# Dance Studies Grade 12 NSC Supplementary 2017 Memo (Afr)

> Grade 12 Dance Studies memorandum from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-feb-march-2017-memo-afr/a03a4c2d-a830-47d3-8e28-2293d601d4cc
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dance Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dance Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dance-studies) › [Dance Studies Grade 12 NSC Supplementary 2017 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-feb-march-2017-memo-afr/a03a4c2d-a830-47d3-8e28-2293d601d4cc)

## About this document

Dance Studies · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                   DANSSTUDIES

                             FEBRUARIE/MAART 2017

                                  MEMORANDUM

PUNTE: 100

                      Hierdie memorandum bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                  2                             DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                     NSS – Memorandum

NOTA VIR NASIENERS:

Hou streng by hierdie memorandum wanneer nagesien word. Die standaardiserings-
proses tydens memorandumbesprekings verseker dat die memorandum die meeste
moontlike antwoorde deur kandidate dek. Elke nasiener moet dit verstaan en op
konsekwente wyse toepas. In sommige kwalitatiewe vrae moet jy jou professionele en
ingeligte oordeel uitoefen.

Skryf kort kommentaar, gee redes waarom 'n punt opgestoot of afgebring is as die
memorandum nie 'n duidelike riglyn gee nie en jy jou eie oordeel moet gebruik.

Hierdie vraestel moet deur ervare dansonderwysers/-beamptes/-adviseurs
nagesien word aangesien dit spesialiskennis vereis.

•   By sommige vrae het kandidate 'n keuse. Indien kandidate albei vrae beantwoord
    het, sien slegs die antwoorde op die eerste vraag na.

•   Kandidate kan 'n wye verskeidenheid antwoorde gee, afhangend van wat hulle in
    die klas behandel het.

•   Die rubrieke lei die nasienwerk volgens kognitiewe vlakke en moeilikheidsvlakke.

•   Nasieners moet NIE volpunte vir 'n antwoord wat oppervlakkig en ontoereikend is,
    toeken NIE.

•   Lees en evalueer die hele antwoord voordat regmerkies gemaak word en punte
    toegeken word. Een regmerkie is een punt.

•   Wees op die uitkyk vir wat die kandidaat weet, en nie vir wat hy/sy nie weet nie.

•   Sleutelwoorde is in vetdruk om nasienwerk te lei.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                3                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                   NSS – Memorandum

AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG
VRAAG 1: VOEDING EN GEESTESGESONDHEID
NOTA VIR NASIENER:
Baie moontlike antwoorde kan deur die kandidate verskaf word.
Indien die kandidaat slegs eenwoord-antwoorde gee, ken slegs halwe punte toe.

KOGNITIEWE VLAKKE:
1.1 = 5 punte MEDIUM-vlak
1.2 = 2 punte LAE vlak
1.3 = 3 punte LAE vlak
MOONTLIKE ANTWOORDE:
1.1  Kandidate kan op baie verskillende maniere antwoord, beide ŉ
     gebalanseerde dieet en die voordele kan ingesluit wees.
         'n Verduideliking van 'n gebalanseerde dieet, bv.
         'n Gebalanseerde dieet sluit al die hoofvoedselgroepe in om te verseker dat
         die liggaam op sy beste kan werk, byvoorbeeld:
         Komplekse koolhidrate:
         • Dit produseer die meeste energie en moet die grootste deel van die dieet
            uitmaak, want dit sal jou deur baie ure van repetisies en optredes
            krag gee.
         • Dit word stadiger verteer wat 'n stadige en stabiele bron van energie is.
         Proteïene:
         • Bou en onderhou jou liggaamsweefsels.
         • Dit is belangrik vir spierherstel en groei.
         Suiwelprodukte:
         • Dit is belangrik om kalsium in die been op te bou. Onvoldoende kalsium
            veroorsaak bros bene wat maklik kan breek of versplinter.
         Vrugte en groente:
         • Wanneer groente en vrugte geëet word, word die vitamiene en minerale
            aan die liggaam verskaf wat nodig is vir algehele welstand.
         • Vitamienaanvullings moet gebruik word as die liggaam te min ontvang uit
           die kos wat geëet word, sodat die danser nie gereeld siek word en dikwels
           van die werk of klasse afwesig is nie.
           Vette:
         • 'n Klein hoeveelheid is nodig sodat organe, soos die hart en brein,
           optimaal kan funksioneer.
         • Enige ander geskikte antwoorde, soos vloeistowwe.
         Voordele van goeie voeding vir 'n danser se optrede/danswerk sluit in:
         • Verhoogde energievlakke
         • Verhoogde verstandelike wakkerheid
         • Verhoogde fiksheidvlakke
         • Handhaaf ideale gewig
         • Herstel gouer van siekte/beserings
         • Vermoë om hoër stresvlakke te hanteer – emosionele welstand
         • Verhoogde krag – spiermassa
         • Positiewe houding teenoor oefening/opleiding en optrede/dans                     (5)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                 4                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                    NSS – Memorandum

1.2      Kandidaat kan enige TWEE simptome van stres en spanning gee:
         • Dansers sal moeg wees wat hulle oordeel tydens klasse/repetisies en
           optredes sal aantas.
         • Eetversteurings as gevolg van 'n swak dieet kan 'n danser se toekomstige
           loopbaan ernstig benadeel.
         • Fisies – spierspanning/styfheid, krampe, pyn, gereelde verkoues, vinnige
           hartklop.
         • Verstandelik/Geestelik – buierigheid, geïrriteerdheid, ongelukkigheid sal
           voorkom dat die danser suksesvol met ander in die dansklas kan
           saamwerk/meewerk.
         • Tekort aan slaap of slaap te veel – die gevolg is 'n gebrek aan
           konsentrasie in die dansklas wat tot beserings kan lei.
         • Verlies aan eetlus of eet te veel – dit kan die danser se selfbeeld beïnvloed
           en lei tot 'n gebrek aan selfvertroue.
         • Enige ander geskikte antwoorde.                                                     (2)

1.3      Kandidaat moet enige DRIE ontspanningstegnieke duidelik beskryf, bv.:
         • Skep vir jouself 'n veilige ruimte waar jy ontspanningstegnieke, soos
           denkbeelde/asemhaling, kan toepas en jou gedagtes tot bedaring kan
           bring.
         • Afkoeltegnieke om spiere te laat ontspan, soos stadige strekwerk.
         • Kandidate kan 'n spesifieke tegniek, bv. joga of meditasie, gee.
         • Enige ander geskikte antwoorde.                                                     (3)
                                                                                               [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                              5                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                 NSS – Memorandum

VRAAG 2: FIKSHEIDSKOMPONENTE

KOGNITIEWE VLAKKE:
5 punte = LAE vlak vir die naam en definisie
10 punte = MEDIUM-vlak vir verduideliking

MOONTLIKE ANTWOORDE:
Ken ½ punt toe as 'n kandidaat slegs die naam sonder 'n definisie verskaf.

•   Kernstabiliteit: die krag in die middel van die liggaam, buik/romp en rug.
•   Krag: die vermoë van 'n spier om mag/krag teen swaartekrag uit te oefen.
•   Soepelheid: 'n wye reeks bewegings wat in die gewrigte moontlik is.
•   Uithouvermoë: die volhardingsvermoë van die liggaam om vir langer tydperke
    te dans/op te tree.
•   Neuromuskulêre vaardighede: die vermoë van die brein om boodskappe met 'n
    onmiddellike reaksietyd na die liggaam te stuur.                                     (5)

Verduidelik hoe elke komponent tot 'n danser se optrede/dansvernuf bydra.
Baie van die voordele is op verskeie komponente van toepassing.
Evalueer die hele antwoord. Moenie punte vir antwoorde wat in hierdie kolpunt
herhaal word, toeken nie.
Tien duidelike feite = 10 punte.
Krag:
 • Sterker spiere beteken meer komplekse bewegings wat uitgevoer kan word en jy
    kan ook langer in posisie bly, d.i. die spiere kan swaartekrag weerstaan.
 • Kan hysings uitvoer en hoër spring.
Soepelheid:
 • Dra by tot grasie en gemak van bewegings.
 • Dans sal moeiteloos lyk.
 • Dansers sal groter bewegingsomvang hê.
Kernstabiliteit:
 • Kan bewegings beheer.
 • Maak balanseer makliker.
 • Behou/Handhaaf goeie houding.
 • Kan liggaamsgewig vinnig verskuif, ens.
Neuromuskulêre vaardighede:
 • Kan vinnig beweeg – ratser.
 • Verbeterde koördinasie.
 • Beter musikaliteit.
 • Verbeterde kinestetiese bewustheid, ruimtelike bewustheid, ens.
Uithouvermoë:
 • Jy sal nie uitasem wees nie.
 • Jy sal kan konsentreer sonder om bekommerd te wees oor hoe jy die klas gaan
    klaarmaak.
 • Jou arms, bene en liggaam sal nie swaar en moeg voel nie, ens.
 • Enige ander geskikte antwoorde                                                        (10)
                                                                                         [15]

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                6                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                   NSS – Memorandum

LET WEL:      Die leerders het 'n keuse tussen VRAAG 3 en VRAAG 4.
              Sien slegs die EERSTE antwoord na indien beide vrae beantwoord is.

VRAAG 3: SPIERE EN AKSIES

KOGNITIEWE VLAKKE:
3.1 = 4 punte = LAE vlak – benoem spiere/groepe en beskryf waar dit gevind word
3.2 = 4 punte = MEDIUM-vlak =
      2 punte vir anatomiese aksies
      2 punte vir verduideliking van een dansbeweging wat die anatomiese aksie
      uitvoer

MOONTLIKE ANTWOORDE:
3.1  Ken VIER punte toe vir benoeming en beskrywing van waar die VIER
     spiere/groepe gevind word. Ken 'n ½ punt toe vir slegs benoeming.
     • Quadriceps:
     Hierdie spiergroep word aan die voorkant van die dy/bobeen gevind.
     • Agterdyspiere ('Hamstrings'):
     Hierdie spiergroep word aan die agterkant van die dy/bobeen.
     • Adduktors:
     Hierdie spiergroep word binne-in die dy/bobeen gevind.
     • Gastrocnemius:
     Hierdie spier word agterop die onderbeen gevind.

         Enige ander spiere/spiergroep in die been, bv. Die abduktors, heuproteerders
         en anterior onderbeenspiere                                                         (4)

3.2      Ken TWEE punte toe vir verskaffing van twee anatomiese aksies en
         TWEE punte vir verduideliking van EEN dansbeweging vir elk van die
         anatomiese aksies.

         • Quadriceps:
         Ekstensie/strekking van die knie – strek die knie
         • Rectus femoris
         Fleksie – om die been hoog voor die liggaam in 'n skop op te gooi.
         • Agterdyspiere ('Hamstrings'):
         Ekstensie/strekking – om die been agter die liggaam op te lig.
         • Adduktors:
         Adduksie – dit is 'n groep spiere wat die bene uitdraai of wegbeweeg van die
         middellyn/middel af (uitwaartse rotasie).
         • Gastrocnemius:
         Plantaar-fleksie/Strekking van die tone – dit is verantwoordelik vir die lig
         van hakskene wanner op die tone gestaan word, punt van die voete en help
         om van die vloer af te lig/druk wanneer gespring word en buig die knie.             (4)
                                                                                             [8]
         Enige ander spiere/spiergroep in die been.

                                          OF

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                 7                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                    NSS – Memorandum

VRAAG 4: BESERINGS EN BEHANDELING

KOGNITIEWE VLAKKE:
4.1 = 2 punte = MEDIUM-vlak
4.2 = 4 punte = LAE vlak
4.3 = 2 punte = MEDIUM-vlak

MOONTLIKE ANTWOORDE:
4.1   Verskil:
      Verstuit/Swik = besering van 'n ligament.
      Verrekking = besering van 'n spier of sening.                                            (2)

4.2      Moontlike antwoorde oor oorsake van kniebeserings:
         • Swak belyning van knie
         • Geforseerde uitdraai van been
         • Verkeerde landing na 'n sprong
         • Dans op verkeerde vloer – nie geveerde houtvloere nie
         • Gebrek aan krag om bewegings te beheer
         • Swak tegniek
         • Swak kondisionering
         • Nie korrek opgewarm nie
         • Val, soos in 'n ongeluk, of valbeweging, soos in die choreografie
         • Gebrek aan soepelheid
         • Enige ander geskikte antwoord oor oorsake van kniebeserings.                        (4)

4.3      Moontlike antwoorde oor hoe om jou knieë in die dansklas te beskerm:
         • Pas veilige danspraktyk toe, soos hou jou knieë regoor jou middeltoon
           wanneer jy jou knieë buig of land uit ŉ sprong.
         • Moenie stres op die ligamente plaas deur die gewrig buite normale
           omvang en bewegingsrigting te beweeg nie.
         • Die knieë moet altyd voor 'n sprong buig, land deur die voet en eindig met
           'n kniebuiging/demi plié. Hierdie landing sal voorkom dat die knieë en
           enkels stamp/skok en ernstige skade aan die enkels en knieë veroorsaak.
         • Versterking van die spiere wat die gewrig omring, bv. die agterdyspiere
           ('hamstrings') en die quadriceps-spiergroepe, wat agter- en voorop die
           knie geleë is, stabiliseer die kniegewrig. Versterking van hierdie spiere het
           'n beskermende effek op die knie, en kan stres op die kniegewrig tydens
           oefening verminder.                                                                 (2)
                                                                                               [8]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                8                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                   NSS – Memorandum

VRAAG 5: POSTUUR/VEILIGE STREKWERK

KOGNITIEWE VLAKKE:
5.1 = 3 punte HOË vlak
5.2 = 4 punte HOË vlak

MOONTLIKE ANTWOORDE:
5.1  Verwys na die foto's. Dui korrekte of verkeerde posture/houdings aan.
     • FOTO A is 'n voorbeeld van 'n verkeerde postuur. Die danser se rug is
        oormatige agteroor gebuig; die pelvis is nie goed belyn nie wat ernstige
        rugprobleme, soos ooreising/verrekking van die lumbale ruggraat; stywe
        nek want die kop is nie belyn nie (ken vorentoe).
     • Die danser se kernspiere word nie gebruik nie, wat sal verhinder dat die
        danser die liggaam en ledemate tydens bewegings balanseer en beheer.
     • Enige ander geskikte antwoorde.
     • FOTO B is 'n voorbeeld van goeie danspostuur en is die korrekte manier
        waarop die liggaam tydens optrede/dans gehou moet word.
     • Die kop is omhoog, die nek is lank met kernstabiliteit en die gewrigte is
        belyn.
     • Danser B verstaan hoe die verskillende liggaamsdele in verhouding tot
        mekaar werk en dit sal verseker dat die danser kan balanseer en beheer
        oor alle bewegings het. Dit sal ook gemaklike bewegings tydens alle
        aktiwiteite verseker.                                                               (3)

5.2      Verwys na die prentjies: Terreine wat by die antwoord vir eie mening en
         voorstelle oor veilige strekwerk ingesluit kan word.
         • Dansers moet daarvan bewus wees dat daar verskillende tipes strekwerk
            is wat gebruik kan word om soepel te word.
         • Albei prentjies toon gevaarlike strekmetodes wat vermy moet word om
            te verhinder dat jou spiere en ligamente beseer word.
         • Strekwerk moet nie pynlik wees nie – dit kan moeilik wees, maar moet nie
            pynlik wees nie.
         • Moet nooit jou liggaam in 'n strek inforseer of toelaat dat iemand anders
            jou in 'n strekbeweging inforseer nie; dis gevaarlik en sal beserings
            veroorsaak.
         • Asemhaling is belangrik wanneer jy strek, want dit help om jou liggaam
            versigtig/geleidelik in die strek in te laat gaan.
         • 'n Danser moet altyd bewus wees van sy/haar liggaam se beperkings en
            binne daardie raamwerk werk wanneer strek- en versterkingsoefeninge
            gedoen word.
         • Enige ander geskikte antwoorde/voorstelle.                                       (4)
                                                                                            [7]

                                                            TOTAAL AFDELING A:              40

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                             9                        DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                NSS – Memorandum

AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID

VRAAG 6: GEMEENSKAPSDANSPROJEK EN LOOPBANE

KOGNITIEWE VLAKKE:
• Kolpunt 1: MEDIUM-vlak
• Kolpunt 2: LAE vlak
• Kolpunt 3: LAE vlak

Baie moontlike antwoorde sal verskaf word. Antwoorde moet verband hou met die
opvoerings/optredes by die dans-en-kunstefees. Kyk na hele antwoord voordat
punte toegeken word.

MOONTLIKE ANTWOORDE:
VIER aspekte oor die doel en die impak/invloed wat dit op die gemeenskap kan
hê, bv.:
• Identifiseer kunstenaars en talent in die gemeenskap – koester dit verder
• Maak kunste toeganklik vir die gemeenskap
• Verskaf blootstelling vir plaaslike en professionele kunstenaars
• Skep werksgeleenthede in die gemeenskap
• Gee jongmense 'n doel om na te streef
• Bring mense uit verskillende gemeenskappe bymekaar
• Inspireer jong kunstenaars
• Deel vaardighede en ontwikkel nuwe/bestaande talent
• Verskaf 'n platform vir die kunste
• Bevorder entrepreneurskap en kommersiële aktiwiteite in die gemeenskap
• Enige ander geskikte antwoord                                                        (4)

DRIE geriewe/fasiliteite en bronne wat vir die opvoerings/optredes benodig sal
word, bv.:
• Opvoerruimte binnenshuis/buite amfiteater, bv.:
   o Stoele/Sitplek vir die gehoor
   o Verhoog met 'n geskikte/geveerde houtvloer
   o Geskikte grootte vir die tipes optredes/opvoerings
   o Aantrekkamers vir die dansers/kunstenaars
• Klanktoerusting moet insluit:
   o Versterkers
   o Luidsprekers met genoeg volume
   o Mikrofone
• Reklamemateriaal moet insluit:
   o Plakkate/Strooibiljette vir reklame
   o Program van nommers/optredes/items vir die fees
   o Aankondiger vir die fees
   o Borge
• Enige ander geskikte antwoorde                                                       (3)

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                       10                                        DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                           NSS – Memorandum

DRIE werksgeleenthede/-poste in kunsproduksie wat vir die dans-en-kunstefees
geskep sal word en verduideliking van die funksie van elk. Volpunte moet NIE
aan eenwoord-antwoorde toegeken word NIE. Moet NIE punte toeken vir
werksgeleenthede/-poste wat NIE met kunsproduksie verband hou NIE, bv.:
• Organiseerder(s)/Bestuurder/Funksie-organiseerder/Projekbestuurder wat al
   die items/nommers en volgorde van die fees sal beplan.
• Reklameagent om die fees te adverteer en die volle deelname en samewerking
   van die gemeenskap te verseker.
• Choreograwe/Regisseurs vir die onderskeie dansstukke/kunswerke wat opgevoer
   of uitgestal gaan word.
• Onderwysers/Fasiliteerders om te help met die bestuur van die kunswerkswinkels
   vir kinders.
• Klanktegnikus wat in beheer sal wees van die musiek gespeel/
   mikrofone/aankondigings, ens.
• Dansers/Akteurs/Musikante, ens. wat vir die gemeenskap sal optree.
• Enige ander geskikte kunsproduksiewerksgeleenthede/-poste.                                                       (3)
                                                                                                                   [10]

NASIENRUBRIEK
BESKRYWER     PUNT     DIE KANDIDAAT
                      •   Toon uitstekende kennis van die doel van die fees en die potensiaal van die kunste
                          om 'n impak/invloed op die gemeenskap te hê.
                      •   Toon 'n uitstekende begrip van die geriewe/fasiliteite en bronne benodig vir die
 Uitstaande   9–10
                          optredes/opvoerings.
                      •   Koppel die program met geskikte werksgeleenthede/-poste in kunsproduksie en
                          verduidelik die werksgeleenthede/-poste.
                      •   Toon kennis van die doel van die fees en die potensiaal van die kunste om 'n
                          impak/invloed op die gemeenskap te hê.
 Voldoende     6–8    •   Toon begrip van die geriewe/fasiliteite en bronne benodig vir die optredes/opvoerings.
                      •   Koppel die program met werksgeleenthede/-poste in kunsproduksie met vae
                          verduidelikings.
                      •   Toon beperkte kennis van die doel en die potensiaal van die kunste om 'n
                          impak/invloed op die gemeenskap te hê.
 Gemiddeld     3–5    •   Toon 'n beperkte/minimale begrip van die behoeftes en bronne benodig vir die
                          optredes of opvoerings.
                      •   Kan slegs werksgeleenthede/-poste noem, geen verduidelikings nie.
                      •   Toon geen/minimale/vae begrip van die vraag.
    Nie
               0–2    •   Verskaf inligting wat nie in die vraag gevra is nie.
 Behaal Nie
                      •   Skryf baie min of niks.

Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                   11                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                       NSS – Memorandum

VRAAG 7: FUNKSIES VAN DANS IN DIE SAMELEWING EN DANSVORME
KOGNITIEWE VLAKKE:
7.1 = 6 punte LAE vlak
7.2 = 8 punte HOË vlak – vergelyking
7.1 Sien slegs die EERSTE DRIE na indien meer kategorieë verskaf is. 'n Insiggewende
beskrywing word vir elke antwoord vereis.
7.2 Evalueer die hele antwoord voordat punte toegeken word. HOË vlak want die
kandidaat word gevra om in volsinne VIER ooreenkomste en VIER verskille tussen
Afrika-dansbeginsels en ENIGE ANDER dansvorm wat bestudeer is, te vergelyk en
te verduidelik. Moet NIE punte toeken indien die kandidaat ander terreine, soos
kostuums en rekwisiete, vir vergelyking ingesluit het NIE.
7.1      7.1.1       Onderwys:
                     • Dans kan gebruik word om die tradisies/geskiedenis van 'n
                       gemeenskap oor te dra.
                     • Dit kan gebruik word om gemeenskappe oor sosiale/ maatskaplike
                       kwessies op te voed.
                     • Dit kan mense vir loopbane/beroepe voorberei.
                     • Dit kan lewensvaardighede, soos dissipline en spanwerk, leer.
                     • Enige ander relevant antwoord.                                          (2)
         7.1. 2      Sosiale/Persoonlike transformasie:
                     • Dans word gebruik in baie seremonies, bv. mondigwording – kind
                       verander in volwassene. Troues – enkellopend verander in
                       getroude, ens.
                     • Dans word in genesingsrituele gebruik – verander van siek in
                       gesond.
                     • Baie dansers ervaar 'n gevoel van persoonlike transformasie deur
                       dans, bv. doelgerigtheid, verbeterde lewensvaardighede,
                       verhoogde bewustheid van ander mense.
                     • Dans word gebruik om sosiale vaardighede te bou deur spanwerk-
                       en vertrouensoefeninge
                     • Enige ander relevante antwoorde.                                        (2)
         7.1.3       Kommunikasie:
                     • Om idees en gedagtes oor te dra./Om in te lig sonder om woorde
                       te gebruik – dans is 'n universele taal.
                     • Om emosies op 'n nieverbale wyse te toon/uit te druk.
                     • Enige ander relevante antwoord.                                         (2)
         7.1.4       Godsdiens:
                     • Dans word in baie geestelike seremonies gebruik om die
                       betekenis/boodskap te versterk.
                     • Dans wat in godsdienstige gebruike/gewoontes of charismatiese
                       kerkdienstegebruik word, kan aan transformasie gekoppel word.
                     • Enige ander relevante antwoord.                                         (2)
         7.1.5       Protes/Verset:
                     • Dans word gebruik om 'n politieke stelling te maak sonder om
                        woorde te gebruik.
                     • Dans word gebruik om te betoog – toi-toi.
                     • Enige ander relevante antwoorde.                                        (2)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                     12                                      DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                         NSS – Memorandum

7.2       Baie moontlike dansvorms kan deur die kandidate verskaf word. Afrika-
          dans moet as een van die dansvorms ingesluit word.
          SLEGS bewegingsbeginsels moet by die antwoord ingesluit word.
          Kolpunte word gebruik om nasien te vergemaklik.
          KONTEMPORÊRE VS. AFRIKA-DANS
          Verskille kan wees:
          • Afrika-dansbewegings is tradisioneel en verander dikwels nie.
             Kontemporêre dansbewegings word dikwels deur improvisasie geskep
             en verskil van een choreograaf tot 'n volgende.
          • Afrika-dans en musiek staan nie los van mekaar nie. Die dansers
             inkorporeer sang/liggaamsperkussie/ululasie ens. by hulle bewegings.
             Kontemporêre dans kies gewoonlik vooraf opgeneemde musiek wat die
             bedoeling/storie van die danswerk sal versterk en choreografeer
             bewegings om by die musiek te pas en kan ook sonder musiek werk.
          • Afrika-dans boots bewegings na wat in die sigbare wêreld (natuur) gevind
             word.
             Kontemporêre dans pas natuurlike bewegings deur abstraksie aan.
          • Kontemporêre dans behels dikwels hysings/teenwig tussen dansers.
             In Afrika-dans word dansmaats nie opgelig/gehys nie, maar word eerder
             op lyn-/sirkelformasies gefokus.
          • Afrika-dans is ritmies.
             Kontemporêre dans is meer visueel.
                                                                                                                (4)
          • Enige ander geskikte antwoorde.
          Ooreenkomste kan wees:
          • Albei dansvorms komplementeer swaartekrag in hulle bewegings/
             gee toe/dans na die grond toe.
          • Albei dansvorms word meesal kaalvoet gedans.
          • Albei dansvorms gebruik alledaagse bewegings/gebare.
          • Albei dansvorms gebruik groot spronge en springbewegings wat
             swaartekrag uitdaag.
          • Enige ander geskikte antwoorde.                                                                     (4)
                                                                                                                [14]

NASIENRUBRIEK 7.2
BESKRYWER     PUNT    DIE KANDIDAAT
                      Vergelyk en verduidelik, in goed geskrewe volsinne VIER verskille en VIER
                      ooreenkomste tussen die bewegingsbeginsels van Afrika-dans en die bewegingsbeginsels
 Uitstaande    7–8
                      van een ander dansvorm. Toon diepgaande begrip van die bewegingsbeginsels van albei
                      dansvorms.
                      Vergelyk en verduidelik, in volsinne, VIER verskille en VIER ooreenkomste tussen die
 Voldoende     5–6    bewegingsbeginsels van Afrika-dans en die bewegingsbeginsels van een ander dansvorm.

                      Vergelyking van VIER verskille en VIER ooreenkomste tussen die bewegingsbeginsels
                      van Afrika-dans en die bewegingsbeginsels van een ander dansvorm is basies/baie beperk.
 Gemiddeld     3–4

    Nie               Kan nie vergelyk nie/Minimaal/Geen kennis van die bewegingsbeginsels van Afrika-dans en
               0–2
 Behaal Nie           die bewegingsbeginsels van een ander dansvorm nie.

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                13                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                    NSS – Memorandum

VRAAG 8: MUSIEK VAN 'N VOORGESKREWE WERK

KOGNITIEWE VLAKKE:
8.2 = 1 punt LAE vlak
8.3 = 1 punt LAE vlak
8.4 = 4 punte MEDIUM-vlak

MOONTLIKE ANTWOORDE:
8.1  Ghost Dances Christopher Bruce

8.2      Inti-Illimani                                                                         (1)

8.3      Tradisionele Chileense volksmusiek                                                    (1)

8.4      Kandidate moet ontleed hoe die musiek die werk versterk.
         Eenwoord-antwoorde is nie aanvaarbaar nie.
         Antwoorde kan die volgende insluit:
         • Die klank van wind aan die begin berei jou op 'n onheilspellende/
            spookagtige atmosfeer voor. Dit is simbolies daarvan om in 'n grot
            te wees, en dit maak die omgewing meer werklik, ens.
         • Die gebruik van volksmusiek met tradisionele Suid-Amerikaanse
            instrumente versterk die volkstyl-bewegings en help om die storie te vertel.
         • Die liedjies is hartseer en onvergeetlik en vertel van die mense se lyding.
            Dit word deur hulle bewegings uitgebeeld, bv. die vrou in die rooi rok.
         • Party van die liedjies en musiek is vrolik en vinnig en skep die atmosfeer
            van hoe die lewe voor die oorlog was, bv. Deel 2 met die 3 mans en die
            3 vroue.
         • Op die sterwensoomblik is daar stilte wat tot die atmosfeer en hartseer
            van die oomblik bydra.
         • Enige ander geskikte antwoord.                                                      (4)
                                                                                               [6]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                          14                                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS – Memorandum

LET WEL:         Die kandidaat het 'n keuse tussen VRAAG 9 en VRAAG 10.
                 Sien slegs die EERSTE antwoord na indien beide vrae beantwoord is
VRAAG 9 : CHOREOGRAAF EN DANSWERK
KOGNITIEWE VLAKKE:
2 punte = LAE vlak – inleiding/slot
20 punte = MEDIUM vlak – invloede/medewerking/assosiasies/bewegingswoordeskat/
                           choreografiese style/bydrae tot dans
8 punte = HOË vlak – simbolisme, interpretasie/opinie
Gebruik professionele oordeel en diepgaande kennis van die choreograaf en die
danswerk wanneer nagesien word. Kolpunte word gebruik om nasien te
vergemaklik.
NASIENRUBRIEK:
BESKRYWER        PUNT    DIE KANDIDAAT
                         Uitstekende/Boeiende inleiding, opsomming en gevolgtrekking/slot vir onderhoud.
                         Diepgaande begrip van hoe om 'n goeie vraag te stel om 'n goeie antwoord te ontlok.
                         Sluit feitelike voorbeelde by antwoord in.
                         Toon uitstekende begrip van die onderhoudformaat.
 Uitstaande      24–30   Het 'n breë en gedetailleerde kennis van beide die choreograaf en die danswerk.
                         Kan die simbolisme gebruik, opinie gee/ interpreteer en verskaf duidelike, gedetailleerde
                         voorbeelde.
                         Sluit alle afdelings gevra, in – invloede en medewerkings(samewerkings)/bewegings en
                         choreografiese styl/bydraes/simbolisme, met aandag aan besonderhede.
                         Duidelike, goed geskrewe inleiding, opsomming en gevolgtrekking/slot vir onderhoud.
                         Verstaan hoe om 'n goeie vraag te stel om 'n goeie antwoord te ontlok.
                         Sluit gedetailleerde, feitelike voorbeelde by antwoord in.
                         Skryf asof dit 'n onderhoud is.
Verdienstelik    21–23
                         Het 'n gedetailleerde kennis van beide die choreograaf en die danswerk.
                         Kan die simbolisme gebruik, ontleed en verskaf voorbeelde.
                         Sluit alle afdelings gevra, in – invloede en medewerkings(samewerkings)/bewegings en
                         choreografiese styl/bydraes/simbolisme.
                         Basiese inleiding, opsomming en gevolgtrekking/slot vir onderhoud.
                         Basiese begrip van hoe om 'n goeie vraag te stel om 'n goeie antwoord te ontlok.
                         Sluit voorbeelde by antwoord in.
                         Skryf asof dit 'n onderhoud is.
  Wesenlik       18–20
                         Het kennis van beide die choreograaf en die danswerk.
                         Kan die simbolisme gebruik, ontleed en verskaf voorbeelde.
                         Sluit alle afdelings gevra, in – invloede en medewerkings(samewerkings)/bewegings en
                         choreografiese styl/bydraes/simbolisme, maar het basiese/beperkte kennis van sommige afdelings.
                         Beperkte inleiding. Sluit óf opsomming óf gevolgtrekking/slot vir onderhoud in.
                         Beperkte begrip van hoe om 'n goeie vraag te stel om 'n goeie antwoord te ontlok.
                         Sluit basiese voorbeelde by antwoord in.
                         Skryf op beperkte manier vir 'n onderhoud.
 Voldoende       15–17
                         Het basiese kennis van beide die choreograaf en die danswerk.
                         Kan produksie-elemente, musiek en bewegingswoordeskat beskryf.
                         Sluit alle afdelings gevra, in – invloede en medewerkings(samewerkings)/bewegings en
                         choreografiese styl/bydraes/simbolisme, maar het beperkte kennis van sommige afdelings.
                         Beperkte/Geen inleiding, opsomming óf gevolgtrekking/slot vir onderhoud nie.
                         Stel vrae direk uit wat in die vraestel staan.
                         Baie min voorbeelde by antwoord ingesluit.
 Gemiddeld       12–14   Skryf swak of glad nie vir 'n onderhoud nie.
                         Het beperkte kennis van die choreograaf en die danswerk.
                         Kan sommige terreine beskryf – invloede en medewerkings(samewerkings)/bewegings en
                         choreografiese styl/bydraes.
                         Geen inleiding, opsomming óf gevolgtrekking/slot vir onderhoud nie.
                         Sukkel om 'n vraag te stel.
                         Minimale voorbeelde by antwoord ingesluit.
  Elementêr      10–11   Skryf swak – nie onderhoud nie.
                         Het baie min kennis van die choreograaf en die danswerk.
                         Kan minimale beskrywing van sommige terreine gee – invloede en medewerkings(samewerkings)/
                         bewegings en choreografiese styl/bydraes.
                         Geen inleiding, opsomming óf gevolgtrekking/slot vir onderhoud nie.
                         Sukkel om 'n vraag te stel.
                         Min/Verkeerde inligting by antwoord ingesluit.
Nie Behaal Nie    0–9    Skryf swak – nie onderhoud nie.
                         Het baie min/geen kennis van óf die choreograaf óf die danswerk nie.
                         Het baie min/geen kennis van die meeste terreine nie – invloede en medewerkings(samewerkings)/
                         bewegings en choreografiese styl/bydraes.

Kopiereg voorbehou                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                               15                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                   NSS – Memorandum

VRAAG 10: SUID-AFRIKAANSE DANSWERK EN CHOREOGRAAF

KOGNITIEWE VLAKKE:
2 punte = MEDIUM-vlak – inleiding/gevolgtrekking(slot)/aanbieding
20 punte = MEDIUM-vlak – invloede/medewerings(samewerkings)/assosiasies/
                         bewegingswoordeskat/choreografiese style/bydrae tot dans
8 punte = HOË vlak – simbolisme, opinie/interpretasie
Gebruik professionele oordeel en diepgaande kennis van die choreograaf en die
danswerk wanneer nagesien word. Kolpunte word gebruik om nasien te vergemaklik.

Kandidate moet 'n aanbieding vir dansleerders oor die choreograaf, Alfred
Hinkel, en die danswerk, Bolero/Last Dance, voorberei.
Kolpunte, breinkaarte of opstelle kan in die aanbieding gebruik word en behoort
die volgende in te sluit.

'n Inleiding en slot/gevolgtrekking.

Invloede, assosiasies/samewerking, (medewerking)
Moontlike areas wat ingesluit kan word:
• Hinkel het in die Namakwaland grootgeword. Sy gesin was konserwatief.
• Hy het op die ouderdom van tien begin dans, alhoewel sy vader daarteen gekant
   was.
• Hy het vir 'n kort rukkie in die vroeë 1970's sy opleiding by die UCT School of
   Dance voortgesit, en toe na sy tuiste in Namakwaland teruggekeer.
• Sy daaglikse ondervinding om in die 'gekleurde' gemeenskappe klas te gee (sonder
   behoorlike geriewe/fasiliteite) het die fondasie vir 'n waarlik oorspronklike en
   vindingryke benadering tot dansonderrig en choreografie gelê.
• Hinkel het John Linden en Dawn Langdown in Okiep, Namakwaland, ontmoet, twee
   mense met wie hy voortdurend in die jare daarna sou saamwerk.
• Saam het hulle die Namakwaland Dansgeselskap gestig.
• Hy het in 1981 as 'n danser by Jazzart Dance Theatre aangesluit en uiteindelik as
   die direkteur/regisseur oorgeneem.
• Deur die onstuimige tye van die noodtoestand het hy toenemend verpolitiseer wat
   ook in sy werk weerspieël is.
• Blootstelling aan werk deur improvisasie gedurende die Abamanyani-proses, het
   die manier beïnvloed waarop hy begin werk het en hy het 'n unieke manier van
   opleiding/onderrig en choreografering ontwikkel waarop hy uit die dansers se
   wesens/kerne/innerlike put.
• Enige ander feitlike antwoorde.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                               16                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                   NSS – Memorandum

Bewegingswoordeskat en choreografiese styl gebruik en hoe dit innoverend was
• Bolero was 'n nuwigheid op sy dag. Hinkel se werk het elemente getoon wat nog
  selde (of nooit) op 'n verhoog gesien is nie, soos:
   o Afrika-dans is as uitvoerende kuns opgevoer.
   o Afrika-dans is voorheen as 'n eienaardige/rare toeriste-attraksie beskou.
   o Die opvoer van die vroeëre weergawes van Bolero was noodsaaklik om
      'n erkende plek vir Afrika kontemporêre dans in die wêreld van die Suid-
      Afrikaanse uitvoerende kunste te vestig.
   o Afrika-dans is op klassieke musiek getoonset.
   o Rubberstewels ('Gumboots') is deur vrouens, in besonder wit vrouens, gedra.
      'n Mens moet besef dat rubbersteweldans ('gumboot dancing') by 'werkersklas
      mense, meesal myners en dokwerkers' ontstaan het en dit was nie praktyk dat
      vroue dit opvoer nie, veral nie wit vroue nie.
• Toe die vroulike rolbesetting van Bolero dus op die verhoog marsjeer, het hulle
  'n kulturele en maatskaplike drumpel oorgesteek.
• Rubberstewels is op avant-garde wyse gebruik.
• Tradisioneel word dit met 'n krom rug opgevoer/gedans; Hinkel het getoon hoe
  'n gevestigde tegniek vir kreatiewe doeleindes gemanipuleer kan word toe sy
  dansers hulle eie regop weergawe van rubbersteweldans ('gumboot dancing')
  opgevoer het.
• Die kontakwerk wat in Bolero getoon word, is baie innoverend vir daardie tyd.
• Die tradisionele rolle van mans en vroue is verontagsaam.
• In Bolero word mans deur mans opgelig, word vroue deur vroue gehys/opgelig,
  word mans deur vroue opgelig ens.
• Die tradisionele rolle van die man en die vrou is onderstebo gedraai toe Hinkel se
  stuk ondermynend voorgestel het dat vroue daarop geregtig was, en in staat was,
  om aksie te inisieer en leierskap te aanvaar en dat mans swak en weerbaar kon
  voel.
• Bolero het sterk politieke stellings gemaak.
• Met elke weergawe is die choreografie deur die deelnemers beïnvloed; elkeen het
  sy eie uniekheid na die vertolking gebring aangesien Hinkel nog altyd improvisasie
  gebruik het wanneer hy danswerke skep.
• Hy het ook verskillende dansvorms saamgesmelt, soos kontemporêre en Afrika-
  dans en Indiese en kontemporêre dans.
• Enige ander geskikte antwoorde.

(Let wel dat daar oorvleueling tussen bewegingswoordeskat en simbolisme kan
wees.)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                               17                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                   NSS – Memorandum

Simbolisme/opinie/interpretasie
• Bolero is al op verskeie uiteenlopende maniere opgevoer om aan talle doeleindes
   te voldoen In die vroeëre weergawes van Bolero was Hinkel se bedoeling om deur
   dans simboliese stellings te maak oor kwessies waaroor nie gepraat mag word nie
   (dit het amper een van Jazzart se beleide geword) oor politiek, misbruik,
   seksualiteit, ens.
• Elke opvoering van die werk simboliseer 'n verskuiwing in die
   houding/ingesteldheid van die mense en die land vanaf die apartheidsjare tot na
   apartheid. Aanvanklik het dit kommentaar gelewer op politiek, toe is dit vir
   feesviering gebruik (dit is by Nelson Mandela se inhuldiging opgevoer) en ook as
   aansporing vir medewerking tussen klassieke en kontemporêre dansgeselskappe
   as die gewer van hoop.
• Bolero is 'n werk wat 'n redelik politiese spoor volg en voortdurend transformeer
   deur die herbewerkingsproses wat elke keer wat dit opgevoer word, 'n nuwe
   betekenis skep.
• Die oorspronklike weergawe simboliseer die 'oorwinning oor vooroordeel' en fokus
   hoofsaaklik op die Ontugwet – stellig die mees kontroversiële van die wette van die
   Suid-Afrikaanse apartheidsregering wat probeer het om paartjies van verskillende
   rasse te verbied om te meng.
• Die kostuums is gebruik om stellings te maak, soos kostuums wat nie
   geslagspesifiek is nie, word gedra om geslagsdiskriminasie te simboliseer, leer en
   sjiffon saam simboliseer die krag en sagtheid van vroue, ens.
• Enige ander geskikte antwoorde, opinies of interpretasies.

Bydrae tot dans in Suid Afrika
• Hinkel werk oorwegend met onopgeleide dansers en ontwikkel hulle talent deur
  opleidingsmetodes wat ontwikkel is deur in minderbevoorregte gebiede te werk.
• Hy het in 30 jaar sy eie opleidingstyl en metode ontwikkel wat hy gebruik het om sy
  dansers op te lei. Hierdie styl is nou deur baie dansers se choreograwe aangeneem
  en op hulle eie manier ontwikkel.
• Hinkel kombineer ook 'n mengsel van style – kontemporêre, Afrika, Indiese en ook
  klassieke elemente van dans wat ook maniere om in hierdie land te choreografeer,
  beïnvloed het.
• Gebruik dans om sosiale kommentaar te lewer, veral dit wat met seksisme,
  rassisme en ander vorms van diskriminasie en misbruik van mag te make het.
• Hy ontwikkel en populariseer improvisasie as 'n middel om nuwe materiaal vir
  choreografie te skep.
• Hy is uitgesproke oor onregverdighede.
• Hy was 'n mentor vir baie beginner-dansgeselskappe.
• Hy het skole met kunstenaars ondersteun en demonstrasieklasse aangebied.
• Hy het baie dansers opgelei, wat die nuwe geslag meesteronderwysers en
  -choreograwe geword het, met 'n opleidingsprogram wat deur Jazzart aangebied is.           [30]

                                                             TOTAAL AFDELING B:              60
                                                                 GROOTTOTAAL:                100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Dance Studies Feb March 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-feb-march-2017-memo-eng/e12c1efa-dc13-40c7-a8cf-76b94672c835) — Dance Studies · Memo · 2017 · Eng
- [Dance Studies Feb March 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-feb-march-2017-afr/50bd3047-5026-4b23-a90e-b63f9eb9980c) — Dance Studies · QP · 2017 · Afr
- [Dance Studies Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-feb-march-2017-eng/a1ceb5fa-1edd-4030-bb67-09b7fdba70d6) — Dance Studies · QP · 2017 · Eng
- [DANCE STUDIES GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr12-memo-sept2017-afrikaans/c8888bfe-c691-46fd-8211-2a588b539cfd) — Dance Studies · Memo · 2017 · Afr
- [DANCE STUDIES GR12 MEMO SEPT2017 English](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr12-memo-sept2017-english/a3f26f15-f551-42c8-9d41-c79c964ceaa5) — Dance Studies · Memo · 2017 · Eng
- [Dance Studies Nov 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2017-memo-afr/ef183dc2-8d87-45d6-8f08-92c032f4d578) — Dance Studies · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Dance Studies

- [Gr 12 Dan Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dan-stu-atp-2023-24/34f45b16-cd25-4879-9db2-5005d316d38b) — ATP
- [Dance Studies May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-may-june-2025-eng/9d7a5f87-c4e5-4622-a6a7-d2ccac565714) — QP · 2025 · Eng
- [Dance Studies Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2025-nsc-november-exam-question-paper/c150552f-ecf9-4c18-9412-3a97c1b79358) — QP · 2025 · Eng
- [Dance Studies Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2025-nsc-november-exam-question-paper/750eccb6-695f-44c1-ab84-87cf2c25e9cb) — QP · 2025 · Afr
- [Dance Studies Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2024-eng/3f71ca72-941a-4937-aa1f-2c5000350a76) — QP · 2024 · Eng
- [Dance Studies Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2024-afr/f5975c7a-d2e8-4ce4-9f41-cfd851dce504) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
