# Design Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)

> Grade 12 Design Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/design-p1-feb-march-2015-afr/16cfedfa-db3e-434b-a448-bd6c7dfa04de
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-feb-march-2015-afr/16cfedfa-db3e-434b-a448-bd6c7dfa04de)

## About this document

Design · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2015. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                                     ONTWERP V1

                                        (TEORIE)

                              FEBRUARIE/MAART 2015

PUNTE: 100

TYD: 3 uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
                      Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  2                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

2.       Daar is drie keusevrae in hierdie vraestel. Lees die opsies aandagtig deur.

3.       Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

         AFDELING A:      Ontwerpgeletterdheid (30 punte)
                          VRAAG 1 tot 3

         AFDELING B:      Ontwerpgeskiedenis (30 punte)
                          VRAAG 4

         AFDELING C:      Ontwerp in 'n sosiokulturele/omgewings- en volhoubare
                          konteks (40 punte)
                          VRAAG 5 en 6

4.       Lees die vereistes vir elke vraag aandagtig deur.

5.       Beantwoord in volsinne en vermy die opnoem van feite.

6.       Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel tyd jy aan elke vraag moet
         spandeer.

7.       MOET NIE dieselfde feite en voorbeelde in verskillende vrae herhaal NIE.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
    Ontwerp/V1                             3                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                          NSS

    AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID

    VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE

           FIGUUR A: TaTu – The Handwoven Wire Stool/Basket/Table with Glass Top
                 (Die Handgeweefde Draadstoel/-mandjie/-tafel met Glasblad)
                deur Stephen Burks en Clara von Zweigbergk (Suid-Afrika), 2013.

Analiseer en bespreek die gebruik van die volgende elemente, beginsels en terme met
betrekking tot FIGUUR A hierbo:

•       Lyn
•       Tekstuur
•       Balans
•       Multifunksionaliteit
•       Afrika-elegansie                                                                     [10]

    Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 Ontwerp/V1                                 4                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                           NSS

VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP

        FIGUUR A: Life Wallpaper (Lewe-muurpapier) deur Maira Koutsoudakis van
           die Khaya-muurpapierversameling (Johannesburg, Suid-Afrika), 2009.

 2.1      Identifiseer DRIE simbole sigbaar in FIGUUR A hierbo.                                (3)

 2.2      Verduidelik hoekom hierdie drie simbole met Suid-Afrika geassosieer word.            (3)

 2.3      Wat is die voordele van die gebruik van bekende Suid-Afrikaanse beelde vir
          Suid-Afrikaans-ontwerpte produkte? Motiveer jou antwoord.                            (4)
                                                                                               [10]

 Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 Ontwerp/V1                                  5                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

VRAAG 3

BEANTWOORD ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2.

3.1   Verwys na FIGUUR A en FIGUUR B hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                  FIGUUR A: Shweshwe-materiaal (Zwelitsha, Suid-Afrika), 1984.

                      FIGUUR B: Vlisco-materiaal (Helmond, Nederland), 2010.

          In 'n opstel (van ten minste EEN bladsy) vergelyk die tekstielontwerpe in
          FIGUUR A met dié in FIGUUR B hierbo deur ooreenkomste en verskille
          te bespreek met verwysing na:

          •     Patroon
          •     Vorm
          •     Tekstuur
          •     Kleur
          •     Inspirasie/Invloede                                                      (10)

                                             OF
 Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  6                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                           NSS

3.2

             FIGUUR A: Die Romeinse Forum (Rome, Italië), (circa) 8 VHJ tot 312 HJ.

                  FIGUUR B: Montecasino-ontspannings- en casinokompleks
                             (Johannesburg, Suid-Afrika), 2000.

         Skryf 'n opstel (van ten minste EEN bladsy) waarin jy enige klassieke gebou
         met enige moderne gebou wat jy hierdie jaar bestudeer het, vergelyk. (Jy kan
         as alternatief die Romeinse Forum in FIGUUR A met die moderne
         vermaaklikheidskompleks in FIGUUR B hierbo vergelyk.)

         Verwys na die volgende in jou opstel:

         •      Doel
         •      Materiale en tegnologie
         •      Teikenmark                                                                    (10)
                                                             TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 Ontwerp/V1                                 7                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                           NSS

AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS

VRAAG 4

4.1   Al die voorbeelde hieronder het die ontwerppraktyke van hulle tyd uitgedaag wat
      opwindende nuwe ontwerpprodukte tot gevolg gehad het.

        FIGUUR A: Rak deur Marcel Breuer,        FIGUUR B: Ruggles Umbo-rakke deur
            Bauhaus (Duitsland), 1934.              Kay Leroy, Popkuns (VSA), 1972.

         FIGUUR C: Malabar-kabinet deur           FIGUUR D: Rejuvenation deur KNQ
         Ettore Sottsass, Postmodernisme         Associates, Dekonstruksie (Duitsland),
                  (Italië), c. 1982.                           c. 2010.

          Kies enige TWEE ontwerpbewegings/-style hieronder en skryf 'n opstel (van
          ten minste TWEE bladsye) waarin jy verduidelik hoe elke beweging/styl wat jy
          gekies het die ontwerppraktyke van hulle tyd uitgedaag het. Ondersteun jou
          antwoord deur die invloede, algemene kenmerke en EEN werk deur EEN
          ontwerper van elke beweging/styl te bespreek. Jy mag na die voorbeelde
          hierbo verwys om jou te lei.

          •    Bauhaus
          •    Pop-ontwerp
          •    Postmodernisme
          •    Dekonstruktivisme                                                                (20)

 Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 Ontwerp/V1                                8                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                          NSS

4.2

        FIGUUR A: Art Nouveau-boekomslag         FIGUUR B: Art Deco-boekomslag,
         deur Blanche McManus (VSA), 1922.        ontwerper onbekend (VSA), 1929.

          Skryf 'n kort opstel waarin jy FIGUUR A met FIGUUR B hierbo vergelyk deur
          hul ooreenkomste en verskille met betrekking tot die volgende te bespreek:

          •     Kontras
          •     Invloede/Inspirasie
          •     Kleur
          •     Tipografie
          •     Lyn                                                                           (10)
                                                                                              [30]

 Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 9                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                          NSS

AFDELING C:          ONTWERP  IN   'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS-                   EN
                     VOLHOUBARE KONTEKS

VRAAG 5

BEANTWOORD ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.

5.1

         FIGUUR A: 'You are not a sketch. Say NO to anorexia.' ('Jy is nie 'n skets nie.
               Sê NEE vir anoreksie.')-veldtog deur Revolution (Brasilië), 2013.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                    10                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

         5.1.1        Beskryf hoe die gebruik van die volgende die negatiewe effek van
                      ANOREKSIE ('n eetversteuring wat tot oordadige gewigsverlies lei)
                      soos uitgebeeld in FIGUUR A, beklemtoon:

                      •    Gebruik van ruimte
                      •    Visuele beelde
                      •    Tipografie                                                             (6)

         5.1.2        Gee 'n definisie van sosiokulturele ontwerp en verduidelik in 'n
                      opstel (ten minste 1½ bladsye) hoe hierdie definisie van toepassing
                      is op:

                      •    Die werk van EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse ontwerper/
                           ontwerpgroep
                      •    Die werk van EEN kontemporêre internasionale ontwerper/
                           ontwerpgroep

                      Jy mag NIE verwys na enige ontwerper(s) wat jy voorheen
                      bespreek het of na wie in hierdie vraestel verwys word NIE.                 (14)
                                                                                                  [20]

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                      11                       DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                               NSS

5.2      5.2.1        Bespreek hoe kunshandwerksentrums 'n positiewe bydrae tot ons
                      ekonomie kan lewer.                                                        (3)

         5.2.2        Skryf 'n koerantartikel (van ten minste EEN bladsy) waarin jy EEN
                      tradisionele kunshandwerk wat jy hierdie jaar bestudeer het,
                      bespreek. Verwys na die onderskeie funksies van die
                      kunshandwerk, asook die materiale en tegnieke betrokke by die
                      produksie daarvan. Verwys na ten minste EEN voorbeeld om jou
                      antwoord te ondersteun.                                                    (7)

         5.2.3

                     FIGUUR A: USB-armbande deur           FIGUUR B: Baobab (Kremetart-)
                      Africa!Ignite (Suid-Afrika), 2005.       lig deur Umcebo Design
                                                                  (Suid-Afrika), 2009.

             Geïnspireer deur die ontwerpe hierbo, skryf 'n opstel (van ten minste EEN
             bladsy) oor enige EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse ontwerper/groep
             wat tradisionele kunshandwerktegnieke/-materiale op 'n moderne/
             kontemporêre produk toepas.

             Verwys na die volgende in jou bespreking:

             •       Naam van die ontwerper/groep en sy/haar/hulle ontwerpproduk
             •       'n Gedetailleerde beskrywing van hoe die tradisionele
                     tegnieke/metodes en materiaal/materiale toegepas is op
                     moderne/kontemporêre ontwerp. Verwys na spesifieke voorbeelde.
             •       Bespreek die sosiokulturele bydrae

             Jy mag NIE verwys na enige ontwerper(s) wat jy voorheen bespreek het
             of na wie in hierdie vraestel verwys word NIE.                                      (10)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
 Ontwerp/V1                                   12                       DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

VRAAG 6

6.1

                      FIGUUR A: 'Grapple' (stoorhake) deur Ryan Frank en die
                           Tapegear Design Team (Suid-Afrika), 2013.

      'Grapple' is 'n opwindende nuwe konsep van die internasionaal erkende Suid-
      Afrikaans gebore ontwerper, Ryan Frank en die Tapegear Design Team. Hulle
      verander grassnysels in volledig hernubare natuurlike plastiekagtige stoorhake. Die
      maatskappy is op soek na beleggers om die produksiereeks te help befonds.

      Skryf 'n brief aan beleggers waarin jy motiveer waarom jy hierdie maatskappy wil
      bevorder deur na die volgende te verwys:

      •   Teikenmark
      •   Volhoubaarheid
      •   Funksionaliteit
                                                                                               (6)

 Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                13                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                         NSS

6.2      Bespreek die werk van enige EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse EN EEN
         kontemporêre internasionale ontwerper/ontwerpagentskap of -ateljee (ten
         minste 1½ bladsye) wat jy hierdie jaar bestudeer het, wie se werk aan
         omgewings- en/of volhoubare kwessies aandag gee.

         Verwys na die volgende in jou bespreking:

         •    Naam van die ontwerper/groep
         •    Hoe die ontwerper/ontwerpagentskap of -ateljee aandag gee aan
              omgewingskwessies in sy/haar/hulle ontwerpproses
         •    Die titel en 'n kort beskrywing van ten minste EEN groot projek
              onderneem deur hierdie ontwerper/groep

         Jy mag NIE verwys na enige ontwerper(s) wat jy voorheen bespreek het of na
         wie in hierdie vraestel verwys word NIE.                                        (14)
                                                                                         [20]

                                                           TOTAAL AFDELING C:            40
                                                               GROOTTOTAAL:              100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Design P1 Feb March 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-feb-march-2015-eng/3fed8972-0e7f-4448-8076-5ce4e9277c47) — Design · QP · 2015 · Eng
- [Design P1 Feb March 2015 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-feb-march-2015-memo-eng/62194118-5485-4280-9c81-fe14d083a50d) — Design · Memo · 2015 · Eng
- [Design P1 Feb March 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-feb-march-2015-memo-afr/75c626dd-a45d-434d-9874-0e9344a023e4) — Design · Memo · 2015 · Afr
- [DESIGN P1 GR12 QP SEPT2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-gr12-qp-sept2015-eng/9d4810a0-bdbb-4347-893a-ac91572e2e8b) — Design · QP · 2015 · Eng
- [DESIGN P1 GR12 QP SEPT2015 AFR](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-gr12-qp-sept2015-afr/e0350a2a-83e3-42fb-b7c1-abbe02d9f84a) — Design · QP · 2015 · Afr
- [Design P1 Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2015-eng/999820e5-21b3-4f96-8165-7fec5bded211) — Design · QP · 2015 · Eng

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-mg-afr/ccc80683-987a-4611-994f-f9eff5587a50) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/79defddf-f99d-45c8-840b-73877abd8f11) — Memo · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/a85d8220-5a26-4f17-990e-081cb336014f) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2024-eng/e3c099fa-b074-4932-aa7e-cbc7e78a1e3e) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
