# Dance Studies Grade 12 NSC November 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Dance Studies question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2022-afr/eb5cb006-08f7-4e97-923c-6edaea1d79d6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dance Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dance Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dance-studies) › [Dance Studies Grade 12 NSC November 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2022-afr/eb5cb006-08f7-4e97-923c-6edaea1d79d6)

## About this document

Dance Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                   DANSSTUDIES

                                 NOVEMBER 2022

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                2                           DBE/November 2022
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings met AGT vrae in totaal.

2.       AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG (60
         punte)
          Beantwoord AL VIER vrae in hierdie afdeling.
          Jy het 'n keuse tussen VRAAG 2.2 en VRAAG 2.3. Indien jy albei vrae
            beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord nagesien word.

         AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID (90 punte)
          Beantwoord AL VIER vrae in hierdie afdeling.
          Jy het 'n keuse tussen VRAAG 5.4 en VRAAG 5.5. Indien jy albei vrae
           beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord nagesien word.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Lees elke vraag aandagtig deur en let op na wat gevra word.

5.       Lees die AKSIEWERKWOORD aan die begin van elke vraag om te sien wat
         verlang word.

         VOORBEELDE VAN AKSIEWERKWOORDE WAT IN DIE VRAE GEBRUIK
         IS:
         LAEVLAK-VRAE: kies, vind, noem, pas, definieer, waar of onwaar
         MEDIUMVLAK-VRAE: beskryf, verduidelik, brei uit
         HOËVLAK-VRAE: analiseer/ontleed, evalueer, beredeneer, gee mening

6.       Jy mag rofwerkbeplanning in die ANTWOORDEBOEK doen. Trek 'n streep
         deur enige werk wat NIE nagesien moet word NIE.

7.       Jy sal geassesseer word op jou vermoë om:
          Slegs in een taal te skryf
          Inligting te organiseer en duidelik oor te dra
          Die spesifieke formaat wat in sekere vrae vereis word, te gebruik
          Spesialis-dansterminologie te gebruik, waar nodig

8.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                    3                        DBE/November 2022
                                              NSS

AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG

VRAAG 1: DANSBESERINGS

1.1      Verander die onderstreepte woord(e) in die volgende sinne om die stellings
         WAAR te maak. Skryf die toepaslike woord(e) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.1.1        Afkoeling versnel die hartklop.                                           (1)

         1.1.2        Statiese strekking word gewoonlik as opwarming gedoen.                    (1)

         1.1.3        Om veilig te land na 'n sprong, moet jy deur jou voete land en jou
                      knieë reguit maak.                                                        (1)

1.2      1.2.1        Noem EEN manier waarop die verkoeling van 'n beseerde area
                      van die liggaam met behandeling kan help.                                 (1)

         1.2.2        Noem EEN manier waarop 'n verband met die behandeling van
                      beserings kan help.                                                       (1)

1.3      Zina het haar enkel in die dansklas verstuit terwyl sy haar solo geoefen het.

         Identifiseer en verduidelik TWEE moontlike oorsake vir Zina se besering
         onder ELK van die opskrifte hieronder:

                       Zina se enkelbesering

                                                          Vloer

                                                          Klere

                                                         Ruimte

                                                        Onderrig

                                                        Toewyding

                                                                                  (5 x 2)       (10)
                                                                                                [15]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                 4                          DBE/November 2022
                                           NSS

VRAAG 2: KOMPONENTE VAN FIKSHEID

2.1      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs
         die letter (AE) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                       KOLOM A                             KOLOM B
         2.1.1        Ratsheid                  A   persoonlike kennis van hoe die
                                                    liggaam in die ruimte beweeg
         2.1.2        Musikaliteit
                                                B   'n onmiddellike reaksie op
         2.1.3        Aanpasbaarheid                verskillende en veranderende
                                                    omstandighede
         2.1.4        Kinestetiese bewustheid
                                                C   interpretering van verskillende
         2.1.5        Koördinasie                   eienskappe en emosies van 'n
                                                    musiekstuk

                                                D   twee liggaamsdele wat op
                                                    dieselfde tyd effektief werk

                                                E   om vinnig en effektief deur die
                                                    ruimte te beweeg
                                                                                (5 x 1)       (5)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                     5                              DBE/November 2022
                                               NSS

LET WEL:      Jy het 'n keuse tussen VRAAG 2.2 en VRAAG 2.3.
              Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.

2.2      Bestudeer die foto hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          [Bron: https://i.pinimg.com/564x/2d/c0/91/2dc091e2eb6cb92af02ecc3adf1b5155.jpg]

         2.2.1        Ontleed hoe soepelheid deur die danser in die foto hierbo gebruik
                      word.                                                                            (4)

         2.2.2        Beskryf EEN oefening wat 'n danser kan doen om soepelheid te
                      ontwikkel sodat die beweging hierbo uitgevoer kan word.                          (3)

                                               OF

2.3      2.3.1        Ontleed hoe spierkrag deur die danser in die foto hierbo gebruik
                      word.                                                                            (4)

         2.3.2        Beskryf EEN oefening wat 'n danser kan doen om spierkrag te
                      ontwikkel sodat die beweging hierbo uitgevoer kan word.                          (3)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                  6                             DBE/November 2022
                                            NSS

LET WEL:      VRAAG 2.4 is VERPLIGTEND.

2.4      As 'n dansleerder word daar van jou verwag om gereeld oor jou praktiese
         proses te besin. Lees die joernaalinskrywing hieronder en beantwoord die
         volgende vraag.

                                                                             19 April 2022
         Vandag se klas was opwindend omdat ek nuwe oefeninge geleer het. Ek het
         dit baie geniet, maar sekere dinge was moeilik.
         Dinge wat werk nodig het:
             Ek was aan die einde van die dansklas uitasem.
             Ek het gesukkel om posisies te beheer en het aanhoudend omgeval.
             Ek het teen my vriend gestamp terwyl ons die draai-oefening gedoen het.
             Om my tone tydens die spronge te punt, was uiters uitdagend.
         NOTA AAN SELF: VIND UIT WAT OM VOOR DIE VOLGENDE KLAS TE
         DOEN!

         Skryf 'n antwoord aan hierdie leerder. Identifiseer in jou antwoord die areas
         waaraan aandag gegee moet word en maak voorstelle om die probleme wat
         hy/sy in die dansklas ondervind, te verbeter.                                             (8)
                                                                                                   [20]

VRAAG 3: ALGEMENE GESONDHEIDSORG

Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Te danke aan my voedingkundige, het ek begin om reg te eet. Nou is ek desperaat om
my negatiewe selfbeeld te verbeter. My vriende sê ek lyk goed, maar ek glo hulle nie.
Ek is behep met elke fout en vind die klas neerdrukkend. Wat moet ek doen?

                                                      Crappy Body Image, Hoboken, NJ
                                      [Bron: https://www.dancemagazine.com/mirror-body-image/]

3.1      Watter moontlike advies het die voedingkundige vir hierdie danser gegee
         sodat hy/sy kon begin om 'reg te eet'? Gee VYF idees/voorbeelde.                          (5)

3.2      Stel maniere voor waarop hierdie danser se portuurgroep hom/haar kan help
         om sy/haar liggaamsbeeld binne en buite die dansklas te verbeter.                         (5)
                                                                                                   [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                7                         DBE/November 2022
                                          NSS

VRAAG 4: DANSOPVOERING

4.1      Bespreek VYF verhoog- en/of klaskonvensies wat jy in Dansstudies
         geleer het.                                                                          (5)

4.2      Jou klas het opdrag gekry om oor die volgende onderwerp 'n debat te voer:

                        Dit of Dat: Tegniek vs Uitvoerende Vaardighede

         Oorweeg in jou argument die waarde of belangrikheid van tegniek vs
         uitvoerende vaardighede. Staaf jou argument.                                         (10)
                                                                                              [15]

                                                             TOTAAL AFDELING A:               60

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                    8                          DBE/November 2022
                                              NSS

AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID

VRAAG 5: IMPROVISASIE EN CHOREOGRAFIE

5.1      Kies EEN woord/term uit die lys hieronder vir ELK van die volgende
         beskrywings. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommers
         (5.1.1 tot 5.1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                         asimmetrie; kanon; positiewe ruimte; duur;
                     negatiewe ruimte; klimaks; eenheid (unisoon beweging)

         5.1.1        'n Leë ruimte met niks daarin nie                                          (1)

         5.1.2        Baie dansers wat op dieselfde tyd dieselfde beweging opvoer                (1)

         5.1.3        Alle dansers voer op verskillende tye dieselfde beweging uit               (1)

         5.1.4        Wanneer bewegings aan die regterkant en die linkerkant van die
                      liggaam verskil                                                            (1)

         5.1.5        Hoe lank dit neem om 'n beweging uit te voer                               (1)

         5.1.6        Die hoogtepunt of onvergeetlike oomblik van 'n dans                        (1)

5.2      Jy het gedurende jou choreografie PAT verskillende vaardighede ontwikkel.

         Identifiseer TWEE vaardighede en verduidelik hoe dit tot die sukses van jou
         PAT bygedra het.                                                     (2 x 2)            (4)

5.3      In Dansstudies het jy van konvensionele en nie-konvensionele opvoerruimtes
         geleer.

         Verduidelik die effek wat hierdie verskillende ruimtes op 'n danswerk kan hê.           (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                       9                              DBE/November 2022
                                                 NSS

LET WEL:      Jy het 'n keuse tussen VRAAG 5.4 en VRAAG 5.5.
              Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.
5.4      Simboliek word in die foto hieronder gebruik.

        [Bron: https://www.theguardian.com/stage/2018/aug/05/stoel-chair-review-zoo-southside-
                                     edinburgh-compagnie-nyash]

         5.4.1        Verduidelik jou interpretasie van die simboliek wat in die foto hierbo
                      gebruik word.                                                                      (3)
         5.4.2        Skep 'n titel en 'n kort sinopsis wat op jou interpretasie van
                      VRAAG 5.4.1 gebaseer is.                                                           (4)
                                                 OF
5.5      Gebruik die aanhaling hieronder as inspirasie en verduidelik hoe jy dit
         simbolies sou interpreteer wanneer jy 'n choreografie skep. Sluit 'n titel in wat
         by jou choreografie sal pas.
                              'Apho igazi lenu lithe lathontsizela khona,
                                Komila intyatyambo evumba limnandi,
                                Eliya kuthwala ngamaphiko empepho,
                                     Zithi zonke izizwe zilirhogole.'
                               'Wherever your blood has dropped, will
                             Blossom a flower of exceeding sweetness,
                              Whose scent will be carried on the wings
                             Of the air, and all the nations will inhale it.'
                                'Waar ook al jou bloed geval het, sal
                             'n blom bloei van buitengewone soetheid,
                             Wie se geur op die vlerke van die lug gedra
                              sal word, en al die nasies sal dit inasem.'
                                                                                     JJR Jolobe
                                  [Bron: https://www.poemsearcher.com/topic/isixhosa#&gid=1&pid=3]       (7)
                                                                                                         [25]
Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                   10                        DBE/November 2022
                                             NSS

VRAAG 6: DANSGELETTERDHEID

6.1      Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs
         die woord(e) langs die vraagnommers (6.1.1. tot 6.1.6) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         6.1.1        Die (verhoogbestuurder/kostuumontwerper) is in beheer van die
                      tegniese personeel, geselskap en span vir 'n verhoogproduksie.            (1)

         6.1.2        Die (stelontwerper/danser) onthou roetines/sekwense en het 'n
                      goeie vlak van tegniek en selfvertroue tydens optrede.                    (1)

         6.1.3        Die (danskritikus/choreograaf) konseptualiseer en skep 'n dans wat
                      op 'n tema/idee gebaseer is.                                              (1)

         6.1.4        Die (dansonderwyser/videograaf) beplan en bied geskikte lesse
                      aan en verstaan hoe studente leer.                                        (1)

         6.1.5        Die (klankbestuurder/fisioterapeut) het goeie kennis van anatomie
                      en gesondheidsorg om die liggaam na 'n besering te
                      behandel/rehabiliteer.                                                    (1)

         6.1.6        Die (persoonlike fiksheidsinstrukteur/kunsadministrateur) motiveer
                      mense om hul fiksheid te verbeter en ontwikkel geskikte
                      oefenprogramme.                                                           (1)

6.2      Gee jou mening oor hoe die funksies van dans vir die samelewing
         voordelig is.                                                                          (6)

6.3      Noem jou hoofdansvorm. Bespreek AGT feite oor die geskiedenis van jou
         hoofdansvorm.                                                                          (8)

6.4      Skryf 'n paragraaf waarin jy evalueer of kulturele danse tot onlangs ontwikkel
         het of dieselfde gebly het. Staaf jou antwoord met voorbeelde.                         (5)
                                                                                                [25]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                    11                       DBE/November 2022
                                              NSS

VRAAG 7: DANSWERK

Kies EEN danswerk wat jy in die klas bestudeer het uit die lys hieronder.

 INTERNASIONALE CHOREOGRAWE                                   DANSWERKE
        George Balanchine                                        Apollo
           Alvin Ailey                                         Revelations
         Martha Graham                                        Lamentations
        Christopher Bruce                                     Ghost Dances

 SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE                                DANSWERKE
          Veronica Paeper                              Orpheus in the Underworld
          Vincent Mantsoe                                     Gula Matari
            Alfred Hinkel                                  Bolero OF Cargo
           Sylvia Glasser                                  Tranceformations
           Mavis Becker                                   Flamenco de Africa
            Hazel Acosta                                    Blood Wedding
          Gregory Maqoma                             Four Seasons OF Skeleton Dry

7.1      Ontwerp 'n breinkaart in die ANTWOORDEBOEK. Jy moet 'n dubbelbladsy
         gebruik, maar jy hoef nie verskillende kleure in jou ontwerp te gebruik nie.

         Sluit die volgende inligting by jou breinkaart in:

             Die naam van die danswerk
             Storielyn/Tema/Sinopsis/Doel
             Produksie-elemente
             Musiek/Begeleiding                                                                  (15)

7.2      Ontleed die bewegingswoordeskat en simboliek wat in die danswerk in
         VRAAG 7.1 gebruik is. Gee spesifieke voorbeelde van bewegings in jou
         antwoord.                                                                                (10)
                                                                                                  [25]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Dansstudies                                 12                          DBE/November 2022
                                           NSS

VRAAG 8: CHOREOGRAAF

Kies EEN choreograaf wat jy in die klas bestudeer het uit die lys hieronder.

SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE                   INTERNASIONALE CHOREOGRAWE
            Alfred Hinkel                               Alvin Ailey
          Gregory Maqoma                              Martha Graham
           Sylvia Glasser                            George Balanchine
          Veronica Paeper                            Christopher Bruce
          Vincent Mantsoe
           Mavis Becker
            Hazel Acosta

Skryf 'n artikel vir 'n danstydskrif oor hierdie choreograaf. Begin jou artikel met die
volgende titel:

                            DIE LEWE EN WERK VAN …
                                                                                            [15]

                                                               TOTAAL AFDELING B:           90
                                                                   GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Dance Studies Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2022-eng/f7d3edf0-e3ae-492b-98f4-05b1015bb71d) — Dance Studies · QP · 2022 · Eng
- [Dance Studies May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-may-june-2021-afr/0de09b1b-1178-4c61-b091-be28aaddeaeb) — Dance Studies · QP · 2022 · Afr
- [Dance Studies Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2023-afr/ace775ce-02ad-42f6-9e43-188071df2e93) — Dance Studies · QP · 2023 · Afr
- [Dance Studies Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2021-afr/13f4e292-2f45-4b33-a505-088d71e9df7e) — Dance Studies · QP · 2021 · Afr
- [Dance Studies Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2021-eng/549efa18-f636-489e-9dfe-d391eb4a4d1a) — Dance Studies · QP · 2021 · Eng
- [Dance Studies Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2020-afr/c6e2c221-9eb6-4a43-ab5e-12bcf9ff4f1c) — Dance Studies · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Dance Studies

- [Gr 12 Dan Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dan-stu-atp-2023-24/34f45b16-cd25-4879-9db2-5005d316d38b) — ATP
- [Dance Studies May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-may-june-2025-mg-eng/96538d66-a66a-48a4-930d-62c129d1d9f0) — Memo · 2025 · Eng
- [Dance Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/7d49cd96-a950-4b35-aeed-714d223b568a) — Memo · 2025 · Afr
- [Dance Studies Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/6b5a22ef-70fa-43b6-a545-06b7b69ddda2) — Memo · 2025 · Eng
- [Dance Studies May-June 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/58c0edb4-e720-4bdd-8619-b5f6c751d9b8) — Memo · 2024 · Afr
- [Dance Studies May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2024-nsc-june-exam-memorandum-english/a34028a3-b812-45fd-aaf0-6f61f26f53d2) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
