# Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2013 Memo (Afr)

> Grade 11 Dance Studies memorandum from the Eastern Cape November 2013 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-nov2013-memo-afr/e480781f-1a59-4a13-9ee2-ea21774c7b40
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dance Studies
- Grade: Grade 11
- Document type: Memorandum
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Dance Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/dance-studies) › [Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2013 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-nov2013-memo-afr/e480781f-1a59-4a13-9ee2-ea21774c7b40)

## About this document

Dance Studies · Grade 11 · Eastern Cape November · 2013. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 11

                       NOVEMBER 2013

                        DANSSTUDIES
                        MEMORANDUM

PUNTE:   100

                 Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye.

### Page 2

2
                Downloaded    from hlayiso.com
                       DANSSTUDIES                                           (NOVEMBER 2013)

NOTA AAN NASIENERS/ONDERWYSERS

   In die voorbeelde van moontlike antwoorde, is daar baie meer inligting verskaf as ŉ
    bron vir onderwysers en nasieners, as wat van die kandidate verwag word.
   Kolpunte (‘Bullets’) is in die memo gebruik om nasien te vergemaklik.
   Verwys na die vermoënsvlakke in die ‘Fokusvraag’-tabel onder elke vraag om die
    hoë, medium en lae kognitiewe vlakke, wat in die antwoord verwag word, te bepaal.
   Nasieners moet nie kandidate vir verkeerde gebruik van grammatika of spelling
    penaliseer nie. Solank die kandidaat se antwoord duidelik en verstaanbaar is en aan
    die nasienkriteria (bv. die benoeming van spiere) voldoen. Hulle mag egter nie
    volpunte vir opstel/paragraaftipe vrae kry as daar grammatika- en spelfoute is
    en die antwoord nie in die regte formaat geskryf is nie of nie die vraag
    betekenisvol beantwoord nie.
   In baie van die kwalitatiewe vrae, waar volledige verduidelikings vereis word, is een
    regmerkie nie altyd aan een punt gelyk nie. Halwe punte kan toegeken word.
   Vermy die toekenning van volpunte waar die antwoord oppervlakkig en
    minimaal is.
   Waar kandidate agterlosige foute gemaak het, bv. nommering, moet hulle met 10%
    gepenaliseer word, maar die nasiener en moderator besluit of die kandidaat die
    betrokke vraag korrek beantwoord het.
   Soek na dit wat die kandidaat weet, nie wat hy/sy nie weet nie.

### Page 3

(NOVEMBER 2013)
                   Downloaded    from hlayiso.com
                          DANSSTUDIES                                                        3

AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYKE EN GESONDHEIDSORG

VRAAG 1

MEMO:
FOKUS VAN VRAAG                      ONDERWERP             VERMOËNSVLAKKE
Voeding/eetversteurings             1   2    3          LAAG   MEDIUM  HOOG
                                    √
Gebalanseerde dieet                                          2
Eetversteurings                                              2
Danser se dieet                                                          3
Uitwerkings van Anoreksie                                                3

NOTA AAN NASIENERS:
Baie moontlike antwoorde kan gegee word. Gebruik professionele oordeel wanneer die
kwaliteit van die kandidate se antwoorde geassesseer word.

MOONTLIKE ANTWOORDE:

1.1     Jy moet die regte hoeveelheid kos eet van elk van die vyf voedselgroepe. Die
        hoeveelheid kos wat jy eet moet genoeg wees vir die hoeveelheid energie wat jy
        gebruik.                                                                             (2)

1.2.       Eet klein maaltye dikwels – ten minste vyf of ses maaltye gedurende die dag.
           Vermy vetterige kos, soet drankies, verwerkte en gebraaide kosse, omdat dit
            alles hoog is in kalorieë.
           Dra gesonde peuselhappies saam met jou wanneer daar vir lang ure
            gerepeteer word.
           Drink genoeg water om te verseker dat jy gehidreer bly.
           Vul jou dieet aan met vitamiene omdat die liggaam baie min ontvang uit die kos
            wat jy eet.                                                                      (3)

1.3     ‘Anorexia’ beteken om mens se eetlus te verloor en ‘nervosa’ beteken van
        senuagtige oorsprong. Hierdie definisie is nie heeltemal akkuraat nie, aangesien
        lyers nie hul eetlus verloor nie, maar net nie daaraan gehoor gee nie.               (2)

1.4        Min energie, moegheid en swakheid
           Duiseligheid en floutes
           Mag soms ŉ tydperk van uitermatige hoë energie ervaar, waartydens hul bv.
            vir ure huis sal skoonmaak of hard studeer, ens.
           Maagpyne, opgeswelde maag en hardlywigheid (a.g.v. te min vesel in die
            dieet).
           Geswelde gesig en enkels (a.g.v. waterretensie).
           Soms groei daar fyn, donsige haartjies oor die liggaam om dit warm te hou,
            aangesien die liggaam nie genoeg natuurlike vette het om hierdie funksie te
            verrig nie.

### Page 4

4
                  Downloaded    from hlayiso.com
                         DANSSTUDIES                                           (NOVEMBER 2013)

           Verloor hare.
           Amenorrhea (maandstonde stop) a.g.v. ŉ tekort aan estrogeen.
           Mag osteoporose (die verswakking van beendere) veroorsaak en sukkel om
            kinders te hê later aan a.g.v. hormonale oneweredigheid.
           Gevaarlike lae mineralevlakke in liggaamsvloeistowwe a.g.v. elektroliete,
            uithongering, dehidrasie en braking.
           Ongelyke hartritme en hartstilstand a.g.v. ŉ tekort aan minerale (bv. kalsium,
            magnesium en kalium).

        Die emosionele en sielkundige effek wat anoreksie tot gevolg het, sluit die
        volgende in:
         Depressie en buierigheid.
         Word antisosiaal en spandeer al hoe meer tyd alleen.
         Word al hoe meer geheimsinnig oor eet- en oefening-gewoontes en lieg
           dikwels vir familie en vriende om die siekte weg te steek.
         Word baie angstig en paniekerig oor eet en sny meer en meer kosse uit,
           totdat bykans niks oorbly nie, was as ‘veilig’ beskou word .
         Ontwikkel sekere rituele rondom kos, bv. die spesifieke manier waarop kos
           gesny en gerangskik word.
         Gedagtes oor kos en gewig domineer hul lewe.                                            (3)
         Koop en berei dikwels kos vir ander mense voor.                                        [10]

DAAR IS ’N KEUSE TUSSEN VRAAG 2 EN VRAAG 3.

VRAAG 2

MEMO:
FOKUS VAN VRAAG                     ONDERWERP               VERMOËNSVLAKKE
Gewrigte/Geraamte                  1   2    3            LAAG   MEDIUM  HOOG
                                   √
Benaming van gewrigte                                        2
Anatomiese aksies                                                         2
Liggaamsdele                                                              2
Funksie van die geraamte                                                             4

NOTA AAN NASIENERS:

Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se antwoorde
geassesseer word.
In VRAAG 2.6 moet kandidate noem en verduidelik om een punt te kry. Indien die
kandidaat slegs benoem en nie verduidelik nie, moet ŉ halwe punt toegeken word.

### Page 5

(NOVEMBER 2013)
                  Downloaded    from hlayiso.com
                         DANSSTUDIES                                                     5

ANTWOORDE:

2.1      A – Skarniergewrig; B – Bal-en-potjie-gewrig                                     (2)

2.2      Fleks en ekstensie van die knie, enkel en elmboog                                (1)

2.3      Rotasie, fleks, ekstensie, abduksie van die heup, adduksie van die skouer        (1)

2.4      Knie, elmboog en enkel                                                           (1)

2.5      Skouer en heup                                                                   (1)

2.6         Ondersteuning vir omliggende weefsels.
            Beskerming vir die belangrike organe en ander sagte weefsel van die
             liggaam.
            Vorm en gedaante vir die liggaam.
            Aanhegspunte vir spiere.
            Stoorarea vir minerale en kalsium.
            Bloed selle wat in die rooi beenmurg vervaardig word.
            Hefbome vir beweging deur die artikulering van gewrigte.                     (4)
                                                                                         [10]

                                                   OF

VRAAG 3

MEMO:
FOKUS VAN VRAAG                       ONDERWERP            VERMOËNSVLAKKE
Anatomiese aksies/spiere             1   2    3         LAAG   MEDIUM  HOOG
                                     √
Anatomiese aksies                                                       4
Naam van spiere                                              2
Ontleding – 3.2.3, 3.2.4                                                             4

ANTWOORDE:

3.1      3.1.1     Laterale rotasie of rotasie                                            (1)

         3.1.2     Fleksie of uitwaartse rotasie                                          (1)

         3.1.3     Fleksie of uitwaartse rotasie                                          (1)

         3.1.4     Plantar-fleksie                                                        (1)

3.2      3.2.1     Gluteus maximus                                                        (1)

         3.2.2     Sartorius                                                              (1)

### Page 6

6
                  Downloaded    from hlayiso.com
                         DANSSTUDIES                                                 (NOVEMBER 2013)

        3.2.3            Kernstabiliteit sluit in die spiere aan die voorkant (anterior) van die
                          liggaam:
                           Rectus Abdominus
                           Interne/eksterne oblique’s
                           Transverse Abdominus
                         Dit sluit in die spiere aan die agterkant (posterior) van die liggaam:
                           Erector spinae
                           Multifidus
                           Gluteus spiere                                                              (2)

        3.2.4            Quadriceps – voor
                         Sartorius – voor
                         Dyspier – agter
                         Adduktors – middel
                         Gastrocnemius – kuit
                         Soleus – kuit
                         Tibialis anterior – kuit                                                      (2)
                                                                                                       [10]

VRAAG 4

MEMO:
FOKUS VAN VRAAG                          ONDERWERP               VERMOËNSVLAKKE
Komponente van liggaams-                1   2    3            LAAG   MEDIUM  HOOG
kondisionering                          √
benaming                                                          1
Hoe om dit te bereik                                                           2
Krag                                                                           3
Veilige strekking                                                                           4

NOTA AAN NASIENERS:

Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se antwoorde
geassesseer word. Evalueer die hele antwoord om te assesseer wat die kandidaat weet
en gee punte daarvolgens.

VOORBEELD VAN MOONTLIKE ANTWOORD:

4.1     Kernstabiliteit                                                                                 (1)

4.2        Beoefen ŉ goeie postuur en wees te alle tye bewus van korrekte belyning
            gedurende alle beweging.
           Gebruik maagspiere tydens beweging, veral as die beweging vereis dat jy
            buite normale belyning moet werk.
           Doen gereelde oefeninge vir maag- en rugspiere.
           Behou ŉ gebalanseerde sterkte tussen maag- en rugspiere.
           Kondisioneer die stabiliserende spiere in beweging en gehoue posisies.                      (2)

### Page 7

(NOVEMBER 2013)
                  Downloaded    from hlayiso.com
                         DANSSTUDIES                                                       7

4.3         Dit verhoog fisiese prestasie, uithouvermoë en energie.
            Dit verminder die risiko van besering.
            Dit verhoog die krag in jou gewrigte sodat jy jou been hoog kan lig.
            Dit verbeter jou balans en krag om die liggaam in enige posisie te hou.
            Dit stel jou in staat om hoër te spring.
            Dit verseker dat jou liggaam goed belyn is met die gewig oor die middel van
             jou voete en jou skouers oor heupe; heupe oor knieë en knieë oor die
             middelste tone.                                                                (3)

4.4      Veilige strek-plakkaat:
         Inligting op die plakkaat moet die volgende insluit:

            Strek van spiere, ligamente en senings moet stadig en versigtig op ŉ
             beheerde wyse gedoen word.
            Ligte strekwerk kan as deel van die opwarming gedoen word, aangesien dit
             help om die liggaam vir aktiwiteit voor te berei.
            Die beste tyd om te strek om jou omvang van beweging te verbeter is aan die
             einde van die klas wanneer die liggaam baie warm is.
            Strek altyd wanneer jy opgewarm is.
            Ballistiese strekking is gevaarlik, kan beserings veroorsaak en moet liewer
             vermy word.
            Fokus op die gevoel van ‘spanning’ van ŉ strek eerder as op die ‘pyn’.
            Moet nooit iemand in 'n strekoefening dwing nie.                               (4)
                                                                                           [10]

VRAAG 5

MEMO:
FOKUS VAN VRAAG                      ONDERWERP               VERMOËNSVLAKKE
Beserings/voeteversorging           1   2    3            LAAG   MEDIUM  HOOG
                                    √
Voete versorging                                                5
Krampe/oorsake                                                           2
Skeenbeensplinters/                                                      3
voorkoming

ANTWOORD:

5.1      5.1.1    C     Moeë voete                                                          (1)

         5.1.2    E     Atletiese voete                                                     (1)

         5.1.3    D     Sweterige voete                                                     (1)

         5.1.4    A     Gekraakte hakke                                                     (1)

         5.1.5    B     Gebarste vel                                                        (1)

### Page 8

8
                 Downloaded    from hlayiso.com
                        DANSSTUDIES                                          (NOVEMBER 2013)

5.2      Koue spiere
         Onvoldoende minerale in die dieet
         Dehidrasie                                                                            (2)

5.3        Dans op geveerde houtvloere.
           Versterk laebeenspiere.
           Dra die regte skoene (mag dalk spesiale skoene benodig as in skoene
            gedans word).
           Vermeerder die intensiteit van jou oefening geleidelik.
           Warm op en koel af.
           Strek laebeenspiere, voor en agter.                                                 (3)
                                                                                               [10]

                                                                TOTAAL AFDELING A:              40

AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN- GELETTERDHEID

VRAAG 6

MEMO:
FOKUS VAN VRAAG                    ONDERWERP               VERMOËNSVLAKKE
Kruis kulturele/inheemse          1    2     3           LAAG  MEDIUM   HOOG
dansvorme                                    √
Naam/oorsprong/wie tree                                     6
daarin op/musikale
bykomstighede/gedrag
Doel/bewegings en                                                       4
stelontwerp
Simbolisme                                                                          2

NOTA AAN NASIENERS:

Baie moontlike antwoorde kan gegee word. Gebruik professionele oordeel wanneer die
kwaliteit van die kandidate se antwoorde geassesseer word.

KRITERIA VIR NASIEN:

6.1     Ken toe ŉ halwe punt vir die naam en ŉ halwe punt vir die oorsprong van die
        dans.
6.2     Ken vol punte toe vir ŉ duidelike en uiteengesette beskrywing van wat die
        dansers dra.
6.3     Ken vol punte toe vir ŉ uiteengesette bespreking van die musikale
        bykomstighede.
6.4     Ken een punt toe vir die toonsetting van die dans en twee punte vir die tipe
        bewegings wat in die dans gebruik word.
6.5     Ken vol punte toe vir ŉ uiteengesette verduideliking van die simboliek in Afrika-
        dans.

### Page 9

(NOVEMBER 2013)
                   Downloaded    from hlayiso.com
                          DANSSTUDIES                                                         9

MOONTLIKE ANTWOORDE:

6.1       Die Indlamu dans – Kwazulu-Natal – Suid-Afrika                                      (1)

6.2       Deesdae word die dans opgevoer deur mense van enige ouderdom. Jong vroue
          is ook betrokke in die dans, hulle sing, klap hande en ululeer deur ŉ geweldige
          geluid te maak.                                                                     (1)

6.3       Hierdie tradisionele dans wat die meeste verband hou met die Zoeloe-kultuur
          word uitgevoer met tromme en volle tradisionele drag en is van die oorlogdans
          van die krygsmanne afkomstig. Dit word uitgevoer voor die manne oorlog toe
          gaan, sowel as om hul oorwinning na die geveg te vier.                              (1)

6.4       Die mans dra diervelle, ‘amabeshu’ wat die boude toemaak, sowel as
          armbande, hoofringe en ŉ seremoniële-gordel. Enkelratels word gedra.
          Sandale wat van motorbande gemaak word, kan gedra word of dansers sal
          kaalvoet wees. Die dansers tree op terwyl hulle hul wapenskilde hou en wapens
          soos knopkieries en spiese word gebruik.                                            (2)

6.5       Die manne skree hul oorlogkrete terwyl hulle dans en die vroue klap, dreunsang
          en ‘ululeer’ van die kantlyn af. Gedurende die grootste gedeelte van die dans
          sal die vroue sing en die roemryke dade van die mans se bekwaamhede prys.
          Klanke soos Shi-Hom, Ali-Li-Li-Li, Ayi-ayi-ayi, word oor en oor herhaal. Verskeie
          tromme en gefluit sal die dans vergesel. Die slaan van die trom verduidelik die
          stemming van die stam se mense, en herroep die diepste van emosies.
          Tromme vergesel hulle altyd tydens elke geleentheid van hul lewens.                 (2)

6.6       Oorspronklik sowel as tans, sou hierdie dans in die buitelug uitgevoer moes
          word, maar dit word nou dikwels uitgevoer op die verhoog in ŉ groot
          dansproduksies soos ‘Umoja’.
          Hierdie oorlogdans is onaangeraak deur Westerse-invloed, waarskynlik omdat
          dit beskou word as ŉ hoeksteen van Zoeloe-identiteit. Volle regimenthouding,
          akkurate tydsberekening en onvergelykbare postuur word vereis. Terwyl
          INDLAMU soortgelyke stappe gebruik as wat die meisies doen vir INGOMA, het
          dit ŉ baie meer berekende, minder woes gevoel, wat spierkrag en beheer van
          die wapens wys deur spottend te steek na denkbeeldige vyande. Die dansers is
          meer geneig om oogkontak met die gehoor te maak. Die mans lig een been in
          die lug, bring dit saam met die hande af, gevolg deur die ander been. Dit word
          oor en oor herhaal met verandering van die bene, en terwyl hulle dit doen, lig
          hulle een been in die lug en val dan doelbewus op die grond op hul rug. Die
          vroue sing en klap hande terwyl hulle dans en hulle is die mense wat jy hoor
          baie harde geluide maak met hul tonge. Die meisies doen dieselfde as die
          vroue, maar by tye lig hulle een been in die lug met hul hande onder die been.
          Dit is nie dieselfde as die mans en seuns nie, want die meisies wil hul private
          dele met hul hande te dek (uit respek vir die ouderlinge) wanneer hulle die been
          oplig, maar die mans en seuns hoef dit nie te doen nie.                             (3)

### Page 10

10
                 Downloaded    from hlayiso.com
                        DANSSTUDIES                                          (NOVEMBER 2013)

6.7     Afrika-danse simboliseer sosiale struktuur en tradisionele waardes van die
        mense wat daarmee verband hou. Hierdie danse help die Afrika-mense om te
        loof, te kritiseer en selfs om met mekaar te werk. Afrika-danse is geneig om die
        lewens en gevoelens van ŉ Afrika-individu, ŉ paar of ŉ hele gemeenskap te
        verduidelik. Die Afrika-danse word geklassifiseer op grond van geslag en
        versterk met diepte sekere gemeenskapstrukture soos ouderdom, status,
        konteks en verwantskap.                                                                 (2)
                                                                                               [12]

VRAAG 7

MEMO:
FOKUS VAN VRAAG                    ONDERWERP              VERMOËNSVLAKKE
Internasionale choreograaf        1   2    3           LAAG   MEDIUM  HOOG
                                           √
Storie/sinopsis                                             4
Kostuum/styl van werk                                                   6
Waarom is dit belangrik om                                                          2
internasionale werke te
bestudeer?

NOTA AAN NASIENERS:

Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se antwoorde
geassesseer word. Kandidate het dalk meer inligting in een afdeling as in ŉ ander gegee.
Evalueer die hele antwoord om te assesseer wat die kandidaat weet en gee punte
daarvolgens.
Kolpunte word gebruik om merk te vergemaklik.

KRITERIA VIR NASIEN

7.1     Geen puntetoekenning vir die naam van die danswerk en die naam van die
        choreograaf nie.
7.2     Ken vol punte toe vir ŉ volledige verduideliking van die sinopsis/storie.
7.3     Ken vol punte toe vir ŉ duidelike en volledige beskrywing van die kostuums wat
        gedra was.
7.4     Ken vol punte toe vir ŉ volledige beskrywing van die dansstyl van die werk.
7.5     Ken vol punte toe vir ŉ volledige verduideliking van die leerling se opinie oor
        waarom dit belangrik is om van internasionale dansgeskiedenis te leer.

### Page 11

(NOVEMBER 2013)
                    Downloaded    from hlayiso.com
                           DANSSTUDIES                                                              11

EEN MOONTLIKE ANTWOORD:

7.1       ‘Ghost Dancers’ deur Christopher Bruce

7.2          Bruce gebruik duidelike karakterisering om sy idees in Ghost Dancers oor te
              dra.
             Hulle beweging is sterk en dieragtig en hulle kom voor asof hulle altyd wag
              soos roofvoëls.
             Die Dood word deur drie manlike dansers gesimboliseer wat maskers dra en
              wie se liggame so geverf is dat dit ŉ skelet voorstel.
             Die groep dansers wat as die Dooies bekend staan, verteenwoordig die
              dorpenaars wie se lewens voortdurend deur die dood bedreig word.
             Hierdie karakters word byeengebring op ŉ ontmoetingsplek wat ŉ
              ‘stilhouplek’ of ŉ tipe onderwêreld verteenwoordig.
             Die Dooies neem ons deur tonele van hulle lewens, die hartseer, die
              blye/gelukkige en vreesaanjaende oomblikke, en hierdie verhale word wreed
              deur die dood verteenwoordig wat deur die drie Spoke, onderbreek word.
             Ghost Dancers is in sewe dele verdeel.
             Die openingstoneel bepaal die atmosfeer van die dans en stel die gehoor
              aan die Spoke bekend.
             Dit lyk asof hulle heeltyd op hulle hoede is, op die uitkyk vir hulle prooi.
             Die bedryf eindig met die aankoms van die Dooies en die storie ontvou
              verder.
             Die finale deel gee die gehoor ŉ gevoel van die mag/krag van die mense.
             Hulle is uitdagend en sal opstaan teen die teenspoed wat hulle in die gesig
              staar.
             Hulle gemeenskapsgevoel en die krag van hulle tradisies sal nie vernietig
              word nie.
             “Dit is soos hulle laaste herinneringe, hulle laaste stellings, voordat hulle trots
              die Dood aan die einde tegemoet gaan.”                                                 (4)

7.3          Die geraamte beelde van die Geeste word geskep deur die gebruik van
              lyfverf om die beenstruktuur te beklemtoon.
             Die Geeste dra lappe om hul middels, gewrigte en onder die knieë om ŉ
              dierlike voorkoms te skep.
             Bruce was geïnspireer deur die doodsmaskers wat deur Suid-Amerikaanse
              Indiane gedra word wanneer hulle doodsrituele vier. Die geraamte maskers
              soos gedra deur die geeste is ŉ produk hiervan.
             Die maskers skep ŉ gevoel van geen emosie aangesien die uitdrukking op
              die maskers nie verander nie en dit dra by tot die gevoel van dood wat geen
              emosie en geen empatie toon nie.

### Page 12

12
               Downloaded    from hlayiso.com
                      DANSSTUDIES                                           (NOVEMBER 2013)

         Die Dood dra alledaagse klere – rokke, serpe en pakke, maar hierdie is
          verflenter en slordig en dra by tot die beeld van ontbering en geweld wat
          hierdie mense ondervind het.
         Die individuele uitrustings gee ook ŉ sin van die karakters se ouderdom en
          status in die gemeenskap – sommige van die kostuums toon onskuld in die
          jeug (die meisie in die wit rok) en sommige van die kostuums wys vir ons
          karakters wat ouer is (broeke, hemde en dasse). Dit kan simboliseer dat
          oorlog/dood almal affekteer ongeag van hulle ouderdom.
         Al die kostuums versterk die karakterisering maar verhinder of oorskadu nie
          die beweging nie.                                                                    (3)

7.4      Sy werke het gewoonlik ŉ duidelike tema en daar is ŉ sterk gevoel van
          karakter maar ruimte word gelaat vir individuele interpretasie.
         “In ŉ sekere sin het my balletwerke ŉ verhalende kwaliteit of tipe
          onderwerpmateriaal.
         Dit is egter dikwels nie ŉ spesifieke een-reël vertelling nie, maar eerder lae
          beelde wat ŉ soort collage vorm en wat ruimte laat vir die gehoor se
          verbeelding om te werk.
         Bruce hanteer dikwels politieke en sosiale temas in sy choreografie en sy
          werk ontwikkel dikwels vanuit ŉ bepaalde stimuli soos musiek, kuns of
          skryfwerk.
         In die verwerking van sy gekose tema in beweging abstraheer hy die idee
          eerder as om dit op ŉ letterlike manier te interpreteer.
         Bruce gebruik ŉ wye verskeidenheid musiek in sy werke, vanaf klassieke
          werke tot populêre deuntjies.
         Kostuums, beligting en ontwerp dra by tot die ontwikkeling van sy idees maar
          dit is belangrik vir Bruce dat hierdie elemente bewegingsvryheid toelaat en
          nie afbreek maak aan die choreografie nie.
         Bruce se bewegings-woordeskat word uit klassieke ballet en kontemporêre
          dans gehaal, veral die Graham tegniek wat ŉ groot deel van sy opleiding
          gevorm het.
         Sy choreografie kom uit ander dansstyle, naamlik volksdanse en sosiale
          dans en klopdans reekse afhangende van die idees agter die werk.
          ‘Alledaagse’ bewegings en gebare word ook geïnkorporeer en gebruik.                  (3)

7.5      Help my om oop gemoed te hê.
         Het begrip van die oorsprong van verskillende dansvorms.
         Om te weet wat die neigings is.
         Bly in kontak met wêreldveranderinge in dans.
         Help my om getrou te bly aan myself as ŉ Suid-Afrikaanse danser.
         Kan onderskei tussen oorspronklike en gekopieerde werkstyl – help my om
          nie te dupliseer wat alreeds gedoen is nie.                                          (2)
                                                                                              [12]

### Page 13

(NOVEMBER 2013)
                   Downloaded    from hlayiso.com
                          DANSSTUDIES                                                       13

VRAAG 8

MEMO:
FOKUS VAN VRAAG                      ONDERWERP               VERMOËNSVLAKKE
Suid Afrikaanse                     1   2    3            LAAG   MEDIUM  HOOG
choreograaf/danswerk                         √
Invloed/inspirasie                                                        3
Bekwaamheid/loopbaan                                                      3
Musikale begeleiding                                                      2
Musiek verhef die werk                                                                2

KRITERIA VIR NASIEN:

8.1       Geen puntetoekenning vir die naam van die danswerk en die naam van die
          choreograaf nie.
8.2       Ken vol punte toe vir ŉ volledige verduideliking oor wat hierdie choreograaf
          beïnvloed en geïnspireer het.
8.3       Ken vol punte toe vir ŉ duidelike en volledige beskrywing van haar/sy dans
          bekwaamheid/choreografiese loopbaan.
8.4       Ken vol punte toe vir ŉ volledige beskrywing van die musiek/begeleiding wat in
          hierdie danswerk gebruik word.
8.5       Ken vol punte toe vir ŉ volledige beskrywing oor hoe die musiek die dans
          bevorder het.

EEN MOONTLIKE ANTWOORD:

8.1       Alfred Hinkel – Bolero/Last Dance

8.2          Sy primêre invloed was sy vader wat nie wou hê hy moes dans nie en dit het
              nie sy vroeë opleiding gehelp nie.
             John Lindon en Dawn Langdown wat hom aanvanklik gehelp het om Jazzart
              Dansteater te bestuur, Diane Sparks, Sue Parker, Jenny van Papendorp,
              Abamanyani, Jay Pather en Suid-Afrikaanse politiek.
             Hy het met ŉ verskeidenheid regisseurs gewerk en hy word deur sy dansers,
              sy verhoudings en menseregte geïnspireer.                                      (3)

8.3          Sy dansopleiding het werklik eers begin na matriek en ŉ kort rukkie aan die
              Universiteit van Kaapstad se Balletskool.
             Hy verhuis na Namibië en ontvang onderrig van Diane Sparks.
             Later sluit hy by Jazzart aan onder die leiding van Sue Parker.
             Hy het opleiding van Val Steyn en andere ontvang, en het die Alexander
              Tegniek bestudeer.
             Hy het egter meestal sy eie werkswyse geskep deur die gebruik van
              liggaamsintelligensie en sy uitstekende oog vir die ontwikkeling van
              beweging.                                                                      (3)

### Page 14

14
               Downloaded    from hlayiso.com
                      DANSSTUDIES                                           (NOVEMBER 2013)

8.4      Hierdie danswerk het oorspronklik sy titel ontleen van die musiektitel –
          Bolero, geskryf deur Maurice Ravel.
         Die partituur is geskryf vir ŉ volle musiekorkes en vereis baie instrumente.
         Dit is ŉ klassieke werk met ŉ Spaanse gevoel.
         Die struktuur van Bolero is merkwaardig eenvoudig.
          Dit bestaan hoofsaaklik uit ŉ enkelmelodie wat herhaal word met
          verskillende orkestrasies met elke herhaling.
         Die melodie in C-majeur deur die fluite begin die stuk met klavier (sag).
         Terselfdertyd slaan ŉ snaartrom die ritme wat deurgaans volgehou word.
         Nader aan die einde van die stuk word twee dromme gelyktydig (almal saam)
          gespeel.
         Bolero maak goeie gebruik van kontrapunt.
         Die melodie word tussen verskillende instrumente oorgedra.
         Die begeleiding brei uit totdat die volle orkes in forte (hard) speel teen die
          einde.                                                                               (2)

8.5      Bolero werk uitnemend as ŉ partituur vir die Bolero/Last Dance.
          Die werk beweeg vanaf ŉ plek van kalmte en bou gaandeweg op tot ŉ
          passievolle klimaks.
         As die werk begin met ‘piano’, begin ŉ enkel danser stadig op die verhoog
          beweeg.
         Soos elke nuwe instrument toegevoeg word verskyn meer dansers en soos
          die musiek groei in volume met elke herhalende melodie word meer
          dansstyle bygevoeg.
         Teen die einde wanneer die musiek ‘forte’ speel is die verhoog vol dansers
          wat hul bewegings uitstamp.
         Wanneer die musiek in ŉ groot klimaks eindig, eindig die dansers in ŉ
          skielike verduistering wat hoogs effektief is.
         Die konstante maatslag van die snaartrom deurlopend in die stuk
          komplimenteer die rubberstewel-danse in die stuk.
         Hinkel het ŉ punt gemaak deur die plasing van die dansers veral die vroulike
          dansers wat hulle rubberstewel bewegings in ŉ teatrale agtergrond uitvoer
          oor stereotipes en vooroordele.
         Die gebruik van klassieke musiek werk goed om die stelling te versterk
          aangesien dit nog nooit voorheen gedoen is nie.                                      (2)
                                                                                              [10]

### Page 15

(NOVEMBER 2013)
                    Downloaded    from hlayiso.com
                           DANSSTUDIES                                15

VRAAG 9

MEMO:
FOKUS VAN VRAAG                  ONDERWERP        VERMOËNSVLAKKE
Musiek instrumente/             1    2     3    LAAG  MEDIUM   HOOG
kategorieë                           √
Kennis                                           4

ANTWOORD:

9.1       C       Viool                                                (1)

9.2       A       Afrika-trom                                          (1)

9.3       D       Mbira                                                (1)

9.4       B       Trompet                                              (1)
                                                                       [4]

VRAAG 10

MEMO:
FOKUS VAN VRAAG                  ONDERWERP        VERMOËNSVLAKKE
Hoofdansstyl/beginsels          1   2    3     LAAG   MEDIUM  HOOG
                                         √
Naam                                             1
Oorsprong                                        3
Herken                                                   3
Beginsels                                                       3

### Page 16

16
                Downloaded    from hlayiso.com
                       DANSSTUDIES                                            (NOVEMBER 2013)

EEN MOONTLIKE ANTWOORD:

10.1   Ballet                                                                                   (1)

10.2   Oorsprong:
       • Catherina (Catherine) de Medici van Italië het die hofballette, soos dit
         genoem is, na die Franse hof gebring toe sy in 1533 met Hendrik (Henry) ,
         die Hertog van Orleans, seun van die Franse koning, getroud is.

       Geskiedenis:
       • In 1661 het koning Lodewyk (Louis) XIV (die Sonkoning) die Royal Academy
         of Dance in Parys gestig om standaarde vir die perfeksie van die danskuns
         daar te stel. Dansonderwysers en professionele dansers is opgelei en die
         passies en bewegings van die hof en karakterdanse is gekodifiseer.
       • In die 18de eeu (1700 – 1800) is ballet van die howe na die teater verskuif.
         In die eerste gedeelte van die eeu het ballet op mitologiese temas en
         karakters gefokus; in die tweede gedeelte het dit op meer menslike temas en
         karakters gefokus en beide dans en pantomime gebruik om die onderskeie
         stories te vertel.
       • Teen die 19de eeu (1800 – 1900) het ballet ŉ gevestigde teatervorm geword
         wat regoor Europa versprei het.
       • In die Romantiese tydperk, met die drang na dinge wat verbeeldingryk en
         bonatuurlik is, het vroulike dansers op die punte van hulle tone begin dans, ŉ
         gebruik wat tot vandag deur vroulike balletdansers gevolg word.
       • In die tweede helfte van die eeu het die gewildheid van ballet in Europa
         afgeneem maar die weg gebaan na Tsaristiese Rusland waar, teen die einde
         van die eeu, vollengte storieballette in die Tsaristiese klassieke styl opgevoer
         is.
       • Kort daarna is die Diaghilev Ballets Russes (Russiese Ballet) gebore.
         Dit was hierdie groep wat ballet in ŉ deurslaggewende moderne kuns
         getransformeer het wat die werke van die leidende komponiste, ontwerpers
         en visuele kunstenaars van daardie tyd gebruik het.
       • Die Ballets Russes was instrumentaal in die ontwikkeling van klassieke ballet
         as die globale dansvorm wat ons vandag ken. Die invloed van die Ballets
         Russes op Brittanje het in die Britse Statebondlande weerklank gevind,
         waaronder natuurlik Suid-Afrika.
       • Die Ballets Russes het ons die eenbedryf-ballet gegee, die abstrakte ballet,
         die psigologiese ballet en ballette met kontemporêre temas. Sedertdien het
         ons die beperkinge van ballettegniek en styl uitermatig verbreed, die lyne
         uitgebrei, die liggaam verder en verder gedruk, die verontagsaming van
         swaartekrag met asemrowende spronge en draaie in die lug vergroot, en ook
         die oënskynlike moeiteloosheid van balletbeweging wat die uiterste beheer
         wat nodig is om dit te vermag, verbloem.
       • Deesdae kan ballet so uniek wees soos elke choreograaf se individuele
         standpunt.                                                                             (3)

### Page 17

(NOVEMBER 2013)
                   Downloaded    from hlayiso.com
                          DANSSTUDIES                                                          17

10.3      Klassieke Ballet:
           Hierdie dansvorm word geëien aan die uitwaartse rotasie van die bene vanaf
             die heupgewrig, gestrekte voete asook die vyf posisies van die voete,
             geronde armlyne en vaste posisies van die arms.
           Die klassieke balletstyl daag swaartekrag met grasie en baie streng tegniek
             uit.
           Klassieke ballet bestaan uit barre-werk, ‘centre’werk, pirouette, ports de bras,
             adage en allegro bestaande uit klein en groot spronge, met of sonder
             batterie.
           Vroulike dansers doen punt-werk – geblokte toonskoene word gedra en
             dansers dans op die punte van hulle tone.
           Die dansers dra gewoonlik oordadige kostuums – tutu’s/fluweelbaadjies en
             rompe, ens.
           Klassieke ballet het oorspronklik net klassieke musiekpartiture gebruik, maar
             deesdae word ŉ verskeidenheid musiek gebruik.
           Vir tradisionele ballette, soos Swanemeer/Die Slapende Skone, word baie
             oordadige verhoogstelle gebruik.
           Balletwerke word deur professionele dansers opgevoer, gewoonlik in ŉ
             teater.                                                                            (3)

10.4      Beginsels van Klassieke Ballet:
           Staanhouding: Die bolyf goed gehou en ondersteun met die hoofbewegings
            wat in die arms en bene plaasvind.
           Uitdraai: Uitwaartse rotasie van die bene in die heupe, noodsaaklik vir
            klassieke ballettegniek.
           Plasing: Rangskik kop, ruggraat en ledemate in lyn met mekaar om ŉ
            geordende, gebalanseerde vorm te behaal.
           Balanseerwette: Teenbalansering van ledemate om ekwilibrium te handhaaf
            (gelyke gewig rondom sentrale punt).
           Basiese reëls van die kop, bene, arms en liggaam.
           Gewigsverplasing: Verander gewig van een liggaamsdeel na die volgende.
           Koördinasie: Bring dele van die liggaam in behoorlike verhouding met
            mekaar.
           Swaartekrag: Ballet daag swaartekrag uit.
           Puntwerk: Dit word deur vrouens opgevoer en verg uitgebreide opleiding om
            dansers in staat te stel om op hulle tone te dans.                                  (3)
                                                                                               [10]

### Page 18

18
                  Downloaded    from hlayiso.com
                         DANSSTUDIES                                           (NOVEMBER 2013)

VRAAG 11

MEMO:
FOKUS VAN VRAAG                    ONDERWERP                VERMOËNSVLAKKE
Improvisering/rekwisiete/        1    2    3             LAAG   MEDIUM  HOOG
plakkaat                              √
Doelwit                                                      2
Vertrou                                                                   2
Vertrou bewegings                                                         3
Rekwisiete                                                                2
Pamflet/plakkaat                                                                      3

MOONTLIKE ANTWOORDE:

11.1       Interpretering van dans
           Dit bied jou die geleentheid om te reageer op beweging stimuli en idees op
            jou eie manier.
           Om vertroue en vrymoedigheid te ontwikkel.
           Om jou te voorsien van 'n breë danswoordeskat deur te werk as ŉ individu
            sowel as in groepe.
           Om jou te leer hoe om jou liggaam in jou eie persoonlike ruimte te gebruik en
            ook in die algemene dansruimte.
           Om jou bewus te maak van hoe om op jou eie te werk of met ŉ ander
            danser.                                                                              (2)

11.2       Vertroue in dans is om ruimte met ander dansers te deel.
           Dit vereis dat julle aan mekaar raak, byvoorbeeld as dansers mekaar oplig
            en wanneer jy met ŉ maat werk.
           Dit is belangrik om die liggame van jou kollegas en ook jou eie met respek te
            behandel.
           Jou maat moet jou ten alle tye veilig laat voel en jy moet jou maat op sy beurt
            ook veilig laat voel.
           Vertroue in mekaar help om sosiale verhoudings te bevorder.
           Dit help ook om kreatiwiteit te bevorder en dra daartoe by dat jy minder
            selfbewus of bedreig voel.
           Dit help jou om sensitief te wees in die manier waarop jy tussen ander
            dansers beweeg.
           Vertroue in dans help jou om gemaklik saam te werk.                                  (2)

11.3    EEN VOORBEELD:

        Sirkel van vertroue:
         Vorm ŉ sirkel met ander leerlinge.
         Een leerder (A) staan in die middel met voete bymekaar en oë gesluit.
         Die ander leerlinge plaas saggies hul hande op A se liggaam en beweeg
           (A) liggies in verskillende rigtings terwyl hulle sommige van A se gewig
           neem.
         Herhaal die oefening, sodat elkeen ŉ beurt kry om in die middel te wees.
         Hoe dit jou maak voel – dit sal die leerling se eie interpretasie wees.                (3)

### Page 19

(NOVEMBER 2013)
                    Downloaded    from hlayiso.com
                           DANSSTUDIES                                                       19

11.4      Rekwisiete kan gebruik word as voorwerpe vir konsentrasie, inspirasie en
          kreatiwiteit.
          VOORBEELD: As jy ŉ stok as ŉ rekwisiet gebruik, kan jy dit gebruik as ŉ
          orkesleier se dirigeerstok, ŉ vlam-gooier, ŉ denkbeeldige persoon wat jy mee
          dans.                                                                               (2)

11.5         Identifiseer jou teikengroep/gehoor wat jy wil hê moet die produksie by woon
              – bv. kinders, volwassenes, gesinne, ens.
             Dink aan wat die fokuspunt in jou plakkaat/pamflet sal wees – wat sal die
              publiek se oog trek – bv. ŉ foto, ontwerp, ens. Hou dit verband met die tema
              van die gebeurtenis?
             Konsentreer op die styl van die letters wat jy wil te gebruik, bv. vetdruk,
              kursief, ens.
             Die belangrikste kleure wat gebruik word op die plakkaat moet pas by die
              tema
             Relevante inligting moet op die plakkaat wees:
              o      Naam van die gebeurtenis
              o      Datum(s)/tyd/plek/kaartjieprys/waar kaartjies beskikbaar is
              o      Naam van die choreograaf en die belangrikste medewerkers
              o      Groot borge en finansiers vir die geleentheid (indien dit van
                     toepassing), bv. Checkers, Lotto, jou slagter, ens.                      (3)
                                                                                             [12]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:          60
                                                                      GROOTTOTAAL:           100

## Related documents

- [DANCE STD GR11 NOV2013 MEMO (Eng)](https://www.hlayiso.com/library/dance-std-gr11-nov2013-memo-eng/4acd73cf-2cdd-4d1d-a585-f4b379c88766) — Dance Studies · Memo · 2013 · Eng
- [DANCE STUDIES GR11 NOV2013 QP (Eng)](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-nov2013-qp-eng/1df684bf-cf23-4ae8-8676-1a802e77e828) — Dance Studies · QP · 2013 · Eng
- [DANCE ST GR11 NOV2013 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dance-st-gr11-nov2013-qp-afr/def2cad3-6a7f-4142-93fd-3d549c6ae048) — Dance Studies · QP · 2013 · Afr
- [DANCE STD MEMO AFR GR11 NOV 2015](https://www.hlayiso.com/library/dance-std-memo-afr-gr11-nov-2015/7e58bb21-7009-4ab6-84b8-308963c23805) — Dance Studies · Memo · 2015 · Afr
- [DANCE STD MEMO ENG GR11 NOV 2015](https://www.hlayiso.com/library/dance-std-memo-eng-gr11-nov-2015/43967878-32f9-44e7-a93b-1310a9e2823c) — Dance Studies · Memo · 2015 · Eng
- [Dance Studies Memo](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-memo/53142bc7-30cb-4f36-96ea-375d0f3b83a5) — Dance Studies · Memo · 2014

## More from Grade 11 Dance Studies

- [Gr 11 Dan Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-dan-stu-atp-2023-24/d7cf0d0b-5284-4b58-bc3c-3be7d351d71d) — ATP
- [DANCE STUDIES GR11 QP ENG NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-qp-eng-nov2018-d/e22c5184-7fda-4415-8be3-29526f0e4e50) — QP · 2018 · Eng
- [DANCE STUDIES GR11 QP AFR NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-qp-afr-nov2018-d/8146becc-d926-4a4d-9181-a511e0ec5e28) — QP · 2018 · Afr
- [DANCE STUDIES GR11 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-qp-nov2017-afrikaans/22c34254-0ff5-40a1-976c-84b454462346) — QP · 2017 · Afr
- [DANCE STUDIES GR11 QP NOV2017 English](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-qp-nov2017-english/a0e9cc72-0a0c-4242-a8fa-cbb0352c2d3a) — QP · 2017 · Eng
- [Gr11 DNCE N16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-dnce-n16-qp-eng/f77045ee-305e-48c4-87c1-9aa0ab88d145) — QP · 2016 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
