# Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Dance Studies question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr12-qp-sept-2017-afrikaans/6e8ec17e-1b35-4332-9dc0-8782b105f04e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dance Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dance Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dance-studies) › [Dance Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr12-qp-sept-2017-afrikaans/6e8ec17e-1b35-4332-9dc0-8782b105f04e)

## About this document

Dance Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2017

                         DANSSTUDIES

PUNTE:   100

TYD:     3 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  DANSSTUDIES                             (EC/SEPTEMBER 2017)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings met AGT vrae in totaal.

2.    AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYKE EN GESONDHEIDSORG (40 punte)
      AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID (60 punte)

3.    AFDELING A:       Bestaan uit VIER vrae.
                        Let daarop dat jy ŉ keuse het tussen VRAAG 3 en VRAAG 4 in
                        hierdie afdeling. Indien jy beide vrae beantwoord, sal slegs die
                        eerste vraag wat beantwoord is, nagesien word.

      AFDELING B:       Bestaan uit VIER vrae.
                        Let daarop dat jy ŉ keuse het tussen VRAAG 6 en VRAAG 7 in
                        hierdie afdeling. Indien jy beide vrae beantwoord, sal slegs die
                        eerste vraag wat beantwoord is, nagesien word.

      Beantwoord slegs SES vrae.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik word.

5.    Lees elke vraag aandagtig deur en let op wat vereis word. Indien jy gevra word om
      te verduidelik/uit te wei/beskryf/analiseer/evaluering/vergelyk/bespreek in ŉ vraag,
      moet jy in volsinne antwoord en soveel detail as moontlik verskaf. EEN-WOORD
      antwoorde sal NIE aanvaar word NIE.

6.    Jy mag rowwe beplanning in die ANTWOORDEBOEK doen. Trek ŉ streep deur
      enige werk wat NIE nagesien moet word NIE.

7.    Jy sal geassesseer word op jou vermoë om:
       Slegs in een taal te skryf
       Inligting te organiseer en duidelik oor te dra
       Die spesifieke formaat te gebruik wat in bepaalde vrae vereis word
       Spesialis-dansterminologie te gebruik, waar nodig

8.    Skryf netjies en leesbaar.

9.    Beplan jou tyd: Spandeer 60 minute op AFDELING A: 40 punte en spandeer
      ongeveer 120 minute op AFDELING B: 60 punte.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                     DANSSTUDIES                                              3

 AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG

 VRAAG 1: OPWARMING/POSTUUR/VEILIGE STREKKING (VERPLIGTEND)

 1.1       Die mees belangrikste doel van opwarming in die dansklas is om die
           liggaam voor te berei vir die werk wat voorlê. Beskryf die beginsels van
           goeie opwarming en wat dit behoort te behels.                                        (5)

 1.2                           A                                       B

                                       [http://dance magazine.com/news/the seven deadly sins]

           Verduidelik watter EEN van die twee prente hierbo wys die korrekte dans-
           postuur en hoe die gebruik van die korrekte danspostuur in die dansklas
           kan help om beserings te voorkom.                                                      (6)

 1.3       Strekking is belangrik in die dansklas. Gee VIER faktore hoe om veilig in
           die dansklas te strek en hoe dit sal help om beserings te voorkom.                    (4)
                                                                                                [15]

 VRAAG 2:       (VERPLIGTEND) KOMPONENTE VAN FIKSHEID/KRAG/
                BESERINGS

 2.1       Noem enige DRIE komponente van fiksheid wat gedurende ŉ dansklas
           gebruik word en verduidelik hoe elke komponent jou tydens ŉ eksamen
           kan help.                                                                              (6)

 2.2       Spierkrag is belangrik in alle areas van dans. Verduidelik hoe om
           spierkrag in dans te ontwikkel en dit te behou.                                        (5)

 2.3       Alle dansers is geneig tot dansverwante beserings. Bespreek hoe die
           volgende faktore tot dansverwante beserings mag lei:

           2.3.1       Uitputting                                                                 (2)

           2.3.2       Landing na ŉ sprong                                                       (2)
                                                                                                [15]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 DANSSTUDIES                                (EC/SEPTEMBER 2017)

               DAAR IS ’N KEUSE TUSSEN VRAAG 3 EN VRAAG 4.
                     BEANTWOORD SLEGS EEN VRAAG.

 VRAAG 3: BESERINGS/BELYNING (KEUSE-VRAAG)

 3.1      Besering voorkoming is belangrik vir ŉ danser. Maak ŉ lys van sommige
          van die groot komplikasies wat ŉ danser na ŉ besering kan hê.                       (5)

 3.2

                        [http://www.courses.VCU.edu/DANC291-003/unit//.ht]

          Verduidelik die danser se belyning in die prent hierbo en hoe hierdie tipe
          belyning die danser se knieë en enkels kan affekteer.                              (5)
                                                                                            [10]

                                               OF

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                          DANSSTUDIES                                               5

 VRAAG 4: AKSIES/SPIERE (KEUSE-VRAAG)

 4.1    Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die daaropvolgende vrae.

         [Bron: “The River” van Glenn Allen Sim and Linda Celeste Sims. Foto deur Lois Greenfields.
                                                                              Vergunning: AAADT]

        4.1.1     Gee die anatomiese aksie van die man se knieë.                                        (1)

        4.1.2     Gee die anatomiese aksie van die man se linker-arm.                                   (1)

        4.1.3     Gee die anatomiese aksie van die man se kop.                                          (1)

        4.1.4     Gee die anatomiese aksie van die vrou se regtervoet.                                  (1)

        4.1.5     Gee die anatomiese aksie van die vrou se arms.                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 DANSSTUDIES                             (EC/SEPTEMBER 2017)

 4.2    Gee die name van die volgende:

        4.2.1   ŉ Groep spiere voor in die man se bobeen                                   (1)

        4.2.2   ŉ Groep spiere agter in die man se bobeen                                  (1)

        4.2.3   ŉ Spier wat help met die anatomiese aksie van die man se nek               (1)

        4.2.4   Die spier verantwoordelik vir die anatomiese aksie van die vrou se
                regtervoet                                                                 (1)

        4.2.5   Die spier verantwoordelik vir die anatomiese aksie van die vrou se
                elmboë                                                                    (1)
                                                                                         [10]

                                                            TOTAAL AFDELING A:             40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                    DANSSTUDIES                                         7

 AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID

 VRAAG 5:       DANSVORMS/KARAKTEREIENSKAPPE/GESKIEDENIS/
                LOOPBAAN

 5.1     Dansstudies leerlinge bestudeer TWEE dansvorms. Noem en beskryf die
         karaktereienskappe van enige EEN van jou dansvorms, byvoorbeeld, die
         bewegings, stappies, styl, musiek, kostuum, wie dit sal opvoer en waar dit
         opgevoer mag word.                                                                    (5)

 5.2     Noem jou hoof dansvorm en verskaf SES interessante feite oor die
         geskiedenis van jou hoof dansvorm.                                                    (6)

 5.3     Verskaf EEN voorbeeld van ŉ moontlike dansloopbaan en bespreek die
         vereistes wat deur hierdie loopbaan benodig word.                                   (4)
                                                                                            [15]

                       JY HET ’N KEUSE TUSSEN VRAAG 6 EN VRAAG 7.
                             BEANTWOORD SLEGS EEN VRAAG.

 VRAAG 6:        INTERNASIONALE CHOREOGRAAF – ALVIN AILEY (KEUSE-
                 VRAAG)

 Skryf ŉ opstel oor die aanbevole internasionale choreograaf Alvin Ailey en sy
 danswerk Revelations en sluit die volgende in.

 6.1     Waar kom die titel van hierdie danswerk vandaan?                                      (1)

 6.2     Revelations is in DRIE afdelings verdeel. Noem en beskryf elke afdeling.              (9)

 6.3     Gee ŉ verduideliking van die kostuums wat in elke afdeling gebruik was.               (3)

 6.4     Verduidelik die tipe musiek wat in die danswerk gebruik was.                          (3)

 6.5     Verskaf inligting oor die mense wat Ailey se choreografiese styl beïnvloed het
         en die dansstyl wat in Revelations gebruik was.                                    (10)

 6.6     Hoe het hierdie choreograaf sy voorgenome boodskap van die danswerk aan
         die gehoor deur die gebruik van simboliese bewegings oorgedra?                      (4)
                                                                                            [30]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                DANSSTUDIES                         (EC/SEPTEMBER 2017)

      HIERONDER IS DIE VOORGESKREWE LYS VAN INTERNASIONALE EN
          SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE EN HUL DANSWERKE.

                INTERNASIONALE
                 CHOREOGRAWE                          DANSWERKE
    George Balanchine                   Appollo/Jewels
    Alvin Ailey                         Revelations
    Martha Graham                       Lamentation/Errand into the Maze
    Christopher Bruce                   Ghost Dancers
    Mathew Bourne                       Swan Lake
    Pina Bausch                         Rites of spring
    William Forsythe                    In the middle, somewhat elevated
    Mats Ek                             Giselle/Swan Lake/Carmen
    Rudi van Dantzig                    Four Last Songs
    Jiri Killian                        Wings of wax/Stamping ground

             SUID-AFRIKAANSE
              CHOREOGRAWE                            DANSWERKE
    Veronica Paeper                     Orpheus in the Underworld/Carmen
    Vincent Mantsoe                     Gula Matari
    Alfred Hinkel                       Last Dance (Bolero)/ Rain in a dead
                                        man’s footprints/Cargo/I am cinnamin
    Sylvia Glasser                      Tranceformations
    Gary Gordon                         Bessie’s Head
    Mavis Becker                        Flamenco de Africa
    Hazel Acosta                        Blood Wedding
    Caroline Holden                     Imagenes
    Gregory Maqoma                      Beauty Trilogy/ Skeleton Dry/Four
                                        Seasons

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                      DANSSTUDIES                                        9

  VRAAG 7:       SUID-AFRIKAANSE/INTERNASIONALE CHOREOGRAAF EN
                 DANSWERK (KEUSE-VRAAG)

  Kies EEN van die SUID-AFRIKAANSE of INTERNASIONALE choreograwe en
  een van hul DANSWERKE uit die voorgeskrewe lys hierbo. Skryf ŉ resensie en
  sluit die volgende in:

  7.1    Die naam van die choreograaf en danswerk

  7.2    Beskryf die agtergrond en invloede wat gelei het tot die ontwikkeling van
         die danswerk. Sluit in die oorsprong, opleiding en samewerkings                  (10)

  7.3    Brei uit oor die sinopsis/tema/intensie/storie                                    (6)

  7.4    Gee ŉ gedetailleerde verduideliking van die kostuum, beligting en
         stelontwerp                                                                       (6)

  7.5    Verduidelik hoe die musiek in die danswerk gebruik was                            (4)

  7.6    Bespreek die choreograaf se bydrae tot dans in Suid-Afrika                        (4)
                                                                                          [30]

  VRAAG 8:            MUSIEKGENRES/CHOREOGRAFIESE ELEMENTE/
                      IMPROVISASIE (KEUSE-VRAAG)

  8.1    Noem enige TWEE musiek genres en gee ŉ beskrywing van elkeen se
         musiekstyl.                                                                       (4)

  8.2    Verduidelik hoe dansers/choreograwe gebruik kan maak van die volgende
         choreografiese elemente in ŉ danswerk:

         8.2.1        Tyd − Gee TWEE voorbeelde van hoe dit gebruik kan word               (2)

         8.2.2        Krag − Gee TWEE voorbeelde van hoe dit gebruik kan word              (2)

         8.2.3        Ruimte − Gee TWEE voorbeelde van hoe dit gebruik kan word            (3)

  8.3    Een van jou vriende is bekommerd oor improvisasie gedurende hul
         praktiese eksamen. Gee jou vriend idees hoe om hoë punte in improvisasie
         gedurende die eksamen te behaal.                                                  (4)
                                                                                          [15]

                                                             TOTAAL AFDELING B:            60
                                                                 GROOTTOTAAL:             100

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [DANCE STUDIES GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr12-memo-sept2017-afrikaans/c8888bfe-c691-46fd-8211-2a588b539cfd) — Dance Studies · Memo · 2017 · Afr
- [DANCE STUDIES QP GR12 SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-qp-gr12-sept-2018-afrikaans/37cfc9c3-2b05-4d9b-b0d3-d775353a4d2b) — Dance Studies · QP · 2018 · Afr
- [DANCE STUDIES QP GR12 SEPT 2018 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-qp-gr12-sept-2018-afrikaans-d/e5b53a23-b281-4261-83a1-8ec9056a9ba3) — Dance Studies · QP · 2018 · Afr
- [Dance Studies PAT GR 12 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-pat-gr-12-2017-afr/3d0ff943-fe2f-4116-8dc6-d8b6698b3edc) — Dance Studies · PAT · 2017 · Afr
- [DANCE STUDIES MEMO GR12 SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-memo-gr12-sept-2018-afrikaans/1258d958-33e3-4fec-9fed-2edadd13d133) — Dance Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Dance Studies Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2017-eng/15c170d8-36d4-4c07-bbf2-e14f16b2064a) — Dance Studies · QP · 2017 · Eng

## More from Grade 12 Dance Studies

- [Gr 12 Dan Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dan-stu-atp-2023-24/34f45b16-cd25-4879-9db2-5005d316d38b) — ATP
- [Dance Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/7d49cd96-a950-4b35-aeed-714d223b568a) — Memo · 2025 · Afr
- [Dance Studies Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/6b5a22ef-70fa-43b6-a545-06b7b69ddda2) — Memo · 2025 · Eng
- [Dance Studies May-June 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/58c0edb4-e720-4bdd-8619-b5f6c751d9b8) — Memo · 2024 · Afr
- [Dance Studies PAT GR 12 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-pat-gr-12-2022-afr/eb935e23-88f3-4080-9bd5-7ddd6a239a7c) — PAT · 2022 · Afr
- [Dance Studies May June 2021 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-may-june-2021-mg-eng/4b73033f-53ae-4723-b09d-76531b5e20a5) — Memo · 2022 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
