# Dance Studies Grade 12 November 2024 NSC Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Dance Studies memorandum from the November 2024 NSC (Afrikaans), 29 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2024-mg-afr/250b7cd3-81da-4113-b7fd-10a34aaf7b13
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Dance Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Curriculum: CAPS
- Pages: 29

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dance Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dance-studies) › [Dance Studies Grade 12 November 2024 NSC Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2024-mg-afr/250b7cd3-81da-4113-b7fd-10a34aaf7b13)

## About this document

Dance Studies · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                   DANSSTUDIES

                                  NOVEMBER 2024

                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 150

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 29 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Dansstudies                                 2                           DBE/November 2024
                                    NSS – Nasienriglyne

NOTA VIR NASIENERS:

Hierdie vraestel moet deur ervare dansonderwysers/-adviseurs/-amptenare met
gespesialiseerde danskennis gemerk word.
•   Die standaardiseringsproses tydens die nasienriglynbesprekings verseker dat
    hierdie riglyne die meeste moontlike antwoorde, wat die kandidate kan voorsien,
    insluit.
•   Die nasienriglyne mag op geen wyse verander word nie.
•   Hou streng by die nasienriglyne wanneer nasien en pas konsekwent toe.
•   Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word en evalueer wat die
    kandidate weet, nie wat die kandidate nie weet nie.
•   In sekere kwalitatiewe vrae moet professionele en ingeligte oordeel toegepas word.
•   In sekere vrae, het kandidate 'n keuse. As kandidate albei vrae beantwoord het,
    merk slegs die EERSTE vraag wat beantwoord word. Trek 'n streep deur die
    tweede vraag wat nie gemerk word nie.
•   In sekere vrae waar kandidate gevra word om 'n spesifieke hoeveelheid feite te
    verskaf, moet slegs die verwagte hoeveelheid nagesien word indien meer verskaf
    word.
•   Inligting oor hoe om punte toe te ken wanneer 'n nasienrubriek gebruik word kan in
    die NOTA afdeling van daardie spesifieke vraag gevind word.
•   Kandidate mag korrekte inligting insluit wat nie noodwendig in die handboek
    verskyn nie. Onsekerheid oor enige inligting wat deur die kandidaat verskaf word,
    moet deur navorsing geverifieer word, voordat daar verder gemerk word.
•   Hoë, medium en lae kognitiewevlakke wat in elke antwoord verwag word, is
    ingesluit bokant elke vraag. Dit moet toegepas word wanneer punte toegeken word.
    Die beskrywende werkwoord/instruksiewoord in elke vraag en die taakvereistes
    moet as riglyn vir die toekenning van punte dien.
•   Die stappe waardeur kandidate moet gaan om die vraag te beantwoord, word
    onder die opskrif – DINKPROSES – ingesluit.
•   Die nasienriglyne verskaf 'n voorbeeld van 'n antwoord in 'n teksblokkie onder die
    verwagte reaksies.
    NOTA: Dit is om leiding te gee waar om 'n punt toe te ken. In sommige vrae, word
    'n voorbeeld van 'n volpunt-antwoord waar nodig, verskaf. In ander vrae word slegs
    een of twee voorbeelde verskaf.
•   Nasieners moet GEEN volpunte toeken vir antwoorde wat oppervlakkig/ minimaal is
    of waar al die vereistes van die kompleksiteitsvlak van die vraag nie nagekom is
    nie.
•   EEN √ = EEN punt, afhangend van die vereistes van die vraag, tot en met die
    maksimum punte.
•   Geen ½ punte mag toegeken word nie.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Dansstudies                                    3                         DBE/November 2024
                                       NSS − Nasienriglyne

NASIENFORMAAT:

Vrae wat een regmerk per punt vereis:
 • EEN √ = EEN punt afhangende van die vereistes van die vrae
 • Regmerke moet geplaas word, waar 'n punt vir die inhoud toegeken is

Voorbeeld:

 Vraag:         Wat is dans?

 Antwoord: Dans is beweging van die liggaam √ wat emosies uitbeeld √ en ook 'n
           storie kan kommunikeer.√                                                                (3)

 •   Waar antwoorde die maksimum punte oorskry, skryf MAKS PUNTE by die punt
     waar dit bereik was.
 •   Plaas die antwoord tussen hakies aan die linkerkant se kantlyn om aan te dui dat
     dit gelees was.
 •   Kyk op die volgende bladsy in die antwoordeboek om seker te maak dat jy nie 'n
     gedeelte van die antwoord uitgelaat het nie

Nasien van kwalietatiewe vrae:
 • Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word.
 • Alle areas moet ingesluit word om volpunte toe te ken.
 • NOTA: daar is spesifieke nasieninstruksies in die vrae wat van 'n nasienrubriek
    gebruik maak

Berekening van die puntetotaal:
• Dui die puntetotaal wat per vraag behaal is in die regterkantse kantlyn aan die
   einde van die antwoord met 'n diagonale lyn bo die totaal aan.
• Hierdie totaal moet herhaaldelik omkring word aan die begin van die vraag in die
   linkerkantse kantlyn en omsingel. Plaas jou voorletters langs hierdie totaal.

Voorbeeld:

                     VRAAGNOMMER …
       8             Begin van die antwoord
           JM

                                                     Einde van die antwoord      /8

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Dansstudies                                 4                       DBE/November 2024
                                    NSS − Nasienriglyne

AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG

VRAAG 1: BESERINGS

LAE VLAK             1.1     Kies                            5 punte
MEDIUM VLAK          1.2.1   Verduideliking                  3 punte
                     1.2.2   Verduideliking                  3 punte
                     1.3     Evaluering                      4 punte

              INHOUD VIR                                      DINKPROSES
            ASSESSERING                 Stappe wat kandidate in hulle antwoorde moet volg
1.1   Tipe beserings                  1. Herroep
1.2.1 Toespassing van korrekte        1. Herroep
      tegnieke en beserings           2. Verduidelik hoe die veilige danspraktyk beserings
      voorkoming                         voorkom
1.2.2 Danskonvensies en               1. Herroep
      beserings voorkoming            2. Verduidelik hoe die veilige danspraktyk beserings
                                         voorkom
1.3     Effek van langtermyn          1. Herroep
        behandeling                   2. Identifiseer die effek van langtermyn behandeling
                                      3. Evalueer hoe langtermyn behandeling 'n danser
                                         affekteer

1.1 KIES DIE TIPE BESERING
Verwagte reaksies:
1.1.1  B                                                                                    (1)

1.1.2    E                                                                                  (1)

1.1.3    A                                                                                  (1)

1.1.4    C                                                                                  (1)

1.1.5    D                                                                                  (1)

1.2.1 VERDUIDELIKING VAN HOE TOEPASSING VAN KORREKTE TEGNIEK(E)
      BESERINGS VOORKOM

NOTA:
o Kandidate mag 'n wye verskeidenheid voorbeelde/idees verskaf en reaksies kan
  dalk nie in die handboek verskyn nie
o Kandidate mag slegs 'n volledige verduideliking oor een tegniek verskaf of mag
  verduidelikings oor verskillende tegnieke verskaf

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Dansstudies                                5                        DBE/November 2024
                                   NSS − Nasienriglyne

Verwagte reaksies:
Moontlike areas wat met besering-voorkoming verband hou:
• Veiligheid
• Landings
• Oogfokus
• Uitdraai
• Spierongelykheid
Enige ander relevante antwoorde in verband met toepassing van die korrekte
tegniek(e) om besering te voorkom                                                           (3)

Voorbeeld van 'n antwoord:
➢ Wanneer jy deur jou voete land en jou knieё buig wanneer jy ná 'n sprong land, verseker dit
  dat jy die skok absorbeer. √
➢ Om die bene van die heupe uit te draai, vermy spanning en draaiing van jou knieё en
  enkels. √
➢ Gebruik die korrekte belyning om te balanseer. √

1.2.2 VERDUIDELIKING VAN HOE OM KLASKONVENSIES TE VOLG OM BESERINGS
      TE VOORKOM

NOTA:
o Kandidate mag 'n wye verskeidenheid voorbeelde/idees verskaf en reaksies kan
  dalk nie in die handboek verskyn nie

Verwagte reaksies:
Moontlike areas wat met beseringvoorkoming verband hou:
• Opwarming
• Afkoeling
• Ruimtelike bewustheid
• Fokus en konsentrasie
• Korrekte kleredrag
• Omgewing
Enige ander relevante antwoorde wat verband hou met die volg van klaskonvensies
om beserings te voorkom                                                                     (3)

Voorbeeld van 'n antwoord:
➢ Om aan die begin van die klas op te warm, sal dit die liggaam voorberei deur die gewrigte en
  spiere te mobiliseer. √
➢ Om sokkies te dra tydens dans kan in 'n gly veroorsaak omdat die danser geen trekkrag op
  die vloer het nie. √

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

Dansstudies                                 6                         DBE/November 2024
                                    NSS − Nasienriglyne

1.3 EVALUERING VAN HOE 'N LANGTERMYN BEHANDELINGSPLAN 'N DANSER
    KAN AFFEKTEER

NOTA:
o Kandidate moet die effek van 'n langtermyn behandelingsplan evalueer. Moenie
  punte vir slegs 'n lys van die gevolge van 'n besering toeken nie
o Moenie punte vir RYKE toeken nie, tensy RYKE in verband met 'n langtermyn
  behandelingsplan evalueer word
o Kandidate mag na positiewe en/of negatiewe effekte in hul antwoorde verwys

Verwagte reaksies:
Moontlike areas vir evaluering:
• Monitor/toesig
• Herstellingperiode
• Verder besering
• Fiksheid
• Tegniek
• Opvoeringskwaliteit
• Geheuegesondheid
• Effek op klasmaats
• Loopbaanlewensduur
Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe 'n langtermyn behandelingsplan
'n danser sou kon affekteer
                                                                                             (4)

Voorbeeld van 'n antwoord:
➢ As 'n danser nie 'n langtermynbehandelingsplan tydens herstelling van 'n besering volg nie,
  kan dit na verswakte fiksheidsvlakke lei, wat opvoering sal affekteer wannneer daar terug klas
  toe gekeur word. √
➢ Om 'n langtermynbehandelingplan te volg sal help met herstel omdat die besering konsekwent
  gemonitor en versorg sal word. √
➢ Dit kan 'n danser se geestestoestand affekteer omdat hulle agter sal raak in hul klaswerk wat
  stres en angs sal versoorsaak. √
➢ Om 'n kniebeskermer te dra kan stabiliteit vir 'n beseerde knie voorsien, wat die danser
  veiliger sal laat voel. √

                                                                                             [15]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Dansstudies                                  7                        DBE/November 2024
                                     NSS − Nasienriglyne

VRAAG 2: KOMPONENTE VAN FIKSHEID

LAE VLAK             2.1     Definiёring                      4 punte
                     2.2     Lys                              4 punte
MEDIUM VLAK          2.3     Verduideliking en stawing        4 punte
HOËVLAK              2.4.1   Analisering                      4 punte
                     2.4.2   Verduideliking en stawing        4 punte

                INHOUD VIR                               DINKPROSES
               ASSESSERING              Stappe wat kandidate in hulle antwoorde moet volg
2.1.1   Krag                          1. Herroep
2.1.2   Spieruithouvermoё             1. Herroep
2.1.3   Soepelheid                    1. Herroep
2.1.4   Neuromuskulȇre                1. Herroep
        vaardighede
2.2     Soepelheid                    1. Herroep
2.3     Voordele van komponente       1. Herroep
        van fiksheid                  2. Verduidelik die voordele in verband met goeie
                                         danstegniek
                                      3. Staaf met voorbeelde
2.4.1   Kinestetiese bewustheid en    1. Herroep
        ruimtelike bewustheid         2. Analiseer die foto
                                      3. Pas begrip toe van hoe kinestetiese bewustheid en
                                         ruimtelike bewustheid in die foto gebruik word
2.4.2   Krag                          1. Herroep
                                      2. Analiseer die foto
                                      3. Pas begrip van die ontwikkeling van krag in verband met
                                         die foto toe
                                      4. Staaf met voorbeelde

2.1.1 DEFINIEER KRAG
Verwagte reaksies:
• Krag is die vermoё van die spiere om krag teen swaartekrag/weerstand uit te
   oefen.
Enige ander relevante antwoorde in verband met die definisie van krag                        (1)

2.1.2 DEFINIEER SPIERUITHOUVERMOЁ
Verwagte reaksies:
• Die krag wat die spiere besit om vir lang tydperke te kan oefen sonder om moeg te
   word
Enige ander relevante antwoorde in verband met die definisie van spieruithouvermoё           (1)

2.1.3 DEFINIEER SOEPELHEID

Verwagte reaksies:
• Die omvang van beweging in en om die gewrigte en spiere
Enige ander relevante antwoorde in verband met die definisie van soepelheid                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Dansstudies                               8                          DBE/November 2024
                                  NSS − Nasienriglyne

2.1.4 DEFINIEER NEUROMUSKULÊRE VAARDIGHEDE

Verwagte reaksies:
• Die vermoё van die brein om boodskappe aan die liggaam deur die sentrale
   seneweestelsel in 'n onmiddellike reaksie tyd te stuur
Enige ander relevante antwoorde in verband met die definisie van neuromuskulȇre
vaardighede                                                                                 (1)

2.2 MAAK 'N LYS VAN VIER MANIERE OM SOEPELHEID DEUR STREKKING TE
   VERHOOG

NOTA:
o As meer as VIER maniere verskaf word, merk slegs die eerste VIER

Verwagte reaksies:
• Strekking plan/roetine
• Konsekwenteit
• Tyd en duur
• Dinamiese strekking
• Statiese strekking
• Asemhaling
• Spesifieke strekoefeninge
Enige ander relevante antwoorde in verband met 'n lys van hoe om soepelheid deur
strekking te verhoog                                                                        (4)

2.3 VERDUIDELIKING EN STAWING HOE DIE KOMPONENTE VAN FIKSHEID
    DANS BEVOORDEEL

NOTA:
o Kandidate mag 'n wye verskeidenheid voorbeelde/idees verskaf en reaksies kan
  dalk nie in die handboek verskyn nie
o Kandidate mag meer oor een komponent van fiksheid as 'n ander skryf
o Kandidate kan vele voorbeelde oor een komponent verduidelik
o Kandidate moet die voordele van komponente van fiksheid op goeie danstegniek,
  met gestaafde voorbeelde verduidelik. Moenie punte vir definisies toeken nie

Verwagte reaksies:
Kernstabiliteit
• Balans
• Beheer
• Postuur en belyning
Uithouvermoё
• Suurstofinname
• Energie
Soepelheid
• Omvang van beweging
• Lyn en vorm

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Dansstudies                                 9                          DBE/November 2024
                                    NSS − Nasienriglyne

Krag
• Bewegings en posisies behou
• Maatwerk
• Balans
• Beheer
Neuromuskulȇre vaardighede
• Balans
• Kinestetiese bewustheid
• Ruimtelike bewustheid
• Ratsheid
• Reaktiwiteit
• Ritme behou
• Koördinasie
Konsepte wat verband hou met alle komponente van fiksheid
• Uitvoering van beweging
• Beseringsvoorkoming
• Bewegingskompleksiteit

Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe komponente van fiksheid
voordelig vir goeie danstegniek is                                                             (4)

Voorbeeld van 'n antwoord:
➢ Soepelheid: As 'n danser soepelheid in hul heupe het sal hulle uitgedraaide bewegings met
  gemak en sonder beperking uit kan voer. √ 'n Danser sal ook die vryheid van beweging hê om
  hulle bene in beenskoppe hoog op te lig. √
➢ 'n Sterk kern sal die danser toelaat om goeie beheer en balans te hȇ wanneer hulle draaie
  uitvoer. √
➢ Kinestetiese bewustheid is voordelig vir 'n danser se tegniek omdat hulle hul eie voute sal kan
  korrigeer terwyl hulle dans. √

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Dansstudies                               10                         DBE/November 2024
                                   NSS − Nasienriglyne

2.4.1 ANALISERING VAN DIE FOTO: KINESTETIESE BEWUSTHEID EN
      RUIMTELIKE BEWUSTHEID

NOTA:
o Moenie punte vir die definïering van kinestetiese bewustheid en ruimtelike
  bewustheid toeken nie
o Kandidate se antwoorde moet verband hou met hoe kinestetiese bewustheid en
  ruimtelike bewustheid in die foto gebruik word
o Kandidate mag meer oor een as die ander skryf, maar moet albei kinestetiese
  bewustheid en ruimtelike bewustheid aanspreek om volpunte toe te ken

Verwagte reaksies:
Kinestetiese bewustheid in verband met:
• Vorm
• Verhoudings
Ruimtelike bewustheid in verband met:
• Vorm
• Verhoudings

Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe kinestetiese bewustheid en
ruimtelike bewustheid deur die dansers in die foto gebruik word                             (4)

Voorbeeld van 'n antwoord:
In die foto gebruik die dansers kinestetiese bewustheid om hul eie liggame te koordineer maar
nogsteeds een vorm in die ruimte skep. √Hulle moet bewus wees van waar die kontakpunte is
sodat hulle saam met mekaar suksesvol in die posisie kan balanseer. √ Die dansers is ruimtelik
bewus van mekaar want hulle vul mekaar se negatiewe ruimte deur naby mekaar te dans. √ Die
danser in die oranje hemp moet verstaan waar om haar arms te plaas sodat sy nie teen die ander
danser stamp nie. √
2.4.2 ANALISERING VAN DIE FOTO: ONTWIKKELING VAN KRAG

NOTA:
o Moenie punte vir algemene maniere om krag te ontwikkel toeken nie, antwoorde
  moet verband hou met die bewegings(s) wat in die foto verskyn
o Kandidate mag oefeninge meer breedvoerig verduidelik

Verwagte reaksies:
Hoe die moontlike areas ontwikkel kan word:
• Arms/bo liggaam
• Buik/rug/torso
• Heupe
• Bene
• Voete
Enige ander relevante antwoorde wat 'n verband hou met die ontwikkeling van krag om
die beweging(s) wat in die foto verskyn uit te voer                                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Dansstudies                                    11                           DBE/November 2024
                                        NSS − Nasienriglyne

Voorbeeld van 'n antwoord:
➢ Die danser in die oranje hemp kon gereelde hurke gedoen het om krag in haar bene te
  ontwikkel om op een been te kan balanseer. √
➢ Die danser in die swart hemp kon planke gedoen het om krag in die kernspiere te ontwikkel
  sodat sy die gewig van die ander danser kan behou. √

                                                                                                    [20]

VRAAG 3: ALGEMENE GESONDHEIDSORG

LAE VLAK                3.1      Kies                               5 punte
MEDIUM VLAK             3.2      Voorstelling                       5 punte

               INHOUD VIR                                       DINKPROSES
              ASSESSERING                   Stappe wat kandidate in hulle antwoorde moet volg
3.1     Voeding: voedselgroepe           1. Herroep
                                         2. Kies die geskikte voedselgroep
3.2     Voordele van dans:               1. Herroep
        inklusiwiteit en diversiteit     2. Voorstelling van maniere om inklusiwiteit en diversiteit te
                                            bevorder

3.1 KIES VOEDSELGROEPE

Verwagte reaksies:
3.1.1  C                                                                                            (1)

3.1.2       B                                                                                       (1)

3.1.3       A                                                                                       (1)

3.1.4       D                                                                                       (1)

3.1.5       B                                                                                       (1)

3.2 STEL MANIERE VOOR WAARIN INKLUSIWITEIT EN DIVERSITEIT IN DIE
    DANSKLAS BEVORDER KAN WORD

NOTA:
o Kandidate mag 'n wye verskeidenheid voorbeelde/idees verskaf en reaksies kan
  dalk nie in die handboek verskyn nie
o Kandidate mag meer oor een aspek as 'n ander skryf, maar moet albei inklusiwiteit
  en diversiteit aanspreek om volpunte toe te ken

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Dansstudies                                 12                         DBE/November 2024
                                     NSS − Nasienriglyne

Verwagte reaksies:
• Dansstyle
• Musiek
• Omgewing
• Kulturele uitdrukking
• Geslagsuitdrukking
• Visuele geletterdheid
• Samewerking
• Toeganklikheid
Enige ander relevante antwoorde in verband met maniere van hoe inklusiwiteit en
diversiteit in die klas bevorder kan word                                                       (5)

Voorbeeld van 'n antwoord:
➢ Wanneer daar groepwerk gedoen word, kan dansers elke keer met verskillende klasmaats
  werk. √
➢ Skep 'n veilige dansomgewing sodat dansers hulself kan wees. √

                                                                                                [10]

VRAAG 4: DANSOPVOERING

MEDIUM VLAK          4.1     Bespreking                         5 punte
HOËVLAK              4.2.1   Skep                               10 punte
                             OF
                     4.2.2   Skryf                              10 punte

        INHOUD VIR ASSESSERING                                DINKPROSES
                                          Stappe wat kandidate in hulle antwoorde moet volg
4.1   Toewyding, fokus en                 1. Herroep
      konsentrasie                        2. Bespreek die invloed op dansopvoering
4.2.1 Opvoeringsvaardighede:              1. Lees vir begrip
      dinamika, verpersoonlikheid,        2. Herroep
      akkuraatheid/duidelikheid van       3. Konseptualiseer 'n visuele sosialemedia-plasing
                                          4. Skep 'n sosialemedia-plasing wat die belangrikheid
      beweging
                                             van opvoeringsvaardighede beklemtoon
                                                 OF
4.2.2 Opvoeringsvaardighede:              1. Lees vir begrip
      Oorgange/vloei, uitdrukking,        2. Herroep
      teenwoordigheid/projeksie           3. Konseptualiseer 'n teks vir sosialemedia-video
                                          4. Skryf 'n teks vir sosialemedia-video
                                             wat die belangrikheid van opvoeringvaardighede
                                             beklemtoon

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Dansstudies                                  13                           DBE/November 2024
                                      NSS − Nasienriglyne

4.1 BESPREKING VAN HOE TOEWYDING, FOKUS EN/OF KONSENTRASIE
    DANSOPVOERING BEïNVLOED
NOTA:
o Kandidate mag meer oor een as die ander skryf, maar moet toewyding, fokus en/of
  konsentrasie aanspreek om volpunte toe te ken
Verwagte reaksies:
Moontlike areas wat aangespreek kan word:
• Tegniek
• Opvoeringskwaliteit
• Vertroue
• Selfvertroue/Vertroue
• Groepwerk
• Beseringsvoorkoming
Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe toewyding, fokus en/of konsentrasie
dansopvoering kan beïnvloed                                                                       (5)

Voorbeeld van 'n antwoord:
➢ As 'n danser nie toegewyd aan daaglikse oefening is nie, sal hulle nie hul tegniek kan verbeter nie,
  wat hul opvoering slordig sal laat lyk. √
➢ Dansers moet gedurende die opvoering gefokus wees anders mag hulle vas teen mekaar stamp,
  wat hul opvoering onvoorbereid sal laat lyk. √
4.2.1 SKEP VAN 'N VISUELE SOSIALEMEDIA-PLASING WAT DIE BELANGRIKHEID
      VAN OPVOERINGSVAARDIGHEDE VIR 'N DANSOUDISIE BEKLEMTOON

NOTA:
o Kandidate mag 'n wye verskeidenheid voorbeelde/idees verskaf en reaksies kan dalk
  nie in die handboek verskyn nie
o Kandidate moet die belangrikheid van dinamika, verpersoonliking en akkuraatheid/
  duidelikheid van beweging beklemtoon. Moenie punte vir slegs definisies toeken nie
o Kandidate wat nie aan die taak vereistes (visueel en/of inligting-gebaseerd) voldoen
  nie, kan nie in die hoëvlak band geplaas word nie
o Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word
o Gebruik die nasienrubriek wat verskaf word om die vlak van die kandidaat se antwoord
  te bepaal
      o Geen regmerke moet gebruik word nie
      o Plaas die hele antwoord tussen hakies aan die linkerkantse kantlyn om aan te
          dui dat die hele antwoord gelees is                                                     (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Dansstudies                                  14                          DBE/November 2024
                                      NSS − Nasienriglyne

NASIENRUBRIEK:
                                               KRITERIA
              •   Kreatiewe ontwerp, visueel geskik vir sosiale media
  HOЁ
              •   Diepgaande begrip van die opvoeringsvaardighede
  VLAK
  7–10        •   Uitstekende voorbeelde oor die belangrikheid van die opvoerings- vaardighede
                  is verskaf
              •   Voldoende/Goeie ontwerp, sommige visuele aspekte vir sosiale media geskik
 MEDIUM
              •   Voldoende/Goeie begrip van die opvoeringsvaardighede
  VLAK
   4–6        •   Voldoende/Goeie voorbeelde oor die belangrikheid van die opvoerings-
                  vaardighede word verskaf
              •   Minimale/Geen ontwerp en minimale/geen begrip van visuele aspekte wat vir
                  sosiale media geskik is (nie)
LAE VLAK
         •        Minimale/Geen begrip van opvoeringsvaardighede (nie)
   0–3
         •        Minimale/Geen voorbeelde oor die belangrikheid van die opvoerings-
                  vaardighede word verskaf (nie)

Voorbeeld van 'n antwoord:

                                             OF
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Dansstudies                                  15                          DBE/November 2024
                                      NSS − Nasienriglyne

4.2.2 SKRYF 'N TEKS VIR 'N SOSIALEMEDIA-VIDEO WAT DIE BELANGRIKHEID
      VAN OPVOERINGSVAARDIGHEDE VIR 'N DANSOUDISIE BEKLEMTOON

NOTA:
o Kandidate mag 'n wye verskeidenheid voorbeelde/idees verskaf en reaksies kan
  dalk nie in die handboek verskyn nie
o Kandidate moet die belangrikheid van oorgang/vloei, uitdrukking en
  teenwoordigheid/projeksie beklemtoon. Moenie punte vir slegs definisies toeken nie
o Kandidate wat nie aan die taak vereistes (kreatief en/of inligting-gebaseerd) voldoen
  nie, kan nie in die hoëvlak band geplaas word nie
o Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word
o Gebruik die nasienrubriek wat verskaf word om die vlak van die kandidaat se
  antwoord te bepaal
      o Geen regmerke moet gebruik word nie
      o Plaas die hele antwoord tussen hakies aan die linkerkantse kantlyn om aan
         te dui dat die hele antwoord gelees is                                                  (10)

NASIENRUBRIEK:
                                             KRITERIA
              •   Uitstekende vloei van teks met geskikte taalgebruik vir sosiale media
  HOЁ
              •   Diepgaande begrip van die opvoeringsvaardighede
  VLAK
  7–10        •   Uitstekende voorbeelde oor die belangrikheid van die opvoerings-
                  vaardighede word verskaf
              •   Voldoende/Goeie vloei van teks met taalgebruik wat tot 'n mate geskik is vir
MEDIUM            sosiale media
 VLAK         •   Voldoende/Goeie begrip van die opvoeringsvaardighede
  4–6         •   Voldoende/Goeie voorbeelde oor die belangrikheid van die opvoerings-
                  vaardighede word verskaf
              •   Minimale/Geen vloei van teks met minimale/geen begrip van taalgebruik vir
   LAE            sosiale media (nie)
  VLAK        •   Minimale/Geen begrip van die opvoeringsvaardighede (nie)
   0–3        •   Minimale/Geen voorbeelde oor die belangrikheid van die opvoerings-
                  vaardighede word verskaf (nie)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Dansstudies                                 16                          DBE/November 2024
                                     NSS − Nasienriglyne

Voorbeeld van 'n antwoord:
Hallo almal en welkom terug. Volgende in ons dansoudisie reeks sal ons op
opvoeringsvaardighede fokus. Is julle gereed? Laat ons hierdie vertoning op die pad kry. LIGTE,
MUSIEK, "SHOWTIME"!

Soos julle almal weet, ons skool se talentvertoning is om die draai en ons sal oudisies hou om die
beste van die beste uit te kies. Gebruik hierdie drie vaardighede om jou opvoering meer
onvergeetlik te maak:

   1. Dit is belangrik om goeie oorgange in jou dans te hȇ om te verseker dat wanneer jy van
      een beweging na die ander toe gaan, dit glad sal lyk. As jou dans glad vloei, sal dit jou
      opvoering moeiteloos laat lyk.
   2. Uitdrukking in 'n oudisie is goud werd. Maak seker dat jy verstaan waaroor jy dans en dat
      jy die tema geïnterpreteer het. Dit sal verseker dat die gehoor jou opvoeringstuk ook
      verstaan. Dit is ook belangrik om gesigsuitdrukkings tydens opvoering te gebruik want dit
      sal jou help om uit te staan.
   3. Projekteer en wees betrokke met die gehoor en beoordelaars want dit sal jou selfvertroue
      toon. Maak seker dat jou ooglyn opgelig is, sodat jy die verbintenis met die gehoor kan
      maak.

Reg, dis al van my af. Alle beste in die voorbereiding vir jou dansoudisie. Beste wense en sien jou
volgende keer. Moenie vergeet om te "like", "share" en "save this post".

                                                                                                [15]

                                                               TOTAAL AFDELING A:               60

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Dansstudies                                  17                        DBE/November 2024
                                      NSS − Nasienriglyne

AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN GELETTERDHEID

VRAAG 5: IMPROVISASIE EN CHOREOGRAFIE

LAE VLAK             5.1    Kies                               6 punte
MEDIUM VLAK          5.2    Bespreking                         5 punte
                            OF
                     5.3    Bespreking                         5 punte
                     5.4    Verduideliking                     4 punte
HOËVLAK              5.5    Beskryf in hooftrekke              10 punte

               INHOUD VIR                                      DINKPROSES
             ASSESSERING                 Stappe wat kandidate in hulle antwoorde moet volg
5.1     Choreografiese strukture       1. Herroep
5.2     Improvisasie vaardighede       1. Herroep
                                       2. Reflekteer oor eie ervaring
                                       3. Pas begrip toe van hoe improvisasie vaardighede en
                                          vermoё as 'n danser/choreograaf verbeter
                                                   OF
5.3     Konvensionele and nie-         1. Herroep
        konvensionele                  2. Reflekteer oor eie ervaring
        opvoerruimtes                  3. Pas begrip toe van hoe konvensionele en/of nie-
                                          konvensionele opvoerruimtes choreografie affekteer
5.4     Choreografie: narvoring        1. Herroep
                                       2. Reflekteer oor eie ervaring
                                       3. Pas begrip toe van die rol van navorsing wanneer daar
                                          vir 'n choreografie beplan word
5.5     Multidissiplinȇre/             1. Lees vir begrip
        interdissiplinȇre opvoering    2. Herroep
                                       3. Konseptualiseer 'n opvoeringstuk wat kunsopvoeding
                                          verdedig
                                       4. Beskryf die idee van die opvoeringstuk in hooftrekke

5.1 KIES CHOREOGRAFIESE STRUKTURE

Verwagte reaksies:
5.1.1  Kanon                                                                                   (1)

5.1.2    Stilte                                                                                (1)

5.1.3    Ingevlegde vorms                                                                      (1)

5.1.4    Klimaks                                                                               (1)

5.1.5    Unisoon                                                                               (1)

5.1.6    Sekwensie                                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Dansstudies                               18                        DBE/November 2024
                                   NSS − Nasienriglyne

5.2 BESPREKING VAN HOE IMPROVISASIE VAARDIGHEDE EN VERMOЁ KAN
    VERBETER

Verwagte reaksies:
Moontlike areas wat bespreek kan word:
• Kreatiwiteit
• Bewegingswoordeskat
• Tegniek
• Opvoeringskwaliteit
• Tydsbestuur
• Kommunikasie
• Probleemoplossing
• Waardes en houding
Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe improvisasie vaardighede en
vermoё as 'n danser en/of choreograaf kan verbeter                                          (5)

Voorbeeld van 'n antwoord:
➢ Improvisasie kan tegniek verbeter omdat dit ekstra geleenthede bied vir dansers om
  bewegings te oefen wat hulle dalk in die klas geleer het. √
➢ Improvisasie kan ook 'n danser se bewegingswoordeskat uitbrei omdat hulle nuwe maniere
  van beweging ondersoek. √
➢ Improvisasie leer choreograwe hoe om probleme wat dalk in die oefensessie kan opduik, op
  te los. √

                                          OF

5.3 BESPREKING VAN HOE KONVENSIONELE EN/OF NIE-KONVENSIONELE
    OPVOERRUIMTES CHOREOGRAFIE AFFEKTEER

NOTA:
o Kandidate moet hoe konvensionele en/of nie-konvensionele opvoeruimtes
  choreografie affekteer, bespreek. Moenie punte vir die beskrywing van die
  opvoerruimte toeken nie

Verwagte reaksies:
Moontlike areas wat bespreek kan word:
• Ruimte
• Vloer
• Rigting van die opvoering
• Ingange en uitgange
• Beligting
• Klank
• Visuele/spesiale effekte
• Rol/posisie van die gehoor
Enige ander relevante antwoorde in verband met hoe konvensionele en/of nie
konvensionele opvoerruimtes choreografie affekteer                                          (5)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 19

Dansstudies                               19                        DBE/November 2024
                                   NSS − Nasienriglyne

Voorbeeld van 'n antwoord:
➢ Konvensionele opvoerruimtes beïnvloed die choreografie want die choreograaf sal die
  beligting wat sal help om hul tema oor te dra, moet oorweeg . √
➢ 'n Nie-konvensionele opvoerruimte laat choreograwe toe om elemente in die ruimte te
  inkorporeer om die tema van hulle dans te ondersteun. √

5.4 VERDUIDELIKING VAN DIE ROL VAN NAVORSING WANNEER DAAR VIR
   CHOREOGRAFIE BEPLAN WORD

Verwagte reaksies:
Moontlike areas wat aangespreek kan word:
• Begrip van die onderwerp/tema
• Konseptualisering
• Kreatiwiteit/inspirasie/oorspronklikheid
• Beweging
• Produksie elemente
• Musiek en/of begeleiding
Enige ander relevante antwoorde in verband met die rol van navorsing wanneer daar
vir 'n choreografie beplan word                                                            (4)

Voorbeeld van 'n antwoord:
➢ Navorsing help choreograwe om hul tema beter te verstaan en hul choreografie lewe op die
  verhoog te gee. √
➢ Navorsing verskaf choreograwe met duidelike rigting; dit veroorsaak dat geen tyd in die
  oefensessies gemors word nie. √
➢ Navorsing van die tema laat die choreograaf toe om te sien wat alreeds gedoen was sodat
  hulle nuwe en opwindende materiaal kan skep. √

5.5 BESKRYF IN HOOFTREKKE 'N MULTIDISSIPLINÊRE/INTERDISSIPLINÊRE
   OPVOERINGSTUK OM VIR KUNSOPVOEDING VOORSPRAAK TE MAAK
NOTA:
o Kandidate mag 'n wye verskeidenheid voorbeelde/idees verskaf en reaksies sal nie
  in die handboek verskyn nie
o Kandidate moet in hooftrekke 'n opvoeringstuk bespreek/idee wat voorspraak maak
  vir kunsopvoeding. Moenie punte vir 'n algemene beskrywing van 'n
  mulitdissiplinȇre/ interdissiplinȇre produksie toeken nie.
o Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word
o Gebruik die nasienrubriek wat verskaf word om die vlak van die kandidaat se
  antwoord te bepaal
      o Geen regmerke moet gebruik word nie
      o Plaas die hele antwoord tussen hakies aan die linkerkantse kantlyn om aan
          te dui dat die hele antwoord gelees is

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 20

Dansstudies                                 20                          DBE/November 2024
                                     NSS − Nasienriglyne

Verwagte reaksies:
Moontlike areas wat aangespreek kan word:
Insluiting van TWEE of meer kunsvorms:
• Dans
• Drama
• Musiek
• Visuele Kuns
• Ontwerp
Storie/tema/intensie
• Inspirasie
• Narratiewe/abstrak
• Bewegingswoordeskat/styl
• Teks/gesproke woord
• Lied lirieke
Produksie-elemente
• Opvoerruimte
• Beligting
• Stelontwerp
• Rekwisiete
• Kostuums
• Musiek/begeleiding
• Visuele effekte/fotos
• Tegnologïe/ spesiale effekte
Verhoogplasing
• Hoeveelheid kunstenaars
• Plasing
• Patroon
• Formasie
Voorspraak
• Media/sosiale media platforms
• Gemeenskap platforms
• Tegnologie
• Voorspraak
• Uitreikking
• Opvoeding
•   Simbolisme
Enige ander relevante antwoorde in verband met die beskrywing in hooftrekke van 'n
multidissiplinȇre/interdissiplinȇre opvoeringstuk/idee wat vir kunsopvoeding voorspraak
maak                                                                                           (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 21

Dansstudies                                  21                           DBE/November 2024
                                      NSS − Nasienriglyne

NASIENRUBRIEK:
                                            KRITERIA
              •   Diepgaande begrip van 'n multidissiplinȇre/interdissiplinȇre opvoeringstuk
  HOЁ         •   Uitstekende vermoё om 'n multidissiplinȇre/interdissiplinȇre opvoeringstuk,
  VLAK            wat vir kunsopvoeding voorspraak maak, in hooftrekke te bespreek
  7–10        •   Verskaf 'n wye omvang van innoverende/kreatiewe voorbeelde om die idee
                  te ondersteun
              •   Voldoende/Goeie begrip van 'n multidissiplinȇre/interdissiplinȇre
                  opvoeringstuk
MEDIUM        •   Voldoende/Goeie vermoё om 'n multidissiplinȇre/interdissiplinȇre
 VLAK             opvoeringstuk, wat vir kunsopvoeding voorspraak maak, in hooftrekke te
  4–6             bespreek
              •   Verskaf 'n paar innoverende/kreatiewe voorbeelde om die idee te
                  ondersteun
              •   Minimale/Geen begrip van 'n multidissiplinȇre/interdissiplinȇre
                  opvoeringstuk (nie)
   LAE
              •   Minimale/Geen vermoё om 'n multidissiplinȇre/interdissiplinȇre
  VLAK
                  opvoeringstuk, wat vir kunsopvoeding voorspraak maak, in hooftrekke te
   0–3
                  bespreek (nie)
              •   Verskaf minimale/geen voorbeelde om die idee te ondersteun (nie)

Voorbeeld van 'n antwoord:
Hierdie stuk sal met een danser op die verhoog begin wat op die klank van hul eie stem
beweeg. 'n Enkele lig sal op die danser verskyn terwyl hulle 'n storie vertel oor hoe die
kunste hul lewe verander het. Een vir een neem meer kunstenaars deel aan hierdie motief
en die gesproke teks word dan 'n lied. Die kunstenaars sal dan in unisoon beweeg om
eenheid tussen die kunste te simboliseer. Geleidelik beweeg die kunstenaars na die middel
van die verhoog en sing in een stem wat hul algemene doel om vir kunsopvoeding
voorspraak te maak, simboliseer.

Wanneer hulle die middel van die verhoog tref, stop die lied en hulle draai om na die gehoor
in stilte te staar, om die belangrike aspekte van kunsopvoeding wat op hul T-hemde geverf
is, bloot te stel. Die bont gekleurde woorde van "aanvaardiging", "kreatiewe vryheid",
"samewerking", "vertroue", "inklusiwiteit" is treffend teen die dowwe agtergrond van die
verhoog. In stilte begin die kunstenaars hul T-hemde omruil wat simbolies is van hoe
opvoeding deur die kunste 'n saamwerkende en aahoudende proses is. Soos die lewendige
musiek begin speel, word die ligte helderder en die kunstenaars begin saamdans om die
konstante ondersteuning en veilige ruimte wat die kunste verskaf, uit te beeld.

Die stuk sal eindig waar al die kunstenaars tussen die gehoor beweeg en die woorde "Kuns
vir een, Kuns vir almal" uit te spreek. Dit is simbolies van hoe aansteeklik die invloed van die
kunste is en dat dit sal aanhou groei en verandering in vele lewens bring.

                                                                                                  [25]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 22

Dansstudies                                22                       DBE/November 2024
                                    NSS − Nasienriglyne

VRAAG 6: DANSGELETTERDHEID

LAE VLAK             6.1     Kies                            6 punte
                     6.2     Verduideliking en stawing       4 punte
                     6.3.1   Identifisering                  2 punte
MEDIUM VLAK          6.3.2   Beskrywing                      8 punte
HOË VLAK             6.4     Verskaffing en stawing          5 punte

         INHOUD VIR ASSESSERING                            DINKPROSES
                                       Stappe wat kandidate in hulle antwoorde moet volg
6.1     Dansverwante loopbane          1. Herroep
6.2     Dansverwante loopbane          1. Herroep
        dansonderwyser/dansinstrukteur 2. Verduidelik die belangrikheid van die vaardighede
6.3.1   Dansvorme                      1. Herroep
6.3.2   Dansvorme en dansbeginsels     1. Herroep
                                       2. Onderskei die beginsels van die twee dansvorme
                                       3. Beskryf hoe die dansbeginsels verskillend in elk van
                                          die dansvorme gebruik word
6.4     Dansfusie/-samesmelting        1. Herroep
                                       2. Verstaan die impak van dansfusie/-samesmelting
                                       3. Formuleer 'n gestaafde opinie of dansfusie/
                                          -samesmelting voordelig vir dans is

6.1 KIES DANSVERWANTE LOOPBANE

Verwagte reaksies:
6.1.1  Professionele danser                                                                 (1)

6.1.2    Choreograaf                                                                        (1)

6.1.3    Dansterapeut                                                                       (1)

6.1.4    Danskritikus                                                                       (1)

6.1.5    Dansnavorser                                                                       (1)

6.1.6    Dansvideograaf                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 23

Dansstudies                               23                         DBE/November 2024
                                   NSS − Nasienriglyne

6.2 VERDUIDELIKING VAN DIE BELANGRIKHEID VAN DIE VAARDIGHEDE
   BENODIG VIR 'N DANSONDERWYSER/INSTRUKTEUR

NOTA:
o Kandidate moet die belangrikheid van die vaardighede wat benodig is, staaf.
  Moenie punte vir slegs verduidelikings van die vaardighede toeken nie

Verwagte reaksies:
• Beplanning
• Tydsbestuur
• Kommunikasie
• Probleem oplossing
• Choreografering
• Geduld
Enige ander relevante antwoorde wat verband hou met die belangrikheid van die
vaardighede benodig vir 'n dansopvoeder/instrukteur                                         (4)

Voorbeeld van 'n antwoord:
➢ 'n Dansonderwyser moet goeie tydsbestuur vaardighede hê om hul lesse doeltreffend te laat
  loop. √
➢ Die onderwyser help ons wanneer ons choreografeer, wat beteken dat hulle 'n probleem goed
  kan oplos. √

6.3.1 IDENTIFISERING VAN DANSVORME

NOTA:
o Merk slegs die eerste TWEE dansvorme as meer verskaf word

Verwagte reaksies:
• Ballet
• Hip Hop
• Kontemporȇre dans
• Afrika-dans
• Jazz
• Spaanse dans
Enige ander relevante antwoorde in verband met die identifisering van dansvorme             (2)

6.3.2 BESKRYWING VAN HOE DIE DANSBEGINSELS VERSKILLEND IN DIE
      DANSVORME WAT IN VRAAG 6.3.1 IDENTIFISEER IS, GEBRUIK IS

NOTA:
o Kandidate moet beskryf hoe die beginsels verskillend gebruik word vir elk van die
  dansvorme wat in vraag 6.3.1 geïndentifiseer is. Moenie punte vir algemene
  antwoorde toeken nie
o Ken EEN punt per kolpunt vir die eerste dansvorm geïdentifiseer toe
o Ken EEN punt per kolpunt vir die tweede dansvorm geïdentifiseer toe                       (8)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 24

Dansstudies                                24                         DBE/November 2024
                                    NSS − Nasienriglyne

Voorbeeld van 'n antwoord:
➢ In Jazz gebruik dansers hul kop om te fokus tydens 'n draai. √
➢ Kontemporȇre dansers gebruik die gewig van die kop om momentum te kry in 'n vooruit
  swaai. √
➢ Jazz-dansers gebruik isolasie in hul arm bewegings asook "jazz hands". √
➢ Kontemporȇre dansers verplaas hul gewig in hul arms en hande om balans te verseker
  wanneer hulle op die vloer skyf. √

6.4 VERSKAF 'N GESTAAFDE OPINIE OF FUSIE/SAMESMELTING VAN
   DANSVORME DANS BEVOORDEEL

NOTA:
o Kandidate mag ‘n wye verskeidenheid voorbeelde/idees verskaf en reaksies kan
  dalk nie in die handboek verskyn nie
o Kandidate kan saamstem en/of nie saamstem nie of die fusie/samesmelting van
  dansvorme dans bevoordeel
o Opinies moet gestaaf word

Verwagte reaksies:
Moontlike areas wat aangespreek kan word:
• Nuwe bewegingswoordeskat
• Nuwe tegnieke
• Bring verskillende kulture bymekaar
• Erkenning
• Evolusie van dans
• Dekolonisasie
• Verlies van suiwer dansvorme
• Gebrek aan begrip
Enige ander relevante antwoorde wat verband hou daarmee of die fusie/samesmelting
van dansvorme voordelig vir dans is                                                          (5)

Voorbeeld van 'n antwoord:
Dans is 'n kunsvorm wat gedurig verander in aanmerking tot die wȇreld wat vinnig verander.
Dansfusie is voordelig vir dans omdat dit verskillende dansvorme toelaat om te kombineer en
nuwe danstegnieke te vorm. √ Dansfusie laat ook toe dat nuwe bewegingswoordeskat ontwikkel
word wat bydra tot die evolusie van dans. √ Dansfusie kan voordelig vir dans wees omdat dit 'n
platform skep waar alle dansvorme gesien en erken kan word. √ Ek dink dat dansfusie voordelig
vir dans is omdat dit samewerking tussen mense van verskillende kulture toelaat, √ wat 'n gevoel
van gelykheid tussen dansvorme skep. √

                                                                                             [25]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 25

Dansstudies                                 25                          DBE/November 2024
                                     NSS − Nasienriglyne

VRAAG 7: DANSWERK

MEDIUM LEVEL         7.1    Skryf                               15 punte
                     7.2    Verduideliking                      5 punte
HOЁVLAK              7.3    Verskaffing en stawing              5 punte

               INHOUD VIR                                 DINKPROSES
             ASSESSERING              Stappe wat kandidate in hulle antwoorde moet volg
7.1     Danswerk: produksie         1. Herroep
        elemente en simboliese      2. Pas begrip van simboliese betekenis aan produksie
        betekenis                      elemente toe
                                    3. Skryf 'n opstel
7.2     Danswerk: ruimte en/of krag 1. Herroep bewegingswoordskat
        wat in die danswerk gebruik 2. Herroep ruimte en/of krag
        is                          3. Verduidelik hoe ruimte en/of krag gebruik word om die
                                       tema uit te beeld
7.3     Danswerk: invloed op        1. Herroep
        vandag se konteks           2. Begrip van vandag se konteks
                                    3. Pas begrip toe van die hedendaagse tye tot die
                                       tema/intensie van die danswerk
                                    4. Formuleer 'n gestaafde opinie

7.1 SKRYF 'N OPSTEL OOR HOE PRODUKSIE ELEMENTE SIMBOLIESE
    BETEKENIS KOMMUNIKEER

NOTA:
o Kandidate mag meer oor een produksie element as 'n ander skryf
o Kandidate moet verduidelik hoe alle voorbeelde wat verskaf word, simbolies
  gebruik is
o Kandidate wat nie aan die taak vereistes (opstel) voldoen nie, kan nie in die hoëvlak
  band geplaas word nie
o Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word
o Gebruik die nasienrubriek wat verskaf word om die vlak van die kandidaat se
  antwoord te bepaal
     o Geen regmerke moet gebruik word nie
     o Plaas die hele antwoord tussen hakies aan die linkerkantse kantlyn om aan
        te dui dat die hele antwoord gelees is

Verwagte reaksies:
• Opvoerruimtes: konvensioneel en nie-konvensionele ruimtes
• Stelontwerp
• Agterdoek
• Rekwisiete
• Beligtingontwerp/spesiale effekte, projeksies
• Kostuums en grimering
• Musiek/begeleiding
• Tegnologie
• Multidissiplinȇre werke
Enige ander relevante antwoorde in veband met hoe produksie elemente simboliese
betekenis kommunikeer
                                                                                                (15)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 26

Dansstudies                                 26                        DBE/November 2024
                                     NSS − Nasienriglyne

NASIENRUBRIEK:
                                             KRITERIA
                     •   Uitstekende vloei en organisering van inligting
 UITSTEKEND          •   Diepgaande begrip van hoe produksie-elemente simboliese betekenis
    12–15                oordra
                     •   Verskaf ‘n wye verskeidenheid van voorbeelde wat gestaaf is
                     •   Goeie vloei en organisering van inligting
  BEDUIDEND          •   Goeie begrip van hoe produksie-elemente simboliese betekenis
    10–11                oordra
                     •   Verskaf 'n verskeidenheid voorbeelde wat gestaaf is
                     •   Voldoende vloei en organisering van inligting
 VOLDOENDE           •   Voldoende begrip van hoe produksie-elemente simboliese betekenis
    8–9                  oordra
                     •   Verskaf 'n aantal voorbeelde wat gestaaf is
                     •   Basiese vloei en organisering van inligting
BEVREDIGEND          •   Basiese begrip van hoe produksie-elemente simboliese betekenis
    5–7                  oordra
                     •   Verskaf 'n aantal voorbeelde wat wel of nie gestaaf is nie
                     •   Minimale/Geen vloei en organisering van inligting (nie)
  NIE BEHAAL
                     •   Minimale/Geen begrip van hoe produksie-elemente simboliese
      NIE
                         betekenis oordra (nie)
      0–4
                     •   Minimale/Geen voorbeelde word verskaf (nie)

7.2 VERDUIDELIKING VAN HOE RUIMTE EN/OF KRAG DIE TEMA UITBEELD

NOTA:
o Kandidate mag meer oor een danselement as die ander skryf.
o Kandidate mag slegs oor een danselement skryf
o Kandidate moet verduidelik hoe die choreograaf ruimte en/of krag gebruik het, om
  die tema(s) of idee(s) van die danswerk uit te beeld

Verwagte reaksies:
Ruimte
o Vlakke
o Rigting
o Positiewe ruimte
o Negatiewe ruimte
o Unisoon
o Kanon
o Patroon/formasie
o Ingevlegde vorms
Krag
o Kontras en dinamika
o Grootte
o Aksent
o Gewig
o Energie/moeite

Enige ander relevante antwoord in verband met hoe ruimte en/of krag die tema(s) of
idee(s) van die danswerk uit beeld                                                           (5)
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 27

Dansstudies                               27                        DBE/November 2024
                                   NSS − Nasienriglyne

Voorbeeld van 'n antwoord:
➢ In Lamentation, het Martha Graham 'n enkele danser op 'n bankie geplaas om eensaamheid
  verder te beklemtoon.√
➢ Unisoon was deur "Die Dood" in Ghost Dances gebruik om die gevoel van eenheid tussen
  die burgers uit te beeld. √
➢ Skerp bewegings was in die "Winter Seisoen" van Four Seasons gebruik, om die wrede
  realiteit van winter uit te beeld. √

7.3 VERSKAF 'N GESTAAFDE OPINIE OOR OF DIE DANSWERK 'N POSITIEWE
    INVLOED IN VANDAG SE KONTEKS HET

NOTA:
o Kandidate mag 'n wye verskeidenheid voorbeelde/idees verskaf en reaksies kan
  dalk nie in die handboek verskyn nie
o Kandidate mag saam stem of nie saam stem of die danswerk 'n positiewe invloed
  op vandag se konteks het nie, of kandidate mag 'n opinie wat saam stem en nie
  saam stem nie in hul antwoord, verskaf
o Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word

Verwagte reaksies:
Moontlike areas wat ingelsuit kan word:
o Tema(s)
o Sosio-politieke kwessies
o Relevansie
o Kulturele/godsdienstige gelowe
o Verhoudings
Enige ander relevante antwoorde wat verwant hou met of die danswerk 'n positiewe
invloed op vandag se konteks het                                                            (5)

Voorbeeld van 'n antwoord:
Ek dink dat Ghost Dances 'n positiewe invloed op vandag se konteks het, want dit leer ons oor
die invloed van die oortreding van menseregte. √ Ghost Dances leer ons dat geweld en
vernietiging nie die onderliggende probleme oplos nie. √ Nadat ek Ghost Dances gekyk het, het
ek die belangrikheid van gemeenskap en eenheid geleer. Dit het my geleer om mekaar in vandag
se samelewing te vier. √ Die konsep van Ghost Dances is vandag relevant soos ons saam as 'n
gemeenskap staan om te veg vir wat reg is. √ Ghost Dances het my as persoon positief beïnvloed
omdat dit my geleer het hoe om sterk te wees, net soos "Die Dood". √

                                                                                            [25]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 28

Dansstudies                                 28                        DBE/November 2024
                                     NSS − Nasienriglyne

VRAAG 8: CHOREOGRAAF

LAE VLAK             8.1   Verskaffing                        5 punte
                     8.2   Bespreking                         5 punte
HOЁVLAK              8.3   Evaluering                         5 punte

                INHOUD VIR                               DENKPROSES
              ASSESSERING               Stappe wat kandidate in hulle antwoorde moet volg
8.1     Choreograaf: agtergrond en    1. Herroep
        vroeё dansopleiding
8.2     Choreograaf: persoonlike      1. Herroep
        en artistieke invloede
8.3     Choreograaf en funkies van    1. Herroep
        dans in die samelewing        2. Pas begrip van choreograaf se bydrae in verband met
                                         die funksies van dans in die samelewing toe
                                      3. Evalueer die impak

8.1 VERSKAF INLIGTING OOR DIE AGTERGROND EN VROEЁ DANSOPLEIDING
    VAN DIE CHOREOGRAAF

Verwagte reaksies:
• Plek van geboorte/datum
• Nasionaliteit
• Grootword/sosio-politieke konteks
• Dansskole
• Dansstyle
• Vroeё opleiding geleenthede of die gebrek daarvan
• Vroeё invloede
Enige ander relevante antwoorde in verband met die agtergrond en vroeё
dansopleiding van die choreograaf
                                                                                              (5)

8.2 BESPREKING VAN PERSOONLIKE EN ARTISTIESE INVLOEDE DEURLOPEND
DEUR DIE CHOREOGRAAF SE PROFESSIONELE LOOPBAAN

NOTA:
  o Moet nie punte toeken as kandidaat net invloede gelys het nie, kandidate moet die
     invloede bespreek.

Verwagte reaksies:
• Inspirasie
• Impak van onderwysers/mense
• Samelewing
• Politiek
• Ander kunstenaars
Enige ander relevante antwoorde in verband met die persoonlike en artistiese invloede
deurlopend deur die choreograaf se professionele loopbaan                                     (5)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 29

Dansstudies                                29                         DBE/November 2024
                                   NSS – Nasienriglyne

8.3 EVALUERING VAN DIE CHOREOGRAAF SE IMPAK OP DIE FUNKSIES VAN
    DANS IN DIE SAMELEWING

NOTA:
o Lees die hele antwoord voordat punte toegeken word
o Kandidate moet die impak wat die choreograaf op die funksies van dans het,
  evalueer. Moenie punte vir slegs definïering van die funksies van dans toeken nie
o Kandidate mag op een funksie van dans uitbrei of vele

Verwagte reaksies:
Bydrae tot dans in verband met:
• Uitreikprogramme
• Opvoeding
• Vermaak
• Protes/aktivisme
• Genesing
• Pret
• Loopbaan/werkskepping
Enige ander relevante antwoorde in verband met die choreograaf se impak op die
funksies van dans in die samelewing                                                       (5)

Voorbeeld van 'n antwoord:
Gregory Maqoma het die Suid-Afrikaanse samelewing beïnvloed deur om 'n platform vir dansers
om professioneel op te tree en geld te verdien, verskaf. √ Maqoma het ook werke wat sosio-
politieke temas aanspreek geskep, wat belangrike boodskappe met die samelewing
kommunikeer. √ Maqoma is betrokke by vele uitreikprogramme wat pret vir hul deelnemers
verskaf. √ Maqoma het ook studente gementor om dansaktiviste te word om hul eie
gemeenskappe/samelewing te beïnvloed. √ Ten laaste, Maqoma het vermaak vir die samelewing
voorsien deur tyd vir ontspanning asook 'n manier om deur kuns verryk te word, verskaf. √

                                                                                          [15]

                                                             TOTAAL AFDELING B:           90
                                                                 GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Dance Studies Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2024-eng/3f71ca72-941a-4937-aa1f-2c5000350a76) — Dance Studies · QP · 2024 · Eng
- [Dance Studies Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2024-afr/f5975c7a-d2e8-4ce4-9f41-cfd851dce504) — Dance Studies · QP · 2024 · Afr
- [Dance Studies May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/1a10b306-4323-47d9-82b8-f17038fede87) — Dance Studies · QP · 2024 · Afr
- [Dance Studies May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/22a3f5cb-3303-4342-b7dd-96e179e61fc6) — Dance Studies · QP · 2024 · Eng
- [Dance Studies Nov 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2023-mg-eng/afaf1b92-0ecd-4e79-9d21-14bb20a9e1b9) — Dance Studies · Memo · 2023 · Eng
- [Dance Studies May June 2021 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-may-june-2021-mg-eng/4b73033f-53ae-4723-b09d-76531b5e20a5) — Dance Studies · Memo · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Dance Studies

- [Gr 12 Dan Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dan-stu-atp-2023-24/34f45b16-cd25-4879-9db2-5005d316d38b) — ATP
- [Dance Studies May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-may-june-2025-eng/9d7a5f87-c4e5-4622-a6a7-d2ccac565714) — QP · 2025 · Eng
- [Dance Studies Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2025-nsc-november-exam-question-paper/c150552f-ecf9-4c18-9412-3a97c1b79358) — QP · 2025 · Eng
- [Dance Studies Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dance-studies-2025-nsc-november-exam-question-paper/750eccb6-695f-44c1-ab84-87cf2c25e9cb) — QP · 2025 · Afr
- [Dance Studies May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-may-june-2023-eng/a94d5c11-fc64-4973-9a09-8f3253289fc7) — QP · 2023 · Eng
- [Dance Studies Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-nov-2023-afr/ace775ce-02ad-42f6-9e43-188071df2e93) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
