# Design Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Design Paper 1 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 25 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/design-p1-feb-march-2017-memo-afr/eed60c80-2c53-49e5-b630-510f9c8460a0
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 25

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-feb-march-2017-memo-afr/eed60c80-2c53-49e5-b630-510f9c8460a0)

## About this document

Design · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Memorandum, 25 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                    ONTWERP V1

                                      (TEORIE)

                             FEBRUARIE/MAART 2017

                                  MEMORANDUM

PUNTE: 100

                      Hierdie memorandum bestaan uit 25 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   2                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                     NSS – Memorandum

AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID
'ONGESIENE' VOORBEELDE

BEANTWOORD ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.
VRAAG 1 [10 punte]
1.1      (Ken 'n maksimum van twee punte per element en beginsel toe)

         •     BALANS
               Hierdie beelde is op 'n tweesydige simmetriesgebalanseerde wyse
               gerangskik om 'n gevoel van orde en kalmte te skep.  Die groepering
               van die beelde in 'n sirkelvorm rondom 'n groot sentrale motief vertoon
               duidelik die straalvormige balans. 
         •     FOKUSPUNT
               Die DC ronde hanger aan 'n ketting is die oorheersende fokuspunt
               omdat dit reg in die middel geplaas is.  Dit is duidelik die grootste
               beeld in die illustrasie.  Die twee punte van die hart lei ook die oog na
               die DC hanger. 
         •     RITME
               Die herhaalde beelde, byvoorbeeld hoede, tekkies, selfone en ringe laat
               die oog in 'n vertikale, horisontale en sirkelbeweging dwaal.  Die
               herhaling van baie ronde beelde, byvoorbeeld die ringe en die sentrale
               hanger en die blombeeld, dra ook tot die skepping van 'n sirkelagtige
               ritme by. 
         •     KONTRAS
               Die plein, plat agtergrond kontrasteer sterk met die veelvuldige beelde
               waarvan baie fyn detail bevat. Dit skep 'n lewendige, amper
               glinsterende oppervlak.  Klein motiewe soos die klein blink sterretjies
               kontrasteer met groter motiewe soos die hoed en die geldsak wat die
               oppervlak ook opkikker.  Hierdie glinsterende gevoel kommunikeer
               oorvloed en rykdom. 
         •     FATSOEN
               Die beelde is almal plat en vereenvoudig om 'n duidelike en skoon
               komposisie wat maklik leesbaar is, te skep.  Die geldsak, hoed, tekkie
               en bottel is organiese vorms wat beweging oordra terwyl die selfoon,
               diamant en ander edelgesteentes geometries is en hierdie beweging
               stabiliseer. 
         Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                         3                      DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                           NSS – Memorandum

      V.1.1                                                 GEWIGS-               PUNTE
      VLAK            KOGNITIEWE VAARDIGHEDE              TOEKENNING    VRAE       (10)

                 Onthou, Herroep, Herken                                  1.1        2
 Laer Orde                                                    30%
                 Verstaan, Verduidelik, Beskryf                           1.1        1

Middel Orde      Toepas, Implementeer, Organiseer             40%         1.1        4

                 Analiseer, Interpreteer                                  1.1        1
 Hoër Orde                                                                1.1        1
                 Reflekteer, Oordeel                          30%

                 Sintetiseer                                              1.1        1

                                                    OF

1.2       [Ken 'n maksimum van 2 punte per ontwerpterm toe vir 'n totaal van
          10 punte]

          •   EKLEKTIES
              Die term eklekties beteken om van 'n verskeidenheid ontwerpstyle/-
              periodes te leen om 'n nuwe, unieke ontwerp te vorm.  Die eenvoudige
              reghoekvorm van die bank verwys na die Bauhaus en Modernistiese
              ideale van Minimalisme en 'Minder is Meer'.  'n Ander moontlike
              verwysing is die Skandinawiese Ontwerp se klem op funksionaliteit,
              skoon lyne, ligte materiale en helder kleure en hul gebruik van
              volhoubare     materiale.      Die    Postmodernistiese   geloof   in
              omgewingsgoedgesinde ontwerpe is ook sigbaar in hierdie produk se
              gebruik van geweefde herwinde plastiek. 

          •   GETROUHEID AAN MATERIALE
              In lyn met die filosofie 'getrouheid aan materiale' is die hout van die bank
              ongeverf gelaat om die skoonheid van sy natuurlike staat te weerspieël.
               Die kleur en grein van die hout is sigbaar gelos wat die bank aan die
              natuur koppel. 

          •   MINIMALISME
              Die betekenis van die term Minimalisme impliseer 'Minder is Meer', d.i.
              die ontwerper het die 'allernodigste' gebruik  om 'n skoon en
              vaartbelynde vorm te skep. 

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                         4                     DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                           NSS – Memorandum

          •   VORM-VOLG-FUNKSIE
              Die eenvoudige vorm van die ontwerp beklemtoon sy funksie.  Alle
              klem is op funksionaliteit geplaas en versiering is ekonomies aangewend
              om die eenvoudige geometriese vorm te beklemtoon. 
          •   HERNUWE
              Die vesels van die tekstieldeel van die bank word met herwinde
              plastieksakke gevorm.  Die plastieksakke is hernuwe om 'n nuwe doel,
              d.i. van bekleedsel, te verwerf. 
          Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

      V.1.2                                                GEWIGS-                 PUNTE
      VLAK           KOGNITIEWE VAARDIGHEDE              TOEKENNING   VRAE          (10)

                 Onthou, Herroep, Herken                               1.2            1
 Laer Orde                                                    30%
                 Verstaan, Verduidelik, Beskryf,                       1.2            2
                 Klassifiseer

Middel Orde      Toepas, Implementeer, Organiseer             40%      1.2            4

                 Analiseer, Interpreteer                               1.2            1
 Hoër Orde                                                             1.2            1
                 Reflekteer, Oordeel                          30%

                 Sintetiseer, Regverdig                                1.2            1

KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP
VRAAG 2 [10 punte]
2.1       (Ken 8 punte toe)

          (Ken 2 punte toe)

          •   Gebruik van kleur
              Hierdie boodskap blyk binne 'n Afrika-konteks te wees as gevolg van die
              sub-Sahara agtergrond wat bruin, droog met baie min groenigheid is. 
              Die gebruik van die kleur swart simboliseer die lot, leegheid en hartseer
              van armoede.  Die kontras van die swart beeld van die meisie aan die
              linkerkant in vergelyking met die helderkleurige figuur van die meisie aan
              die regterkant kan moontlik die verskil tussen 'n toekoms met opvoeding
              teenoor een sonder opvoeding simboliseer. 
          (Ken 3 punte toe)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                        5                       DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                          NSS – Memorandum

         •    Die gebruik van beelde in die plakkaat
              Die boodskap van die plakkaat dra die belangrikheid van die opvoeding
              van klein meisietjies as net so belangrik as die opvoeding van klein
              seuntjies oor.  Dit word deur die beeld van die klein meisietjie in die
              voorgrond en die beeld van die klein seuntjie in die agtergrond van beide
              plakkate gekommunikeer.  Manlike kinders word dikwels 'n geleentheid
              gebied om 'n opvoeding te kry omdat hulle tradisioneel as die
              toekomstige broodwinners gesien word.  Die meisiekind word aan die
              ander kant as 'n toekomstige moeder en vrou, van baie min belang,
              gesien en daar is dus geen behoefte aan opvoeding nie.  Die klein
              kaalvoetmeisietjie aan die linkerkant dra armoede oor. 

         (Ken 3 punte toe)

         •    Die lettertipe in die slagspreuk van die veldtog (Omdat ek 'n meisie
              is)
              Die 'I' in die slagspreuk is verleng/uitgerek  wat kan kommunikeer dat 'n
              mens deur die bemagtiging van meisies met opvoeding vir hulle die mag
              gee om vir die sterre te reik.  Deur drome te bewaarheid en hulle toe te
              laat om 'n blink toekoms te hê.  Die lettertipe is effens kinderlik om haar
              kwesbaarheid te wys.  Die grootte en kleur van die woord 'girl' is
              uitgelig om die belangrikheid van die opvoeding van meisies te
              beklemtoon.  Die pienkrooi kleur van die lettertipe stereotipeer ook
              teenoor meisies. 

         (Ken 2 punte toe)

2.2      Hierdie plakkaat in FIGUUR C neem dit as vanselfsprekend dat alle mans
         toegang tot opvoeding het  en dat alle landelike swart meisies benadeel en
         gedoem is om verwagtend te raak, sonder om 'n opvoeding te kry.  Die
         plakkaat stereotipeer teen swart meisies omdat daar meisies van ander
         rassegroepe is wat ook deur armoede geraak word. 

         Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

       V.2                                                GEWIGS-                    PUNTE
      VLAK           KOGNITIEWE VAARDIGHEDE             TOEKENNING      VRAE          (10)

                 Onthou, Herroep, Herken, Noem                           2.1            2
 Laer Orde                                                   30%
                 Verstaan, Verduidelik, Beskryf,                         2.1            1
                 Klassifiseer

Middel Orde      Toepas, Implementeer, Organiseer            40%         2.1            3
                                                                         2.2            1

                 Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                       2.1            2
 Hoër Orde
                 Evalueer, Reflekteer, Oordeel               30%         2.2            1

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   6                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                     NSS – Memorandum

VRAAG 3 [10 punte]

BEANTWOORD ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2.

(OPSIE 1)

3.1      [10 punte]

         Die rok in FIGUUR D kon deur die vloeiende drag van Arabiese vroue
         beïnvloed wees.  Die gebruik van die stewels en sterk swart bande in die
         patroon roep bande met uniforms/wapenrusting van soldate op, asook met
         die 'Sub-Sahara emo' subkultuur (die gebruik van baie swart in die klere met
         swart stewels).  FIGUUR E is 'n eklektiese ontwerp beïnvloed deur baie
         style en bewegings, byvoorbeeld die liniêre tekstuur op die oppervlak van
         FIGUURE E herinner aan Indonesiese batikmateriaal, terwyl die sterk
         diamant- en driehoekige patrone Xhosa Shweshwe in styl is.  Die kort,
         pofferige romp is funky, meisieagtig en kontemporêr in inspirasie.  Die
         patroon op FIGUUR D is modern en kan deur masjieneeubewegings soos
         die Bauhaus en De Stijl geïnspireer wees omdat dit uit reguit lyne en
         geometriese blokagtige fatsoene bestaan. 

         FIGUUR D se vorms is groot en swiepend, bestaande uit 'n swaar, vloeiende
         en los rompvorm en 'n blokagtige bostuk terwyl FIGUUR E se vorms klein en
         lewendig is.  Die bostuk van FIGUUR E is noupassend, kontrasterend met
         die romp wat kort en pofferig is en 'n meisieagtige jeugdigheid uitstraal.  Die
         groot, swiepende vorms van FIGUUR D wek in vergelyking beelde van
         tradisionele etniese stamdrag op. 

         Die herhaling van dun, reguit horisontale en dik horisontale en vertikale bande
         van swart skep 'n treffende vlegagtige patroon.  Die patroon op FIGUUR E
         aan die ander kant is meer organies en Afrika in styl as gevolg van die
         herhalende knoop-en-doop of batiktekstuur en die herhalende klein
         driehoekies en diamante. 

         Die swaar swart bande en sterk rooi primêre kleur van FIGUUR D skep 'n
         dramatiese, opvallende ontwerp.  FIGUUR E bestaan ook uit 'n dominante
         rooi, maar hierdie rooi is dieper en stemmiger.  Die kontraste van geel en
         wit driehoeke vorm areas van ligkontraste wat 'n lewendiger oppervlak as
         daardie van FIGUUR D skep.  Die kontras tussen rooi en swart skep 'n
         dinamiese kleurestetika. 

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                       7                     DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                         NSS – Memorandum

         Beide rokke kan as avant-garde beskou word. FIGUUR D vermeng 'n
         tradisionele rokvorm met 'n moderne masjien-eeupatroon en kombineer dit
         met industrieelagtige swart stewels om 'n amper futuristiese beeld te skep. 
         FIGUUR E gebruik 'n tradisionele Afrika-druk om 'n funky moderne rok te
         skep.  Die kombinasie van 'n Westerse vilthoed bo-op 'n Afrika-serp, asook
         die insluiting van hoë hakke en 'n etniese styl halssnoer, beklemtoon die
         eklektisisme van die ontwerp. 

Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag vir vergelykings in tabelvorm
toegeken word. Gebruik die rooster vir kognitiewe vlakke as riglyn wanneer jy
merk.

    V.3.1                                                GEWIGS-                PUNTE
    VLAK              KOGNITIEWE VAARDIGHEDE           TOEKENNING   VRAE         (10)

                 Onthou, Herroep, Herken                             3.1           1
 Laer Orde                                                  30%
                 Verstaan, Verduidelik, Beskryf                      3.1           2

                                                            40%      3.1           4
Middel Orde      Toepas, Implementeer, Organiseer

                 Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                   3.1           1
 Hoër Orde                                                           3.1           1
                 Evalueer, Reflekteer                       30%

                 Skep, Sintetiseer                                   3.1           1

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  8                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                    NSS – Memorandum

(OPSIE 2)

3.2      [10 punte]

         Die Notre Dame du Haut funksioneer as 'n kontemporêre plek van
         aanbidding, opgedra aan die Maagd Maria.  Die Basilika van St Paul is ook
         'n plek van aanbidding ter ere aan St Paul wie se graf direk onder die altaar
         geplaas is. Dit is 'n Romeinse basilika, die eerste model wat as 'n
         Christenkerk gebou is. 
         Tipies van die Romeinse Basilika van St Paul se hoofstruktuur is 'n
         eenvoudige reghoek met drie gange, waarvan die hoofgang in die middel (die
         naaf) hoër as die kante gebou is en vensters ('n bobeuk) bokant die sygange
         insluit.  Die herhaalde vertikale kolomme en 'n horisontale entablement
         skep 'n baie stabiele struktuur, tipies van klassieke argitektuur.  Die
         struktuur van die Notre Dame du Haut aan die ander kant is baie onreëlmatig,
         beeldhouagtig en organies wat aan swaar rotsformasies herinner.  Die
         semi-ronde altaar aan die bopunt van die basilika versag die algemene
         reghoekigheid.  Die Notre Dame du Haut aan die ander kant bestaan uit
         baie gekromde kante gebalanseer deur 'n paar vertikale.  Die dak van die
         Notre Dame du Haut herinner 'n mens aan 'n plat rots en lyk asof dit sweef
         vanaf die binne-kant. 'n Ruimte van etlike sentimeter tussen die dak en die
         mure, wat daglig inlaat, verhoog hierdie swewende gevoel. 
         Die Basilika van St Paul kry sy sagte, gloeiende lig van die ry vensters in die
         bobeuk,  terwyl die Notre Dame du Haut lig van reghoekige openinge diep
         gesetel in die dik mure kry, wat 'n spirituele en dromerige atmosfeer binne die
         gebou aanneem.  Die Basilika se lig is goudkleurig om God se Koninkryk te
         vereer terwyl die lig in die Notre Dame wit is om God se reinheid te vereer. 

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                       9                       DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                         NSS – Memorandum

         Die Basilika is van tradisionele natuurlike boumateriale soos marmer,
         albaster en graniet gebou, terwyl die Notre Dame du Haut van beide wit klip
         en rowwe beton gebou is.  Die klip wat die Basilika oorheers, gee dit 'n
         soliede, sterk gevoel.  Die beton en klip van die Notre Dame du Haut straal
         ook soliditeit en aardsheid uit.  Die vloer van die kapel volg die natuurlike
         helling van die heuwel afwaarts na die altaar. Sekere dele, veral daardie
         waarop die interieur- en eksterieur-altare rus, is van pragtige wit klip van
         Bourgogne, so-ook die altare self. Die torings is van klipmesselwerk gebou en
         word deur sementkoepels gekroon. 
         Baie oppervlaktes van die Basilika is hoogs versier met goue en gekleurde
         glas-mosaïeke wat godsdienstige beelde soos die Openbaring van Johannes,
         met die borsbeeld van Christus in die middel, die 24 doktore van die kerk
         weerskante, bekroon deur die vlieënde simbole of die vier Evangelies,
         illustreer.  Hierdie versiering is baie sensueel en ekspressief.  Die
         muuroppervlaktes van die Notre Dame du Haut in kontras is onversier en wit
         geverf, wat eenvoud en reinheid weerspieël.  Die dak is ook 'n neutrale
         swart wat tot hierdie algemene bui van erns bydra.  Die oppervlaktes van
         die Basilika is glad terwyl die interieur- en die eksterieuroppervlaktes van die
         kapel bedek is met messelklei, opgespuit met 'n sementgeweer en dan
         afgewit, wat dit 'n organiese gevoel gee. 
         Gee krediet aan enige ander geldige stellings of vergelyking tussen 'n
         klassieke en kontemporêre gebou wat die kandidaat bestudeer het.
         LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag vir vergelykings in
         tabelvorm toegeken word. Gebruik die rooster vir kognitiewe vlakke as
         riglyn wanneer jy merk.

    V.3.2                                                GEWIGS-                   PUNTE
    VLAK              KOGNITIEWE VAARDIGHEDE           TOEKENNING     VRAE          (10)

                 Onthou, Herroep, Herken                                3.2           1
 Laer Orde                                                  30%
                 Verstaan, Verduidelik, Beskryf,                        3.2           2
                 Klassifiseer

                                                            40%         3.2           4
Middel Orde      Toepas, Implementeer, Organiseer

                 Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                      3.2           1
 Hoër Orde                                                              3.2           1
                 Evalueer, Reflekteer                       30%

                 Skep, Sintetiseer, Regverdig                           3.2           1

                                                                  TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 10                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                    NSS – Memorandum

AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS

VRAAG 4 [30 punte]

4.1      (Ken 20 punte in totaal toe)
         (Ken 10 punte vir elke beweging toe. Let asseblief daarop dat slegs een
         punt vir die naam van die ontwerper en produk vir elke beweging
         toegeken kan word. Gebruik asseblief die rooster vir kognitiewe vlakke
         as riglyn wanneer jy merk.)

         Hierdie memo verskaf 'n antwoord vir die volgende twee moontlikhede:
         KUNS EN KUNSVLYT EN DEKONSTRUKTIVISME

         Kuns en Kunsvlyt
         Bogenoemde aanhaling is deur William Morris, een van die stigters van die
         Kuns-en-Kunsvlytbeweging. Die Kuns-en-Kunsvlytbeweging se doelwit was
         om klem op die natuurlike eenheid tussen vorm, funksie en versiering te
         plaas,  wat hul ontwerpe eenvoudig, elegant en funksioneel gehou het. 
         Hulle het beoog om die swak smaak en ondergeskikte kwaliteit van
         massageproduseerde goedere, wat onderontwerp en vol onnodige detail was,
         om te keer.  Die beweging het beoog om die kapitalistiese industriële
         produksie gebaseer op geldmaak, te verwerp.  'n Aantal kunstenaars en
         handwerkkunstenaars was betrokke en dit was die aanvang waar gewig aan
         die ontwerp van alledaagse voorwerpe gekoppel is.  Gedurende die
         Victoriaanse era is baie fabriekvervaardigde ontwerpe deur die
         masjienoperateurs of die fabriekseienaars ontwerp.  Hul ontwerpe het van
         swak smaak getuig en was vol onnodige detail. Soos bogenoemde aanhaling
         dit stel; Morris het die oogpunt dat ontwerp beide mooi en funksioneel behoort
         te wees, ontwikkel. 'n Fokus op kwaliteit en vakmanskap en die gebruik van
         natuurlike materiale kenmerk die Kuns-en-Kunsvlytontwerpe as eerlik,
         bedoelende dat 'n mens die laste en vervaardigingsmerke kan sien in plaas
         daarvan om dit te probeer wegsteek of met dekoratiewe elemente te
         verdoesel.  Ontwerpe is eenvoudig, elegant en funksioneel gehou en
         gebrandskilderde glas, hout, tekstiele en natuurlike bakstene was gewilde
         materiale. 

         Alle papier-, ink- en tekstielontwerpe is met die hand en die gebruik van
         organiese materiale vervaardig. Dit is 'n sleutelkenmerk van Kuns-en-
         Kunsvlytontwerp en die resultaat is algemene beheer oor die kwaliteit en
         vervaardiging van ontwerp.  Die Kuns-en-Kunshandwerkstylkenmerke kom
         terug op die Middeleeuse argitektuur en tapisserieë, geïllumineerde
         manuskripte en landelike versiering- en meubelstyle.  Hul
         onderwerpmateriaal is van die plante, diere en die voëls van die natuur
         verhaal, veral in muurpapier en tekstielontwerp. 

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  11                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                     NSS – Memorandum

         William Morris het op katoen begin druk toe hy die Merton-klooster in 1881
         gekoop het. Getrou aan die doelwitte en kenmerke van die beweging het
         Morris beoog om 'n item, wat mooi, handgemaak en op so 'n wyse dat dit die
         werkers tot voordeel sou strek, te vervaardig.  Materiale is gekleur met
         slegs die hoogste kwaliteit-, natuurlike kleursels, gebaseer op kruieresepte. 
         Die gedrukte tekstiel van die Morris en My. 1884 vervaardig in die Merton-
         klooster is gekleur deur die indigo bleikmetode te gebruik. Die metode behels
         eerstens die verkleuring van die katoen met 'n indigo-blou skakering en dan
         die areas waar die ontwerp verskyn, met bleikmiddel te verwyder. Ten laaste
         word die materiaal weer gekleur met rooi en geel, wat tot 'n diep palet van
         rooie, oranjes, perse, groene en bloue lei.  Die tekstielontwerp is op
         natuurlike motiewe (blomme, wingerde en blare) gebaseer. 'n Sin vir
         perspektief word verkry deur die oorvleueling van blomme en stingels.
         Tekstuur is deur patroonvorming bereik. Sagte golwende lyne en gereelde
         gekromde patrone van blare en blomme saam met die gestileerde krulblaar-
         patroon skep 'n esteties bekoorlike ontwerp.  Hierdie voorbeeld is beide
         bruikbaar en mooi.
         Dekonstruktivisme
         In teenstelling met bogenoemde aanhaling het Dekonstruktivistiese
         ontwerpers gefokus op die verkenning van die verhouding tussen verskillende
         dele van die ontwerp in plaas daarvan om op die funksie en die konstruksie
         en estetika van ontwerpe te fokus.  Die gevolglike styl lyk na ontwerpe wat
         onreëlmatig en letterlik gefragmenteerd is.  'Onnodige' lyne en vorms word
         ter wille van die skepping van nuwe en oorspronklike strukture geskep. 
         Die doelwitte van Dekonstruktivisme is op die skrywe van die Franse filosoof
         Jacques Derrida gebaseer. Derrida verken onsekerhede en teenoorgesteldes
         wat in 'n staat van onstabiliteit is, asook die ongesiene verhoudings tussen
         alles eerder as die funksie en bruikbaarheid van dele.  Hulle ontwerpe was
         daarop gemik om dinge uitmekaar te trek om sodoende die verhouding
         tussen dele te ondersoek.  Dekonstruktivisme poog om bestaande strukture
         en vorms, wat deur die eeue heen aanvaar is, te bevraagteken.  Hierdie
         basiese norme word omvêrgegooi en verstoor. Lyne en vorms word vloeibaar
         en verwerp dikwels swaartekrag of visuele stabiliteit. 
         Frank Gehry is 'n Dekonstruktivistiese argitek wat hoogs onkonvensionele
         materiale op ongewone wyses gebruik. Gehry het baanbrekerswerk in
         argitektoniese ontwerp gedoen deur die stilistiese kenmerke van
         Dekonstruktivisme te verken deur die manier waarop hy fatsoen en tekstuur
         manipuleer.  Die Guggenheim Kunsmuseum in Bilbao Spanje is 'n
         ikoniese voorbeeld van Dekonstruktivisme.  Sy funksie/'gebruik' as 'n
         kunsmuseum is ondergeskik en die feit dat dit nie aan normale
         gebouspesifikasies voldoen nie, weerspreek die laaste deel van bogenoemde
         aanhaling. Die gebrek aan gelykvormigheid laat toe dat die gebou as lelik
         beskou en dus nie as mooi geag kan word nie; dit verontagsaam die norme
         van 'n Klassieke Westerse kunsmuseum.  Die onkonvensionele buitekant
         van die gebou, met dik halfmillimeter titaanpanele bedek, weerspieël ten alle
         tye van die dag en nag lig wat met kalksteen en glas afgewissel word en
         deursigtigheid en 'n neutrale kleur verskaf. Die titaan oksideer nie, maar is 'n
         uiters ongewone en kontroversiële dekkingsmateriaal vir geboue.  Hierdie
         materiaal word vir hul onkonvensionele kenmerke eerder as vir hul
         'skoonheid' of 'bruikbaarheid' gekies. 
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                      12                       DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                         NSS – Memorandum

          Die Guggenheim Kunsmuseum, wat in die Dekonstruktivistiese styl ontwerp is
          en kenmerkend geen konvensionele reguit lyne en reghoeke in die ontwerp
          het nie, skep 'n onstabiele komposisie.  Hierdie lyne en vorms is nie
          noodsaaklik vir die funksie van die gebou nie, maar word ter wille van die
          verkenning van 'n nuwe argitektoniese styl, gebaseer op die verhouding van
          teenoorgesteldes, gebruik.  Ten slotte is die Dekonstruktivistiese beweging
          in teenstelling met bogenoemde aanhaling. 

          Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

      V.4.1                                              GEWIGS-                   PUNTE
      VLAK             KOGNITIEWE VAARDIGHEDE          TOEKENNING     VRAE          (20)

                 Onthou, Herroep, Herken, Noem                          4.1           2
 Laer Orde                                                  30%
                 Verstaan, Verduidelik, Beskryf,                        4.1           4
                 Klassifiseer

                 Toepas, Implementeer, Organiseer           40%         4.1           8
Middel Orde
                 Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                      4.1           2
 Hoër Orde                                                              4.1           1
                 Evalueer, Reflekteer                       30%

                 Skep, Sintetiseer, Regverdig                           4.1           3

4.2       [10 punte]

          Inspirasie

          De Stijl is deur 'n groep Hollandse ontwerpers, wat deur die Hollandse tradisie
          van logika, hardheid en helderheid geïnspireer is, gestig.  Art Deco is deur
          'n gemeenskap wat deur antieke eksotiese gemeenskappe soos Antieke
          Egipte, Asteekse beskawings en Afrika betower is, geïnspireer. 

          Doelwitte

          Beide Art Deco en De Stijl ontwerpbewegings vind tussen die twee
          Wêreldoorloë plaas. In 'n desperate poging om van die afgryse van 'n
          oorloggeteisterde gemeenskap te ontsnap, mik die Art Deco-beweging om 'n
          alternatiewe realiteit van eksotisme, glans, elegansie en luuksheid te skep. 
          Die De Stijl-beweging aan die ander kant het nie probeer om van die realiteit
          te ontsnap nie, maar het probeer om die kern van realiteit deur geometriese
          abstraksie te vind.  Hulle het gemik om orde na die chaos van die
          Wêreldoorlog te skep deur abstraksie te verken en die ontwerpelemente tot 'n
          universele taal gefokus op geometrie in te kort. 

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 13                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                    NSS – Memorandum

         Gedurende die Art Deco-tydperk is masjinerie uitvoerig gebruik om nuwe
         produkte wat, soos die teestel van Clarice Cliff, gemik was om aan die
         daaglikse behoeftes van stadsinwoners te voldoen, te skep.  Die kultuur van
         die industriële revolusie het die stedelike bevolking vermeerder, wat beteken
         het dat daar 'n aanvraag vir masjiengemaakte goedere en vermaak teen
         bekostigbare pryse en 'n behoefte aan ontsnapping van die 'alledaagse lewe'
         was. 

         Lyn

         Die De Stijl-teepot se gebruik van vertikale en horisontale lyne is tipies van
         die beweging se onbuigsaamheid.  Hulle het van tradisie wegbeweeg en
         het sterk geometriese lyne gebruik om 'n eenvoudige, skoon resultaat te kry.
          Die lyn van die Art Deco-teepot is meer gevarieer en ekspressief as gevolg
         van die gebruik van golwende en reguit lyne om 'n meer organiese gevoel te
         skep. 

         Fatsoen

         Kenmerkend van Art Deco is die teepot se gebruik van eenvoudige
         modernistiese fatsoene. Die kante is skoon, reguit en sigsag rante skep
         dinamiese, vaartbelynde fatsoene.  Aan die ander kant het die De Stijl-
         beweging die gebruik van suiwer, geometriese fatsoene begin.  Hierdie
         kenmerk is duidelik in die De Stijl-teepot wat sterk reghoekige fatsoene
         vertoon. 

         Versiering

         De Stijl se versiering is abstrak, ontwikkel vanuit hulle fokus op meetkunde en
         wiskunde.  In plaas van tradisionele versiering soos steeds sigbaar in die
         Art Deco-teestel, het dit van alle ontwerp- en kunskonvensie weggebreek. 
         Die 'De Stijl-teepot' toon die vereenvoudiging van versiering in 'basiese'
         boublokkies van visuele uitdrukking, geometriese vorms, vertikale en
         horisontale lyne en slegs die drie primêre kleure, swart en wit.  De Stijl het
         alle verwysing na tradisie en eksterne realiteit verwerp en het na argitektuur
         en stedelike beplanning vir versiering gekyk.  Strydig hiermee toon die Art
         Deco-teepot herkenbare onderwerpe soos die son, berge en 'n blom, maar
         tipies van die beweging, is hierdie beelde gestileerd, dekoratief en
         tweedimensioneel. 

         Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

         LET WEL: 'n Maksimum van 3 punte mag vir vergelykings in tabelvorm
         toegeken word. Gebruik die rooster vir kognitiewe vlakke as riglyn
         wanneer jy merk.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                      14                       DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                         NSS – Memorandum

    V.4.2                                                GEWIGS-                  PUNTE
    VLAK              KOGNITIEWE VAARDIGHEDE           TOEKENNING     VRAE         (10)

                 Onthou, Herroep, Herken, Noem                         4.2           1
 Laer Orde                                                  30%
                 Verstaan, Verduidelik, Beskryf,                       4.2           2
                 Klassifiseer

Middel Orde      Toepas, Implementeer, Organiseer           40%        4.2           4

                 Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                     4.2           1
 Hoër Orde
                 Evalueer, Reflekteer                       30%        4.2           1

                 Skep, Sintetiseer, Regverdig                          4.2           1

                                                                  TOTAAL AFDELING B:              30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   15                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                      NSS – Memorandum

AFDELING C:          ONTWERP  IN  'n SOSIO-KULTURELE/OMGEWINGS-                        EN
                     VOLHOUBARE KONTEKS

VRAAG 5 [20 punte]
BEANTWOORD ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.
(OPSIE 1)

5.1      [20 punte]

         5.1.1        (Ken 6 punte toe)

                      (Ken 2 punte toe)

                      •   Visuele beeld
                          Die plakkaat dra die boodskap dat rook sleg vir 'n mens se
                          gesondheid is, oor. 
                          Die beeld van verrottende tande is 'n baie afstootlike beeld wat
                          die negatiewe impak op 'n mens se gesondheid suksesvol
                          oordra.  Die vleis om die tande lyk opgehewe wat tot hierdie
                          anti-tabak boodskap bydra. 

                      (Ken 2 punte toe)
                      • Ontwerpuitleg
                         Die beeld is strategies geplaas sodat dit lyk asof 'n hand wat
                         na 'n sigaret uitreik, gebyt kan word.  Dit beklemtoon ook die
                         gevaar van rook.  Omdat die beeld van die sigaretdosie
                         groot en dominant is, word dit die fokuspunt wat die kyker
                         konfronteer.  Die boonste kwart van die plakkaat bestaan uit
                         'n duidelike boodskap binne 'n wit teksblok teen 'n donker
                         agtergrond, wat ook die oog van die kyker vang. 

                      (Ken 2 punte toe)
                      • Gebruik van lettertipe
                         'n Eenvoudige, sans serif-lettertipe is gebruik wat help om die
                         boodskap op 'n duidelike en direkte manier oor te dra.  Die
                         gebruik van hoofletters beklemtoon die belangrikheid van die
                         boodskap wat oorgedra word.  Die wit lettertipe kontrasteer
                         met die swart agtergrond wat die belangrikheid van die
                         boodskap verder beklemtoon. 

                      Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   16                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                      NSS – Memorandum

         5.1.2        Ken 14 punte in totaal toe
                      (Ken 7 punte per gevallestudie toe)
                      Ken 1 punt vir die naam van die ontwerper en die naam van
                      die produk toe.

                      EEN KONTEMPORÊRE            SUID-AFRIKAANSE        ONTWERPER/
                      ONTWERPGROEP:

                      Halssnoer van vilt en krale deur Zimele Sosiale Bemagtiging
                      kunshandwerkgroep 

                      Doelwitte:
                      Zimele fokus op die ontwikkeling van gemeenskapselfstandigheid
                      deur middel van kunshandwerk. 
                      Zimele is 'n organisasie sonder winsbejag gebaseer in
                      Pietermaritzburg wat in 2007 deur Rosetta Stander gestig is.
                      Vasberade om die kringloop van 'afhanklikheid van aalmoese' te
                      breek met haar model op hoogs suksesvolle skemas in Indië
                      gebaseer, het sy Zimele, wat 'mense staan op hul eie voete' in Zulu
                      beteken, gestig.  Zimele is 'n organisasie sonder winsbejag wat
                      as fasiliteerder dien, nie net om mense vir 'n dag te voed nie maar
                      hulle te lei na 'n oortuiging van hul persoonlike vermoëns om
                      hulself uit armoede te werk.  Zimele se doelwit is om die individu
                      se reis na eiewaarde, selfverwesenliking en uiteindelik volhoubare
                      selfvoorsiening te fokus. Mense kan gevolglik ten volle op 'n
                      gemeenskapsvlak volgens hul individuele vermoëns tot die uiterste
                      voordeel van beide die individu en die wyer gemeenskap bydra. 

                      Metodes en prosesse:
                      Zimele implementeer tans sy programme in al 11 distrikte van
                      KwaZulu-Natal met ongeveer 3500 vroue aktief betrokke by
                      Zimele. 

                      Die Zimele-model werk om:
                      • vroue te bemagtig deur vaardighede, hulpbronne,
                          ondersteuningstelsels en netwerke te ontsluit en
                      • nuwe geleenthede soos plaaslike en internasionale markte en
                          skakels met regeringsprogramme te skep 

                      Zimele streef hierdie droom na deur vroue van die kennis,
                      vaardighede, hulpbronne en ondersteuningsnetwerke te voorsien
                      om hulself en hul families te dra.  Vroue is tradisioneel
                      uitstekende handwerkkunstenaars in die Zulu-gemeenskap en baie
                      landelike vroue besit bestaande handwerkvaardighede. 
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   17                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                      NSS – Memorandum

                      Hulle word deur Zimele opgelei om hoë kwaliteit items te maak
                      deur hul ongelooflike talente te gebruik. Hulle werk met materiaal,
                      vilt en krale om 'n reeks skryfbehoeftes, sakke, sierade, huisware
                      en juweliersware te maak.  Die reeks sluit sakke, dekor, huisware
                      en juweliersware gemaak van vilt, kralewerk en materiaal in. 
                      Die opleiding en materiale is gratis, alhoewel daar van die vroue
                      verwag word om die nodige gereedskap/toerusting soos naalde,
                      skêre en tange te koop.  Sodra die produkte van 'n goeie
                      standaard is, koop die vroue die rou materiale en Zimele betaal vir
                      die items wat hulle op bestelling maak. 
                      'n    Bespreking     van     EEN   voorbeeld   wat   sosiale
                      verantwoordelikheid weerspieël
                      Die Halssnoer gemaak van vilt en krale bestaan uit kleurvolle
                      sirkelagtige skywe van verskillende groottes  wat van
                      verskillende tou-/garestringe hang om 'n speelse en prettige
                      halssnoer te skep. 

                      EEN INTERNASIONALE ONTWERPER/ONTWERPGROEP
                      Makoko drywende skool is deur NLE in samewerking met die
                      Makoko Waterfront Gemeenskap in die staat van Lagos ontwerp
                      en gebou. 
                      Nigeriese argitek Kunlé Adeyemi,  die stigter en prinsipaal van
                      NLÉ Werke, in samewerking met die Makoko Waterfront
                      Gemeenskap het die drywende skool in die staat van Lagos
                      uitgedink, ontwerp en gebou. Die projek is aanvanklik deur die NLE
                      self gefinansier en het later navorsingfondse van Heinrich Boll
                      Stiftung ontvang, asook fondse vir die oprigting daarvan van die
                      UNDP/Federale Ministerie van die Omgewing Afrika se
                      Aanpassingsprogram ('Africa Adaptation Programme'/AAP).
                      Doelwitte:
                      Makoko Drywende Skool is 'n 'prototipe' geboustruktuur vir NLÉ se
                      voorgestelde 'Lagos Watergemeenskapsprojek' en die 'Afrika
                      Waterstede' navorsingsprojek. 
                      Makoko Drywende Skool kyk na fisiese en sosiale behoeftes met
                      die oog op die groeiende uitdagings van klimaatverandering in 'n
                      verstedelikte Afrika-konteks.  Dit is 'n beweegbare 'gebou' of
                      'watertuig' wat tans in die waterbewoonde gemeenskap van
                      Makoko in die hart van die strandmeer van Afrika se tweede mees
                      bevolkte stad - Lagos, Nigerië – geleë is. Dit is 'n drywende
                      struktuur wat by die getyveranderinge en wisselende watervlakke,
                      wat dit veilig teen vloede en stormgolwe maak, aanpas.  Dit is
                      ontwerp om hernubare energie te gebruik, organiese afval te
                      herwin en reënwater op te vang. 
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                      18                       DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                         NSS – Memorandum

                      Metodes en prosesse:
                      Die eenvoudige dog innoverende struktuur bly getrou aan die
                      ideale standaarde van volhoubare ontwikkeling met sy inklusiewe
                      tegnologieë vir hernubare energie, afvalvermindering, water- en
                      rioleringbehandeling, asook die bevordering van lae koolstof
                      vervoer.  Verder het 'n span van agt Makoko-gebaseerde bouers
                      dit met eko-vriendelike, plaaslik-gevonde bamboes en hout verkry
                      van 'n plaaslike saagmeule gebou. 

                      'n    Bespreking      van     EEN     voorbeeld     wat   sosiale
                      verantwoordelikheid weerspieël
                      Konstruksie het in September 2012 met die oprigting en toetsing
                      van volskaalmodelle begin. Leë herwinde plastiekdromme wat
                      volop in Lagos gevind word, is vir die gebou se dryfstelsel
                      bestaande uit 16 houtmodules, elk met 16 dromme, gebruik.  Die
                      modules is op die water aanmekaargesit om die platform wat
                      dryfvermoë aan die gebou en sy gebruikers verskaf, te skep. 
                      Wanneer hierdie aanmekaargesit was, het die konstruksie van die
                      A-raam gevolg en is dit teen Maart 2013 voltooi. Makoko Drywende
                      Skool word nou gereeld deur die gemeenskap as 'n sosiale,
                      kulturele en ekonomiese sentrum gebruik en sal binnekort sy
                      eerste leerders vir gebruik as primêre skool verwelkom. 

                      Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

    V.5.1                                                   GEWIGS-                 PUNTE
    VLAK              KOGNITIEWE VAARDIGHEDE              TOEKENNING   VRAE          (20)

                 Onthou, Herroep, Herken, Noem                         5.1.1           2
 Laer Orde                                                   30%
                 Verstaan, Verduidelik, Beskryf,                       5.1.2           4
                 Klassifiseer

                 Toepas, Implementeer, Organiseer            40%       5.1.1           4
Middel Orde                                                            5.1.2           4

                 Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                     5.1.2           3
 Hoër Orde
                                                             30%       5.1.2           2
                 Evalueer, Reflekteer, Oordeel

                 Skep, Sintetiseer, Regverdig                          5.1.2           1

                                                     OF

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                    19                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                       NSS – Memorandum

5.2      (OPSIE 2) [20 punte]

         5.2.1        (Ken 10 punte toe: 2 punte per vereiste)

                      Tradisionele kralewerk is as 'n metode van koloniale handeldryf
                      gebruik.  Dit was ook 'n manier van uitdrukking,  kommunikasie
                       en storievertelling.  In die verlede is patrone en kleure in
                      kralewerk ingeweef om gevoelens en idees aan geliefdes en
                      vriende te simboliseer,  bv. Zulu Liefdesbriewe. Selfs al is daar
                      vandag 'n instroming van kulture, word die tradisionele etiket van
                      kommunikasie deur middel van kralewerk deur die jonger
                      generasies ondersteun. 

                      Die waarde van tradisionele handwerk vir enige kultuur is om
                      met die voorvaders,  sosiale en kulturele praktyke  en tradisies,
                       gewoontes,  kennis oor erfenis,  historiese agtergrond, 
                      identiteit  te herkonnekteer, alles in 'n desperate poging om uit te
                      vind wie ons is, waar ons hoort en waarheen ons op pad is. Indien
                      ons die verlede ignoreer, is daar geen manier hoe ons ons môre
                      kan vind nie.  Dit is 'n realiteit dat die meeste Suid-Afrikaners
                      Wes-Amerikaanse kultuur verafgod en aanbid.  As ons nie
                      waarde aan ons tradisionele handwerke heg nie, mag Suid-
                      Afrikaners hulle kulturele oorsprong te verloor. 

                      Die funksie van die meeste kralewerk word deur vroue wat in die
                      landelike gebiede van Suid-Afrika bly, geskep.  As menslike
                      wesens het hulle hulself nog altyd deur persoonlike versiering
                      uitgedruk en dit het gekom as 'n uitdrukking om fisiese voorkoms te
                      verhoog.  Afgesien daarvan om die fisiese voorkoms te verhoog,
                      kon kralewerk meerdere status uitdruk  of moontlik magiese
                      eienskappe om die mens teen siekte of slegte magte te beskerm,
                      besit. 

                      Die materiale, metodes en prosesse deur die kralewerkers
                      gebruik, wys die gebruik van verskillende soorte materiale om
                      kralewerk tot nuwe hoogtes te vat deur tradisionele
                      kraalwerkvaardigheid met kontemporêre ontwerp te kombineer. 
                      Om juweliersware en voorwerpe wat die sinne verheug met hulle
                      rykheid en kleur te skep.  Sade, klippe, stukkies been, kleurvolle
                      glaskrale en kosbare edelgesteentes word gebruik.  Die
                      helderkleurige krale word kreatief in diamantvormige patrone drie
                      duim in breedte reg rondom aan katoendrade geryg.  Die
                      glaskrale word gewoonlik in blokke van vyf tradisionele kleure
                      (hemelblou, grasgroen, rooi, swart en geel) gerangskik. 

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                    20                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                       NSS – Memorandum

                      'n Beskrywing van EEN voorbeeld – isiZulu liefdesbrief
                      Die gekraalde liefdesbrief word deur Zulu-vroue gebruik om met
                      hul mans te kommunikeer.  Hierdie kommunikasie word in kleure
                      en geometriese vorms van driehoekige fatsoene en gewoonlik 'n
                      maksimum van sewe kleure gekodeer.  Die drie hoeke
                      verteenwoordig die vader, moeder en kind. Wit verteenwoordig
                      gewoonlik spirituele liefde, reinheid en maagdelikheid. 

                      Kleurkodering verwys na die gebruik van verskillende kleure om 'n
                      betekenis in 'n kode oor te dra. Kleurkodering neem aan dat
                      verskillende basiese kleure 'n statiese betekenis, letterlik of
                      figuurlik, in 'n gegewe konteks het. Streekstyle spreek grootliks na
                      buite. 

                      •   Naam/Name van die kunshandwerker of inheemse
                          kultuurgemeenskap wat die kunshandwerk gemaak het: Zulu-
                          vroue in Hillcrest VIGS-sentrum. 
                      •   Isishunka (sewe kleure) - wit, ligblou, donkergroen, liggeel,
                          pienk, rooi en swart.
                      •   Isithembu (vyf kleure) - ligblou, grasgroen, heldergeel, rooi en
                          swart.
                      •   Umzansi (vier kleure) – wit, donkerblou, grasgroen en rooi.
                      •   Isinyolovane: 'n kombinasie van enige kleure wat nie met
                          ander skemas ooreenstem nie.

                      Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

         5.2.2        (Ken 10 punte toe)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                      21                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                         NSS – Memorandum

                      •   Naam       van      ontwerper/groep       en       sy/haar/hulle
                          ontwerpproduk/te
                          Die Eierstoel deur Studio Stirling. 

                      •   'n Gedetailleerde beskrywing van hoe tradisionele
                          tegniek/metodes          en    materiaal toegepas      is    op
                          kontemporêre ontwerp. Verwys na spesifieke voorbeelde
                          om jou stellings te ondersteun.
                          Studio Stirling maak pragtige handgemaakte hangstoele. 
                          Die 'Eierstoel' maak gebruik van duursame staalmateriaal 
                          en is ideaal vir gebruik buite.  Die 'Eierstoel' is met unieke
                          individualisme handgemaak.  Die patrone is gesweis deur
                          gebruik te maak van 'n weeftegniek om die estetiese en
                          duursame kwaliteit te verhoog.  Die hangstoele is die passie
                          van Studio Stirling en hul mees populêre modelle is die
                          'neseier', 'lêstoel' en 'mandjie'. 

                      •   Bespreek die sosiokulturele bydrae van die ontwerp/e.
                          Die stigters van Studio Stirling beskou die maatskappy as 'n
                          program ontwerp om samewerking tussen die ontwerpers aan
                          te moedig,  gemeenskaplike hindernisse en oplossings te
                          deel, mentorskap en nuwe vervaardigingsprosesse en –
                          materiale deur middel van 'n ware uitruiling van vaardighede,
                          estetika en relase     toe te pas.  Die maatskappy se
                          hoofkwartier is in Suid-Afrika en het wêreldwyd takke. Studio
                          Stirling is gefokus op die identifisering van spesifieke areas
                          van behoefte vir elke maatskappy  en is 'n onmiddellike en
                          besigheidsgeoriënteerde          inisiatief     wat        die
                          ontwerpmaatskappye in veral Oos-, Wes- en Suidelike Afrika
                          herposisioneer. 

    V.5.2                                                GEWIGS-                      PUNTE
    VLAK              KOGNITIEWE VAARDIGHEDE           TOEKENNING        VRAE          (20)

                 Onthou, Herroep, Herken, Noem                           5.2.1           2
 Laer Orde                                                  30%          5.2.2           1
                 Verstaan, Verduidelik, Beskryf,                         5.2.1           2
                 Klassifiseer                                            5.2.2           1

                 Toepas, Implementeer, Organiseer           40%          5.2.1           4
Middel Orde                                                              5.2.2           4

                 Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                       5.2.2           2
 Hoër Orde                                                               5.2.1           2
                 Evalueer, Reflekteer                       30%

                 Skep, Sintetiseer, Regverdig                            5.2.2           2

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                    22                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                       NSS – Memorandum

VRAAG 6

6.1      [20 punte]

         6.1.1        (Ken 2 punte toe)

                      Volhoubare ontwerpe verminder die verbruik van nie-hernubare
                      bronne  deur die versigtige seleksie van materiale wat
                      bioafbreekbaar en herwinbaar vir ontwerpwerke is. 

                      Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

         6.1.2        (Ken 4 punte toe)

                      •   Plastiek
                          Sommige plastiek is nie hernubaar nie,  hulle is
                          verantwoordelik vir die meerderheid afval wat in riviere, die see,
                          damme en grondopvullings gestort word. Gevolglik help die
                          gebruik van hierdie plastiek in ontwerpprodukte om afval en die
                          negatiewe impak op die natuur te verminder. 
                      •   Motorbande
                          Motorbande is 'n nie-hernubare bron  en die meerderheid
                          mense en handelsvervoerindustrieë gooi hul ou bande in
                          grondopvullings weg. Die gebruik van hierdie bande as
                          materiale in die ontwerp van produkte help om afval en die
                          negatiewe impak op die natuur te verklein. 
                      •   Hout
                          Hout is 'n duursame bioafbreekbare/natuurlike bron;  die
                          gebruik van hierdie materiaal in ontwerpprodukte het geen
                          negatiewe impak op die natuur nie. 
                      •   Glas
                          Glas is 'n hernubare materiaal wat vir die ontwerp van nuwe
                          ontwerpprodukte gesmelt kan word.  Die oorvloedige
                          oorbodige glas beteken dat glas maklik beskikbaar is vir die
                          behoeftes van ons ewiggroeiende wêreldbevolking. 
                      •   Papier
                          Gebruikte papier kan hernu en in nuwe produkte hergebruik
                          word.  Die oordrewe oorvloed van ongebruikte papier verhoog
                          die volhoubare aard van die produk. 

                      Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Design P1 Feb March 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-feb-march-2017-memo-eng/b45d302b-113a-4b05-9e78-9b40e12ca656) — Design · Memo · 2017 · Eng
- [Design P1 Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-feb-march-2017-eng/46963899-8562-4149-beb0-3f22b3116cf0) — Design · QP · 2017 · Eng
- [Design P1 Feb March 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-feb-march-2017-afr/397b376b-a686-4e89-bc3c-b472aa86f186) — Design · QP · 2017 · Afr
- [GR12 DSGN P1 Sept2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-dsgn-p1-sept2017-memo-afr/2c14c984-8ef9-457b-8caf-59b012f54122) — Design · Memo · 2017 · Afr
- [GR12 DSGN P1 Sept2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-dsgn-p1-sept2017-memo-eng/3fc35a33-0f5c-4733-9003-2d29f1c514a5) — Design · Memo · 2017 · Eng
- [Design P1 Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2017-memo-eng/f5d8441f-5f2c-49d8-ab92-8da621e89e48) — Design · Memo · 2017 · Eng

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-afr/e35d300a-db4f-4a06-ba8a-6f659dbd37ad) — QP · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/3f14a710-b913-44a8-ade1-31e4d395f557) — QP · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/47ba80e3-12dd-4fd4-8302-34e3b97a6b9a) — QP · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-eng/3f0bd4c5-8226-45ef-87fa-5c9996cba696) — QP · 2024 · Eng
- [Design P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-afr/6958913b-f502-40d3-8387-1f0a78a3ed25) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
