# Dance Studies Grade 12 NSC November 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Dance Studies question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2019-afr/f0e3943e-e808-455d-91b7-bedc39c959a7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dance Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dance Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dance-studies) › [Dance Studies Grade 12 NSC November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2019-afr/f0e3943e-e808-455d-91b7-bedc39c959a7)

## About this document

Dance Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                   DANSSTUDIES

                                 NOVEMBER 2019

PUNTE: 100

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                2                            DBE/November 2019
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings met TWAALF vrae in totaal.
         Beantwoord slegs NEGE vrae soos volg:

         AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG (40 punte)
            Beantwoord DRIE van die VYF vrae in hierdie afdeling.
            Jy het 'n keuse tussen VRAAG 2 en VRAAG 3.
            Jy het 'n keuse tussen VRAAG 4 en VRAAG 5. Indien jy albei vrae
             beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord nagesien word.

         AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID (60 punte)
            Beantwoord SES van die SEWE vrae in hierdie afdeling.
            Jy het 'n keuse tussen VRAAG 8 en VRAAG 9. Indien jy al twee vrae
             beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord nagesien word.

2.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

3.       Lees elke vraag aandagtig deur en let op na wat vereis word.

4.       Eenwoord-antwoorde sal NIE aanvaar word indien jy gevra word om te
         verduidelik/breedvoerig te skryf/beskryf/ontleed/evalueer/vergelyk, ens. NIE.
         Skryf jou antwoorde in volsinne. Jy verdien EEN punt per feit.

5.       Jy kan rofwerkbeplanning in die ANTWOORDEBOEK doen. Trek 'n streep deur
         enige werk wat NIE nagesien moet word NIE.

6.       Jy sal geassesseer word op jou vermoë om:
          Slegs in een taal te skryf
          Inligting te organiseer en duidelik oor te dra
          Die spesifieke formaat te gebruik wat in sekere vrae vereis word
          Spesialis-dansterminologie te gebruik, waar nodig

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                  3                          DBE/November 2019
                                            NSS

AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG

VRAAG 1: DANSBESERINGS (VERPLIGTEND)

Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Jou vriend, Jabu, het gedurende die dansklas oor pyn en swelling in sy enkelgewrig
gekla. Hy sukkel na klas om sy enkelgewrig te beweeg of om gewig op sy voet te
plaas.

1.1      Dui aan wat met Jabu se enkelgewrig verkeerd kan wees.                                 (1)

1.2      Beskryf DRIE moontlike oorsake van Jabu se besering.                                   (3)

1.3      Verduidelik VIER moontlike behandelings vir Jabu se enkelgewrigbesering.               (4)

1.4      Beskryf DRIE oefeninge wat Jabu kan doen om sy algehele fiksheid te behou
         terwyl sy besering besig is om te herstel.                                             (3)

1.5      Bespreek VIER uitdagings wat Jabu kan ervaar wanneer hy, nadat hy van sy
         besering herstel het, na die dansklas terugkeer.                                       (4)
                                                                                                [15]

LET WEL:      Jy het 'n keuse tussen VRAAG 2 en VRAAG 3.
              Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.

VRAAG 2: DANSTEGNIEK (KEUSEVRAAG)

2.1      Verduidelik die korrekte postuur en belyning van die liggaam en die bene
         wanneer daar na 'n sprong geland word om veilige danspraktyk te verseker.              (6)

2.2      Reflekteer/Besin oor hoe jy hierdie jaar jou danstegniek verbeter het.                 (4)
                                                                                                [10]

                                            OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                     4                             DBE/November 2019
                                               NSS

VRAAG 3: SPIERE EN ANATOMIESE AKSIES (KEUSEVRAAG)

Beantwoord hierdie vraag slegs indien jy spiere en anatomiese spieraksies
bestudeer het.

3.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         Beantwoord enige DRIE van die VYF meervoudigekeuse-vrae.

         Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (3.1.1–3.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 3.1.6 A.

         3.1.1        Die agterdyspiergroep is vir die ... verantwoordelik.

                      A   strekking van die kniegewrig
                      B   fleksie van die kniegewrig
                      C   uitwaartse rotasie van die heup
                      D   fleksie van die heupgewrig

         3.1.2        Teenoor watter ander spier werk die gastrocnemius as antagonis?

                      A   Agterdyspier
                      B   Tibialis anterior
                      C   Biceps brachii
                      D   Soleus

         3.1.3        Die ... tree tydens laterale fleksie as 'n stabiliserende spier op.

                      A   transversus abdominis
                      B   deltoid
                      C   pectoralis major
                      D   Geeneen van die bogenoemde nie

         3.1.4        Waar kry die sternocleidomastoid sy naam vandaan?

                      A   Dit is vernoem na die funksies wat dit verrig.
                      B   Dit is 'n spiergroep wat drie spiere bevat.
                      C   Dit verwys na die punte van aanhegting.
                      D   Geeneen van die bogenoemde nie

         3.1.5        Die volgende spiere werk saam tydens die strekking van die
                      werwelkolom:

                      A   Erector spinae, multifidi en quadratus lumborum
                      B   Trapezius en pectoralis major
                      C   Gracilis en pectineus
                      D   Rectus abdominis en eksterne obliques
                                                                                       (3 x 1)       (3)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                  5                           DBE/November 2019
                                            NSS

3.2      Noem die spier wat verantwoordelik is vir die adduksie van die heupgewrig en
         die fleksie van die kniegewrig.                                                         (1)

3.3      Identifiseer die anatomiese aksie waarvoor die extensor digitorum longus en
         die extensor hallucis longus verantwoordelik is.                                        (1)

3.4      Identifiseer die spier wat vir die interne rotasie van die heupgewrig
         verantwoordelik is.                                                                     (1)

3.5      Kies enige TWEE van die spiere in die lys hieronder.

                      deltoid;      latissimus dorsi;       pectoralis major;
                       trapezius;        serratus anterior;      rhomboid

         Noem die TWEE spiere wat jy gekies het en bespreek in breë trekke
         (volledig) hoe hierdie spiere in dans gebruik word.        (2 x 2)                      (4)
                                                                                                 [10]

LET WEL:      Jy het 'n keuse tussen VRAAG 4 en VRAAG 5.
              Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.

VRAAG 4: FIKSHEIDSKOMPONENTE (KEUSEVRAAG)

4.1      Kies 'n term uit KOLOM A wat by 'n beskrywing in KOLOM B pas. Skryf slegs
         die letter (A–E) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                    KOLOM A                                  KOLOM B
          4.1.1 Kinestetiese bewustheid       A     die vermoë om vinnig en effektief
                                                    te beweeg
          4.1.2 Ratsheid
                                              B     'n innerlike bewustheid van hoe jou
          4.1.3 Ruimtelike bewustheid               liggaam beweeg

          4.1.4 Ritme                         C     die vermoë om op veranderende
                                                    omstandighede te reageer/
          4.1.5 Reaktiwiteit                        toepaslike reaksie (emosie)

                                              D     bewustheid van die ruimte wat deur
                                                    jou en ander se liggame gebruik
                                                    word

                                              E     in staat om beweging by musiek te
                                                    laat pas
                                                                                (5 x 1)          (5)

4.2      Verduidelik hoe goed ontwikkelde kardiovaskulêre uithouvermoë 'n danser se
         prestasievermoë kan verbeter.                                                           (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                       6                              DBE/November 2019
                                                 NSS

4.3      Ontleed die foto hieronder en verduidelik hoe die posisie deur die danser
         gehou word.

                     [Bron: http://www.mocp.org/detail.php?type=related&kv=5736&t=objects]               (5)
                                                                                                         [15]

                                                 OF

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                  7                           DBE/November 2019
                                            NSS

VRAAG 5: POSITIEWE LIGGAAMSBEELD (KEUSEVRAAG)

Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae.

              BEVORDER GESONDE LIGGAAMSBEELD IN DIE ATELJEE

Dansers het dae wanneer hulle lomp of ongemaklik in hulle liggame voel. Daardie dae
wat af en toe plaasvind doen gewoonlik geen skade aan die persoon se
liggaamsbeeld nie, want liggaamsbeeld word ontwikkel deur volgehoue erkenning en
respek vir jou natuurlike vorm. Jy leer ook om negatiewe gedagtes en gevoelens met
positiewe aanvaarbare gedagtes te oorheers. Dit is ingewikkeld vir dansers om 'n
positiewe liggaamsbeeld te ontwikkel en te handhaaf. Die een dag hou hulle baie van
hoe hulle lyk; die volgende dag is hulle wanhopig omdat hulle te kort/lank/maer/lomp
of ongemaklik is. Hulle vergelyk hulleself met ander.

                                                            [Bron: www.jackrabbitdance.com]

5.1      Verwys na die artikel hierbo en beskryf hoe 'n swak selfbeeld jou as 'n
         dansleerder kan beïnvloed.                                                                (5)

5.2      Ontwerp 'n A4-grootte pamflet oor 'Positiewe Liggaamsbeeld' wat jy by 'n
         dansfees wil uitdeel. Doen dit in jou ANTWOORDEBOEK.

         LET WEL: Jy hoef nie verskillende kleure in jou ontwerp te gebruik nie.

         Punte sal vir kreatiwiteit en 'n innoverende uitleg toegeken word.                        (10)
                                                                                                   [15]

                                                                TOTAAL AFDELING A:                 40

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                 8                          DBE/November 2019
                                           NSS

AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID

VRAAG 6: MUSIEK (VERPLIGTEND)

Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die antwoord en skryf
'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers (6.1 tot 6.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer. Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is.

6.1      Sinkopasie verwys na wanneer verskillende note gelyktydig gehoor word.                (1)

6.2      Melodie is die rangskikking van toonhoogtes/klanke om 'n herkenbare
         deuntjie te vorm.                                                                     (1)

6.3      Toonhoogte is hoe hoog of laag die note is in verhouding tot ander note.              (1)

6.4      Harmonie is wanneer twee of meer ritmes gelyktydig plaasvind.                         (1)

6.5      Dinamiek verwys na hoe hard of sag, vinnig of stadig 'n noot of seksie van die
         musiek gespeel word.                                                                  (1)
                                                                                               [5]

VRAAG 7: CHOREOGRAFIESE STRUKTURE (VERPLIGTEND)

Definieer die volgende choreografiese strukture/elemente:

7.1      Kanon                                                                                 (1)

7.2      Tema                                                                                  (1)

7.3      Motief                                                                                (1)

7.4      Klimaks                                                                               (1)

7.5      Unison-beweging                                                                       (1)
                                                                                               [5]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                   9                        DBE/November 2019
                                             NSS

LET WEL:      Jy het 'n keuse tussen VRAAG 8 en VRAAG 9.
              Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.

VRAAG 8: LOOPBANE EN FUNKSIES VAN DANS (KEUSEVRAAG)

8.1      Noem TWEE loopbane wat nodig is om 'n professionele verhoogproduksie te
         bestuur.                                                                              (2)

8.2      Beskryf kortliks die hooffunksie van elke loopbaan wat in VRAAG 8.1
         geïdentifiseer is.                                                                    (2)

8.3      Vergelyk die verskille tussen die funksies van teater- en kulturele dansvorms
         in die gemeenskap. Teken die tabel hieronder in jou ANTWOORDEBOEK oor
         en beantwoord soos volg:

                         DANSFUNKSIE                TEATER            KULTUREEL
          8.3.1      Onderrig
          8.3.2      Kompetisie
          8.3.3      Kommunikasie
                                                                                 (6 x 1)       (6)
                                                                                               [10]

                                             OF

VRAAG 9:         DANSBEGINSELS          EN   GESKIEDENINS       VAN      HOOFDANSVORM
                 (KEUSEVRAAG)

9.1      Noem jou hoofdansvorm.

9.2      Hoe word die volgende dansbeginsels in jou hoofdansvorm gebruik?

         9.2.1        Swaartekrag                                                              (1)

         9.2.2        Arms                                                                     (1)

         9.2.3        Liggaamshouding                                                          (1)

9.3      Beskryf EEN belangrike eienskap wat jou hoofdansvorm duidelik sal
         identifiseer.                                                                         (1)

9.4      Skryf 'n paragraaf waarin jy kortliks SES belangrike feite oor die geskiedenis
         van jou hoofdansvorm in breë trekke beskryf.                                          (6)
                                                                                               [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                   10                        DBE/November 2019
                                             NSS

VRAAG 10: INTERNASIONALE CHOREOGRAAF EN DANSWERK (VERPLIGTEND)

Kies EEN van die internasionale choreograwe en EEN van sy/haar danswerke uit die
voorgeskrewe lys hieronder.

  INTERNASIONALE CHOREOGRAWE                                    DANSWERKE
             Alvin Ailey                                         Revelations
         Christopher Bruce                                 Ghost Dances/Rooster
         George Balanchine                      Apollo/Jewels (Emeralds, Rubies, Diamonds)
              Jiří Kylián                                       Wings of Wax
          Martha Graham                              Lamentation/Errand into the Maze
               Mats Ek                                   Giselle/Swan Lake/Carmen
          Matthew Bourne                                    Swan Lake/Cinderella
            Pina Bausch                                      The Rite of Spring
          Rudi van Dantzig                                     Four Last Songs
          William Forsythe                           In the Middle, Somewhat Elevated

10.1     Gee die naam van die internasionale choreograaf wat jy gekies het.

         10.1.1       Gee VYF belangrike invloede wat die choreograaf se persoonlike
                      en/of professionele lewe beïnvloed het.                                  (5)

         10.1.2       Ontleed die choreograaf se invloed op die danswêreld.                    (5)

10.2     Gee die naam van die danswerk wat jy gekies het.

         'n Choreograaf kan met dans uitbeeld wat woorde alleen nie kan sê nie.

         Bespreek krities die gekose danswerk met verwysing na die stelling hierbo en
         verduidelik hoe simboliek gebruik is. Gebruik voorbeelde om jou antwoord te           (8)
         regverdig.                                                                            [18]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                   11                        DBE/November 2019
                                             NSS

VRAAG 11: SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAAF EN DANSWERK (VERPLIGTEND)

Kies EEN van die Suid-Afrikaanse choreograwe en EEN van sy/haar danswerke uit die
voorgeskrewe lys hieronder.

  SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE                                  DANSWERKE
            Alfred Hinkel                              Bolero/The Last Dance/Cargo/
                                                      Rain in a Dead Man's Footprints
               Carolyn Holden                                     Imagenes
                Dada Masilo                             Swan Lake/Romeo and Juliet
                Gary Gordon                                     Bessie's Head
              Gregory Maqoma                           Four Seasons/Beauty Trilogy/
                                                      Skeleton Dry/Somehow Delightful
                Hazel Acosta                                   Blood Wedding
               Mavis Becker                                  Flamenco de Africa
               Sylvia Glasser                                 Tranceformations
              Veronica Paeper                        Orpheus in the Underworld/Carmen
              Vincent Mantsoe                                    Gula Matari

11.1     Gee die naam van die Suid-Afrikaanse choreograaf wat jy gekies het.

         11.1.1       Beskryf die choreografiese kenmerke wat hierdie choreograaf in
                      sy/haar danswerke gebruik.                                            (5)

         11.1.2       Ontleed die invloed wat hierdie choreograaf op dans in Suid-Afrika
                      gehad het.                                                            (5)

11.2     Gee die naam van die danswerk wat jy gekies het.

         Na jou mening, hoe het die produksie-elemente en bewegingswoordeskat die
         danswerk wat jy gekies het, gekomplementeer? Gebruik voorbeelde om jou
         antwoord te regverdig.                                                             (8)
                                                                                            [18]

VRAAG 12: REFLEKSIE/NADENKE (VERPLIGTEND)

Dink na oor hoe die danswerke wat jy op video, YouTube of lewendig gesien het,
jou as danser beïnvloed het.                                                                [4]

                                                                TOTAAL AFDELING B:          60
                                                                    GROOTTOTAAL:            100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Dance Studies Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2019-eng/20ed8d77-ec67-4df1-a620-6e6ec5728d88) — Dance Studies · QP · 2019 · Eng
- [Dance Studies Nov 2019 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2019-memo-eng/d4fbba17-d83f-493c-b9c5-3cb2acd3d18a) — Dance Studies · Memo · 2019 · Eng
- [Dance Studies Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2019-memo-afr/5cd6965a-c7cf-451e-ae4a-b93778a2f6c8) — Dance Studies · Memo · 2019 · Afr
- [Dance Studies May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-may-june-2019-afr/521f7f5a-40b8-4e32-be9a-1712543a6358) — Dance Studies · QP · 2019 · Afr
- [Dance Studies May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-may-june-2019-eng/44d8a664-90a8-41ad-85ec-d697761b210f) — Dance Studies · QP · 2019 · Eng
- [Dance Studies Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2023-afr/ace775ce-02ad-42f6-9e43-188071df2e93) — Dance Studies · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Dance Studies

- [Gr 12 Dan Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dan-stu-atp-2023-24/34f45b16-cd25-4879-9db2-5005d316d38b) — ATP
- [Dance Studies May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-may-june-2025-mg-eng/96538d66-a66a-48a4-930d-62c129d1d9f0) — Memo · 2025 · Eng
- [Dance Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/7d49cd96-a950-4b35-aeed-714d223b568a) — Memo · 2025 · Afr
- [Dance Studies Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/6b5a22ef-70fa-43b6-a545-06b7b69ddda2) — Memo · 2025 · Eng
- [Dance Studies May-June 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/58c0edb4-e720-4bdd-8619-b5f6c751d9b8) — Memo · 2024 · Afr
- [Dance Studies May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2024-nsc-june-exam-memorandum-english/a34028a3-b812-45fd-aaf0-6f61f26f53d2) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
