# Design Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Design Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/design-p1-feb-march-2018-afr/a8482531-b77d-4fb6-a9df-30d0746d0705
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-feb-march-2018-afr/a8482531-b77d-4fb6-a9df-30d0746d0705)

## About this document

Design · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                                     ONTWERP V1

                                        (TEORIE)

                              FEBRUARIE/MAART 2018

PUNTE: 100

TYD: 3 uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
                      Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  2                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

2.       Daar is drie keusevrae in hierdie vraestel. Lees die opsies aandagtig deur.

3.       Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

         AFDELING A:      Ontwerpgeletterdheid (30 punte)
                          VRAAG 1 tot 3

         AFDELING B:      Ontwerpgeskiedenis (30 punte)
                          VRAAG 4

         AFDELING C:      Ontwerp in 'n sosiokulturele/omgewings- en volhoubare
                          konteks (40 punte)
                          VRAAG 5 en 6

4.       Lees die vereistes vir elke vraag aandagtig deur.

5.       Beantwoord in volsinne en vermy die opnoem van feite. Moet NIE in
         tabelvorm antwoord NIE.

6.       Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel tyd jy aan elke vraag
         moet bestee.

7.       MOENIE dieselfde feite en voorbeelde in verskillende vrae herhaal NIE.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                    3                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID

VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE

BEANTWOORD ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.

1.1

             FIGUUR E A: Animal Tribal surface (Diere-oppervlak), ontwerp deur
                            Spoonflower (Suid-Afrika), 2015.

         1.1.1        Analiseer die gebruik van die volgende elemente en beginsels in
                      FIGUUR A hierbo:

                         Kleurskema
                         Lyn
                         Ritme
                         Positiewe en negatiewe ruimte                                         (8)

         1.1.2        Definieer die term Afrika-estetika deur na FIGUUR A hierbo te
                      verwys.                                                                   (2)
                                                                                                [10]

                                                OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                    4                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

1.2

             FIGUUR B: Een van die lampinskrywings vir die ESKOM-lampkompetisie,
                getitel Where Creativity Meets Technology (Waar Kreatiwiteit en
                                 Tegnologie Mekaar Ontmoet),
                             ontwerper onbekend (Suid-Afrika), 2014.

         1.2.1        Analiseer die gebruik van die volgende elemente en beginsel in die
                      produkontwerp hierbo:

                         Vorm
                         Lyn
                         Tekstuur
                         Balans                                                                (8)

         1.2.2        Hoekom, dink jy, is dit belangrik dat ontwerp tegnologie moet
                      insluit?                                                                  (2)
                                                                                                [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                          5                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                   NSS

VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP

2.1

             A pair of familiar jeans
             isn't your only precious possession
             meant to last.

             Your heart can too – if you
             Pass it on to someone.

             Support organ donation with
             the gift that will be treasured
             for always: Life.

                        FIGUUR C: Poskaartontwerp wat orgaanskenking bevorder,
                                  ontwerper onbekend (Singapoer), 2013.

         2.1.1            Wat, dink jy, is die betekenis van die term ontwerpaktivisme?              (2)

         2.1.2            Identifiseer en verduidelik die simboliek wat in die boodskap in
                          FIGUUR C hierbo beklemtoon word.                                           (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 Ontwerp/V1                                6                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                          NSS

2.2

                               FIGUUR D: Kindersoldaat-veldtog
                        deur Crimson Magpie (Verenigde Koninkryk), 2013.

          Noem en verduidelik die moontlike betekenis van TWEE simbole wat in
          FIGUUR D hierbo waarneembaar is.                                                  (4)
                                                                                            [10]

 Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                    7                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

VRAAG 3

BEANTWOORD ÓF VRAAG 3.1 ÓF 3.2.

3.1

             FIGUUR E: Gazelle-plakkaat deur Studio            FIGUUR F: 'Incredible India'
                      Kronk (Suid-Afrika), 2013.           ('Ongelooflike Indië')-plakkaat deur
                Hierdie plakkaat is vir 'n musiekgroep       Catalina Estrada (Colombia), 2015.
             ontwerp wat tradisionele Afrika-musiek met   Hierdie plakkaat adverteer oorspronklike
              disko- en elektroniese funkmusiek meng.         Indiese sterk gekruide blatjang.

         Skryf 'n opstel van ongeveer 200–250 woorde (een bladsy) waarin jy die
         oppervlakontwerp in FIGUUR E met die oppervlakontwerp in FIGUUR F
         vergelyk.

         Verwys na die volgende:

              Inspirasie/Invloede
              Teikenmark
              Patroon
              Kleur
              Fokuspunt                                                                         [10]

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  8                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                           NSS

3.2

                        FIGUUR G: Die Colosseum (Italië), 70 n.C.–80 n.C.

               FIGUUR H: Nelson Mandela-baai-stadion deur Architectural Design
             Associates (Pty) Ltd en Dominic Bonesse Architects cc (Suid-Afrika), 2009.

         Skryf 'n opstel van ten minste 200–250 woorde (een bladsy) waarin jy die
         klassieke gebou in FIGUUR G met die kontemporêre gebou in FIGUUR H
         vergelyk. Anders kan jy enige Klassieke gebou wat jy bestudeer het met
         enige kontemporêre gebou vergelyk.

         Verwys na die volgende in jou opstel:

              Funksie
              Ontwerp/Struktuur
              Boumateriaal
              Terrein
              Invloede                                                                       [10]
                                                              TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 9                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                          NSS

AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS

VRAAG 4

4.1      Ontwerp word baie beïnvloed deur die sosiale en politieke landskap van die
         tydperk waarin dit gemaak word.

         Kies enige TWEE ontwerpbewegings/-style in die lys hieronder en skryf
         'n opstel van ten minste 400–450 woorde (twee bladsye) waarin jy die stelling
         hierbo regverdig. Steun jou antwoord deur na die doelstellings,
         kenmerke/eienskappe en invloede van die ontwerpbewegings/-style te
         verwys.

         Bespreek ten minste EEN werk deur EEN ontwerper van ELKE beweging om
         jou antwoord te motiveer.

              Antieke Grieks
              Goties
              Renaissance
              Neoklassiek
              Kuns en Kunsvlyt
              Art Nouveau
              De Stijl
              Bauhaus
              Art Deco
              Modernisme
              Pop
              Postmodernisme
              Dekonstruktivisme                                                              (20)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  10                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                           NSS

4.2

               FIGUUR I: Italiaanse Barok-interieur, Cornaro-kapel deur Bernini
                 binne die Santa Maria della Vittoria-kerk (Rome, Italië), 1652.

                      FIGUUR J: Skandinawiese interieur met Paimio-stoele
                           deur Alvar Aalto (Finland), ongeveer 1959.

         Skryf 'n opstel van ten minste 200–250 woorde (een bladsy) waarin jy die styl
         van Barok- en Skandinawiese ontwerp vergelyk, met verwysing na die
         interieurontwerpe in FIGUUR I en FIGUUR J hierbo.                                    (10)

                                                             TOTAAL AFDELING B:               30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                    11                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

AFDELING C:          ONTWERP  IN   'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS-                       EN
                     VOLHOUBARE KONTEKS
VRAAG 5
BEANTWOORD ÓF VRAAG 5.1 ÓF 5.2.
5.1

             FIGUUR K: 'Discover the Diamond Inside You' ('Ontdek die Diamant
             binne-in Jou'), 'n gedeelte van die 'Diamond Inside'-muurskildery-reeks
               geproduseer deur 'n plaaslike gemeenskap in samewerking met die
                  Spaanse Boa Mistura Street Art Collective (Kaapstad), 2012.
         5.1.1         Bespreek die term sosiokulturele ontwerp met verwysing na
                       FIGUUR K.                                                                (6)
         5.1.2        Skryf TWEE aparte opstelle van 200–250 woorde (een bladsy)
                      ELK waarin jy die werk van EEN Suid-Afrikaanse kontemporêre
                      ontwerper/ontwerpgroep EN EEN internasionale kontemporêre
                      ontwerper/ontwerpgroep, wat sosiokulturele kwessies in hulle werk
                      aanpak, bespreek.

                      Verwys na die volgende in jou opstelle:

                         Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN ontwerp wat
                          sosiokulturele aspekte aanpak
                         'n Bespreking van die doelstellings, materiaal en tegnieke van
                          hierdie   ontwerper/ontwerpgroep      wat    verduidelik   hoe
                          sy/haar/hulle werk sosiale kwessies aanpak.
                         'n Bespreking en analise van EEN werk deur die
                          ontwerper/ontwerpgroep om jou stellings te motiveer

                      Jy mag NIE na enige ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) verwys wat jy
                      voorheen bespreek het, of na ontwerpvoorbeelde waarna in hierdie
                      vraestel verwys is NIE.                                                   (14)
                                                                                                [20]
                                             OF
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                    12                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

5.2

             FIGUUR L: Wasgoedmandjies deur Design Afrika (Suid-Afrika), 2015.
         5.2.1        Om te oorleef, moet tradisionele kunshandwerk by kontemporêre
                      vereistes aanpas. Stem jy met die stelling saam? Motiveer jou
                      antwoord.                                                                (4)

         5.2.2        Skryf 'n artikel vir jou gemeenskapkoerant, waarin jy EEN
                      inheemse Afrika tradisionele kunshandwerk wat jy hierdie jaar
                      bestudeer het, bevorder. Bespreek die volgende in jou artikel:
                         'n Beskrywing en analise van EEN voorbeeld en gee die naam
                          van die kunshandwerkkunstenaar of die inheemse kulturele
                          gemeenskap wat dit gemaak het
                         Materiaal, metodes en prosesse
                         Moontlike funksies van die kunshandwerk                              (6)
         5.2.3        Skryf 'n opstel van ten minste 200–250 woorde (een bladsy)
                      oor enige EEN Suid-Afrikaanse of Afrika kontemporêre ontwerper/
                      ontwerpgroep wie se werk die invloed van tradisionele tegnieke
                      en/of materiaal toon.
                      Verwys na die volgende in jou bespreking:
                         Die naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN of meer
                          van sy/haar/hulle werke
                         Sy/Haar/Hulle doelstellings en werke, wat verduidelik hoe die
                          gebruik van tradisionele materiaal en tegnieke in die werk
                          weerspieël word
                         Die relevansie van die toepassing van tradisionele materiaal
                          en tegnieke op kontemporêre ontwerp
                      Jy mag NIE na enige ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) verwys wat jy
                      voorheen bespreek het, of na ontwerpvoorbeelde wat in hierdie
                      vraestel gebruik is NIE.                                                 (10)
                                                                                               [20]
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 13                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                          NSS

VRAAG 6

                FIGUUR M: Grasbedekte stoel deur Studio Nucleo (Italië), 2000.

         'n Grasbedekte stoel, gemaak met 'n kartonraamwerk, word met klei en grond
         en daarna met 'n dun lagie sand en grassaadjies bedek.

6.1      Verduidelik kortliks die term bioafbreekbaar. Verwys na FIGUUR M in jou
         antwoord.                                                                          (3)

6.2      Bespreek die ekonomiese en maatskaplike voordele van volhoubare ontwerp.           (3)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  14                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                           NSS

6.3      Skryf 'n opstel van ten minste 300–350 woorde (een en 'n halwe bladsye)
         waarin    jy die     werk   van   EEN Suid-Afrikaanse     kontemporêre
         omgewingsbewuste ontwerper/ontwerpgroep/ateljee EN EEN internasionale
         kontemporêre      omgewingsbewuste    ontwerper/ontwerpagentskap/ateljee
         bespreek.

         Verwys na die volgende in jou opstel:

              Naam van die ontwerper/ontwerpagentskap/ateljee en EEN werk van
               die ontwerper/ontwerpagentskap/ateljee
              'n Kort beskrywing en analise van die produk
              Die doelstellings, materiaal en inspirasies/invloede van die produk
              Verwys na hoe die produk die omgewingskwessies beklemtoon

         Jy mag NIE na enige ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) verwys wat jy voorheen
         bespreek het of na ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel gebruik is NIE.      (14)
                                                                                           [20]

                                                             TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                 GROOTTOTAAL:              100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Design P1 Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-feb-march-2018-eng/fce42c73-bc07-4209-9bc2-f719cddea800) — Design · QP · 2018 · Eng
- [Design P1 Feb March 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-feb-march-2018-memo-afr/ce5fb0eb-1382-4307-aec2-398da228596c) — Design · Memo · 2018 · Afr
- [Design P1 Feb March 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-feb-march-2018-memo-eng/29a68fce-5f8a-443c-a85c-2fc6258d790c) — Design · Memo · 2018 · Eng
- [DESIGN P1 GR12 QP SEPT2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-gr12-qp-sept2018-afr-d/003cc0ea-c27d-4140-81dc-02b509b4c8d3) — Design · QP · 2018 · Afr
- [DESIGN P1 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-gr12-qp-sept2018-afrikaans/95ab1e71-93b2-4279-a6ee-8696ae4aa645) — Design · QP · 2018 · Afr
- [DESIGN P1 GR12 QP SEPT2018 English](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-gr12-qp-sept2018-english/30e880f9-d61a-4fac-9f2e-42c830ef5c34) — Design · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-mg-afr/ccc80683-987a-4611-994f-f9eff5587a50) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/79defddf-f99d-45c8-840b-73877abd8f11) — Memo · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/a85d8220-5a26-4f17-990e-081cb336014f) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2024-eng/e3c099fa-b074-4932-aa7e-cbc7e78a1e3e) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
