# Dance Studies Grade 12 NSC June 2019 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Dance Studies question paper from the NSC June Exam 2019 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-may-june-2019-afr/521f7f5a-40b8-4e32-be9a-1712543a6358
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dance Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dance Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dance-studies) › [Dance Studies Grade 12 NSC June 2019 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-may-june-2019-afr/521f7f5a-40b8-4e32-be9a-1712543a6358)

## About this document

Dance Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2019. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                   DANSSTUDIES

                                         2019

                                                                     PUNTE: 100

                                                                       TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                   2                                     DBE/2019
                                           SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings met 12 vrae in totaal.
        Beantwoord slegs AGT vrae soos volg:

        AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG (40 punte)
                     Beantwoord VIER van die ses vrae in hierdie afdeling.
                     Jy het 'n keuse tussen VRAAG 2 en VRAAG 3. Indien jy
                       albei vrae beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord
                       nagesien word.
                     Jy het 'n keuse tussen VRAAG 5 en VRAAG 6. Indien jy
                       albei vrae beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord
                       nagesien word.

        AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID (60 punte)
                     Beantwoord VIER van die ses vrae in hierdie afdeling.
                     Jy het 'n keuse tussen VRAAG 9 en VRAAG 10. Indien jy
                      albei vrae beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord
                      nagesien word.
                     Jy het 'n keuse tussen VRAAG 11 en VRAAG 12. Indien jy
                      meer as EEN vraag beantwoord, sal slegs die EERSTE
                      antwoord nagesien word.

2.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

3.      Lees elke vraag aandagtig deur en let op na wat vereis word.

4.      LET WEL:      Indien jy gevra word om te verduidelik/breedvoerig te skryf/
                      te beskryf/te ontleed/te evalueer/te vergelyk, skryf jou antwoord in
                      volsinne en gee soveel inligting as moontlik. Eenwoord-
                      antwoorde sal NIE aanvaar word NIE.

5.      Jy kan rofwerkbeplanning in die ANTWOORDEBOEK doen. Trek 'n streep deur
        enige werk wat NIE nagesien moet word NIE.

6.      Jy sal geassesseer word op jou vermoë om:
         Goeie Afrikaans te gebruik (skryf slegs in een taal)
         Inligting te organiseer en duidelik oor te dra
         Die spesifieke formaat te gebruik wat in sekere vrae vereis word
         Spesialis-dansterminologie te gebruik, waar nodig

7.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                3                                   DBE/2019
                                        SS/NSS

AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG

VRAAG 1: BESERINGS (VERPLIGTEND)

Andile is met tendonitis gediagnoseer. Sy dokter het hom geadviseer om vir twee weke
nie ten volle aan sy dansklasse deel te neem nie.

1.1      Definieer tendonitis.                                                               (1)

1.2      Noem die eenvoudige eerstehulpbehandeling wat Andile tuis kan toepas om
         met die herstel van sy tendonitis te help.                                          (1)

1.3      Noem DRIE aktiwiteite wat Andile kan doen om fiks te bly terwyl hy nie ten
         volle aan die klasse kan deelneem nie.                                              (3)

1.4      Verduidelik VYF maniere waarop Andile tendonitis kan voorkom sodat dit nie
         weer in die toekoms opvlam nie.                                                     (5)
                                                                                             [10]

LET WEL:      Jy het 'n keuse tussen VRAAG 2 en VRAAG 3.
              Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.

VRAAG 2: FIKSHEIDSKOMPONENTE– UITHOUVERMOË (KEUSE)

2.1      'n Danser het beide kardiovaskulêre en spieruithouvermoë in die dansklas
         nodig.

         Definieer kardiovaskulêre uithouvermoë en spieruithouvermoë.         (2 x 2)        (4)

2.2      Beskryf EEN oefening wat gedoen kan word om stamina-/uithouvermoë-
         vlakke te verbeter.                                                                 (1)

2.3      Verduidelik VYF faktore wat 'n gebrek aan uithouvermoë by 'n danser kan
         veroorsaak.                                                                         (5)
                                                                                             [10]

                                         OF

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                 4                                  DBE/2019
                                         SS/NSS

VRAAG 3: FIKSHEIDSKOMPONENTE – NEUROMUSKULÊRE VAARDIGHEDE
(KEUSE)

Dans vereis 'n kombinasie van verskillende neuromuskulêre vaardighede.
Elke vaardigheid is belangrik om 'n hoë vlak van dansuitvoering te bereik.

3.1      Noem enige VYF neuromuskulêre vaardighede.                                          (5)

3.2      Verduidelik hoe elk van die VYF vaardighede wat in VRAAG 3.1 genoem is,
         dansuitvoering sou verbeter.                                                        (5)
                                                                                             [10]

VRAAG 4: BEWEGINGSKWALITEIT (VERPLIGTEND)

Jou danssolo vir jou finale graad 12 praktiese eksamen het vereis dat jy uitstekende
bewegingskwaliteit vertoon. Wat verstaan jy onder bewegingskwaliteit?

Behalwe goeie danstegniek, bespreek ten minste VYF ander kwaliteite van beweging
wat die eksaminator of 'n gehoor sou betower.                                                [10]

LET WEL:      Jy het 'n keuse tussen VRAAG 5 en VRAAG 6.
              Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.

VRAAG 5: VOEDING (KEUSE)

Goeie voeding kan 'n danser se uitvoering/optrede verbeter.

Gee VYF belangrike voedingsWENKE wat jou mededansers kan volg.

Verduidelik hoe ELKE wenk tot optimale optrede bydra.                                        [10]

                                          OF

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                 5                                       DBE/2019
                                         SS/NSS

VRAAG 6: SPIERE EN AKSIES (KEUSE)

                                                       [Bron: media-cache-ak0.pinimg.com]

Bestudeer die foto hierbo en beantwoord die vrae wat volg. Gebruik anatomiese
terminologie in jou antwoorde.

6.1      Identifiseer EEN anatomiese aksie wat in die regterheupgewrig van die
         danser in die middel plaasvind.                                                          (1)
6.2      Noem EEN spier/spiergroep wat vir die aksie in VRAAG 6.1 verantwoordelik
         is.                                                                                      (1)
6.3      Identifiseer EEN anatomiese aksie wat in die enkels van die danser in die
         middel plaasvind.                                                                        (1)
6.4      Noem EEN spier/spiergroep wat vir die aksie in VRAAG 6.3 verantwoordelik
         is.                                                                                      (1)
6.5      Identifiseer watter anatomiese aksie in die danser se knieë plaasvind.                   (1)
6.6      Noem EEN spier/spiergroep wat vir die aksie in VRAAG 6.5 verantwoordelik
         is.                                                                                      (1)
6.7      Identifiseer EEN anatomiese aksie wat in die danser se regterskouergewrig
         plaasvind.                                                                               (1)
6.8      Noem EEN spier/spiergroep wat vir die aksie in VRAAG 6.7 verantwoordelik
         is.                                                                                      (1)
6.9      Identifiseer watter anatomiese aksie in die danser se linkerskouergewrig
         plaasvind.                                                                               (1)
6.10     Noem EEN spier wat vir die aksie in VRAAG 6.9 verantwoordelik is.                        (1)
                                                                                                  [10]

                                                               TOTAAL AFDELING A:                 40

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                 6                                     DBE/2019
                                         SS/NSS

AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID (VERPLIGTEND)

VRAAG 7: DANSVORMS

Teken die tabel hieronder in jou ANTWOORDEBOEK oor. Gee inligting soos hieronder
aangedui oor Afrikadans en EEN ander dansvorm wat jy op skool bestudeer het.

              AFRIKADANS                          NOEM DIE ANDER DANSVORM
7.1 Verduidelik, in volsinne, TWEE             Verduidelik, in volsinne, TWEE
    herkenbare bewegingsbeginsels              herkenbare bewegingsbeginsels
    wat kenmerkend van Afrikadans is.          wat kenmerkend is van die
                                           (2) dansvorm wat gekies is.          (2)
7.2 Noem TWEE herkenbare                       Noem TWEE herkenbare
    eienskappe wat kenmerkend van              eienskappe wat kenmerkend is
    die kostuums/kleredrag van                 van die kostuums/kleredrag van
    Afrikadans is.                         (2) die dansvorm wat gekies is.      (2)
7.3 Noem EEN herkenbare eienskap               Noem EEN herkenbare eienskap
    wat kenmerkend van die musiek/             wat kenmerkend is van die
    begeleiding van Afrikadans is.             musiek/begeleiding van die ander
                                           (1) dansvorm wat gekies is.          (1)             [10]

VRAAG 8: IMPROVISASIE EN CHOREOGRAFIE (VERPLIGTEND)

Jy het regdeur graad 10 tot 12 verskillende aspekte van improvisasie in jou dansklasse
verken.

8.1      Hoe het improvisasie tot jou ontwikkeling as 'n danser/choreograaf bygedra?            (5)

8.2      Gebruik die foto/visuele beeld hieronder as 'n stimulus en stel 'n plan op vir
         die choreografering van 'n nuwe danswerk.

                              [Bron: media-cache-ak0.pinimg.com]                                (5)
                                                                                                [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                  7                                       DBE/2019
                                          SS/NSS

SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE EN DANSWERKE

LET WEL:        Jy het 'n keuse tussen VRAAG 9 en VRAAG 10.
                Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.

VRAAG 9: GREGORY MAQOMA SE FOUR SEASONS (KEUSE)

              Four Seasons deur Gregory Maqoma is 'n inspirerende produksie
                      met 'n uitstekende rolverdeling en kunstigheid.

                                                              [Bron: Skermskoot uit die DVD]

   Gee 'n kort agtergrond oor wat tot Maqoma se ontwikkeling as 'n merkwaardige
    choreograaf gelei het.
   Beskryf die boodskap/doel wat Maqoma deur hierdie danswerk aan die gehoor wou
    oordra.
   Analiseer hoe hy die bewegingswoordeskat en produksie-elemente in elke seisoen
    gebruik om sy boodskap/doel oor te dra.
   Verduidelik sy innoverende gebruik van musiek in hierdie produksie.
   Gee jou interpretasie/vertolking van die boodskap wat die EINDE van hierdie
    danswerk aan die gehoor kommunikeer.                                                          [20]

                                           OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                 8                                   DBE/2019
                                         SS/NSS

VRAAG 10: SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAAF EN DANSWERK (KEUSE)

    SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE                             DANSWERKE
              Alfred Hinkel                         Bolero/The Last Dance/Cargo/
                                                   Rain in a Dead Man's Footprints
               Carolyn Holden                                  Imagenes
                Dada Masilo                          Swan Lake/Romeo and Juliet
                Gary Gordon                                 Bessie's Head
              Gregory Maqoma                         Beauty Trilogy/Skeleton Dry/
                                                         Somehow Delightful
               Mavis Becker                              Flamenco de Africa
               Sylvia Glasser                             Tranceformations
              Veronica Paeper                     Orpheus in the Underworld/Carmen
                Hazel Acosta                                Blood Wedding
              Vincent Mantsoe                                 Gula Matari

Kies EEN van die voorgeskrewe Suid-Afrikaanse choreograwe en sy/haar danswerk uit
die voorgeskrewe lys hierbo en beantwoord die volgende:

   Gee die naam van die choreograaf en die titel van die danswerk waaroor jy skryf.
   Gee inligting oor die agtergrond, opleiding, inspirasies en invloede wat hom/haar
    gehelp het om as 'n choreograaf te ontwikkel.
   Beskryf die sinopsis/doel van die werk.
   Ontleed die produksie-elemente en bewegingswoordeskat wat gebruik is om die
    betekenis van die werk simbolies oor te dra.
   Bespreek die bydraes wat hierdie choreograaf aan dans in Suid-Afrika gemaak het.
    Gee spesifieke voorbeelde om jou antwoord te verduidelik.                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                    9                                      DBE/2019
                                            SS/NSS

INTERNASIONALE CHOREOGRAWE EN DANSWERKE

LET WEL:      Jy het 'n keuse tussen VRAAG 11 en VRAAG 12.
              Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.

VRAAG 11: CHRISTOPHER BRUCE SE GHOST DANCES (KEUSE)

Christopher Bruce se prysenswaardige danswerk, Ghost Dances, gaan in teaters in
Suid-Afrika opgevoer word.
Skryf 'n persverklaring om die publiek oor hierdie opkomende geleentheid in te lig.
Sluit die volgende inligting by jou persverklaring in:
   Die titel en inligting oor datums wanneer en waar die werk opgevoer gaan word
   'n Kort bespreking van Christopher Bruce se professionele loopbaan wat tot sy
    aanprysing gelei het
   Die agtergrond en samevatting van hierdie danswerk
   Voorbeelde van die produksie-elemente om die leser opgewonde te maak oor dit
    wat in hierdie werk verwag kan word
   Insig in die bewegingswoordeskat en hoe dit die boodskap van hierdie werk
    simbolies uitbeeld
   Waarom Suid-Afrikaanse gehore na internasionale danswerke moet kyk                           [20]

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                   10                                  DBE/2019
                                            SS/NSS

VRAAG 12: INTERNASIONALE CHOREOGRAAF EN DANSWERK (KEUSE)

    INTERNASIONALE CHOREOGRAWE                                  DANSWERKE
               Alvin Ailey                                       Revelations
           George Balanchine                                    Apollo/Jewels
                Jiří Kylián                           Wings of Wax/Stamping Ground
            Martha Graham                            Lamentation/Errand into the Maze
            Matthew Bourne                                  Swan Lake/Cinderella
                 Mats Ek                                 Giselle/Swan Lake/Carmen
              Pina Bausch                                    The Rite of Spring
            Rudi van Dantzig                                   Four Last Songs
            William Forsythe                         In the Middle, Somewhat Elevated

Kies EEN van die voorgeskrewe internasionale choreograwe en sy/haar danswerk uit
die lys hierbo om hierdie vraag te beantwoord.

Jy gaan die gasheer/gasvrou van 'n dansfilmaand vir dansstudente en -entoesiaste by
jou skool wees. Jy is versoek om 'n toespraak te lewer voordat die dansfilm vertoon
word.

Sluit die volgende inligting by jou toespraak in:

   Gee die titel van die danswerk en die naam van die choreograaf wat jy gekies het.
   Beklemtoon die belangrikheid daarvan dat Suid-Afrikaanse dansstudente oor
    internasionale dansgeskiedenis leer.
   Stel die choreograaf bekend deur 'n kort biografie van sy/haar loopbaan en bydraes
    tot die dansbedryf te gee.
   Gee 'n kort samevatting van die sinopsis/tema van die werk.
   Verduidelik die choreograaf se spesifieke bewegingswoordeskat en dansstyl wat in
    hierdie danswerk gebruik word.
   Vestig die aandag op die simboliek wat in die produksie-elemente uitgedruk word.         [20]

                                                                TOTAAL AFDELING B:           60
                                                                    GROOTTOTAAL:             100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Dance Studies May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-may-june-2019-eng/44d8a664-90a8-41ad-85ec-d697761b210f) — Dance Studies · QP · 2019 · Eng
- [Dance Studies May June 2019 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-may-june-2019-memo-eng/f589d14a-43e3-4e89-b3b5-aa58868f4074) — Dance Studies · Memo · 2019 · Eng
- [Dance Studies May June 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-may-june-2019-memo-afr/6eb4bc77-0dd7-4332-b402-d122ee23ad63) — Dance Studies · Memo · 2019 · Afr
- [Dance Studies Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2019-eng/20ed8d77-ec67-4df1-a620-6e6ec5728d88) — Dance Studies · QP · 2019 · Eng
- [Dance Studies Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2019-afr/f0e3943e-e808-455d-91b7-bedc39c959a7) — Dance Studies · QP · 2019 · Afr
- [Dance Studies May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/22a3f5cb-3303-4342-b7dd-96e179e61fc6) — Dance Studies · QP · 2024 · Eng

## More from Grade 12 Dance Studies

- [Gr 12 Dan Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dan-stu-atp-2023-24/34f45b16-cd25-4879-9db2-5005d316d38b) — ATP
- [Dance Studies May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-may-june-2025-mg-eng/96538d66-a66a-48a4-930d-62c129d1d9f0) — Memo · 2025 · Eng
- [Dance Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/7d49cd96-a950-4b35-aeed-714d223b568a) — Memo · 2025 · Afr
- [Dance Studies Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/6b5a22ef-70fa-43b6-a545-06b7b69ddda2) — Memo · 2025 · Eng
- [Dance Studies May-June 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/58c0edb4-e720-4bdd-8619-b5f6c751d9b8) — Memo · 2024 · Afr
- [Dance Studies May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2024-nsc-june-exam-memorandum-english/a34028a3-b812-45fd-aaf0-6f61f26f53d2) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
