# Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2018 Memo (Afr)

> Grade 11 Dance Studies memorandum from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-memo-afr-nov2018-d/2ac56bdb-ee2f-4f38-9c31-a55b7ff56c88
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dance Studies
- Grade: Grade 11
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Dance Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/dance-studies) › [Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2018 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-memo-afr-nov2018-d/2ac56bdb-ee2f-4f38-9c31-a55b7ff56c88)

## About this document

Dance Studies · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 11

                        NOVEMBER 2018

                          DANSSTUDIES
                          NASIENRIGLYN

PUNTE:   100

                  Hierdie nasienriglyn bestaan uit 17 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 2                                 DANSSTUDIES                                (EC/NOVEMBER 2018)

 AANTEKENINGE VIR NASIENERS/ ONDERWYSERS

 Hou streng by hierdie nasienriglyn wanneer nagesien word. In sommige
 kwalitatiewe vrae moet jy jou professionele en ingeligte oordeel uitoefen.

 Hierdie vraestel moet deur ervare dansonderwysers nagesien word
 aangesien dit spesialiskennis vereis.

x By sommige vrae het kandidate 'n keuse. Indien kandidate beide vrae beantwoord
    het, sien slegs die antwoorde op die eerste vraag na.
  x Kandidate kan 'n wye verskeidenheid antwoorde gee, afhangende van wat hulle
     in die klas behandel het.
  x Hoë, medium of lae kognitiewe vlakke wat in elke antwoord verwag word, word
     in die Fokustabel onder elke vraag ingesluit.
  x MOET NIE volpunte toeken vir opstel-/paragraaftipe vrae indien daar taal- en
     spelfoute voorkom nie en ook nie as die antwoord in die verkeerde formaat
     geskryf is NIE.
  x Nasieners moet NIE volpunte toeken vir ŉ antwoord wat oppervlakkig en
     ontoereikend is NIE.
  x Wees op die uitkyk vir wat die kandidaat weet, en nie vir wat hy/sy nie weet nie.

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                            DANSSTUDIES                                      3

 AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYKE EN GESONDHEIDSORG

 VRAAG 1: DANSKONVENSIES / POSTUUR / VEILIGE LANDINGS

 1.1 LAE VLAK – 5 Punte – Herkenning
 1.2 MEDIUM VLAK – 6 Punte – Toepassing
 1.3 HOË VLAK – 4 Punte – Evaluering

 NOTA AAN NASIENERS:
 Baie moontlike antwoorde kan gegee word. Gebruik professionele oordeel wanneer
 die kwaliteit van die kandidate se antwoorde geassesseer word. Kolpunte word
 gebruik om merk te vergemaklik.

 VOORBEELDE VAN MOONTLIKE ANTWOORDE:

 1.1 Hieronder volg slegs ŉ voorbeeld, maar leerders mag met hul eie idees en
     antwoorde vorendag kom.

       1.1.1    Stiptelikheid – om betyds vir klasse te wees sal verseker dat jy nie die
                vloei/konsentrasie/fokus van die ander dansers onderbreek nie.                 (1)

       1.1.2    Selfdissipline – die bywoning van alle dansklasse en om betyds te wees,
                sal verseker dat alle areas van die klas gedek word, bv. as jy is nie
                betyds is nie, kan jy ŉ opwarming mis wat ŉ besering kan veroorsaak.           (1)

       1.1.3    Konsentrasie en luister in die klas – luister na die onderwyser en pas die
                onderwyser se instruksies toe. Die aanleer van nuwe dansvaardighede
                en die toepassing van korreksies is makliker wanneer 'n danser op die
                taak konsentreer.                                                              (1)

       1.1.4    Kleredrag – die dra van die korrekte dansklere vir die dansklas sal
                verseker dat die bewegings met gemak gedoen kan word wat beserings
                sal verhoed.                                                                   (1)

       1.1.5    Veilige danspraktyke – opwarming aan die begin van die klas, afkoel
                aan die einde, deur nie aan ander dansers te stamp nie, strekking aan
                die einde van die klas, ens., sal sukses in die dansklas verseker.             (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 DANSSTUDIES                               (EC/NOVEMBER 2018)

 1.2 Ken 6 punte toe vir ŉ verduideliking oor hoe om die korrekte postuur in die
     dansklas te handhaaf.

      x   Jy moet ŉ goed belynde liggaam hê waar al jou liggaamsdele in balans met
          mekaar is.
      x   Staan regop, verleng jou ruggraat, rek jou nek, strek jou bene uit en plaas
          jou gewig oor albei jou voete.
      x   Jou gewig behoort op die bal van die klein toon, die bal van die groot toon,
          die middel van die voet en die hak met jou bene oor jou voete en jou knieë
          oor die middelste toon te wees.
      x   Jou skouers, heupe en knieë moet op dieselfde vlak wees.
      x   Daar moet ŉ denkbeeldige reguit lyn van die kop tot die tone wees.
      x   Hierdie lyn loop van die kroon van jou kop, verby die voorkant van jou ore,
          deur die middel van jou skouers en heupe, agter die kniekop en voor die
          enkel verby.
      x   Die kop balanseer op die toppunt van die ruggraat met die kroon van die
          kop oor die boog van jou voet.
      x   Jou bekken balanseer op die toppunt van die bene op so ŉ manier dat die
          abdominale spiere, lae rugspiere, rondom en binne die bekkenspiere gelyk
          saamgetrek word – ook bekend as kernstabiliteit.
      x   Enige ander geskikte antwoorde.                                                    (6)

 1.3 Ken 4 punte toe as die leerder die reëls van ŉ sprong en hoe om veilig te land,
     kan bespreek.

      x   ŉ Sprong begin altyd met 'n kniebuiging, hou jou knieë oor jou middeltoon.
      x   Druk jou hak in en lig dan jou voet van die vloer af, hak eerste, dan bal van
          die voet, met jou tone wat die vloer laaste verlaat en goed in die lug opgelig
          is.
      x   Land deur die voete, toon dan bal dan hak.
      x   Buig jou knieë wanneer jy land om skokbreking te help.
      x   Knieë moet met jou derde toon in lyn wees wanneer jy buig.
      x   Enkels moet styf gehou word en nie rol nie.
      x   Land met hakke wat die vloer raak.
      x   Hou skouers in lyn met heupe.
      x   Hou pelvis in neutrale posisie (moenie ‘intrek’ of ‘uitstoot’ nie).
      x   Die senter/middelpunt word gelig en gehou om die ruggraat te ondersteun –
          goeie postuur.
      x   Enige ander geskikte antwoorde.                                                    (4)
                                                                                            [15]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                         DANSSTUDIES                                     5

VRAAG 2: VOEDSELGROEPE / SOEPELHEID / BESERINGS

2.1, 2.2 – LAE VLAK – 6 Punte – Herkenning
2.3, 2.4 – MEDIUM VLAK – 5 Punte – Analisering
2.5 – HOË VLAK – 4 Punte – Evaluering

MOONTLIKE ANTWOORDE:

2.1 Enige DRIE.

     x   Proteïene
     x   Koolhidrate
     x   Suiwelprodukte/kalsium
     x   Vette
     x   Vrugte/groente                                                                   (3)

2.2 Ken 3 punte toe vir 3 funksies.

     Proteïene – is belangrik vir die herstel en groei van spiere
     Koolhidrate – verskaf energie
     Suiwelprodukte/kalsium – bou sterk bene
     Vette – gee energie en handhaaf ŉ gesonde brein en senuweestelsel.
     Vrugte/groente – verbeter die immuunstelsel en help met uitskei van
     voedingstowwe                                                                        (3)

2.3 Ken 2 punte toe vir ŉ verduideliking van enige 2 faktore wat jou soepelheid kan
    beperk.

     x   Jou ouderdom, geslag en liggaamsvet
     x   Onaktiwiteit en siekte
     x   Hoe jy gebou is – jou anatomiese struktuur, bene en gewrigte
     x   Styfheidheid van die ligamente
     x   Kan nie die spiere en senings verleng nie
     x   Onbehoorlike postuur en belyning
     x   Enige ander geskikte antwoord                                                    (2)

2.4 Ken 3 punte toe vir ŉ verduideliking waarom ŉ danser soepel moet wees.

     x   Om jou omvang van beweging te vermeerder
     x   Om vrylik en met gemak te beweeg
     x   Om alle bewegings met gemak en grasie uit te voer
     x   Om die gewrigte en liggaam deur sy volle omvang van beweging te laat
         beweeg
     x   Om stres en spanning op die liggaamsdele te vermy
     x   Enige ander geskikte antwoord                                                    (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                     DANSSTUDIES                         (EC/NOVEMBER 2018)

2.5 Ken 4 punte toe vir die onmiddellike behandeling van 'n besering in die dansklas.
    x R.I.C.E staan vir: Rest – Ice – Compression – Elevation. (Rus Ys Druk
      Elevasie).
    x Rest (RUS) – help die liggaam met die genesingsproses, aangesien energie
      dan op genesing gefokus is.
    x Ice (YS) – moet so gou as moontlik op area geplaas word om swelling te
      verminder. Die koue het ŉ effek op sensoriese senuwees en kan pyn
      verminder.
    x Drukking – word gebruik in die vorm van verbande en verbinding (bv. ŉ
      verstuite enkel), wat die ophoop van vloeistowwe in die beseerde area
      afweer. Moet, soos ys, kort tussenposes van verligting hê.
    x Elevation (ELEVASIE) – word gedoen om swelling te verminder.
    x Kry mediese behandeling as die besering voortduur of vererger.                      (4)
                                                                                         [15]

                 DAAR IS ’N KEUSE TUSSEN VRAAG 3 EN VRAAG 4.
VRAAG 3: SPIERE / GEWRIGTE / ANATOMIESE AKSIES (KEUSEVRAAG)

3.1 – LAE VLAK – 4 Punte – Herkenning
3.2, 3.3 – MEDIUM VLAK – 4 Punte – Toepassing
3.4 – HOË VLAK – 2 Punte – Evaluering
ANTWOORDE:
3.1 A        Deltoid                                                                      (1)
     B       Pectoralis major                                                             (1)
     C       Biceps brachii                                                               (1)
     D       Gastrocnemius                                                                (1)
3.2 3.2.1      Skarniergewrig                                                             (1)
     3.2.2     Bal-en-potjie-gewrig                                                       (1)
     3.2.3     Plantaarfleksie                                                            (1)
     3.2.4     Adduksie/fleksie                                                           (1)
3.3 Ken 2 punte toe vir 'n bespreking oor die funksies van die spiere.
    x Die spiere is almal aan die skelet vas en hulle beweeg die bene wat
      gewrigsaksies moontlik maak.
    x Spiere het die vermoë om saam te trek of korter te word en so ŉ beweging te
      skep.
    x Spiere gee aan ons liggame hul verskillende vorms en help om die liggaam
      regop te hou.
    x Spiere kan ook bewegings beperk.
    x Spiere werk altyd as ŉ groep saam om bewegings uit te voer.
    x Die groot en soms vinnige bewegings wat dansers moet uitvoer, hang af van
      die soepelheid van die spiere.
    x Enige ander geskikte antwoord.                                                      (2)
                                                                                         [10]

                                               OF
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                          DANSSTUDIES                                  7

 VRAAG 4: SKELET (KEUSEVRAAG)

 4.1 – LAE VLAK – 4 Punte – Herkenning
 4.2 – MEDIUM VLAK – 4 Punte – Analisering
 4.3 – HOË VLAK – 2 Punte -– Evaluering

 ANTWOORDE:

 4.1 A – Sleutelbeen (klavikel)
     B – Ribbebene
     C – Heupbeen (bekken)
     D – Kuitbeen (fibula)                                                              (4)

 4.2 4.2.1      ŉ Lang been – Dybeen (femur), Bo-arm (humerus), Skeenbeen
                (tibia), Elmboogbeen (ulna), Radius, Kuitbeen (fibula)                  (1)

       4.2.2    ŉ Plat been – Onder-skouerblad (scapula)                                (1)

       4.2.3    ŉ Onreëlmatige been – Skedel (cranium), heupbeen (bekken)               (1)

       4.2.4    Sesamoïde been – Knieskyf (patella)                                     (1)

 4.3 Ken 2 punte toe vir ŉ bespreking oor die funksies van die skelet.

       x   Gee ondersteuning vir die omliggende weefsel
       x   Beskerm die lewensbelangrike organe en ander sagte weefsel van die
           liggaam.
       x   Gee vorm aan die liggaam.
       x   Is aanhegtingspunte vir spiere.
       x   Is ook ŉ stoorarea vir minerale en kalsium.
       x   Die bloedselle word vervaardig in die rooi beenmurg.
       x   Is hefbome vir beweging van artikulerende gewrigte.
       x   Enige ander geskikte antwoord.                                              (2)
                                                                                      [10]

                                                           TOTAAL AFDELING A:           40

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               DANSSTUDIES                            (EC/NOVEMBER 2018)

 AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID
 VRAAG 5: DANSVORME / BEGINSELS

 5.1 – LAE VLAK – 3 Punte – Herkenning
 5.2, 5.3 – MEDIUM VLAK – 7 Punte – Vergelyking en Evaluering
 MOONTLIKE ANTWOORDE:
 5.1 Ken 3 punte toe vir die beskrywing van 3 beginsels van jou hoofdansvorm.

      Een moontlike antwoord:
      Beginsels van Klassieke Ballet
      x Houding: die bolyf word goed gehou en ondersteun terwyl die belangrikste
        beweging in die arms en bene plaas vind.
      x Uitdraai: uitwaartse rotasie van die bene vanaf die heupe, noodsaaklik vir
        klassieke ballettegniek.
      x Plasing: rangskikking van die kop, ruggraat en ledemate in die korrekte
        belyning met mekaar om ŉ geordende, gebalanseerde vorm te skep.
      x Wette van balans: ŉ ewewigtigheid van die ledemate om ŉ ekwilibrium te
        handhaaf (gelyke gewig oor ŉ sentrale punt)
      x Basiese reëls van die kop, bene, arms en liggaam
      x Verplasing van gewig: verplasing van gewig van een deel van die liggaam
        na die volgende deel.
      x Koördinasie: bring liggaamsdele in korrekte verhouding met mekaar.
      x Gravitasie: ballet werk teen swaartekrag.
      x ‘Punte van die tone’ werk: dit word uitgevoer deur vrouens en vereis
        uitgebreide opleiding van die dansers om hulle in staat te stel om
        opvoerings op hul tone te kan doen.
      x Enige ander geskikte antwoord.                                                  (3)

 5.2 Ken 4 punte toe vir die vergelyking tussen die bewegings en musiek van die
     leerder se hoofdansvorm en enige ander dansgenre.

      Afrika-dans:
      x Bewegings: deelnemend; gebruik swaartekrag; dans na die grond; gebruik
         natuurlike draaie van die liggaam; geskei deur geslag; herhalend; word
         dikwels in 'n sirkel- of lynformasie gedans.
      x Musiek: ritmies; gebruik poliritmes; sang; dromme en perkussie-
         instrumente, insluitend die liggaam; geïntegreerde dans en musiek.
      x Enige ander geskikte antwoorde.

      Kontemporêre dans:
      x Bewegings: beweeg vanaf die bekken; gebruik sterk, natuurlike
        bewegings; gee in en weerstaan swaartekrag; vloerwerk; gebruik van asem
        in sametrekking en vrylating; voortdurend veranderende woordeskat; breë
        beweging woordeskat; fleks en gepunte voete; gebruik liggaamsgewig;
        kragtige bewegings; val en herstel.
      x Musiek: wye verskeidenheid van musiek word gebruik; gebruik klanke en
        stilte.
      x Enige ander geskikte antwoorde.                                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                          DANSSTUDIES                                     9

5.3 Ken 3 punte toe vir ŉ bespreking oor wat jy interessant gevind het terwyl jy oor
    Inheemse Dans geleer het.

     x   Die geskiedenis van hoe hierdie dansvorm ontwikkel het.
     x   Hoe die danse, praktyke en geloofsisteme van die Afrika-mense met mekaar
         verband hou.
     x   Hoe die danse wat in verskillende kulture uitgevoer word, bedoel is vir
         verskillende ouderdomsgroepe en verskillende seremonies.
     x   Die verhouding tussen die musiek (sang en tromspelery) en die dans.
     x   Die poliritmiese geluide gemaak deur die gestamp van die voete tesame met
         die musiek.
     x   Die swaar getrommel wat gespeel word met twee hamers met rubberknoppe,
         die energie en die krag van die dans.
     x   Enige ander geskikte antwoord.                                                     (3)
                                                                                           [10]

                     DAAR IS ’N KEUSE TUSSEN VRAAG 6 EN VRAAG 7.

VRAAG 6: SUID-AFRIKAANSE / INTERNASIONALE CHOREOGRAAF EN
         DANSWERK (KEUSEVRAAG)

6.1 – GEEN PUNTETOEKENNING
6.2 – LAE VLAK – 4 Punte – Beskrywing
6.3, 6.4 – MEDIUM VLAK – 12 Punte – Analisering
6.5 – HOË VLAK – 4 Punte - Bevestiging

NOTA AAN NASIENERS:

Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se antwoorde
geassesseer word. Kandidate het dalk meer inligting in een afdeling as in 'n ander
gegee. Evalueer die hele antwoord om te assesseer wat die kandidaat weet en gee
punte daarvolgens. Geen puntetoekenning vir die naam van die choreograaf nie.
Kolpunte word gebruik om merk te vergemaklik.

EEN MOONTLIKE ANTWOORD:

6.1 Geen punte vir die naam van die choreograaf en die danswerk nie.

6.2 Ken 4 punte toe vir ŉ beskrywing van die storie/intensie/tema van die danswerk.

     Beskrywing van die sinopsis/intensie wat kan insluit:
     x Gedeeltes van verhaal/abstrakte
     x Rede vir die skepping van die werk
     x Enige ander relevante antwoorde                                                      (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                DANSSTUDIES                             (EC/NOVEMBER 2018)

6.3 Ken 8 punte toe vir ŉ gedetailleerde verduideliking van die kostuums, beligting,
    rekwisiete en stelontwerp.

     Produksie-elemente wat gebruik word:
     x Kostuums/Grimering:
     x Kleure
     x Style
     x Effekte
     x Stelle/Rekwisiete:
     x Beelding/Beelde
     x Ontwerp
     x Posisie
     x Gebruik van verhoog:
     x Tipe verhoog
     x Grootte van verhoog
     x Hoe dit gebruik is
     x Ligte:
     x Kleure
     x Effekte
     x Posisies
     x Enige ander relevante informasie                                                    (8)

6.4 Ken 4 punte toe vir ŉ gedetailleerde verduideliking van hoe die musiek die dans
    verbeter/gekomplementeer het.

     Dit kan insluit:
     x Musiek/Begeleiding:
     x Genre/Styl
     x Instrumentasie/Liedjies/Woorde
     x Musiekelemente
     x Gehalte
     x Effekte
     x Enige ander geskikte inligting                                                      (4)

6.5 Ken 4 punte toe vir die choreograaf se bydrae tot dans in die gemeenskap.

     Dit kan insluit:
     x Toekennings wat ontvang is
     x Maatskappye wat gestig is
     x Werkskepping
     x Politieke/sosiale verklarings
     x Onderrig van dansleerders/studentdansers
     x Skepping van nuwe generasies van choreograwe
     x Danswerke wat internasionale erkenning ontvang het
     x Ontwikkeling van nuwe en unieke dansstyle
     x Enige ander relevante antwoord                                                      (4)
                                                                                          [20]

                                            OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                         DANSSTUDIES                                    11

VRAAG 7: GREGORY MAQOMA SE FOUR SEASONS (KEUSEVRAAG)

7.1 – LAE VLAK – 4 Punte – Beskrywing
7.2, 7.3 – MEDIUM VLAK – 12 Punte – Analisering
7.4 – HOË VLAK – 4 Punte – Bevestiging

NOTA AAN NASIENERS:

Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se antwoorde
geassesseer word. Kandidate het dalk meer inligting in een afdeling as in 'n ander
gegee. Evalueer die hele antwoord om te assesseer wat die kandidaat weet en gee
punte daarvolgens. Geen puntetoekenning vir die naam van die choreograaf en die
danswerk nie. Kolpunte word gebruik om merk te vergemaklik.

MOONTLIKE ANTWOORDE:

7.1 Ken 4 punte toe vir ŉ beskrywing van waarom Maqoma die choreografie van
    Four Seasons gedoen het.

     x Maqoma het hierdie stuk geskryf om bewustheid te skep van ons bydrae as
       mens tot die agteruitgang van ons planeet.
     x Hy wou die skoonheid van die natuur na vore bring en hoe kulture en tradisies
       belangrik is in die handhawing van die mensdom.
     x Dit is ook om die lewe te vier.
     x Die werk is oor die mense se behoefte aan genesing.
     x Dit behels ook die skoonheid van die planeet en bied hoop aan toekomstige
       geslagte.
     x Met klimaatsverandering hoog op die lys van kommerwekkende kwessies vir
       ons almal, is dit ŉ baie relevante stuk.
     x Dit is ŉ eenvoudige stuk; nogtans beeld dit ŉ belangrike boodskap uit wat
       met die wêreld identifiseer, van waar dit gekom het, na die plek waar dit gaan:
       hoe die wêreld in die genade van menslike hande is.
     x Dit is ŉ ontdekking van die manier waarop ons ons planeet behandel en die
       onvermydelike gevolge daarvan.
     x Vier Seisoene neem die gehoor van die winterseisoen van verlies en
       wanhoop en dwaal deur die somer namate hoop vir ŉ nuwe begin om lig te
       werp, en voorspoed vir die mensdom om weer van oor af te begin leef.
     x Die simboliek van die sikliese seisoenale beweging hou verband met ons eie
       ervarings omdat ons elkeen ŉ tydperk van seisoenale verandering binne
       onsself beleef. Elke seisoen beskryf dus nie net die wêreld en die uitwerking
       daarop nie, maar die toestand van die menslike psige.
     x Enige ander relevante antwoord.                                                     (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                DANSSTUDIES                              (EC/NOVEMBER 2018)

7.2 Ken 8 punte toe vir ŉ verduideliking van die bewegingswoordeskat, kostuums en
    beligting van enige TWEE seisoene.

     Winter:
     x Die beligting dra by tot ŉ gevoel van grysheid en koue.
     x Die dansers is geklee in swart mantels met kappies, wat tot die koue van die
       onbekende bydra.
     x Die atmosfeer word vasgevang deur die video-projeksie van ŉ vervalle
       gebou, ŉ gevolg van oorlog, ŉ gevoel van verlies en hopeloosheid.
     x Hul bewegings is staccato, skerp, kragtig en hoekig in antwoord op die
       musiek.
     x Die dansers marsjeer op die verhoog rond en skep sodoende ŉ gevoel van
       soldate/oorlog.

     Lente:
     x Die dansers haal die mantels af wat hulle in die ‘winter’ gedra het om die
        lentekleure van hul kostuums te vertoon.
     x Die beligting word warmer en beklemtoon die kostuums.
     x Die video van bloeiende blomme op die toneellinne versterk die toneel.
     x Die dansers word skepsels in die natuur en beeld lente uit as die begin van
        lewe, die groenigheid, bloeiende blomme, bokke wat galop, verskillende voëls
        wat met hul vere spog.
     x Daar is uitbarstings van energie van verskillende dansers wat die ruimte in
        beslag neem. Dit is ŉ vreugdevolle dans.

     Herfs:
     x Die kostuums weerspieël die bruin blare van ŉ droë seisoen.
     x Die beligting gebruik template (‘gobos’) voor die ligte wat patrone op die vloer
        skep om die droë aarde voor te stel.
     x Die video-projeksie van bruin blare op die toneellinne herhaal dit.
     x Die dansers raak slagoffers van sterk winde, liggame word op die vloer
        neergegooi, arms swaaiend en toon ŉ gevoel van gevaar.
     x Die twee dansers wat in die toneel oorbly en deur ŉ viool begelei word, neem
        die gehoor op ŉ reis van oorlewing, verlies en pyn.

     Somer:
     x Die dansers dra rooi kostuums.
     x Die beligting is warm en gloeiend en weerspieël die rooi van die kostuums.
     x Die video-projeksie is ŉ kaart van Afrika, groen van kleur, wat uitbeeld dat
       Afrika die toekoms is. Die woorde van Louis Armstrong se What a Wonderful
       World word op die toneellinne geprojekteer.
     x In hierdie toneel sien ons hoop en uitbarstings van vreugdevolle bewegings
       wat eenheid onder die dansers en ondersteuning vir mekaar toon.
     x Die musiek verander na Brasiliaanse samba-ritmes, en beïnvloed die
       dansbewegings.
       Enige ander geskikte antwoord.                    Enige TWEE seisoene x 4 =          (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
  (EC/NOVEMBER 2018)                           DANSSTUDIES                                   13

7.3 Ken 4 punte toe as die leerder ŉ verduideliking kan gee van hoe die musiek in die
    danswerk gebruik word.

     x   Die musiek word lewendig op die verhoog deur vier musikante gespeel: violis, hoof-
         en baskitaarspeler, tromspeler/perkussiespeler.
     x   Hierdie musikante word agter op die verhoog agter die toneellinne geplaas en is
         sigbaar in sekere dele en verdwyn weer in ander.
     x   Die musiek weerspieël die stemming in al die seisoene:
     x   Winter:
     x   Die musikante is nie sigbaar nie, maar verskaf die ritmiese dryfkrag vir die dansers
         se marsjeerbewegings.
     x   Aan die begin skep die musiek 'n vreemdsoortige gevoel van 'n onherbergsame
         gebied/verlatenheid.
     x   Daarna word dit luid en kragtig.
     x   Lente:
     x   Die musikante word vir die eerste keer getoon en gee ŉ gevoel van diepte aan die
         verhoog.
     x   Die musiek raak in Afrika-ritmes gewortel, net soos die dans.

     x   Herfs:
     x   Die musiek berei die toneel voor met die geluid van wind wat waai en bou op tot ŉ
         gevoel van rock ŉ roll, wat chaos en verlies uitbeeld.
     x   Die droefgeestige klanke van die viool begelei die twee dansers wat op die verhoog
         agterbly en weerspieël hul gevoel van pyn en verlies.
     x   Somer:
     x   Die musiek is lewendig met ŉ gevoel van Brasiliaanse samba.
     x   Dit beïnvloed die dansbewegings, wat die sensuele gebruik van heupe insluit soos
         in 'n samba.
     x   Enige ander relevante antwoord.                                                           (4)

7.4 Ken 4 punte toe as die leerder die choreograaf se bydrae tot die gemeenskap kan
    bespreek.

     x   Maqoma het in 1999 sy eie dansgeselskap in Suid-Afrika gestig – Vuyani Dance
         Theatre (VDT).
     x   Hy was deel van die Performing Arts Research and Training School (PARTS)
         in België. Dit het die danswoordeskat van sy geselskap uitgebrei en Suid-Afrikaners
         internasionale blootstelling gegee.
     x   Sy geselskap (VDT) het werk geproduseer wat maatskaplike waardes in Suid-Afrika
         uitgedaag en bevraagteken het en geskiedenis as 'n beginpunt gebruik het om
         stellings oor toestande in Suid-Afrika te maak.
     x   Hy word in Suid-Afrika gerespekteer vir sy medewerking met kunstenaars van sy
         generasie en vir hulle insluiting by sy produksies.
     x   Toekennings vir sy bydrae tot die ontwikkeling van ŉ ware Suid-Afrikaanse dansstyl
         en 'n geselskap wat dit weerspieël:
         o Hy is in Suid-Afrika vir sy bydrae tot dans erken en bekroon – 'MEC'- toekenning
             en The Dance Manyano Choreographer of the Decade-danstoekenning.
         o Hy was hoofchoreograaf vir die Wêreldberaad vir Kuns en Kultuur.
         o Hy was hoofchoreograaf van die FIFA Wêreldbeker-konsert wat in Johannesburg
             plaasgevind het.
         o Hy was deel van die ANC se eeufeesviering, dans-en-teatermusiekblyspel,
             Tshihumbudzo.
  Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                 DANSSTUDIES                                (EC/NOVEMBER 2018)

      x   Hy was mederegisseur van Moving into Dance – South Africa en het
          bygedra tot die ontwikkeling van belangrike werke vir hierdie geselskap wat
          die samelewing en die tyd weerspieël.
      x   Hy was artistieke regisseur van die Afro-Vibes Festival in Nederland wat
          kulturele talent uit Suid-Afrika vertoon het.
      x   Hy onderrig by verskeie universiteite in Suid-Afrika, die VSA en Europa en
          laat inligting uit verskillende kulture en agtergronde in sy lesings ineenvloei.
      x   Hy het vir baie leidende geselskappe in Suid-Afrika dansrepertoriums
          geskep.
      x   Hy daag manlike en vroulike dansers ewe veel uit (geslagsgelykheid). Hy
          dink nooit aan kwotas of stelsels nie – hy herken talent en kweek dit.
      x   Hy glo aan ontdekking/ondersoek van die ryk geskiedenis van Suid-
          Afrikaners en om ŉ spieël voor die samelewing te hou.
      x   Deur dans vind hy kreatiewe maniere om die las van die verlede te genees.
          Die geselskap is 'n plek waar dansers en kunstenaars veilig voel en met
          selfvertroue saam kan werk. VDT werk saam met kunstenaars wat ŉ visie
          het om die wêreld te verander.
      x   Sy uitreikprogram gee dansers die geleentheid om te verander en om ŉ
          katalisator vir verandering in hulle gemeenskappe te wees deur hulle te
          verbind om in ŉ gemeenskap te werk en hulle kennis te deel.
      x   Enige ander geskikte antwoorde.                                                      (4)
                                                                                              [20]

 VRAAG 8: KONVENSIONELE / ONKONVENSIONELE OPVOERRUIMTES

 8.1 – LAE VLAK – 3 Punte – Herkenning
 8.2 – MEDIUM VLAK – 2 Punte – Toepassing
 8.3 – MEDIUM VLAK – 2 Punte – Analisering
 8.4 – HOË VLAK – 3 Punte – Evaluering

 MOONTLIKE ANTWOORDE:

 8.1 A – Prosceniumboog-verhoog
     B – Arenaverhoog (teater-in-die-rondte)
     C – Stamdansomgewing/Inheemse opvoerruimte                                                (3)

 8.2 Ken 2 punte toe vir die name van 2 produksierolle.

      Hieronder is slegs ŉ paar voorbeelde:
      x Verhoogbestuurder (VB)
      x Bemarkingsbestuurder
      x Voorhuis bestuurder
      x Enige ander geskikte antwoord                                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                          DANSSTUDIES                                   15

 8.3 Ken 2 punte toe as die leerder die 2 produksierolle wat in VRAAG 8.2 genoem
     is, kan verduidelik.
       Hieronder is slegs ŉ paar voorbeelde:
       VERHOOGBESTUURDER (VB)
       x Bestuur alles wat op die verhoog en agter die skerms gebeur soos die stel-
          en rekwisiete-veranderinge (bygestaan deur verhooghandlangers), en sal
          ook met die klank en beligting-tegnici kommunikeer.
       x Die VB dra gewoonlik ŉ kopstuk gedurende die vertonings en lei lede van
          die produksie en verhoogpersoneel om te verseker dat alle aspekte van die
          produksie – klank- en beligtingaanduidings, die plasing van stelle en
          rekwisiete op en af van die verhoog, en die uitgange en ingange van die
          kunstenaars – op die regte tyd en in ooreenstemming met die choreograaf
          se aanwysings uitgevoer word.
       x Die verhoogbestuurder is ook verantwoordelik vir die veiligheid van die
          kunstenaars en verhoogpersoneel terwyl hulle in die teater is.
       BEMARKINGSBESTUURDER
       x ŉ Bemarkingsbestuurder koördineer die bemarking en promosies van ŉ
          dansgeselskap.
       x Haar/sy se doel is om die organisasie se handelsmerk deur volgehoue en
          opvallende mediaveldtogte, die maatskappy se webwerf, nuusbrief en huis-
          programme, sowel as logo en briefhoof uit te brei en te vestig.
       x Hy of sy sal advertensies bespreek vir die gedrukte en uitsaaimedia,
          plakkate en pamflette voorberei en versprei, en die fotosessies en
          mediaoproepe koördineer.
       VOORHUISBESTUURDER:
       x Lid van die teaterbestuur, wat verantwoordelik is vir die dag-tot-dag verloop
          van die voorhuis (VHB) gebied (in teenstelling met die agterste
          verhoogareas).
       x Hy/sy kan toesig hou oor die besprekingskantoor waar kaartjieverkope sal
          plaasvind, enige verkope/spysenieringstal asook die bestuur en
          leidinggewing van bodes en enige ander deel van die gebou wat die publiek
          sal betree tydens hul besoek aan die teater.
       x Hy koördineer die begin van die vertonings met die verhoogbestuurder, en
          hou rekord van die aanvangs- en slottye van die vertonings, sowel as die
          grootte van die saal (aantal mense wat die vertoning gaan bywoon).
       x In geval van 'n brand of noodgeval, moet hy of sy beheer neem.
       x Enige ander geskikte antwoord.                                                    (2)
 8.4 Ken 3 punte toe vir ŉ bespreking oor hoe die kenmerke van die konvensionele
     ruimte A, in 'n produksie gebruik mag word.

       x Dit het ŉ siklorama/sikloramagordyn wat ŉ permanente gepleisterde muur is
         of ŉ regaf skerm of swart gordyn of lap wat aan die agterkant van die
         verhoog gehang word en waarop lig gefokus kan word om effekte te skep.
       x Dit het skerms wat houtrame is wat gewoonlik met geverfde materiaal bedek
         is, wat gebruik word om mure of skeidings op die verhoog te skep.
       x Die verhoog het syskermareas na links en regs van die opvoerruimte waar
         die kunstenaars/dansers regmaak om die verhoog te betree of waar hulle
         van die verhoog afkom.
       x Enige ander geskikte antwoord.                                                    (3)
                                                                                          [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                DANSSTUDIES                              (EC/NOVEMBER 2018)

 VRAAG 9: MUSIEK / DANSELEMENTE / CHOREOGRAFIESE ELEMENTE/
          KONTAKIMPROVISASIE

 9.1 – LAE VLAK – 4 Punte – Herkenning
 9.2 – MEDIUM VLAK – 4 Punte – Analisering
 9.3, 9.4 – LAE VLAK – 2 Punte – Herkenning
 9.5 – MEDIUM VLAK – 6 Punte – Toepassing
 9.6 – HOË VLAK – 4 Punte – Evaluering

 MOONTLIKE ANTWOORDE:

 9.1 9.1.1     Dit is musiek wat al eeue lank bestaan. ŉ Vol orkes word gewoonlik vir
               klassieke musiek gebruik.                                                    (1)

      9.1.2    Dit is musiek wat aan ŉ spesifieke kulturele groep behoort. Dit word
               herken aan die musikale styl of kenmerkende ontwerpe van die tipiese
               instrumentasie.                                                              (1)

      9.1.3    Poliritme vind plaas wanneer twee of meer afsonderlike ritmes op
               dieselfde tyd saam gespeel word.                                             (1)

      9.1.4    Musikaliteit is die vermoë om jouself deur musiek uit te druk en daarby
               aanklank te vind; om nie slegs die musiek te hoor nie maar om dit ook
               te voel.                                                                     (1)

 9.2 9.2.1     Klank word gemaak deur vibrerende kolomme lug wat ontstaan deur te
               blaas                                                                        (1)

      9.2.2    Klank word gemaak deur self te vibreer                                       (1)

      9.2.3    Klank word gemaak deur 'n vibrerende membraan                                (1)

      9.2.4    Klank word gemaak deur vibrerende snare                                      (1)

 9.3 Unison beweging/eenheidsbeweging is wanneer almal dieselfde bewegings op
     dieselfde tyd doen.                                                                    (1)

 9.4 Asimmetries gebeur wanneer die twee kante van die liggaam verskillende
     bewegings doen. Dit is ongelyk of ongebalanseerd.                                      (1)

 9.5 9.5.1     Tyd
               x Die spoed waarteen dansers optree: stadig/vinnig/ êrens tussenin.
               x Tydsduur: die tydsduur om ŉ beweging te voltooi.
               x Dansers interpreteer die kwaliteit van die musiek. Pas, ritme, pols,
                  sinkopasie, ens. van die musiek beïnvloed die dans.                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                         DANSSTUDIES                                    17

     9.5.2    Ruimte
              x Ruimte verwys na hoe ons in ŉ ruimte beweeg. Hoe jy die beskikbare
                 ruimte gebruik. Die gebruik van groot opvoerruimtes of klein,
                 beperkte opvoerruimtes.
              x Dit kan betrekking hê op die gebruik van negatiewe en positiewe
                 ruimte.
              x Vlakke wat in ŉ danswerk gebruik word: hoë/medium/lae posisies.
              x Die werklike verhoogruimte waarop jy optree: konvensionele
                 verhoogruimtes/onkonvensionele verhoogruimtes.
              x Rigting en vorm van bewegings.
              x Hoe jy met ander dansers in ŉ opvoerruimte omgaan.
              x Die danser se eie kinestetiese bewustheid van hoe sy/haar liggaam
                 in ruimte beweeg.                                                         (2)

     9.5.3    Krag
              x Krag het te make met die hoeveelheid energie wat in ŉ beweging
                 gebruik word.
              x Dit het betrekking op die dinamiek van ŉ beweging om betekenis
                 daaraan te verleen.
              x Sommige bewegings het min energie nodig – sagte, bedaarde
                 bewegings/ bewegings waarin die danser nie baie beweeg nie.
              x Sommige bewegings verg baie energie – groot, kragtige bewegings/
                 bewegings wat ŉ groot ruimte gebruik.                                     (2)

9.6 Ken 4 punte toe vir besprekings van belangrike faktore wat in ag geneem moet
    word wanneer met ŉ maat gewerk word.

     Leerders mag baie verskillende idees gee. Hieronder is net ŉ voorbeeld
     van moontlike antwoorde.
     x Julle moet albei ewe veel die gevoel van gee en neem ervaar vir paarwerk
        om suksesvol te wees.
     x Dit is belangrik om jou maats se liggame sowel as jou eie met respek te
        behandel.
     x Jou maat moet jou ten alle tye veilig laat voel en jy moet ook jou maat laat
        veilig voel.
     x Jy moet kreatief wees en nie selfbewus of bedreigd voel nie.
     x Wees sensitief in die manier waarop jy met en tussen ander dansers
        beweeg.
     x Vermy juweliersware wat rondswaai of los klere wat kan vashaak aan iets.
     x Wanneer jy iemand oplig, moet jy ook seker maak dat jy die stremming van
        jou rug wegvat deur jou knieë te buig en jou kernspiere te gebruik.
     x Jy en jou maat moet vry voel om te kommunikeer wanneer julle saamwerk.
     x Gedurende paarwerk moet jy somtyds beheer oorgee aan jou maat, so jy
        moet jou maat kan vertrou.
     x Enige ander geskikte antwoord.                                                      (4)
                                                                                          [20]

                                                             TOTAAL AFDELING B:            60
                                                                 GROOTTOTAAL:             100

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [DANCE STUDIES GR11 QP ENG NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-qp-eng-nov2018-d/e22c5184-7fda-4415-8be3-29526f0e4e50) — Dance Studies · QP · 2018 · Eng
- [DANCE STUDIES GR11 QP AFR NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-qp-afr-nov2018-d/8146becc-d926-4a4d-9181-a511e0ec5e28) — Dance Studies · QP · 2018 · Afr
- [DANCE STD MEMO ENG GR11 NOV 2015](https://www.hlayiso.com/library/dance-std-memo-eng-gr11-nov-2015/43967878-32f9-44e7-a93b-1310a9e2823c) — Dance Studies · Memo · 2015 · Eng
- [Dance Studies Memo](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-memo/53142bc7-30cb-4f36-96ea-375d0f3b83a5) — Dance Studies · Memo · 2014
- [DANCE STD GR11 NOV2013 MEMO (Eng)](https://www.hlayiso.com/library/dance-std-gr11-nov2013-memo-eng/4acd73cf-2cdd-4d1d-a585-f4b379c88766) — Dance Studies · Memo · 2013 · Eng
- [DANCE STUDIES GR11 NOV2013 MEMO (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-nov2013-memo-afr/e480781f-1a59-4a13-9ee2-ea21774c7b40) — Dance Studies · Memo · 2013 · Afr

## More from Grade 11 Dance Studies

- [Gr 11 Dan Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-dan-stu-atp-2023-24/d7cf0d0b-5284-4b58-bc3c-3be7d351d71d) — ATP
- [DANCE STUDIES GR11 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-qp-nov2017-afrikaans/22c34254-0ff5-40a1-976c-84b454462346) — QP · 2017 · Afr
- [DANCE STUDIES GR11 QP NOV2017 English](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-qp-nov2017-english/a0e9cc72-0a0c-4242-a8fa-cbb0352c2d3a) — QP · 2017 · Eng
- [Gr11 DNCE N16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-dnce-n16-qp-eng/f77045ee-305e-48c4-87c1-9aa0ab88d145) — QP · 2016 · Eng
- [Gr11 DNCE N16 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr11-dnce-n16-qp-afr/fdb31f99-b1cb-471a-8aa8-6871408034b1) — QP · 2016 · Afr
- [DANCE STUDIES QP GR11 NOV 2015 AFR](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-qp-gr11-nov-2015-afr/fb4bb08d-9e08-4830-a135-f023bf152fe8) — QP · 2015 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
