# Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2015 QP (Afr)

> Grade 11 Dance Studies question paper from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-qp-gr11-nov-2015-afr/fb4bb08d-9e08-4830-a135-f023bf152fe8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dance Studies
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Dance Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/dance-studies) › [Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-qp-gr11-nov-2015-afr/fb4bb08d-9e08-4830-a135-f023bf152fe8)

## About this document

Dance Studies · Grade 11 · Eastern Cape November · 2015. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 11

                     NOVEMBER 2015

                       DANSSTUDIES

PUNTE:   100

TYD:     3 uur

                              *IDNCA*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  DANSSTUDIES                             (EC/NOVEMBER 2015)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. Beantwoord SLEGS NEGE vrae.

2.    Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

      AFDELING A: Bestaan uit VYF vrae.
      Let daarop dat jy ŉ keuse het tussen VRAAG 2 en VRAAG 3 in hierdie
      afdeling. Indien jy beide vrae beantwoord, sal slegs die eerste vraag wat
      beantwoord is, nagesien word.
      AFDELING B: Bestaan uit VYF vrae.
                  Beantwoord al die vrae in hierdie afdeling.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

4.    Lees elke vraag aandagtig deur en let op wat vereis word.

5.    Jy mag rowwe beplanning in die ANTWOORDEBOEK doen. Trek ŉ streep
      deur enige werk wat NIE nagesien moet word NIE.

6.    Jy sal geassesseer word op jou vermoë om:

           Goeie Afrikaans te gebruik (Skryf slegs in een taal.)
           Inligting te organiseer en duidelik oor te dra
           Die spesifieke formaat te gebruik wat in bepaalde vrae vereis word
           Spesiale dansterminologie te gebruik, waar nodig

7.    Skryf netjies en leesbaar.

8.    Gebruik die tabel hieronder as ŉ riglyn vir puntetoekenning en tydindeling
      wanneer elke vraag beantwoord word.

                 AFDELING                 VRAAG           PUNTE          TYD
                                                                       (minute)
      A: Veilige Danspraktyk                 1               10
         en Gesondheidsorg                   2               10
         (Keuse tussen VRAAG 2               3               10            60
          en 3)                              4               10
                                             5               10
      B: Dansgeskiedenis en                  6               10
         Geletterdheid                       7               15
                                             8               15           120
                                             9                8
                                            10               12
                                          TOTAAL            100           180

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                       DANSSTUDIES                                            3

AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYKE EN GESONDHEIDSORG

VRAAG 1: POSTUUR/OPWARM EN AFKOEL

1.1    Beskryf hoe jy jou postuur in dans moet hou.                                            (3)

1.2    Hoe kan jy ŉ goeie postuur verbeter en onderhou?                                        (2)

1.3    Waarom is dit belangrik om die liggaam voor ŉ dansklas op te warm?                      (3)

1.4    Om af te koel aan die einde van ŉ klas is baie belangrik. Bespreek wat
       gedurende die afkoelperiode gedoen moet word.                                       (2)
                                                                                          [10]

JY HET ’N KEUSE TUSSEN VRAAG 2 EN VRAAG 3.

VRAAG 2 (KEUSEVRAAG): ANATOMIESE AKSIES/SPIERE

2.1    Gee die anatomiese terme vir die volgende:

       2.1.1    Vermindering van die gradiënt (hoek) tussen twee beendere/om ŉ
                gewrig toe te maak                                                             (1)

       2.1.2    Die gradiënt (hoek) tussen twee beendere word vermeerder
                (groter)/om ŉ gewrig oop te maak                                               (1)

       2.1.3    Laterale beweging weg van die middellyn van die liggaam                        (1)

       2.1.4    Sirkelvormige beweging rondom die lang as (spil) van die liggaam               (1)

       2.1.5    Punt van die tone                                                              (1)

2.2    2.2.1    Noem die hoofspier wat die kop help beweeg.                                    (1)

       2.2.2    Noem die groot spier wat sy aanhegtingspunt het aan die onderent
                van die skedelbeen, nek en torakale werwels en dit word by die
                klavikel aangeheg.                                                             (1)

       2.2.3    Noem die groot spier in die borskas wat adduksie en mediale rotasie
                van die humerus laat plaasvind.                                                (1)

       2.2.4    Noem die spier wat die kuit sy ronde voorkoms gee.                             (1)

       2.2.5    Noem die spiere verantwoordelik vir fleksie van die bolyf, laterale
                fleksie en rotasie. Hierdie spiere help om die postuur te behou.           (1)
                                                                                          [10]

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               DANSSTUDIES                             (EC/NOVEMBER 2015)

VRAAG 3 (KEUSEVRAAG): RUGGRAAT/ANATOMIESE AKSIES

3.1   Benoem die VIER areas van die ruggraat soos in die diagram hieronder
      aangedui word. Skryf slegs die antwoord langs A, B, C en D neer in jou
      ANTWOORDEBOEK.

                                                                                      (4)

3.2   Gee TWEE funksies van die ruggraat.                                             (2)

3.3   Gee DRIE anatomiese aksies van die ruggraat.                                    (3)

3.4   Hoeveel werwels het die ruggraat?                                               (1)
                                                                                     [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                      DANSSTUDIES                                            5

VRAAG 4: VLOER/KNIE-BELYNING/VERREKTE SPIER

4.1    Verduidelik hoe die korrekte dansvloer die veiligheid van dansers kan
       verseker.                                                                           (3)

4.2    Wat is belyning en waarom is die korrekte belyning van die knieë belangrik
       vir ŉ danser?                                                                       (3)

4.3    Bespreek die onmiddellike behandeling vir iemand wat ŉ spier verrek het
       gedurende ŉ dansklas.                                                              (4)
                                                                                         [10]

VRAAG 5: BEGINSELS VAN LIGGAAMSKONDISIONERING/KRAG

5.1    Is die bewerings hieronder WAAR of ONWAAR? Skryf net die korrekte
       antwoord langs die korrekte nommer in jou ANTWOORDEBOEK.

       5.1.1     Krag is die liggaam se vermoë om werk oor ŉ verlengde tydperk
                 uit te voer.                                                              (1)

       5.1.2     Kernstabiliteit is die kapasiteit om ŉ spier saam te trek of om
                 weerstand te bied.                                                        (1)

       5.1.3     Uithouvermoë Is die vryheid van beweging en die afwesigheid
                 van beperking in die gewrigte, spiere, sening en ligamente.               (1)

       5.1.4     Soepelheid is om balans te handhaaf terwyl jy deur ruimte
                 beweeg.                                                                   (1)

5.2    Wat is die voordele van spierkrag vir ŉ danser?                                     (4)

5.3    Noem EEN oefening wat die spiere sal versterk en gee die naam van die
       liggaamsdeel wat versterk word.                                                    (2)
                                                                                         [10]

                                                            TOTAAL AFDELING A:             40

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 DANSSTUDIES                              (EC/NOVEMBER 2015)

AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID

VRAAG 6: DANSVORME/KULTURELE DANSE

6.1   Noem die TWEE dansvorme wat jy in Dansstudies doen.                               (2)

6.2   Vergelyk en bespreek hoe jy elkeen van die TWEE dansvorme in
      VRAAG 6.1 sal herken.                                                             (6)

6.3   Verduidelik watter soort musikale begeleiding in kulturele danse gebruik
      word.                                                                             (2)
                                                                                       [10]

VRAAG 7: INTERNASIONALE DANSWERKE

Jy het voorgeskrewe internasionale choreograwe en hul danswerke bestudeer in
graad 10 en 11. Beantwoord die volgende vrae oor EEN internasionale danswerk
uit die voorgeskrewe lys hieronder.

7.1   Gee die naam van die choreograaf en die danswerk waaroor jy skryf.

7.2   Beskryf die sinopsis/tema van die danswerk.                                       (4)

7.3   Verduidelik die volgende produksie-elemente wat in die danswerk gebruik
      word:

      7.3.1     Kostuum                                                                 (2)

      7.3.2     Musiek                                                                  (2)

      7.3.3     Stelle en rekwisiete                                                    (2)

      7.3.4     Beligting                                                               (2)

7.4   Bespreek die dansstyl wat die choreograaf in die danswerk gebruik.                (3)
                                                                                       [15]

         HIERONDER IS DIE VOORGESKREWE LYS VAN INTERNASIONALE
                    CHOREOGRAWE EN HUL DANSWERKE

      INTERNASIONALE                        DANSWERKE
      CHOREOGRAAF
      George Balanchine                     Apollo/Jewels
      Alvin Ailey                           Revelations
      Martha Graham                         Lamentation/Errand into the Maze
      Christopher Bruce                     Ghost Dancers
      Mathew Bourne                         Swan Lake/Cinderella
      Pina Bausch                           Rites of spring
      William Forsythe                      In the middle, somewhat elevated
      Mats Ek                               Giselle/Swan Lake/Carmen
      Rudi van Dantzig                      Four Last Songs
      Jiri Killian                          Wings of wax

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                       DANSSTUDIES                                           7

VRAAG 8: SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAAF

Kies EEN SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAAF en ŉ danswerk uit die
voorgeskrewe lys hieronder en beantwoord die volgende vrae:

8.1    Gee die naam van die choreograaf en die danswerk.

8.2    Waar was die choreograaf gebore?                                                   (1)

8.3    Hoe het hy/sy ŉ danser geword?                                                     (3)

8.4    Verduidelik sy/haar loopbaan as ŉ choreograaf.                                     (4)

8.5    Beskryf kortliks die storie/tema van die danswerk.                                 (3)

8.6    Verduidelik wat die choreograaf as inspirasie vir sy/haar werk gebruik het.        (2)

8.7    Wat is die choreograaf se bydrae tot dans?                                         (2)
                                                                                         [15]

        HIERONDER IS DIE VOORGESKREWE LYS VAN SUID-AFRIKAANSE
                   CHOREOGRAWE EN HUL DANSWERKE

       SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE                            DANSWERKE
       Veronica Paeper                                 Orpheus in the Underworld/
                                                       Carmen
       Vincent Mantsoe                                 Gula Matari
       Alfred Hinkel                                   Last Dance (Bolero)/Rain in a
                                                       dead man’s footprints/Cargo
       Sylvia Glasser                                  Tranceformations
       Gary Gordon                                     Bessie’s Head
       Mavis Becker                                    Flamenco de Africa
       Hazel Acosta                                    Blood Wedding
       Caroline Holden                                 Imagenes
       Gregory Maqoma                                  Beauty Trilogy/Skeleton Dry

VRAAG 9: MUSIEK-ELEMENTE/KATEGORIEË

9.1    Wat word die spoed waarteen die musiek gespeel word, genoem?                       (1)

9.2    Noem enige TWEE musiek-genres en gee EEN voorbeeld of ŉ komponis
       vir elke genre.                                                                    (4)

9.3    In watter musiekkategorie val die viool/tjello/kitaar?                             (1)

9.4    In watter musiekkategorie val die trompet/tromboon/tuba?                           (1)

9.5    Noem EEN slaginstrument.                                                           (1)
                                                                                          [8]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                DANSSTUDIES                            (EC/NOVEMBER 2015)

VRAAG 10: IMPROVISASIE/LOOPBANE/CHOREOGRAFIESE-ELEMENTE

10.1   Gedurende jou improvisasie-lesse het jy “vertrouings-bewegings” gedoen.
       Bespreek redes waarom vertroue tussen dansers belangrik is.                    (3)

10.2   Gee die naam van ŉ loopbaan in dans en lys sommige van die
       bekwaamhede wat hierdie loopbaan vereis om dit suksesvol te kan doen.          (3)

10.3   Noem enige DRIE ontwerpelemente wat ingesluit moet wees op jou plakkaat
       om jou produksie/opvoering te adverteer.                                       (3)

10.4   Verduidelik die volgende choreografiese-elemente:

       10.4.1   Lokomotiewe bewegings                                                 (1)

       10.4.2   Simmetrie                                                             (1)

       10.4.3   Tyd                                                                   (1)
                                                                                     [12]

                                                           TOTAAL AFDELING B:         60
                                                               GROOTTOTAAL:          100

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [DANCE STUDIES QP GR11 NOV 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-qp-gr11-nov-2015-eng/fcdc238a-5977-417c-9da7-d25e31c29fe1) — Dance Studies · QP · 2015 · Eng
- [DANCE STD MEMO AFR GR11 NOV 2015](https://www.hlayiso.com/library/dance-std-memo-afr-gr11-nov-2015/7e58bb21-7009-4ab6-84b8-308963c23805) — Dance Studies · Memo · 2015 · Afr
- [DANCE STD MEMO ENG GR11 NOV 2015](https://www.hlayiso.com/library/dance-std-memo-eng-gr11-nov-2015/43967878-32f9-44e7-a93b-1310a9e2823c) — Dance Studies · Memo · 2015 · Eng
- [Dance Studies QP](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-qp/10c92737-88ef-4d1c-9333-ec32a85b8f59) — Dance Studies · QP · 2014
- [DANCE STUDIES GR11 NOV2013 QP (Eng)](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-nov2013-qp-eng/1df684bf-cf23-4ae8-8676-1a802e77e828) — Dance Studies · QP · 2013 · Eng
- [DANCE ST GR11 NOV2013 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dance-st-gr11-nov2013-qp-afr/def2cad3-6a7f-4142-93fd-3d549c6ae048) — Dance Studies · QP · 2013 · Afr

## More from Grade 11 Dance Studies

- [Gr 11 Dan Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-dan-stu-atp-2023-24/d7cf0d0b-5284-4b58-bc3c-3be7d351d71d) — ATP
- [DANCE STUDIES GR11 MEMO ENG NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-memo-eng-nov2018/1d5a74cb-e873-416b-9272-3f4c1092e79b) — Memo · 2018 · Eng
- [DANCE STUDIES GR11 MEMO AFR NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-memo-afr-nov2018-d/2ac56bdb-ee2f-4f38-9c31-a55b7ff56c88) — Memo · 2018 · Afr
- [DANCE STUDIES MEMO GR11 NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-memo-gr11-nov2017-afrikaans/08f5e6d5-ac14-4f44-950c-298b54b79ea2) — Memo · 2017 · Afr
- [DANCE STUDIES GR11 MEMO NOV2017 English](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-memo-nov2017-english/23cb9d91-c2d7-42fb-855f-df2e486d6f6c) — Memo · 2017 · Eng
- [Gr11 DNCE N16 MEMO Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-dnce-n16-memo-eng/048d14ec-3b69-4833-930f-05decfb3f3ff) — Memo · 2016 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
