# Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2013 QP (Afr)

> Grade 11 Dance Studies question paper from the Eastern Cape November 2013 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dance-st-gr11-nov2013-qp-afr/def2cad3-6a7f-4142-93fd-3d549c6ae048
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dance Studies
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Dance Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/dance-studies) › [Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2013 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dance-st-gr11-nov2013-qp-afr/def2cad3-6a7f-4142-93fd-3d549c6ae048)

## About this document

Dance Studies · Grade 11 · Eastern Cape November · 2013. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 11

                        NOVEMBER 2013

                          DANSSTUDIES

PUNTE:   100

TYD:     3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013                         DANSSTUDIES                                   2

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings.
           AFDELING A – Veilige Danspraktyke en Gesondheidsorg
           AFDELING B – Dansgeskiedenis en -geletterdheid

2.    Lees die hele vraestel noukeurig deur, voordat jy dit beantwoord.

3.    Daar is ŉ keuse tussen VRAAG 2 en VRAAG 3.

4.    Daar is ELF vrae in hierdie vraestel.

5.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

6.    Laat DRIE reëls na elke VRAAG oop.

7.    Begin ELKE AFDELING op ŉ NUWE bladsy.

8.    Trek ŉ lyn deur enige vrae wat jy nie gemerk wil hê nie.

9.    Die punte word NIE volgens die beginsel van ‘een punt per een feit’ toegeken
      NIE, maar volgens die gehalte van jou antwoord.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013                         DANSSTUDIES                                      3

AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYKE EN GESONDHEIDSORG

VRAAG 1

1.1      Verduidelik in detail wat “ŉ gebalanseerde dieet” is.                              (2)

1.2      Waaruit moet ŉ danser se dieet gedurende oefening en repetisies bestaan?           (3)

1.3      Gee die definisie van die eetversteuring “Anorexia Nervosa”.                       (2)

1.4      Behalwe vir erge gewigsverlies, wat is sommige ander uitwerkings van
         “Anorexia” op die liggaam?                                                      (3)
                                                                                        [10]

JY HET ŉ KEUSE TUSSEN VRAAG 2 EN VRAAG 3.

VRAAG 2

                          A                                        B
2.1      Gee die name van elkeen van die tipe gewrigte in die sketse hierbo, genoem A
         en B.                                                                              (2)

2.2      Gee EEN anatomiese aksie vir A.                                                    (1)

2.3      Gee EEN anatomiese aksie vir B.                                                    (1)

2.4      Verwys na die skets van gewrig A en noem ŉ gedeelte van die liggaam waar
         hierdie gewrig gevind kan word.                                                    (1)

2.5      Verwys na die skets van gewrig B en noem ŉ gedeelte van die liggaam waar
         hierdie gewrig gevind kan word.                                                    (1)

2.6      Noem en verduidelik VIER funksies van die skelet (geraamte).                    (4)
                                                                                        [10]
                                                 OF

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013                        DANSSTUDIES                                         4

VRAAG 3

3.1     Bestudeer die foto hieronder en identifiseer die opvolgende anatomiese aksies
        wat in hierdie danser se verskillende gewrigte plaasvind. Noem EEN
        ANATOMIESE aksie vir elke beweging.

        3.1.1    Die kop                                                                      (1)

        3.1.2    Die heup – voorste regterbeen                                                (1)

        3.1.3    Die heup – agterste linkerbeen                                               (1)

        3.1.4    Die enkels – albei bene                                                      (1)

3.2     3.2.1    Gee die naam van die grootste spier in die liggaam.                          (1)

        3.2.2    Gee die naam van die langste spier in die liggaam.                           (1)

        3.2.3    Gee die name van TWEE spiere wat gebruik word vir kernstabiliteit.           (2)

        3.2.4    Gee die name van TWEE spiere wat gebruik word vir spierkrag om
                 bewegings oor ŉ tydperk saam te trek sowel as vir verplasing van gewig
                 soos in spronge, voortbewegings en draaie.                                (2)
                                                                                          [10]

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013                        DANSSTUDIES                                         5

VRAAG 4

4.1     Gee die naam van EEN van die beginsels van liggaamskondisionering wat ŉ
        danser se postuur sal verbeter.                                                       (1)

4.2     Hoe kan hierdie beginsels van liggaamskondisionering bereik word?                     (2)

4.3     Wat is die voordele van spierkrag vir ŉ danser?                                       (3)

4.4     Ontwerp ŉ plakkaat vir jou klaskamer wat ten minste VIER wenke gee oor hoe om
        veilig te strek.                                                                   (4)
                                                                                          [10]

VRAAG 5

5.1     Pas die korrekte voetprobleem in KOLOM B by die behandeling in KOLOM A.
        Skryf slegs die vraagnommer (5.1.1–5.1.5) in KOLOM A en die gepaste letter (A–
        E) van die antwoord uit KOLOM B op jou antwoordblad, byvoorbeeld 5.1.6 F.

                       KOLOM A                                  KOLOM B
        5.1.1    Week voete in warm water met         A    Gekraakte hakke
                 koeksoda

        5.1.2    Smeer salf teen-swam aan of          B    Gebarste vel
                 gebruik voetpoeier

        5.1.3    Gebruik poeier op jou voete om die C      Moeë voete
                 hoeveelheid vog te verminder

        5.1.4    Smeer room aan jou voete om          D    Sweterige voete
                 droë vel te voorkom

        5.1.5    Verbind die balle van jou voete      E    Atletiese voete
                 wanneer jy dans
                                                                                (5 x 1)       (5)

5.2     Wat is die oorsaak van krampe gedurende dansklasse?                                   (2)

5.3     Hoe kan ŉ besering soos skeenbeensplinters verhoed word?                           (3)
                                                                                          [10]

                                                               TOTAAL AFDELING A:             40

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013                          DANSSTUDIES                                         6

AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID

VRAAG 6

Hierdie jaar het jy ŉ kruis-kulturele/inheemse dans geleer. Voorsien die volgende
inligting.

6.1     Gee die naam van die dans en waar dit vandaan kom.                                      (1)

6.2     Wie sal hierdie dans uitvoer?                                                           (1)

6.3     Wat is die doel van hierdie dans?                                                       (1)

6.4     Beskryf die deelnemers se kleredrag.                                                    (2)

6.5     Bespreek die musikale begeleiding wat in hierdie dans gebruik word.                     (2)

6.6     Waar sal hierdie dans plaasvind, en watter tipe bewegings sal in die dans gebruik
        word?                                                                                   (3)

6.7     Bespreek sommige van die simboliek in Afrika-dans.                                   (2)
                                                                                            [12]
VRAAG 7

Hierdie jaar het jy ŉ voorgeskrewe internasionale danswerk en ŉ internasionale
choreograaf bestudeer. Beantwoord die volgende vrae.

INTERNASIONALE CHOREOGRAAF                     DANSWERKE
George Balanchine                              Appollo/Jewels
Alvin Ailey                                    Revelations
Martha Graham                                  Lamentation/Errand into the Maze
Christopher Bruce                              Ghost Dancers
Mathew Bourne                                  Swan Lake/Cinderella
Pina Bausch                                    Rites of spring
William Forsythe                               In the middle, somewhat elevated
Mats Ek                                        Giselle/Swan Lake/Carmen
Rudi van Dantzig                               Four Last Songs
Jiri Killian                                   Wings of wax

7.1      Gee die naam van die danswerk en die choreograaf.

7.2      Verskaf die storie/sinopsis van die danswerk.                                          (4)

7.3      Beskryf die kostuums wat deur die dansers gedra was.                                   (3)

7.4      Beskryf die dansstyl van die danswerk.                                                 (3)

7.5      As ŉ Suid-Afrikaanse dansstudent, waarom dink jy is dit belangrik om oor
         internasionale dansgeskiedenis te leer?                                             (2)
                                                                                            [12]

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013                         DANSSTUDIES                                      7

VRAAG 8

Kies EEN SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAAF EN DANSWERK uit die voorgeskrewe
lys hieronder en beantwoord die volgende vrae.

SUID-AFRIKAANSE         DANSWERKE
CHOREOGRAWE
Veronica Paeper         Orpheus in the Underworld/Carmen
Vincent Mantsoe         Gula Matari
Alfred Hinkel           Last Dance (Bolero)/Rain in a dead man’s footprints/Cargo
Sylvia Glasser          Tranceformations
Gary Gordon             Bessie’s Head
Mavis Becker            Flamenco de Africa
Hazel Acosta            Blood Wedding
Caroline Holden         Imagenes
Gregory Maqoma          Beauty Trilogy/Skeleton Dry

8.1      Gee die naam van die choreograaf en die naam van die danswerk.

8.2      Voorsien inligting oor wat hierdie choreograaf beïnvloed en geïnspireer het.       (3)

8.3      Beskryf sy/haar dansopleiding/choreografiese loopbaan.                             (3)

8.4      Gee ŉ beskrywing van die musikale begeleiding wat in hierdie dans gebruik
         word. Sluit in die komponis/kunstenaars/genre/instrumente, ens.                    (2)

8.5      Hoe het die musiek die danswerk verbeter?                                       (2)
                                                                                        [10]
VRAAG 9

Pas KOLOM A by KOLOM B. Skryf slegs die letter (A–D) van die instrument langs die
ooreenstemmende vraagnommer (9.1–9.4) op jou antwoordblad, byvoorbeeld 9.5 E.

               KOLOM A                                            KOLOM B
9.1      Chordofoon                          A      Afrika trom

9.2      Membranofoon                        B      Trompet

9.3      Idiofoon                            C      Viool

9.4      Aerofoon                            D      Mbira                                   [4]

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013                        DANSSTUDIES                                           8

VRAAG 10

Daar is verskillende hoofdansstyle. Beantwoord die volgende vrae oor jou hoofdansstyl.

10.1     Gee die naam van jou hoofdansstyl.                                                     (1)

10.2     Gee ŉ kort verduideliking oor die oorsprong en geskiedenis van jou hoofdansstyl.       (3)

10.3     Hoe sal jy jou hoofdansstyl herken?                                                    (3)

10.4     Noem sommige van die beginsels van jou hoofdansstyl.                                (3)
                                                                                            [10]
VRAAG 11

11.1     Wat is die doel van improvisasie?                                                      (2)

11.2     Gedurende jou improvisasie-lesse het jy “vertrouings-bewegings” gedoen. Gee
         redes waarom vertroue tussen dansers belangrik is.                                     (2)

11.3     Verduidelik EEN van die “vertrouings-bewegings” wat jy gedurende klas gedoen
         het en hoe dit jou laat voel het.                                                      (3)

11.4     Wat is rekwisiete? Gee EEN voorbeeld van hoe dit gebruik kan word.                     (2)

11.5     Noem die dinge wat jy sal oorweeg wanneer jy ŉ pamflet of ŉ plakkaat ontwerp
         om jou dansproduksie te adverteer.                                                  (3)
                                                                                            [12]

                                                                TOTAAL AFDELING B:           60
                                                                    GROOTTOTAAL:            100

## Related documents

- [DANCE STUDIES GR11 NOV2013 QP (Eng)](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-nov2013-qp-eng/1df684bf-cf23-4ae8-8676-1a802e77e828) — Dance Studies · QP · 2013 · Eng
- [DANCE STD GR11 NOV2013 MEMO (Eng)](https://www.hlayiso.com/library/dance-std-gr11-nov2013-memo-eng/4acd73cf-2cdd-4d1d-a585-f4b379c88766) — Dance Studies · Memo · 2013 · Eng
- [DANCE STUDIES GR11 NOV2013 MEMO (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-nov2013-memo-afr/e480781f-1a59-4a13-9ee2-ea21774c7b40) — Dance Studies · Memo · 2013 · Afr
- [DANCE STUDIES QP GR11 NOV 2015 AFR](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-qp-gr11-nov-2015-afr/fb4bb08d-9e08-4830-a135-f023bf152fe8) — Dance Studies · QP · 2015 · Afr
- [DANCE STUDIES QP GR11 NOV 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-qp-gr11-nov-2015-eng/fcdc238a-5977-417c-9da7-d25e31c29fe1) — Dance Studies · QP · 2015 · Eng
- [Dance Studies QP](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-qp/10c92737-88ef-4d1c-9333-ec32a85b8f59) — Dance Studies · QP · 2014

## More from Grade 11 Dance Studies

- [Gr 11 Dan Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-dan-stu-atp-2023-24/d7cf0d0b-5284-4b58-bc3c-3be7d351d71d) — ATP
- [DANCE STUDIES GR11 MEMO ENG NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-memo-eng-nov2018/1d5a74cb-e873-416b-9272-3f4c1092e79b) — Memo · 2018 · Eng
- [DANCE STUDIES GR11 MEMO AFR NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-memo-afr-nov2018-d/2ac56bdb-ee2f-4f38-9c31-a55b7ff56c88) — Memo · 2018 · Afr
- [DANCE STUDIES MEMO GR11 NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-memo-gr11-nov2017-afrikaans/08f5e6d5-ac14-4f44-950c-298b54b79ea2) — Memo · 2017 · Afr
- [DANCE STUDIES GR11 MEMO NOV2017 English](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-memo-nov2017-english/23cb9d91-c2d7-42fb-855f-df2e486d6f6c) — Memo · 2017 · Eng
- [Gr11 DNCE N16 MEMO Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-dnce-n16-memo-eng/048d14ec-3b69-4833-930f-05decfb3f3ff) — Memo · 2016 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
