustreer.     (2)

 1.5    Noem EEN gebruik van elkeen van die volgende gereedskapstukke:

        1.5.1    Lynblok                                                                (1)

        1.5.2    Tingel                                                                 (1)

        1.5.3    Lang voegstryker                                                       (1)

        1.5.4    Bandskuurmasjien                                                       (1)

        1.5.5    Dikteskaaf                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 SIVIELE TEGNOLOGIE                      (EC/SEPTEMBER 2015)

1.6     Motiveer kortliks waarom die ventilasie-openinge van elektriese
        gereedskap gereeld skoongemaak moet word.                                        (2)

1.7     Noem TWEE gebruik van ŉ bukswaterpas.                                (2 x 1)     (2)

1.8     Wat word bedoel met die opstelling van die bukswaterpas?                         (2)

1.9     Noem DRIE voordele van ŉ spoumuur.                                   (3 x 1)     (3)
                                                                                        [30]

VRAAG 2: GEVORDERDE KONSTRUKSIEPROSESSE

2.1     Motiveer kortliks waarom die hoofstaalwapening onderaan ŉ gewapende
        betonbalk geplaas moet word. Verwys ook na die eienskappe van staal
        en beton.                                                                        (3)

2.2     Noem TWEE metodes om skuifspanning in ŉ betonbalk te voorkom.
                                                                     (2 x 1)             (2)

2.3     Wat word bedoel met die betondekking in gewapende betonstrukture?                (2)

2.4     Wat is die minimum aantal hoofstawe in die volgende tipes
        betonkolomme?

        2.4.1   Reghoekige kolom                                                         (1)

        2.4.2   Ronde kolom                                                              (1)

2.5     Noem VYF voordele van gelamineerde bekistingsborde.                  (5 x 1)     (5)

2.6     Maak ŉ netjiese skets op skaal 1 : 10 van ŉ oop dakrandkonstruksie met
        balkvulling en toon die volgende dele:

        2.6.1   Eensteenmuurkonstruksie                                                  (1)

        2.6.2   Muurplaat                                                                (1)

        2.6.3   Kapbeen                                                                  (1)

        2.6.4   Bindbalk                                                                 (1)

        2.6.5   Daklat                                                                   (1)

        2.6.6   Dakplaat                                                                 (1)

        2.6.7   Fassieplank                                                              (1)

        2.6.8   Balkvulling                                                              (1)

        2.6.9   Korrekte skaal                                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)            SIVIELE TEGNOLOGIE                                    5

2.7     Wat bepaal die spasiëring van dakkappe?                                    (1)

2.8     Beskryf DRIE situasies waar skoring benodig mag word.          (3 x 2)     (6)

2.9     Noem DRIE tipes skoring wat algemeen gebruik word.            (3 x 1)      (3)

2.10    FIGUUR 2.10 toon ŉ halfronde pasboog. Benoem die onderdele
        2.10.1 tot 2.10.6 van die pasboog.

                                    FIGUUR 2.10                                    (6)
                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 SIVIELE TEGNOLOGIE                     (EC/SEPTEMBER 2015)

VRAAG 3: SIVIELE DIENSTE

3.1     Wat is die doel van die watertenk in die indirekte warmwaterstelsel?           (1)

3.2     Wat is die deursnee-grootte van die volgende waterpype?

        3.2.1   Watervoorsiening na die geiser                                         (1)

        3.2.2   Watervoorsiening na kraanppunte                                        (1)

3.3     Motiveer kortliks waarom die binnekant van die sonabsorbeerder swart
        geverf moet word.                                                              (2)

3.4     Wat is die doel van die glasdeksel op die sonabsorbeerder?                     (2)

3.5     Noem DRIE voordele van die gebruik van politeenpyp vir water-
        voorsiening.                                                       (3 x 1)     (3)

3.6     Watter metode word gebruik om die volgende tipes pyp te las?

        3.6.1   Gegalvaniseerde staalpype                                              (1)

        3.6.2   Politeenpype                                                           (1)

        3.6.3   Koperpype                                                              (1)

3.7     Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs
        ‘waar’ of ‘onwaar’ langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK.

        3.7.1   ŉ Septiese tenk moet gereeld leeg gepomp word.                         (1)

        3.7.2   Vakuumtenks moet aan ŉ stapelriool gekoppel word.                      (1)

        3.7.3   Mangate dien as toegangsopenings na rioolstelsels.                     (1)

        3.7.4   ŉ Steekoog word by die bopunt van elke perseelriool geïnstalleer.      (1)

        3.7.5   ŉ Inspeksie-oog is ŉ verwyderbare deksel op ŉ pypaansluiter.           (1)

3.8     Noem TWEE faktore wat die breedte en diepte van ŉ stapelriool bepaal.
                                                                        (2 x 1)        (2)

3.9     Beskryf puntsgewys hoe die watertoetsmetode uitgevoer word om ŉ riool
        vir lekke te toets.                                                            (6)

3.10    Noem VIER voordele van PVC-rioolpype.                             (4 x 1)     (4)
                                                                                     [30]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)               SIVIELE TEGNOLOGIE                                      7

VRAAG 4: MATERIALE EN HOEVEELHEDE

4.1     Noem TWEE omstandighede waar snelhardsement gebruik sal word.                   (2)

4.2     Watter TWEE reaksies vind plaas wanneer water met sement gemeng
        word?                                                                           (2)

4.3     Motiveer kortliks waarom sement so gou moontlik na vervaardiging gebruik
        moet word.                                                                      (2)

4.4     Beskryf die omstandighede waarin die volgende bymengsels vir beton
        gebruik sal word:

        4.4.1    Plastiseerders                                                         (1)

        4.4.2    Lug-ingeslote middels                                                  (1)

        4.4.3    Vertragers                                                             (1)

4.5     Beskryf die stappe wat gevolg moet word wanneer beton in ŉ
        betonmenger gemeng word.                                                        (5)

4.6     Wat is die doel van die verdigting van beton?                                   (1)

4.7     Wat is die doel van die saktoets vir beton?                                     (1)

4.8     Identifiseer die volgende tipes bordproduk:

        4.8.1    Weens die geringe dikte daarvan, kan dit selde alleen gebruik
                 word                                                                   (1)

        4.8.2    Ongelyke aantal lae word op mekaar gegom                               (1)

        4.8.3    Die kerngedeelte bestaan uit aanmekaargelymde stroke hout              (1)

4.9     Noem DRIE voordele van hardebord.                                   (3 x 1)     (3)

4.10    FIGUUR 4.10 op ANTWOORDBLAD A toon die fondamentplan vir ŉ
        struktuur. Gebruik die hoeveelheidslys op ANTWOORDBLAD A en
        beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die fondament:

        4.10.1    Bereken die senterlyn van die fondament.                              (4)

        4.10.2    Bereken die volume beton wat benodig word om TWEE
                  fondamente te giet.                                                   (4)
                                                                                       [30]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   SIVIELE TEGNOLOGIE                  (EC/SEPTEMBER 2015)

VRAAG 5: TOEGEPASTE MEGANIKA

5.1     Bereken die sentroïed vanaf punt P van die gelykbenige driehoek in
        FIGUUR 5.1. Toon alle formules en berekeninge.

                                                                                        (4)
                                        FIGUUR 5.1

5.2     FIGUUR 5.2 op ANTWOORDBLAD A toon ŉ balk met puntbelasting.
        Bereken die volgende op ANTWOORDBLAD A:

        5.2.1        Die buigmomentwaardes                                              (7)

        5.2.2        Voltooi die buigmomentdiagram volgens die buigmomentwaardes        (4)

5.3     FIGUUR 5.3 op ANTWOORDBLAD C toon die ruimtediagram van ŉ
        dakkap. Bepaal grafies op ANTWOORDBLAD C die grootte en aard van
        die kragte in die onderdele van die kap deur die kragtediagram te teken en
        die tabel te voltooi.                                                          (15)
                                                                                       [30]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)               SIVIELE TEGNOLOGIE                               9

VRAAG 6: GRAFIKA EN KOMMUNIKASIE

6.1    FIGUUR 6.1 op ANTWOORDBLAD D toon die vloerplan van ŉ gebou wat
       op skaal 1 : 100 volgens die volgende vereistes geteken is:

           Die geuweldakkonstruksie met ŉ helling van 30º
           Dakrandoorhang van 400 mm by al vier aansigte
           Muurhoogte van 2,6 m van die vloer tot die plafon

       Gebruik die inligting op ANTWOORDBLAD D en teken op
       ANTWOORDBLAD D die suidaansig van die gebou op skaal 1 : 100. Teken
       die suidaansig vanaf die gegewe NATUURLIKE GRONDVLAK-lyn.
       Die volgende besonderhede moet aangetoon word:

       6.1.1     Daklyne                                                         (2)

       6.1.2     Windveër                                                        (3)

       6.1.3     Dakrandoorhang                                                  (1)

       6.1.4     Muurhoogte                                                      (2)

       6.1.5     Garagedeur                                                      (2)

       6.1.6     Garagedeur-handvatsel                                           (1)

       6.1.7     Garage-oprit                                                    (2)

       6.1.8     Venster                                                         (2)

       6.1.9     Vensterbank                                                     (1)

       6.1.10    Deur                                                            (2)

       6.1.11    Deurhandvatsel                                                  (1)

       6.1.12    Trappie                                                         (1)

       6.1.13    Vloervlak                                                       (1)

       6.1.14    Aansig- en skaalbyskrifte                                       (2)

       6.1.15    Geute en afleipype                                              (3)

       6.1.16    Netheid                                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               SIVIELE TEGNOLOGIE                    (EC/SEPTEMBER 2015)

6.2   Noem VIER funksies van ŉ terreinplan.                             (4 x 1)       (4)

6.3   Maak ŉ netjiese skets en gee die simbool vir elkeen van die volgende
      toebehore:

      6.3.1   Watermeter                                                              (2)

      6.3.2   Inspeksie-oog                                                           (2)

      6.3.3   Vetvanger                                                               (2)

      6.3.4   Harde puin                                                              (2)
                                                                                     [40]

                                                                     TOTAAL:         200

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                  SIVIELE TEGNOLOGIE                                        11

 ANTWOORDBLAD                   SIVIELE TEGNOLOGIE         NAAM:

  ANSWER SHEET
                           A        CIVIL TECHNOLOGY       NAME:

VRAAG/QUESTION 4.10                                                                     (8)

                                                          5 000
                                                                  Fondament breedte = 600 mm
                                                                  Fondament dikte = 200 mm

                                                                  Foundation width = 600 mm
                                                                  Foundation thickness = 200 mm

                           10 000

    A        B         C                                     D

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
12                                           SIVIELE TEGNOLOGIE           (EC/SEPTEMBER 2015)

 ANTWOORDBLAD                       SIVIELE TEGNOLOGIE            NAAM:

    ANSWER SHEET
                            B         CIVIL TECHNOLOGY            NAME:

VRAAG/QUESTION 5.2

 5.2.1    Die buigmomentwaardes/The bending moment values                               (7)

                 a = …....................
                 b = …....................
                 c = …....................
                 d = …....................

 5.2.2    Die buigmomentdiagram/The bending moment diagram                              (5)

SKAAL/SCALE: 1 N = 1 mm

60 N        40 N                             40 N       20 N

       2m                    4m                      2m
80 N                                         80 N

a            b                                c           d

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)            SIVIELE TEGNOLOGIE                           13

 ANTWOORDBLAD                SIVIELE TEGNOLOGIE     NAAM:

  ANSWER SHEET
                        C    CIVIL TECHNOLOGY       NAME:

VRAAG/QUESTION 5.3                                                        (15)

RUIMTEDIAGRAM:
SPACE DIAGRAM:

                                                                      a

KRAGTEDIAGRAM
FORCE DIAGRAM

Skaal/Scale: 1 mm = 1 N

 DEEL/PART      STUT/STRUT   STANG/TIE

     BG
     CH
      DI
      FI
     FG
     GH
      HI

Kopiereg voorbehou                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
14                                        SIVIELE TEGNOLOGIE                (EC/SEPTEMBER 2015)

 ANTWOORDBLAD                        SIVIELE TEGNOLOGIE        NAAM:

 ANSWER SHEET
                                D     CIVIL TECHNOLOGY         NAME:

VRAAG/QUESTION 6.1                                                                      (28)

                                      8 000
                  280   3 000       280       4 160        280

         280

 8 000    7 440

                                                                   Daklyne               2
         280
                                                                   Windveër              3
                                                                   Dak-oorhang           1
                                                                   Muurhoogte            2
                                      VLOERPLAN                    Garagedeur            2
                                      SKAAL 1 : 100                Garage-handvatsel     1
                                                                   Garage-oprit          2
                                                                   Venster               2
                                                                   Vensterbank           1
                                                                   Deur                  2
                                                                   Deurhandvatsel        1
                                                                   Trappie               1
                                                                   Vloervlak             1
                                                                   Byskrifte             2
                                                                   Geute/Afleipype       3
                                                                   Netheid               2
                                                                   TOTAAL                28

NGV
__________________________________________________

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                      SIVIELE TEGNOLOGIE                                                   15

FORMULEBLAD

BELANGRIKE AFKORTINGS

SIMBOOL      DESCRIPTION            SYMBOL     DESCRIPTION              SYMBOL        DESCRIPTION
     G       Swaartepunt                 h     Hoogte                        d        Deursneë
     C       Sentroïed                   b     Breedte/Wydte                 r        Radius
     L       Lengte                      s     Sy                            A        Oppervlakte
             Pi = = 3,142                      Deursnee                      V        Volume

FORMULES

OPPERVLAKTE           FORMULE                FORMULE              FORMULE VIR DIE POSISIE VAN
    VAN               (in woorde)            (in simbole)                 SENTROÏEDE
                                                                     X-as           Y-as
Vierkant              Lengte x Breedte            lxb                 b               b
                                                                      2               2
Reghoek               Lengte x Breedte            lxb                  l              b
                                                                      2               2
Reghoekige            ½ x basis x hoogte        ½b x h                b               h
driehoek                                                              3               3
Gelyksydige           ½ x basis x hoogte                              b               h
driehoek/Piramide                               ½b x h                2               3
Sirkel                                                    2
                         x radius x radius            r
Sirkel
                         x deursnee x                                   Sentroïed is in die middel
                      deursnee gedeel
                      deur 4
Halfsirkel
                         x radius x radius                        Sentroïed is 0,424r op die middellyn
                      gedeel deur 2

                                                      A1      d    A2    d
                            Posisie van sentroïed =
                                                      Totale oppervlakte

Kopiereg voorbehou                                                                             Blaai om asseblief

## Related documents

- [CVLTECH GR12 MEMO SEPT2015 AFR](https://www.hlayiso.com/library/cvltech-gr12-memo-sept2015-afr/499243c3-9639-46d0-90f2-d372f7df4e7e) — Civil Technology · Memo · 2015 · Afr
- [CVLTECH GR12 MEMO SEPT2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/cvltech-gr12-memo-sept2015-eng/734f23d1-2b96-4108-8dba-99cd5a8e7a89) — Civil Technology · Memo · 2015 · Eng
- [Civil Technology Nov 2015 Eng (R)](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-nov-2015-eng-r/8e33f148-adde-4af4-be2d-6a45bccfb5d5) — Civil Technology · QP · 2015 · Eng
- [Civil Technology Feb March 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-feb-march-2015-eng/4f802241-70af-400c-8dcb-c98316a539e7) — Civil Technology · QP · 2015 · Eng
- [CIV TECH GR12 QP SEPT 2023 Construction Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept-2023-construction-afrikaans/97f8938d-02eb-46a4-a681-ef07b440e38f) — Civil Technology · QP · 2023 · Afr
- [CIV TECH GR12 QP SEPT2023 Civil Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-qp-sept2023-civil-afrikaans/3d971330-fbba-4185-b58b-8e57fbcde1cc) — Civil Technology · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Civil Technology

- [Civil Technology (Woodworking) (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/civil-technology-woodworking-afrikaans-june-2025-possible-answers/c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133) — Memo · 2025 · Afr
- [Civil Technology Nov 2025 (Construction) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-civil-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392) — Memo · 2025 · Eng
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Construction Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-construction-afrikaans/162bcc65-80ad-4384-b293-36da22468b06) — Memo · 2024 · Afr
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Civil Services English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-civil-services-english/c1f2441d-22ba-4ae6-9e56-137cc442080c) — Memo · 2024 · Eng
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Construction English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-construction-english/4d9c54ef-f526-46ad-82d4-8dd419eafb50) — Memo · 2024 · Eng
- [CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024 Woodworking English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr12-memo-sept2024-woodworking-english/6e7f4be5-4ffb-4654-b98b-b4cc4dfc4cc7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
