# Dance Studies Grade 12 NSC November 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Dance Studies question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2018-afr/f624d9ad-0403-4e4c-bbd7-616342c7758f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dance Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dance Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dance-studies) › [Dance Studies Grade 12 NSC November 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2018-afr/f624d9ad-0403-4e4c-bbd7-616342c7758f)

## About this document

Dance Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                   DANSSTUDIES

                                 NOVEMBER 2018

PUNTE: 100

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                2                            DBE/November 2018
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings met 11 vrae in totaal.
         Beantwoord slegs SEWE vrae soos volg:

         AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG (40 punte)
                     • Beantwoord DRIE van die vier vrae in hierdie afdeling.
                     • Jy het 'n keuse tussen VRAAG 4 en VRAAG 5. Indien jy
                        albei vrae beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord
                        nagesien word.

         AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID (60 punte)
                     • Beantwoord VIER van die ses vrae in hierdie afdeling.
                     • Jy het 'n keuse tussen VRAAG 8, VRAAG 9 en VRAAG 10.
                       Indien jy al drie vrae beantwoord, sal slegs die EERSTE
                       antwoord nagesien word.

2.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

3.       Lees elke vraag aandagtig deur en let op na wat vereis word.

4.       Eenwoord-antwoorde sal NIE aanvaar word indien jy gevra word om te
         verduidelik/breedvoerig te skryf/beskryf/ontleed/evalueer/vergelyk, ens. NIE.
         Skryf jou antwoorde in volsinne.

5.       Jy kan rofwerkbeplanning in die ANTWOORDEBOEK doen. Trek 'n streep deur
         enige werk wat NIE nagesien moet word NIE.

6.       Jy sal geassesseer word op jou vermoë om:
         • Slegs in een taal te skryf
         • Inligting te organiseer en duidelik oor te dra
         • Die spesifieke formaat te gebruik wat in sekere vrae vereis word
         • Spesialis-dansterminologie te gebruik, waar nodig

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                 3                        DBE/November 2018
                                           NSS

AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG

VRAAG 1: FIKSHEIDSKOMPONENTE (VERPLIGTEND)

1.1      Gee 'n definisie vir ELK van die VYF fiksheidskomponente hieronder.

         •    Kernstabiliteit
         •    Soepelheid
         •    Krag
         •    Uithouvermoë/Stamina
         •    Neuromuskulêre vaardighede                                                     (5)

1.2      Analiseer hoe onvoldoende kernstabiliteit 'n danser se optrede/danswerk kan
         beïnvloed.                                                                          (5)

1.3      Hoe kan jy, na jou mening, hoë fiksheidsvlakke in jou dansklasse ontwikkel?
         Gee gedetailleerde voorbeelde om jou antwoord te staaf.                             (5)
                                                                                             [15]

VRAAG 2: OORSAKE VAN BESERINGS (VERPLIGTEND)

Verduidelik hoe swak danstegniek tot beserings in die dansklas kan lei. Gee
voorbeelde om jou antwoord te staaf.                                                         [7]

VRAAG 3: VOEDING EN HIDRASIE (VERPLIGTEND)

3.1      Verduidelik hoe goeie voeding 'n danser se tegniese vermoë en danswerk
         kan verbeter. Gee voorbeelde om jou antwoord te staaf.                              (4)

3.2      Verduidelik waarom dansers gedurende klasse en opvoerings gehidreer
         moet bly.                                                                           (4)
                                                                                             [8]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                     4                         DBE/November 2018
                                               NSS

LET WEL:      Jy het 'n keuse tussen VRAAG 4 en VRAAG 5.
              Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.
VRAAG 4: SPIERE EN ANATOMIESE AKSIES (KEUSEVRAAG)
LET WEL:      Beantwoord hierdie keusevraag slegs indien jy spiere en anatomiese
              aksies in die klas bestudeer het.
4.1      Kies 'n aksie uit KOLOM B wat by 'n spier in KOLOM A pas. Skryf slegs
         die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.4) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                     KOLOM A                                 KOLOM B
         4.1.1       Gracilis              A     betrokke by laterale fleksie van die romp
         4.1.2       Trapesius             B     betrokke by adduksie van die
                                                 heupgewrig
         4.1.3       Gluteus maximus
                                           C     betrokke by stabilisasie van die skapula
         4.1.4       Eksterne oblique
                                           D    betrokke by ekstensie van die
                                                heupgewrig
                                                                                    (4 x 1)       (4)
4.2      Verwys na die visuele beeld hieronder en beantwoord die daaropvolgende
         vrae met betrekking tot die anatomiese aksies wat in hierdie beweging
         plaasvind.

                                            [Bron: www.pinterest.com]

         4.2.1       Watter spier is verantwoordelik vir die anatomiese aksie wat in die
                     elmbooggewrig plaasvind?                                                     (1)

         4.2.2       Watter spier is verantwoordelik vir die anatomiese aksie wat in die
                     kop plaasvind?                                                               (1)

         4.2.3       Noem EEN aksie wat in die heupgewrig plaasvind en EEN spier wat
                     vir die aksie verantwoordelik is.                                            (2)
         4.2.4       Noem EEN spier verantwoordelik vir die anatomiese aksie wat in die
                     kniegewrig plaasvind.                                                        (1)
         4.2.5       Noem EEN spier verantwoordelik vir die anatomiese aksie wat in die
                     enkelgewrig plaasvind.                                                       (1)
                                                                                                  [10]
                                               OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                   5                         DBE/November 2018
                                             NSS

VRAAG 5: VEILIGE DANSPRAKTYK EN BEWEGINGSKWALITEIT (KEUSEVRAAG)

5.1      Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of
         'onwaar' langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.4) in die ANTWOORDEBOEK
         neer.

         5.1.1       'n Goeie afkoelproses voorkom dat bloed in die ledemate opdam.              (1)

         5.1.2       'n Dinamiese opwarming behels ononderbroke beweging.                        (1)

         5.1.3       Melksuur word tydens die afkoelproses uit die spiere verwyder om
                     krampe te voorkom.                                                          (1)

         5.1.4       Die hartklop versnel gedurende die afkoelproses.                            (1)

5.2      Kennis van bewegingskwaliteite dra tot 'n hoë opvoeringsvlak by.

         Verduidelik die volgende bewegingskwaliteite:

         5.2.1       Musikaliteit                                                                (1)

         5.2.2       Oorgange                                                                    (1)

         5.2.3       Dinamiek                                                                    (1)

         5.2.4       Projeksie                                                                   (1)

         5.2.5       Vlotheid                                                                    (1)

         5.2.6       Toewyding                                                                   (1)
                                                                                                 [10]

                                                                TOTAAL AFDELING A:               40

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                 6                              DBE/November 2018
                                           NSS

AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID

VRAAG 6: TEGNIEK VAN HOOFDANSVORM (VERPLIGTEND)

6.1      Noem jou hoofdansvorm.

6.2      Identifiseer VYF tegnieke van jou hoofdansvorm.                                          (5)

6.3      Beskryf in breë trekke ELK van die tegnieke in VRAAG 6.2 genoem.                         (5)
                                                                                                  [10]

VRAAG 7: DANSELEMENTE EN CHOREOGRAFIE (VERPLIGTEND)

7.1      7.1.1       Analiseer hoe die danselemente RUIMTE en KRAG in die visuele
                     beeld hieronder gebruik word.                                                (4)

         7.1.2       Evalueer hoe die danselement TYD in die visuele beeld hieronder
                     gebruik word.                                                                (2)

                                            [Bron: http://www.danceconsortium.com]

7.2      Hoe het die choreografie praktiese assesseringstaak (PAT 1) jou as persoon
         en as danser ontwikkel?                                                                  (4)
                                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                 7                             DBE/November 2018
                                           NSS

LET WEL:      Jy het 'n keuse tussen VRAAG 8, VRAAG 9 en VRAAG 10.
              Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.

VRAAG 8: ALVIN AILEY EN REVELATIONS (KEUSEVRAAG)

Verbeel jou dat jy Alvin Ailey is en dat daar 'n onderhoud met jou gevoer word.
Beantwoord die volgende vrae. Punte sal vir die korrekte formaat vir 'n onderhoud
toegeken word.

Korrekte formaat vir 'n onderhoud.                                                                (2)

8.1      Beskryf jou kinderdae.                                                                   (2)

8.2      Verduidelik hoe jou opvoeding gehelp het om sommige van jou danswerke te
         inspireer.                                                                               (3)

8.3      Beskryf in breë trekke jou bydrae tot dans en die samelewing.                            (3)

8.4      Beskryf hoe jy produksie-elemente in die temas van 'Pilgrims of Sorrow' en
         'Move Members Move' gebruik het, soos in die visuele beelde hieronder
         getoon word.

                                                                [Foto's deur Gert Krautbauer]     (6)

8.5      Verduidelik hoe die musiek Revelations versterk het.                                     (5)

8.6      Verduidelik hoe jy diep emosies in jou bewegingswoordeskat in 'Pilgrims of
         Sorrow' en 'Move Members Move' getoon het.                                               (6)

8.7      Wat, na jou mening, maak Revelations so 'n tydlose stuk?                                 (3)
                                                                                                  [30]

                                           OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                 8                            DBE/November 2018
                                           NSS

VRAAG 9: GREGORY MAQOMA EN FOUR SEASONS (KEUSEVRAAG)

Verbeel jou dat jy Gregory Maqoma is en dat daar 'n onderhoud met jou gevoer word.
Beantwoord die volgende vrae. Punte sal vir die korrekte formaat vir 'n onderhoud
toegeken word.

Korrekte formaat vir 'n onderhoud.                                                              (2)

9.1      Beskryf hoe jou belangstelling in dans begin het.                                      (2)

9.2      Beskryf jou professionele loopbaan as 'n danser/choreograaf.                           (3)

9.3      Beskryf in breë trekke jou bydrae tot dans en die samelewing.                          (3)

9.4      Beskryf hoe jy produksie-elemente gebruik het om die verskillende temas in
         'Herfs' en 'Lente' te toon, soos in die visuele beelde hieronder aangedui.

                                                                  [Foto's deur John Hogg]       (6)

9.5      Verduidelik hoe die musiek Four Seasons versterk het.                                  (5)

9.6      Verduidelik die bewegingswoordeskat wat jy in hierdie danswerk gebruik het.            (6)

9.7      Wat, na jou mening, maak Four Seasons so 'n relevante danswerk in vandag
         se samelewing?                                                                         (3)
                                                                                                [30]

                                           OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                 9                            DBE/November 2018
                                           NSS

VRAAG 10: CHOREOGRAAF EN DANSWERK (KEUSEVRAAG)

Kies EEN van die choreograwe en EEN van sy/haar danswerke uit die voorgeskrewe
lys hieronder. Punte sal vir die korrekte formaat vir 'n onderhoud toegeken word.

  INTERNASIONALE CHOREOGRAWE                                  DANSWERKE
          Christopher Bruce                                   Ghost Dances
          George Balanchine                   Apollo/Jewels (Emeralds, Rubies, Diamonds)
               Jiři Kylián                          Wings of Wax/Stamping Ground
           Martha Graham                           Lamentation/Errand into the Maze
           Matthew Bourne                                 Swan Lake/Cinderella
                Mats Ek                                Giselle/Swan Lake/Carmen
             Pina Bausch                                   The Rite of Spring
           Rudi van Dantzig                                  Four Last Songs
           William Forsythe                        In the Middle, Somewhat Elevated
  SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE                                 DANSWERKE
            Alfred Hinkel                     Cargo/I am Cinnamon/Rain in a Dead Man's
                                                     Footprints/Last Dance (Bolero)
               Carolyn Holden                           Blood Wedding/Imagenes
                Dada Masilo                           Swan Lake/Romeo and Juliet
                Gary Gordon                                   Bessie's Head
                Mavis Becker                               Flamenco de Africa
               Sylvia Glasser                               Tranceformations
              Gregory Maqoma                          BeautyTriology/Skeleton Dry
              Veronica Paeper                     Orpheus in the Underworld/Carmen
              Vincent Mantsoe                                  Gula Matari

Gee die naam van die choreograaf en die titel van die danswerk wat jy gekies het.

Beantwoord die vrae asof jy die choreograaf is met wie die onderhoud gevoer word.

Korrekte formaat vir 'n onderhoud.                                                              (2)

10.1     Beskryf jou dansopleiding en jou professionele loopbaan as 'n danser/
         choreograaf.                                                                           (5)

10.2     Beskryf in breë trekke jou bydrae tot dans en die samelewing.                          (3)

10.3     Beskryf hoe die gebruik van produksie-elemente die doel/tema van hierdie
         danswerk versterk het.                                                                 (6)

10.4     Verduidelik hoe die musiek die danswerk versterk het.                                  (5)

10.5     Verduidelik hoe simboliek in die bewegingswoordeskat van hierdie danswerk
         gebruik is.                                                                            (6)

10.6     Waarom sou jy aanbeveel dat mense hierdie danswerk kyk?                                (3)
                                                                                                [30]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                10                         DBE/November 2018
                                          NSS

VRAAG 11: DANSWERK (VERPLIGTEND)

LET WEL: MOENIE oor dieselfde choreograaf en danswerk skryf wat jy vir
         VRAAG 8, VRAAG 9 of VRAAG 10 gekies het nie.

Kies EEN van die danswerke uit die voorgeskrewe lys hieronder.

  INTERNASIONALE CHOREOGRAWE                                  DANSWERKE
         Christopher Bruce                                    Ghost Dances
             Alvin Ailey                                       Revelations
         George Balanchine                    Apollo/Jewels (Emeralds, Rubies, Diamonds)
              Jiři Kylián                           Wings of Wax/Stamping Ground
          Martha Graham                            Lamentation/Errand into the Maze
          Matthew Bourne                                  Swan Lake/Cinderella
               Mats Ek                                 Giselle/Swan Lake/Carmen
            Pina Bausch                                    The Rite of Spring
          Rudi van Dantzig                                   Four Last Songs
          William Forsythe                         In the Middle, Somewhat Elevated
  SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE                               DANSWERKE
            Alfred Hinkel                     Cargo/I am Cinnamon/Rain in a Dead Man's
                                                    Footprints//Last Dance (Bolero)
               Carolyn Holden                          Blood Wedding/Imagenes
                Dada Masilo                          Swan Lake/Romeo and Juliet
                Gary Gordon                                  Bessie's Head
                Mavis Becker                              Flamenco de Africa
              Gregory Maqoma                   Four Seasons/BeautyTrilogy/Skeleton Dry
               Sylvia Glasser                              Tranceformations
              Veronica Paeper                     Orpheus in the Underworld/Carmen
              Vincent Mantsoe                                 Gula Matari

Gee die naam van die choreograaf en die titel van die danswerk wat jy gekies het.

Evalueer hoe die doel/tema van die gekose danswerk simbolies deur die gebruik van
produksie-elemente en bewegings uitgebeeld word. Staaf jou antwoord met
voorbeelde uit die danswerk.                                                              [10]

                                                              TOTAAL AFDELING B:          60
                                                                  GROOTTOTAAL:            100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Dance Studies Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2018-eng/643f48ef-9fef-40f9-a8fa-20bc4364d5f6) — Dance Studies · QP · 2018 · Eng
- [Dance Studies Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2018-final-memo-afr/9dd84b2f-4ee0-4168-af87-3835da6fd72d) — Dance Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Dance Studies Nov 2018 FINAL Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2018-final-memo-eng/43b9b664-a660-4ad3-9bda-1cc0e72910ee) — Dance Studies · Memo · 2018 · Eng
- [DANCE STUDIES QP GR12 SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-qp-gr12-sept-2018-afrikaans/37cfc9c3-2b05-4d9b-b0d3-d775353a4d2b) — Dance Studies · QP · 2018 · Afr
- [DANCE STUDIES QP GR12 SEPT 2018 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-qp-gr12-sept-2018-afrikaans-d/e5b53a23-b281-4261-83a1-8ec9056a9ba3) — Dance Studies · QP · 2018 · Afr
- [DANCE STUDIES QP GR12 SEPT 2018 English D](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-qp-gr12-sept-2018-english-d/4416ed56-64b4-42a9-b377-7548984a143c) — Dance Studies · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Dance Studies

- [Gr 12 Dan Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dan-stu-atp-2023-24/34f45b16-cd25-4879-9db2-5005d316d38b) — ATP
- [Dance Studies May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-may-june-2025-mg-eng/96538d66-a66a-48a4-930d-62c129d1d9f0) — Memo · 2025 · Eng
- [Dance Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/7d49cd96-a950-4b35-aeed-714d223b568a) — Memo · 2025 · Afr
- [Dance Studies Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/6b5a22ef-70fa-43b6-a545-06b7b69ddda2) — Memo · 2025 · Eng
- [Dance Studies May-June 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/58c0edb4-e720-4bdd-8619-b5f6c751d9b8) — Memo · 2024 · Afr
- [Dance Studies May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2024-nsc-june-exam-memorandum-english/a34028a3-b812-45fd-aaf0-6f61f26f53d2) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
