# Dance Studies Grade 12 NSC November 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Dance Studies question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2020-afr/c6e2c221-9eb6-4a43-ab5e-12bcf9ff4f1c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dance Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dance Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dance-studies) › [Dance Studies Grade 12 NSC November 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2020-afr/c6e2c221-9eb6-4a43-ab5e-12bcf9ff4f1c)

## About this document

Dance Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                            SENIOR SERTIFIKAAT/
                       NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                       DNCE.1

                                    DANSSTUDIES

                                   NOVEMBER 2020

PUNTE: 100

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

                     MIDDAGSESSIE

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                2                           DBE/November 2020
                                        SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings met 12 vrae in totaal.
         Beantwoord slegs AGT vrae soos volg:

         AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG (40 punte)
          Beantwoord VIER van die VYF vrae in hierdie afdeling.
          Jy het 'n keuse tussen VRAAG 2 en VRAAG 3. Indien jy albei vrae
           beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord nagesien word.

         AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID (60 punte)
          Beantwoord VIER van die SEWE vrae in hierdie afdeling.
          Jy het 'n keuse tussen:
            o VRAAG 7 en VRAAG 8. Kies slegs EEN.
            o VRAAG 9 en VRAAG 10. Kies slegs EEN.
            o VRAAG 11 en VRAAG 12. Kies slegs EEN.
          Indien jy albei opsies van die keusevrae beantwoord, sal slegs die
           EERSTE antwoord nagesien word.

2.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

3.       Lees elke vraag aandagtig deur en let op na wat gevra word.

4.       Skryf jou antwoord in volsinne indien jy gevra word om te verduidelik/
         breedvoerig te skryf/te beskryf/te ontleed/te evalueer/te vergelyk, ens.
         Eenwoordantwoorde sal NIE aanvaar word NIE.

5.       Jy mag rofwerkbeplanning in die ANTWOORDEBOEK doen. Trek 'n streep
         deur enige werk wat NIE nagesien moet word NIE.

6.       Jy sal geassesseer word op jou vermoë om:
          Slegs in een taal te skryf
          Inligting te organiseer en duidelik oor te dra
          Die spesifieke formaat te gebruik wat in sekere vrae vereis word
          Spesialis-dansterminologie te gebruik, waar nodig

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                   3                     DBE/November 2020
                                           SS/NSS

AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG

VRAAG 1: OPWARMING EN AFKOELING (VERPLIGTEND)

1.1      Identifiseer VYF redes vir 'n afkoelroetine.                                      (5)

1.2      Ontleed die voordele van die gebruik van 'n dinamiese opwarmingsroetine as
         voorbereiding vir 'n dansklas.                                                    (5)
                                                                                           [10]

LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 2 en VRAAG 3.
         Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.

VRAAG 2: DANSOPVOERING (KEUSEVRAAG)

Dans is meer as die aanleer van 'n tegniek. Baie vaardighede en bewegingskwaliteite
word vereis wanneer daar in die klas of op 'n verhoog opgetree word.

2.1      Noem VYF dansopvoeringvaardighede/-kwaliteite wat van 'n danser vereis
         word.                                                                             (5)

2.2      Ontleed ELK van die vaardighede/kwaliteite wat jy in VRAAG 2.1 genoem het.
         Verduidelik hoe dit jou dansoptrede sal verbeter.                                 (5)
                                                                                           [10]

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                      4                          DBE/November 2020
                                              SS/NSS

VRAAG 3: SPIERE EN ANATOMIESE AKSIES (KEUSEVRAAG)

Kies EEN van die dansers in die foto hieronder, Danser A of Danser B.
Beantwoord VRAAG 3.1 as jy Danser A kies.
Beantwoord VRAAG 3.2 as jy Danser B kies.

                            A

                                                                  B

                [Bron: www.peddecordphoto.com/galleries/portfolio-studio]

3.1      Danser A:

         Identifiseer enige VYF spiere wat Danser A gebruik om die posisie van sy
         bolyf en skouergewrigte te bereik. Sluit spiere van albei areas in.

         Langs ELKE spier wat jy geïdentifiseer het, ontleed watter anatomiese aksie
         plaasvind.                                                          (5 + 5)               [10]

                                                   OF

3.2      Danser B:

         Identifiseer enige VYF spiere wat Danser B gebruik om die posisie van sy
         opgeligte been te bereik.

         Langs ELKE spier wat jy geïdentifiseer het, ontleed watter anatomiese aksie
         plaasvind.                                                           (5 + 5)              [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                5                        DBE/November 2020
                                        SS/NSS

VRAAG 4: ALGEMENE OORSAKE VAN BESERINGS (VERPLIGTEND)

Berei STUDIENOTAS voor vir die graad 10-dansleerders wat die volgende insluit:

Identifiseer VYF algemene oorsake van beserings in die dansklas. Verduidelik hoe
ELKE oorsaak tot 'n besering kan lei.                                                      [10]

VRAAG 5: FIKSHEIDSKOMPONENTE (VERPLIGTEND)

Teken die tabel hieronder in jou ANTWOORDEBOEK oor en verskaf die inligting
hieronder.

5.1      Noem EEN oefening wat 'n danser kan gebruik om ELK van die VYF
         fiksheidskomponente te ontwikkel (5.1.1–5.1.5).                                   (5)

5.2      Verduidelik die voordeel van ELKE oefening wat in VRAAG 5.1 genoem is en
         hoe dit die liggaam ontwikkel.

          FIKSHEIDS-                5.1                             5.2
         KOMPONENT           NAAM VAN OEFENING                   VOORDEEL
        Kernstabiliteit   5.1.1                          5.2.1

        Uithouvermoë      5.1.2                          5.2.2

        Neuromuskulêre 5.1.3                             5.2.3
        vaardighede

        Soepelheid        5.1.4                          5.2.4

        Krag              5.1.5                          5.2.5
                                                                                           (5)
                                                                                           [10]

                                                           TOTAAL AFDELING A:              40

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                   6                        DBE/November 2020
                                           SS/NSS

AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID

VRAAG 6: HOOFDANSVORM (VERPLIGTEND)

Noem jou hoofdansvorm (die dansgenre wat jy op skool bestudeer het).

6.1      Beskryf die eienskappe van jou hoofdansvorm/-genre onder die volgende
         opskrifte:

         6.1.1        Kostuums/Kleredrag                                                      (3)

         6.1.2        Musiek/Begeleiding                                                      (3)

6.2      Noem DRIE verskillende bewegingsbeginsels/-tegnieke wat in jou hoof-
         dansvorm/-genre gebruik word.                                                        (3)

6.3      Verduidelik hoe ELKE beginsel/tegniek wat jy in VRAAG 6.2 genoem het, in
         jou hoofdansvorm/-genre gebruik word.                                                (3)
                                                                                              [12]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                 7                            DBE/November 2020
                                         SS/NSS

LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 7 en VRAAG 8.
         Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.

VRAAG 7: DANSELEMENTE (KEUSEVRAAG)

                                                   [Bron: www.theaileyschool.edu]

7.1      Gee 'n duidelike verduideliking van hoe die danselement, RUIMTE, in die foto
         van die dansers hierbo gebruik word.                                                   (4)

7.2      Evalueer hoe die danselement, KRAG, in die foto hierbo gebruik word. Staaf
         jou antwoord met duidelike voorbeelde.                                                 (4)
                                                                                                [8]

                                          OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                8                        DBE/November 2020
                                        SS/NSS

VRAAG 8: CHOREOGRAFIESE STRUKTURE EN CHOREOGRAFIE (KEUSEVRAAG)

8.1      Kies enige VIER choreografiese strukture uit die opsies hieronder. Noem en
         verduidelik die doel van ELKE struktuur wat jy gekies het.

                                      Simmetrie

              Motief
                                                                   Sekwensie

                                Choreografiese
       Klimaks                      strukture
                                                                       Herhaling

                           Stilheid                         Kans

                                                                                           (4)

8.2      Evalueer VIER verskillende maniere waarop 'n choreograaf tegnologie as 'n
         choreografiese hulpmiddel kan gebruik om oorspronklike danswerke te skep.         (4)
                                                                                           [8]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                  9                         DBE/November 2020
                                          SS/NSS

LET WEL:      Jy het 'n keuse tussen VRAAG 9 en VRAAG 10.
              Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.

VRAAG 9: INTERNASIONALE CHOREOGRAAF (KEUSEVRAAG)

                                   INTERNASIONALE
                                    CHOREOGRAWE
                                        Alvin Ailey
                                     Martha Graham
                                    George Balanchine
                                    Christopher Bruce
                                     Mathew Bourne
                                       Pina Bausch
                                     William Forsythe
                                          Mats Ek
                                     Rudi van Dantzig
                                         Jiří Kylián

Kies EEN internasionale choreograaf uit die voorgeskrewe lys hierbo.

Gee die naam van die internasionale choreograaf wat jy gekies het.

Skryf 'n PROGRAMNOTA waarin jy die volgende inligting in enige volgorde organiseer
en oordra:

   Korrekte formaat                                                                           (2)

   Interessante feite oor die choreograaf se opleiding en professionele loopbaan              (10)

   Die bewegingswoordeskat wat die choreograaf gebruik                                        (2)

   Invloede op die choreograaf se dansstyl                                                    (3)

   Die choreograaf se bydrae tot dans as 'n kunsvorm                                          (3)
                                                                                               [20]

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                               10                            DBE/November 2020
                                        SS/NSS

VRAAG 10: SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAAF (KEUSEVRAAG)

                                 SUID-AFRIKAANSE
                                  CHOREOGRAWE
                                     Alfred Hinkel
                                  Gregory Maqoma
                                    Sylvia Glasser
                                   Veronica Paeper
                                   Vincent Mantsoe
                                     Dada Masilo
                                     Gary Gordon
                                    Mavis Becker
                                    Hazel Acosta
                                   Carolyn Holden

Kies EEN Suid-Afrikaanse choreograaf uit die voorgeskrewe lys hierbo.

Gee die naam van die Suid-Afrikaanse choreograaf wat jy gekies het.

Skryf 'n TOESPRAAK vir graad 10-Dansstudies-leerders waarin jy die volgende
inligting, in enige volgorde, oordra:

   Korrekte formaat                                                                           (2)

   Die choreograaf se dansopleiding en professionele loopbaan                                 (10)

   Die bewegingswoordeskat wat die choreograaf gebruik                                        (2)

   Die choreografiese eienskappe wat die choreograaf in sy/haar danswerke gebruik             (3)

   Evalueer die impak wat die choreograaf se professionele loopbaan op die Suid-
    Afrikaanse dansgemeenskap gemaak het                                                       (3)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                 11                             DBE/November 2020
                                          SS/NSS

LET WEL:       Jy het 'n keuse tussen VRAAG 11 en VRAAG 12.
               Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.

VRAAG 11: INTERNASIONALE DANSWERK (KEUSEVRAAG)

              INTERNASIONALE                               DANSWERKE
               CHOREOGRAWE
                   Alvin Ailey                             Revelations
                Martha Graham                 Lamentations OF Errand into the Maze
               George Balanchine                         Apollo OF Jewels
               Christopher Bruce                     Ghost Dances OF Rooster
                Mathew Bourne                        Swan Lake OF Cinderella
                  Pina Bausch                           The Rite of Spring
                William Forsythe                In the Middle, Somewhat Elevated
                     Mats Ek                    Giselle OF Swan Lake OF Carmen
                Rudi van Dantzig                         Four Last Songs
                    Jiří Kylián                Wings of Wax OF Stamping Ground

Kies EEN internasionale danswerk uit die voorgeskrewe lys hierbo.

Skryf 'n ARTIKEL vir 'n danstydskrif oor die danswerk wat jy gekies het.

Gee die naam van die danswerk en die choreograaf.

Organiseer en dra die volgende inligting in enige volgorde oor:

   Korrekte formaat                                                                              (3)

   Bronne van inspirasie                                                                         (3)

   Die bewegingswoordeskat wat in die danswerk gebruik is                                        (4)

   Hoe produksie-elemente gebruik is. Gee voorbeelde uit die danswerk om jou
    antwoord te versterk.                                                                         (5)

   Jou opinie oor die belangrikheid van hierdie danswerk, asook die betekenis en
    toepaslikheid daarvan vandag                                                                  (5)
                                                                                                  [20]

                                           OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                  12                            DBE/November 2020
                                           SS/NSS

VRAAG 12: SUID-AFRIKAANSE DANSWERK (KEUSEVRAAG)

              SUID-AFRIKAANSE
                                                           DANSWERKE
               CHOREOGRAWE
                 Alfred Hinkel                 Bolero – Last Dance OF Rain in a Dead
                                                      Man's Footprint OF Cargo
               Gregory Maqoma                   Four Seasons OF Beauty Trilogy OF
                                                Skeleton Dry OF Somehow Delightful
                Sylvia Glasser                            Tranceformations
               Veronica Paeper                 Orpheus in the Underworld OF Carmen
               Vincent Mantsoe                               Gula Matari
                 Dada Masilo                      Swan Lake OF Romeo and Juliet
                 Gary Gordon                                Bessie's Head
                Mavis Becker                             Flamenco de Africa
                 Hazel Acosta                              Blood Wedding
               Carolyn Holden                                 Imagenes

Kies EEN Suid-Afrikaanse danswerk uit die voorgeskrewe lys hierbo.

Skryf 'n ARTIKEL vir 'n danstydskrif oor die danswerk wat jy gekies het.

Gee die naam van die danswerk en die choreograaf.

Organiseer en dra die volgende inligting in enige volgorde oor:

   Korrekte formaat                                                                           (3)

   Identifiseer bronne van inspirasie wat deur die choreograaf gebruik is                     (3)

   Verduidelik hoe die bewegingswoordeskat wat in die danswerk gebruik is die
    tema/bedoeling van die danswerk oordra                                                     (4)

   Hoe gebruik hierdie werk produksie-elemente om tot die tema/bedoeling van die
    danswerk by te dra? Sluit voorbeelde in om jou antwoord te motiveer.                       (5)

   Na jou mening, hoe dra hierdie danswerk tot dans en die samelewing by? Motiveer
    jou standpunt.                                                                             (5)
                                                                                               [20]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:           60
                                                                      GROOTTOTAAL:             100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Dance Studies Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2020-eng/1fccdd71-8fd9-420f-a5d6-50bfd033518c) — Dance Studies · QP · 2020 · Eng
- [Dance Studies Nov 2020 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2020-memo-eng/35be2e40-b652-4b5c-919d-1e2c9ce61d20) — Dance Studies · Memo · 2020 · Eng
- [Dance Studies Nov 2020 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2020-memo-afr/dab23fac-b515-4d2b-b1de-95b269d7f4d3) — Dance Studies · Memo · 2020 · Afr
- [Dance Studies Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2023-afr/ace775ce-02ad-42f6-9e43-188071df2e93) — Dance Studies · QP · 2023 · Afr
- [Dance Studies Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2022-eng/f7d3edf0-e3ae-492b-98f4-05b1015bb71d) — Dance Studies · QP · 2022 · Eng
- [Dance Studies Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2022-afr/eb5cb006-08f7-4e97-923c-6edaea1d79d6) — Dance Studies · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Dance Studies

- [Gr 12 Dan Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dan-stu-atp-2023-24/34f45b16-cd25-4879-9db2-5005d316d38b) — ATP
- [Dance Studies May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-may-june-2025-mg-eng/96538d66-a66a-48a4-930d-62c129d1d9f0) — Memo · 2025 · Eng
- [Dance Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/7d49cd96-a950-4b35-aeed-714d223b568a) — Memo · 2025 · Afr
- [Dance Studies Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/6b5a22ef-70fa-43b6-a545-06b7b69ddda2) — Memo · 2025 · Eng
- [Dance Studies May-June 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/58c0edb4-e720-4bdd-8619-b5f6c751d9b8) — Memo · 2024 · Afr
- [Dance Studies May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2024-nsc-june-exam-memorandum-english/a34028a3-b812-45fd-aaf0-6f61f26f53d2) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
