# Dance Studies Grade 12 NSC Supplementary 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Dance Studies question paper from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-feb-march-2017-afr/50bd3047-5026-4b23-a90e-b63f9eb9980c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dance Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dance Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dance-studies) › [Dance Studies Grade 12 NSC Supplementary 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-feb-march-2017-afr/50bd3047-5026-4b23-a90e-b63f9eb9980c)

## About this document

Dance Studies · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                                  DANSSTUDIES

                            FEBRUARIE/MAART 2017

PUNTE: 100

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                  2                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings met TIEN vrae in totaal.
        Beantwoord slegs AGT vrae soos volg:

        AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG (40 punte)
                    • Beantwoord VIER van die vyf vrae in hierdie afdeling.
                    • Jy het 'n keuse tussen VRAAG 3 en VRAAG 4. Indien jy
                       albei vrae beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord
                       nagesien word.

        AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID (60 punte)
                    • Beantwoord VIER van die vyf vrae in hierdie afdeling.
                    • Jy het 'n keuse tussen VRAAG 9 en VRAAG 10. Indien jy
                      albei vrae beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord
                      nagesien word.

2.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

3.      Lees elke vraag aandagtig deur en let op na wat vereis word.

4.      LET WEL:      Indien jy gevra word om te verduidelik/breedvoerig te skryf/
                      te beskryf/te ontleed/te evalueer/te vergelyk, skryf jou antwoord in
                      volsinne en gee soveel inligting as moontlik. Eenwoord-
                      antwoorde sal NIE aanvaar word NIE.

5.      Jy kan rofwerkbeplanning in die ANTWOORDEBOEK doen. Trek 'n streep deur
        enige werk wat NIE nagesien moet word NIE.

6.      Jy sal geassesseer word op jou vermoë om:
        • Goeie Afrikaans te gebruik (skryf slegs in een taal)
        • Inligting te organiseer en duidelik oor te dra
        • Die spesifieke formaat te gebruik wat in sekere vrae vereis word
        • Spesialis-dansterminologie te gebruik, waar nodig

7.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                 3                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                           NSS

AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG

VRAAG 1: VOEDING EN GEESTESGESONDHEID

1.1        Gee 'n duidelike uiteensetting van wat met 'n gebalanseerde dieet bedoel
           word en hoe goeie voeding tot 'n danser se optrede/dans kan bydra.                (5)

1.2        Stres en spanning kan verhinder dat 'n danser sy/haar maksimum potensiaal
           in die klas bereik. Beskryf TWEE simptome van stres en spanning en hoe dit
           'n danser kan beïnvloed.                                                          (2)

1.3        Beskryf duidelik DRIE ontspanningstegnieke wat jy kan gebruik om stres en
           spanning te verminder.                                                            (3)
                                                                                             [10]

VRAAG 2: FIKSHEIDSKOMPONENTE

Daar is VYF komponente van fiksheid wat 'n danser nodig het om optimaal op te tree/
te dans. Moet NIE voeding of lewenstylkeuses by die antwoord insluit NIE.

Verskaf die volgende inligting:

•     Die naam en 'n definisie van elke komponent                                            (5)
•     'n Verduideliking van hoe elke komponent tot 'n danser se optrede/dansvernuf
      bydra                                                                                  (10)
                                                                                             [15]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                   4                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

LET WEL:      Jy het 'n keuse tussen VRAAG 3 en VRAAG 4.
              Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.

VRAAG 3: SPIERE EN AKSIES

Jy moet 'n les oor 'n paar van die hoofbeenspiere wat in dans gebruik word, aan
'n graad 10-dansklas gee. Berei die volgende inligting voor:

3.1      Noem VIER belangrike spiere/spiergroepe en beskryf aan die klas waar
         hierdie spiere/spiergroepe geleë is.                                                     (4)

3.2      Kies enige TWEE spiere/spiergroepe en skryf die volgende neer:

         •    EEN anatomiese aksie vir elke spier/spiergroep                                      (2)
         •    'n Voorbeeld van EEN dansbeweging wat met gebruik van die anatomiese
              aksie hierbo uitgevoer kan word                                                     (2)
                                                                                                  [8]

                                                OF

VRAAG 4: BESERINGS EN BEHANDELING

4.1       Wat is die verskil tussen 'n verstuiting/verswikking en 'n verrekking?                  (2)

4.2      Noem VIER van die hoofoorsake van 'n kniebesering in die dansklas.                       (4)

4.3      Verduidelik TWEE maniere om jou knieë in die dansklas te beskerm om
         moontlike kniebeserings te voorkom.                                                      (2)
                                                                                                  [8]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                       5                             DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                 NSS

VRAAG 5: POSTUUR/VEILIGE STREKWERK
                                      A                      B

                                            [Bron: www.dancemagazine.com]

5.1      Bestudeer die foto's hierbo. Dui aan of die posture in A en B KORREK
         of VERKEERD is. Staaf jou antwoord en noem in ELKE geval wat die
         verband met veilige danspraktyk is.                                                           (3)

5.2      Baie dansonderwysers, bekommerde ouers en gesondheidskundiges sukkel
         met wat hulle in die danswêreld, veral aanlyn, sien gebeur.

                                 [Bron: www.theballetblog.com]              [Bron: www.danceproject.ca]

          Is oorstrekking/te veel strek sleg vir jou?

         Verwys na die stelling en die prentjies hierbo en gee jou mening en voorstelle
         oor veilige strekwerk.                                                                        (4)
                                                                                                       [7]

                                                                     TOTAAL AFDELING A:                40

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                    6                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID

VRAAG 6: GEMEENSKAPSDANSPROJEK EN LOOPBANE

Die plaaslike regering het jou versoek om die opvoerings/optredes by 'n DANS-EN-
KUNSTEFEES, wat hulle befonds, in 'n arm gemeenskap te organiseer.

Berei inligting vir die plaaslike regering voor wat die volgende insluit:

•     Ten minste VIER aspekte oor die doel van die dans-en-kunstefees en die
      impak/invloed wat dit op die gemeenskap kan hê                                               (4)
•     Beskryf, in besonderhede, DRIE geriewe/fasiliteite en/of bronne wat vir die
      opvoerings/optredes benodig sal word                                                         (3)
•     Noem DRIE werksgeleenthede/-poste in kunsproduksie wat vir die dans-en-
      kunstefees geskep sal word en verduidelik die funksie van elkeen van hierdie
      werksgeleenthede/poste                                                                       (3)
                                                                                                   [10]

VRAAG 7: FUNKSIES VAN DANS IN DIE SAMELEWING EN DANSVORME

7.1        Hoe kan dans tot ontwikkeling in die kategorieë hieronder bydra?

           Kies slegs DRIE kategorieë en gee 'n insiggewende beskrywing van ELKE
           gebied:

           7.1.1      Onderwys                                                                     (2)

           7.1.2      Sosiale/Persoonlike transformasie                                            (2)

           7.1.3      Kommunikasie                                                                 (2)

           7.1.4      Godsdiens                                                                    (2)

           7.1.5      Protes/Verset                                                                (2)

7.2        Vergelyk en verduidelik VIER ooreenkomste en VIER verskille tussen die
           bewegingsbeginsels van Afrika-dans en die bewegingsbeginsels van ENIGE
           ANDER dansvorm wat jy bestudeer het.

           Jou antwoord moet SLEGS fokus op die bewegingsbeginsels van die
           dansvorme wat jy in jou antwoord bespreek, Afrika-dans en nog 'n dansvorm.
           Noem die ander dansvorm in jou antwoord.                                                (8)
                                                                                                   [14]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                 7                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                           NSS

VRAAG 8: MUSIEK VAN 'N VOORGESKREWE WERK

  INTERNASIONALE CHOREOGRAWE                                  DANSWERKE
               Alvin Ailey                                     Revelations
           Christopher Bruce                                  Ghost Dances
          George Balanchine                   Apollo/Jewels (Emeralds, Rubies, Diamonds)
               Jiri Kylian                          Wings of Wax/Stamping Ground
            Martha Graham                          Lamentation/Errand into the Maze
           Matthew Bourne                                 Swan Lake/Cinderella
                Mats Ek                                Giselle/Swan Lake/Carmen
             Pina Bausch                                   The Rite of Spring
           Rudi van Dantzig                                  Four Last Songs
           William Forsythe                        In the Middle, Somewhat Elevated
  SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE                                 DANSWERKE
             Alfred Hinkel                    Cargo/I am Cinnamon/Rain in a Dead Man's
                                                      Footprints/Bolero/Last Dance
               Carolyn Holden                           Blood Wedding/Imagenes
                Dada Masilo                           Swan Lake/Romeo and Juliet
                Gary Gordon                                   Bessie's Head
              Gregory Maqoma                           Four Seasons/Skeleton Dry
                Mavis Becker                               Flamenco de Africa
               Sylvia Glasser                               Tranceformations
              Veronica Paeper                      Orpheus in the Underworld/Carmen
              Vincent Mantsoe                                  Gula Matari

Beskryf die musiek van EEN van die voorgeskrewe danswerke wat jy hierdie jaar
bestudeer het (hierbo genoem). Sluit die volgende in:

8.1      Gee die name van die danswerk en die choreograaf wat jy gekies het.

8.2      Gee die name van die komponis, groep of musikante.                                    (1)

8.3      Wat is die genre of styl van die musiek?                                              (1)

8.4      Ontleed hoe die musiek/begeleiding         hierdie   danswerk   versterk. Gee
         spesifieke voorbeelde uit die danswerk.                                               (4)
                                                                                               [6]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                  8                        DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

LET WEL:      Jy het 'n keuse tussen VRAAG 9 en VRAAG 10.
              Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.

VRAAG 9 : CHOREOGRAAF EN DANSWERK

Kies EEN van die danswerke en choreograwe uit die lys op bladsy 7 en berei 'n
onderhoud vir 'n televisie-geselsprogram voor. Jy moet relevante, interessante vrae
opstel en feitelike antwoorde oor die choreograaf en die danswerk verskaf.

Gee die name van die choreograaf en die danswerk wat jy gekies het.

Jou onderhoud moet die volgende insluit:

•   'n Inleiding en 'n slot/gevolgtrekking
•   Invloede, assosiasies/samewerking en medewerking
•   Bewegingswoordeskat en choreografiese styl gebruik
•   Simboliek
•   Bydrae tot die dansprofessie                                                           [30]

                                            OF

VRAAG 10: SUID-AFRIKAANSE DANSWERK EN CHOREOGRAAF

Berei 'n aanbieding vir dansleerders oor die choreograaf, Alfred Hinkel, en die
danswerk, Bolero/Last Dance, voor.

Jou aanbieding moet die volgende insluit:

•   'n Inleiding en 'n slot/gevolgtrekking
•   Invloede, assosiasies/samewerking en medewerking
•   Bewegingswoordeskat en choreografiese styl gebruik en hoe dit innoverend was
•   Simboliek, jou opinie/interpretasie
•   Bydrae tot dans in Suid-Afrika                                                         [30]

                                                            TOTAAL AFDELING B:             60
                                                                GROOTTOTAAL:               100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Dance Studies Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-feb-march-2017-eng/a1ceb5fa-1edd-4030-bb67-09b7fdba70d6) — Dance Studies · QP · 2017 · Eng
- [Dance Studies Feb March 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-feb-march-2017-memo-afr/a03a4c2d-a830-47d3-8e28-2293d601d4cc) — Dance Studies · Memo · 2017 · Afr
- [Dance Studies Feb March 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-feb-march-2017-memo-eng/e12c1efa-dc13-40c7-a8cf-76b94672c835) — Dance Studies · Memo · 2017 · Eng
- [DANCE STUDIES GR12 QP SEPT 2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr12-qp-sept-2017-afrikaans/6e8ec17e-1b35-4332-9dc0-8782b105f04e) — Dance Studies · QP · 2017 · Afr
- [DANCE STUDIES GR12 QP SEPT2017 English](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr12-qp-sept2017-english/b250c943-45d2-4116-9e5d-6712aa64c1d9) — Dance Studies · QP · 2017 · Eng
- [Dance Studies Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2017-eng/15c170d8-36d4-4c07-bbf2-e14f16b2064a) — Dance Studies · QP · 2017 · Eng

## More from Grade 12 Dance Studies

- [Gr 12 Dan Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dan-stu-atp-2023-24/34f45b16-cd25-4879-9db2-5005d316d38b) — ATP
- [Dance Studies May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-may-june-2025-mg-eng/96538d66-a66a-48a4-930d-62c129d1d9f0) — Memo · 2025 · Eng
- [Dance Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/7d49cd96-a950-4b35-aeed-714d223b568a) — Memo · 2025 · Afr
- [Dance Studies Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/6b5a22ef-70fa-43b6-a545-06b7b69ddda2) — Memo · 2025 · Eng
- [Dance Studies May-June 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/58c0edb4-e720-4bdd-8619-b5f6c751d9b8) — Memo · 2024 · Afr
- [Dance Studies May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2024-nsc-june-exam-memorandum-english/a34028a3-b812-45fd-aaf0-6f61f26f53d2) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
