# Design Grade 12 Design 2021 Exam Guideline (Afrikaans)

> Grade 12 Design exam guideline from the Design 2021 (Afrikaans), 26 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/design-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/27100a6c-829a-4969-acdc-7318386ba589
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Document type: Exam guideline
- Year: 2021
- Exam period: Design
- Curriculum: CAPS
- Pages: 26

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 Design 2021 Exam Guideline (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/design-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/27100a6c-829a-4969-acdc-7318386ba589)

## About this document

Design · Grade 12 · Design · 2021. Exam guideline, 26 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                ONTWERP

                          EKSAMENRIGLYNE

                                  GRAAD 12

                                       2021

                        Hierdie riglyne bestaan uit 26 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp                                      2                              DBE/2021
                                        Eksamenriglyne

INHOUDSOPGAWE

                                                                            Bladsy
HOOFSTUK 1:      INLEIDING                                                     3

HOOFSTUK 2:      DOELSTELLINGS                                                 3

HOOFSTUK 3:      ASSESSERING                                                   4
                 3.1 Assesseringsdoelstellings                                 4
                 3.2 Oorsig van onderwerpe                                     4
                 3.3 Formele assessering vir Graad 12                          6
                 3.4 Skedule vir skoolgebaseerde assessering (SBA)             6
                 3.5 Kognitiewe vlakke                                         7
                 3.6 Eksterne eksamens                                         7

HOOFSTUK 4:      VAKINHOUD                                                    8
                 4.1 Vraestel 1: Ontwerp in konteks (Onderwerp 3)             8
                 4.2 Vraestel 2: Prakties (Onderwerp 1 en 2)                  13
                 4.3 Retrospektiewe uitstalling                               15

HOOFSTUK 5:      ALGEMENE VAKINLIGTING                                        17
                 5.1 Verduideliking van terminologie                          17
                 5.2 Hulpbronne                                               18

HOOFSTUK 6:      TOETSVORMS EN NASIENRIGLYNE                                  20
                 6.1 Vorme van toetsing                                       20
                 6.2 Algemene riglyne vir nasien                              20

BYLAE A: VERKLARING VAN EGTHEID                                               21
BYLAE B: RUBRIEK VIR DIE RETROSPEKTIEWE UITSTALLING                           22

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp                                        3                                        DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

HOOFSTUK 1: INLEIDING

Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Ontwerp beskryf die aard en doel
van die vak Ontwerp. Dit lei die filosofie onderliggend aan die onderrig en assessering van die vak
in graad 12.

Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om:

    Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die graad 12 Nasionale
     Seniorsertifikaat (NSS)-eksamen in Ontwerp geassesseer gaan word.
    Bystand te verleen aan onderwysers om leerders doelmatig vir die eksamens voor te berei.

Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamens. Dit behandel op geen
vlak die skoolgebaseerde assessering (SBA), praktiese assesseringstake (PAT'e) of finale
eksterne praktiese eksamens, wat in 'n aparte PAT-dokument verduidelik word en elke jaar
opgedateer word, nie.

Hierdie Eksamenriglyne moet gelees word saam met:

    Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring
     (KABV): GRAAD 12 Wysigings 14 Desember 2020), Verkorte Afdeling 4 I Kunstevakke:
     Ontwerp
    Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die
     Nasionale Senior Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale
     Kwalifikasieraamwerk (NKR) rakende die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R–12)
    Nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die Nasionale
     Kurrikulumstelling, Graad R–12

HOOFSTUK 2: DOELSTELLINGS

Hierdie riglyne is ontwerp om lig te werp op die inhoud soos voorskryf in die Kurrikulum- en
Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Ontwerp. Dit gee ook 'n oorsig oor die spesifieke
doelwitte van elke onderwerp wat in die sillabus genoem word. Buiten die graad 12-materiaal,
word aanvaar dat kandidate kennis en begrip van die inhoud het wat vir graad 10 en 11
uiteengesit word.

In graad 12 poog Ontwerp-leerders om:
 Die vermoë te ontwikkel om te kan analiseer en artikuleer, vindingryk en innoverend te wees,
    asook visuele taal te kan bou
 Kennis, tegniese vermoëns en vaardighede in die konseptualisering, produksie en konteks
    van ontwerp te ontwikkel
 Materiale, prosesse en tegnieke doeltreffend, ekonomiese, veilig en verantwoordelik te verken
    en manipuleer
 Hulle eie werk, en dié van ander, krities te beoordeel
 Te verstaan dat ontwerp 'n instrument vir sosiale/maatskaplike verandering kan wees deur
    lewensgehalte te verbeter en oplossings te bied in antwoord op individuele en
    gemeenskapsbehoeftes
 Die sosiokulturele, omgewings- en historiese bydrae van ontwerp tot ekonomiese groei,
    entrepreneurskap en volhoubaarheid te verstaan
 'n Bewustheid van loopbaangeleenthede in die ontwerpbedryf te ontwikkel
 Hulle eie werkproses en tyd doeltreffend te bestuur
 Aanbiedings- en kommunikasievaardighede te ontwikkel om ontwerpkonsepte akkuraat oor te
    dra
 Die ontwerp, kuns en kunsvlyt van Suid-Afrikaanse en internasionale kulture van die verlede
    en die hede te erken en daaroor te besin

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp                                            4                                            DBE/2021
                                              Eksamenriglyne

HOOFSTUK 3: ASSESSERING

3.1      Doelwitte van assessering

Soos uiteengesit in die KABV-dokument, is die doelwit van assessering om:
 Die onderwyser in staat te stel om 'n leerder se vordering betroubaar te meet
 Leerders oor hulle sterk punte, swak punte en vordering in te lig
 Onderwysers, ouers en ander belanghebbendes te help om besluite oor die leerproses en
  leerders en vordering te neem

Die bereiking van hierdie doelwitte sal bepaal word deur die assessering van sekere minimum
vaardighede en bevoegdhede, soos dié wat hieronder uiteengesit is, aan die einde van die
Ontwerpkursus vir graad 12.

3.2      Oorsig van onderwerpe
                        Graad 12: Oorsig van onderwerpe
Onderwerp 1: Ontwerpproses en beïnvloedingsfaktore
Proses
Toon 'n deeglike begrip van die interafhanklike aard van die beplannings-, aksie- en besinningsiklus wat die
ontwerpproses toelig:
     Werk vanaf 'n opdrag of identifiseer 'n behoefte, 'n probleem of 'n geleentheid
     Ondersoek die konteks
     Ontwikkel idees en ondersoek verskillende benaderings en metodes
     Ondersoek die gebruik van gepaste materiaal en produksietegnieke
     Produseer voorbeelde, prototipes of makette (skaalmodelle)
     Evalueer die idees wat ontwikkel is en kies die beste oplossing
     Doen kennis en waardering op oor ontwerp as 'n kragtige instrument van verandering om
      lewensgehalte te verbeter

Beïnvloedingsfaktore
 Kennis en 'n bewustheid van estetika en funksionaliteit, tendense en markte
 Kennis van die verskil tussen ontwerp vir 'n behoefte en ontwerp vir 'n gehoor met 'n gebruikskonteks
 Kennis en 'n waardering van verantwoordelike ontwerppraktyk
 Volgehoue ontwikkeling van tekenvaardighede

Ontwerp in 'n besigheidskonteks: Navorsing
Hierdie gedeelte moet met die praktiese opdrag of opdrag geïntegreer word en ook as deel van die proses
gesien word (Onderwerp 1). Die besigheidskonteksnavorsing moet 'n direkte skakel met elke praktiese taak
hê. Daar word van leerders verwag om hul navorsing te doen oor die produkkeuse wat hulle gemaak het.

Dit moet bestaan uit:
 Onderwerp en inleiding tot besigheidskonteks
 Inhoud 4–8 bladsye, aan beide kante van 'n A4-grootte bladsy
 Gevolgtrekking
 Gedetailleerde bibliografie (bv. titel onderstreep, outeur(s) tussen hakies, uitgewer, publikasiedatum,
    webskakel, blog en datum, ens.)
 Etikette om alle visuele materiaal te vergesel (titel, gebruikte materiaal, naam van ontwerper, land
    tussen hakies, datum)

Die inhoud van hierdie besigheidskonteksnavorsing in elke Onderwerp 1-taak moet sommige of al die
inhoud hieronder bevat:
 Definieer jou teikenmark. Verduidelik waarom jy dit gekies het.
 Bespreek die neigings wat jou beïnvloed het.
 'n Toepaslike plaaslike of internasionale gevallestudie.
 Visuele handelsware van jou produk.
 Verduidelik hoe jy hierdie produk sou bemark. Skep EEN van die volgende bemarkingsvorms:
    visitekaartjie, strooibiljet, plakkaat, advertensie vir plaaslike koerant, Facebook-bladsy, ens.
 Maak 'n lys van al die benodigde materiaal, die naam en kontakbesonderhede van jou verskaffers en
    die koste van al jou materiaal. Werk ook moontlike ander koste uit, soos elektrisiteit, ens.
Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp                                          5                                           DBE/2021
                                            Eksamenriglyne

   Moontlike mededingers, beskryf hul produkte en waarom jy hom/haar as mededingers beskou.
   Ondersoek potensiële markte vir jou produkte.
   Ondersoek potensiële finansieringsopsies vir jou besigheid.
   Ondersoek tersiêre en loopbaangeleenthede in jou ontwerpprodukkeuse: reeks omvang, opleiding
    benodig en opleiding beskikbaar
   Hoe sou jy jou produk of diens vir jou beoogde teikenmark verpak en/of adverteer?

Onderwerp 2: Ontwerpproduksie, tydsbestuur en veilige praktyk
Ontwerpproduksie – die maak en aanbieding van die produk
 Pas die ontwerpproses toe en verskaf bewyse. (Die finale produk/oplossing moet duidelike bewyse van die
   ontwerpproses en toepaslikheid ten opsigte van die opdrag/probleem toon.)
 Toon bevoegdheid in materiaal en tegnieke wat gekies is om ontwerpoplossing te skep.
 Aanbieding en effektiewe kommunikasie van 'n ontwerpoplossing.
 Interpreteer, gebruik en verduidelik die keuse van ontwerpelemente, beginsels en materiale in die finale
   produk, diens of omgewing.

Tydsbestuur
 Selfdissipline
 Beplanning, organisasie en bestuur van eie werk
 Hou by die tydskedule en sperdatums

Veilige praktyk
 Veilige werkspraktyk te alle tye in die gebruik van materiaal en toerusting
 Begrip en toepassing van die gesondheids- en omgewingsimplikasies wat verband hou met die gebruik van
    materiaal
Onderwerp 3: Ontwerpteorie:
 Ontwerpgeletterdheid
 Geskiedenis van ontwerp
 Ontwerp in 'n sosiokulturele/omgewings- en volhoubaarheidskonteks
AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID

   Analise van ongesiene voorbeelde. Pas die teorie en die terminologie wat die ontwerp ten grondslag lê en
    beskryf, met selfvertroue toe.
   Verstaan en interpreteer tekens en simbole, stereotipering, vooroordeel en vooroordeel in Ontwerp
   Kommunikasie deur middel van Ontwerp
   Vergelyking tussen Suid-Afrikaanse en Internasionale ontwerp (ongesien)
   Vergelyking tussen Klassieke Argitektuur en Kontemporêre Argitektuur OF vergelyking tussen Klassieke
    Argitektuur en Inheemse Afrika-argitektuur (Hierdie studiebundel is verpligtend.)

AFDELING B: GESKIEDENIS VAN ONTWERP

   'n Grondige kennis van die historiese ontwikkeling, doelstellings, kenmerke en invloede van die
    Ontwerpgeskiedenis-bewegings hieronder word verwag:

Tien sleutelbewegings vir Ontwerpgeskiedenis om vir graad 12 te bestudeer:
 Kuns en Kunsvlyt
 Art Nouveau
 Art Deco
 De Stijl
 Bauhaus
 Modernisme
 Skandinawies
 Popkuns
 Postmodernisme
 Dekonstruktivisme

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp                                              6                                          DBE/2021
                                                Eksamenriglyne

        Bespreek TWEE bewegings/style (ten minste EEN ontwerper en sy/haar ontwerp uit elke beweging/styl
         hierbo genoem).
        Beantwoord 'n vergelykende vraag gebaseer op TWEE bewegings wat nie in die opstel geassesseer is
         nie.
        Voorafgaande kennis van graad 10 en 11 is nodig om sommige van die vrae te interpreteer en te
         beantwoord.

    AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIO-KULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE KONTEKS
        Toon 'n begrip van die ontwerper se verantwoordelikhede in verband met omgewingskwessies en
         volhoubare ontwerp.
        Bestudeer DRIE twee- en/of driedimensionele kontemporêre Suid-Afrikaanse en Afrika-kunsvlyt-
         ontwerpers, van die verlede en die hede (kan kunsvlytsentrums en gemeenskapsprojekte insluit), en toon
         begrip van die maniere waarop hierdie ontwerpe gebruik kan word om sosiale/maatskaplike, kulturele,
         omgewings- en etiese kwessies te versterk of uit te daag. EEN van hierdie ontwerpers of ontwerpgroepe
         moet SOSIALE/MAATSKAPLIKE EN/OF KULTURELE kwessies hanteer en EEN moet
         OMGEWINGSKWESSIES aanpak. Die derde ontwerper moet die invloed van inheemse
         kennisstelsels/kunsvlyt toon. (KWARTAAL 2)
        Bestudeer TWEE kontemporêre BEKROONDE internasionale ontwerpers. EEN moet SOSIALE/
         MAATSKAPLIKE EN/OF KULTURELE kwessies hanteer en EEN moet OMGEWINGSKWESSIES aanpak.
         (KWARTAAL 3)

3.3         Formele assessering vir graad 12
                                    FORMELE ASSESSERING VIR GRAAD 12
                                                              Eksterne eksamen (75%)
               SGA (25%)
                                         Retrospektiewe uitstalling            Jaareindeksamen (50%)
                 25%                               25%                        25%              25%
     2 PAT'e
                                       Uitstalling/Aanbieding van                              Vraestel 2:
      (Werkboek/Prosesboek):                                               Vraestel 1:
      100 x 2                           twee PAT-produkte (en een                           Praktiese Eksamen
                                                                           Geskrewe
                                        graad 11-werk opsioneel)                                Proses: 50
     1 Teorietoets: 50                                                    Eksamen
                                        ekstern geassesseer: 50                               Produk 24 uur
     Junie-teorie-ekamen: 100
                                       PAT 1- & PAT 2-produkte                               (benaderd): 50
     Rekord-teorie-eksamen:             intern geassesseer: 50
                                                                              3 uur
                                                                                               TOTAAL V2
      100/2: 50                                                                            Praktiese Eksamen:
                                                                               100
                                         TOTAAL UITSTALLING: 100                                    100
         400 verwerk na 100 (SGA)

Aan die einde van graad 12 sal Ontwerp-leerders soos volg nagesien word:

       SGA-punt:                   PAT 1 & 2, Kwartaal 1-toets, Junie- & Rekord-teorie-eksamen100
       Retrospektiewe uitstalling: 2 PAT-produkte + opsioneel: een werk van graad 11          100
       Praktiese eksamen:          Prosesboek en produk, ekstern opgestel                     100
       Teorie-eksamen:             Ekstern opgestel en nagesien                               100
                                                                                               400

3.4         Skedule vir skoolgebaseerde assessering (SGA)

Alle SGA-take moet intern gemodereer word. Provinsiale en nasionale moderering sal deur die
Departement van Basiese Onderwys (DBE) en/of die onderskeie provinsiale onderwys-
departemente (POD's/'PEDs') gedoen word. Hierdie proses sal deur die POD's bestuur word.
          Kwartaal 1:                             Kwartaal 2:                          Kwartaal 3:
1 PAT (100) – ingesluit 10 punte        1 PAT (100) – ingesluit 10 punte     1 Rekord-teorie-eksamen (100)
Besigheidstaak                          Besigheidstaak                       (verwerk na 50)
1 Teorie-toets (50)                     1 Teorie-eksamen (100)

Raadpleeg die RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE vir meer inligting.
Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp                                         7                                          DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

3.5       Kognitiewe vlakke

 Kognitiewe vlak                                                               Persentasie
 Laer orde: kennis                                                                 30
 Middelorde: begrip en toepassing                                                  40
 Hoër orde: ontleding, evaluering en sintese                                       30

             KENNIS                          BEGRIP                       TOEPASSING
  vertel, maak 'n lys, skryf,      verduidelik, interpreteer,     los op, toon, gebruik, illustreer,
  vind, beskryf, noem, ens.       bespreek, onderskei, gee 'n         klassifiseer, konstrueer,
                                         oorsig, ens.                     ondersoek, ens.
      ONTLEDING/ANALISE                 EVALUERING                           SINTESE
 ontleed/analiseer, vergelyk,     oordeel, besluit, motiveer,         skep, vind uit, beplan,
  ondersoek, kategoriseer,         debatteer, beveel aan,          voorspel, ontwerp, stel voor,
   identifiseer, verduidelik,     prioritiseer, argumenteer,             formuleer, ens.
              ens.                            ens.

Toetse en eksamens
 'n Toets vir formele assessering moet nie uit 'n reeks klein toetsies bestaan nie, maar eerder uit
  een toets wat 'n beduidende gedeelte van die inhoud bevat en die duur moet 45 tot 60 minute
  wees.
 Oopboektoetse kan ook opgestel word. Dit vereis van leerders om inligting te soek. Leerders
  se begrip van die leermateriaal word getoets, en nie hul oorskryfvaardigheid nie.
  Oopboektoetse moenie net kortvrae insluit nie. Leerders moet langer, besinnende antwoorde,
  soos paragraaftipe antwoorde op 'n gegewe scenario, skryf, of paragrawe wat redes en
  ondersteunende bewyse/argumente wat noodsaaklik is, gee.
 Elke toets, oopboektoets en eksamen moet voorsiening maak vir 'n reeks kognitiewe vlakke en
  moet ook paragraaftipe antwoorde insluit.
 Vrae moet ongesiene visuele beelde insluit om leerders se visuele ontledingsvaardighede te
  toets. Hierdie beelde moet verband hou met die Suid-Afrikaanse en internasionale ontwerpe/
  bewegings/beskawings wat hulle bestudeer het.

3.6       Eksterne eksamens

Alle Ontwerp-kandidate sal twee eksterne vraestelle voltooi, soos voorgeskryf:

Vraestel      Tipe vraestel        Duur         Totaal           Datum                Nasien
      1          Teorie            3 uur         100        Oktober/November          Ekstern
                                 Proses:
                                Kwartaal 3
      2         Prakties         Produk:         100        Oktober/November          Ekstern
                                Maksimum
                                  24 uur

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp                                        8                                         DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

HOOFSTUK 4: VAKINHOUD

4.1    VRAESTEL 1: ONTWERP IN KONTEKS (Onderwerp 3)

Riglyne

Die DBE stel die geskrewe eksamen op oor voorgeskrewe inhoud wat gedurende die jaar
onderrig is.

Die eksamenformaat sal uit die volgende bestaan:
1. Daar is SES vrae in die vraestel wat beantwoord moet word.
2. Daar is keuses binne sommige vrae in die vraestel. Die opsies moet aandagtig gelees word.
3. Die vraestel is in DRIE afdelings verdeel:

AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID [30]

VRAAG 1 (Keuse tussen VRAAG 1.1 en VRAAG 1.2): Ontleding van ongesiene voorbeelde –
SUID-AFRIKAANS EN/OF INTERNASIONAAL

Hierdie vraag toets die leerder se vermoë om voorbeelde van ontwerp in enige kategorie of
dissipline te ontleed/krities daarmee te werk, deur te verwys na:
 Die gebruik van die elemente en beginsels van ontwerp. Leerders moet kan verduidelik hoe
   elke element of beginsel gebruik is en hoe die gebruik daarvan die 'voorkoms en gevoel' ('look
   and feel') van die ontwerp beïnvloed. 'n Beskrywing van die element is nie genoeg nie (bv. 'die
   lyne is organies' is 'n waarneming of beskrywing). Daar sal van leerders verwag word om uit te
   brei oor die effek van hierdie tipe lyn in die geheel, bv. 'die gebruik van organiese lyne
   suggereer beweging en vloei'.
 Algemene en hedendaagse ontwerpterme en -begrippe, asook terme en begrippe wat tydens
   die studie van ontwerpgeskiedenis behandel is (bv. leerders moet ongesiene ontwerpe met
   betrekking tot terme en begrippe [geassosieer met ontwerpbewegings of -style deur die jare]
   soos funksionalisme, minimalisme, eklektisisme, avant garde, anti-ontwerp ('anti-design'), 'hard
   edge', biomorfisme, popkultuur, subkulture, geslagspesifiek, eksklusiwiteit, ens. kan bespreek).
 Hedendaagse ontwerpkwessies, bv. hoe die gebruik van inheemse kunsvlytstelsels in
   kontemporêre ontwerp 'n gevoel van erfenistrots skep ('Trots Suid-Afrikaans'), hoe
   mensgerigte ontwerp mense se ervaring en lewensgehalte kan verbeter, kuns- en
   kunsvlytdebatte, handgemaak of masjiengemaak, hernuwe ('upcycle') teenoor herwin
   ('recycle'), funksionalisme teenoor dekoratief, minder is meer ('less is more') teenoor minder is
   vervelig ('less is a bore').
 'n Keuse kan gegee word tussen die ontleding van 'n tweedimensionele ontwerp of 'n
   driedimensionele ontwerp.

VRAAG 2: Kommunikasie deur ontwerp en vergelyking tussen Suid-Afrikaanse en
Internasionale ontwerp (ongesien) – SUID-AFRIKAANS EN/OF INTERNASIONAAL
Hierdie vraag toets die leerders se vermoë om boodskappe te verstaan wat deur ontwerpe
oorgedra word. Leerders moet:
 Algemene simbole in die konteks van die ontwerp kan 'lees'
 Die gebruik van stereotipes, vooroordeel, diskriminasie en onderliggende boodskappe krities
   kan evalueer
 Die 'boodskap' van 'n ontwerp kan verduidelik en in staat wees om hierdie verduideliking met
   duidelike verwysings na die ontwerp te ondersteun
 Die leerders se begrip van die bande tussen Internasionale en Suid-Afrikaanse ontwerp sal
   getoets word. Hulle moet die invloed van Suid-Afrikaanse en Afrika-ontwerp op internasionale
   ontwerp kan raaksien, en andersom. Inheemse kennisstelsels kan ook hier gebruik word. Dit is
   'n hoërordevraag en die vermoë om een toepaslike eienskap of aspek op 'n slag te isoleer (bv.
   materiaal en tegniek) en om die gebruik daarvan in beide ontwerpe te bespreek (m.a.w.
   uitwysing van ooreenkomste en verskille) word verwag.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp                                        9                                        DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

Aanbevole bronne en LOOM:
 Vorige vraestelle
 Kontemporêre ontwerptydskrifte – beide Suid-Afrikaans en internasionaal
 Die internet
 Enige ander beskikbare hulpbronne

VRAAG 3: Vergelyking tussen Klassieke Argitektuur en Kontemporêre Argitektuur OF
vergelyking tussen Klassieke Argitektuur en Inheemse Afrika-argitektuur (Hierdie
studiebundel is VERPLIGTEND.)

Aanbevole bronne en LOOM:
 Vorige vraestelle
 Kontemporêre ontwerptydskrifte – beide Suid-Afrikaans en internasionaal
 Die internet
 Enige ander beskikbare hulpbronne

AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS [30]

VRAAG 4: Ontwerpgeskiedenis

Hierdie vraag sal in TWEE onderafdelings verdeel word:

 VRAAG 4.1: Bespreek TWEE bewegings/style vir die vraestel (ten minste EEN ontwerp en
  ontwerper uit elke beweging/styl).
 VRAAG 4.2: Beantwoord 'n vergelykende vraag gebaseer op TWEE bewegings wat nie in die
  opstel van VRAAG 4.2 geassesseer is nie.

Punte sal toegeken word vir laerordevrae soos die opnoem van die DOELWITTE, INVLOEDE en
STILISTIESE EIENSKAPPE van elk van die ontwerpbewegings wat bestudeer moet word.
'n Maksimum van 3 uit 10 kan vir suiwer opnoem ('recall') toegeken word.
Leerders moet in staat wees om na ten minste EEN ontwerper of ontwerp vir elke beweging te
verwys om hierdie doelwitte, eienskappe, ens. te verduidelik. Indien hulle dit met verwysing na 'n
werk kan verduidelik, kan hulle meer punte verdien ('n maksimum van 7 uit 10, ingesluit 3 vir
opnoem), omdat dit dan in die middel- kognitiewe orde van vrae sal val.
Hoërordevrae sal ook gevra word, bv. kandidate moet twee van hierdie bewegings kan
VERGELYK om ooreenkomste en verskille uit te wys en moet ook die waarde/bydrae van elke
beweging tot die ontwikkeling van ontwerp kan verduidelik. Vrae wat van leerders verwag om op
'n stelling te reageer en om die stelling met een of meer bewegings te verbind, kan oor verwag
word. Dit is belangrik dat die antwoord direk met die stelling moet skakel en dat leerders dit moet
oefen. Indien 'n leerder nie hierdie hoërordevrae goed genoeg geantwoord het nie, mag 'n
maksimum van 7 uit 10 punte toegeken word.
Vergelykings moet in opstelvorm beantwoord word.
Ongesiene voorbeelde van Suid-Afrikaanse ontwerp (van die verlede en die hede) kan gegee
word en leerders moet die invloed van geskiedkundige ontwerpbewegings op hierdie ontwerpe
kan uitken en verduidelik.
Aanbevole hulpbronne en LOOM:
 Voorgeskrewe handboeke
 Vorige vraestelle
 Kontemporêre ontwerptydskrifte – beide Suid-Afrikaans en internasionaal
 Die internet
 Enige ander beskikbare bronne

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp                                       10                                      DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBAARHEIDS-
            KONTEKS [40]
VRAAG 5: Ontwerp en sosiokulturele kwessies
Hierdie vraag kan bestaan uit TWEE keuses, naamlik VRAAG 5.1 en VRAAG 5.2.
Leerders moet die verskil tussen kunsvlyt en ontwerp verstaan en moet die waarde van
INHEEMSE KENNISSTELSELS in die algemeen en in Suid-Afrikaanse kontemporêre ontwerp
kan verduidelik.
Hierdie vraag vereis van leerders om die DOELWITTE, INVLOEDE/OORSPRONG en
EIENSKAPPE van DRIE kontemporêre Suid-Afrikaanse ONTWERPERS of ONTWERPGROEPE
te ken, asook ten minste EEN ontwerp deur elk wat hulle styl duidelik uitbeeld. Daar word
aanbeveel dat EEN 'n tradisionele/inheemse kunsvlytkunstenaar of -groep is, EEN 'n
kontemporêre ontwerper of ontwerpgroep is wat deur hierdie tradisionele kunsvlyt geïnspireer is,
en EEN 'n kontemporêre ontwerper of groep wat SOSIALE/MAATSKAPLIKE/KULTURELE
verantwoordelikheid toon, bv. die gebruik van kunsvlyt om te bemagtig. Die werk van ten minste
EEN van hierdie onwerper/groep moet SOSIALE/MAATSKAPLIKE/KULTURELE
verantwoordelikheid toon.
Leerders moet die verskil tussen kunsvlyt en ontwerp verstaan en moet die waarde van
INHEEMSE KENNISSTELSELS in die algemeen en aan die Suid-Afrikaanse kontemporêre
ontwerp kan verklaar.
 Suid-Afrikaanse tradisionele kunsvlyt: Daar word aanbeveel dat leerders die metode/
  materiaal/geskiedenis van 'n Suid-Afrikaanse tradisionele kunsvlyt moet ken. Dit is noodsaaklik
  dat hulle weet wat die waarde is en hoe dit die hedendaagse ontwerper beïnvloed/ inspireer.
 Sosiale verantwoordelikheid: Daar word aanbeveel dat leerders 'n maatskaplike
  verantwoordelike ontwerper/groep ken vir beide VRAAG 5.1 EN VRAAG 5.2 (aangesien
  VRAAG 5.2 fokus op Suid-Afrikaanse tradisionele kunsvlyt en 'n kontemporêre ontwerper,
  terwyl VRAAG 5.1 internasionale sowel as Suid-Afrikaanse ontwerpers insluit).
Leerders moet ook EEN BEKROONDE KONTEMPORÊRE INTERNASIONALE ONTWERPER
ken wie se werk SOSIALE/MAATSKAPLIKE/KULTURELE verantwoordelikheid toon.
Leerders moet begrip toon van hoe ontwerp gebruik kan word om bewustheid te skep van
plaaslike, streeks- en nasionale sosiale/maatskaplike kwessies, om ander op te hef en om
boodskappe van sosiale/maatskaplike verantwoordelikheid oor te dra. Hulle moet begrippe
verstaan en ken en moet toepaslike en gepaste terminologie, soos bemagtiging,
vaardigheidsopleiding, NRO, gemeenskapsbewussyn, kulturele identiteit, ens. ken en kan
gebruik. Ongesiene voorbeelde kan gegee word wat op grond van hul vlak van
omgewingsverantwoordelikheid ontleed moet word.
Aanbevole hulpbronne en LOOM:
 Vorige vraestelle
 Kontemporêre ontwerptydskrifte – beide Suid-Afrikaans en internasionaal
 Die internet
 Voorgeskrewe handboeke
 Ander beskikbare bronne

VRAAG 6: Ontwerp en omgewings-/volhoubaarheidskwessies
Hierdie vraag vereis van leerders om ten volle bewus te wees van aktuele omgewingskwessies en
om ook bewus te wees van hoe ontwerp gebruik kan word om tot die oplossing van hierdie
probleme by te dra. Hulle moet ontwerpers se verantwoordelikheid met betrekking tot materiaal en
produksiemetodes kan verduidelik en moet kan verduidelik wanneer onverantwoordelike keuses
gemaak is. Ongesiene voorbeelde kan gegee word, wat ontleed moet word vir hul vlak van
omgewingsverantwoordelikheid.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp                                        11                                       DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

Leerders moet al die toepaslike terme ken om vrae oor omgewingskwessies te verstaan en om
goeie antwoorde te kan gee (bv. eko-bewustheid, groen, volhoubaar, kweekhuiseffek,
bioafbreekbaar, toksiese afval, stortingsterreine, koolstofspoor, herwinning, hergebruik,
mensgerigtheid)

Daar word van leerders verwag om die DOELWITTE, INVLOEDE en EIENSKAPPE van ten
minste EEN KONTEMPORÊRE SUID-AFRIKAANSE ontwerper en ten minste EEN BEKROONDE
KONTEMPORÊRE INTERNASIONALE ontwerper te ken wie se werk OMGEWINGSKWESSIES
probeer oplos. Vir elke ontwerper moet die leerders ten minste EEN ontwerp ken wat
omgewingsverantwoordelikheid duidelik uitbeeld.

Aanbevole hulpbronne en LOOM:
 Vorige vraestelle
 Kontemporêre ontwerptydskrifte – beide Suid-Afrikaans en internasionaal
 Die internet, bv. http://www.studiodror.com/html/work/architecture/relief-housing/
 Voorgeskrewe handboeke
 Enige ander beskikbare hulpbronne

Vorige vraestelle kan op die volgende webtuistes gevind word:

http://www.education.gov.za/Examinations/PastExamPapers/tabid/351/Default.aspx
www.ecexams.co.za
www.designvisualarts.co.za

Bykomende inligting oor die eksamen:
 Die eksamen word ekstern geassesseer en gemodereer.
 Die eksamen word volgens nasionale nasienriglyne geassesseer.
 Leerders moet bewus gemaak word van moeilike terminologie, sosiale/maatskaplike en
  omgewingskwessies, en aannames en vooroordele met betrekking tot die ontwerpe/ontwerpers
  wat hulle bestudeer.
 Gereelde besoeke aan kontemporêre uitstallings en ontwerpstudio's word sterk aanbeveel.
 Waar besoeke onmoontlik is (bv. skole in landelike gebiede), moet koerantresensies, die
  internet, die plaaslike omgewing, ens. gereeld geraadpleeg word.
 LET WEL: Onderwysers moet hulle eie versameling projekopdragte, klasnotas,
  verwysingsboeke, katalogusse en tydskrifte, foto's, skyfies, video's, ens. gebruik om
  waardevolle onderrig- en leerondersteuningsmateriaal vir die teoretiese inhoud en praktiese
  vaardighede wat deur die nuwe Ontwerp-kurrikulum vereis word, te verskaf.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp                                           12                                           DBE/2021
                                             Eksamenriglyne

Assessering van leerders se vermoë om voorbeelde van ontwerp te ontleed en daarop te
reageer:
  PRESTASIE-
                                   ONDERWERP 3: ONTWERP IN KONTEKS                                   
    KODE
                     Toon uitstaande vermoë om op ontwerpe te reageer en dit te ontleed met
                     betrekking tot hulle kulturele, sosiale/maatskaplike, politieke en historiese
        7            konteks.
   Uitstaande        Toon uitstaande vermoë in die gebruik van gepaste ontwerptegnologie.
    80–100%          Toon buitengewoon goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in
                     die bestudering van ontwerp.
                     Toon uitstaande insig, begrip en gebruik uiteenlopende benaderings.
                     Toon goed ontwikkelde vermoë om op ontwerpe te reageer en dit te
                     ontleed met betrekking tot hulle kulturele, sosiale/maatskaplike, politieke
                     en historiese konteks.
        6
                     Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste ontwerp-
   Uitstekend
                     terminologie.
    70–79%           Toon hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die
                     bestudering van onwerp.
                     Toon uitstekende insig en begrip.
                     Toon goeie vermoë om op ontwerpe te reageer en dit te ontleed met
                     betrekking tot hulle kulture, sosiale/maatskaplike, politieke en historiese
       5             konteks.
     Goed            Toon goeie bevoegdheid in die gebruik van gepaste ontwerpterminologie.
    60–69%           Toon goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die
                     bestudering van ontwerp.
                     Toon 'n goeie vlak van insig en begrip.
                     Toon gemiddelde vermoë om op ontwerpe te reageer en dit te ontleed
                     met betrekking tot hulle kulturele, sosiale/maatskaplike, politieke en
                     historiese konteks.
       4
                     Toon gemiddelde bevoegdheid in die gebruik van gepaste ontwerp-
   Gemiddeld
                     terminologie.
    50–59%           Toon bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die bestudering
                     van ontwerp.
                     Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip.
                     Toon voldoende vermoë om op ontwerpe te reageer en dit te ontleed met
                     betrekking tot hulle kulturele, sosiale/maatskaplike, politieke en historiese
       3             konteks.
   Voldoende         Toon voldoende bevoegdheid in die gebruik van gepaste ontwerp-
    40–49%           terminologie.
                     Toon voldoende skryf- en navorsingsvaardighede in die bestudering van
                     ontwerp.
                     Toon slegs basiese vermoë om op ontwerpe te reageer en dit te ontleed
       2             met betrekking tot hulle kulturele, sosiale, politieke en historiese konteks.
   Elementêr         Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste ontwerpterminologie.
    30–39%           Toon basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die bestudering van
                     ontwerp.
                     Toon min of geen vermoë om op ontwerpe te reageer of dit te ontleed
                     met betrekking tot hulle kulturele, sosiale, politieke en historiese konteks
                     nie.
       1
                     Toon baie beperkte vermoë in die gebruik van gepaste ontwerp-
 Nie behaal nie
                     terminologie.
     0–29%           Toon beperkte skryf- en navorsingsvaardighede i die bestudering van
                     ontwerp.
                     Toon min of geen begrip of insig nie.

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp                                         13                                       DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

PRAKTIES:

4.2    VRAESTEL 2: Praktiese Eksamen (Onderwerp 1 en 2)

TYD:                 Onderwerp 1: Praktiese proses/voorbereiding by die skool en/of tuis in
                     Kwartaal 3
                     Onderwerp 2: Praktiese produk gemaak onder toesig, slegs by die skool en in
                     ongeveer 24 uur (ten minste 12 uur, maar nie langer as 24 uur nie)
AANVANG:             Sal deur die DBE vasgestel word.
SPERDATUM:           Sal deur die DBE vasgestel word.

Hierdie praktiese eksamen bestaan uit EEN vraestel met twee opsionele onderwerpe. Leerders
moet EEN van die twee onderwerpe kies. Die tema sal 'n breë tema met 'n oop einde wees om
diverse oplossings in die verskillende spesialisdissiplines moontlik te maak.
Die vraestel bestaan uit TWEE dele:
 Die Eksamenwerkboek/-prosesboek (Onderwerp 1) (50 punte)
 Die finale praktiese-eksamenproduk (Onderwerp 2) (50 punte)
Die leerder moet EEN van die volgende kategorieë kies:
 Visuele kommunikasie/inligtingsontwerp en digitale ontwerp
 Oppervlakontwerp en tweedimensionele kunsvlytontwerp
 Produkontwerp en driedimensionele kunsvlytontwerp
 Omgewingsontwerp
RIGLYNE (INSTRUKSIES VIR DIE ONDERWYSER)
AFDELING A: PROSESBOEK/WERKBOEK (Onderwerp 1) [50]
 Die onderwyser mag die leerders lei in die keuse van ontwerpopdrag in
   AFDELING A. Die onderwyser mag die leerders met diskresie lei in hulle keuse van
   ontwerpveld, -proses en -tegnieke wat in AFDELING B gebruik word.
 Moedig die leerders aan om soveel verskillende interpretasies en opsies as moontlik te
   ondersoek. Monitor en lei die leerders terwyl hulle oor die tema navorsing doen.
 Omdat Onderwerp 1 dieselfde gewigswaarde as Onderwerp 2 (die finale produk) het, moet
   genoeg tyd daaraan bestee word om die belangrikheid daarvan gestand te doen.
 Die onderwyser mag leerders tydens hierdie voorbereidende sessie help. Omdat Onderwerp
   1 voorbereidend van aard is, mag leerders toegelaat word om tuis daaraan te werk.
 Die Prosesboek/Werkboek gee insig in die manier waarop die leerders idees vorm, hoeveel
   alternatiewe hulle ondersoek en ander prosesse wat tot die finale werk lei. Die
   Prosesboek/Werkboek moet alle denkprosesse tydens die maak van die finale produk
   duidelik kommunikeer.
 Dit is belangrik om direkte kopiëring uit tydskrifte, vanaf die internet, ens. te verbied. Direkte
   kopiëring van 'n beeld of ontwerp wat nie die leerder se eie is nie, moet gepenaliseer word.
   Dit is 'n vorm van plagiaat en is onaanvaarbaar. Die proses van transformasie van die
   bronmateriaal moet beklemtoon word.
 Sketse, posseëlsketse, konseptuele tekeninge en/of tonale tekeninge is 'n verpligte deel van
   die ontwerpproses (Onderwerp 1).
 Die Prosesboek/Werkboek moet maklik kan oopmaak en bladsye hê wat maklik omblaai. Dit
   moet van ligte materiaal gemaak word om vervoer te vergemaklik, indien nodig.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp                                       14                                      DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

   Alle prosesse/voorbereidende werk vir die ontwerp moet in 'n Prosesboek/Werkboek
    aangebied word (A3-grootte word aanbeveel). Dit moet insluit:
     o Die proses van konseptualisering tot realisering
     o Bewyse van navorsing, vrugbare idees/ontwikkelingskonsepte (bv. posseëlsketse
        ('thumbnail sketches'), stemmingsborde ('mood boards'), een A3 of twee A4)
     o Bewyse van beplanning wat met die ontwerpopdrag verband hou (kan storieborde,
        sketse, posseëlsketse, konseptuele tekeninge, tonale tekeninge, beplanningsketse
        ('scamps'), makette (skaalmodelle) OF prototipes van die finale konsep wees
     o Bewyse van eksperimentering met verwysing na die ontwerpopdrag
     o Bewyse van beplanning van die finale uitstalling se uitleg
   Die Prosesboek/Werkboek met individualiteit en kreatiwiteit weerspieël.
   Maak seker dat die Prosesboek/Werkboek professioneel aangebied word.

AFDELING B: PRODUK (Onderwerp 2) [50]
 Alle Onderwerp 1-werk moet voor die aanvang van die Onderwerp 2-eksamenwerk voltooi en
   gereed wees. Leerders mag die Onderwerp 1-prosesboek/werkboek as verwysing tydens
   hulle Onderwerp 2-eksamen gebruik. Beide Onderwerp 1- en Onderwerp 2-eksamenwerk
   moet onmiddellik na die voltooiing van die Onderwerp 2-eksamen aan die
   eksamenbeampte/onderwyser oorhandig word. Hierdie datum sal deur elke provinsie in 'n
   amptelike brief gekommunikeer word.
 Die onderwyser mag die kandidaat OP GEEN MANIER tydens die finale produksie van die
   ontwerp help nie (Onderwerp 2).
 Alhoewel aanbeveel word dat 'n tweedimensionele ontwerp NIE groter as A2-grootte moet
   wees nie, is leerders se werk nie ten opsigte van grootte beperk nie. Dit moet egter 'n
   aansienlike hoeveelheid werk vorm wat ten minste 12 uur en nie meer as
   24 uur se werk nie, verteenwoordig.
 Die grootte van 'n twee- of driedimensionele ontwerp sal van die funksie van die voorwerp
   wat gemaak word, afhang. Hou in gedagte dat die finale produk in sommige provinsies vir
   uitstalling/nasiendoeleindes na 'n sentrale nasiensentrum vervoer sal moet word.
 Onderwerp 2 moet by die leerder se eksamensentrum of geregistreerde kuns- en
   ontwerpsentrum onder toesig van die skoolonderwyser of 'n toesighouer gedoen word.
 Onderwerp 2-werk moet NIE tuis gedoen word NIE en moet NIE uit die eksamenlokaal
   geneem word NIE.
 Enige vorm van direkte kopiëring/plagiaat of gekoopte werk sal streng gepenaliseer word.
 'n Verklaring van egtheid moet deur elke kandidaat voltooi word (BYLAE A).
 Werk moet deurlopend tydens kontaktyd of tydens, bv. vier opeenvolgende dae vir 6 uur elk
   gedoen word. Dit kan met die skool onderhandel word.
 Elke provinsie sal die proses om Onderwerp 1 (Prosesboek/Werkboek) en Onderwerp 2
   (finale produk) na te sien, bepaal. Die provinsies sal die skole inlig oor die datum, tyd, en
   lokaal vir die inlewering van werk aan die eksamensentrums, indien van toepassing.
 Die eksamenwerk vir Onderwerp 1 moet professioneel in 'n Prosesboek/Werkboek aangebied
   word.
 Onderwerp 1 en Onderwerp 2 moet netjies en duidelik gemerk word. Skrif moet leesbaar
   wees.
 Sluit BYLAE A by Onderwerp 1- en Onderwerp 2-werk in.
 Moenie die eksamen se Onderwerp 1 en Onderwerp 2 met PAT'e 1, 2 prakties (jaarwerk)
   verwar of meng nie.
 Hou by die puntetoekenning wanneer nagesien word.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp                                       15                                      DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

ASSESSERINGSKRITERIA

AFDELING A: PROSESBOEK/WERKBOEK
KRITERIA
Uitdrukking van intensie en rasionaal: Hou 'n dinkskrum of doen 'n breinkaart           20
van idees om die tema en die bedoeling van die opdrag te ondersoek. Ontwikkel 'n
konsep. 'n Rasionaal moet verskaf word om die ontwerpoplossing wat gevind is, te
bekragtig.
Bewyse van navorsing, eksperimentering: Bestudeer die opdrag en vind                    20
relevante bronmateriaal (visuele verwysings). Toon bewyse van navorsing deur 'n
paar miniatuursketsies van idees te voltooi. Ontwerp 'n paar verskillende
oplossings om die opdrag te ondersoek. Bewyse van eksperimentering, bv. 'n
stemmingsbord moet sigbaar wees.
Gedetailleerde beplanning: Generatiewe tekeninge moet 'n verskeidenheid                 20
oplossings vir die opdrag ondersoek (verskillende tegnieke en materiale). Die
ontwikkeling van tekenvaardighede behoort duidelik te wees.
Bewyse van finale tekening/collage/maket/prototipe: Toon bewys van die finale           20
ontwerpoplossing in die vorm van 'n gedetailleerde, geannoteerde tekening/
collage/makette/prototipe, ens. Verkenning van verskillende materiale en tegnieke
moet aangemoedig word. Weerspieëling van die proses moet duidelik blyk.
Aanbieding: Die aanbieding van die bronboek word deeglik oorweeg. Hierdie               10
proses moet kreatief aangebied word.
Navorsing: Ontwerp in 'n Besigheidskonteks                                             10
TOTAAL                                                                                 100

AFDELING B: DIE FINALE PRODUK
KRITERIA
Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/Interpretasie ten opsigte van die konsep en              20
oplossing(s) wat betrekking het op die opdrag
Bewyse van ontwerpbetrokkenheid: die gepaste gebruik van ontwerp-elemente en           20
-beginsels
Tegniek/Vakmanskap/Metode                                                              20
Tydbestuur. Bewyse van en gebruik van beskikbare tyd om die produk te voltooi          20
Professionele aanbieding en funksionaliteit van die finale ontwerpoplossing            20
TOTALE                                                                                100

LET WEL: Verwys na die PAT-riglyne vir 'n gedetailleerde opsomming.

4.3     Retrospektiewe uitstalling

LET WEL:

     PAT 1 en PAT 2 moet vir die retrospektiewe uitstalling gebruik word. Waar van toepassing,
      moet EEN graad 11-werk (wat baie goed is) by die uitstalling ingesluit word.
     Die uitstalling moet 'n goed deurdagte uitstalling wees wat deur die leerder beplan en
      opgestel word. Die uitstalling moet professioneel uitgelê word en die werk moet op 'n
      samehangende, eenvoudige, dog esteties aangename wyse aangebied word. Wees versigtig
      om nie onnodige rekwisiete te gebruik nie. Die ekonomiese gebruik van materiaal word
      aanbeveel. Die uitstalling kan ook digitaal aangebied word as 'n PowerPoint-aanbieding.
      Verwys na PAT 2021 vir 'n meer gedetailleerde uiteensetting.

Hierdie uitstalling sal deur die onderwyser nagesien en dan deur provinsiale moderators
gemodereer word.
Verwys na bladsy 15 van PAT 2021: Rubrieke en Beskrywers vir assessering.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp                                      16                                      DBE/2021
                                        Eksamenriglyne

ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK

Uitstaande            90–100   Uitsonderlike vermoë, rykheid, goeie insig, vlot, hoë
                               vaardigheidsvlak, waarneming en kennis kragtig uitgedruk,
                               ondersteun deur 'n hoogs oorspronklike of ongewone keuse
                               van relevante visuele verwysings: uitstaande en
                               oorspronklike aanbieding.

Uitstekend            80–89    Treffende impak, die meeste van bogenoemde, gedetailleerd,
                               goed georganiseer en samehangend, afgewerk, vaardigheid
                               duidelik, ondersteun deur oorspronklike/ongewone/relevante
                               visuele verwysings, aanbieding is oorspronklik en deurdag:
                               'n paar klein gebreke sigbaar.

Baie goed             70–79    Goed georganiseerd, soos hierbo, maar sonder die 'gloei en
                               sprankel', goeie vlak van bevoegdheid en keuse van inhoud,
                               ondersteun deur 'n goeie keuse van relevante visuele bronne,
                               duidelike sorg en moeite gedoen met oorspronklike aanbieding:
                               'n paar duidelike teenstrydighede/foute sigbaar.

Goed                  60–69    Interessante visuele aanbieding, duidelike bedoeling,
                               oortuigend, eenvoudige en direkte gebruik van medium, toon
                               begrip maar neig na die gewone en stereotipiese oplossings
                               met tye, genoegsame keuse van relevante visuele verwysings,
                               redelike moeite gedoen met aanbieding: steurende/duidelike
                               teenstrydighede.

Gemiddeld             50–59    Voldoende, voel meganies, afgelei of gekopieer, min insig,
                               verbeeldingloos, sommige visuele verwysings nie altyd duidelik
                               geïdentifiseer nie, billike aanbieding: baie steurende
                               teenstrydighede.

Ondergemiddeld        40–49    Genoeg materiaal/werk om te slaag, nie logies saamgestel nie,
                               'n paar flitse van insig, beperkte versameling inligting, swak
                               tegniese vaardighede mag 'n bydraende faktor wees, min
                               gebruik van visuele inligting, lomp of nalatige aanbieding:
                               benodig ondersteuning/motivering om te slaag.

Swak                  30–39    Visueel oninteressant, onkreatief: beperkte/swak tegniese
                               vaardighede gebruik, minimale poging om inligting aan te bied
                               op 'n aanvaarbare wyse, min of geen visuele
                               inligting/verwysing, algemene gebrek aan toewyding: benodig
                               ondersteuning/motivering om te slaag.

Baie swak:            20–29    Baie min inligting, deurmekaar, nie maklik om waar te neem
Slaag nie                      met min of irrelevante werk/visuele inligting. Geen poging is
                               aangewend om werk op 'n aanvaarbare wyse aan te bied nie.
                               Algemene gebrek aan toewyding/samewerking.

Onaanvaarbaar:        0–19     Onsamehangend, irrelevant, baie min of geen werk, gebrek
Slaag nie                      aan selfs beperkte vaardighede toegepas. Geen
                               betrokkenheid/samewerking.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp                                       17                                      DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

HOOFSTUK 5: ALGEMENE VAKINLIGTING

5.1   Verduideliking van terminologie

Ontwerpgeletterdheid: Die eerste vlak van ontwerpgeletterdheid is eenvoudige kennis: basiese
uitkenning van die elemente en beginsels in 'n ontwerp. Maar, alhoewel akkurate inligting
belangrik is, is dit net so belangrik om te verstaan wat ons sien en visuele verhoudings in
hiërargie te verstaan. Hierdie hoërvlak-geletterdheidsvaardighede vereis kritiese denke.

Formele analise/ontleding: 'n Gedetailleerde en logiese bespreking van die formele elemente
van ontwerp soos lyn, fatsoen, vorm, tekstuur en kleur en beginsels soos eenheid en
verskeidenheid, kontras, balans, verhouding, beweging, ens. in 'n ontwerp.

Die volgende is 'n paar sleutelbegrippe wat leerders moet verstaan en kan identifiseer en
verduidelik in ongesiene ontwerpe:

Elemente van ontwerp:
 Lyn (verskillende lyneienskappe, kontoerlyne, ens.)
 Fatsoen en vorm (positiewe en negatiewe fatsoene, organies en nie-organies)
 Tonale waardes (gebruik van lig en skadu)
 Tekstuur (geïmpliseerde en taktiele tekstuur)
 Kleur (kleurteorie, bv. primêre, sekondêre, komplementêre, tersiêre, monochromatiese, koel
    en warm kleure en hulle invloed op 'n ontwerp)
 Ruimte (lyn en ruimtelike perspektief)

Beginsels van ontwerp:
 Eenheid en verskeidenheid
 Patroon
 Balans
 Ritme
 Beweging
 Verhouding
 Klem/Beklemtoning
 Kontras
 Komposisie en fokuspunt

Verskillende velde of kategorieë van ontwerp (visuele kommunikasie/inligtingsontwerp en digitale
ontwerp, oppervlakontwerp en tweedimensionele kunsvlytontwerp, produkontwerp en
driedimensionele kunsvlytontwerp, omgewingsontwerp)

LET WEL: Enige twee- of driedimensionele kunsvlytontwerp wat slegs op kunsvlytprosesse soos
decoupage, ens. vir dekoratiewe doeleindes gebaseer is, sal NIE aanvaar word nie.

Ander terminologie:
Daar word van leerders verwag om teen die einde van graad 12 'n uitgebreide ontwerp-
woordeskat tot hulle beskikking te hê. Onderwysers word aangemoedig om 'n woordelys uit te
deel en seker te maak dat leerders hierdie terme ken en verstaan. Ontwerpterme wat verband
hou met die ontwerpgeskiedenis-bewegings en wat in kontemporêre ontwerptydskrifte gebruik
word, moet deel word van die woordeskat wat hulle gebruik wanneer hulle oor ontwerpe skryf en
wanneer hulle hul eie ontwerpe bespreek. Hierdie terme moet ook in die opstel van toetse en
eksamens gebruik word.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp                                         18                                      DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

5.2     Hulpbronne
     Gereelde, deurlopende besoeke aan en besprekings oor kontemporêre uitstallings word sterk
      aanbeveel.
     As besoeke nie moontlik is nie (bv. skole in landelike gebiede), moet koerantresensies, die
      internet, groot drukstukke van ontwerpe, CD's, televisieprogramme, asook uitgenooide
      ontwerpers gereeld geraadpleeg word.
     Daar sal van leerders verwag word om met ten minste een onlangse plaaslike uitstalling
      vertroud te wees.
     LET WEL: Onderwysers moet hulle eie versameling klasnotas, verwysingsboeke,
      katalogusse en tydskrifte, foto's, skyfies, video's, ens. versamel en gebruik om waardevolle
      ondersteunende onderrig- en leermateriaal vir die teoretiese inhoud en praktiese vaardighede
      wat deur die Ontwerp-kurrikulum vereis word, te verskaf.
     Alle onderwysers word aangemoedig om hulpbronne in groepe of distrikte te deel en te
      ontwikkel sodat die werkslading en inligting gedeel kan word.
5.2.1 LOOM
 Handboeke wat deur die DBE goedgekeur is.
 Verbande moet getrek word tussen internasionale en Suid-Afrikaanse ontwerp met betrekking
    tot invloede en ooreenkomste in, bv. styl, tegniek, benadering, inhoud en konteks om globale
    ontwerp en neigings te verstaan.
 Die klem op Ontwerpgeletterdheid maak hierdie 'n dinamiese en interaktiewe vak. Leerders
    moet gelei word om aktief deel te neem deur middel van vrae, besprekings, debatte,
    speletjies en ander interaktiewe aktiwiteite. Gebruik Ontwerpgeletterdheid om leerders se
    praktiese werk te versterk.
 Die klem moet op visuele beelde wees om die wisselwerking tussen ontwerp en die
    samelewing te toon. Die wys van visuele beelde in die vorm van skyfies, PowerPoint-
    aanbiedings, fotostate, DVD's, videosnitte, ens. is noodsaaklik en leerders moet betrokke
    wees by hierdie beelde in die klas.
 Gee aan leerders baie geleenthede om oor ontwerp te skryf, hul skryfvaardighede te
    ontwikkel en ontwerpterminologie te gebruik. Hierdie geskrewe werk hoef nie in die vorm van
    lang navorsingsopstelle te wees nie, maar kan korter, meer gereelde take wees (bv. skryf oor
    ontwerpe gesien by 'n uitstalling, 'n ontleding van 'n onbekende voorbeeld(e), leerders se eie
    voorbeelde, werkopdragte, flitskaarte).
 Moedig leerders aan om formele en informele ontwerpuitstallings te besoek, te lees en
    resensies van uitstallings te versamel, deur ontwerptydskrifte, katalogusse en boeke te lees
    en te kyk en navorsing op die internet te doen.

LOOM (onderworpe aan beskikbaarheid)
 Enige ontwerptydskrif, bv. House and Leisure, World of Interiors, Visi, Elle Deco.
 Craft Art in South Africa (Elbe Coetsee)
 Creative Craft South Africa (Departement van Kuns en Kultuur)
 Design Basics (David A Lauer)
 Design Culture Now (Steven Skov Holt)
 Inspiring designers: a sourcebook (Paul Rodgers)
 Paperwork and more paperwork (Nancy Wiliams)
 Pepin Press vir boeke oor verpakking, konstruksie en tekstiel, en patroonontwerp
 Die Taschen-reeks ontwerpboeke bekend as Taschen 25, bv. Signs, 1000 chairs, Packaging
   design now!, 1000 record covers, Design of the 20th century, Sixties design, The world of
   ornament, Architecture now!, Fashion: a history from the 18th to the 20th century, Art Nouveau,
   Indian style, Mexican style.
 Handboeke deur die DBE goedgekeur
 The New Design Source book (Penny Sparke, et al.)
 Woolworths se Making the Difference through Design Daily-hulpbronboek

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp                                       19                                      DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

5.2.2 Nuttige webtuistes

Die volgende is 'n paar verskeie nuttige navorsingswebtuistes vir Ontwerp (baie meer kan met
behulp van soekenjins gevind word):

   www.pinterest.com
   www.yatzer.com
   www.dezeen.com
   www.itsnicethat.com
   www.underconsideration.com/fpo
   www.ineedaguide.blogspot.com
   www.lostateminor.com
   www.coutequecoute.blogspot.com
   www.antwerp-fashion.be
   www.logopond.com
   www.thedieline.com
   www.designtimes.co.za/search
   https://zapier.com/blog/mind-mapping-tutorial/http://lifehacker.com/how-to-use-mind-maps-to-
    unleash-your-brains-creativity-1348869811
   https://www.sdate.edu/sites/default/files/2017-07/service_learning_reflection_hand-out.pdf
   https://qqq.thegraphicdesignschool.com/blog/mind-maps-for-graphic-design-ideas-
    generation-techniques
   www.illumine.co.uk/resources/mind-mapping/using-mind-maps-effectively/mind-mapping-for-
    creativity-and-creative-problem-solving/
   www.designindaba.com
   www.designmagazine.co.za and http://www.designmagazine.co.za/designed.shp
   www.davidkrut.com
   www.designmuseum.org
   www.iziko.org.za/
   www.100percentdesign.co.uk/page.cfm/Link=1/t=m/goSection=1
   www.studiomuti.co.za
   www.studiodror.com/html/work/architecture/relief-housing/
   www.behance.com

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Design P1 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2021-eng/fa52e13e-d055-4dff-aed1-c0204154adf0) — Design · QP · 2021 · Eng
- [Design P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2021-afr/ee89371b-0b62-4166-8eae-1ffc6b00e1ed) — Design · QP · 2021 · Afr
- [Design P1 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2021-eng/44180a56-e46b-4edb-b87b-da0f80955ccf) — Design · QP · 2021 · Eng
- [Design P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2021-afr/c7602bb4-9de0-4fcf-9f32-2de77bf6fc5f) — Design · QP · 2021 · Afr
- [Design P2 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2021-eng/2c3a3431-4d7b-4e63-b006-f2050237418b) — Design · QP · 2021 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496) — Design · Memo · 2025 · Afr

## More from Grade 12 Design

- [Design P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/3f14a710-b913-44a8-ade1-31e4d395f557) — QP · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/47ba80e3-12dd-4fd4-8302-34e3b97a6b9a) — QP · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-eng/3f0bd4c5-8226-45ef-87fa-5c9996cba696) — QP · 2024 · Eng
- [Design P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-afr/6958913b-f502-40d3-8387-1f0a78a3ed25) — QP · 2024 · Afr
- [Design P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2024-afr/ecee5a5f-3ae2-4005-b20d-556b11b83d24) — QP · 2024 · Afr
- [Design P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2024-eng/e3c099fa-b074-4932-aa7e-cbc7e78a1e3e) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
