# Dance Studies Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Dance Studies question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2023-afr/ace775ce-02ad-42f6-9e43-188071df2e93
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dance Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dance Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dance-studies) › [Dance Studies Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2023-afr/ace775ce-02ad-42f6-9e43-188071df2e93)

## About this document

Dance Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                   DANSSTUDIES

                                  NOVEMBER 2023

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
                     Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Dansstudies                                 2                          DBE/November 2023
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings met AGT vrae in totaal.

2.       AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG (60 punte)
          Beantwoord AL VIER vrae in hierdie afdeling.
          Jy het 'n keuse tussen VRAAG 4.2 en VRAAG 4.3. Indien jy albei
           vrae beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord nagesien word.

         AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID (90 punte)
          Beantwoord AL VIER vrae in hierdie afdeling.
          Jy het 'n keuse tussen VRAAG 6.4 en VRAAG 6.5. Indien jy albei
           vrae beantwoord, sal slegs die EERSTE antwoord nagesien word.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
         hierdie vraestel gebruik is.

4.       Lees elke vraag aandagtig deur en let op na wat gevra word.

5.       Lees die AKSIEWERKWOORD aan die begin van elke vraag om te sien
         wat vereis word.

         AKSIEWERKWOORDE WAT IN DIE VRAE GEBRUIK IS:
         LAEVLAK-VRAE: identifiseer, dui aan, definieer, maak ʹn lys van, gee, skryf,
         kies, beskryf
         MEDIUMVLAK-VRAE: staaf, verduidelik, brei uit, bespreek
         HOËVLAK-VRAE: identifiseer, motiveer, bespreek, evalueer, ontwikkel, gee
         opinies, analiseer, motiveer, ontwerp

6.       Jy mag rofwerkbeplanning in die ANTWOORDEBOEK doen. Trek 'n streep
         deur enige werk wat NIE nagesien moet word NIE.

7.       Jy sal geassesseer word op jou vermoë om:
          Slegs in een taal te skryf
          Inligting te organiseer en duidelik oor te dra
          Die spesifieke formaat wat in sekere vrae vereis word, te gebruik
          Spesialis-dansterminologie te gebruik, waar nodig

8.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Dansstudies                                3                          DBE/November 2023
                                          NSS

AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG

VRAAG 1: BESERINGS

Lees die WhatsApp-gesprek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Definieer verrekking.                                                               (1)

1.2      Identifiseer DRIE moontlike oorsake, wat met tegnieke verband hou, wat tot
         Nic se heupverrekking kon lei. Staaf jou antwoord met voorbeelde.  (3 x 2)          (6)

1.3      Verduidelik die onmiddellike en langtermynbehandeling wat die dokter vir Nic
         se heupverrekking kon voorgestel het.                                               (4)

1.4      Om te dans terwyl jy 'n besering het, kan meer skade as goed doen.
         Bespreek die waarheid van hierdie stelling.                                         (4)
                                                                                             [15]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Dansstudies                                  4                             DBE/November 2023
                                            NSS

VRAAG 2: KOMPONENTE VAN FIKSHEID

2.1      Maak ʹn lys van VYF veilige wenke om te strek.                                            (5)

2.2      Beantwoord die vrae hieronder oor kardiovaskulêre/kardiorespiratoriese
         uithouvermoë.

         2.2.1       Gee 'n definisie       van    kardiovaskulêre/kardiorespiratoriese
                     uithouvermoë.                                                                 (1)

         2.2.2       Verduidelik hoe kardiovaskulêre/kardiorespiratoriese uithouvermoë
                     'n rol in die voorkoming van beserings kan speel.                             (2)

         2.2.3       Evalueer of jou dansklasse by die skool goeie vlakke van
                     kardiovaskulêre/kardiorespiratoriese uithouvermoë ontwikkel of nie.
                     Staaf jou antwoord met voorbeelde.                                            (5)

2.3      Analiseer hoe komponente van fiksheid deur die dansers in die foto hieronder
         gebruik word.

                                                           [Bron: https://gwirtzmandance.org]      (7)
                                                                                                   [20]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Dansstudies                                       5                                DBE/November 2023
                                                 NSS

VRAAG 3: ALGEMENE GESONDHEIDSORG

3.1      Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ʹwaarʹ of
         ʹonwaarʹ langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK
         neer.

         3.1.1       Ooreet is voordelig vir jou gesondheid.                                               (1)

         3.1.2       Dansers benodig koolhidrate in hulle diëte om energievlakke te
                     handhaaf.                                                                             (1)

         3.1.3       Om water gedurende dansklasse te drink, verseker dat jy gehidreer
                     bly.                                                                                  (1)

         3.1.4       Ontspanningstegnieke verminder nie stres en angs nie.                                 (1)

3.2      Verwys na die artikelopskrif hieronder. Evalueer die invloed wat die opskrif op
         'n danser in die huidige tyd kan hȇ.

                 'Danskultuur verskuif van rietskraal na sterk'
                 [Bron: https://dailyutahchronicle.com/2018/01/24/dance-culture-shifting-skinny-strong]    (6)
                                                                                                           [10]

VRAAG 4: DANSOPVOERING

4.1      Waardes en houdings is belangrik in die voorbereiding vir 'n praktiese
         danseksamen.

         4.1.1       Maak ʹn lys van VYF waardes en/of houdings wat 'n praktiese
                     danseksamen kan bevoordeel.                                                           (5)

         4.1.2       Brei uit oor hoe die waardes en/of houdings wat in VRAAG 4.1.1
                     gelys is, jou kan help om vir 'n praktiese danseksamen voor te
                     berei.                                                                                (5)

LET WEL:      Jy het 'n keuse tussen VRAAG 4.2 en VRAAG 4.3.
              Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.

4.2      Bespreek hoe aandag aan detail tot ʹn goeie danstegniek bydra.                                    (5)

                                                 OF

4.3      Bespreek hoe verpersoonliking van 'n dans tot 'n goeie dansoptrede bydra.                         (5)
                                                                                                           [15]

                                                                        TOTAAL AFDELING A:                 60

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 6

Dansstudies                                  6                         DBE/November 2023
                                            NSS

AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID

VRAAG 5: IMPROVISASIE EN CHOREOGRAFIE

5.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (5.1.1 tot 5.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         5.1.1       'n Kort reeks bewegings of gebare wat deur 'n choreografie herhaal
                     word:

                     A   Melodie
                     B   Dinamiek
                     C   Motief
                     D   Genre                                                                 (1)

         5.1.2       'n Bron van inspirasie vir dansers om bewegingswoordeskat te
                     ondersoek en te ontwikkel:

                     A   Stimulus
                     B   Balans
                     C   Koördinasie
                     D   Uitdrukking                                                           (1)

         5.1.3       Die kuns van die skepping of organisering van beweging vir 'n
                     dansuitvoering:

                     A   Ritme
                     B   Choreografie
                     C   Danselemente
                     D   Dinamiek                                                              (1)

         5.1.4       Twee of meer dansers wat as een beweeg:

                     A   Frasering
                     B   Gebare
                     C   Unisoon
                     D   Kanon                                                                 (1)

         5.1.5       Choreografie wat in 'n nie-konvensionele opvoerruimte aangebied
                     word:

                     A   Oorgang
                     B   Frasering
                     C   Improvisasie
                     D   Terreinspesifieke dans                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Dansstudies                                 7                          DBE/November 2023
                                           NSS

5.2      Noem die choreografie-PAT-tema wat jy hierdie jaar gekies het.

         5.2.1       Verduidelik hoe jy danselemente en/of choreografiese strukture
                     gebruik het om die doel van jou choreografie oor te dra.                  (8)

         5.2.2       Jou choreografie-PAT het van jou vereis om 'n danswerk te beplan
                     en te skep. Die diagram hieronder toon SES aspekte van 'n
                     choreografie-proses.

                                         BESINNING

             KIES 'N                                                NAVORSING/
          OPVOERRUIMTE                                              ONDERSOEK

                                      CHOREOGRAFIE-
                                         PROSES

         KIES PRODUKSIE-                                            KIES MUSIEK
            ELEMENTE                                                   EN/OF
                                                                    BEGELEIDING

                                       IMPROVISASIE

                     Gebruik AL die aspekte in die diagram hierbo en ontwikkel 'n plan
                     wat jou benadering tot die proses van choreografie toon. Motiveer
                     hoekom jy die aspekte in hierdie volgorde gerangskik het.                 (12)
                                                                                               [25]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Dansstudies                                       8                               DBE/November 2023
                                                 NSS

VRAAG 6: DANSGELETTERDHEID

6.1      Noem jou hoofdansvorm. Identifiseer SES beginsels en/of eienskappe van jou
         hoofdansvorm.                                                                                    (6)

6.2      Bespreek hoe dans waarde aan ʹn gemeenskap/samelewing kan toevoeg.                               (6)

6.3      Beskryf die rolle en/of verantwoordelikhede van 'n verhoogbestuurder.                            (5)

LET WEL:      Jy het 'n keuse tussen VRAAG 6.4 en VRAAG 6.5.
              Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae.

6.4      Visuele geletterdheid stel jou in staat om simboliese betekenis te interpreteer.
         Identifiseer die simbolisme in die foto hieronder. Motiveer jou antwoord.

                 [Bron: https://philanthropost.files.wordpress.com/2010/12/per-anders-pettersson.jpg]     (8)

                                                 OF

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Dansstudies                                       9                                DBE/November 2023
                                                 NSS

6.5      Visuele geletterdheid stel jou in staat om simboliese betekenis te interpreteer.
         Identifiseer die simbolisme in die foto hieronder. Motiveer jou antwoord.

          [Bron: https://www.designindaba.com/articles/creative-work/set-designer-es-devlin-will-take-
                                                                          stage-design-indaba-2018]        (8)
                                                                                                           [25]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 10

Dansstudies                                    10                     DBE/November 2023
                                              NSS

VRAAG 7: DANSWERK

Kies EEN danswerk wat jy bestudeer het uit die voorgeskrewe lys hieronder.

    INTERNASIONALE CHOREOGRAWE                             DANSWERKE
           George Balanchine                                  Apollo
               Alvin Ailey                                  Revelations
            Martha Graham                                   Lamentation
           Christopher Bruce                               Ghost Dances

    SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE                            DANSWERKE
             Veronica Paeper                          Orpheus in the Underworld
             Vincent Mantsoe                                 Gula Matari
               Alfred Hinkel                              Bolero OF Cargo
              Sylvia Glasser                              Tranceformations
              Mavis Becker                               Flamenco de Africa
               Hazel Acosta                                Blood Wedding
             Gregory Maqoma                         Four Seasons OF Skeleton Dry

In die ANTWOORDEBOEK, ontwerp 'n informatiewe plakkaat van die danswerk wat jy
gekies het.

Sluit die volgende inligting by jou plakkaat in:

    Naam van die danswerk
    Sinopsis
    Produksie-elemente
    Bewegingswoordeskat
    Simbolisme                                                                              (20)

LET WEL:      Gebruik TWEE A4-bladsye vir jou plakkaat. Jou ontwerp mag in portret of
              in landskap wees. Jy hoef NIE kleur in jou ontwerp te gebruik NIE. VYF
              punte sal vir kreatiwiteit, uitleg en organisering toegeken word.              (5)
                                                                                             [25]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Dansstudies                                11                         DBE/November 2023
                                          NSS

VRAAG 8: CHOREOGRAAF

Kies EEN choreograaf wat jy bestudeer het uit die voorgeskrewe lys hieronder.

  SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE                   INTERNASIONALE CHOREOGRAWE
             Alfred Hinkel                                 Alvin Ailey
           Gregory Maqoma                              Christopher Bruce
             Hazel Acosta                              George Balanchine
            Mavis Becker                                Martha Graham
            Sylvia Glasser
           Veronica Paeper
           Vincent Mantsoe

Noem die choreograaf wat jy gekies het. Skryf 'n biografiese opstel oor die
choreograaf.

LET WEL: Punte sal vir formaat toegeken word.                                             [15]

                                                             TOTAAL AFDELING B:           90
                                                                 GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [DANCE STUDIES QP GR12 SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-qp-gr12-sept-2018-afrikaans/37cfc9c3-2b05-4d9b-b0d3-d775353a4d2b) — Dance Studies · QP · 2018 · Afr
- [DANCE STUDIES QP GR12 SEPT 2018 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-qp-gr12-sept-2018-afrikaans-d/e5b53a23-b281-4261-83a1-8ec9056a9ba3) — Dance Studies · QP · 2018 · Afr
- [DANCE STUDIES GR12 QP SEPT 2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr12-qp-sept-2017-afrikaans/6e8ec17e-1b35-4332-9dc0-8782b105f04e) — Dance Studies · QP · 2017 · Afr
- [Dance Studies Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2022-eng/f7d3edf0-e3ae-492b-98f4-05b1015bb71d) — Dance Studies · QP · 2022 · Eng
- [Dance Studies Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2022-afr/eb5cb006-08f7-4e97-923c-6edaea1d79d6) — Dance Studies · QP · 2022 · Afr
- [Dance Studies Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2021-afr/13f4e292-2f45-4b33-a505-088d71e9df7e) — Dance Studies · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Dance Studies

- [Gr 12 Dan Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dan-stu-atp-2023-24/34f45b16-cd25-4879-9db2-5005d316d38b) — ATP
- [Dance Studies Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/7d49cd96-a950-4b35-aeed-714d223b568a) — Memo · 2025 · Afr
- [Dance Studies Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2025-nsc-november-exam-memorandum/6b5a22ef-70fa-43b6-a545-06b7b69ddda2) — Memo · 2025 · Eng
- [Dance Studies May-June 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/58c0edb4-e720-4bdd-8619-b5f6c751d9b8) — Memo · 2024 · Afr
- [Dance Studies PAT GR 12 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-pat-gr-12-2022-afr/eb935e23-88f3-4080-9bd5-7ddd6a239a7c) — PAT · 2022 · Afr
- [Dance Studies May June 2021 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-may-june-2021-mg-eng/4b73033f-53ae-4723-b09d-76531b5e20a5) — Memo · 2022 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
