# Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2017 Memo (Afr)

> Grade 11 Dance Studies memorandum from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-memo-gr11-nov2017-afrikaans/08f5e6d5-ac14-4f44-950c-298b54b79ea2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dance Studies
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Dance Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/dance-studies) › [Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2017 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-memo-gr11-nov2017-afrikaans/08f5e6d5-ac14-4f44-950c-298b54b79ea2)

## About this document

Dance Studies · Grade 11 · Eastern Cape November · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 11

                     NOVEMBER 2017

                      DANSSTUDIES
                      NASIENRIGLYN

PUNTE:   100

               Hierdie nasienriglyn bestaan uit 20 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                    DANSSTUDIES                          (EC/NOVEMBER 2017)

    NOTA AAN NASIENERS/ONDERWYSERS

    Hou streng by hierdie memorandum wanneer nagesien word. In sommige
    kwalitatiewe vrae moet jy jou professionele en ingeligte oordeel uitoefen.

    Hierdie vraestel moet deur ervare dansonderwysers nagesien word
    aangesien dit spesialiskennis vereis.

       By sommige vrae het kandidate 'n keuse. Indien kandidate beide vrae
        beantwoord het, sien slegs die antwoorde op die eerste vraag na.

       Kandidate kan ŉ wye verskeidenheid antwoorde gee, afhangende van wat
        hulle in die klas behandel het.

       Hoë, medium of lae kognitiewe vlakke wat in elke antwoord verwag word,
        word in die Fokustabel by elke vraag ingesluit.

       MOENIE volpunte toeken vir opstel-/paragraaftipe vrae indien daar taal- en
        spelfoute voorkom nie en ook nie as die antwoord in die verkeerde formaat
        geskryf is nie.

       Nasieners moet NIE volpunte toeken vir ŉ antwoord wat oppervlakkig en
        ontoereikend is NIE.

       Wees op die uitkyk vir wat die kandidaat weet, en nie vir wat hy/sy nie
        weet nie.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                        DANSSTUDIES                                 3

 AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYKE EN GESONDHEIDSORG

 VRAAG 1: POSTUUR/OPWARMING/AFKOELING

 MEMO:
                            LAAG         MEDIUM               HOOG

 1.1                           5
 1.2                                         6
 1.3                                                             4

 NOTA AAN NASIENERS:

 Baie moontlike antwoorde kan gegee word. Gebruik professionele oordeel
 wanneer die kwaliteit van die kandidate se antwoorde geassesseer word.
 Kolpunte word gebruik om merk te vergemaklik.

 VOORBEELDE VAN MOONTLIKE ANTWOORDE:

 1.1    Ken 5 punte toe vir ŉ beskrywing oor die voordele van goeie postuur.

           'n Goed-belynde liggaam verbrand die minste energie wanneer die
            beweging uitgevoer word.
           Dit verhoed moegheid terwyl jy dans.
           Verseker dat die spiere reg tydens sekere bewegings gebruik
            word.
           Dansbewegings word met gemak gedoen.
           Verhoed die risiko van beserings.
           Vermy spanning en wanbalanse wat ŉ uitwerking op die lyn en
            vorm van bewegings het.
           Dit verseker beheer en balans tydens bewegings.
           Enige ander relevante antwoord.                                     (5)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  DANSSTUDIES                           (EC/NOVEMBER 2017)

 1.2   Ken 6 punte toe vir ŉ verduideliking oor wat met die liggaam gebeur
       tydens opwarming.

          Jou hartklop neem toe sodat suurstofryke bloed na die spiere
           gepomp kan word.
          Die suurstof help om brandstof vir spieraksie af te breek.
          Die verhoogde bloedvloei help ook om ontslae te raak van
           afvalprodukte, bv. melksuur wat krampe veroorsaak.
          Jou liggaamstemperatuur styg wat die elastisiteit van die spiere
           vermeerder en dit meer soepel maak/kan vrylik beweeg.
          Dit verminder die risiko van beserings aangesien koue spiere nie ten
           volle kan funksioneer nie.
          Sinoviale vloeistof word vrygestel deur die sinoviale membraan in die
           gewrigte om hulle te smeer en om wrywing te voorkom.
          Jy begin om te fokus op die klas/aktiwiteit waaraan jy gaan deelneem
           en maak jou gedagtes skoon van ander dinge wat nie met dans te
           doen het nie.
          Dit help met jou konsentrasie en fokus in die klas – dit help ook om
           beserings te voorkom.
          Jy begin om te fokus op die manier waarop jy jou liggaam hou en
           verbeter jou postuur en liggaamslyn.
          Jy leer deur herhaling. Herhalende bewegings is nodig om die
           liggaam op te warm, maar dis ook nodig om jou vermoë om
           bewegingspatrone te onthou, te verbeter.
          Verbeter postuur en liggaamslyn – berei die liggaam voor vir klas.         (6)

 1.3   Ken 4 punte toe as die leerling kan verduidelik wat met die liggaam sal
       gebeur as jy nie afkoeloefeninge aan die einde van ŉ klas doen nie.

          Die hartklop sal nie geleidelik na normaal terugkeer nie - wat nie die
           hoeveelheid adrenalien in die bloed sal verminder nie.
          Die bloed sal in die ledemate opdam.
          Die liggaamstemperatuur sal nie onmiddellik verminder word nie.
          Afvalprodukte soos melksuur sal nie verwyder word nie – dit kan
           krampe en styfheid veroorsaak.
          Die gees en liggaam sal nie in staat wees om kalm te kan dink oor
           die optrede in die klas nie.                                               (4)
                                                                                     [15]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                          DANSSTUDIES                               5

 VRAAG 2: SOEPELHEID/KRAG/KRAMPE

 MEMO:
                          LAAG             MEDIUM               HOOG

 2.1                         5
 2.2                                           6
 2.3                                                               4

 MOONTLIKE ANTWOORDE:

 VOORBEELDE VAN MOONTLIKE ANTWOORDE:

 2.1    2.1.1    Ken 5 punte toe vir 5 voordele.

                 SOEPELHEID

                    Om jou omvang van beweging te verhoog
                    Om vrylik en met gemak te kan beweeg
                    Om met gemaklikheid en grasie alle bewegings uit te voer
                    Om die gewrigte en liggaam teen sy volle omvang van
                     beweging te kan beweeg
                    Om stres en spanning op liggaamsdele te vermy

                 KRAG

                    Dit verhoog fisiese optrede, uithouvermoë/energie
                    Dit verminder die risiko van besering
                    Dit verhoog die krag in jou gewrigte sodat jy jou been
                     hoog kan lig
                    Dit verbeter jou balans en krag om die liggaam in enige
                     posisie te hou.
                    Dit stel jou in staat om hoër te spring
                    Dit verseker dat jou liggaam goed belyn is met die gewig
                     oor die middel van jou voete en jou skouers oor heupe,
                     heupe oor knieë en knieë oor die middelste tone.              (5)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                    DANSSTUDIES                          (EC/NOVEMBER 2017)

        2.1.2   Ken 6 punte toe as die leerling kan verduidelik hoe om hierdie
                komponente te ontwikkel.

                DIE LEERLING MOET SLEGS EEN VAN DIE TWEE VRAE
                BEANTWOORD:

                Soepelheid deur strekking

                     Stadige volgehoue strek is die veiligste manier om te strek
                      – jy hou die strekposisie vir 16–30 sekondes totdat die
                      spanning gemaklik voel.
                     Wanneer dit gemaklik voel, druk verder in die strek in om
                      die spanning weer te vind.
                     Strek van spiere, ligamente en senings moet stadig en
                      versigtig gedoen word en moet slegs gedoen word
                      wanneer die spiere warm is, aangesien daar geen pyn of
                      stres gevoel moet word nie.
                     Fokus daarop om die 'spanning' van 'n strek eerder as die
                      ‘pyn’ te voel.
                     Ligte strekwerk kan gedoen word as deel van die
                      opwarming (voor die klas) aangesien dit die liggaam help
                      voorberei vir aktiwiteit.
                     Die beste tyd om strekwerk te doen om jou
                      bewegingsomvang ('ROM') te verbeter, is aan die einde
                      van 'n klas wanneer jou liggaam baie warm is.
                     Gebruik asemhalingstegnieke wanneer gestrek word, dit is
                      asem uit op die strek om spanning te verlig.
                     Moet nooit ŉ ander persoon in 'n strek inforseer nie.
                     Ballistiese strekwerk is gevaarlik, kan beserings
                      veroorsaak en moet eerder vermy word

                Krag – tipe oefeninge

                     Bene: Stootspronge (lunges) is die beste beenoefening
                      want hulle werk al die spiere in die bene met 'n
                      eenvoudige beweging, of jy kan enige ander relevante
                      oefening doen.
                     Arms: Plank − die dra van jou eie gewig verhoog die krag
                      in jou arms, of jy kan enige ander relevante oefening
                      doen.
                     Bolyf: Vloerwerk − lê op jou rug en doen maagoefeninge/
                      opsitte, of jy kan enige ander relevante oefening doen.          (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                          DANSSTUDIES                                7

 2.2    Ken 4 punte toe vir 4 feite oor hoe om krampe te behandel.

            Krampe sal gewoonlik weggaan sonder die noodsaaklikheid vir
             behandeling.
            Stop die aktiwiteit wat die krampe veroorsaak.
            Strek en masseer die liggaamsdeel waar jy krampe ervaar.
            Hou die gewrig in 'n uitgestrekte posisie totdat die krampe
             weggaan.
            Verbeter jou fiksheid vlakke en vermy spieruitputting − oorgebruik
             van spesifieke spiere.
            Doen gereelde strekoefeninge.
            Doen deeglike opwarmingsoefeninge.
            Die meeste spierkrampe is nie ernstig nie, maar as hulle ernstiger
             word en aanhou voorkom, dan moet jy jou dokter raadpleeg.
            Vermy ontwatering.                                                     (4)
                                                                                   [15]

             DAAR IS ’N KEUSE TUSSEN VRAAG 3 EN VRAAG 4.

 VRAAG 3:       SPIERE/GEWRIGTE/ANATOMIESE AKSIES
                (KEUSEVRAAG)

                              LAAG              MEDIUM             HOOG

 3.1                             5
 3.2 – 3.6                                          5

 ANTWOORDE:

 3.1    A       Gluteus maximus                                                     (1)

        B       Adductors                                                           (1)

        C       Biceps Femoris                                                      (1)

        D       Semitendinosus                                                      (1)

        E       Gastrocnemius                                                       (1)

 3.2    Skarniergewrig                                                              (1)

 3.3    Bal-en-potjiegewrig                                                         (1)

 3.4    Ekstensie                                                                   (1)

 3.5    Plantaar-fleksie                                                            (1)

 3.6    Rotasie                                                                     (1)
                                                                                   [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                      DANSSTUDIES                            (EC/NOVEMBER 2017)

                                            OF

    VRAAG 4: RUGGRAAT (KEUSEVRAAG)

    MEMO
                              LAAG                MEDIUM                 HOOG

 4.1                            5
 4.2 – 4.3                                            5

 ANTWOORDE:

 4.1         A    Servikaal                                                                (1)

             B    Torakale                                                                 (1)

             C    Lumbaal                                                                  (1)

             D    Sakraal                                                                  (1)

             E    Koksiks                                                                  (1)

 4.2         Ken 2 punte toe vir 2 anatomiese aksies.

                Buig vooroor om aan tone (fleksie) te raak
                Buig agteroor (ekstensie)
                Draai bolyf na die linker- of regterkant (aksiale rotasie)
                Buig sywaarts (laterale fleksie)                                          (2)

 4.3         Ken 3 punte toe vir 3 funksies van die ruggraat.

                Dit dien as ŉ skokbreker as gevolg van al sy krom lyne
                Dit help beweging
                Dit is ŉ beskermende dop vir die werwelkolom
                Dit heg spiere vas
                Dit ondersteun die liggaam in ŉ regop (vertikale) posisie
                Dit help met goeie postuur en balans                                      (3)
                                                                                          [10]

                                                             TOTAAL AFDELING A:            40

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                           DANSSTUDIES                                9

 AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID

 VRAAG 5: DANSVORME/BEGINSELS

                                   LAAG            MEDIUM          HOOG

 5.1                                     4
 5.2                                                     6

 MOONTLIKE ANTWOORDE:

 5.1       Ken 4 punte toe vir die beskrywing van hoe jy Afrika-danse sal
           herken.

              Afrika-danse gebruik die natuurlike kromminge/kurwes van die
               liggaam.
              Bewegings word na die grond toe gedans en komplementeer
               swaartekrag eerder as om dit uit te daag.
              Basiese en komplekse ritmiese patrone word gebruik.
              Alledaagse bewegings word gebruik of bewegings wat die
               natuur (voëls, diere, insekte of plante) naboots of dramatiseer,
               of die elemente, vuur, water, die aarde of die lug, word as
               stimulus vir beweging gebruik.
              Danse het gewoonlik ŉ tema (vrugbaarheid/hofmakery/
               werk/hiërargie, ens.) en doel (protes/sosialisering/
               feesviering/bevraagtekening van sosiale kwessies, ens.)
              Afrika-danskostuums verskil baie afhangende van die kultuur-
               en ouderdomsgroep wat die dans opvoer.
              Dierevelle word algemeen gebruik asook oordadige kralewerk,
               bruin of helderkleurige materiaal, enkelratels, vere, ens.
              Musikale begeleiding bestaan gewoonlik uit tromme, sang,
               handeklap en/of dreunsang.
              Die tromme, sang, handeklap en ratels saam met die gestamp
               van voete skep poliritmiese klanke.
              Afrika-danse word gewoonlik uitgevoer deur die gemeenskap
               en het ŉ spesifieke rede/funksie.                                     (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                     DANSSTUDIES                         (EC/NOVEMBER 2017)

 5.2         Ken 6 punte toe vir die verduideliking van die verskil tussen teater- en
             kulturele dansvorms.

             TEATERDANSVORMS
              Danse wat opgevoer word om die gehoor te vermaak.
              Hierdie danse word meestal deur professionele dansers/
               opvoerders gedoen.
              Klassieke ballet, kontemporêre danse en musiekblyspele is almal
               voorbeelde van teaterdanse.

             KULTURELE DANSVORMS
              Dansvorms sluit alle gemeenskappe in wat hulle verteenwoordig.
              Hierdie danse word van een generasie na die volgende oorgedra,
               en vertel die geskiedenis en kulture wat hulle verteenwoordig.
              Hierdie danse bind mense saam terwyl hulle rituele soos geboorte,
               inlywing, troues of dood vier.                                              (6)
                                                                                          [10]

               DAAR IS ’N KEUSE TUSSEN VRAAG 6 EN VRAAG 7.

 VRAAG 6:        SUID-AFRIKAANSE/INTERNASIONALE
                 CHOREOGRAAF EN DANSWERK (KEUSEVRAAG)

 MEMO
                           LAAG                MEDIUM              HOOG

 6.1
 6.2                               4
 6.3 – 6.5                                            12
 6.6                                                                       4

 NOTA AAN NASIENERS:

 Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se
 antwoorde geassesseer word. Kandidate het dalk meer inligting in een afdeling
 as in 'n ander gegee. Evalueer die hele antwoord om te assesseer wat die
 kandidaat weet en gee punte daarvolgens. Geen puntetoekenning vir die naam
 van die choreograaf nie. Kolpunte word gebruik om merk te vergemaklik.

 EEN MOONTLIKE ANTWOORD:

 6.1     Alfred Hinkel se Bolero.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                         DANSSTUDIES                                11

 6.2      Ken 4 punte toe vir 'n beskrywing van die choreograaf se agtergrond
          en opleiding as ŉ danser.

             Hinkel se begeerte om te dans het die tradisionele grense van die
              klein kopermyndorpie waarin hy opgevoed was, verontagsaam.
             Sy pa wou nie hê dat hy moes dans nie omdat hy gedink het dit
              was slegs vir vroue.
             Hinkel moes op die ouderdom van 10 met ŉ vriend na balletklasse
              wegsluip.
             Daar was ook baie min dansskole in die gebied wat verder sy
              vordering belemmer het.
             Hy het drama gaan studeer aan die Universiteit van Kaapstad en
              is geïnspireer deur die bewegingsklasse wat aangebied is om later
              dansstudies te doen.
             Hy het later by die UCT Balletskool ingeskryf, maar is ontnugter
              met die balletopleiding wat hy ontvang het.
             Hy verhuis toe na Namibië en ontvang opleiding van Diane
              Sparks.
             Hy keer terug na Nababeep waar hy begin onderwys gee in die
              arm gemeenskappe met slegs 'n paar fasiliteite – hierdie ervaring
              sou die grondslag lê vir sy oorspronklike en vindingryke manier
              van onderrig gee.
             Hy sluit later aan by Jazzart onder Sue Parker.
             Hy het kortliks opleiding ontvang van Val Steyn en andere en het
              die Alexander-tegniek bestudeer.                                       (4)
 6.3      Ken 4 punte toe vir bespreking van die samevatting
          /tema/intensie/storie wat gebruik word.
             Bolero, ŉ werk wat redelike politiek van aard was, het voortdurend
              verander soos dit verwerk is vir elk van die geleenthede
              waartydens dit opgevoer word.
             Die oorspronklike weergawe gaan oor die “oorwinning oor
              vooroordeel,” en fokus spesifiek op die Ontugwet – waarskynlik
              die mees kontroversiële van al die wette van die Suid-Afrikaanse
              Apartheidsregering, waardeur gepoog is om die vermenging van
              paartjies van verskillende rasse te verbied.
             Die kostuums vir hierdie weergawe was knoopgedoopte T-hemde
              – rubberstewels is nog nie op daardie stadium gebruik nie.
             In die 1980’s het verskeie kunstenaars die Grahamstad
              Kunstefees geboikot en ŉ alternatiewe, nie-gesegregeerde fees by
              die Universiteit van Durban Westville gehou.
             Dit was ŉ tydperk van dreigende geweld waartydens die Suid-
              Afrikaanse regering ŉ nasionale “noodtoestand” afgekondig het.
             Die plofbare, onstuimige toon van die era soos weerspieël in
              Hinkel se 1987-weergawe van Bolero is deur die toevoeging van
              rubberstewels aangevul.
             Hy sê die dans met rubberstewels het gekom van die
              werkersklasse, meestal myners en hawewerkers. Die stewels het
              verdrukking verteenwoordig. Hulle was die toue wat nie alleen dié
              wat onderdruk was gebind het nie, maar ook dié wat deur
              onkunde gebind was.                                                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                  DANSSTUDIES                           (EC/NOVEMBER 2017)

 6.4    Ken 4 punte toe vir ŉ gedetailleerde verduideliking van die kostuums,
        beligting en stelontwerp.
           Kostuumontwerp is miskien ŉ misleidende term wanneer ŉ mens na die
            eerste weergawe van Bolero op band verwys. In hierdie weergawe kom
            dit voor asof die dansers ateljeedrag in wisselende kleure en style
            aantrek.
           In die volgende weergawe van Bolero is daar duidelik aandag aan die
            kostuumontwerp gegee. Al die dansers behalwe een dra uitrustings in
            dieselfde styl en kleur, swart.
           In die volgende weergawes is swart ŉ keusekleur. Die kostuums waarna
            Hinkel verwys as die “S&M Version” bestaan uit nagemaakte leerrompe,
            swart visnetkouse, kousbande (suspenders), swart bra’s en
            metaalkettings.
           Die leervoorkoms maak ŉ sterk stelling in die ‘slegs vroue’ weergawe
            van Bolero, deur te suggereer dat vroue sterk is.
           In ander weergawes dra beide mans en vroue leerrompe wat ŉ
            aanduiding van geslagsgelykheid kan wees.
           In Jazzart se medewerking met KRUIK, komplementeer kostuumontwerp
            en beligting mekaar in dié sin dat die reflekterende eienskappe van die
            materiale wat vir die kostuums gebruik is, die gehoor die essensiële
            bewegings kon sien wanneer die beligting dof is of ŉ donker filter het.
           Die kostuumontwerp van die opvoering van die Last Dance is sonder
            twyfel ŉ volmaakte kombinasie van individualiteit en konsekwentheid.
            Soos met die eerste weergawe op band, dra elke danser ŉ unieke
            kostuum, maar in hierdie geval lyk dit asof daar met meer aandag na die
            individuele kostuums gekyk is, aangesien daar ŉ mate van kohesie in die
            voorkoms van die groep as geheel is.
           Bolero, soos opgevoer in die Spier Amfiteater, maak die mees effektiewe
            gebruik van kostuum- en beligtingontwerp. Die kostuums is nie heeltemal
            uniform nie, en tog plaas die individualiteit die dansers nie in afsonderlike
            kategorieë nie.

        Beligting en stelontwerp:
         Die ontwerp maak op die beligting staat.
         Daar is geen verhoogstelle nie. Oor die algemeen bestaan die beligting
           uit blou, rooi en wit ligte.
         Die werk begin met minimale beligting en silhoeëtte (skaduwees)
           gevolg deur ŉ kombinasie van kleure tydens die stuk en ook teen die
           einde. Die beligting verminder geleidelik tot dit uiteindelik in algehele
           donkerte eindig.
         Die beligtingstegniek is subtiel, hoewel die kleure strak kan wees.
         Die gebruik van die koue blou en helder wit beligting is veral verrassend.
         Die sterkste beligtingsoomblik is aan die einde van Bolero (Last Dance)
           wanneer die dansers chasse (glybeweging) en in ŉ posisie op die vloer
           eindig.
         Die oomblik wanneer die dansers ŉ houding inneem, gaan die ligte af.
         Die meeste ander oorgange tussen gekleurde ligte of tussen donker en
           helder beligting gebeur geleidelik.
         Die beligting verander nooit te dramaties nie, met die meeste weergawes
           wat in geleidelike donkerte afspeel.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                          DANSSTUDIES                                13

          Dit trek nie die aandag van die choreografie af nie, aangesien die
           danser in die donkerte tot ŉ byna mitiese status verhef word.              (4)

 6.5 Ken 4 punte toe vir die karaktertrekke van die dansstyl wat die
     choreograaf in haar/sy danswerke gebruik het.

          Hinkel het nie altyd werk vir vermaak geproduseer nie en die inhoud
           was dikwels ontstellend.
          Hinkel werk hoofsaaklik met onopgeleide dansers en ontwikkel hul
           talent deur sy eie opleidingmetodes wat hy ontwikkel het deur sy
           werk in minderbevoorregte gemeenskappe.
          Met behulp van fisiese intelligensie en sy uitstekende oog vir die
           ontwikkeling van bewegings, het hy meestal sy eie werkswyse
           ontwikkel.
          Hinkel se idees van kostuums gaan nie oor skoonheid nie, maar oor
           bruikbaarheid en relevansie.
          Hinkel het 'n artistieke vermoë om sy verhoog pragtig te belig.
          Hinkel kombineer ook 'n mengsel van style - kontemporêr, Afrika,
           Indies, asook klassieke elemente van dans.
          Hinkel is grootliks beïnvloed deur Afrika-dans wat sy choreografie
           totaal hervorm het.
          Hy het sy eie styl van opleiding ontwikkel en het 'n metode ontwikkel
           wat hy oor die volgende 30 jaar sou gebruik om sy dansers op te lei.
           Sy metode is hoofsaaklik bevrydingstegniek.
          Die choreograaf het die sosio-politieke invloede rondom hom gebruik
           as inspirasie vir sy werk.                                                 (4)

 6.6 Ken 4 punte toe as die leerling ŉ beskrywing kan gee van wat hierdie
     danswerk innoverend gemaak het.

          Hoewel dit volgens vandag se standaarde nie innoverend is nie, was
           Bolero destyds ŉ nuwigheid. Hinkel se werk word gekenmerk deur
           elemente wat selde (indien ooit) voorheen op die verhoog gesien is:
          Afrika-danse is as verhoogkuns opgevoer
           Afrika-danse is voorheen beskou as ŉ rare toeriste-attraksie. Die
           opvoering van die vroeëre weergawes van Bolero was kardinaal in die
           vestiging van ŉ erkende plek vir Afrika kontemporêre dans in die
           wêreld van die Suid-Afrikaanse uitvoerende kunste.
          Afrika-danse is getoonset op klassieke musiek
          Rubberstewels is deur vroue en in die besonder wit vroue gedra.
           ŉ Mens moet besef om met rubberstewels te dans van
           “werkersklasmense, meestal myners en dokwerkers gekom het”, en
           dat dit nie iets was vroue gedoen het, veral nie wit vroue nie. Dus toe
           die vrouedansers van Bolero trots op die verhoog gestap het, het hulle
           ŉ kulturele en maatskaplike drumpel oorgesteek.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                              DANSSTUDIES                        (EC/NOVEMBER 2017)

       Rubberstewels is op ŉ ‘avant-garde’-manier gebruik.
         Tradisioneel word die dans met ŉ geboë rug uitgevoer, maar Hinkel
         demonstreer hoe ŉ bestaande tegniek gemanipuleer kan word vir
         skeppende doeleindes toe hy sy dansers hul eie, regop weergawe van
         rubbersteweldans laat uitvoer.
       Die kontakwerk wat in Bolero voorkom is baie innoverend vir sy
         tyd.
        In Bolero tel mans mans op, vroue tel vroue op, vroue lig mans op,
        ensovoorts. Die tradisionele rolle van die man en die vrou word
        omgekeer toe Hinkel se werk op ŉ revolusionêre manier voorstel dat
        vroue geregtig en in staat is om aksie te inisieer en leierskap te
        aanvaar, en dat mans swak en weerloos kan voel.
       Bolero het onbeskroomd politieke stellings gemaak.
         In die vroeëre weergawes van Bolero wou Hinkel dinge sê wat nie
         bedoel was om te sê nie (dit het amper een van Jazzart se beleid
         geword) oor politiek, misbruik, seksualiteit ens.                      (4)
                                                                               [20]

                                    OF

 VRAAG 7:       INTERNASIONALE CHOREOGRAAF EN DANSWERK
                (KEUSEVRAAG)

 MEMO
                                   LAAG         MEDIUM           HOOG

 7.1                                 4
 7.2 – 7.4                                          12
 7.5                                                               4

 NOTA AAN NASIENERS:

 Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se
 antwoorde geassesseer word. Kandidate het dalk meer inligting in een
 afdeling as in ŉ ander gegee. Evalueer die hele antwoord om te assesseer
 wat die kandidaat weet en gee punte daarvolgens. Geen puntetoekenning vir
 die naam van die choreograaf en die danswerk nie. Kolpunte word gebruik
 om merk te vergemaklik.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                           DANSSTUDIES                                15

 EEN MOONTLIKE ANTWOORD:

 7.1 Ken 4 punte toe vir die beskrywing van Bruce se opleiding.

          As ŉ jong seun het hy polio gekry, wat sy bene beskadig het.
          Sy pa het hom aangemoedig om te dans, omdat hy geglo het dat dit
           sou help om sy bene te herstel en dat dit ŉ goeie loopbaan kon
           wees.
          Hy het begin om dansklasse by die Benson Stage Academy in
           Scarborough, waar hy onderrig gekry het in ballet, klop- en
           akrobatiese danse, te neem.
          Elemente van al hierdie vroeë style is in sy choreografie sigbaar.
          Op die ouderdom van dertien het hy by die Ballet Rambert Skool
           aangesluit, en is in 1963 tot die Geselskap toegelaat.
          Dit was op hierdie stadium hoofsaaklik ŉ balletgeselskap. In 1966 het
           die Artistieke Direkteur, Norman Morrice, Rambert oortuig om
           kontemporêre werke in die repertoire in te sluit.
          Bruce het na vore getree as een van die maatskappy se belangrikste
           dansers en is beskryf as 'n intense en dramatiese kunstenaar.
          Hy het meestal vir die Rambert Dansgeselskap opgetree met
           gasoptredes vir ander balletgeselskappe.
          Enige ander relevante antwoord.                                             (4)

 7.2 Ken 4 punte toe vir ŉ verduideliking van die samevatting/doelstelling van
     die danswerk.

          Ghost Dances is gegrond op die onskuldige burgers van Suid-
           Amerika wat in die politieke kwessies van Pinochet se regime
           vasgevang was.
          Sedert die Spaanse verowering is baie mense gemartel en vermoor
           omdat hulle te uitgesproke was.
          Die musikant Victor Jara speel ŉ rol in Inti-Illimani se musiek in Ghost
           Dances en sy storie word deur sy weduwee Joan Jara vertel.
           Dit het Christopher Bruce geïnspireer om Ghost Dances te
           choreografeer. Jara is as gevolg van sy uitgesproke standpunte teen
           die regering gemartel en vermoor.
          In hierdie dans het Bruce die volgehoue verwoesting van politieke
           onderdrukking in daardie tyd vasgevang, hoe hulle geleef het en
           hulle moed/dapperheid ten spyte van teëspoed.
          Bruce het sy tema aan die jaarlikse 'Day of the Dead'-fees ontleen.
           Baie ou godsdienste gebruik hierdie eenvoudige en naïewe beeld
           van geraamtes as simbole of figure van hulle geloof. Mense
           verheerlik hulle gestorwe geliefdes deur hulle gesigte te verf om ŉ
           kopbeen voor te stel.
          Diablada/Boliviaanse maskers stel die duiwel in godsdienstige
           seremonies voor. Hierdie maskers beeld onderwêreldfigure uit en
           word in verskillende danse, vir verskillende kulture en op verskillende
           wyses gebruik.                                                              (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                DANSSTUDIES                            (EC/NOVEMBER 2017)

 7.3 Ken 4 punte toe as die leerling 'n verduideliking kan gee van die
     produksie-elemente soos kostuums, stelontwerp en musiek.

      Kostuums van die Dooies:
       Die Dooies dra alledaagse klere wat gewone mense voorstel wat in ŉ
        oorlog vasgevang is. Dit bewys dat die boodskap universeel is.
       Die klere is stukkend en geskeur wat die brutaliteit van die regime
        toon.
       Die klere toon die verskillende sosiale status/agtergrond van die
        mense asook ouderdom – simboliseer dat almal deur hierdie oorlog
        geaffekteer word.
       Enige ander geskikte antwoorde.

      Kostuums van die Spoke:
       Die Spoke stel die bose regime/oorlog wat in Chili plaasvind, voor.
        Dit is egter 'n danswerk wat ŉ universele boodskap het. Enige
        persoon kan daarby aansluiting vind.
       Die kostuums van hierdie spokerige figure dra by tot die stemming
        (‘mood’) en skep ŉ angswekkende atmosfeer.
       Die kopbeenagtige maskers bedek die hele gesig en steek die
        persoon daaragter heeltemal weg; die donker, hol oogkaste laat dit
        lyk asof niks daarbinne is nie.
       Omdat die identiteit van die persoon agter die duiwelagtige masker
        onbekend is, word ŉ ongemaklike gevoel geskep as jy na die bose
        glimlag kyk.
       Enige ander geskikte antwoorde.

      Musiek
       Die musiek vir die werk is deur die Chileense groep Inti-Illimani
         gekomponeer en sluit twee liedere en vier volkswysies in.
       Die musiek word dikwels lewendig opgevoer.
       Die instrumente wat gebruik word sluit in klassieke en baskitaar,
         snaartromme en verskeie slaginstrumente.
       Die windklanke in die openingstonele is opnames.
      Choreografie en stel: Christopher Bruce
      Beligting: Nick Chelton
      Stel en beligting:
       Die stel ontwerp bly deurgaans dieselfde.
       Dit verteenwoordig ŉ kaal en rotsagtige area wat ŉ vlakte of ŉ grot
         kan wees.
       Op die verhoog is daar sewe rotsagtige strukture waarop die Spoke lê
         en wag vir hul slagoffers.
       Die beligting versterk die atmosfeer en gee die stel en verhoog ŉ
         skaduagtige voorkoms.
       Terwyl die Spoke dans, word ŉ diepgroen lig gebruik en wat hul liggame
         beklemtoon met kantbeligting wat hulle ŉ beeldhoutagtige (sculptural)
         voorkoms gee. Sekere oomblikke word beklemtoon met spesifieke
         beligtingseffekte soos ŉ skerp lig van bo af wat op die karakters skyn
         wanneer hulle sterf.
       Enige ander geskikte antwoorde.                                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                           DANSSTUDIES                                 17

 7.4 Ken 4 punte toe vir 4 feite betreffende bewegingswoordeskat.

          Die Spoke gebruik baie atletiese bewegings asook die vloer wat ŉ
           gevoel van baie primitiewe/dieragtige wesens skep en ŉ
           skrikwekkende prentjie optower. Dit laat jou angstig voel in die
           verwagting dat iets slegs (oorlog/die dood) gaan plaasvind.
          Die Spoke gebruik baie gebare wat ook dreigend is, soos die leë blik
           na beide die gehoor en die kant van die verhoog asof hulle vir hulle
           volgende slagoffers wag.
          Dit lyk asof die Spoke voortdurend op hulle hoede is, asof hulle vir
           hulle prooi – oorlogslagoffers – wag.
          Die gebruik van kanon en eenheid in die trio’s van die Spoke skep
           die gevoel van ŉ trop – geen individualiteit − nie, terwyl die Dooies in
           verskillende groepe en kombinasies met ŉ baie breër
           bewegingswoordeskat werk wat hulle individualiteit en persoonlike
           verhaal toon.
          Sterk motiewe is in hierdie werk gebruik – die wye plié in tweede met
           uitgestrekte arms asof daar om hulp gevra word. Die magsvuis
           gebruik deur die Dooies wat verset toon teen die situasie waarin
           hulle hulleself bevind.
          Die gebruik van volksdanse skep die gevoel van die Suid-
           Amerikaners se lewensvreugde – lewenskrag om in teëspoed op te
           staan.
          Enige ander geskikte antwoorde.                                              (4)

 7.5 Ken 4 punte toe as die leerling die simboliek kan bespreek wat gebruik
     word.

          Die kenmerkende, ritmiese bewegings wat uitgevoer word op maat
           van Suid-Amerikaanse volksmusiek bly jou by en simboliseer die
           onskuldige mense van Suid-Amerika die eeue oor.
          Die spookagtige figure simboliseer die Spaanse Pinochet-regime.
          Die Dooies simboliseer onskuldige mense wat in die oorlog
           vasgevang is en hoe hulle lewens wreed onderbreek word.
          Die drupklankeffekte wat gebruik word, skep ŉ gevoel van vrees wat
           die lewe wat verbygaan/bloed wat drup, ens. kan simboliseer.
          Baie van die bewegings het sterk simboliese beelding – die drie
           meisies wat in die dood deur die drie Spoke opgelig word, kan die
           drie kruise in die Bybel wees.
          Die kleure van die kostuums kan simbolies wees, bv. die rooi rok
           simboliseer liefde/dood/woede. Die wit rok simboliseer reinheid/
           onskuld.
          Enige ander geskikte antwoorde.                                             (4)
                                                                                      [20]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                  DANSSTUDIES                             (EC/NOVEMBER 2017)

 VRAAG 8 : MUSIEKTERME/GENRES

 MEMO:
                                    LAAG          MEDIUM             HOOG

 8.1                                   5
 8.2                                                  6
 8.3                                                                    4

 MOONTLIKE ANTWOORDE:

 8.1 8.1.1     Tempo                                                                     (1)

       8.1.2   Ritme                                                                     (1)

       8.1.3   Duur                                                                      (1)

       8.1.4   Poliritme                                                                 (1)

       8.1.5   Pas                                                                       (1)

 8.2 Ken 2 punte toe vir 2 musiekgenres en 4 punte vir ŉ verduideliking van
     die 2 genres se karatereienskappe en instrumentasie.

       Klassieke musiek: dit sluit alle ‘kunsmusiek’ in wat die toets van die tyd
       deurstaan het, byvoorbeeld Jacques Offenbach se ‘Orpheus in die
       Onderwêreld’. ŉ Volle orkes word dikwels gebruik in klassieke musiek.
       Dit word gewoonlik opgevoer deur opgeleide musikante. Dit word
       oorgedra van geslag tot geslag.

       Tradisionele en volksmusiek: Musiek wat behoort aan spesifieke
       kulturele groepe. Dit word gekenmerk deur ŉ seker musiekstyl of tipiese
       instrumente (byvoorbeeld penniefluitjies, tamboeryne, ens), melodieë en
       ritmes, en taal in die geval van ŉ lied, byvoorbeeld Shosholoza. Dit word
       van geslag tot geslag oorgedra. Tradisionele en volksmusiek sluit
       gewoonlik die hele gemeenskap in. Die musikante het miskien geen
       opleiding gehad op die instrument(e) wat hulle speel nie.                         (6)

 8.3 Ken 4 punte toe as die leerling kan bespreek hoe musiek die dans
     beïnvloed het.

          Dit bepaal die spoed waarop jy sal dans (tempo)
          Verskillende instrumente het verskillende klanke (timbres) en dit
           beïnvloed die gemoedstemming van die dans
          Die volume van ŉ stuk – forte / pianissimo (dinamika) – sal bydra tot
           die stemming van die stuk
          Die genre van die musiek – klassiek, jazz, rock − sal die interpretasie
           van bewegings beïnvloed
          Kan help om die storie te vertel
          Dit kan die karakters in hul rolle ondersteun
          Dit kan ŉ bepaalde atmosfeer skep
          Dit kan sekere tonele beklemtoon                                              (4)
                                                                                        [15]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                          DANSSTUDIES                                19

 VRAAG 9:       OPVOERINGSRUIMTES/CHOREOGRAFIESE ELEMENTE/
                BEMARKING

 MEMO:
                                   LAAG          MEDIUM             HOOG

 9.1                                  5
 9.2                                                 6
 9.3                                                                   4

 ANTWOORDE:

 9.1 9.1.1     Die gedeelte van die verhoog wat die verste van die gehoor is.         (1)

       9.1.2   Die gedeelte van die verhoog wat die naaste aan die gehoor is.         (1)

       9.1.3   Die middelgedeelte van die verhoog.                                    (1)

       9.1.4   Dit is óf ŉ permanente gepleisterde muur, ŉ reguit skerm of ŉ
               doek wat aan die agterkant van die verhoog hang                        (1)

       9.1.5   Die gebied aan die linker- en regterkant van die verhoog waar
               kunstenaars voorberei om op die verhoog te gaan                        (1)

 9.2 9.2.1     Gaan van een beweging oor in ŉ ander – skep vloeiende
               bewegings                                                              (1)

       9.2.2   Hoogtepunt in ŉ dans, dit staan duidelik uit om ŉ stelling te maak     (1)

       9.2.3   Verskillende hoogtes van bewegings – laag, medium en hoog.             (1)

       9.2.4   Beginpunt van ŉ dans-idee/bewegingsuitdrukking                         (1)

       9.2.5   Hoe jy ŉ dans begin en hoe jy dit eindig                               (1)

       9.2.6   Onderskeidende kenmerk of oorheersende idee van ŉ
               komposisie wat dikwels in ŉ danswerk herhaal word/terugkeer            (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                                DANSSTUDIES                          (EC/NOVEMBER 2017)

 9.3 Ken 4 punte toe vir 4 feite oor hoe om ŉ produksie te bemark.

      Daar is verskillende wyses waarop jy jou produk kan adverteer soos
      plakkate, pamflette, strooibiljette aanplakborde, pers verklarings,
      netwerk, radio-en televisie-onderhoude, deur word of mouth, asook om
      persoonlike uitnodigings te stuur, e-posse, e-bulletins en jou skool se
      webwerf.

          Advertensies in koerante/tydskrifte – die kan baie duur wees.
          Persverklarings – Skryf kort artikels oor die vertoning/dansers/
           choreograwe, ens.
          Aanplakborde/strooibiljette – Hierdie kan in winkelsentrums of
           biblioteke uitgedeel word, gewoonlik waar daar heelwat mense is.
           Jy moet konsentreer op gebiede waar jy jou teikengroep kan
           bereik.
          Advertensies vir radio en televisie – Miskien het jy ŉ kontak. Dit
           is egter ŉ duur manier van adverteer.
          Uitnodigings – Miskien aan mense van die media, jou skoolhoof
           of aan bekendes.
          Netwerk – Die gebruik van sosiale media is ŉ uitstekende manier
           om jou vertoning te adverteer bv. Facebook ‘Events’ wat jou in
           staat stel om al jou Facebook-aanhangers te kontak. Jy kan ook
           deur jou skool se databasis en Twitter adverteer – Twitter is ŉ
           groot hulpmiddel wat persone aanlyn en aflyn verbind aan jou
           gebeurtenis (‘event’).
          Webwerwe – Skakel met verskeie webwerwe, soos byvoorbeeld
           “Whats On” in jou dorp/’gebeurtenis’-kalenders, ens. Die gebruik
           van die internet sal jou algehele bemarkingsdoelwitte verbeter en
           ondersteun.                                                              (4)
                                                                                   [15]

                                                     TOTAAL AFDELING B:             60
                                                         GROOTTOTAAL:              100

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

## Related documents

- [DANCE STUDIES GR11 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-qp-nov2017-afrikaans/22c34254-0ff5-40a1-976c-84b454462346) — Dance Studies · QP · 2017 · Afr
- [Dance Studies Memo](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-memo/53142bc7-30cb-4f36-96ea-375d0f3b83a5) — Dance Studies · Memo · 2014
- [DANCE STD GR11 NOV2013 MEMO (Eng)](https://www.hlayiso.com/library/dance-std-gr11-nov2013-memo-eng/4acd73cf-2cdd-4d1d-a585-f4b379c88766) — Dance Studies · Memo · 2013 · Eng
- [DANCE STUDIES GR11 NOV2013 MEMO (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-nov2013-memo-afr/e480781f-1a59-4a13-9ee2-ea21774c7b40) — Dance Studies · Memo · 2013 · Afr
- [DANCE STUDIES GR11 QP ENG NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-qp-eng-nov2018-d/e22c5184-7fda-4415-8be3-29526f0e4e50) — Dance Studies · QP · 2018 · Eng
- [DANCE STUDIES GR11 QP AFR NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-qp-afr-nov2018-d/8146becc-d926-4a4d-9181-a511e0ec5e28) — Dance Studies · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 11 Dance Studies

- [Gr 11 Dan Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-dan-stu-atp-2023-24/d7cf0d0b-5284-4b58-bc3c-3be7d351d71d) — ATP
- [Gr11 DNCE N16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-dnce-n16-qp-eng/f77045ee-305e-48c4-87c1-9aa0ab88d145) — QP · 2016 · Eng
- [Gr11 DNCE N16 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr11-dnce-n16-qp-afr/fdb31f99-b1cb-471a-8aa8-6871408034b1) — QP · 2016 · Afr
- [DANCE STUDIES QP GR11 NOV 2015 AFR](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-qp-gr11-nov-2015-afr/fb4bb08d-9e08-4830-a135-f023bf152fe8) — QP · 2015 · Afr
- [DANCE STUDIES QP GR11 NOV 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-qp-gr11-nov-2015-eng/fcdc238a-5977-417c-9da7-d25e31c29fe1) — QP · 2015 · Eng
- [Dance Studies QP](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-qp/10c92737-88ef-4d1c-9333-ec32a85b8f59) — QP · 2014

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
