# Dance Studies Grade 12 NSC November 2017 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Dance Studies memorandum from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 30 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2017-memo-afr/ef183dc2-8d87-45d6-8f08-92c032f4d578
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dance Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 30

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dance Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dance-studies) › [Dance Studies Grade 12 NSC November 2017 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2017-memo-afr/ef183dc2-8d87-45d6-8f08-92c032f4d578)

## About this document

Dance Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Memorandum, 30 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                   DANSSTUDIES

                                  NOVEMBER 2017

                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 100

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 30 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                  2                            DBE/November 2017
                                     NSS – Nasienriglyne

AANTEKENINGE VIR NASIENERS:

Hou streng by hierdie memorandum wanneer nagesien word. Die standaardiserings-
proses tydens memorandumbesprekings verseker dat die memorandum die meeste
moontlike antwoorde deur kandidate dek. Elke nasiener moet dit verstaan en op
konsekwente wyse toepas. In sommige kwalitatiewe vrae moet jy jou professionele en
ingeligte oordeel uitoefen.

Hierdie vraestel moet deur ervare dansonderwysers/-beamptes/-adviseurs
nagesien word aangesien dit spesialiskennis vereis.

•   By sommige vrae het kandidate 'n keuse. Indien kandidate albei vrae beantwoord
    het, sien slegs die antwoorde op die EERSTE vraag na.

•   Kandidate kan 'n wye verskeidenheid antwoorde gee, afhangend van wat hulle in
    die klas behandel het.

•   Hoë, medium of lae kognitiewe vlakke wat in elke antwoord verwag word, word bo
    elke moontlike antwoord gegee.

•   Nasieners moet NIE volpunte vir 'n antwoord wat oppervlakkig en ontoereikend is,
    toeken NIE.

•   Wees op die uitkyk vir wat die kandidaat weet, en nie vir wat hy/sy nie weet nie.

•   Ken punte (regmerkies) toe vir inhoud gegee tot by die maksimum punte.

•   Waar rubrieke gegee is – gebruik dit om die kognitiewe vlakke en gehalte van die
    antwoorde te verifieer. Volpunte moet NIE toegeken word NIE, as al die vereistes
    nie nagekom is nie.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                 3                          DBE/November 2017
                                    NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG
VRAAG 1: FIKSHEIDSKOMPONENTE
LET WEL: Gebruik professionele oordeel wanneer punte toegeken word.
Kolpunte ('Bullets') word gebruik om nasieners te lei oor moontlike tipes
antwoorde wat gegee kan word.
Moet nie punte vir herhalende/oppervlakkige antwoorde toeken nie.
LAE VLAK:    1.1 Noem – 1 punt
MEDIUM VLAK: 1.2 Verduidelik – 5 punte
             1.3 Beskryf en herken – 4 punte
MOONTLIKE ANTWOORDE:
1.1  LET WEL: Kandidate moet slegs een komponent noem. Indien kandidate
     meer as een insluit, sien SLEGS DIE EERSTE EEN gegee, na.
         Kernstabiliteit OF Krag OF Neuromuskulêre Vaardighede                                (1)
1.2      LET WEL: Kandidate moet antwoord oor die komponent wat hulle in 1.1
         genoem het, bv.:
         Kernstabiliteit:
         • 'n Sterk kern help met goeie postuur wat weer help met
            beheer/kontrole/plasing/lyn.
         • Bewegings van die arms en bene sal verbeter word indien hulle vrylik uit 'n
            sterk kern kan beweeg wat help met vloeiendheid van beweging, om met
            gemak deur ruimte te beweeg.
         • Ratsheid en akkuraatheid van bewegings sal toeneem.
         • Oorgange van een beweging na die volgende sal makliker wees om uit te
            voer.
         • Bewegings sal moeiteloos lyk.
         • Verhoogde kompleksiteitsvlakke sal makliker wees om te behaal en jy sal
            meer beheer oor beweging hê en balans met suspensie/sweef en
            beheer/kontrole toon.
         • Vinnige verandering van rigting/vlakke.
         • Spronge (Elevasie) sal moeiteloos wees en help met die dinamiek van
            die dans.
         • Enige ander geskikte antwoorde.
                                              OF
         Krag:
         • Help met balans, oplig van liggaamsdele of 'n dansmaat, spronge/oplig.
         • Bewegings sal moeiteloos lyk as dit beheersd is.
         • Hanteer meer uitdagende/gevorderde bewegingwoordeskat.
         • Bewegings sal meer akkuraat uitgevoer word.
         • Bewegings sal in enige posisie met vinnige en sterk ekstensies uitgevoer
            word.
         • Sterk/Kragtige bewegings sal makliker wees om uit te voer en stadiger
            bewegings sal makliker wees om te beheer wat beter dinamiek in die dans
            daarstel.
         • Die danser kan teen 'n hoër intensiteit dans.
         • Verbeterde spiertonus/fermheid sal die danser meer selfvertroue gee.
         • Enige ander geskikte antwoorde
                                              OF
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                 4                           DBE/November 2017
                                    NSS – Nasienriglyne

         Neuromuskulêre vaardighede:
         • Een vaardigheid is balans. Dit is noodsaaklik vir dansoptrede met
           betrekking tot die beheer van bewegings en ongedwongendheid van
           beweging.
         • 'n Tweede vaardigheid is koördinasie. Alle dele van die liggaam beweeg
           op verskillende maniere tydens die meeste bewegings en 'n hoë mate van
           koördinasie word vereis om balans/goeie belyning/korrekte tegniek, ens.
           te skep.
         • Gekoördineerde bewegings sal moeiteloos lyk/grasie en ongedwongend-
           heid by die optrede voeg.
         • 'n Goed ontwikkelde neuromuskulêre stelsel sal vir 'n meer
           uitdagende/gevorderde bewegingswoordeskat toelaat.
         • Bewegings sal meer akkuraat uitgevoer word.
         • Enige ander geskikte antwoorde. Kandidate kan ander neuromuskulêre
           vaardighede insluit.                                                                (5)

1.3      LET WEL: Baie verskillende antwoorde kan gegee word volgens die
         kandidaat se hoofdansvorm. Evalueer die kandidaat se begrip/kennis van
         postuur volgens sy/haar hoofdansvorm.

         Voorbeeld van moontlik antwoorde:
         Hoofdansvorm: Ballet
         • Regop bolyf/verlengde ruggraat.
         • Kop bo-oor ruggraat, nek verleng.
         • Oë fokus reguit vorentoe.
         • Skouers in lyn en gelyk met heupe.
         • Skouerblaaie trek afwaarts.
         • Ribbekas steek nie uit nie, maar word ingehou terwyl bors oor die skouers
           oop is.
         • Enkels rol nie na binne/inwaarts of na buite/uitwaarts nie en die brug van
           die voet is ondersteun.
         • Abdominale- en rugspiere is geaktiveer.
         • Pelvis in 'n neutrale posisie – nie vorentoe of agtertoe gekantel in lumbale
           rug nie (geen 'intrek' of 'buig' nie).
         • Spiere van abdomen, lae rug en rondom pelvis trek gelyk saam.
         • Bene moet by heupe uitgedraai wees.
         • Gewig moet volgens 'n derde op die hak, 'n derde op die eerste
           metatarsaal en 'n derde op die vyfde metatarsaal versprei wees.
         • Danser moet in gereedheidsposisie wees.
         • Enige ander geskikte antwoorde.

         Hoofdansvorm: Kontemporêr
         • Liggaam het goeie belyning en al die liggaamsdele is in balans met
           mekaar.
         • Wanneer die bene en voete in 'n neutrale posisie/parallel – tweede posisie
           – met die knieë oor die tone geposisioneer wees.
         • Die arms is ontspanne en volg dikwels die beweging van die bolyf/bene.
         • Abdomen- en rugspiere geaktiveer.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                   5                           DBE/November 2017
                                      NSS – Nasienriglyne

         •    Pelvis in 'n neutrale posisie – nie vorentoe of agtertoe gekantel nie (geen
              'intrek' of buiging in die lumbale rug nie').
         •    Die ruggraat is verleng, maar nie rigied nie.
         •    Die oë fokus vorentoe.
         •    Die nek is verleng, sodat ken nie opgelig of sak nie.
         •    Bors en rug is oop en wyd.
         •    Skouerblaaie trek afwaarts.
         •    Ribbekas steek nie uit nie, maar word ingehou terwyl bors oor die skouers
              oop is.
         •    Enige ander geskikte antwoorde.

         Hoofdansvorm: Afrika-dans
         • Die bene en voete is dikwels in 'n neutrale posisie/parallel met die knieë
           oor die tone en die voete onder die pelvis geposisioneer /bene uitgedraai
           in 'n wye posisie met die knieë oor die tone (Zoeloe-liggaamshouding).
         • Die natuurlike kurwes van die ruggraat word gebruik.
         • Die oë fokus vorentoe.
         • 'Duple'-liggaamshouding: die pelvis is effens gekantel en die gewig van
           die bolyf is effens vorentoe – na die grond toe.
         • Abdomen- en rugspiere geaktiveer.
         • Enige ander geskikte antwoorde.                                                      (4)
                                                                                                [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                 6                           DBE/November 2017
                                    NSS – Nasienriglyne

LET WEL:      Kandidate het 'n keuse tussen VRAAG 2 en VRAAG 3.
              Sien slegs die EERSTE ANTWOORD na indien beide beantwoord is.

VRAAG 2: DANSTOEWYDING

Kolpunte ('Bullets') word gebruik om nasien te vergemaklik.
Baie moontlike antwoorde kan gegee word.
Gebruik professionele oordeel wanneer 'n kandidaat se antwoorde geassesseer
word.

LAE VLAK:    2.1 Noem – 4 punte
MEDIUM VLAK: 2.2 Skryf in besonderhede – 6 punte

MOONTLIKE ANTWOORDE:
2.1  LET WEL: Sien slegs die EERSTE VIER antwoorde na indien meer gegee is.

         •    Ontspanningsoefeninge, soos asemhaling, om jou hartklop stadiger
              te maak.
         •    Verbeel jou jy is in 'n vreedsame/rustige omgewing.
         •    Trek elke spiergroep stadig saam en ontspan.
         •    Meditasie
         •    Joga
         •    Strekwerk
         •    Kontak met diere/troeteldiere
         •    Gesels met vriende/familie/jou gesin
         •    Selfmassering wanneer jou spiere gespanne is
         •    Enige ander geskikte antwoorde.                                                  (4)

2.2      LET WEL: Kandidate kan verskillende antwoorde gee. Een samehangende
         gedagte kry een punt.

         Moontlik area wat ingesluit kan word:
         • Dissipline: Om al die dansklasse by te woon en betyds te wees sal
           verseker dat alle areas van die klas gedek word, bv. as jy nie betyds is
           nie, sal jy moontlik 'n opwarming mis wat moontlik 'n besering kan
           veroorsaak.
         • Daaglikse strekwerk na elke klas sal soepelheid verbeter om die omvang
           van jou bewegings/kompleksiteit en prestasievlakke te verbeter.
         • Voorbereidheid: Oefen op jou eie sodat jy voorbereid klas toe kom/nie
           die res van die klas/repetisie terughou omdat jy jou werk vergeet het nie.
         • Stiptelikheid: Indien jy betyds is, sal jy nie die vloei/konsentrasie/fokus
           van die ander dansers ontwrig/versteur nie.
         • Toegewydheid aan ander dansers: Om idees te deel/tot
           groepsaktiwiteite in improvisasie by te dra, sal kreatiwiteit in jou self en
           ander ontwikkel asook selfvertroue met betrekking tot komposisie, optrede
           ens.
         • Om as deel van 'n span te werk is noodsaaklik omdat die meeste dele
           van die dansoptrede behels dat jy saam ander moet dans.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                    7                       DBE/November 2017
                                       NSS – Nasienriglyne

         •    Bydra tot almal se veiligheid deur veilige danspraktyk, ruimtelike
              bewustheid en korrekte beginsels vir kontakwerk toe te pas. Dit sal
              eenheid en vertroue in die groep ontwikkel.
         •    Empatie vir ander se gevoelens – opbou van vertroue, bv. soos
              wanneer 'n dansmaat van die grond af opgelig word/nie negatiewe
              opmerkings te maak nie, sal spanwerk en eenheid ontwikkel.
         •    Konsentreer en fokus in die dansklas: Luister en pas die onderwyser se
              instruksies toe. Die aanleer van nuwe dansvaardighede en die toepassing
              van korreksies is makliker wanneer 'n danser op die taak konsentreer.
         •    Toegewydheid aan beweging – dans voluit.
         •    Enige ander geskikte antwoorde.                                                (6)
                                                                                             [10]

                                              OF

VRAAG 3: SPIERE EN AKSIES

LAE VLAK:    3.1 Identifisering – 4 punte
MEDIUM VLAK: 3.2 Kies – 6 punte

MOONTLIKE ANTWOORDE:
3.1  3.1.1   Quadriceps                                                                      (1)

         3.1.2        Agterdyspiere ('Hamstrings')                                           (1)

         3.1.3        Enige EEN van die volgende:
                      • Rectus Abdominis
                      • External Obliques
                      • Internal Obliques                                                    (1)

         3.1.4        Erector Spinae                                                         (1)

3.2      3.2.1        A                                                                      (1)

         3.2.2        D                                                                      (1)

         3.2.3        A                                                                      (1)

         3.2.4        C                                                                      (1)

         3.2.5        B                                                                      (1)

         3.2.6        B                                                                      (1)
                                                                                             [10]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                 8                          DBE/November 2017
                                    NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4: TOEPASSING VAN VEILIGE DANSPRAKTYK
Kolpunte ('Bullets') word gebruik om nasien te vergemaklik.
Baie moontlike antwoorde kan gegee word.
Gebruik professionele oordeel wanneer 'n kandidaat se antwoorde geassesseer
word.
LAE VLAK:    4.1 Noem – 5 punte
MEDIUM VLAK: 4.2 Verduidelik – 5 punte
MOONTLIK ANTWOORDE:
4.1  LET WEL: Sien slegs die EERSTE VYF antwoorde na indien meer
     genoem is.
         •    Voldoende grootte
         •    Geen hindernisse nie
         •    Geveerde vloer
         •    Vloeroppervlak
         •    Kamertemperatuur
         •    Genoegsame ventilasie
         •    Enige ander geskikte antwoorde                                                  (5)
4.2      LET WEL: Kandidate moet verduidelik WAAROM elke faktor wat hulle in 4.1
         genoem het, 'n besering kan voorkom. EEN punt vir elke faktor verduidelik.
         Moet NIE punte toeken vir oppervlakkige antwoorde wat NIE 'n rede gee NIE.
         • Voldoende grootte:
            o Sodat beweging nie beperk is nie want dit veroorsaak swak tegniek
               (nie genoeg ruimte om in te beweeg nie).
            o Laat vryheid van beweging toe vir arms en bene/vorentoe bewegings/
               groot spronge.
            o Sodat dansers nie mekaar stamp en so veroorsaak dat hulle
               struikel/balans verloor/val nie.
         • Geen hindernisse nie:
            o Leë, oop ruimte sonder hindernisse wat beserings, struikel, val, ens.
               kan veroorsaak.
         • Geveerde vloer:
            o 'n Geveerde vloer is noodsaaklik aangesien dit skokbreking verskaf
               sodat die ruggraat/gewrigte nie geskok word wanneer na
               spronglandings, ens. nie.
         • Vloeroppervlak:
            o Die oppervlak van die vloer moet skoon wees, d.i. glad, maar met
               genoeg greep om veiligheid te verseker sodat die danser nie gly/val nie
               of vassteek as gevolg van te veel hars/vuiligheid nie.
         • Kamertemperatuur:
            o Die kamertemperatuur moet geskik wees – nie te warm nie want dit
               kan lei tot oorverhitting/dehidrasie wat 'n gebrek aan konsentrasie/
               fokus veroorsaak wat beserings tot gevolg het.
            o As dit te koud is, gaan die waarde van die opwarming verlore – spiere
               bly koud met geen elastisiteit nie.
         • Genoegsame ventilasie:
            o Daar moet genoeg ventilasie/suurstofsirkulasie wees sodat die danser
               verstandelik wakker bly en konsentrasie gehou word.
         • Enige ander geskikte antwoorde.                                                    (5)
                                                                                              [10]
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                    9                               DBE/November 2017
                                       NSS – Nasienriglyne

LET WEL:      Kandidate het 'n keuse tussen VRAAG 5 en VRAAG 6.
              Sien slegs die EERSTE ANTWOORD na indien beide beantwoord is.

VRAAG 5: VOORKOMING VAN BESERINGS EN EERSTEHULPBEHANDELING

Kolpunte ('Bullets') word gebruik om nasien te vergemaklik.
Baie moontlike antwoorde kan gegee word.
Gebruik professionele oordeel wanneer 'n kandidaat se antwoorde geassesseer
word.

MEDIUM VLAK: 5.1 Beskryf – 3 punte
HOË VLAK:    5.2 Skep 'n plakkaat – 7 punte

MOONTLIKE ANTWOORDE:
5.1  LET WEL: Sien enige DRIE relevante beginsels na.

          •   Land deur die voete, toon dan bal dan hak.
          •   Buig jou knieë wanneer jy land om skokbreking te help.
          •   Knieë moet met jou derde toon in lyn wees wanneer jy buig.
          •   Enkels moet styf gehou word en nie rol nie.
          •   Land met hakke wat die vloer raak.
          •   Hou skouers in lyn met heupe.
          •   Hou pelvis in neutrale posisie (moenie 'intrek' of 'uitstoot' nie).
          •   Die senter/middelpunt word gelig en gehou om die ruggraat te ondersteun
              – goeie postuur.
          •   Enige ander geskikte antwoorde.                                                          (3)

LET WEL: Gebruik professionele oordeel om die plakkaat te assesseer.

NASIENRUBRIEK VIR 5.2
      •   Plakkaat is goed uitgelê, versigtig geskep, spesifieke inligting is gekies om oorlading te
6–7       voorkom en dit vang die oog.
      •   Inhoud bevat voorkoming en onmiddellike behandeling van beserings.
      •   Plakkaat is/geskep met gebruik van die relevante inligting.
4–5
      •   Inhoud bevat party/slegs een van die areas van voorkoming/onmiddellike behandeling.
      •   Plakkaat het minimale/geen relevante inligting (nie).
0–3
      •   Minimale/Geen kennis van voorkoming en onmiddellike behandeling van beserings (nie).

MOONTLIKE AREAS WAT INGESLUIT KAN WORD:
 5.2 Oorweeg die volgende aspekte tydens puntetoekenning vir die plakkaat:
     • Uitleg
     • Kies relevante inligting vir die plakkaat
     • Vang die oog
     • Maklik om te lees (nie te veel woorde/inligting nie)
     • Grootte van die opskrifte/skrif
     • Enige ander kreatiewe aanbiedingsvorm, soos tekeninge/spotprente/
        praatborrels/blokke.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                 10                       DBE/November 2017
                                     NSS – Nasienriglyne

         Voorkoming kan die volgende inligting insluit:
         • Die korrekte klere/persoonlike versorging
         • Opwarming
         • Veilige strekwerk
         • Enige ander geskikte materiaal vir 'n beseringsvoorkomingsplakkaat.
         Onmiddellike behandeling kan die volgende inligting insluit:
         • Rus
         • Ys
         • Kompressie/Druk
         • Elevasie/Lig
                                                                                            (7)
         • Enige ander geskikte materiaal vir die plakkaat.
                                                                                            [10]
                                            OF
VRAAG 6: OPWARMING EN AFKOELING
Kolpunte ('Bullets') word gebruik om nasien te vergemaklik.
Baie moontlike antwoorde kan gegee word.
Gebruik professionele oordeel wanneer 'n kandidaat se antwoorde geassesseer
word.
MEDIUM VLAK:          6.1 Beskryf – 3 punte
HOË VLAK:             6.2 Saamstel – 5 punte
                      6.3 Regverdiging – 2 punte
6.1      LET WEL: Sien slegs die EERSTE DRIE veranderinge na indien meer
         genoem is. Eenwoord-antwoorde sal NIE 'n punt kry NIE. Verduidelikings is
         nie noodsaaklik nie.
         •    Asemhaling en hartklop neem toe wat toelaat dat meer suurstofryke
              bloed na die werkende spiere gepomp word.
         •    Liggaamstemperatuur styg sodat jy meer kalorieë meer doeltreffend kan
              verbrand en die elastisiteit van die spiere kan verhoog.
         •    Sinoviale vloeistof word in die gewrigte vrygestel wat meer
              wrywingsvrye beweging toelaat.
         •    Jou verstand is gefokus op die taak./Die manier waarop jy jou liggaam
              hou wat postuur verbeter.
         •    Enige ander geskikte antwoorde.                                               (3)
6.2      LET WEL: Kandidate moet 'n oefeningprogram saamstel wat dansers kan
         gebruik om ALLE LIGGAAMSDELE in 'n dansklas OP TE WARM.
         Baie verskillende antwoorde kan gegee word.
         Gebruik professionele oordeel wanneer punte toegeken word.
         Moet NIE punte toeken vir noem/oppervlakkige antwoorde NIE.
         Moontlike areas wat ingesluit kan word:
         • Fokus en postuur:
           o Warm die ruggraat op en fokus op postuur en belyning.
         • Klein na groot:
           o Begin met klein bewegings en vorder na groter soos die liggaam
              opwarm, bv. beenswaaie wat na skoppe vorder.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                  11                           DBE/November 2017
                                      NSS – Nasienriglyne

         •    Mobiliseer:
              o Fokus op bewegings wat die gewrigte mobiliseer/aktiveer, bv.
                 enkelbuigings en tone punt/kniebuigings en op tone staan/armswaaie/
                 /beenswaaie.
         •    Spesifiek:
              o Warm groot spiergroepe op, maar sluit ook liggaamsdele in wat
                 spesifiek in die hoofdansvorm gebruik word, bv. balletdansers fokus op
                 hulle voete en enkels vir pointe-werk en Spaanse dansers fokus op
                 hulle gewrigte om krulle en draaie uit te voer en vingers om kastanjette
                 te speel.
         •    Kandidate kan fokus op spesifieke oefeninge vir elke liggaamsdeel, bv.
              ruggraat, skouers, heupe, knieë en enkels.
         •    Enige ander geskikte antwoorde.                                                   (5)

6.3      LET WEL: Sien slegs die EERSTE TWEE veiligheidsmaatreëls na indien
         meer genoem is.
         Kandidate moet regverdig NIE noem nie.
         Eenwoord-antwoorde sal NIE 'n punt kry NIE.

         Moontlike areas wat ingesluit kan word:
         • Moenie in 'n strek bons nie, ballistiese strekwerk is gevaarlik en moet
           vermy word aangesien dit nie die spiere kans gee om te ontspan in 'n
           strek in nie.
         • Hou aan asemhaal terwyl strekwerk gedoen word, sodat die spiere
           ontspan.
         • Strekke moet vir ten minste 15 sekondes gehou word sodat die inspanning
           in die spier kan afneem. Wanneer inspanning in die spier laat gaan is, kan
           jy verder deurdruk.
         • Moet nie buite jou beperkings strek nie, fokus op hoe die spier trek, nie op
           die pyn nie.
         • Moenie toelaat dat iemand jou in 'n strek inforseer nie, aangesien hulle jou
           buite jou beperkings kan druk.
         • Enige ander geskikte aanbevelings.                                                   (2)
                                                                                                [10]

                                                                TOTAAL AFDELING A:              40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                    12                          DBE/November 2017
                                        NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID

VRAAG 7: DANSELEMENTE

LET WEL: Dit is belangrik om kennis te neem van die feit dat die meerderheid van
die elemente by al die foto's verduidelik kan word.
Kandidate kan baie moontlike antwoorde gee afhangend van hulle vertolking van
elke foto.
Hulle moet elke danselement wat hulle gekies het met betrekking tot die foto
verduidelik.
Ken TWEE punte toe vir elke foto. KEN SLEGS 'N VOLLE PUNT TOE as elke
danselement 'n aanvaarbare verduideliking het. Ken ½ punte toe as slegs die
danselement gegee is.

LAE VLAK:               Identifiseer en verduidelik – 10 punte

VOORBEELD VAN MOONTLIKE KEUSE:
     DANSELEMENT       VERDUIDELIKING
A    • vlakke          Die dansers toon 'n lae, medium en hoë posisie.                            (1)

         •    krag                   Die dansers se hande druk en toon sterk bewegings.           (1)
B        •    positiewe ruimte       Daar is geen oop ruimte tussen die dansers se
                                     liggame onderaan die hoop nie.                               (1)

         •    kontraste              Die een danser bo-op die hoop reik na bo terwyl al
                                     die ander dansers onder op 'n hoop lê en op die
                                     grond inmekaar geval het.                                    (1)
C        •    asimmetrie             Geeneen van die dansers het dieselfde posisie nie.           (1)

         •    negatiewe ruimte       Daar is baie oop ruimte/spasie tussen die dansers se
                                     liggame.                                                     (1)
D        •    simmetrie              Die lyne van die dansers se arms en bene is
                                     passende diagonale/skuinsstrepe. Die foto is
                                     dieselfde aan beide kante indien dit in die middel
                                     deurgesny sou word.                                          (1)

         •    unison                 Die dansers maak dieselfde beweging op dieselfde
                                     tyd.                                                         (1)
E        •    patroon                Die dansers word in 'n spesifieke patroon geplaas om
                                     'n wigagtige vorm te skep.                                   (1)

         •    rigting                Al die dansers kyk op, fokus is opwaarts.                    (1)
                                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                  13                           DBE/November 2017
                                      NSS – Nasienriglyne

LET WEL:      Kandidate het 'n keuse tussen VRAAG 8 en VRAAG 9.
              Sien slegs die EERSTE ANTWOORD na indien beide beantwoord is.

VRAAG 8: OPVOERRUIMTES EN DIE FUNKSIES VAN DANS

Kandidate sal 'n wye verskeidenheid interpretasies/vertolkings gee.
Kyk vir dit wat die kandidaat weet en verstaan oor elke ruimte en die funksies
van dans in die samelewing.

MEDIUM VLAK:          Identifiseer, verduidelik en analiseer – 10 punte

MOONTLIKE AREAS WAT BY DIE ANTWOORD INGESLUIT KAN WORD:
8.1  A – Arenateater ('Theatre in the round')                                                   (1)
         B – Prosceniumboogverhoog                                                              (1)
         C – Stamomgewing                                                                       (1)

8.2      Enige VIER funksies van dans verduidelik. KEN ½ PUNTE TOE indien slegs
         die naam van 'n funksie gegee is, bv.:
         •    A, B word vir vermaak gebruik, 'n betalende gehoor kyk na vertonings in
              hierdie tipes opvoerruimtes.
         •    A, B verskaf loopbane vir die dansers/agterverhoog/tegniese span, ens.
         •    A, B en C kan gebruik word om óf die publiek óf die deelnemers
              te leer/opvoed.
         •    C – Transformasie kan tydens sekere danse plaasvind.
         •    C – Genesing kan tydens sekere danse vir 'n individu/die gemeenskap
              plaasvind.
         •    Enige ander geskikte funksies verduidelik.                                        (4)

8.3      Kandidate moet die ruimte (A–C) waaroor hulle antwoord, aandui. Moet NIE
         punte vir vae antwoorde toeken NIE. Kandidate kan oor óf inspirasie óf
         versterking van choreografie óf beide.
         Sien slegs die EERSTE antwoord oor opvoerruimtes na indien meer gegee is.
         Baie moontlike interpretasies kan gegee word, bv.:
         Opvoerruimte A:
         • Choreografering in 'n sirkel-/arenateater kan nuwe maniere om die
            dansers in die ruimte te laat beweeg, inspireer want daar is geen vaste
            voorkant nie.
         • Die bewegings kan die gehoor betrek/in of deur die gehoor beweeg omdat
            hulle nader aan die verhoog is.
         • Die omgewing/agtergrond kan die storie/tema/sinopsis van die choreo-
            grafie beïnvloed.
         • Dit kan toelaat dat die opvoerruimte op 'n ander/innoverende manier met
            die gebruik van tegnologie belig word.
         • Enige ander geskikte antwoorde.                                                      (3)
                                                                                                [10]

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                  14                           DBE/November 2017
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 9: TEGNOLOGIE IN DANS
Baie moontlike antwoorde kan gegee word.
Gebruik professionele oordeel om 'n kandidaat se antwoorde te evalueer.
Moet NIE volpunte toeken vir eenwoord-/vae antwoorde NIE.
Kolpunte ('Bullets') word gebruik om nasien te vergemaklik.
MEDIUM VLAK:          Verduidelik – 10 punte
MOONTLIK ANTWOORDE:
9.1  Om 'n sel-/slimfoon te gebruik om met choreografie te help, kan insluit:
     • Vind musiek
     • Redigeer musiek
     • Kyk na YouTube-uittreksels vir inspirasie
     • Google – navorsing/materiaal/idees vir temas/bedoeling
     • Verfilming van die werk om na te kyk vir verbetering
     • Choreografering van 'n werk spesifiek vir film
     • Enige ander geskikte antwoorde.                                                          (5)
9.2      LET WEL: Kandidate kan in die algemeen antwoord, spesifieke produksie-
         elemente noem of beskryf hoe die produksie-elemente gebruik is.
         •    Choreograwe het 'n wye keuse van spesiale effekte wat hulle op 'n
              verhoog kan gebruik wat die algehele impak/betekenis van die werk kan
              versterk/verbeter.
         •    Beligting het self 'n kunsvorm geword met sommige beligtingstegnici wat
              effekte, soos in die eerste prentjie, skep waar die hele kostuum verlig is,
              maar die dansers self is nie sigbaar nie.
         •    Dekorstelle word al hoe kompleks en choreograwe kan sowaar dansers in
              die dekorstel self insluit/daar is interaksie met die dekorstel self.
         •    Choreograwe het geen beperkings met betrekking tot die reeks materiaal
              wat vir die ontwerp/maak van kostuums beskikbaar is nie.
         •    Dansers sal moontlik by die ontwerpe van beligtingstegnici en nie net by
              die choreograaf nie, moet aanpas – wat dansers meer veelsydig/maklik
              aanpasbaar maak.
         •    Dansers moet dalk meeding met die effekte wat choreograwe op die
              verhoog kan gebruik wat 'n nuwe uitdaging kan wees as om net op die
              optrede/opvoering te fokus.
         •    Choreograwe kan ook effekte, soos projeksies voor/agter skerms, insluit
              waarmee dansers moet werk/waarom dansers moet werk om die
              betekenis/simboliek van 'n werk te versterk/verbeter. Dit kan baie
              kragtige/treffende werke skep aangesien boodskappe/simboliek op baie
              verskillende maniere oorgedra kan word.
         •    Tegnologie daag dansers/choreograwe en die gehoor se waarnemings uit
              met die aanbied van die onverwagte – hou dans in die huidige
              samelewing relevante.
         •    Elke prentjie kan ten opsigte van die gebruik van tegnologie verduidelik
              word.
         •    Enige ander geskikte verduidelikings.                                             (5)
                                                                                                [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                        15                                 DBE/November 2017
                                            NSS – Nasienriglyne

LET WEL:          Kandidate het 'n keuse tussen VRAAG 10, VRAAG 11 en VRAAG 12.
                  Sien slegs die EERSTE ANTWOORD na indien meer as een beantwoord
                  is.

VRAAG 10: SYLVIA GLASSER SE TRANCEFORMATIONS

Die antwoord moet verwys na die stelling: 'Sylvia Glasser se danswerk,
Tranceformations, beklemtoon spesifieke inheemse kulturele oortuigings.'
Die antwoord moet in opstelvorm wees.
Moet NIE volpunte toeken as die hoëvlak-inhoud nie bespreek is nie.
Gebruik professionele oordeel om die gehalte van die kandidaat se antwoord te
assesseer.
Kandidate het dalk in een afdeling meer inligting as in 'n ander een gegee.
Evalueer die hele antwoord in die konteks van wat die kandidaat weet en ken
daarvolgens punte toe.
Kolpunte ('Bullets') word gebruik om nasien te vergemaklik.

LAE VLAK:               Beskryf – Kolpunt 1 = ongeveer 6 punte
MEDIUM VLAK:            Verduidelik – Kolpunt 2 en 3 = ongeveer 5 + 5 punte
HOË VLAK:               Evalueer – Kolpunt 4 = ongeveer 4 punte

NASIENRUBRIEK:
  HOË         •    Geskryf as 'n opstel.
  VLAK        •    Behandel die stelling: 'Sylvia Glasser se danswerk, Tranceformations, beklemtoon spesifieke
                   inheemse kulturele oortuigings', in die antwoord.
  17–20       •    Het uitstekende kennis van die choreograaf en danswerk.
              •    Uitstekende beskrywing van die San Beswymingsdans wat Sylvia Glasser geïnspireer het om
                   die danswerk, Tranceformations, te choreografeer.
              •    Beantwoord al die afdelings van die vraag in besonderhede.
              •    Gee relevante/feitelike inligting, met spesifieke voorbeelde, van die produksie-elemente en
                   bewegings wat hierdie spesifieke kulturele oortuigings aan die gehoor oordra.
              •    Gee 'n kort oorsig oor die geskiedenis van MID en bydrae gelewer in die opleiding van jong
                   dansers.
              •    Evalueer en gee relevante/feitelike inligting oor waarom Sylvia Glasser welbekend is/geprys
                   word vir haar unieke dansstyl.
MEDIUM        •    Geskryf as opstel/Nie as 'n opstel geskryf nie.
 VLAK         •    Behandel/Behandel nie die stelling: 'Sylvia Glasser se danswerk, Tranceformations,
                   beklemtoon spesifieke inheemse kulturele oortuigings', in die antwoord (nie).
  7–16        •    Het kennis van die choreograaf en danswerk.
              •    Beskryf/Beskryf nie die San Beswymingsdans wat Sylvia Glasser geïnspireer het om die
                   danswerk, Tranceformations, te choreografeer (nie).
              •    Beantwoord nie altyd al die afdelings van die vraag in besonderhede nie.
              •    Gee inligting, met/sonder spesifieke voorbeelde, van die produksie-elemente en bewegings
                   wat hierdie spesifieke kulturele oortuigings aan die gehoor oordra.
              •    Gee min inligting oor die geskiedenis van MID en bydrae gelewer in die opleiding van jong
                   dansers.
              •    Gee inligting oor waarom Sylvia Glasser welbekend is/geprys word vir haar unieke dansstyl.
   LAE        •    Die kandidaat het minimale/geen kennis van die choreograaf en/of danswerk nie.
  VLAK        •    Baie min afdelings van die vraag is beantwoord.
              •    Gee minimale/geen feitelike inligting nie.
   0–6

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                16                          DBE/November 2017
                                    NSS – Nasienriglyne

MOONTLIKE ANTWOORDE:
'Sylvia Glasser se danswerk, Tranceformations, beklemtoon spesifieke inheemse
kulturele oortuigings.
• Tranceformations is deur San-rotskuns en beswymingsdanse geïnspireer.
• Hierdie rituele reis ondersoek die beelde en transformasies wat deur die
   toordokters of sjamane gevisualiseer en ervaar is terwyl hulle in 'n beswyming was.
• Die beswymingsdans was deel van die San se godsdienstige oortuigings en
   ervarings.
• Dit is moontlik dat rotskuns uit hierdie ervarings van die sjamane onstaan het.
• In rotskuns kry jy kreature wat halfmens, halfdier is. Hulle verteenwoordig die San-
   geloof/oortuiging dat terwyl die sjamane in 'n beswyming is, hulle die mag van
   diere, visse en voëls bekom. Tydens die beswyming voel dit asof hulle langer word
   of opstyg, vlieg, onderwater is of dood is.
• Die finale transformasie in ons reis vat die San in die moderne wêreld in.
• Hierdie dans betoon lof aan 'n onteiende en sterwende volk en hulle kultuur.
• Die San-rotskuns en beswymingsdanse wat die inspirasie vir Tranceformations
   was, spreek sterk met ons oor die behoefte om ons omgewing te bewaar en so ook
   'n beter toekoms vir alle Suid-Afrikaners te verseker.
• Die choreograaf put uit die werk van Professor David Lewis-Williams en Thomas
   Dowson vir bronmateriaal.
Spesifieke voorbeelde van die produksie-elemente en bewegings wat hierdie
spesifieke kulturele oortuigings aan die gehoor oorgedra het:
Dekorstel, beligtingseffekte en kostuums:
• In die openingstoneel word die danser se aksies verbeeldingryk op die siklorama
   afgeteken, wat rotskunsfigure uitbeeld.
• Die dans beweeg deur die verskillende stadiums van die beswymingsdans met
   rotskunseffekte en beelde wat op die siklorama reflekteer met effektiewe beligting
   en kostuums.
Musiek:
• Die eerste afdeling begin met net die dansers wat die ritme met voetratels skep
   gevolg deur 'n instrumentale stuk deur Shaun Naidoo.
Kostuums:
• Aanvanklik dra dansers tradisionele San-drag.
• Tydens die beswymingsdans beweeg die halfmens-, halfdier-karakters op die
   verhoog met oordadige kostuums wat die eland, tweekoppige eland, leeu en ander
   kreature.
• Die bloeiende neus wat gedurende die beswyming plaasvind word uitgebeeld deur
   een danser/sjamaan wat 'n masker dra met 'n rooi lint wat vir ongeveer 10 meter uit
   die danser se neus agter die danser aansleep.
Bewegings:
• Die choreograaf gebruik 'n unieke kontemporêre Afrika-styl.
• Alhoewel dit 'n kontemporêre styl is, is die bewegings duidelik uit sommige van die
   tradisionele vorms getrek met die effekte van 'n golwende ruggraat en die gestamp
   van die voete.
• Die stamp van die voete met ratels gee 'n perkussiewe en ritmiese klank.
• Herhalende bewegings word gebruik wat betowerend, aards en ritmies is.
• Die bewegings is ingehoue voordat hulle in die beswyming val wat respek en die
   benadering van 'n ritualistiese opvoering wys.
• Die bewegings word groter soos wat hulle die beswyming uitbeeld waar hulle geen
   beheer oor hulleself het nie en die gees neem oor en gee hulle die mag/krag om
   hulle pligte uit te voer.
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                               17                          DBE/November 2017
                                   NSS – Nasienriglyne

Glasser se dansgeselskap – opleiding en kweek van jong dansers:
• Moving into Dance het in 1984 'n geregistreerde fondsinsamelingsorganisasie
   geword. Op hierdie wyse kon dit by die publiek finansiële ondersteuning kry.
• Baie besigheidskorporasies het maatskaplikeverantwoordelikehidsprogramme en
   soos wat die deugde en voordele van Moving into Dance raakgesien is, het
   borgskappe vanaf hierdie besighede meer geword.
• Die geselskap het in 1987 ruimte by die nie-rassige Braamfontein Recreation
   Centre teen 'n klein bedrag gehuur. Die perseel was geskik behalwe dat die
   dansers op betonvloere moes werk. US Aid het in 1990 die konstruksie van 'n
   geveerde dansvloer gefinansier.
• Die trek na hierdie perseel het tot vinnige transformasie in die aard van die
   geselskap en die hele Moving into Dance-organisasie gelei en by oudisies was
   daar net soveel swart as wit aansoekers.
• Baie van die dansers het 'n gebrek aan opleiding gehad. Vir diegene wat wel
   gereelde klasse kon bywoon, is 'n intensiewe fondsinsamelingsveldtog
   bekendgestel en teen 1988 is volle beurse toegestaan om etlike swart studente te
   help, waarvan die meeste by die geselskap aangesluit het.
• Die dansers het uit 'n verskeidenheid etniese agtergronde en ook uit 'n
   verskeidenheid beroepe gekom: professionele mense, dié wat by onderwys
   betrokke was en sommige uit ekonomiese agtergronde. Daar was sedert 1987 'n
   gemiddeld van 16 voltydse dansers in die geselskap.
• Die naam van die geselskap beteken 'toevlugsoord/skuilplek' of 'plek waar geleer
   word'. Met hulle opleidingsprogramme en vaardigheidsontwikkeling het hulle baie
   nuwe gemeenskapsdansgroepe, kontemporêre dansgeselskappe en individuele
   kunstenaars in Suid-Afrika en internasionaal beïnvloed.
• Glasser se beleid is ook om jong mense in die organisasie vir leierskapsposisies op
   te lei en te kweek.
• Sylvia Glasser is hoofaanvoerder en medewerker wat hierdie innoverende dans- en
   opleidingservarings gekweek en laat groei het.

Unieke dansstyl waarvoor Glasser geprys word:
• Die spesifieke Moving into Dance-Afrofusie-danstegniek en choreografiese styl is
   'n oorspronklike en spesifieke handelsmerk van Suid-Afrikaanse danserfenis, veral
   vir die jare 1978 tot 2005.
• Die unieke onderwysmetodiek van Edudans het ook 'n verreikende invloed op die
   lewens van skoolonderwysers en skoolkinders gehad om leer dinamies en aktief te
   maak.
• Die invloed van die opleiding by Moving into Dance word verder bewys deur die feit
   dat 'n toenemende aantal van die Dance Umbrella-toekennings sedert 1992 aan
   choreograwe en dansers wat deur Glasser opgelei is, gaan.
• Die geselskap mik vir 'n jaarlikse seisoen van ten minste vyf opvoerings met
   hoofsaaklik nuwe werke wat in 'n teatervenue opgevoer word. Bykomend is daar
   optredes by verskillende kunsfeeste, kunsgalerye en parke asook                           [20]
   demonstrasies/aanbiedings deur lektore.

                                          OF

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                        18                                  DBE/November 2017
                                            NSS – Nasienriglyne

VRAAG 11: ALFRED HINKEL SE BOLERO/LAST DANCE

Die antwoord moet in artikelvorm wees.
Moet NIE volpunte toeken as die hoëvlak-inhoud nie bespreek is nie.
Gebruik professionele oordeel om die gehalte van die kandidaat se antwoord
te assesseer.
Kandidate het dalk in een afdeling meer inligting as in 'n ander een gegee.
Evalueer die hele antwoord in die konteks van wat die kandidaat weet en ken
daarvolgens punte toe.
Kolpunte ('Bullets') word gebruik om nasien te vergemaklik.

LAE VLAK:               Beskryf – Kolpunt 1 = ongeveer 6 punte
MEDIUM VLAK:            Verduidelik – Kolpunt 2 en 3 = ongeveer 10 punte
HOË VLAK:               Evalueer – Kolpunt 4 = ongeveer 4 punte

NASIENRUBRIEK:
  HOË         •   Geskryf as 'n artikel.
  VLAK        •   Het uitstekende kennis van die choreograaf en dans werk.
              •   Beantwoord al die afdelings van die vraag in besonderhede.
  17–20       •   Het diepgaande kennis van die impak van sosiopolitieke invloede op die werk/hoe dit verander
                  het want sy persepsies het verander.
              •   Gee relevante/feitelike inligting, met spesifieke voorbeelde, van hoe die musiek en produksie-
                  elemente gebruik is om die danswerk te komplementeer.
              •   Brei uit oor die kenmerke van Hinkel se dansstyl
              •   Evalueer wat hierdie werk so innoverend vir daardie tyd gemaak het.
MEDIUM        •   Geskryf/Nie as 'n artikel geskryf (nie).
 VLAK         •   Het kennis van die choreograaf en dans werk.
              •   Beantwoord die meeste afdelings van die vraag.
  7–16        •   Het 'n bietjie kennis van die sosiopolitieke invloede op die werk.
              •   Gee 'n bietjie inligting, met voorbeelde, van hoe die musiek en produksie-elemente gebruik is
                  om die danswerk te komplementeer.
              •   Noem 'n paar kenmerke van Hinkel se dansstyl
              •   Noem 'n paar areas wat hierdie werk so innoverend vir daardie tyd gemaak het.
   LAE        •   Die kandidaat het minimale/geen kennis van die choreograaf en/of danswerk (nie).
  VLAK        •   Baie min afdelings van die vraag is beantwoord.
              •   Gee minimale/geen feitelike inligting (nie).
   0–6

MOONTLIKE ANTWOORDE:
Sosiopolitieke invloede op die danswerk:
• Dit was sy daaglikse ervaring van onderrig in die Kleurling-gemeenskappe (sonder
  behoorlik geriewe) wat die fondasie gelê het vir 'n ware oorspronklike en
  vindingryke benadering tot dansonderrig en choreografie.
• Die dans is oorspronklik in die 1970's in Windhoek op Hinkel se eerste
  dansgeselskap 'Dial-a-Dance' gechoreografeer en toe baie kere vir die Jazzart
  Dance Theatre verwerk.
• Die oorspronklike weergawe het gegaan oor om vooroordeel te bowe te kom en het
  spesifiek op die Ontugwet gefokus – bes moontlik die mees kontroversiële van al
  die Wette van die Suid-Afrikaanse apartheidsregering wat probeer het om paartjies
  van verskillende rasse te verbied om te meng.
• Dit was 'n tydperk van dreigende geweld waartydens die Suid-Afrikaanse regering
  'n nasionale noodtoestand afkondig het.

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                19                           DBE/November 2017
                                    NSS – Nasienriglyne

•   Die onstabiele, onstuimige stemming van die tydperk word in Hinkel se 1987-
    weergawe van Bolero weerspieël deur die byvoeging van rubberstewels.
•   Hinkel het gesê: 'Die dans met die rubberstewels kom van werkersklasmense af,
    meesal myners en hawewerkers. Die stewels verteenwoordig onderdrukking. Hulle
    was die kettings/boeie wat nie net dié wat direk onderdruk is, gebind het nie, maar
    ook dié wat deur onkunde gebind is.
•   Met elke weergawe is die choreografie deur die deelnemers beïnvloed, elkeen het
    hulle uniekheid vir die vertolking gebring.
•   Aanvanklik het die gedien om op politiek kommentaar te lewer, toe vir feesviering
    (dit is by Nelson Mandela se inhuldiging opgevoer) en ook as 'n aansporing vir
    samewerking tussen klassieke en kontemporêre dansgeselskappe as die gewer
    van hoop.
•   Enige ander geskikte antwoorde.
Musiek en produksie-elemente:
• Die musiekpartituur is vir 'n volledige orkes geskryf en het baie instrumente nodig.
  Soos wat elke instrument op die herhaalde melodie bygevoeg word, so word meer
  dansers bygevoeg.
• 'n Konserttrom hamer 'n ritme uit wat deur die hele stuk volgehou word. Dit werk
  baie goed met die gebruik van die rubberstewelritmes.
• Na die einde van die stuk word twee tromme saamgespeel soos wat dit die
  hoogtepunt bereik. Net so die dans met die hele rolverdeling wat saamdans.
• Soos wat die stuk eindig, is daar 'n verdonkering wat die effek van hierdie
  hoogtepunt bydra.
• Daar is geen dekorstelle/rekwisiete op die verhoog nie.
• Die beligting bly hoofsaaklik konstant in al die weergawes.
• Die kostuums het met elke weergawe verander.
• Rubberstewels word altyd ingesluit.
• Enige ander geskikte antwoorde.
Dansstyl
• Hinkel skep nie altyd werke wat vermaak nie en die inhoud kan dikwels ontstellend
  wees.
• Hinkel werk hoofsaaklik met onopgeleide dansers en ontwikkel hulle talent deur
  sy eie opleidingsmetodes wat ontwikkel is deur in minderbevoorregte gebiede
  te werk.
• Hy het meesal sy eie manier van werk uitgedink met gebruik van
  liggaamsintelligensie en sy uitstekende oog om beweging te ontwikkel.
• Sy idees oor kostuums is gaan nie oor skoonheid nie, maar oor funksionaliteit en
  relevansie.
• Hinkel het 'n artistiese vermoë om sy verhoë op manjifieke wyse te belig.
• Hy kombineer ook 'n mengsel van style – kontemporêr, uit Afrika, Indies en
  klassieke elemente van dans.
• Hinkel is grootliks deur Afrika-dans, die loslatingstegniek en kontakimprovisasie
  beïnvloed wat sy manier van choreografeer hervorm het.
• Hy het sy eie styl van opleiding ontwikkel en ontwikkel 'n metode wat hy oor die
  volgende 30 jaar gebruik om sy dansers op te lei. Sy metode is hoofsaaklik die
  loslatingstegniek.
• Die choreograaf het die sosiopolitieke invloede om hom as inspirasie vir sy werke
  gebruik.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                20                          DBE/November 2017
                                    NSS – Nasienriglyne

Innoverendheid
• Alhoewel dit dalk nie volgens vandag se standaarde innoverend is nie, was Bolero
   'n nuwigheid in daardie tyd. Hinkel se werk het elemente wat selde (of nooit)
   voorheen op die verhoog gesien is nie, op die voorgrond gebring.
• Afrika-dans is as uitvoerende kuns opgevoer
   Afrika-dans is voorheen as 'n vreemde/rare toeriste-aantreklikheid beskou.
   Die opvoer van vroeëre weergawes van Bolero was noodsaaklik om 'n erkende
   plek vir kontemporêre Afrika-dans in die wêreld van Suid-Afrikaanse opvoerende
   kunste te kry.
• Afrika-dans is op klassieke musiek getoonset
• Rubberstewels is deur vroue, in besonder, wit vroue, gedra.
   'n Mens moet besef dat rubbersteweldans kom van die 'werkersklasmense af,
   meesal myners en hawewerkers', en dat dit nie iets is wat deur vroue gedans is nie,
   wat nog te sê wit vroue.
   Dus toe die vroulike dansgroep van Bolero, trots die verhoog opgemarsjeer het, het
   hulle 'n kulturele en samelewingsdrumpel oorgesteek.
• Rubberstewels is op 'n avant-garde-wyse gebruik
   Tradisioneel is dit met 'n geboë rug opgevoer, maar Hinkel het getoon hoe 'n
   gevestigde tegniek vir kreatiewe doeleindes gemanipuleer kan word toe sy dansers
   hulle eie, regop weergawe van rubbersteweldans opgevoer het.
• Die kontakwerk wat in Bolero op die voorgrond gebring is, was baie
   innoverend vir daardie tyd
   Die tradisionele rolle van mans en vroue is verontagsaam.
   In Bolero lig mans mans op, lig vroue vroue op, lig vroue mans op, ensovoorts.
   Die tradisionele rolle van mans en vroue is omgekeer toe Hinkel se stuk
   ondermynend voorgestel het dat vroue geregtig en in staat was om aksie/optrede te
   inisieer en leierskap te aanvaar en dat mans swak en weerloos kan voel.
• Bolero het kragtige politieke stellings verkondig
   In die vroeëre weergawes van Bolero, was Hinkel se bedoeling om dinge oor
   politiek, misbruik, seksualiteit, ens. te sê wat nie bedoel was om gesê te word nie
   (dit het amper een van Jazzart se beleide geword)                                          [20]

                                           OF

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                        21                                 DBE/November 2017
                                            NSS – Nasienriglyne

VRAAG 12: SUID AFRIKAANSE CHOREOGRAAF EN DANSWERK

Die antwoord moet in die vorm van 'n motivering wees.
Moet NIE volpunte toeken as die hoëvlak-inhoud nie bespreek is nie.
Gebruik professionele oordeel om die gehalte van die kandidaat se antwoord
te assesseer.
Moet NIE volpunte toeken as dit NIE as 'n motivering geskryf is NIE, trek 1 punt
af.
Kandidate het dalk in een afdeling meer inligting as in 'n ander een gegee.
Evalueer die hele antwoord in die konteks van wat die kandidaat weet en ken
daarvolgens punte toe.
Indien 'n kandidaat oor Tranceformations of Bolero in hierdie vraag geantwoord
het, aanvaar dit.
Kolpunte ('Bullets') word gebruik om nasien te vergemaklik.

LAE VLAK:               Kommentaar lewer en beskryf – Kolpunt 2 en 3 = ongeveer
                        6 punte
MEDIUM VLAK:            Verduidelik – Kolpunt 4 en 5 = ongeveer 10 punte
HOË VLAK:               Aanbeveel – Kolpunt 6 = ongeveer 4 punte

NASIENRUBRIEK:
  HOË         •   Geskryf as 'n motivering.
  VLAK        •   Het uitstekende kennis van die choreograaf en danswerk.
              •   Gee 'n uitstekende beskrywing van die choreograaf se reputasie/erkenning en bydrae tot dans
  17–20           in die samelewing.
              •   Gee 'n inspirerende beskrywing van die tema/bedoeling van die danswerk.
              •   Verduidelik, in besonderhede, die produksie-elemente wat gebruik sal word en hoe dit hierdie
                  danswerk interessant sal maak.
              •   Gee 'n diepgaande verduideliking van die musiek en hoe dit betekenis by die werk sal voeg.
              •   Gee relevante/feitelike inligting waarom hierdie choreograaf se werk by die dansfees ingesluit
                  moet word
              •   Beantwoord al die afdelings in die vraag in besonderhede.
MEDIUM        •   Het kennis van die choreograaf en danswerk.
 VLAK         •   Beskryf die choreograaf se reputasie/erkenning en bydrae tot dans in die samelewing.
              •   Beskryf die tema/bedoeling van die danswerk.
  7–16        •   Bespreek slegs die produksie-elemente wat gebruik is.
              •   Verduidelik slegs die musiek.
              •   Beantwoord die meeste afdelings in die vraag in besonderhede.
   LAE        •   Nie in korrekte formaat geskryf nie.
  VLAK        •   Het minimale/geen kennis van die choreograaf en/of danswerk nie.
              •   Beantwoord baie min afdelings van die vraag.
   0–6        •   Gee minimale/geen feitelike inligting nie.

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                              22                      DBE/November 2017
                                  NSS – Nasienriglyne

MOONTLIKE ANTWOORDE KAN DIE VOLGENDE INSLUIT:
• Naam van choreograaf en danswerk – noodsaaaklik.

•   Bekendstelling aan die choreograaf met kommentaar op:
    o Sy/Haar reputasie as 'n danser/choreograaf/innoveerder, ens.
    o Bydrae tot dans in die samelewing, erkenning en toekennings
    o Wat die choreograaf gedoen het om dans nasionaal en internasionaal te
      verbeter

•   Beskrywing van die tema/bedoeling van die werk en die inspirasie agter die
    werk.

•   Produksie-elemente vir die werk:
•   Produksie-elemente gebruik, bv.
    o Beligting: kleure gebruik – atmosfeer/effek
    o Rekwisiete/Dekorstelle: verduidelik waarom dit gebruik is.
    o Spesiale effekte: projeksies/beelde/klank/stem, ens. en hoe dit tot die
       tema/bedoeling/betekenis.
    o Kostuums: styl/kleur/ontwerp en hoe dit idees uitgedruk het.
    o Simboliek of die produksie-elemente

•   Inligting wat verduidelik hoe die musiek betekenis aan die danswerk gee.
    Dit kan insluit:
    o Genre/Musiekstyl
    o Instrumentasie – hoe dit beweging beïnvloed
    o Tempo/Dinamiek, ens.
    o Gebruik vokale/ander
    o Hoe dit tot die algemene sukses van die werk bygedra het, met voorbeelde

•   Gedetailleerde motivering wat aanbeveel waarom die choreograaf se werk by
    die fees ingesluit moet word.
    o Gebruik van dansgenres – styl/meng/fusie van style
    o Gebruik van danselemente: ruimte/tyd/krag
    o Choreografiese elemente: groeperings/patrone/gebruik van die verhoog/
       dansers
    o Motief/Gebare/Enigiets anders wat help om emosie uit te druk
    o Simboliek indien enige – maak betekenis deur bewegings, boodskap
    o Gebruik van dansers

•   Enige ander geskikte areas.
                                                                                       [20]

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Dance Studies Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2017-memo-eng/9210788b-d064-4763-8474-cdc0b7430dc5) — Dance Studies · Memo · 2017 · Eng
- [Dance Studies Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2017-eng/15c170d8-36d4-4c07-bbf2-e14f16b2064a) — Dance Studies · QP · 2017 · Eng
- [Dance Studies Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2017-afr/36137bdc-3dd1-4cb4-a2ab-0b55ddb27c65) — Dance Studies · QP · 2017 · Afr
- [DANCE STUDIES GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr12-memo-sept2017-afrikaans/c8888bfe-c691-46fd-8211-2a588b539cfd) — Dance Studies · Memo · 2017 · Afr
- [DANCE STUDIES GR12 MEMO SEPT2017 English](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr12-memo-sept2017-english/a3f26f15-f551-42c8-9d41-c79c964ceaa5) — Dance Studies · Memo · 2017 · Eng
- [Dance Studies Feb March 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-feb-march-2017-memo-afr/a03a4c2d-a830-47d3-8e28-2293d601d4cc) — Dance Studies · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Dance Studies

- [Gr 12 Dan Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dan-stu-atp-2023-24/34f45b16-cd25-4879-9db2-5005d316d38b) — ATP
- [Dance Studies May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-may-june-2025-eng/9d7a5f87-c4e5-4622-a6a7-d2ccac565714) — QP · 2025 · Eng
- [Dance Studies Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2025-nsc-november-exam-question-paper/c150552f-ecf9-4c18-9412-3a97c1b79358) — QP · 2025 · Eng
- [Dance Studies Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2025-nsc-november-exam-question-paper/750eccb6-695f-44c1-ab84-87cf2c25e9cb) — QP · 2025 · Afr
- [Dance Studies Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2024-eng/3f71ca72-941a-4937-aa1f-2c5000350a76) — QP · 2024 · Eng
- [Dance Studies Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2024-afr/f5975c7a-d2e8-4ce4-9f41-cfd851dce504) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
