# Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 Memo (Afr)

> Grade 12 Dance Studies memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr12-memo-sept2017-afrikaans/c8888bfe-c691-46fd-8211-2a588b539cfd
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dance Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dance Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dance-studies) › [Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr12-memo-sept2017-afrikaans/c8888bfe-c691-46fd-8211-2a588b539cfd)

## About this document

Dance Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2017

                      DANSSTUDIES
                      MEMORANDUM

PUNTE:   100

               Hierdie memorandum bestaan uit 21 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  DANSSTUDIES                          (EC/SEPTEMBER 2017)

    NOTA VIR NASIENERS/ONDERWYSERS:

       In die voorbeelde van moontlike antwoorde, was baie meer inligting eerder as ŉ
        hulpbron aan onderwysers en nasieners verskaf, as wat van die kandidate
        verwag word.

       Kolpunte word gebruik in die memorandum om merk te vergemaklik.

       Verwys na die vermoënsvlakke in die 'fokusvraag' tabel onder elke vraag, om
        die hoë, medium en lae kognitiewe vlakke in die antwoorde te bepaal.

       Nasieners moet nie die studente penaliseer vir grammatika of spel foute nie.

       Solank die student se antwoord duidelik, verstaanbaar en met die merkkriteria
        (bv. die benaming van spiere) ooreenkom. Maar hulle mag nie volpunte
        toegeken word vir die opstel/paragraaftipe-vrae nie as daar grammatika
        en spelfoute is en die antwoord is nie geskryf in die korrekte formaat, of
        die vrae is nie betekenisvol aangespreek nie.

       Wees op die uitkyk vir wat die kandidaat weet, en nie vir wat hy/sy nie weet nie.

       Nasieners moet NIE volpunte toeken vir ŉ antwoord wat oppervlakkig en
        minimaal is NIE.

       Waar die leerlinge agterlosige foute begaan het, bv. numering, moet hulle
        gestraf word met 10%, maar die nasiener en moderator moet besluit of die
        leerling die betrokke vraag korrek beantwoord het.

       In sommige vrae, het kandidate ŉ keuse. Indien kandidate beide vrae
        beantwoord het, merk slegs die antwoorde van die eerste vraag.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                         DANSSTUDIES                                3

 AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYKE EN GESONDHEIDSORG

 VRAAG 1: OPWARMING/POSTUUR/VEILIGE STREKKING

 MEMORANDUM:
 1.1 LAE VLAK – 5 PUNTE
 1.2 MEDIUM VLAK – 6 PUNTE
 1.3 HOË VLAK – 4 PUNTE

 NOTA AAN NASIENERS:

 Baie moontlike antwoorde kan gegee word. Gebruik professionele oordeel wanneer
 die kwaliteit van die kandidate se antwoorde geassesseer word. Kolpunte word
 gebruik om merk te vergemaklik.

 MOONTLIKE ANTWOORDE:

 1.1    Ken 5 punte toe vir ŉ beskrywing van die beginsels van goeie opwarming en wat
        dit behels:

           Warm op voor die klas begin.
           Doen opwarmingsoefeninge teen ŉ rustige pas.
           Hou opwarmingsoefeninge eenvoudig en herhalend.
           Behou altyd ŉ goeie liggaamshouding en liggaamslyn terwyl jy opwarm.
           Hou beheer oor jou liggaam. Hou jou balans (liggaamslyn) met jou gewig oor
            jou voete en jou skouers oor jou heupe, heupe oor knieë en
            knieë oor middelste tone.
           Dra geskikte klere in koue vertrekke waar daar ŉ trek is, soos ŉ sweetpak of
            spanbroek of lyfpakke terwyl jy opwarm.
           Herhalende bewegings is nodig om die liggaam op te warm, maar dis ook
            nodig om jou vermoë om bewegingspatrone te onthou, te verbeter.
           Vorder geleidelik van klein tot groter bewegings.
           Maak gebruik van jou asemhalingspatroon want dit sal help om jou liggaam
            laat ontspan.
           Die vermeerde asemhalingsinname sal die suurstof in die bloed vermeerder
            en in energie omskep.
           Wanneer die spiere opgewarm is, kan ligte strekking gedoen word om
            rekbaarheid te verbeter.                                         (Enige 5 x 1)       (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  DANSSTUDIES                          (EC/SEPTEMBER 2017)

 1.2   Ken 6 punte toe as die leerling kan verduidelik watter een van die twee die
       korrekte postuur is en hoe hierdie postuur moontlike beserings kan verhoed.

          Prent B wys die korrekte postuur met ŉ goedbelynde liggaam waar al die
           liggaamsdele in balans met mekaar is.
          Die skouers en heupe is gelygmatig.
          Die bekken word op so ŉ manier op jou bene gebalanseer dat die spiere van
           die buik en die lae rug in en om die bekken ewe veel saamgetrek is dit is ook
           as kernstabiliteit bekend.
          ŉ Goedbelynde liggaam verbrand die minste energie wanneer dit alle
           bewegings moet uitvoer.
          Die korrekte postuur sal uitputting voorkom.
          Dit verseker dat die liggaam op die regte manier gebruik word wanneer jy
           dans.
          Dit maak dit makliker om danspassies uit te voer en verminder die kans op
           beserings.
          Die korrekte postuur verminder spanning en wanbalans wat die lyn en vorm
           van beweging kan beïnvloed.
          Dit verseker beheer en balans.
          Dit voorkom rugprobleme – veral later in jou lewe.              (Enige 6 x 1)      (6)
 1.3   Ken 4 punte toe indien ŉ leerder 4 feite oor veilige strekking kan verskaf.

          Stadige volgehoue strek is die veiligste manier om te strek – jy hou die
           strekposisie vir 16–30 sekondes totdat die spanning verminder.
          Wanneer dit gemaklik voel, druk verder in die strek in om die spanning
           weer te vind.
          Strek van spiere, ligamente en senings moet stadig en versigtig gedoen word
           en moet slegs gedoen word wanneer die spiere warm is, aangesien daar
           geen pyn of stres gevoel moet word nie.
          Fokus daarop om die 'spanning' van ŉ strek eerder as die 'pyn' te voel.
          Ligte strekwerk kan gedoen word as deel van die opwarming (voor die
           klas) aangesien dit die liggaam vir aktiwiteit help voorberei.
          Die beste tyd om strekwerk te doen om jou bewegingsomvang ('ROM') te
           verbeter, is aan die einde van ŉ klas wanneer jou liggaam baie warm is.
          Gebruik asemhalingstegnieke wanneer gestrek word, dit is asem uit op die
           strek om spanning te verlig.
          Moet nooit iemand anders in ŉ strek inforseer nie, want dit sal ŉ besering
           veroorsaak.
          Ballistiese strekwerk is gevaarlik, kan beserings veroorsaak en moet eerder
           vermy word.                                                                         (4)
                                                                                              [15]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                        DANSSTUDIES                                5

 VRAAG 2: KOMPONENTE VAN FIKSHEID/KRAG/BESERINGS

 MEMORANDUM:
 2.1 LAE VLAK – 3 PUNTE en MEDIUM VLAK – 3 PUNTE
 2.2 MEDIUM VLAK – 5 PUNTE
 2.3 HOË VLAK – 4 PUNTE

 NOTA AAN NASIENERS:

 Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van ŉ antwoord beoordeel
 word. Evalueer die hele antwoord in sy konteks oor wat die kandidaat weet en ken
 punte diensoorkomstig toe.

 VOORBEELDE VAN MOONTLIKE ANTWOORDE:

 2.1       Ken 3 punte toe die name van drie komponente en 3 punte vir die
           verduideliking van elkeen.

              Uithouvermoë sal jou die vermoë gee om langer kombinasies uit te
               voer en kan jou spiere ononderbroke bewegings uitvoer sonder om
               moeg te word.
              Kerstabiliteit/sterkte sal jou help om gedurende die uitvoering jou
               bolyf te kontroleer en sterk te hou sodat jy maklik kan beweeg.
              Soepelheid sal jou help om deur ŉ groot omvang te beweeg en om
               sterk, gemaklike bewegings met jou gewrigte uit te voer, veral jou
               heupe en werwelkolom.
              Krag sal jou die vermoë gee om jou balans te behou en jou liggaam in
               een posisie stil te hou of vinnige, sterk ekstensie-bewegings, soos
               elevasie en hoë been-opgooibewegings/grands battements uit te voer.
              Neuromuskulêre koördinasie sal help dat jy ŉ goeie sin vir balans,
               tydsbrekening, ritme en oriëntasie in ruimte ontwikkel                     (6)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  DANSSTUDIES                         (EC/SEPTEMBER 2017)

 2.2    Ken 5 punte toe as die leerling kan veduidelik hoe jy spierkrag in dans kan
        ontwikkel.

         Spierkrag word ontwikkel deur gereelde oefening wat die ontwikkeling
          van beide agonis en antagonistiese spieraksies behels.
         Spierkrag word ontwikkel deur die geleidelike verhoging van die eise wat
          op hulle geplaas word wat progressiewe oorlading genoem word.
         Alle spiergroepe benodig spesifieke kondisioneringsoefeninge.
         Liggaam gewigsoefening (bv. met behulp van jou eie liggaamsgewig as ŉ
          eksterne las), liggaamskondisionering met ligte gewigte of Pilates-
          toerusting kan jou krag voldoende verbeter sonder om omvangryke
          spiere te skep.
         ŉ Balans tussen spiergroepe moet behou word vir jou liggaam om hoogs
          effektief en sterk te wees.
         Spesifieke aktiwiteite wat krag verbeter:
              o Gimnasium: ligte gewigsoefening vir spesifieke spiergroepe
              o Werk saam met ŉ weerstandsband
              o Liggaamsgewigsoefeninge by die huis
              o Dans: toenemende balanswerk, stadige bewegings, arm en been
                  oefeninge.
              o Kern: planke en abdominale knarsens
              o Bolyf: opstote, optrekoefeninge
              o Laer liggaam: hurksit, uitvalle, tendus en plies
          BELANGRIK: Moet ten minste 3–5 keer ŉ week gedoen word om
                           ŉ verbetering te sien.                                              (5)

 2.3    2.3.1   Uitputting:
                 Wanneer jou spiere moeg is, is hulle minder geneig om vir jou
                   gewrigte genoegsaam goeie ondersteuring te gee.
                 As jy moeg is sal dit ook vir jou moeilik wees om jou
                   liggaamsbewegings te kan beheer. dit veroorsaak dat jy moontlik
                   spiere en gewrigte oormatig kan gebruik en onnodig onder stres
                   plaas.
                 Spiere kan moeg word van oorwerking, wat spierkrampe kan
                   veroorsaak wat heelwat pynlik kan wees.
                 Die oorgebruik van die spiere, sonder om dit genoegsame tyd te
                   gee om gesond te word, is algemeen in dansbeserings.                        (2)

        2.3.2   Landing na ŉ sprong:
                 Die manier waarop jy land na ŉ sprong, kan die gevaar
                   vermeerder dat jy jou knie of enkel mag beseer.
                 ŉ Goeie landing is wanneer jy land met jou middelpunt van jou
                   liggaam gelig en dat jy saggies afkom, deur jou voete en met die
                   knieë gebuig, om die skok te absorbeer.
                 ŉ Danser wat dit nie doen nie, kan hulle gewrigte skok en
                   ernstige beserings aan hul gewrigte veroorsaak.
                 Verkeerde belyning soos die rol van die voete na ŉ sprong, plaas
                   ook druk op die gewrigte en mag beserings veroorsaak.                      (2)
                                                                                             [15]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                        DANSSTUDIES                                7

                DAAR IS ’N KEUSE TUSSEN VRAAG 3 EN VRAAG 4.

 VRAAG 3: BESERINGS/BELYNING (KEUSE-VRAAG)

 MEMORANDUM:
 3.1 LAE VLAK – 5 PUNTE
 3.2 MEDIUM VLAK – 5 PUNTE

 ANTWOORDE:

 3.1    Ken 5 punte toe vir die lys van vyf komplikasies wat ŉ danser na ŉ besering
        moet hanteer.

           Verminderde kardiovaskulêre fiksheid
           Verlies van spierkrag
           Verlies aan fiksheid as gevolg van klasse wat gemis is
           Hardnekkige swelling
           Styfheid in die beseerde area
           Styfheid in die gewrigte (verminderde soepelheid)
           Terugkerende pyn in die beseerde area
           Leer nie nuwe bewegingsoefeninge aan nie
           Gewigstoename as gevolg van geen oefening
           Vlak van selfvertroue sal daal omdat jou werk agter raak                       (5)

 3.2    Ken 5 punte toe as die leerling kan verduidelik hoe verkeerde belyning mag
        lei tot knie- en enkelbeserings.

           In hierdie foto rol die danser se knieë binne toe.
           Die knie is nie meer in ŉ reguit lyn bo die middel van die voet nie. In
            plaas daarvan, is dit in lyn met ŉ plek op die vloer voor die voet.
           Jy kan ook sien dat die voet gewig moet skuif na die mediale kant van
            die voet en die groottoon versprei om hierdie ekstra gewig te
            akkommodeer.
           Dit verkeerde posisie plaas onnodige druk op die mediale aspek van die
            knie en voet wat kan lei tot skade vir die danser.
           Korrekte belyning is wanneer die skouer, heup, knie en enkel in ŉ ry is.
           Die belyning van die gewrigte sal die maksimum funksionering van jou
            liggaam toelaat en bepaal die manier waarop jy beweeg of bewegings
            sonder spanning uit voer.
           Die belangrikheid van die korrekte gebruik van die voete en knieë
            wanneer die liggaam deur die ruimte beweeg of in die oordrag van die
            gewig, bv ŉ sterk gebruik van knie-buigings / Demi-plies, met knieë oor
            die middeltoon voor die sprong en gedurende veilige landing, sal help om
            beserings te verhoed.
           Te veel druk wat op die knieë en enkels geplaas deur verkeerde belyning
            kan ernstige skade aan die knieë en enkels veroorsaak.                         (5)
                                                                                          [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                      DANSSTUDIES          (EC/SEPTEMBER 2017)

                                            OF

 VRAAG 4: AKSIES/SPIERE (KEUSE-VRAAG)

 MEMORANDUM:
 4.1 LAE VLAK – 5 PUNTE
 4.2 MEDIUM VLAK – 5 PUNTE

 ANTWOORDE:

 4.1      4.1.1      Fleksie                                                       (1)

          4.1.2      Abduksie                                                      (1)

          4.1.3      Rotasie                                                       (1)

          4.1.4      Fleksie                                                       (1)

          4.1.5      Ekstensie                                                     (1)

 4.2      4.2.1      Quadriceps                                                    (1)

          4.2.2      Agterdyspier                                                  (1)

          4.2.3      Sternocleidomastoid                                           (1)

          4.2.4      Gastrocnemius                                                 (1)

          4.2.5      Triceps Brachii                                               (1)
                                                                                  [10]

                                                     TOTAAL AFDELING A:            40

Kopiereg voorbehou                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                         DANSSTUDIES                                9

 AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID

 VRAAG 5:        DANSVORMS/KARAKTEREIENSKAPPE/GESKIEDENIS/
                 LOOPBAAN

 MEMORANDUM:
 5.1 LAE VLAK – 5 PUNTE
 5.2 MEDIUM VLAK – 6 PUNTE
 5.3 HOË VLAK – 4 PUNTE

 NOTA AAN NASIENERS:

 Baie moontlike antwoorde kan gegee word. Gebruik professionele oordeel wanneer
 die kwaliteit van die kandidate se antwoorde geassesseer word.

 MOONTLIKE ANTWOORDE:

 5.1       Ken 5 punte toe as die kandidaat die karaktereienskappe kan beskryf van
           enige een van die dansvorms, byvoorbeeld, bewegings, stappies, styl,
           musiek, kostuums, wie dit sal opvoer en waar dit opgevoer mag word.

           KLASSIEKE BALLET:

              Hierdie dansvorm word geëien aan die uitwaartse rotasie van die bene
               vanaf die heupgewrig, gestrekte voete asook die vyf posisies van die
               voete, geronde armlyne en vasgestelde posisies van die arms.
              Die styl van ballet is om swaartekrag uit te daag met grasie en ŉ baie
               streng tegniek.
              Klassieke ballet bestaan uit ‘barre’-werk, ‘centre’ (middelwerk),
               ‘pirouette’, ‘ports de bras’, ‘adage’ en ‘allegro’ bestaande uit klein en
               groot spronge, met of sonder ‘batterie’.
              Vroulike dansers doen punt-werk –- blokskoene word gedra en dansers
               dans op die punte van hulle tone.
              Die dansers dra gewoonlik oordadige kostuums – tutu's/fluweelbaadjies
               en rompe, ens.
              Klassieke ballet het oorspronklik net klassieke musiekpartiture gebruik,
               maar deesdae word ŉ verskeidenheid musiek gebruik.
              Vir die tradisionele balletopvoerings soos Swan Lake/Sleeping Beauty,
               word oordadige verhoogstelle gebruik.
              Ballet-opvoerings word gewoonlik deur profesionele dansers in teaters
               opgevoer.                                                                    (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 DANSSTUDIES                          (EC/SEPTEMBER 2017)

          AFRIKA-DANS:

             Afrika-danse gebruik die natuurlike kromminge/kurwes van die
              liggaam.
             Bewegings word na die grond toe gedans en komplementeer
              swaartekrag eerder as om dit uit te daag.
             Basiese en komplekse ritmiese patrone word gebruik.
             Alledaagse bewegings word gebruik of bewegings wat die natuur
              (voëls, diere, insekte of plante) naboots of dramatiseer, of die
              elemente, soos vuur, water, die aarde of die lug word as stimulus vir
              beweging gebruik.
             Danse het gewoonlik ŉ tema (vrugbaarheid/hofmakery/werk/hiërargie,
              ens.) en doel (protes/sosialisering/feesviering/bevraagtekening van
              sosiale kwessies, ens.)
             Afrikadanskostuums verskil baie afhangende van die kultuur- en
              ouderdomsgroep wat die dans opvoer.
             Dierevelle word algemeen gebruik asook oordadige kralewerk, bruin of
              helderkleurige materiaal, enkelratels, vere, ens.
             Musikale begeleiding bestaan gewoonlik uit tromme, sang, handeklap
              en/of dreunsang.
             Die tromme, sang, handeklap en ratels saam met die gestamp van
              voete skep poliritmiese klanke.
             Afrika-dans word gewoonlik deur die gemeenskap opgevoer en het ŉ
              spesifieke doel/funksie.                                                        (5)

 5.2      Ken 6 punte toe vir 6 interressante feite oor die geskiedenis van jou hoof
          dansvorm.

          Geskiedenis van Kontemporêre dans. Merk slegs die eerste SES feite
          wat gegee word:
           Kontemporêre dans het aan die begin van die 20ste eeu in Amerika en
             Duitsland ontwikkel.
           Dit was ŉ alternatiewe dansvorm wat in antwoord op die
             gestruktureerde formules van klassieke ballet ontstaan het.
           Dit was ŉ poging om die liggaam te bevry en om individueel kreatiwiteit
             en die uitdrukking van subjektiewe gevoelens te beklemtoon.
           Kontemporêre dansers, ook genoem moderne dansers, was
             voortdurend op soek na nuwe maniere om dans uit te druk.
           Elke choreograaf het sy/haar eie interpretasie ontwikkel wat ŉ wye
             verskeidenheid style tot gevolg gehad het wat net so verskillend en
             voortdurend wisselend soos die beoefenaars was.
           Spesifieke tegnieke is met individuele danskunstenaars geassosieer,
             gebaseer op hulle bewegingsnavorsing en hulle opleiding en
             choreografiese werke, bv. Cunningham, Ailey, Graham en Limon.
           Martha Graham word as die moeder van moderne dans beskou.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                       DANSSTUDIES                                 11

           Kandidate kan ook in hierdie formaat antwoord:
           Moderne dans het drie goed gedefinieerde ontwikkelingstydperke:
            Die eerste was ŉ era van pionierswerk en eksperimentering, wat die
             filosofieë en estetika van moderne dans neergelê het.
             Danskunstenaars het natuurlike en alledaagse bewegings gebruik om
             hulle eie danswoordeskat, tegnieke en choreografiese vorms te skep
             vir gebruik in werke waarin hulle die tweeledige rol van skepper én
             opvoerder aangeneem het. Daar was ook al hoe meer navorsing oor
             kulturele en etniese dansvorms wat in choreografiese werke
             geïnkorporeer is.
            Die tweede tydperk het die vestiging van modernedans-geselskappe
             en -skole gekenmerk. Vanruit het die tweede golf het
             voorpuntinnovasies ontstaan.
            Die derde tydperk, wat die kulturele onstuimigheid van die laat 1960's
             en vroeë 1970's gereflekteer het, het wegbeweeg van gevestigde
             modernedans-konvensies. Die teater het die voortou geneem; die
             uitdrukking van politieke en sosiale idees het belangrik geword; daar
             was samewerking van gemengde media; uitvoerende kunste gebeure
             ('happenings') en verskillende omgewings vir dansopvoerings het die
             gevestigde moderne dans estetiese idees verander. Hierdie tydperk,
             dikwels ook postmoderne dans genoem, het gestalte gegee aan ŉ
             nuwe tegniek, kontakimprovisasie.
            Die tegniek bestaan uit die ontdekking van hoe liggame beweeg in
             verhouding tot mekaar met gebruik van alledaagse bewegings, die
             opweeg van gewig en krag, vertroue en instinktiewe afwagting. Dit is ŉ
             tegniek wat ook die basis vorm van ŉ dans/drama wat as Fisiese
             Teater bekend staan.                                                          (6)
 5.3       Ken 4 punte toe as die kandidaat EEN voorbeeld kan bespreek van ŉ
           moontlike dansloopbaan en die vereistes wat vir hierdie loopbaan benodig
           word.
           Dansonderwyser:
            Die belangrikste vermoë is ŉ liefde vir en begrip van mense, veral
             kinders.
            Dansonderwysers moet hul vak goed ken.
            Hulle moet in staat wees om self goed te kan dans en behoort om
             lewenslange leerlinge te wees, altyd gereed om van ander te leer en
             om hul kennis met ander te deel.
            Hulle moet kennis hê van hoe kinders leer en hul ontwikkeling op
             verskillende stadiums; hulle moet leerplanne en onderrigmetodes
             verstaan.
            Onderwysers wat in skole of universiteite wil onderwys gee moet ook
             die teoretiese aspekte soos die geskiedenis van dans, anatomie,
             fsielkunde en dansnotasie ken.
            Hulle moet goeie organiseerders wees − hulle moet dikwels produksies
             beplan en bemark en choreografering vir opvoerings doen.
            Dansonderwysers wat privaat onderrig gee, moet die vermoë hê om
             hul eie dansskole te bestuur.
            Dansonderwysers sal spesialisvaardighede in die dansvorm moet hê
             waarin hulle onderrig gee en moet ŉ vermoë hê om ander dansvorms
             ook te kan doen.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                           DANSSTUDIES      (EC/SEPTEMBER 2017)

Kopiereg voorbehou                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                          DANSSTUDIES                                13

           Professionele danser:
            Jy sal ŉ passie vir dans en selfdissipline nodig hê.
            Jy sal ŉ begrip moet ontwikkel van musiek en ritme, kreatiwiteit,
              opvoeringstegnieke, die vermoë om dansreekse te onthou,
              uitstekende fiksheid, goeie koördinasie en ŉ soepel liggaam.
            Wees bereid om vir lang ure te werk en daaglikse dansklasse by te
              woon.
            Jy sal dikwels in die aand ook moet optree.
            Om ŉ danser te wees behoort jy gewoonlik op ŉ vroeë ouderdom te
              begin dans het, maar dit hoef nie die kriteria te wees nie.
            Sommige suksesvolle dansers het eers in hul tienerjare begin dans
              en het baie hard gewerk om hul opleiding te versnel.
            Enige ander voorbeelde wat deur die leerling bespreek word.                    (4)
                                                                                           [15]

               DAAR IS ’N KEUSE TUSSEN VRAAG 6 EN VRAAG 7.

 VRAAG 6:        INTERNASIONALE CHOREOGRAAF – ALVIN AILEY (KEUSE-
                 VRAAG)

 MEMORANDUM:
 6.1 LAE VLAK – 10 PUNTE
 6.2 MEDIUM VLAK – 16 PUNTE
 6.3 HOË VLAK – 4 PUNTE

 NOTA AAN NASIENERS:

 Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se
 antwoorde geassesseer word. Kandidate het dalk meer inligting in een afdeling
 as in ŉ ander gegee. Evalueer die hele antwoord om te assesseer wat die
 kandidaat weet en gee punte daarvolgens. Kolpunte is ingesluit om met
 puntetoekenning te help.

 EEN MOONTLIKE ANTWOORDE:

 6.1      Die titel van hierdie werk kom uit die laaste boek in die Bybel.                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                DANSSTUDIES                        (EC/SEPTEMBER 2017)

 6.2     Ken 3 punte toe vir ŉ beskrywing van elkeen van die 3 afdelings van
         Revelations.

         Revelations is in 3 afdelings verdeel:
          Pilgrim’s Sorrow – Hierdie afdeling wys die swaarkry, stryd en verset
           van die mense. Die bewegings is eenvoudig maar kragtig en wys
           tekens van geestelike behoeftes. Hierdie gedeelte word deur ŉ trio
           gedans. Die deel wys die woeste uitdrukking en verset teen die
           onderdrukking van Swartes in 1930.
          Take me to the water – Dit begin met ŉ vrolike dans met ŉ aantal
           mense in ŉ optog vanaf die kerk na die meer. Die toneel
           verteenwoordig ŉ geestelike reiniging/doop. Daar is ŉ vrou met ŉ
           groot wit sambreel. ŉ Doek wat opstyg en daal verteenwoordig die
           getye van die rivier. Die manlike danser eindig onder ŉ kollig met
           swaar sametrekkings en spastiese bewegings wat angstige spyt vir sy
           sondes uitbeeld.
           Move members move – Dit is ŉ vinnige dramatiese trio waar die
           drie mans op die verhoog rondhardloop in ŉ poging om die las van
           hul sondes af te skud. ŉ Groep elegante aangetrekte dames arriveer
           by die kerk aan die einde van die dag om te skinder en te gesels. In
           die ‘finalé’ is die hele geselskap op die verhoog en hul dans ŉ
           genotvolle, energieke en trillende dans.                                        (9)

 6.3     Ken 3 punte toe vir die kostuums.

         Kostuums ontwerp deur Lawrence Maldonado.
         Elke afdeling is anders:
          Afdeling 1: neutrale kleure van rooi, oranje en geel rokke.
          Afdeling 2: wit lang rokke, die manne in maasstof bostukke en broeke.
          Afdeling 3: Sondag “beste”, die manne in swart broeke, wit hempde en
            goue middellyf kledingstukke, vroue in goud / geel rokke, borsspelde
            en hoede.                                                                      (3)

 6.4     Ken 3 punte toe vir die musiek wat gebruik was.

         Musiek:
          Daar is ŉ verskeidenheid liedere wat tradisioneel
           geestelik/evangelisties (gospel) is.
          Die musiek vertel die storie van hartseer, liefde, moeilikheid en
           bevryding.
          Die musiek bepaal die stemming van die danse.
          Die Evangelie-musiek was in staat om die emosies uit te bring wat
           Alvin Ailey wou uitbeeld om sy idees en temas te kommunikeer.                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                        DANSSTUDIES                                 15

 6.5       Ken 10 punte toe vir inligting oor die mense wat Ailey se choreografiese
           styl beïnvloed het en die dansstyl wat in Revelations gebruik was.

              Ailey se dansstyl is ontwikkel deur die fyn waarneming van menslike
               bewegings.
              Drie choreograwe − Lester Horton, Martha Graham and Jack Cole –
               het ŉ groot invloed op hom gemaak.
              Lester Horton wou hê dat sy dansers so veel ruimte as moontlik
               gebruik terwyl hulle draai, buig of spring oor lang afstande. Hy het
               baie tegnieke van al oor die wêreld saamgesmelt, insluitende
               aangebore Amerikaanse volksdanse.
              Martha Graham se tegniek is gebou op sametrekking en vrylating. In
               sametrekking blaas die danser sy asem uit en maak die ruggraat
               rond; in vrylasing haal die danser asem in en lig die borskas.
              Jack Cole is een van die vaders van jazz-dans musiek. Hy was
               bekend dat hy algemene bewegings gebruik het wat hy in toneelkuns
               omskep het.
              Revelations is ŉ energieke, opwindende en aanloklike danswerk wat
               ballet, kontemporêre dans, Afrika- en jazz-tegnieke gebruik.
              Dit maak stellings met passies en patrone wat nou verwant is aan die
               musiek en die stemming wat dit wil skep.
              Hierdie stemming word verhoog deur die gebruik van kostuums,
               beligting en kinestetiese energie.
              Die beweging is altyd vloeiend en daar is selde ŉ groep dansers wat
               op dieselfde tyd dieselfde passie uitvoer.
              Dit is baie afwisselend en besig.
              Ailey maak gebruik van interessante arm bewegings by die begin van
               die werk.
              Die dansers werk vanuit die bolyf met gebruik van die Graham-
               tegniek van saamtrek en ontspan.
              Die gebruik van swaartekrag is duidelik, aangesien die werk goed
               begrond is en die dansers die vloer as ŉ apparaat gebruik en nie as ŉ
               voorwerp wat teen hulle werk nie.                                         (10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                 DANSSTUDIES                         (EC/SEPTEMBER 2017)

 6.6      Ken 4 punte toe as hierdie choreograaf sy voorgenome boodskap van die
          danswerk oorgedra aan die gehoor deur die gebruik van simboliese
          bewegings.

             Die drie afdelings van Revelations verenig ŉ storie van temas en
              gevoelens.
             Die eerste afdeling wys die stryd van swart mense wat wil ontsnap
              “black people wanting to get out”.
             In die tweede afdeling dans dansers die ritueel van doop op die maat
              van Wade in the water.
             Die finale afdeling beskryf die sosiale geleentheid van kerk toe
              ganery op Sondaeoggende, met die geselskap in hul Sondagklere.
             Ailey gebruik handgebare en arm bewegings tot goeie effek.
             Die fokus of ons en hande gebare hou verband met die tema van
              aanbidding.
             Baie bewegings gebruik die bolyf en arms wat desperaat na die
              hemele uitreik, terwyl die onderlyf (bene) op die grond bly.
             In die duet, Fix me Jesus, rek die dansers hul arms na bo, vingers
              uitgesprei voor hul saamtrek en buk – hul liggame spreek van pyn en
              swaarkry.
             Dansers slaan hul hande in gebed saam, strek arms uit met hande
              wyd gesprei, tap liggies op die grond en buig hul arms in vlerkagtige
              bewegings.
             Die beroemde wigvorm formasie van die dansers aan die begin van
              Revelations demonstreer pragtig die spesiale gebruik van arms wat
              Ailey tot groot uitwerking gebruik.                                             (4)
                                                                                             [30]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                         DANSSTUDIES                                  17

                                          OF

 VRAAG 7:       SUID-AFRIKAANSE of INTERNASIONALE CHOREOGRAAF EN
                DANSWERK (KEUSEVRAAG)

 MEMORANDUM:
 7.2 LAE VLAK – 10 PUNTE
 7.3 4, 5 – MEDIUM VLAK – 16 PUNTE
 7.6 HOË VLAK – 4 PUNTE

 NOTA AAN NASIENERS:

 Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se
 antwoorde geassesseer word. Kandidate het dalk meer inligting in een afdeling as
 in ŉ ander gegee. Evalueer die hele antwoord om te assesseer wat die kandidaat
 weet en gee punte daarvolgens. Kolpunte is ingesluit om met punte toekenning te
 help.

 EEN MOONTLIKE ANTWOORD: ALFRED HINKEL SE BOLERO

 7.1       Geen puntetoekenning vir die naam van die choreograaf en die danswerk
           nie.

 7.2       Ken 10 punte toe vir ŉ beskrywing van die agtergrond en invloede wat
           gelei het tot die ontwikkeling van die danswerk, insluitinde die oorsprong,
           opleiding en samewerkings.

              Bolero is al op verskillende maniere aangebied om telkens ŉ ander
               doel te dien.
              Elke uitvoering van die werk toon ŉ verskuiwing in die ingesteldheid
               van die mense in die land.
              Dit is hoe Hinkel die dansopvoering lewendig gehou het
              Bolero is ŉ werk wat ŉ redelike politieke paadjie geloop het. Bolero
               word voortdurend verander soos dit verwerk word vir elk van die
               geleenthede waartydens dit opgevoer word.
              Die dans is oorspronklik in die 1970's in Windhoek op Hinkel se
               eerste dansgeselskap, 'Dial-a-Dance', gechoreografeer en daarna
               baie keer weer deurwerk op Jazzart Dance Theatre van 1986 tot
               2006.
              Die oorspronklike weergawe gaan oor die “oorwinning oor
               vooroordeel,” en fokus spesifiek op die Ontugwet – ongetwyfeld die
               mees kontroversiële van al die wette van die Suid-Afrikaanse
               Apartheidsregering, toe daar probeer is om die vermenging van
               paartjies van verskillende rasse te verbied.
              Elke weergawe van die choreografie is beïnvloed deur die
               deelnemers − elkeen het hul uniekheid tot die interpretering bygedra.
              Aanvanklik was di om kommentaar te lewer op politiek, toe is dit vir
               feesvieringe gebruik (dit is by die inhuldinging van Neson Mandela as
               president uitgevoer), en ook as aansporing vir samewerking tussen
               klassieke en kontemporêre dansgeselskappe en as hoopgewer.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                  DANSSTUDIES                           (EC/SEPTEMBER 2017)

             Hinkel het in ŉ konserwatiewe familie in Namakwaland, grootgeword.
             Hy het op die ouderdom van tien begin dans, alhoewel dit teen sy pa
              se wense was.
             In die vroeë 1970`s het hy vir ŉ kort tyd sy opleiding aan die iniversiteit
              van Kaapstad se School of Dance voortgesit, voordat hy na sy huis in
              Namakwaland teruggekeer het.
             Dit was die daaglikse ervaring om in die “kleurlinggemeenskappe” klas
              te gee (sondeer behoorlike dansfasiliteite) wat “die grondslag gelê het
              vir ŉ werklike oorspronklike en vindingryke benadering tot
              dansonderrrig en choreografie”.
             In 1976 het Hinkel vir John Linden and Dawn Langdown in Okiep,
              Namaqualand ontmoet, twee mense met wie hy deur die jare deurgans
              sou saamwerk.
             Saam het hulle die Namaqualand Dansgeselskap gestig.
             In 1981 het hy by Jazzart Dance Theatre as ŉ danser aangesluit en
              uiteindelik het hy as direkteur oorgeneem.                                        (10)

 7.3      Ken 6 punte toe vir die uitbreiding van die sinopsis/tema/storie.

             Bolero, ŉ werk wat ŉ redelike politieke pad volg, word voortdurend
              verander soos dit verwerk word vir elk van die geleenthede waartydens
              dit opgevoer word.
             Die oorspronklike weergawe gaan oor die “oorwinning oor
              vooroordeel,” en fokus spesifiek op die Ontugwet – ongetwyfeld die
              mees kontroversiële van al die wette van die Suid-Afrikaanse
              Apartheidsregering, toe daar probeer is om die vermenging van
              paartjies van verskillende rasse te verbied.
             Die kostuums vir hierdie weergawe was knoopgedoopte T-hemde –
              rubberstewels is nog nie op daardie stadium gebruik nie.
             Toe, in die 1980’s, boikot verskeie kunstenaars die Grahamstad
              Kunstefees en hou ŉ alternatiewe, nie-gesegregeerde fees by die
              Universiteit van Durban Westville.
             Dit is ŉ tydperk van dreigende geweld waartydens die Suid-Afrikaanse
              regering ŉ nasionale “noodtoestand” afgekondig.
             Die plofbare, onstuimige toon van die era soos weerspieël in Hinkel se
              1987-weergawe van Bolero word deur die toevoeging van
              rubberstewels aangevul.
             Die hinkel het gesê: dans met rubberstewels het gekom van die
              werkersklasse, meestal myners en hawewerkers. Die stewels het
              verdrukking verteenwoordig. Hulle was die kettings wat nie alleen dié
              wat onderdruk was gebind het nie; maar ook dié wat deur onkunde
              gebind was.                                                                       (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
  (EC/SEPTEMBER 2017)                        DANSSTUDIES                               19

7.4    Ken 6 punte toe vir ŉ gedetailleerde verduideliking van die kostuums, beligting en
       stelontwerp.

          ʽKostuumontwerp’ is miskien ŉ misleidende term wanneer ŉ mens na die
           eerste weergawe van Bolero op die band verwys. In hierdie weergawe kom dit
           voor asof die dansers ateljeedrag in wisselende kleure en style aantrek.
          In die volgende weergawe van Bolero is daar duidelik aandag aan die
           kostuumontwerp gegee. Al die dansers behalwe een dra uitrustings in dieselfde
           styl en kleur: swart.
          In die volgende weergawes is swart ŉ keusekleur. Die kostuums waarna Hinkel
           verwys as die “S & M Version” bestaan uit nagemaakte leerrompe, swart
           visnetkouse, kousbande (suspenders), swart bra’s en metaalkettings.
          Die leervoorkoms maak ŉ sterk stelling in die net-vroue weergawe van Bolero,
           deur te suggereer dat vroue sterk is.
          In ander weergawes dra beide mans en vroue leerrompe wat ŉ aanduiding kan
           wees van geslagsgelykheid.
          In Jazzart se medewerking met KRUIK komplementeer kostuumontwerp en
           beligting mekaar in dié sin dat die reflekterende eienskappe van die materiale
           wat op die kostuums gebruik word, die gehoor in staat stel om die essensiële
           beweging te sien plaasvind wanneer die beligting dof is of ŉ donker filter het.
          Die kostuumontwerp van die opvoering van die Last Dance is sonder twyfel ŉ
           volmaakte huwelik van individualiteit en konsekwentheid. Soos met die eerste
           weergawe op die band, dra elke danser ŉ unieke kostuum, maar in hierdie
           geval lyk dit asof daar met meer aandag na die individuele kostuums gekyk is,
           aangesien daar ‘n mate van kohesie in die voorkoms van die groep as geheel
           is.
          Bolero, soos opgevoer by die Spier-amfiteater maak die mees effektiewe
           gebruik van kostuum- en beligtingontwerp. Die kostuums is nie heeltemal
           uniform nie, en tog plaas die individualiteit die dansers nie in kompartemente
           nie.

       Beligting en stelontwerp:
        Die ontwerp maak staat op die beligting.
        Daar is geen stelle nie. Oor die algemeen bestaan die beligting uit ŉ blou, rooi
          en wit lig.
        Die werk begin met minimale beligting en silhouette (skaduwees) gevolg deur ŉ
          kombinasie van kleure wat geduerende die stuk gebeur en ook naby die einde.
          Die beligting verminder geleidelik, tot dit uiteindelik eindig in totale donker
          eindig.
        Die beligtingstekniek is subtiel, hoewel die kleure strak kan wees.
        Die gebruik van die koue blou en helder wit beligting is veral verrassend.
        Die sterkste beligtingsoomblik is aan die einde van Bolero (Last Dance),
          wanneer die dansers chasse (glybeweging) en in ŉ posisie op die vloer eindig.
        Die oomblik wanneer die dansers ŉ houding inneem, gaan die lig af.
        Die meeste ander oorgange tussen gekleurde ligte of tussen donker en helder
          beligting gebeur geleidelik.
        Die beligting verander nooit te dramaties nie, met die meeste weergawes wat in
          geleidelike donkerte afspeel.
        Dit trek nie die aandag van die choreografie af nie, aangesien die danser in die
          donkerte tot ŉ byna mitiese status verhef word.                                        (6)

  Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                                  DANSSTUDIES                            (EC/SEPTEMBER 2017)

 7.5    Ken 4 punte toe vir ŉ gedetailleerde verduideliking van hoe die musiek in die
        danswerk gebruik word.

           Hierdie danswerk het oorspronklik sy titel ontleen van die musiektitel –
            Bolero, geskryf deur Maurice Ravel.
           Die partituur is geskryf vir ŉ volle musiekorkes en vereis baie instrumente.
           Dit is ŉ klassieke werk met ŉ Spaanse gevoel.
           Die struktuur van Bolero is merkwaardig eenvoudig.
           Dit bestaan hoofsaaklik uit ŉ enkel melodie wat herhaal word met
            verskillende orkestrasies met elke herhaling.
           Die melodie in C-majeur deur die fluite begin die stuk met klavier (sag).
           Terselfdertyd slaan ŉ snaardrom die ritme wat deurgaans volgehou word.
           Nader aan die einde van die stuk word twee dromme gelyktydig (almal
            saam) gespeel.
           Bolero maak goeie gebruik van kontrapunt.
           Die melodie word tussen verskilllende instrumente oorgedra.
           Die begeleiding brei uit totdat die volle orkes in forte (hard) teen die einde
            speel.                                                                               (4)

 7.6    Ken 4 punte toe as die leerling die choreograaf se bydra tot dans in
        Suid-Afrika kan bespreek.

           Hinkel het baie werke gedirigeer en vervaardig oor die sosio-politieke
            situasie in Suid-Afrika wat handel.
           Dit was Hinkel se blootstelling aan Afrika-dans deur die 'Abamanyani
            Projek’ wat ŉ totale hervorming van die manier wat Hinkel choreografie
            beskou het teweeg gebring en hoe hy begin het om improvisasie te
            gebruik, as ŉ kragtige instrument om sy werke te ontwikkel.
           Sy onderrig in die Kleurling-gemeenskappe en landelike gebiede het
            formele dans toeganklik vir hierdié gemeenskappe gemaak.
           Voor Hinkel se tussenkoms was dans bloot ŉ sosiale aktiwiteit wat in ŉ
            informele konteks beoefen is.
           Die idee van konsert in teenstelling met kulturele dansvorms was iets wat
            vreemd vir baie van die gemeenskappe was waar Hinkel onderrig gegee
            het.
           Dit is in sulke gebiede wat Hinkel die weg gebaan het vir die idee van
            gechoreografeerde danse as ŉ vorm van vermaak, uitgevoer deur
            sommige mense en aanskou deur ander.
           Toe Hinkel die direkteur van Jazzart in die middel van die 80's geword het,
            het die naam na die huidige titel − Jazzart Dance Theatre verander.
           In die vroeë jare, was Jazzart se gehore hoofsaaklik wit, maar soos
            Jazzart ontwikkel het, so het die gehore.
           Hinkel het effektief die geselskop aangepas na die land se veranderende
            politieke en artistieke konteks.                                                      (4)
                                                                                                 [30]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                          DANSSTUDIES                                 21

 VRAAG 8: MUSIEKGENRES/CHOREOGRAFIESE ELEMENTE/IMPROVISASIE

 MEMORANDUM:
 8.1 LAE VLAK – 4 PUNTE
 8.2 MEDIUM VLAK – 7 PUNTE
 8.3 HOË VLAK – 4 PUNTE

 MOONTLIKE ANTWOORDE:

 8.1       Ken 2 punte toe vir die name van 2 musiekgenres en 2 punte vir hul
           musiekstyl.

           TWEE MOONTLIKE ANTWOORDE:
            Baldans (Ballroom) – wals, jakkalsdraf (foxtrot), ens.
            Folk – word met tradisionele dans geassosieer, bv. Ierse volksdanse.                 (4)

 8.2       8.2.1      TYD:
                      TWEE MOONTLIKE VOORBEELDE:
                       Tyd: die spoed waarteen dansers optree: stadig/vinnig/êrens
                        tussenin.
                       Tydsduur: die tydsduur om ŉ beweging te voltooi.
                       Dansers interpreteer die kwaliteit van die musiek. Pas, ritme,
                        pols, sinkopasie, ens. van die musiek beïnvloed die dans.             (2)

           8.2.2      KRAG:
                      TWEE MOONTLIKE VOORBEELDE:
                       Krag het te make met die hoeveelheid energie wat in ŉ
                        beweging gebruik word.
                       Dit het betrekking op die dinamiek van ŉ beweging om
                        betekenis daaraan te verleen.
                       Sommige bewegings het min energie nodig – sagte, bedaarde
                        bewegings/bewegings waarin die danser nie baie beweeg nie.
                       Sommige bewegings verg baie energie – groot, kragtige
                        bewegings/bewegings wat ŉ groot ruimte gebruik.                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                                   DANSSTUDIES                      (EC/SEPTEMBER 2017)

          8.2.3      RUIMTE:
                     DRIE MOONTLIKE VOORBEELDE:
                      Ruimte verwys na hoe ons in ŉ ruimte beweeg. Hoe jy die
                       beskikbare ruimte gebruik. Die gebruik van groot
                       opvoerruimtes of klein, beperkte opvoerruimtes.
                      Dit kan betrekking op die gebruik van negatiewe en positiewe
                       ruimte hê.
                      Vlakke wat in ŉ danswerk gebruik word: hoë/medium/lae
                       posisies.
                      Die werklike verhoogruimte waarop jy optree: konvensionele
                       verhoogruimtes/onkonvensionele verhoogruimtes.
                      Rigting en vorm van bewegings.
                      Hoe jy met ander dansers in ŉ opvoerruimte omgaan.
                      Die danser se eie kinestetiese bewustheid van hoe sy/haar
                       liggaam in ruimte beweeg.                                            (3)

 8.3      Ken 4 punte toe vir 4 ideas oor hoe om hoë punte te behaal vir
          improvisasie gedurende die praktiese eksamen.

          Ek sal vir my friend sê:

             Verken enige idee of sensoriese stimulus op ŉ onbeperkte, eerlike en
              vraende manier.
             Wees volkome toegewyd wanneer jy die stimulus deur beweging
              demonstreer: jou improvisasie moet nie halfhartig wees nie.
             Moenie op bekende passies konsentreer nie: laat eerlike impulse
              aanleiding tot nuwe bewegings gee.
             Brei jou verskeidenheid bewegings uit deur ondersoek en
              eksperimentering.
             Wees waaghalsig, oorspronklik, kreatief, dapper en waag kanse
              (sonder om jou eie veiligheid in die gedrang te bring).
             Wees bewus van jouself in die ruimte wat jy gebruik. As jy saam met
              ander dans, moet jy onmiddelik en spontaan op hulle bewegings
              reageer.
             Maak seker dat jou improvisasie ŉ treffende begin en einde het.
             Hou die stimulus in gedagte.
             Reageer spontaan op die musiek – laat die musiek jou inspireer.                (4)
                                                                                            [15]

                                                            TOTAAL AFDELING B:               60
                                                                GROOTTOTAAL:                100

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

## Related documents

- [DANCE STUDIES GR12 QP SEPT 2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr12-qp-sept-2017-afrikaans/6e8ec17e-1b35-4332-9dc0-8782b105f04e) — Dance Studies · QP · 2017 · Afr
- [DANCE STUDIES MEMO GR12 SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-memo-gr12-sept-2018-afrikaans/1258d958-33e3-4fec-9fed-2edadd13d133) — Dance Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Dance Studies PAT GR 12 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-pat-gr-12-2017-afr/3d0ff943-fe2f-4116-8dc6-d8b6698b3edc) — Dance Studies · PAT · 2017 · Afr
- [DANCE STUDIES QP GR12 SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-qp-gr12-sept-2018-afrikaans/37cfc9c3-2b05-4d9b-b0d3-d775353a4d2b) — Dance Studies · QP · 2018 · Afr
- [DANCE STUDIES QP GR12 SEPT 2018 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-qp-gr12-sept-2018-afrikaans-d/e5b53a23-b281-4261-83a1-8ec9056a9ba3) — Dance Studies · QP · 2018 · Afr
- [Dance Studies Nov 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2017-memo-afr/ef183dc2-8d87-45d6-8f08-92c032f4d578) — Dance Studies · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Dance Studies

- [Gr 12 Dan Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dan-stu-atp-2023-24/34f45b16-cd25-4879-9db2-5005d316d38b) — ATP
- [Dance Studies Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2025-nsc-november-exam-question-paper/c150552f-ecf9-4c18-9412-3a97c1b79358) — QP · 2025 · Eng
- [Dance Studies Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2025-nsc-november-exam-question-paper/750eccb6-695f-44c1-ab84-87cf2c25e9cb) — QP · 2025 · Afr
- [Dance Studies Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2024-eng/3f71ca72-941a-4937-aa1f-2c5000350a76) — QP · 2024 · Eng
- [Dance Studies Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2024-afr/f5975c7a-d2e8-4ce4-9f41-cfd851dce504) — QP · 2024 · Afr
- [Dance Studies May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/1a10b306-4323-47d9-82b8-f17038fede87) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
