# Civil Technology Grade 11 Eastern Cape November 2013 QP

> Grade 11 Civil Technology question paper from the Eastern Cape November 2013 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/cvtn-qp-afr-gr11-nov-2013/8d6acc6a-b4ce-439a-a455-56ec6a01e736
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Civil Technology
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Civil Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/civil-technology) › [Civil Technology Grade 11 Eastern Cape November 2013 QP](https://www.hlayiso.com/library/cvtn-qp-afr-gr11-nov-2013/8d6acc6a-b4ce-439a-a455-56ec6a01e736)

## About this document

Civil Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2013. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      NASIONALE
                  SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 11

                   NOVEMBER 2013

                 SIVIELE TEGNOLOGIE

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  SIVIELE TEGNOLOGIE                    (NOVEMBER 2013)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

2.   Al die vrae is verpligtend.

3.   Beantwoord elke vraag in geheel. Moenie onderafdelings skei nie.

4.   Gebruik die puntetoekenning as riglyn om die lengte van jou antwoorde te
     bepaal.

5.   Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of detail uitgelaat is.

6.   Beantwoord VRAE 4.1, 5.3, 6.1 en 6.2 op die aangehegde antwoordblaaie.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                  SIVIELE TEGNOLOGIE                                    3

 BEGIN ELKE VRAAG OP ŉ NUWE BLADSY.

 VRAAG 1: KONSTRUKSIEPROSESSE

 1.1    Die tabel hieronder toon materiale wat in die boubedryf gebruik word.
        Kopieer die tabel in jou antwoordeboek en voltooi deur EEN eienskap en
        EEN gebruik van elke materiaal neer te skryf.

             MATERIALE                 EIENSKAP                  GEBRUIK
        Koper
        Geelkoper
        Gietyster
                                                                            (3 + 3)    (6)

 1.2    Noem VYF toebehore wat werkers kan gebruik om hulleself te beskerm
        terwyl hulle besig is met boukonstruksie.                                      (5)

 1.3    Noem DRIE veiligheidsmaatreëls wat van toepassing is met die gebruik van
        die hoekslyper.                                                                (3)

 1.4    Watter tipe brandblusser moet gebruik word om ŉ brand van vlambare
        vloeistowwe te blus?                                                           (1)

 1.5    Noem VIER eienskappe van ŉ suksesvolle entrepreneur.                           (4)

 1.6    Watter voorsorgmaatreëls moet getref word wanneer jy as noodwerker
        iemand behandel waar baie bloed betrokke is en sodat jy nie met die MI-
        virus besmet kan word nie?                                                     (3)

 1.7    Noem DRIE tekens van ŉ hartaanval.                                             (3)

 1.8    Noem VYF veiligheidsmaatreëls by die gebruik van handgereedskap.               (5)
                                                                                      [30]

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 SIVIELE TEGNOLOGIE                      (NOVEMBER 2013)

VRAAG 2: GEVORDERDE KONSTRUKSIEPROSESSE

2.1   Kies die regte antwoord uit KOLOM B wat pas by die masjien in KOLOM A
      pas Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.10) op
      jou vraestel neer, byvoorbeeld 2.1.11 K.

               KOLOM A                               KOLOM B
      2.1.1     Sirkelsaag          A    Gebruik om rowwe hout gelyk te skaaf

      2.1.2     Vlakskaaf           B    Gebruik om randprofiele op kant van hout
                                         te sny

      2.1.3     Kolomboor           C    Gebruik om harde oppervlakte op te
                                         breek

      2.1.4     Dikteskaaf          D    Gebruik om stene en metaal te sny

      2.1.5     Houtdraaibank       E    Gebruik om kurwes uit hout te sny

      2.1.6     Draagbare rotor     F    Gebruik om gate tot ŉ sekere diepte te
                                         boor

      2.1.7     Bandsaag            G    Gebruik om beitels en bore skerp te maak

      2.1.8     Lugdrukklopboor     H    Gebruik vir dwarssaagwerk en
                                         kloofsaagwerk

      2.1.9     Hoekslypmasjien     I    Gebruik om spildraaiwerk en
                                         skyfdraaiwerk te doen

      2.1.10    Slypmasjien         J    Gebruik om planke op regte dikte te skaaf
                                                                           (10 x 1)   (10)
2.2   Verduidelik die doel van ŉ keermuur.                                             (1)

2.3   Verskillende materiale word gebruik om vensterrame te vervaardig.

      2.3.1    Noem DRIE materiale wat gebruik kan word.                               (3)

      2.3.2    Noem EEN voordeel en EEN nadeel van elke materiaal.                     (6)

2.4   Wat word met die term steierwerk bedoel?                                         (2)

2.5   Noem DRIE defekte wat in gewapende beton tydens bekisting kan voorkom.           (3)

2.6   Noem VIER redes waarom ŉ gebou vogdig gemaak moet word.                          (4)

2.7   Wat is die doel van ŉ holmuur?                                                   (1)

2.8   Bespreek die dekwydte en winddruk-eienskappe van golfyster-dakplate.             (2)

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                 SIVIELE TEGNOLOGIE                                 5

 2.9    Die tekening hieronder toon ŉ betonbalk met staalbewapening. Benoem die
        dele gemerk A–D en verduidelik die doel van elke deel.

                                                                                   (8)
                                                                                  [40]

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                SIVIELE TEGNOLOGIE                         (NOVEMBER 2013)

VRAAG 3: SIVIELE DIENSTE

3.1 Voltooi die volgende deur slegs die ontbrekende woord neer te skryf.

     3.1.1   Die doel van ŉ ... is om onaangename reuke wat uit die rioolstelsel
             kom, te laat ontsnap.                                                       (1)

     3.1.2   ŉ Sonpaneel is afhanklik van die ... vir effektiewe werking.                (1)

     3.1.3   Die doel van ŉ ... is om te verhoed dat onaangename gasse van ŉ
             rioolstelsel die gebou binnekom.                                            (1)

     3.1.4   Die … by ŉ geiser beskerm die silinder teen vakuuminstorting.               (1)

     3.1.5   Die … word binne die spoelbak van ŉ kloset geïnstalleer om die water
             op ŉ sekere hoogte te hou.                                                  (1)

3.2 Verduidelik DRIE voordele en DRIE nadele van die gebruik van PVC-pype vir
    watertoevoer by huishoudings. Teken die tabel hieronder in jou
    antwoordeboek oor en tabuleer jou antwoorde.

     VOORDELE                                 NADELE

                                                                                         (6)

3.3 Noem AGT basiese beginsels wat nagekom moet word by die konstruksie
    van ŉ rioolstelsel.                                                                  (8)

3.4 Teken die volgende rioolsimbole:

     3.4.1   Rioolpyp

     3.4.2   Mangat

     3.4.3   Rioolput

     3.4.4   Steekoog

     3.4.5   Stort                                                                       (5)

3.5 Noem DRIE plekke in ŉ riooluitleg waar steekoë aangebring moet word.                 (3)

3.6 Verduidelik die doel van ŉ mangat.                                                   (2)

3.7 Verduidelik waarom jy ŉ hoë-druk geiser bo ŉ lae-druk geiser vir
    warmwatervoorsiening in ŉ huishouding sal verkies.                                   (1)
                                                                                        [30]

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                      SIVIELE TEGNOLOGIE                                  7

 VRAAG 4: MATERIALE EN HOEVEELHEDE

 4.1 FIGUUR 4.1 hieronder toon die vooraansig van ŉ gedeelte van ŉ
     eensteenmuur met twee vensters (slegs bobou).

                                      FIGUUR 4.1
       SPESIFIKASIES:
        100 stene is gebruik om een vierkante meter van die 220 mm enkelmuur te
         bou.
        Venster 1 (V1) is 1 200 mm breed en 900 mm hoog.
        Venster 2 (V2) is 1 200 mm breed en 600 mm hoog.
       Gebruik die spesifikasies hierbo en bereken die volgende op
       ANTWOORDBLAD 4.1:

       4.1.1      Die totale oppervlakte van die muur, insluitend die vensters. (Voor
                  aftrekkings)                                                           (4)

       4.1.2      Die oppervlakte van venster 1                                          (3)

       4.1.3      Die oppervlakte van venster 2                                          (3)

       4.1.4      Die totale oppervlakte van muur sonder vensters                        (3)

       4.1.5      Die totale getal stene benodig om die muur te bou                      (3)

 4.2 Watter tipe lym word gebruik om houtvoeë te lym?                                    (1)

 4.3 Noem DRIE tipes glas wat in boukonstruksie gebruik word.                            (3)

 4.4 Noem VIER voordele van beton.                                                       (4)

 4.5 Teken netjiese sketse om ŉ kroonlys en ŉ vloerlys te toon. (Benoem elkeen)          (4)

 4.6 Noem TWEE gebruike van koolteer kreosoot.                                           (2)
                                                                                        [30]

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 SIVIELE TEGNOLOGIE                         (NOVEMBER 2013)

VRAAG 5: TOEGEPASTE MEGANIKA
5.1 FIGUUR 5.1 hieronder toon ŉ balk met puntbelasting. Bereken die
    reaksiekragte in steunpunte A en B.

                                        FIGUUR 5.1                                         (8)
5.2 FIGUUR 5.2 hieronder toon ŉ balk van 8 meter wat onderwerp is aan
    belasting.

                                        FIGUUR 5.2
    5.2.1    Bereken die skuifkragwaardes by elke punt.                                    (4)
    5.2.2    Teken die skuifkragdiagram. Gebruik ŉ kragteskaal van 1 mm = 1 N
             en ŉ liniêre skaal van 1 cm = 1 m.                                            (4)
5.3 FIGUUR 5.3 hieronder toon die ontwerp van ŉ dakkap. (Beantwoord die vrae
    oor die dakkap op ANTWOORDBLAD 5.3.)
                                                 20 N

                          20 N     B
                                                            C
                      A
                              E              F          G
                    30°                30°                        30°
                                                  D
            25 N                                                         15 N
                                        FIGUUR 5.3
    5.3.1    Bepaal grafies die grootte van die kragte in elke onderdeel van die
             dakkap. Gebruik ŉ skaal van 3 mm = 1 N.                                       (7)
    5.3.2    Voltooi die tabel deur die grootte van die kragte aan te dui.                 (7)
                                                                                          [30]

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                  SIVIELE TEGNOLOGIE                                   9

 VRAAG 6: GRAFIESE KOMMUNIKASIE

 6.1 FIGUUR 6.1 hieronder toon ŉ lyndiagram van ŉ gebou.

                                      FIGUUR 6.1
       Teken die vloerplan van die gebou volgens skaal 1:100 en toon alle deure en
       vensters soos in die spasies op die lyndiagram aangetoon. Teken op
       ANTWOORDBLAD 6.1.

       Spesifikasies:
          Venster 1 (V1) is 1 500 mm breed en 1 500 mm hoog
          Venster 2 (V2) is 2 400 mm breed en 1 500 mm hoog
          Venster 3 (V3) is 2 000 mm breed en 1 500 mm hoog
          Buitemure is 220 mm dik en binnemure is 110 mm dik
          Deur 1 is 900 mm breed en 2 000 mm hoog
          Deur 2 is ŉ skuifdeur van 2 400 mm breed en 2 000 mm hoog
          Toon stort, wasbak en spoelkloset in badkamer
          Drukskrif die titel en skaal op jou tekening
           Toon EEN maatskrywing                                                    (26)

 6.2 Teken volgens skaal 1:20 die vooraansig van ŉ hoofstyl dakkap (howekap)
     en benoem alle dele.
     Gebruik die volgende spesifikasies:
         Dakhelling: 30 grade
         Lengte van bintbalk is 4 000 mm
         Alle hout vir dakkap is 114 mm x 38 mm
         Dakoorhang is 400 mm
         Onderdele is met spykerplate geheg                                         (14)
                                                                                     [40]

                                                                         TOTAAL:     200

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                 SIVIELE TEGNOLOGIE                     (NOVEMBER 2013)

ANTWOORDBLAD 4.1

     A     B       C                        D
                           Oppervlakte van muur voor aftrekkings
                                                               (4)

                           Oppervlakte van venster 1            (3)

                           Oppervlakte van venster 2            (3)

                           Oppervlakte van muur sonder vensters
                                                             (3)

                           Totale getal stene                  (3)
                                                                      (16)

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                     SIVIELE TEGNOLOGIE                    11

 VRAAG 5.3

 ANTWOORDBLAD 5.3                   NAAM VAN KANDIDAAT: …………………….......

                                             20 N

                        20 N   B
                                                        C
                    A
                          E              F          G
                  30°              30°                      30°
                                             D
        25 N                                                      15 N

            Onderdeel              Grootte van krag

            AE

            BF

            CG

            DE

            DG

            EF

            FG

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                  SIVIELE TEGNOLOGIE                          (NOVEMBER 2013)

VRAAG 6.1

ANTWOORDBLAD 6.1   NAAM VAN KANDIDAAT:   .....................................

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)           SIVIELE TEGNOLOGIE               13

 VRAAG 6.2

 ANTWOORDBLAD 6.2         NAAM VAN KANDIDAAT: ……………………….

## Related documents

- [CVTN-QP (Eng) GR11 NOV 2013](https://www.hlayiso.com/library/cvtn-qp-eng-gr11-nov-2013/31d918a2-b3d2-4f88-a743-a474e4ba38d6) — Civil Technology · QP · 2013 · Eng
- [CVTN-MEMO-ENG GR11 NOV 2013](https://www.hlayiso.com/library/cvtn-memo-eng-gr11-nov-2013/147af0cb-3bc9-44f2-ba37-cdf40d67e42b) — Civil Technology · Memo · 2013 · Eng
- [CVTN-MEMO-AFR-GR11 NOV2013](https://www.hlayiso.com/library/cvtn-memo-afr-gr11-nov2013/2e9d6270-dca1-44fc-837e-d2d05aeaf843) — Civil Technology · Memo · 2013 · Afr
- [CVLT CONSTRUCTION GR11 QP NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-construction-gr11-qp-nov2020-afr-d/ac9ac7b4-a147-49d4-be80-82cd6ca74614) — Civil Technology · QP · 2020 · Afr
- [CVLT CONSTRUCTION GR11 QP NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-construction-gr11-qp-nov2020-eng-d/29b559af-db12-4dd0-9f17-70bf3e59f84e) — Civil Technology · QP · 2020 · Eng
- [CVLT GR11 QP NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/cvlt-gr11-qp-nov2020-eng-d/870ad711-62b8-4d56-82f4-4452cc489151) — Civil Technology · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 11 Civil Technology

- [Gr 11 Cons ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-cons-atp-2023-24/5adb6254-7b36-487a-a882-c42b36bf49b7) — ATP
- [Gr 11 Civil Ser ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-civil-ser-atp-2023-24/91ce1dc1-91cc-4a38-926b-b3d45f5b5305) — ATP
- [CIV TECH GR11 MEMO NOV2022 Civil Services Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-memo-nov2022-civil-services-afrikaans/85a9ce14-da0c-4943-8570-643c7a62e6a8) — Memo · 2022 · Afr
- [CIV TECH GR11 MEMO NOV2022 Construction Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-memo-nov2022-construction-afrikaans/6d31745c-a94c-4612-8aef-4e9b624a57b0) — Memo · 2022 · Afr
- [CIV TECH GR11 MEMO NOV2022 Woodworking English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-memo-nov2022-woodworking-english/a7e06718-cada-4092-84e6-dffe9c65d79c) — Memo · 2022 · Eng
- [CIV TECH GR11 MEMO NOV2022 Woodworking Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-memo-nov2022-woodworking-afrikaans/16d10915-16d2-413b-a24e-24b5588c3601) — Memo · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
