# Dance Studies Grade 12 NSC June 2021 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Dance Studies question paper from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-may-june-2022-afr/ff793711-6723-4e57-9439-71a800bf96a6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dance Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dance Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dance-studies) › [Dance Studies Grade 12 NSC June 2021 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-may-june-2022-afr/ff793711-6723-4e57-9439-71a800bf96a6)

## About this document

Dance Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                   DANSSTUDIES

                                         2022

                                                                      PUNTE: 150

                                                                       TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                 2                                     DBE/2022
                                         SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings met AGT vrae in totaal.

2.       AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG (60 punte)
          Beantwoord AL VIER vrae in hierdie afdeling.
          Jy het 'n keuse tussen VRAAG 2.3 en VRAAG 2.4. Indien jy albei vrae
           beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord nagesien word.

         AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID (90 punte)
          Beantwoord AL VIER vrae in hierdie afdeling.
          Jy het 'n keuse tussen VRAAG 5.2 en VRAAG 5.3. Indien jy albei vrae
           beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord nagesien word.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Lees elke vraag aandagtig deur en let op na wat gevra word.

5.       Lees die AKSIEWERKWOORD aan die begin van elke vraag om te sien wat
         verlang word.

         VOORBEELDE VAN AKSIEWERKWOORDE WAT IN DIE VRAE GEBRUIK IS:
         LAEVLAK-VRAE: kies, vind, noem, pas, definieer, waar of onwaar
         MEDIUMVLAK-VRAE: beskryf, verduidelik, brei uit
         HOËVLAK-VRAE: analiseer/ontleed, evalueer, beredeneer, gee mening

6.       Jy mag rofwerkbeplanning in die ANTWOORDEBOEK doen. Trek 'n streep deur
         enige werk wat NIE nagesien moet word NIE.

7.       Jy sal geassesseer word op jou vermoë om:
          Slegs in een taal te skryf
          Inligting te organiseer en duidelik oor te dra
          Die spesifieke formaat wat in sekere vrae vereis word, te gebruik
          Spesialis-dansterminologie te gebruik, waar nodig

8.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                     3                                    DBE/2022
                                             SS/NSS

AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG

VRAAG 1: BESERINGS

1.1      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die vraag in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 F.

                          KOLOM A                               KOLOM B
         1.1.1        Waarom moet dansers aan         A   om wrywing te voorkom
                      die einde van 'n klas afkoel?
                                                      B   om die liggaamstemperatuur te
         1.1.2        Waarom word sinoviale               verhoog
                      vloeistof in die gewrigte
                      vrygestel?                      C   om te voorkom dat bloed in die
                                                          ledemate opgaar
         1.1.3        Waarom moet dansers aan
                      die begin van 'n klas           D   om die rekbaarheid van die
                      opwarm?                             spiere te vermeerder

         1.1.4        Waarom moet afvalstowwe         E   om krampe en styfheid te
                      soos melksuur uit die spiere        voorkom
                      verwyder word?

         1.1.5        Waarom moet die hartklop
                      toeneem?
                                                                                     (5 x 1)    (5)

1.2      Verduidelik hoe ELKE letter in RYKE tot die onmiddellike behandeling van 'n
         besering kan bydra.                                                                    (4)

1.3      Noem enige TWEE alternatiewe/ander behandelings wat vir 'n besering
         gebruik kan word.                                                                      (2)

1.4      Marsha het 'n swak danspostuur.

         Verduidelik aan Marsha hoe sy haar postuur gedurende dansklasse kan
         verbeter.                                                                              (4)
                                                                                                [15]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                      4                                            DBE/2022
                                              SS/NSS

VRAAG 2: KOMPONENTE VAN FIKSHEID

2.1      Verduidelik waarom die volgende stellings VERKEERD is:

         2.1.1        Statiese strekking moet nie aan die einde van 'n dansklas gedoen
                      word nie.                                                                           (1)

         2.1.2        Onderontwikkelde komponente van fiksheid sal nie die kwaliteit
                      van jou optrede affekteer nie.                                                      (1)

         2.1.3        Stres en spanning beïnvloed nie 'n danser se soepelheid nie.                        (1)

         2.1.4        Kernstabiliteit is nie belangrik vir goeie tegniek nie.                             (1)

2.2      Bestudeer die beeld hieronder en beantwoord die volgende vrae.

         2.2.1        Noem enige TWEE komponente van fiksheid wat in die beeld
                      gebruik word.                                                                       (2)

         2.2.2        Verduidelik hoe hierdie TWEE komponente van fiksheid gebruik
                      word. (Jy mag in jou antwoord na danser A of danser B of albei
                      dansers verwys.)

                                                                                    B
              A

                                     [Bron: https://arrowrootmedia.com/project/daniel-gwirtzman-dance/]   (2)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                 5                                     DBE/2022
                                         SS/NSS

LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 2.3 en VRAAG 2.4.
         Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.

2.3      Ontwerp 'n insiggewende plakkaat. Jy moet 'n hele bladsy (A4) gebruik.

         Jou plakkaat moet die voordele van komponente van fiksheid in die dansklas
         beklemtoon. Kies enige DRIE komponente om op te fokus.

         Punte sal toegeken word vir:

             Inligting wat die voordele van hierdie DRIE komponente van fiksheid
              goed verduidelik EN/OF die gebruik van beeldmateriaal om jou idees
              oor te dra                                                                     (9)
             Kreatiewe uitleg en aanbieding                                                 (3)

                                           OF

2.4      Ontwerp 'n insiggewende plakkaat. Jy moet 'n hele bladsy (A4) gebruik.

         Jou plakkaat moet beklemtoon hoe om komponente van fiksheid in die
         dansklas te ontwikkel. Kies enige DRIE komponente om op te fokus.

         Punte sal toegeken word vir:

             Inligting wat goed verduidelik hoe om hierdie DRIE komponente van
              fiksheid te ontwikkel EN/OF die gebruik van beeldmateriaal om jou idees
              oor te dra                                                                     (9)
             Kreatiewe uitleg en aanbieding                                                 (3)
                                                                                             [20]

VRAAG 3: ALGEMENE GESONDHEIDSORG

3.1      Verduidelik hoe goeie eetgewoontes 'n danser se liggaam positief kan
         beïnvloed.                                                                          (3)

3.2      Waarom is hidrasie vir 'n danser belangrik?                                         (3)

3.3      Evalueer die voordele van dans vir geestelike en emosionele welstand.               (4)
                                                                                             [10]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                      6                                            DBE/2022
                                              SS/NSS

VRAAG 4: DANSOPVOERING/-UITVOERING

4.1      Noem jou hoofdansvorm.
         Gee 'n beskrywing van DRIE beginsels wat uniek aan jou hoofdansvorm is.                          (3)

4.2      Verduidelik TWEE veilige danstegnieke wat in jou hoofdansvorm gebruik
         word.                                                                                            (2)

4.3      Bestudeer die beeld hieronder. Evalueer die dansers se dansvaardighede.
         Wat is die boodskap wat die dansers oordra? Motiveer jou antwoord met
         voorbeelde uit die beeld.

                [Bron: https://seattlegayscene.com/2018/04crystal-pites-emergence-examines-hive-
                                                              intellgence-in-pubs-spring-program/]        (4)

4.4      Maak 'n joernaalinskrywing waar jy oor die volgende reflekteer:

             Die dansuitdagings waarvoor jy gedurende die Covid-19-pandemie by die
              skool te staan gekom het
             Hoe jy verantwoordelikheid geneem het om die vordering en ontwikkeling
              van jou danstegniek en -uitvoering te verseker                                              (6)
                                                                                                          [15]

                                                                       TOTAAL AFDELING A:                 60

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                 7                                     DBE/2022
                                         SS/NSS

AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID

VRAAG 5: IMPROVISASIE EN CHOREOGRAFIE

5.1      Kies DRIE terme wat in die lys hieronder verskaf is vir ELK van die volgende.
         Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.3) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                        sinkopasie; simmetrie; gewig; kanon; pas;
                       kontakimprovisasie; kontras; dinamiek; patroon

         5.1.1        Ruimte                                                                  (3)

         5.1.2        Tyd                                                                     (3)

         5.1.3        Krag                                                                    (3)

LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 5.2 en VRAAG 5.3.
         Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.

5.2      IMPROVISASIE

         Hoe kan improvisasie gebruik word om bewegingswoordeskat vir 'n
         choreografie te ontwikkel? Verduidelik jou antwoord.                                 (6)

                                          OF

5.3      MUSIEK EN/OF BEGELEIDING

         Verduidelik moontlike redes vir die keuse van musiek en/of begeleiding vir
         'n choreografie.                                                                     (6)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                 8                                         DBE/2022
                                         SS/NSS

5.4      Jy wil vir 'n choreografiekompetisie inskryf waar jy die terreinspesifieke
         opvoerruimte in die beeld hieronder sal gebruik.

         Beplan hoe jy die ruimte sal gebruik om jou idee te verwesenlik.

                 CHOREOGRAFIEKOMPETISIE

      KONTANTPRYS          Sluitingsdatum vir            Vind meer uit by:
                           inskrywings:                  www.sitespecificchallenge.com
       R10 000             31 Julie 2022
                                                               [Bron: http://www.reddit.com]     (10)
                                                                                                 [25]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                           9                                           DBE/2022
                                                   SS/NSS

VRAAG 6: DANSGELETTERDHEID
6.1         Ontleed die beelde hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
            6.1.1     Noem enige VIER dansgenres wat in die beelde gemerk A tot F
                      gesien word.                                                                            (4)

            6.1.2     Verduidelik wat die VIER genres wat in VRAAG 6.1.1 genoem is,
                      herkenbaar maak.                                      (4 x 2)                           (8)

A                                   B                                                                          C

                                                                               [Bron: https://za.pinterest.com/pin/
                           [Bron:                                                         250794272968723568/]
      https://64.media.tumblr.com
                                    [Bron: www.jennajamz.com]

                             D      E                                  F

                                                                           [Bron: https://static01.nyt.com/images/
                                                                                                   2013/11/21/arts]

                           [Bron:                             [Bron:
        https://za.pinterest.com]       https://www.masterfile.com]

6.2         6.2.1     Noem enige DRIE funksies van dans.                                                      (3)

            6.2.2     Verduidelik hoe hierdie DRIE funksies in die samelewing gebruik
                      word.                                                    (3 x 2)                        (6)
6.3         Evalueer hoe dans as 'n simboliese taal in EEN van die volgende gebruik word:
            6.3.1        Teater-/Konsertdans
                                                                OF
            6.3.2        Sosiale/Kulturele dans                                                               (4)
                                                                                                              [25]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                          10                                  DBE/2022
                                   SS/NSS

VOORGESKREWE CHOREOGRAWE EN DANSWERKE VIR VRAAG 7 EN VRAAG 8.

              INTERNASIONALE                     DANSWERKE
               CHOREOGRAWE
                   Alvin Ailey                     Revelations
                Martha Graham         Lamentations OF Errand into the Maze
               George Balanchine                 Apollo OF Jewels
               Christopher Bruce             Ghost Dances OF Rooster
                Matthew Bourne               Swan Lake OF Cinderella
                  Pina Bausch                   The Rite of Spring
                William Forsythe        In the Middle, Somewhat Elevated
                     Mats Ek            Giselle OF Swan Lake OF Carmen
                Rudi van Dantzig                 Four Last Songs
                    Jiří Kylián        Wings of Wax OF Stamping Ground

              SUID-AFRIKAANSE
                                                 DANSWERKE
               CHOREOGRAWE
                 Alfred Hinkel        Bolero – Last Dance OF Rain in a Dead
                                             Man's Footprint OF Cargo
               Gregory Maqoma          Four Seasons OF Beauty Trilogy OF
                                       Skeleton Dry OF Somehow Delightful
                Sylvia Glasser                   Tranceformations
               Veronica Paeper        Orpheus in the Underworld OF Carmen
               Vincent Mantsoe                      Gula Matari
                 Dada Masilo             Swan Lake OF Romeo and Juliet
                 Gary Gordon                       Bessie's Head
                Mavis Becker                    Flamenco de Africa
                 Hazel Acosta                     Blood Wedding
               Carolyn Holden                        Imagenes

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                   11                                   DBE/2022
                                            SS/NSS

VRAAG 7: DANSWERK
Kies EEN danswerk wat jy in die klas bestudeer het uit die lys op bladsy 10.
Skryf 'n resensie vir 'n danstydskrif oor hierdie danswerk wat in jou area opgevoer
gaan word. Gebruik die formaat hieronder as 'n gids vir jou resensie.
Punte sal toegeken word vir:
   Formaat – titel, inleiding en gevolgtrekking                                               (3)
   Inligting                                                                                  (22)

                                TITEL
                             Inleiding tot die resensie

              Beskryf kortliks die inspirasie/oorsig van die danswerk

        Onvergeetlike choreografiese oomblikke/bewegingswoordeskat/
              gebruik van produksie-elemente in die danswerk

                                  Gevolgtrekking

VRAAG 7: RUBRIEK VIR BEPLANNING
HOË VLAK  Resensie kreatief aangebied
            Goed geskryf/goeie taalgebruik/gebruik van dansterminologie
  18–25     Logiese vloei van inligting
            Toepaslike/Interessante en feitelike inligting oor die danswerk
 MEDIUM     Aangebied as 'n resensie
  VLAK      Goed geskryf
            Die meeste areas is ingesluit
   8–17     Feitelike inligting oor die danswerk
LAE VLAK  Minimale/Geen poging om in 'n resensieformaat te antwoord nie
            Swak geskryf
   0–7      Baie min areas is ingesluit
            Minimale/Geen feitelike inligting oor die danswerk nie                            [25]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                 12                                     DBE/2022
                                          SS/NSS

VRAAG 8: CHOREOGRAAF

Kies EEN choreograaf wat jy bestudeer het uit die voorgeskrewe lys op bladsy 10.

Noem die choreograaf wat jy gekies het.

Reageer op die volgende vrae vir 'n onderhoud vir die podsending, 'Dance Artist
Spotlight' ('Kollig op 'n Danskunstenaar'), asof jy die choreograaf is.

         Goeiemôre, ons is bevoorreg en geëerd om jou by ons in die ateljee te hê.
         Dankie dat jy tyd in jou besige skedule afstaan om iets oor jou lewe en werk
         as 'n choreograaf met ons te deel.

8.1      So, om ons op te warm (verskoon tog die gebrek aan goeie
         danswoordspeling), kan jy vir ons luisteraars 'n bietjie oor jou agtergrond
         vertel?

8.2      Ons kan nie wag om van jou dansloopbaan te hoor nie.

8.3      Baie kunstenaars glo dat hulle werk grootliks deur hulle lewenservaringe
         beïnvloed word. Wie of wat het jou artisties beïnvloed?

8.4      Sjoe, ons het in die kort tydjie wat jy saam met ons in die ateljee is, regtig
         baie te wete gekom. Laastens, kan jy vir ons sê hoe jy sou verkies om ten
         opsigte van jou bydrae tot die dansbedryf onthou te word?

         Baie dankie vir jou deelname vanoggend. Dit was absoluut wonderlik om
         meer oor dans en die werk wat jy in die bedryf doen, te leer.

VRAAG 8: RUBRIEK VIR BEPLANNING
HOË VLAK  Goed geskryf/Geskikte antwoorde/gebruik van dansterminologie
  12–15     Logiese vloei van inligting
            Toepaslike/Interessante en feitelike inligting oor die choreograaf
 MEDIUM     Goed geskryf
  VLAK      Die meeste areas is ingesluit
   6–11     Feitelike inligting oor die choreograaf
LAE VLAK  Swak geskryf
    0–5     Baie min areas is ingesluit
            Minimale/Geen feitelike inligting oor die choreograaf nie                        [15]

                                                              TOTAAL AFDELING B:              90
                                                                  GROOTTOTAAL:                150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Dance Studies May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-may-june-2022-eng/6c4c06b4-6303-4c28-b55b-e5013eefb072) — Dance Studies · QP · 2021 · Eng
- [Dance Studies May June 2021 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-may-june-2021-mg-eng-2/3ec45ea7-7a64-41c0-992e-f4e10a368d00) — Dance Studies · Memo · 2021 · Eng
- [Dance Studies Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2021-afr/13f4e292-2f45-4b33-a505-088d71e9df7e) — Dance Studies · QP · 2021 · Afr
- [Dance Studies Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2021-eng/549efa18-f636-489e-9dfe-d391eb4a4d1a) — Dance Studies · QP · 2021 · Eng
- [Dance Studies May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/22a3f5cb-3303-4342-b7dd-96e179e61fc6) — Dance Studies · QP · 2024 · Eng
- [Dance Studies May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-may-june-2023-eng/a94d5c11-fc64-4973-9a09-8f3253289fc7) — Dance Studies · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Dance Studies

- [Gr 12 Dan Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dan-stu-atp-2023-24/34f45b16-cd25-4879-9db2-5005d316d38b) — ATP
- [Dance Studies May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-may-june-2025-mg-eng/96538d66-a66a-48a4-930d-62c129d1d9f0) — Memo · 2025 · Eng
- [Dance Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/7d49cd96-a950-4b35-aeed-714d223b568a) — Memo · 2025 · Afr
- [Dance Studies Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/6b5a22ef-70fa-43b6-a545-06b7b69ddda2) — Memo · 2025 · Eng
- [Dance Studies May-June 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/58c0edb4-e720-4bdd-8619-b5f6c751d9b8) — Memo · 2024 · Afr
- [Dance Studies May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2024-nsc-june-exam-memorandum-english/a34028a3-b812-45fd-aaf0-6f61f26f53d2) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
