# Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2015 Memo (Afr)

> Grade 11 Dance Studies memorandum from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dance-std-memo-afr-gr11-nov-2015/7e58bb21-7009-4ab6-84b8-308963c23805
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dance Studies
- Grade: Grade 11
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Dance Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/dance-studies) › [Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2015 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dance-std-memo-afr-gr11-nov-2015/7e58bb21-7009-4ab6-84b8-308963c23805)

## About this document

Dance Studies · Grade 11 · Eastern Cape November · 2015. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 11

                       NOVEMBER 2015

                        DANSSTUDIES
                        MEMORANDUM

PUNTE:   100

                 Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                     DANSSTUDIES                             (EC/NOVEMBER 2015)

 NOTA AAN NASIENERS/ONDERWYSERS

 Hou streng by hierdie memorandum wanneer nagesien word. In sommige
 kwalitatiewe vrae moet jy jou professionele en ingeligte oordeel uitoefen.

 Hierdie vraestel moet deur ervare dansonderwysers nagesien word
 aangesien dit spesialiskennis vereis.

    By sommige vrae het kandidate ŉ keuse. Indien kandidate beide vrae
     beantwoord het, sien slegs die antwoorde van die eerste vraag na.
    Kandidate kan ŉ wye verskeidenheid antwoorde gee, afhangende van wat hulle
     in die klas behandel het.
    Hoë, medium of lae kognitiewe vlakke wat in elke antwoord verwag word, word
     in die Fokustabel bo elke vraag ingesluit.
    MOENIE volpunte toeken vir opstel-/paragraaftipe vrae indien daar taal- en
     spelfoute voorkom nie en ook nie as die antwoord in die verkeerde formaat
     geskryf is nie.
    Nasieners moet NIE volpunte toeken vir ŉ antwoord wat oppervlakkig en
     ontoereikend is NIE.
    Wees op die uitkyk vir wat die kandidaat weet, en nie vir wat hy/sy nie weet nie.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                               DANSSTUDIES                                       3

 AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYKE EN GESONDHEIDSORG

 VRAAG 1

 MEMO:

 FOKUS VAN VRAAG                     ONDERWERP             VERMOËNSVLAKKE
 Postuur/opwarm/afkoel               1   2   3          LAAG MEDIUM HOOG
                                     √
 Herkenning – 1.1                                           3
 Analisering – 1.2                                                     2
 Analisering – 1.3                                                     3
 Evaluering – 1.4                                                                  2

 NOTA AAN NASIENERS:
 Baie moontlike antwoorde kan gegee word. Gebruik professionele oordeel wanneer
 die kwaliteit van die kandidate se antwoorde geassesseer word. Kolpunte word
 gebruik om merk te vergemaklik.

 MOONTLIKE ANTWOORDE:

 1.1 Ken 3 punte toe vir 3 feite wat beskryf hoe jy jou postuur moet hou in dans.

          ŉ Goed belynde liggaam waar al jou liggaamsdele in balans met mekaar is.
          Staan regop, verleng jou rugraat, rek uit jou nek, strek jou bene uit en plaas
           jou gewig oor albei jou voete.
          Jou gewig behoort op die bal van die klein toon, die bal van die groot toon,
           die middel van die voet en die hak te wees met jou bene oor jou voete en
           jou knieë oor die middelste toon.
          Jou skouers, heupe en knieë moet op dieselfde vlak wees.
          Daar moet ŉ denkbeeldige reguit lyn van die kop tot die tone wees.
          Hierdie lyn loop van die kroon van jou kop, verby die voorkant van jou ore,
           deur die middel van jou skouers en heupe, agter die kniekop en voor die
           enkel.
          Die kop balanseer op die toppunt van die ruggraat met die kroon van die
           kop oor die boog van jou voet.
          Jou bekken balanseer op die toppunt van die bene op so ŉ manier dat die
           abdominale spiere, lae rug spiere, rondom en binne die bekken spiere gelyk
           saamgetrek word – ook bekend as kernstabiliteit.                                       (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                    DANSSTUDIES                           (EC/NOVEMBER 2015)

 1.2 Ken 2 punte toe vir 2 verduidelikings van hoe om ŉ goeie postuur te verbeter
     en te handhaaf.

         Konsekwent goeie postuur te beoefen.
         Gebruik van die maagspiere tydens alle beweging.
         Trek die maagspiere na binne en opwaarts nader aan die ruggraat.
         Handhaaf ŉ kragbalans tussen die maagspiere voor en die lae rugspiere
          agter.
         Doen gereelde kondisioneringsoefeninge vir die abdominale en laer
          rugspiere.                                                                          (2)

 1.3 Ken 3 punte toe as die leerling 3 duidelike feite kan gee oor waarom dit
     belangrik is om die liggaam op te warm voor ŉ dans klas.

         Verhoog jou hartklop, asemhaling en liggaamstemperatuur.
         Berei jou liggaam voor vir strawwe oefening.
         Verhoog bloedvloei en suurstof na jou spiere
         Mobiliseer jou gewrigte – verhoog jou omvang van beweging.
         Maak jou spiere warm en buigsaam.
         Voorkom besering
         Help om te fokus – berei jou voor om helder denkend te wees en met goeie
          reaksie op te tree.                                                                 (3)

 1.4 Ken 2 punte toe as die leerling 2 duidelike feite kan gee oor wat gedurende die
     afkoel periode gedoen moet word.

         Hou aan beweeg, maar verminder geleidelik die spoed en grootte van die
          bewegings wat uitgevoer word bv. jy kan verkies om ŉ “Adage” (ŉ stadige
          beweging volgorde) of kalmerende vloeroefening uit te voer.
         Stadige bewegings moet gedoen word totdat die hartklop en asemhaling na
          normaal teruggekeer het.
         Volg dit met ŉ strekroetine.                                                    (2)
                                                                                         [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                            DANSSTUDIES                             5

                 DAAR IS ’N KEUSE TUSSEN VRAAG 2 EN VRAAG 3.

 VRAAG 2 (KEUSEVRAAG)

 MEMO:

 FOKUS VAN VRAAG                        ONDERWERP      VERMOËNSVLAKKE
                                       1   2   3    LAAG MEDIUM HOOG
 Anatomiese aksies/spiere
                                       √
 Analisering – 2.1                                          5
 Herkenning – 2.2                                     5

 ANTWOORDE:

 2.1    2.1.1        Fleksie                                                         (1)

        2.1.2        Ekstensie                                                       (1)

        2.1.3        Abduksie                                                        (1)

        2.1.4        Rotasie                                                         (1)

        2.1.5        Plantaarfleksie                                                 (1)

 2.2    2.2.1    Sternocleidomastoid                                                 (1)

        2.2.2    Trapezius                                                           (1)

        2.2.3    Pectoralis major                                                    (1)

        2.2.4    Gastrocnemius                                                       (1)

        2.2.5    Rectus abdominis                                                (1)
                                                                                [10]

                                            OF

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                       DANSSTUDIES                              (EC/NOVEMBER 2015)

 VRAAG 3 (KEUSEVRAAG)

 MEMO

 FOKUS VAN VRAAG                      ONDERWERP              VERMOËNSVLAKKE
                                      1    2  3           LAAG MEDIUM HOOG
 Ruggraat/anatomiese aksies
                                      √
 Herkenning – 3.1                                            4
 Toepassing – 3.2                                                         2
 Analisering – 3.3                                                        3
 Herinnering – 3.4                                           1

 ANTWOORDE:

 3.1    A       Servikaal                                                                           (1)
        B       Torakale                                                                            (1)
        C       Lumbaal                                                                             (1)
        D       Sakraal                                                                             (1)

 3.2    Ken 2 punte toe as die leerder 2 feite kan gee oor die funksies van die
        ruggraat.

            Dit dien as ŉ skokbreker as gevolg van al sy krom lyne.
            Dit help met beweging.
            Dit is ŉ beskermende dop vir die werwelkolom.
            Dit is ŉ punt vir die vashegging van spiere.
            Dit ondersteun die liggaam in ŉ regop (vertikale) posisie.
            Dit help met goeie postuur en balans.                                                  (2)

 3.3    Ken 3 punte toe vir 3 korrekte anatomiese aksies van die ruggraat.

            Soos jy vooroor buig om aan jou tone (fleksie) te raak
            Buig agteroor (ekstensie)
            Draai jou bolyf na die linker-of regterkant (aksiale rotasie), buig sywaarts
             (laterale fleksie)                                                                     (3)

 3.4    33                                                                                      (1)
                                                                                               [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                              DANSSTUDIES                                       7

 VRAAG 4

 MEMO:

 FOKUS VAN VRAAG                    ONDERWERP            VERMOËNSVLAKKE
 Korrekte vloer/knie-               1    2  3         LAAG MEDIUM HOOG
 belyning/verrekte spier            √
 Analisering – 4.1                                                  3
 Toepassing – 4.2                                                   3
 Evaluering – 4.3                                                                4

 NOTA AAN NASIENERS:

 Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se
 antwoorde geassesseer word.

 VOORBEELD VAN MOONTLIKE ANTWOORDE:

 4.1    Ken 3 punte toe vir 3 volledige verduidelikings van hoe die korrekte
        dansvloer die veiligheid van dansers sal verseker.

           ŉ Geveerde houtvloer (sprung-wood floor) is noodsaaklik, aangesien dit
            as skokbreker dien (soos die skokbrekers in ŉ motor!).
           Daarsonder kan jy beserings opdoen en probleme met jou voete, tibia
            (shin-splints) en werwelkolom optel.
           ŉ Nat vloer skep ŉ gly-gevaar.
           Te veel harpuis kan taai kolle veroorsaak, wat draaie moeilik maak en
            verdraaide knieë en enkels veroorsaak.
           Krake en gate in vloerpanele het onmiddellike aandag nodig, aangesien
            dit die vel van jou voete kan oopskeur.                                         (3)

 4.2    Ken 3 punte toe vir 3 volledige verduidelikings van wat belyning is en
        waarom die korrekte belyning van die knieë belangrik vir ŉ danser is.

           Belyning/Instelling verwys na die wyse waarop gewrigte met mekaar in
            lyn kom met een of ander beweging.
           Om gesonde gewrigte te handhaaf, moet jy verseker dat jy nie stres
            plaas op die ligamente deur die gewrig verder as die normale omvang en
            bewegingsrigting daarvan te beweeg nie.
           Die kniegewrig is ŉ skarniergewrig wat gebou is om op een vlak met baie
            min rotasie en geen ruimte vir laterale beweging te beweeg en te buig.
           Indien ŉ oormatige las op die knie geplaas word (soos die landing na jy
            gespring het), en daar is laterale of ŉ roterende beweging op die
            ligamente aan beide kante van die gewrig kan dit op daardie oomblik,
            skeur.
           Om te verhoed dat dit gebeur, maak seker dat jou knieë in lyn is met jou
            middelste toon wanneer jy dit buig.                                             (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                    DANSSTUDIES                            (EC/NOVEMBER 2015)

 4.3    Ken 4 punte toe vir 4 volledige besprekings van die onmiddelike
        behandeling as iemand ŉ spier gedurende klas verrek het.

           Die spier sal seer wees, maar sal nog steeds gewig kan dra.
           Die behandeling wat aanbeveel word vir hierdie besering is RICE.

         R.I.C.E staan vir: Rest – Ice – Compression – Elevation
          Rus Ys Druk Elevasie
         Rest (RUS) – help die liggaam met genesingsproses, aangesien
          energieverbruik dan op genesing fokus.
         Ice (YS) – moet so gou as moontlik op area geplaas word om swelling te
          verminder. Die koue verminder pyn, vermeerder sirkulasie en help met
          die herstelproses.
         Compression (Drukking) – word toegepas in die vorm van verbande en
          verbinding wat die akkumulasie van vloeistowwe in die beseerde area
          afweer. Soos met ys, moet daar kort tussenposes van verligting wees
          om kompressie te verlig.
         Elevation (Elevasie) – word gedoen om swelling te verminder.
          Kry mediese behandeling as die besering aanhou of vererger.                     (4)
                                                                                         [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                              DANSSTUDIES                                      9

 VRAAG 5

 MEMO:

 FOKUS VAN VRAAG               ONDERWERP VERMOËNSVLAKKE
 Beginsels van liggaams-       1   2  3   LAAG    MEDIUM                     HOOG
 kondisionering/krag            √
 Herinnering – 5.1                                   4
 Analisering – 5.2                                                 4
 Herkenning – 5.3                                    2

 ANSWERS:

 5.1    5.1.1        Onwaar                                                                (1)

        5.1.2        Onwaar                                                                (1)

        5.1.3        Onwaar                                                                (1)

        5.1.4        Onwaar                                                                (1)

 5.2    Ken 4 punte toe vir 4 deursigtige verduidelikings oor die voordele van spier
        krag vir ŉ danser.

           Dit verhoog fisiese prestasie en uithouvermoë/energie.
           Dit verminder die risiko van besering
           Dit verhoog die krag in jou gewrigte sodat jy jou been hoog kan lig.
           Dit verbeter jou balans en krag om die liggaam in enige posisie te hou.
           Dit stel jou in staat om hoër te spring.
           Dit verseker dat jou liggaam goed belyn is met die gewig oor die middel
            van jou voete en jou skouers oor heupe, heupe oor knieë en knieë oor
            die middelste tone.                                                            (4)

 5.3    Ken 1 punt toe vir die naam van een oefening om die spiere te versterk en 1
        punt vir die naam van die liggaamsdeel wat versterk word.

           Beenoefeninge/Developpé vir krag/Grand battements/borsels vir krag.
           Vloeroefeninge/Arabesques – Die hou van hierdie posisie sal die rug
            en abdominale spiere versterk, terwyl dit jou postuur sowel as die spiere
            van die bene stabiliseer.
           Spronge/Sautés – dit sal die krag in die bene ontwikkel om die liggaam
            van die vloer af te dryf, sowel as spiere bespoedig.
           Armoefeninge/Port de bras – die ontwikkeling van krag in die arms.             (2)
                                                                                          [10]

                                                             TOTAAL AFDELING A:            40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                    DANSSTUDIES                              (EC/NOVEMBER 2015)

 AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID

 VRAAG 6

 MEMO:

 FOKUS VAN VRAAG               ONDERWERP                VERMOËNSVLAKKE
                             1    2    3            LAAG MEDIUM    HOOG
 Dansvorme/kulturele                   √
 danse
 Herkenning – 6.1                                      2
 Vergelyking – 6.2                                                               6
 Analisering – 6.3                                                2

 MOONTLIKE ANTWOORDE:

 6.1    Ballet/Kontemporêre dans en Afrika danse.                                            (2)

 6.2    Ken 3 punte toe vir die herkenning van 3 feite oor elk een van die
        dansvorme in VRAAG 6.1. (3 x 2 = 6)

               KLASSIEKE BALLET                            AFRIKA DANS

           Hierdie dansvorm word geëien           Afrika-danse gebruik die
            aan die uitwaartse rotasie van          natuurlike kromminge/kurwes van
            die bene vanaf die heupgewrig,          die liggaam.
            gestrekte voete asook die vyf
            posisies van die voete, geronde
            armlyne en vasgestelde posisies
            van die arms.
           Die styl van ballet is om              Bewegings word na die grond toe
            swaartekrag uit te daag met             gedans en komplementeer
            grasie en baie streng tegniek.          swaartekrag eerder as om dit uit
                                                    te daag.
           Klassieks ballet bestaan uit           Basiese en komplekse ritmiese
            ‘barre’-werk, ‘centre’                  patrone word gebruik.
            (middelwerk), pirouette, ports de
            bras, adage en allegro
            bestaande uit klein en groot
            spronge, met of sonder batterie.
           Vroulike dansers doen punt-werk        Alledaagse bewegings word
            – geblokte toonskoene word              gebruik of bewegings wat die
            gedra en dansers dans op die            natuur (voëls, diere, insekte of
            punte van hulle tone.                   plante) naboots of dramatiseer, of
                                                    die elemente, soos vuur, water,
                                                    die aarde of die lug word as
                                                    stimulus vir beweging gebruik.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                             DANSSTUDIES                                     11

           Die dansers dra gewoonlik             Danse het gewoonlik ŉ tema
            oordadige kostuums –                   (vrugbaarheid/hofmakery/werk/hië
            tutu’s/fluweelbaadjies en rompe,       rargie, ens.) en doel (protes/
            ens.                                   sosialisering/feesviering/
                                                   bevraagtekening van sosiale
                                                   kwessies, ens.)
                                                  Afrikadanskostuums verskil baie
                                                   afhangende van die kultuur- en
                                                   ouderdomsgroep wat die dans
                                                   opvoer.
                                                  Dierevelle word algemeen gebruik
                                                   asook oordadige kralewerk, bruin
                                                   of helderkleurige materiaal,
                                                   enkelratels, vere, ens.

           Klassiek ballet het oorspronklik      Musikale begeleiding bestaan
            net klassieke musiekpartiture          gewoonlik uit tromme, sang,
            gebruik, maar deesdae word ŉ           handeklap en/of dreunsang.
            verskeidenheid musiek gebruik.        Die tromme, sang, handeklap en
                                                   ratels saam met die gestamp van
                                                   voete skep poliritmiese klanke.

           Vir die tradisionele ballet         Afrika-dans word gewoonlik deur
            opvoerings soos Swan Lake/           die gemeenskap opgevoer en het
            Sleeping Beauty, word oordadige      ŉ spesifieke doel/funksie.
            verhoogstelle gebruik.
           Balletwerke word gewoonlik deur
            professionele dansers in teaters
            opgevoer.                                                                    (6)

 6.3    Dromme en ander perkussie-instrumente word ook gebruik. Ook dreun-
        sing, stamp, sing en klap.                                                       (2)
                                                                                        [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                     DANSSTUDIES                         (EC/NOVEMBER 2015)

 VRAAG 7

 MEMO:

 FOKUS VAN VRAAG                ONDERWERP               VERMOËNSVLAKKE
 Internasionale                1     2    3          LAAG MEDIUM HOOG
 danswerk                                 √
 Herinnering – 7.2                                      4
 Analisering – 7.3                                                8
 Evaluering – 7.4                                                             3

 NOTA AAN NASIENERS:

 Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se
 antwoorde geassesseer word. Kandidate het dalk meer inligting in een afdeling as
 in ŉ ander gegee. Evalueer die hele antwoord om te assesseer wat die kandidaat
 weet en gee punte daarvolgens. Geen puntetoekenning vir die naam van die
 choreograaf nie. Kolpunte word gebruik om merk te vergemaklik.

 EEN MOONTLIKE ANTWOORD:

 7.1    Revelations deur Alvin Ailey

 7.2    Ken 4 punte toe vir 4 gedetailleerde beskrywings van die sinopsis/tema.

        Revelations is in drie dele verdeel:
           Pilgrim’s Sorrow – Hierdie afdeling wys die swaarkry, stryd en verset
            van die mense. Die bewegings is eenvoudig maar kragtig en wys
            tekens van geestelike behoeftes. Hierdie gedeelte word deur ŉ trio
            gedans. Die deel wys die kwaai uitdrukking en verset teen die
            onderdrukking van Swartes in 1930.
           Take Me To The Water – Dit begin met ŉ vrolike dans met ŉ aantal
            mense in ŉ optog vanaf die kerk na die meer. Die toneel
            verteenwoordig ŉ geestelike reiniging/doop. Daar is ŉ vrou met ŉ groot
            wit sambreel. ŉ Doek wat opstyg en daal verteenwoordig die getye van
            die rivier. Die manlike danser eindig onder ŉ kollig met die gevoel van
            swaar sametrekkings en spastiese bewegings wat angstige spyt vir sy
            sondes uitbeeld.
           Move Members Move – Dit is ŉ vinnige dramatiese trio waar die drie
            mans op die verhoog rondhardloop in ŉ poging om die las van hul
            sondes af te skud. ŉ Groep deftige aangetrekte dames arriveer by die
            kerk aan die einde van die dag om te skinder en te gesels. In die finalé
            is die hele geselskap op die verhoog en dans ŉ genotvolle, energieke en
            trillende dans.                                                              (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                                   DANSSTUDIES                                      13

 7.3     7.3.1       Ken 2 punte toe as die leerling 2 deeglike verduidelikende feite kan
                     gee oor die kostuums wat gebruik is.
                     Kostuums ontwerp deur Lawrence Maldonado.
                     Elke afdeling is anders:
                      Afdeling 1: neutrale kleure van rooi, oranje en geel rokke.
                      Afdeling 2: wit lang rokke, die manne in maasstof bostukke en
                        broeke.
                      Afdeling 3: Sondag “beste”, die manne in swart broeke, wit
                        hempde en goue middellyf kledingstukke, vroue in goud/geel
                        rokke, armbande en hoede.                                               (2)

         7.3.2       Ken 2 punte toe vir 2 verduidelikings oor die musiek wat in die
                     danswerk gebruik is.
                        Daar is ŉ verskeidenheid liedere wat tradisioneel
                         geestelik/Evangeliese musiek is.
                        Die musiek vertel die storie van hartseer, liefde, moeilikheid en
                         bevryding.
                        Die musiek bepaal die stemming van die danse.
                        Die Evangeliese musiek was in staat om die emosies uit te
                         bring wat Alvin Ailey wou uitbeeld om sy idees en temas te
                         kommunikeer.                                                           (2)

         7.3.3       Ken 2 punte toe as die leerling 2 van die stelle en rekwesiete wat
                     gebruik was, kan verduidelik.
                        Revelations gebruik baie minimale stelle op die verhoog om die
                         danse toe te laat hul emosies ongehinderd uit te druk en te
                         kommunikeer.
                        Die agterdoek van die aand wys die donkerte van die tye.
                        Die dooptoneel gebruik rekwesiete soos sambrele en 'n baie
                         lang stuk blou materiaal wat die rivier verteenwoordig waar die
                         doop plaasvind.
                        Die laaste gedeelte maak gebruik van stoele en waaiers wat
                         deur die vroue gebruik word om ŉ ontspanne atmosfeer na kerk
                         te skep, terwyl mense gesellig byeenkom.                               (2)

         7.3.4       Ken 2 punte toe as die leerling 2 feite kan verduidelik oor hoe die
                     beligting gebruik is.
                        Die beligting is ontwerp deur Nicola Cernovitch.
                        Die beligting help om die verskillende atmosfeer te skep vir die
                         dans.
                        In die openingstoneel is daar ŉ lig wat net op die groep dansers
                         skyn. Die res van die verhoog is swart. Dit skep ŉ gevoel van
                         eenheid van die dansers.                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                   DANSSTUDIES                            (EC/NOVEMBER 2015)

 7.4    Ken 3 punte toe vir 3 gedetailleerde feite oor die choreograaf se dansstyl
        wat in die danswerk gebruik is.
           Die Revelations dansstyl is ŉ kombinasie van moderne jazz en ballet.
           Die styl is vol van aanloklikheid, met pragtig opgeleide dansers.
           Die beweging is ook uiteenlopend en besig.
           Hy gebruik die saamtrek- en ontspantegniek.
           Die gebruik van swaartekrag is voor die hand liggend omdat die werk
            goed gegrond is en die dansers gebruik die vloer as hul instrument.
           Die dansstyl en beweging is geïnspireer deur die vreugdevolle
            benadering tot dans wat hy ontvang het in die Evangeliese kerke wat ŉ
            verbintenis met sy agtergrond het.
           Daar is ŉ sterk fokus op die arms en hande – gebare wat verwant hou
            met die tema van toewyding.                                                   (3)
                                                                                         [15]

 VRAAG 8

 MEMO:

 FOKUS VAN VRAAG                ONDERWERP      VERMOËNSVLAKKE
 Suid Afrikaanse                 1  2  3  LAAG    MEDIUM HOOG
 choreograaf/danswerk                  √
 Herinnering – 8.2                           1
 Analisering – 8.3                                   3
 Analisering – 8.4                                   4
 Herinnering – 8.5                           3
 Analisering – 8.6                                   2
 Evaluering – 8.7                                             2

 NOTA AAN NASIENERS:

 Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se
 antwoorde geassesseer word. Kandidate het dalk meer inligting in een afdeling as
 in ŉ ander gegee. Evalueer die hele antwoord om te assesseer wat die kandidaat
 weet en gee punte daarvolgens. Geen puntetoekenning vir die naam van die
 choreograaf en die danswerk nie. Kolpunte word gebruik om merk te vergemaklik.

 EEN MOONTLIKE ANTWOORD:

 8.1    Veronica Paeper

 8.2    Gebore in Port Shepstone, Kwazulu-Natal.                                           (1)

 8.3    Ken 3 punte toe as die leerling 3 feite kan gee oor hoe hy/sy ŉ danser
        geword het.
           Sy was gebore met platvoete en was deur die plaaslike dokter aangeraai
            om ballet te neem om haar voetbrûe te versterk.
           Op die ouderdom van vyf begin Paeper met balletlesse by Yvonne
            Adkins.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                              DANSSTUDIES                                     15

           In 1960 sluit sy by die Universiteit van Kaapstad se Balletskool aan en
            behaal ŉ ballet-onderwysersdiploma met lof.
           By die UK ontvang sy haar opleiding onder die voogdyskap van Dulcie
            Howes, David Poole, Pamela Chrimes en Frank Staff, met wie sy in 1966
            trou.
           Sy word ŉ professionele danser en choreograaf.
           Gedurende haar uitvoerende loopbaan word sy die hoofdanser van drie
            Suid-Afrikaanse dansgeselskappe: KRUIK, TRUK en SUKOVS. Hoewel
            sy baie rolle gedans het, is haar hoogtepunte die ‘Swan Koningin Pas de
            Deux uit Slapende Skone en die Swan Koningin in Swanemeer. (In ŉ
            persoonlike onderhoud lag sy lekker as sy vertel hoe John Simons haar
            in ŉ opvoering van Swanemeer laat val het.)                                     (3)
 8.4    Ken 4 punte toe vir 4 duidelike feite oor sy/haar loopbaan as ŉ choreograaf.
           In 1972 skep Paeper haar eerste choreografiese werk vir ŉ
            liefdadigheidsprogram met die titel TEACH.
           Johannes die Doper (John the Baptist) is ŉ dramatiese een-karakter-
            ballet met musiek deur Ernest Bloch gekomponeer.
           Dekor en kostuums word ontwerp deur Peter Cazalet, wat deur die jare
            Paeper se belangrikste artistieke medewerker bly.
           Hierdie ballet gaan oor wat deur die gedagtes van Johannes die Doper
            ná sy teregstelling gegaan het.
           In 1973 word Paeper gevra om ŉ ballet te choreografeer om die
            honderdste verjaarsdag van die Suid-Afrikaanse skrywer, C.J.
            Langenhoven, te herdenk.
           Herrie-hulle word vir die eerste keer in Langenhoven se geboortedorp
            Oudtshoorn opgevoer.
           Sy ontvang gunstige publisiteit vir hierdie werk.
           In 1974 word sy amptelik as die inwonende choreograaf vir KRUIK-ballet
            aangestel.                                                                      (4)
 8.5    Ken 3 punte toe vir 3 feite wat die storie/tema van die danswerk beskryf.
           Orpheus in die Onderwêreld is ŉ uiters komiese ballet gebaseer op die
            Griekse legende van Pluto, god van die Onderwêreld, wat verlief raak op
            Euridike, vrou van Orpheus, en haar dan na sy koninkryk lok.
           Paeper se storie doen weg met die tradisionele verhaal van Orpheus, en
            sy baseer haar ballet op Jacques Offenbach se operette.
           Die aksie vind plaas in die laat 1920’s, vroeë 1930’s binne ŉ Frans-
            Italiaanse agtergrond met Pluto as hoof van ŉ Mafia-tipe onderwêreld,
            Kalliope, Orpheus se ietwat neurotiese en later dranksugtige moeder en
            Offenbach self wat ŉ ogie hou oor die verrigtinge.                              (3)

           Toneel 1: Hotel le Grand
            Orpheus en Euridike se huwelik is nie gelukkig nie, en toe Pluto Euridike
            verlei en ontvoer, is beide sy en Orpheus verheug. Toe Kalliope,
            Orpheus se moeder, egter opdaag en uitvind wat gebeur het, is sy baie
            geskok en dring daarop aan dat Orpheus, in die belang van die
            mitologie, Olimpus toe gaan om hulp te kry sodat hy Euridike uit die
            Onderwêreld kan terugkry. Natuurlik dring sy moeder daarop aan om
            hom te vergesel.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                    DANSSTUDIES                               (EC/NOVEMBER 2015)

           Toneel 2: Olimpus
            Op Olimpus is die lewe taamlik vervelig, en toe Pluto vertel van Euridike,
            sy nuutste verowering, bied dit welkome hoewel ietwat verontrustende
            afleiding. Orpheus en Kalliope daag op en Jupiter stem toe tot haar
            versoek om hulp, waarop al die gode en godinne besluit om hulle na
            Hades, die Onderwêreld, te vergesel.

            Toneel 3: Hades
            Euridike is teen dié tyd die ster van die Onderwêreld se nagklub. Net toe
            die pret goed op dreef is, bederf Kalliope dit deur Jupiter te herinner aan
            die doel waarvoor hulle gekom het. Hy beveel Orpheus om te gaan, met
            Euridike saam met hom. Maar Offenbach gryp in en alles ontaard in
            chaos (Offenbach is een van die karakters in die ballet).                          (3)
 8.6    Ken 2 punte toe vir 2 feite oor wat die choreograaf gebruik het as inspirasie
        vir sy/haar werk.

           Paeper gebruik dikwels die persoonlikhede van haar dansers as
            inspirasie vir haar choreografie: Phyllis Spira, Prima Ballerina vir KRUIK,
            het ŉ merkwaardige sin vir die komiese gehad, en Paeper skep komiese
            rolle vir haar.
           Paeper was altyd oop vir voorstelle en ander mense se bewegings.
           Sy het die choreografie oopgestel vir net soveel insette van die dansers
            en het hulle aangemoedig om hul eie persoonlike interpretasie van die
            rolle te gebruik.
           Haar werke is meestal verhalend en haar oogmerk is “om nooit ‘n gehoor
            te verveel nie”.                                                                   (2)

 8.7    Ken 2 punte toe vir 2 feite oor die choreograaf se bydrae tot dans.

           Paeper het beslis ŉ bydrae gelewer tot die wêreld van Suid-Afrikaanse
            choreograwe.
           Sy het ŉ enorme repertoire van werke ontwikkel wat geselskappe
            vandag nog kan gebruik.
           Paeper word beskou as een van die voorlopers van Moderne Klassieke
            Ballet in Suid-Afrika.
           Haar ballet Drie Diere word as heeltemal uniek beskou in die sin dat dit ŉ
            samewerkingsinspuiting was vir al die kunsvorms – die vermenging van
            poësie, musiek en dans.
           Sy het ŉ kwartet van sonnette gebruik wat N.P. van Wyk Louw in 1942
            geskryf het.
           In hierdie sonnette skryf hy oor die vernietigende kwaliteite van die
            mens.
           Klatzow was diep geraak deur hierdie gedig, en hy komponeer ‘n
            partituur wat die tema van Verwoesting weerspieël.
           Uit hierdie sonnette skep Paeper ŉ kragtige Dansdrama wat tot vandag
            toe nog as ŉ mylpaal in Suid-Afrikaanse ballet beskou word.                        (2)
                                                                                              [15]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                               DANSSTUDIES                                     17

 VRAAG 9

 MEMO:

 FOKUS VAN VRAAG                     ONDERWERP            VERMOËNSVLAKKE
 Musiekelemente/                     1  2    3          LAAG MEDIUM HOOG
 instrumente/kategorieë                 √
 Herkenning – 9.1                                          1
 Herkenning – Benaming
                                                           2          2
 Analisering – 9.2 voorbeelde
 Analisering – 9.3, 9.4, 9.5                                          3

 ANTWOORDE:

 9.1    Tempo                                                                                (1)

 9.2    Ken 2 punte toe vir die name van 2 musiek genres en 2 punte vir 2
        voorbeelde of komponiste vir elke genre.
        Enige TWEE moontlike antwoorde:

           Klassieke musiek: Musiek wat saamgestel en geproduseer is in die
            Westerse-en Europese tradisie wat opera, kamermusiek en simfonie
            insluit. Komponiste is Bach, Beethoven, Offenbach.
           Godsdienstige musiek: Ook bekend as gewyde musiek of musiek wat
            saamgestel is om enige godsdiens te komplimenteer.
            Soos Evangeliese musiek, geestelike musiek, Rastafariër musiek.
           Elektroniese Musiek: Musiek wat voortgebring of elektronies
            gereproduseer word en wat gebruik maak van elektroniese musiek
            instrumente, soos elektriese kitaar, sinteseerders en rekenaars. Pop-
            musiek komposisies gebruik elektroniese musiek.
           Populêre musiek: Dit is bekende musiek wat normaalweg geskep,
            uitgevoer en geniet word deur mense van alle sosiale agtergronde bv.
            Jazz, hip-hop, Blues.
            Tradisionele musiek en volkmusiek: Dit is musiek wat aan spesifieke
            kultuurgroepe behoort. Dit word erken deur sy musiekstyl of geur geskep
            deur tipiese instrumentasie, (bv. tradisionele penniefluitjies, tamboeryne,
            ens), melodieë en ritmes en taal in die geval van liedere, bv. Shosholoza.       (4)

 9.3    Chordofoon/snaarinstrument                                                           (1)

 9.4    Koperblaas-instrument.                                                               (1)

 9.5    Trom/simbale                                                                         (1)
                                                                                             [8]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
 18                                     DANSSTUDIES                             (EC/NOVEMBER 2015)

VRAAG 10
MEMO:

FOKUS VAN VRAAG                    ONDERWERP               VERMOËNSVLAKKE
Improvisering/beroepe/             1    2   3           LAAG   MEDIUM HOOG
plakkaat/choreografiese-                √
elemente
Toepassing – 10.1                                                       3
Herinnering – 10.2                                          3
Herinnering – 10.3                                          3
Analisering – 10.4                                                      3

MOONTLIKE ANTWOORDE:
10.1   Ken 3 punte toe vir 3 relevante redes waarom vertroue in dans belangrik is.
       Kolpunte word gebruik om merk te vergemaklik.
          Vertroue in dans is om ruimte met ander dansers te deel.
          Dit vereis dat julle aan mekaar raak, byvoorbeeld as dansers mekaar oplig
           en wanneer jy met ŉ maat werk.
          Dit is belangrik om die liggame van jou kollegas en ook jou eie met respek te
           behandel.
          Jou maat moet jou ten alle tye veilig laat voel en jy moet jou maat op sy beurt
           ook veilig laat voel.
          Vertroue in mekaar help om sosiale verhoudings te bevorder.
          Dit help ook om kreatiwiteit te bevorder en dra daartoe by dat jy minder
           selfbewus of bedreig voel.
          Dit help jou om sensitief te wees op die manier wat jy tussen ander dansers
           beweeg.
          Vertroue in dans help jou om gemaklik met ander dansers saam te werk.               (3)

10.2   Ken 1 punt toe vir die naam van ŉ loopbaan en 2 punte vir die bekwaamhede
       wat hierdie loopbaan vereis om dit suksevol te kan doen. Kolpunte word gebruik
       om merk te vergemaklik.
       Sommige moontlike voorbeelde:
        Dansonderwyser – Onderrigdiploma, geduld, liefde en kinders.
        Choreologis – Kwalifikasies in Benesh-notasie, kennis van dansterme en
         passies.
        Stelontwerper – Kunstig en kennis van verhoogontwerp, kennis van die
         danswerk wat aangebied word.
        Pilates-instrukteur – Algemene kennis in anatomie, mense vaardighede,
         liefde vir oefening.
        Kostuumontwerper – Kunstig, naaldewerk vermoëns, kennis van tekstuur,
         materiaal wat spesifieke geskik is vir die bewegende liggaam.
        Fisioterapeut – Graad in fisioterapie, mensevaardighede, sakevaardighede.
        Dieetkundige – Diploma in voeding, mensevaardighede, sakevaardighede.
        Danshistorikus – Uitstekende skryfvaardighede, uitgebreide kennis van dans
         en sy oorsprong; ŉ ondersoekende gees.
        Dansterapeut – Kennis van anatomie, ŉ liefde vir kinders en mense en ŉ
         omgee-persoonlikheid.                                                                 (3)

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                                DANSSTUDIES                                      19

 10.3   Dit moet hê:
         Boeiende titel
         Byeenkomsplek
         Datums en tye van vertonings
         Koste/waar om kaartjies te koop
         Uitleg                                                                               (3)

        10.4.1       Dansstappies wat van plek tot plek beweeg.                                (1)

        10.4.2       ŉ Beeld wat deur ŉ danser of dansers gemaak word wat eenders
                     lyk aan albei kante van die liggaam.                                      (1)

        10.4.3       Hoe vinnig of stadig (tempo), lank of kort (duur) die beweging is.        (1)
                                                                                              [12]

                                                               TOTAAL AFDELING B:               60
                                                                   GROOTTOTAAL:                100

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

## Related documents

- [DANCE STD MEMO ENG GR11 NOV 2015](https://www.hlayiso.com/library/dance-std-memo-eng-gr11-nov-2015/43967878-32f9-44e7-a93b-1310a9e2823c) — Dance Studies · Memo · 2015 · Eng
- [DANCE STUDIES QP GR11 NOV 2015 AFR](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-qp-gr11-nov-2015-afr/fb4bb08d-9e08-4830-a135-f023bf152fe8) — Dance Studies · QP · 2015 · Afr
- [DANCE STUDIES QP GR11 NOV 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-qp-gr11-nov-2015-eng/fcdc238a-5977-417c-9da7-d25e31c29fe1) — Dance Studies · QP · 2015 · Eng
- [Dance Studies Memo](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-memo/53142bc7-30cb-4f36-96ea-375d0f3b83a5) — Dance Studies · Memo · 2014
- [DANCE STD GR11 NOV2013 MEMO (Eng)](https://www.hlayiso.com/library/dance-std-gr11-nov2013-memo-eng/4acd73cf-2cdd-4d1d-a585-f4b379c88766) — Dance Studies · Memo · 2013 · Eng
- [DANCE STUDIES GR11 NOV2013 MEMO (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-nov2013-memo-afr/e480781f-1a59-4a13-9ee2-ea21774c7b40) — Dance Studies · Memo · 2013 · Afr

## More from Grade 11 Dance Studies

- [Gr 11 Dan Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-dan-stu-atp-2023-24/d7cf0d0b-5284-4b58-bc3c-3be7d351d71d) — ATP
- [DANCE STUDIES GR11 QP ENG NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-qp-eng-nov2018-d/e22c5184-7fda-4415-8be3-29526f0e4e50) — QP · 2018 · Eng
- [DANCE STUDIES GR11 QP AFR NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-qp-afr-nov2018-d/8146becc-d926-4a4d-9181-a511e0ec5e28) — QP · 2018 · Afr
- [DANCE STUDIES GR11 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-qp-nov2017-afrikaans/22c34254-0ff5-40a1-976c-84b454462346) — QP · 2017 · Afr
- [DANCE STUDIES GR11 QP NOV2017 English](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-qp-nov2017-english/a0e9cc72-0a0c-4242-a8fa-cbb0352c2d3a) — QP · 2017 · Eng
- [Gr11 DNCE N16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-dnce-n16-qp-eng/f77045ee-305e-48c4-87c1-9aa0ab88d145) — QP · 2016 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
