# Design Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Design Paper 1 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/design-p1-feb-march-2018-memo-afr/ce5fb0eb-1382-4307-aec2-398da228596c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-feb-march-2018-memo-afr/ce5fb0eb-1382-4307-aec2-398da228596c)

## About this document

Design · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                                     ONTWERP V1

                                        (TEORIE)

                              FEBRUARIE/MAART 2018

                                   NASIENRIGLYNE

PUNTE: 100

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 21 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1                                     2                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                       NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID

VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE [10 punte]

Kandidate beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.

1.1

1.1.1 [Ken 8 punte in totaal toe: 'n maksimum van 2 punte per element/beginsel]
       Kleur skema:
         Die oppervlak ontwerp maak gebruik van aardse kleure wat in die natuur
         gevind word.  Die kleure is warm sepia bruine, oranjes, geel oker en donker
         bruin. Hierdie identifiseer met 'n Afrika estetika.  Die aardkleurige reeks
         harmonieuse kleure skep 'n verbintenis met Animal Tribal.  Die agtergrond is
         'n ligte beige kleurtoon wat 'n growwe tekstuur naboots. 

            Lyn:
             Die oppervlak ontwerp gebruik sterk, opvallende lyne wat die grafiese 2D
             kwaliteit van die ontwerp, beklemtoon.  Al die patrone is met dik
             kloissonistiese lyne wat diamant-tipe patrone vorm geskep, wat 'n eksotiese
             ontwerp skep.  Dit lyk asof die organise lyne deur dier-patrone, seremoniële
             maskers, etniese objekte en plante, bv. blare en mielies geïnspireer is.  Die
             lyne kan ook verwys na ritualistiese vellittekens of die merk praktyk wat
             uitgevoer is in sommige Suid-Afrikaanse kulture of gemeenskappe.  Die
             komposisionele struktuur is in 'n kris-kruis ruitverwysing opgedeel. 

            Ritme:
             Die herhaling van kleure, vorms, beelde en opvallende lyne skep 'n gekurfde
             en sig-sag ritme wat 'n eksotiese ontwerp skep.  Die kurwes is in 'n kris-kruis
             ruitverwysing gerangskik, in kolomme of strepe wat herhalend deur die
             tekstielontwerp loop. 

            Positiewe en negatiewe ruimte:
             Die oppervlak ontwerp gebruik 'n rangskikking van positiewe en negatiewe
             ruimtes regdeur dit met geen spesifieke fokuspunt nie.  Die ontwerp maak
             gebruik van positiewe en negatiewe ruimtes in 'n slim manier, omrede jou oë in
             die beelde en vorms ingetrek word deur die sterk gebruik van kleur. 

       Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1                                    3                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

1.1.2 [Ken 2 punte toe]
      Die titel van die oppervlak ontwerp plaas die werk in 'n Afrika-konteks.  Die
      oppervlak ontwerp, gebruik Afrika beelde soos dierepatrone en Afrika plante as die
      onderwerp wat dit 'n Afrika gevoel of estetika gee. 

       Die vorms is gestileerd, verminder of ekonomies gebruik tot hul basis soos gesien
       in tradisionele Afrika ontwerpe, soos Afrika maskers wat dit ook 'n Afrika kwaliteit
       en estetika gee. 

  V1.1 Vlak              KOGNITIEWE               GEWIGS-           VRAE         PUNTE
                        VAARDIGHEDE             TOEKENNING                        (10)
Laer orde        Onthou, Herroep, Herken                            1.1.1          1
                 Verstaan, Verduidelik,               30%           1.1.1          2
                 Beskryf
Middel orde      Toepas, Implementeer,                40%           1.1.1            4
                 Organiseer
Hoër orde        Analiseer, Vergelyk,                 30%           1.1.1            1
                 Interpreteer
                 Evalueer, Reflekteer,                              1.1.2            2
                 Sintetiseer, Regverdig

                                                OF
1.2

1.2.1 [Ken 8 punte in totaal toe: 'n maksimum van 2 punte per element/beginsel]

            Vorm Die lamp is geskep om 'n realistiese beeld van Suid-Afrika se nasionale
             blom: die Protea na te boots.  Die keëlvormige 3D vorm is opgebou deur
             draad en 'n variasie van multigekleurde glaskrale.  Hierdie krale word op 'n
             slim wyse gebruik om die gloeilamp van die lamp weg te steek. Die deursigtige
             buite blaar vorms is oop gelaat en skep 'n radiale raamwerk rondom die blom
             se kern.  Die groot 3D vorm is beeldagtig en die uitgestrekte blare lyk asof
             hul ons nasionale en 'Trots Suid-Afrika' erfenis seëvier. 

            Lyn: Die draad wat gebruik word om die Protea te maak gee dit 'n sterk lineêre
             kwaliteit.  Die gebuigde draadlyne boots die blomblare van 'n Protea na en
             voeg 'n organiese effek by.  Die buitenste gedeelte van die Protea gebruik 'n
             radiale diagonale lyn, maar in die binneste gedeelte word lyne gebruik wat
             inwaarts wys en 'n sirkel van negatiewe ruimte in die middel van die blom
             vorm.  Die lyne wat vol krale is, skep 'n gevoel van komplekse
             delikaatheid. 
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1                                     4                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                       NSS – Nasienriglyne

            Tekstuur: Die gebruik van die kralewerk verleen 'n taktiese/werklike tekstuur. 
             Die verskeidenheid van blomblaargroottes skep 'n sterk, tasbare tekstuur wat
             in kontras is met die kern van die Protea wat meer plat en glad lyk.  Die
             punte van die wit binneste kern gebruik of silwer krale of LED liggies wat 'n
             tasbare variasie byvoeg.
            Balans: Die Protea gebruik 'n radiale balans omdat die lyne afkomstig is van
             die blom basis, met die buitenste blomblare wat weer buitentoe uitstraal.  Die
             radiale balans is herhaal in die kern van die Protea, maar wys in die
             teenoorgestelde rigting.  Die handgemaakte produk skep 'n asimmetriese
             balans omrede nie al die dele gelyk is nie. 

       Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.

1.2.2 [Ken 2 punte toe]
      Ontwerp moet tegnologie omhels om sodoende bestaande innoverende oplossings
      te verbeter wat kwaliteit van die lewe verhoog.  Tegnologie speel 'n vername rol
      in ons gemeenskap en tyd.  'n Goeie ontwerp is nie net esteties voldoende nie,
      maar is ook funksioneel deur die gebruik van tegnologie. 

       Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.

  V1.2 Vlak              KOGNITIEWE                GEWIGS-          VRAE          PUNTE
                        VAARDIGHEDE              TOEKENNING                        (10)
Laer orde        Onthou, Herroep, Herken                             1.2.1          1
                 Verstaan, Verduidelik,                30%           1.2.2          2
                 Beskryf
Middel orde      Toepas, Implementeer,                 40%           1.2.1            4
                 Organiseer
Hoër orde        Analiseer, Vergelyk,                  30%           1.2.1            1
                 Interpreteer
                 Evalueer, Reflekteer,
                 Sintetiseer, Regverdig                              1.2.1            2

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1                                   5                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP [10 punte]

2.1

2.1.1 [Ken 2 punte toe]
      Ontwerp aktivisme verwys na die morele onderneming wat ontwerp gebruik om
      kommentaar te lewer oor hoe om gemeenskaplike probleme reg te maak. 
      Ontwerp aktivisme moedig aan sosiale verandering deur ontwerp wat bestaande
      norme en standaarde uitdaag. 

2.1.2 [Ken 4 punte toe]
      Die jeans in die postkaart ontwerp hierbo kan jeug/lewe en lang lewe simboliseer
      omrede jeans meestal deur die jeug gedra word.  Jeans kan ook duursaamheid
      simboliseer, omrede dit sterk, vir altyd hou en nie maklik voos gedra word nie. 
      Alternatiewelik, kan jeans ook 'n mode item wees wat kulturele identiteit kan gee. 
      Die hart is 'n simbool van die lewe, omrede die hart bloed in jou are pomp. Die
      kombinasie van die hart en die jeans kan goeie gesondheid simboliseer omrede
      jeans 'n weerstandbiedende klerasiestuk is en dus verwys dit na 'n
      weerstandbiedende hart. 

2.2    [Ken 4 punte toe]

       Die karakter 'Elmo' (opgestopde speelgoed)  simboliseer jou kinderjare. 

       Die haelgeweer  simboliseer oorlog.  Die haelgeweer wat grootter as die
       liggaam van die kind is, simboliseer dat kinders nie toegepas is vir volwasse rolle.
       

       Die leë agtergrond  simboliseer 'n bleek of leë toekoms en eensaamheid. 

       Die dun uitgemergelde lyf  van die seun simboliseer 'n gebrek aan
       voedingsware. 

       Die verflenterde klerasie  van die seun simboliseer armoede en 'n gebrek van
       volwasse aandag. 

       Die hartseer uitdrukking  op die seun se gesig, simboliseer hartseer gevoelens
       of teenkanting. 

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1                                   6                       DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

       Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.

  V2. Vlak             KOGNITIEWE                GEWIGS-         VRAE          PUNTE
                      VAARDIGHEDE              TOEKENNING                       (10)
Laer orde       Onthou, Herroep, Herken                           2.1.2          1
                Verstaan, Verduidelik,               30%           2.2           2
                Beskryf
Middel orde     Toepas, Implementeer,                40%          2.1.1           2
                Organiseer                                        2.1.2           1
                                                                   2.2            1

Hoër orde       Analiseer, Vergelyk,                 30%          2.1.2           2
                Interpreteer
                Evalueer, Reflekteer,
                Sintetiseer, Regverdig                             2.2            1

VRAAG 3

Kandidate beantwoord VRAAG 3.1 OF VRAAG 3.2.

3.1   [10 punte: 'n maksimum van 2 punte per aspek]

        FIGUUR E is beïnvloed deur die wêreld van elektroniese speletjies of musiek
        vorms en geïnspireer deur formele, reguit tegnologiese patrone, terwyl 
        FIGUUR F die invloede van tradisionele Indiese patrone en kulture wys. Dit is
        geïnspireer deur die Indiese dans kostuums en die oppervlak patrone van die
        kostuums.  FIGUUR E kan ook beïnvloed word deur die Art Deco/Aztec se
        gebruik van geometriese, gefasetteerde patrone  in teenstelling is FIGUUR F se
        gekurfde lyn patrone beïnvloed deur organiese patrone of die natuur. 

       FIGUUR E se teikenmark is jong, tegnologiese behepte mense, wie byvoorbeeld,
       lief is om rekenaar speletjies te speel,  terwyl FIGUUR F se teikenmark is mense
       wie lief is vir Indiese kos en eksotiese kulture.

       Beide ontwerpe is ryklik versier met patrone. FIGUUR E het 'n reguit, blokagtige,
       masjien georiënteerde patroon, maar die patroon in FIGUUR F is meer vloeiend. 
       Die patroon in FIGUUR E skep 'n sig-sag ritme, maar die patroon in FIGUUR F
       skep 'n gekurfde spiraalagtige ritme.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1                                  7                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

       FIGUUR E gebruik helder, plastiek, Popkuns kleure om 'n gelukkig vars gevoel te
       skep,  terwyl FIGUUR F deur aardse, warm, bruine en groene gedomineer is om
       'n ryk oppervlak te skep.  Beide ontwerpe maak gebruik van sterk kontraste wat
       in dramatiese plakkate ontaard.  FIGUUR E gebruik helder turkoois wat sterk
       kontrasteer met die helder rooi terwyl in FIGUUR F kontras die lemmetjie groen
       met die rooi. 

       Die fokus punt in FIGUUR E is van die bril tot die bokant van die hoed, omdat die
       area swart en wit gebruik wat nie sigbaar op ander plekke is nie.  Die vorm van
       die hoed is groot en dominant.  In FIGUUR F is die fokuspunt in die gesig van die
       afgod omdat dit die grootste en enigste area is wat geen patrone bevat nie.  Die
       gesig is ook met sterk, opsigtelike, neon lemmetjie groen kleur, geverf.

       Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.

    NEEM KENNIS: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken vir
    tabelvergelykende antwoorde. Maak gebruik van die kognitiewe vlakke as
    riglyne vir jou punte toekenning.

  V3.1 Vlak             KOGNITIEWE              GEWIGS-          VRAE          PUNTE
                       VAARDIGHEDE            TOEKENNING                        (10)
Laer orde       Onthou, Herroep, Herken
                Verstaan, Verduidelik,              30%            3.1            3
                Beskryf
Middel orde     Toepas, Implementeer,               40%            3.1            4
                Organiseer
Hoër orde       Analiseer, Vergelyk,                30%            3.1            2
                Interpreteer
                Evalueer, Reflekteer,                              3.1            1
                Sintetiseer, Regverdig

                                           OF

3.2 [10 punte: 'n maksimum van 2 punte per aspek]

       'n Hooffunksie van die Kolosseum was om ongeveer 50,000 toeskouers te
       huisves en was gebruik vir gladiator veg kompetisies en publieke spektakels. Dit
       was ook gebruik vir nagemaakte see oorloë, jag van diere, onthoof van mense, die
       uitspeel van bekende oorloë, veldslae, en dramas gebaseer op die Klassieke
       mitologie.  Die gebou is reeds in die vroeë Middeleeue nie meer vir onthaal
       doeleindes gebruik nie. Dit is later weer gebruik vir sulke doeleindes soos
       behuising, werkswinkels, kamers vir godsdienstige ordes, 'n fort, 'n
       steengroef/myn, en 'n Christelike altaar. 

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1                                  8                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

       Alhoewel gedeeltelik beskadig is die Kolosseum nog steeds 'n ikoniese simbool
       van Imperiale Rome.  Dit is een van Rome se populêrste toeriste aantreklikhede.
       

       Die Nelson Mandela Stadium funksioneer as 'n wêreldklas voetbal/sokker stadium
       en is amper so groot soos die Kolosseum en kan 46 000 toeskouers,
       akkommodeer. Soos die Kolosseum is dit 'n veeldoelig stadium.  Die stadium
       spog met 49 gaste kamers, twee besigheidsitkamers, 'n gimnasium, en lesing en
       onthaal lokale.  Daar is ook twee konferensielokale op die boonste vlak, wat 200
       mense kan akkommodeer. Dit was gebou om 8 spele gedurende die 2010 FIFA
       Wêreldbeker-toernooi te hou, en Suid-Afrika en Port Elizabeth was gasheerstede.
        Dit was die eerste keer dat 'n wêreldklas voetbal/sokker stadium in die Oos-
       Kaap gebou is. 

       Beide stadiums is monumentaal, eenvoudig, uitstaande, strukture wat die
       boodskap van mag oordra.  Die buitekant van die Kolosseum is baie klassiek in
       boustyl.  Die oorblywende gedeelte van die buitemuur se monumentale fasade
       bestaan uit drie verdiepings, die een na die ander arkade met 'n podium bo-op dit
       waarop 'n hoë solder gebou is, beide is met vensters wat ewe ver uit mekaar
       geplaas, gebreek. Die arkades word geraam deur half-kolomme van Dories, Ionies
       en Korintiese orders, terwyl die solder met Korintiese pilare versier is.  Die
       buitenste fasade van die Nelson Mandela Stadium is by kontras baie kontemporêr
       en hi-tech en bestaan uit 'n unieke dakstruktuur wat gemaak is met 'n reeks
       'blomblare' wat dit soos 'n blom laat lyk.  Die golwende dak strukture rus op 'n
       beton struktuur wat geometries en Modernisties is. 

       Soos moderne sport stadiums, het die Kolosseum toeskouers genoegsame
       skuiling van die son gegee danksy die innoverende afdak, die Velarium.  Die
       Velarium was 'n enorme linne tarpaulin of bokseil wat gehang het aan 'n sisteem
       van toue, hys-apparaat en hout pale wat teen die buitenste muur vasgemaak is. 
       Een honderd matrose is gebruik om dit op te rig. Die dak van die Nelson Mandela
       Sokker Stadium maak gebruik van aluminium bedekking wat afgewissel word met
       'n gestrekte membraan wat ontwerp is om die toeskouers van die son en wind te
       beskerm. 

       Die Kolosseum se vermoë om baie mense te huisves, het dit essensieel gemaak
       dat die gebou vinnig vol gemaak kon word of vinnig ontruim word.  Die argitekte
       het soortgelyke oplossings gebruik as die van 'n modern stadium soos die Nelson
       Mandela stadium om met soortgelyke probleme te werk.  Die Amfiteater was
       omring deur tagtig ingange op die grondvlak. Elke ingang en uitgang was
       genommer, sowel as elke stel trappe. Die Nelson Mandela Stadium maak gebruik
       van 32 ingange en kleurgekodeerde hekke op vlak 2 vir toeskouers om by hul
       sitplekke uit te kom en vier skuins op-af gange wat lei tot vlak 2 tot vlak 5. 
       Gebou van beton en sand, was die buitemuur van die Kolosseum ten volle bedek
       in travertien sonder dat beton gebruik word, en dit is bymekaar gehou deur tonne
       yster kramme.  Die bou materiale reflekteer die sterkte en soliedheid van die
       Romeinse Keiserryk. 

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1                                   9                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

       Die dak materiaal van die Nelson Mandela stadium bestaan uit 'n kombinasie van
       aluminium bedekking, gekombineer met 'n membraan materiaal genoem
       polytetraflurethylene (PTFE), wat 'n veselglas bedekte materiaal is wat oor 'n staal
       superstrukture getrek word.  Dié materiale reflekteer die kontemporêre,
       tegnologiese era waarvan die stadium deel uitmaak. 

       Die arena van die Kolosseum het 'n hout vloer gehad, maar die arena in die
       Nelson Mandela Stadium is met gras geplant met 'n dreineringsisteem onder die
       turf.  Onder die arena van die Kolosseum was verskillende kamers wat wilde
       diere en gladiators gehuisves het. 

       Die Kolosseum domineer die stad van Rome.  Dit is simbolies en presies in die
       hart van Rome geplaas.  Die Nelson Mandela Stadium is ook in die hart van die
       stad Port Elizabeth gebou en domineer die terrein.  Die Nelson Mandela
       Stadium is gebou op die strand van die North End Lake en kyk oor die lagune wat
       verseker dat dit meer opsigtelik is. 

       Die Kolosseum se gebruik van verskillende klassieke orders, Dories, Ionies en
       Korinties wys die invloed van Griekse argitektuur.  Die Nelson Mandela Stadium
       se gebruik van 'n ovaal arena kon dalk beïnvloed wees deur die gebruik van
       ellipse op Romeinse stadiums. Die gebruik van innoverende, moderne materiale
       soos staal, veselglas, aluminium toon die invloed van kontemporêre hi-tech
       argitektuur aan. 

       Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.

    NEEM KENNIS: 'm Maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken word vir tabel
    vergelykende. Maak gebruik van die kognitiewe vlakke as 'n riglyn vir jou punte
    toekenning.

  V3.2 Vlak             KOGNITIEWE               GEWIGS-           VRAE          PUNTE
                       VAARDIGHEDE             TOEKENNING                         (10)
Laer orde       Onthou, Herroep, Herken                              3.2
                Verstaan, Verduidelik,               30%             3.2             3
                Beskryf
Middel orde     Toepas, Implementeer,                40%             3.2             4
                Organiseer
Hoër orde       Analiseer, Vergelyk,                 30%             3.2             2
                Interpreteer
                Evalueer, Reflekteer,                                3.2             1
                Sintetiseer, Regverdig

                                                                      TOTAAL AFDELING A: 30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1                                   10                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

    AFDELING B: ONTWERP GESKIEDENIS [30 punte]

    VRAAG 4

    4.1 [Ken 20 punte in totaal toe]
        [Ken 10 punte vir elke beweging toe. Neem kennis dat slegs 1 punt mag
        toegeken word vir die naam van 'n ontwerper en produk vir elke beweging.
        Gebruik die kognitiewe riglyne as 'n gids vir jou punte toekenning.]

       Art Deco (1920–1940) ontwerp is 'n uitstaande voorbeeld van 'n gemeenskap se
       reaksie op die politiese wreedhede van die Eerste Wêreld Oorlog wat verdere
       ontwikkeling van dié styl, vertraag het.  As gevolg van die chaos en die
       verwoesting van die Eerste Wêreld Oorlog en die moontlikhede van die Tweede
       Wêreld Oorlog het dit definitief oor die honger vir lewe en 'n nood vir goed voel oor
       jouself gegaan.  Art Deco is bevestig met 'n sin van emosie, entoesiasme, glitz
       en glamour en 'n vrolike speelvolle gevoel.  Die gemeenskap was entoesiasties
       om voor uit te gaan. Art Deco se kliente gedurende die 20's en 30's was baie
       welgesteld, modebewuste kunsliefhebbers.  Hulle het dit geniet om in luukse
       omgewings te leef, in elegante restaurant te eet en was versot daarop om vir hul
       couture kleredrag gekomplimenteer te word. 

       Art Deco was dramaties verander deur die Tweede Wêreld Oorlog omrede dit te
       'chic en cheeky' was vir oorlogtyd. 

       Art Deco ontwerpers se doelstelling was om vorms te eenvoudig en toepaslik vir
       die doel te maak.  Ontwerp motiewe was gestroop tot hul eenvoudigste vorme,
       maar het nog steeds hul gesofistikeerder voorkoms behou. 

       Die styl is toegepas op alle areas van ontwerp ingesluit argitektuur, interieurs,
       meubels mode, juwele, skilderye, grafiese ontwerp, boekbindery, keramiek,
       kostuum ontwerp, glas, silwer, metaalware en hoogs versierde hoof tooisels. 

       Dit het vrylik geleen van baie van die ontwerp style uit die verlede om die toekoms
       te maak. Sommige voorbeelde is die Engelse Kuns en Kunshandwerk Beweging,
       die Franse Art Nouveau en die Duitse Bauhaus Moderniste.  Die samelewing se
       obsessie met Afrika beeldhouwerk en Amerikaanse jazz het 'n eklektiese
       belangstelling in internasionale kulture soos Egipte, Aztec, Oosterse kuns en die
       Russiese ballet aangemoedig.  Die Art Deco styl is ongetwyfeld gedefinieer deur
       die wolkekrabber, die sig-sag en die beelde wat deur jazz na vore gebring is. 

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1                                  11                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

       Meubels was deur die eksotiese Oosterse veneers, ivoorinlegwerk en gestileerde
       blommotiewe beïnvloed.  Jaques Ruhlmann's (1879 – 1933) se drie-poot hoek-
       kabinet van verneerde rooshout met ivoor, ebbehout en rare ingelêde houtsoorte
       was 'n revolusie in die styl van die era. 

       Argitektuur het 'n verskeidenheid van vorms omhels; van slanke, gestroomlynde
       kurwes wat met geverfde lyne beklemtoon is; vertikale wat na die hemel wys soos
       wolkekrabbers met 'n getrapte piramiede vorms bo-op. 

       Die Orient Express Stoom trein was die beste uitdrukking van styl en 'n simbool
       van misterie en romanse.  Die eetlokaal kompartement was versier deur die
       avante garde glasmaker René Lalique. Dit was hoogmode om op heerlike Franse
       cuisine onder die waarnemende oë van die 'three fates' (godinne van Antieke tye)
       in stroombelynde vorm te eet. 

       'n Ander voorbeeld wat die mensdom se behoefte vir spoed en vervoer
       geweerklank het, is die ter waterlating van die Normandie stoomskip in 1935. 
       Die publieke kamers was versier in die Barok styl soortgelyk aan Louis XIV en die
       hof in Versailles.  Tweehonderd tafels en stoele was onder 'n glansende glasdak
       geplaas, wat deur René Lalique ontwerp is.  Massiewe pendulum dak ligte was
       aan beide kante geïnstalleer, die mure was bedek met gestampte glas en chroom
       panele, wat bygedra het tot die sprankelende weelderige atmosfeer.  Kunsmatige
       lig het van vyf opgestapelde fonteine, wat in die middel van die ronde eetlokaal
       geplaas is, uitgestraal. 

       In Amerika, was Art Deco ook hoogs geassosieer met Hollywood. Die kostuums,
       teater ontwerpe, props vir films, plakkate en ander Hollywood ontwerpe van die
       1920s tot die 1940s het die styl populêr gemaak, maar in die einde was dit
       Hollywood se 'Screen Deco' wat verantwoordelik was dat die styl uitgesterf het. 

       Soos Art Deco, het De Stijl, (wat eenvoudig beteken 'die styl' in Hollands), ook 'n
       reaksie op die politieke situasie van die Eerste Wêreld Oorlog.  De Stijl het
       ontstaan as 'n universele visuele taal vir die moderne era en het probeer om 'n
       Utopia gemeenskap te skep om die vernietiging wat deur die Eerste Wêreld Oorlog
       veroorsaak, is te herstel.  Die De Stijl-gemeenskap het in 'n nuwe era bestaan,
       'n tydperk waar masjiene die menslike prosesse kon stroomlyn om 'n nuwe
       gemeenskap met balans tussen indiwidue en universele waardes, te skep. 

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1                                   12                       DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

       De Stijl se doelstelling was om 'n abstrakte styl gebaseer op geometriese vorms,
       primêre en neutrale kleure, te skep.  Hulle het op ontwerpe gefokus waar vorm-
       volg-funksie.  Die beweging was teen die oordadige versierde kwaliteite en hulle
       visie was 'n universele taal en 'n spirituele wêreld orde, vir die moderne
       gemeenskap. 

       Die vermindering van realiteit tot geometriese vorms, reguit lyne, vierkante,
       reghoeke en primêre kleure was dié karaktereienskappe van De Stijl. Dit was
       gebruik in 'n verskeidenheid van kuns en ontwerpe velde byvoorbeeld; argitektuur,
       stadsbeplanning, industriële ontwerpe, tipografie, musiek en in die digkuns. 

       'n Paar belangrike konsepte het De Stijl beïnvloed; die eerste idee was Neo-
       Plastisisme wat verwys na die skilderstyl en idees ontwerp deur Piet Mondrian in
       1917, en ingesluit by De Stijl. Mondrian beskryf Neo-Plastisisme as 'n verminderde
       benadering tot die maak van kuns, wat tradisionele elemente van kuns, soos
       perspektief en uitbeelding stroop. 

        Die tweede konsep was grootliks geïnspireer deur Schoenmaekers se tesis
        Beginselen der Beeldende Wiskunde (Die Beginsels van Plastiese Wiskunde),
        wat voorgestel het dat realiteit uit 'n reeks teenoorgestelde magte bestaan
        byvoorbeeld, chaos versus orde, manlike versus vroulik, swart versus wit en
        horisontaal versus vertikaal. 

        Die derde konsep is Elementarisme ontwikkel deur Van Doesburg waar nie net
        horisontale en vertikale lyne in Neo-Plastisisme gebruik was, maar ook diagonale
        lyne wat beweging geskep het. 

        'n Voorbeeld van De Stijl werk wat hierdie karaktereienskappe reflekteer is Die
        Scroder Huis deur Gerrit Rietveld, Utrecht, 1924.  Die vorms is verminder tot
        eenvoudige geometriese, afgeplatte vorms wat eenvoud en orde voorstel.  Die
        kleure is verminder tot neutrale grys, swart en wit en gladde teksture.  Hierdie
        kleure en teksture maak 'n bydrae tot 'n algehele gevoel van kalmte, balans en
        beheer. 

       Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.

  V4.1 Vlak             KOGNITIEWE               GEWIGS-          VRAE          PUNTE
                       VAARDIGHEDE             TOEKENNING                        (20)
Laer orde       Onthou, Herroep, Herken                             4.1           4
                Verstaan, Verduidelik,               30%                          2
                Beskryf
Middel orde     Toepas, Implementeer,                40%            4.1             8
                Organiseer
Hoër orde       Analiseer, Vergelyk,                 30%            4.1             2
                Interpreteer
                Evalueer, Reflekteer,                                               2
                Sintetiseer, Regverdig                                              2

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1                                   13                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

4.2   (Ken 10 punte toe)

        Gedurende die 17de eeuse Barok, was die argitek Gian Lorenzo Bernini aangestel
        om 'n kapel vir die Cornaro familie te skep. Die komposisie van die interieur van
        die kapel in FIGUUR I reflekteer 'n tipiese dramatiese, Barok teater ontwerp. 
        Dit is in kontras met die Skandinawiese interieur ontwerp sigbaar in FIGUUR J
        hierbo wat fokus op kalmte, suiwerheid, eenvoud en funksionaliteit.

        Modernistiese Skandinawiese ontwerper Alvar Aalto (1930s – 1970s) het meubel
        ontwerp gesien as 'n natuurlike uitvloeisel van argitektoniese denke. Sy ontwerp
        verteenwoordig 'n filosofie wat deur funksionaliteit, eenvoud, skoon lyne en
        bekostigbaar is, gekarakteriseer en dit is duidelik in FIGUUR J sigbaar.  In
        kontras met Skandinawiese ontwerp, wanneer 'n mens die Barok Cornaro kapel
        in FIGUUR I binne loop, is die toeskouer omhels deur sensuele ontwerp en illusie
        effekte. 

        Bernini se sorgsame vermenging van skilderkuns, beeldhoukuns en argitektuur
        verskaf 'n kragdadige, spirituele ervaring vir die toeskouer.  Hierdie is die
        sleutel karakter eienskap van Barok interieur argitektuur en die primêre
        doelstelling van die Teen-Reformasie. Een van Bernini se bekendste beelde: The
        Ecstasy of St. Teresa beeld sy visie uit van Heilige Teresa van Avila. Die
        dramatiese Barok lig van die interieur is verder verhoog deur die goue hout, strale
        van lig wat uitstraal van bo die pediment wat die oog lei tot die beeld. Soortgelyk
        aan die Barok era, het die Skandinawiese interieur ontwerpers ook lig as baie
        belangrik beskou.  In FIGUUR J is lig nie gebruik om 'n verhoogde sin van
        drama soos wat in die Barok-era geskep is nie (FIGUUR I), maar is gebruik om 'n
        ambiance (gevoel)/sagte lig te skep met die gebruik van vloer, muur of tafel
        lampe. 

        Die Barok kapel is met natuurlike lig gevul wat deur 'n versteekte venster bo en
        agter die beeld is skyn, wat 'n teatrale atmosfeer skep in die beperkte ruimte. 
        Die Skandinawiese interieur maak ook gebruik van natuurlike lig maar is gefiltreer
        en nie so dramaties nie. 

        Die Barok Cornaro kapel skep 'n onmiddellike indruk van 'n klein, vlak ruimte. 
        Om die meeste van die klein ruimte te maak, het Bernini baie slim argitektoniese
        elemente gebruik; oordadige polichromatiese, marmer pilare word beklemtoon
        deur die gebroke driehoekige pediment, met gebuigde kante wat na buitentoe
        druk, en die hoof altaar raam.  Skandinawiese interieurs is oop plan en
        eenvoudig en sonder enige warboel gelaat. 

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1                                   14                       DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

        In kontras met Barok se gebruik van polichromatiese marmer,  is
        Skandinawiese interieur oppervlaktes karakteristieke van hout gemaak wat
        gereeld op die mure, dakke, kaste en meubels gebruik is.  Die karakteristieke
        gedempte aardse kleure was gereeld gekombineer met wit mure en koel blou en
        grys tekstiele. In sekere huise, word helder aksente van geel, oranje en turkoois
        gevind, byvoorbeeld met die gebruik van Marimekko tekstiele en matte. 

        Tipies van Barok ontwerp, is die gebruik van geverfde stucco/gepleisterde figure
        en wolke op die mure bokant die pediment in FIGUUR I wat die hoogte van die
        dak vergroot.  Hierdie illusie tegniek is karakteristies van Barok interieur
        ontwerp en is gebruik om die grootte van die kamer verder te vergroot, sowel as
        om 'n sin van indrukwekkendheid te skep.  In kontras verminder die
        Skandinawiese ontwerp in FIGUUR J oppervlak versiering en bykomstighede,
        om 'n warboel te verminder en minder visuele verbystering te hê en die
        bevordering van die ontwerp filosofie 'less is more' te maak. 

        Die hoofdoel van Skandinawiese ontwerp is om die daaglikse lewe te verbeter. In
        Skandinawiese interieurs, is daar altyd 'n streng verhouding tussen ontwerp
        elemente en die natuur.  In kontras, was die hoof doel van Barok ontwerp om 'n
        indruk van indrukwekkendheid van die Katolieke kerk te skep. 

       Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.

    NEEM KENNIS: 'm Maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken word vir tabel
    vergelykende. Maak gebruik van die kognitiewe vlakke as 'n riglyn vir jou punte
    toekenning.

  V4.2 Vlak             KOGNITIEWE               GEWIGS-          VRAE          PUNTE
                       VAARDIGHEDE             TOEKENNING                        (10)
Laer orde       Onthou, Herroep, Herken                             4.2           2
                Verstaan, Verduidelik,               30%            4.2           1
                Beskryf
Middel orde     Toepas, Implementeer,                40%            4.2             4
                Organiseer
Hoër orde       Analiseer, Vergelyk,                 30%            4.2             2
                Interpreteer
                Evalueer, Reflekteer,                               4.2             1
                Sintetiseer, Regverdig

                                                             TOTAAL AFDELING B: 30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1                                   15                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

AFDELING C: ONTWERP IN 'n SOSIO-KULTURELE/OMGEWING EN
          VOLHOUBARE KONTEKS

VRAAG 5 [20 punte]

Beantwoord EERDER VRAAG 5.1 OF VRAAG 5.2

5.1

5.1.1 [Ken 6 punte toe]
      Dié muurskildery is op 'n verwaarloosde gebou geverf, wat die vaal verwaarloosde
      area, ophelder. Die gesamentlik muurskildery projek het duidelik as sy doel
      verbetering van 'n verarmde gemeenskap en daarom is dit beskryf as 'n 'sosio-
      kulturele ontwerp'.  Dit bring kuns en ontwerp binne in die gemeenskappe wat
      nie normaalweg toegang tot dit het nie.  Die gebruik van lede van die
      gemeenskap as 'n vernoot in die skepping van die muurskildery is 'n bevestiging
      van hul waardes en  verskaf 'n uitlaatklep vir kreatiewe uitdrukking.  Hierdie
      geleentheid skep trots en 'n sin van identiteit.  Die boodskap van die
      muurskildery 'Discover the diamond inside you' is baie positief en word gebruik om
      ook 'n sin van trots en selfwaarde vir die mense wat in die area leef, te gee. 

       Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.

5.1.2 [Ken 14 punte in totaal toe]
      [Ken 7 punte per voorbeeld toe - 1 punt vir die ontwerper en die produk]

        'n Plaaslike sosiale verantwoordelike groep is Metropolitanrepublic. Hulle produk
        is die Wimpy Braille Burger. 

        Metropolitanrepublic se doel is om dinge anders te benader.  Hulle kyk na wat
        die besigheid se uitdagings is en kom op met besigheidsprobleem oplossings-
        idees.  Hulle hoof doel is dat kulturele relevansie 'n deel van handelsmerke
        word, hulle produkte, en hul dienste. Hulle verseker dat hulle ontwerp kultureel
        relevant is, en daarom vestig hulle hul idees in die konteks waarin hul toeskouers
        is – dit lei na advertering waarmee hul kliënte kan identifiseer. 
        Metropolitanrepublic het tans projekte in vyf lande op die kontinent (ingeslote SA).
         Hulle sien hulle werkers as burgers van Metropolitanrepublic.  Andersins as
        agentskappe wat 'n meer tradisionele model volg, glo hulle dat hulle in 'n na-
        digitale era is en dat alle mediums, oud en nuut, het 'n rol om te speel en is
        relevant. 

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1                                     16                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                       NSS – Nasienriglyne

        Metropolitanrepublic het as 'n advertensie agentskap begin, 'n bietjie meer as drie
        jaar terug. Hulle het nie aan hulself as 'n advertensieagentskap gedink nie. Hulle
        skep 'n variasie van goedere, van hulle is wel advertensies. 

        'n Analise van een werk wat verduidelik hoe sosiale bemoeienisse in die werk
        aangespreek is: Metropolitanrepublic het 'n veldtog geskep vir visueel gestremde
        mense deur braille spyskaarte vir Wimpy te ontwerp.  Met die hulp van
        opgeleide kokke, is sesamesaad op 15 burger rolletjies geplaas wat in braille die
        tipe burger beskryf het en die indiwidue in gelig het oor die beskikbaarheid van hul
        braille spyskaart.  Die braille burgers was afgelewer by die drie grootste blinde
        instansies in Suid-Afrika en het 'n oorweldigende emosionele impak op die
        werkers by die organisasies gehad.  Hierdie beskrywings het dié mense die
        vaardigheid gegee om hul kos te 'sien' voordat hulle dit geëet het.  Die
        uitdrukking van blydskap op hul gesigte soos hulle die boodskap gelees het, was
        'n uiters slim aanduiding dat 'n klein bietjie ekstra 'n vêr pad kan loop. Hulle kon
        nie glo, dat in 'n wêreld wat meestal siende mense akkommodeer, 'n ketting
        restaurant die ekstra myl kan loop, net om hulle welkom te laat voel nie.  Die
        boodskap was oorgedra na meer as 800,000 visuele gestremde Suid-Afrikaners
        en die veldtog het menigte toekennings gekry; insluitend Gold Clio, Gold en Silver
        Cannes, One Show Gold en 'n Goue Loerie. 

        Die ongelooflike 'word of mouth' wat deur so 'n klein groep mense geskep is, is
        wat die advertensie so uitnemend maak. Wimpy doen uitstekende werk om 'n
        nismark te bereik en hulle in te lig dat hulle waardeer word.  Hulle het die
        geleentheid gebruik om behoeftes wat tans nie in die visueel gestemde gemeen-
        skap aangespreek is nie, en as gevolg hiervan kon hulle ernstige voordele kry.

        KONTEMPORÊRE INTERNASIONAAL: 'Luz nas Vielas,' deur Boa Mistura street
        art collective.

        Die multi-dissiplinêre kuns-koöperasie Boa Mistura se doelstellings is om
        grootskaalse muurskilderye in publieke ruimtes te skep met die bedoeling om
        gemeenskappe te verbeter en te inspireer.  Vanaf hul studio in Madrid, het hulle
        projekte hul so vêr as Suid-Afrika, VSA, UK, Brazilië Mexiko en Algeria,
        geneem. Die hoof motivering vir die ontstaan van die groep was om saam pret te
        hê, wat gereflekteer is in die joie de vivre en hul kleur in hul werk. Boa Mistura
        fokus hoofsaaklik op graffiti en gemeenskap bou met 'n missie om die wêreld
        meer kleurvol te maak.  Die kleure wat hulle gebruik is helder en suiwer.  Die
        naam van die stadskunsgroep, wat in Portugees 'goeie mengsel' beteken, verwys
        na die verskil van perspektiewe en talente van elk van die lede wat in hul werk
        gebruik word.  Die span bestaan uit argitekte, ingenieurs, skone kunstenaars,
        grafiese ontwerpers en advertensie spesialiste.  Voordat hulle 'n nuwe
        straatkunsprojek aanpak, vra Boa Mistura vir riglyne van die belangrikste aspek
        van 'n gemeenskap — die mense daarin. 'We like to feel the place, talk with the
        local people, breath the atmosphere and be inspired before start working' het
        Purone gesê. 

        Een werk 'Luz nas Vielas,' is in Sao Paulo favela (township/lokasie) van
        Brasilandia. Die mure van die stad is met helder kleure geverf en gebruik 'n slim
        visuele illusie — geverfde woorde is gebruik wat lyk asof hulle dryf wanneer van 'n
        spesifieke perspektief besigtig word.  Met woorde wat positiewe emosies
        uitdruk soos 'Amor' (liefde) en'Firmeza' (stabiliteit), is hierdie projek in lyn met die
        groep se missie om gemeenskappe te verbeter. 
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1                                    17                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

        Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.

  V5.1 Vlak           KOGNITIEWE                  GEWIGS-            VRAE          PUNTE
                     VAARDIGHEDE                TOEKENNING                          (20)
Laer orde       Onthou, Herroep, Herken                              5.1.1           1
                                                      30%            5.1.2           2
                Verstaan, Verduidelik,                               5.1.2           3
                Beskryf
Middel orde     Toepas, Implementeer,                 40%            5.1.1            3
                Organiseer                                           5.1.2            5
Hoër orde       Analiseer, Vergelyk,                  30%            5.1.1            1
                Interpreteer
                Evalueer, Reflekteer,                                5.1.1            1
                Sintetiseer, Regverdig                               5.1.2            4

5.2     [20 punte in totaal]

5.2.1 [Ken 4 punte toe]
       Ja ek stem saam met die stelling omdat die wasgoed mandjie ontwerp van die
       isiZulu graan mandjie aangepas is, dit word genoem Isichumo.  Die tradisionele
       graan mandjie is geweef met afgewisselde styf en oop weefmetodes wat toelaat
       dat die lug kan sirkuleer sodat die graan nie kan muf nie en hou so ook insekte uit.
        Dieselfde weeftegniek is in die wasgoed mandjie gebruik omdat lug sal sirkuleer
       om dit droog te hou.  Die tradisionele vorm van die graan mandjie is aangepas
       van 'n klokvorm tot 'n verlengde ronde vorm om wasgoed te akkommodeer.  Dit
       wys hoe tradisionele kunshandwerk aangepas is vir kontemporêre gebruik, wat dit
       ook relevant maak vir die kontemporêre wêreld. 

        Nee, ek stem nie saam met die stelling nie omdat dit 'n verlies van tradisionele
        items is, dit kan negatiewe idees oor 'n spesifieke gemeenskap kommunikeer. 
        Mense sal die oorspronklike estetiese gebruik van natuurlike materiale en die
        oorspronklike funksie van die isiZulu graan mandjie vergeet.  Dit bedreig die
        tradisionele kultuur, gebruike, identiteit en bewaring van die Afrika kontinent se ryk
        en diverse geskiedenis.  Dit bly ons verantwoordelikheid om te sorg vir, en ons
        inheemse kunshandwerk te bewaar, in hul oorspronklike konteks, funksie, vorm
        en estetika. 

5.2.2   [Ken 6 punte toe]
        Titel: ISIZULU INHEEMSE KUNSHANDWERK deur die Zulu gemeenskap van
        Suid-Afrika, KZN. Die Isichumo-watermandjie (waterdigtheid) 
        Dié mandjie, geweef deur die isiZulu, is 'n regop, bottelvormige mandjie  gebruik
        vir die dra en stoor van vloeistowwe (gewoonlik water), dit het 'n deksel wat oor
        die nek pas soos 'n doppie.  Hierdie water mandjies is een van die mees
        ingewikkelde ontwerpe om te skep, omrede die nou nek en die baie styf
        weeftegniek wat dit waterdig maak.  Tipies, is twee groottes van die styl
        mandjie geskep. Die mandjies is met die Ilalapalmblare geweef.  Die vroeë
        funksionele mandjies het eenvoudige kleurskemas gehad.  'n Groot mandjie wat
        in die hut sou gehou word kon ongeveer 30–40 liter water hou (tipies genoeg vir 'n
        familie en sy diere vir twee dae).  'n Kleiner mandjie (wat 5–15 liters kan hou),
        sou gebruik word vir die vervoer van water (op vrouens se koppe vir 8km heen en
        weer) van die bron na die groot houer toe. 

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1                                 18                      DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                   NSS – Nasienriglyne

5.2.3   [Ken toe 10 punte: ken toe 1 punt vir die naam van die ontwerper en die
        produk]

        Inkopiesak deur Binky Newman van Design Afrika. 

        Binky Newman en haar span wie almal goeie ambagsvaardighede besit, het
        Design Afrika gestig. Design Afrika kombineer relevante tradisionele Afrika en
        kontemporêre kunshandwerk tegnieke. Hulle doel is om die kreatiewe en
        entrepreneurskap vaardighede van plaas/dorpgemeenskappe te versorg. 
        Inspirasie vir nuwe ontwerpe is gevind deur te reis na afgeleë areas oor die
        kontinent in die hoop om 'n mandjie te vind wat in 'n tegniek geweef is wat
        gereken was om uitgestorwe te wees.  Binky Newman spandeer baie tyd in
        afgeleë dorpe in Afrika, waar sy met gemarginaliseerde vrouens werk wie 'n
        antieke oorgeërfde mandjie weef tegniek ken.  Vir die 2015 reeks fokus Binky
        op die gebruik van geometriese patrone,  handgeweef,  en organies of
        mensgemaakte materiale.  Die inkopie sak ontwerp deur Design Afrika gebruik
        materiale soos raffia en gras wat nie so buitengewoon is nie omdat dit
        tradisioneel gebruik word regdeur Afrika in 'n verskeidenheid vorms.  Die
        inkopie sak is 'n veranderde vorm van die tradisionele graan mandjies.  Binky
        het die tradisionele vorm na 'n meer kontemporêre vorm verander.  Deur die
        gebruik van tradisionele Afrika weef tegnieke en steke, het Design Afrika 'n
        suksesvolle verskeidenheid objekte geskep. Met hierdie reeks het Design
        Africa die bedoeling om 'n unieke en vars reeks, te skep. Verder het hulle die
        grense vervaag/oorskry tussen funksioneel en beeldagtige vorm,  ontwerp en
        kunshandwerk  hoë en lae kunshandwerk. 

        Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.

        Geen punte moet toegeken word vir die herhaling van ontwerp/s en hul werk
        wat in die vraestel gebruik is

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1                                      19                       DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                        NSS – Nasienriglyne

  V5.2 Vlak              KOGNITIEWE                 GEWIGS-          VRAE          PUNTE
                        VAARDIGHEDE               TOEKENNING                        (120)
Laer orde          Onthou, Herroep, Herken                            5.2.2           1
                                                        30%
                   Verstaan, Verduidelik,                             5.2.2           2
                   Beskryf                                            5.2.3           3
Middel orde        Toepas, Implementeer,                40%           5.2.2           3
                   Organiseer                                         5.2.3           5
Hoër orde          Analiseer, Vergelyk,                 30%           5.2.1           4
                   Interpreteer
                   Evalueer, Reflekteer,                              5.2.3           1
                   Sintetiseer, Regverdig                             5.2.3           1

VRAAG 6 [20 punte]

6.1 [Ken 3 punte toe]
       Die term bioafbreekbaar in FIGURE M verwys na die kartonraamwerk se
       kapasiteit om af te breek en terug na natuurlike materiaal in die natuurlike tuin
       omgewing te keer  sonder dat enige giftige of beskadigde stowwe agter gelaat
       word nie.  Op hierdie wyse is die kartonraamwerk omgewingsbaatbaar, omdat
       dit vinnig afbreek en stortterrein ruimte spaar, sonder dat dit die omgewing skade
       berokken. 

           Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.

6.2        [Ken 3 punte toe]
            Die ekonomiese belangrikheid van volhoubare ontwerp is dat dit negatiewe
            omgewingsimpakte vernietig, deur hergebruik aan te moedig deur die versamel
            van korrekte/relevante materiale vir hergebruik in ontwerp produkte.  Hierdie
            manier genereer 'n groter ondersteuning op natuurlike materiale wat goed kan
            saamwerk met die omgewing. In hierdie opsig, genereer ontwerpers 'n inkomste
            van weggegooide materiaal wat op stortterreine gelos is.  Op 'n sosiale vlak,
            sluit volhoubare ontwerp in dié deel van kennis, verbeterde omgewingskwaliteit en
            'n verbeterde woonbuurt. 

           Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.

6.3 [Ken 14 punte toe]
      [Ken 7 punte per voorbeeld toe – 1 punt vir die ontwerper en ontwerp]

          VOORBEELD VAN 'n SUID-AFRIKAANSE ONTWERPER:

          Naam van die ontwerper/ontwerp agentskap of studio en 'n titel van een hoof
           projek wat deur die ontwerper onderneem is. [Ken toe 1 punt]
           PPC Sement skoot rekenaar sakke deur Wren Designs. 
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1                                        20                      DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                          NSS – Nasienriglyne

          Kort beskrywing en analise van ten minste een hoof projek/sisteem
           onderneem deur die ontwerp studio.

          Die PPC Sement skoot rekenaar sakke is van Pretoria Portland Sement papier
          sakke gemaak.  Die lae van die leë PPC papier sak is verdeel; die boonste laag is
          verwyder en met die derde laag geplak. Hierdie twee laer word dan saam geplak
          met 'n swart katoen om duursaamheid van die sak te verseker.  Die papier van
          die sak is dan behandel met tegnieke van saamsmelt en sprei (nanotechnology
          liquid glass) om die sterkte van die materiaal te verhoog.  Die patroon is dan
          geteken, gesny en aan mekaar gestik, nadat die papier behandel is. Die sak het
          twee afdelings en twee kleiner sakkies: een om jou skoot rekenaar se kabels in te
          dra en 'n iPhone of muis in die ander. Die geïnsuleerde afdeling verdeel jou
          skootrekenaar van enige ander papiere of notas, en die hele binnekant van die sak
          is ook geïnsuleer om alles wat jy daarin dra, te beskerm.  Die sakke is waterdig
          840g en 39 x 6 x 26,5cm. Die sak maak styf toe omrede die twee magnete wat
          binne in die flap weggesteek is, maar die sterkte van die magnete sal nie skade aan
          elektroniese apparate doen nie. 

          Die doelstellings en inspirasies met verwysing na die materiale

          Die origami geïnspireerde skoot rekenaar sak, hergebruik leë sement sakke, dus
          word die hoeveelheid afval op afvalterreine verminder.  Dit verminder die
          negatiewe omgewings impak (Koolstof voetspore). 

VOORBEELD VAN 'N INTERNASIONALE ONTWERPER

         Naam van die ontwerper/ontwerp agentskap of studio en 'n titel van een
          hoofprojek wat deur die ontwerper onderneem is. [Ken toe 1 punt]

          Tripty rugsak deur die Tripty Project. 

         Kort beskrywing en analise van ten minste een hoof projek/sisteem
          onderneem deur die ontwerp studio.
          Die Tripty rugsak is deel van The Tripty Project klere reeks, ontwerp van afval
          landbou byprodukte van pynappels, addisioneel herwinde materiaal en van
          organiese klein hoeveelhede katoen. Die Tripty rugsak is gemaak van verflenterde
          pynappel afval,  natuurlik gekleur deur die gebruik van indigo en natuurlike
          boombas kleurstowwe.  Die rugsakke is in twee kleure beskikbaar, 'n lewendige
          blou en 'n pienk, beide met af-wit aksente met 'n seil/canvas-tipe tekstuur.  Die
          rugsak is beide 'n stylvolle item en 'n funksionele produk.  Die rugsak maak oop en
          toe deur 'n opening wat voorgeplaas is. 

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/P1                                   21                    DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

     Die doelstellings en inspirasies met verwysing na die materiale
      Die Tripty-projek skep bykomstighede en klere van herwonne materiaal gebaseer op 'n
      etiese behoefde voorsien-ketting wat beide omgewings en ekonomies volhoubaar is. 
      Deur hul gebruik van herwinde bronne, verminder hulle die negatiewe omgewings
      impak deur die hoeveelheid afval wat op afvalstortterreine beland, te verminder. 

      Gee krediet vir enige ander geregverdigde verklarings.

   V6 Vlak            KOGNITIEWE                 GEWIGS-       VRAE          PUNTE
                     VAARDIGHEDE               TOEKENNING                     (20)
Laer orde       Onthou, Herroep, Herken                         6.1.1          2
                                                     30%
                Verstaan, Verduidelik,                          6.1.2           2
                Beskryf                                         6.1.3           2

Middel orde     Toepas, Implementeer,                40%        6.1.1           1
                Organiseer                                      6.1.2           1
                                                                6.1.3           6

Hoër orde       Analiseer, Vergelyk,                 30%        6.1.3           2
                Interpreteer
                Evalueer, Reflekteer,                           6.1.3           2
                Sintetiseer, Regverdig                          6.1.3           2

                                                            TOTAAL AFDELING C: 40
                                                               GROOTTOTAAL: 100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Design P1 Feb March 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-feb-march-2018-memo-eng/29a68fce-5f8a-443c-a85c-2fc6258d790c) — Design · Memo · 2018 · Eng
- [Design P1 Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-feb-march-2018-eng/fce42c73-bc07-4209-9bc2-f719cddea800) — Design · QP · 2018 · Eng
- [Design P1 Feb March 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-feb-march-2018-afr/a8482531-b77d-4fb6-a9df-30d0746d0705) — Design · QP · 2018 · Afr
- [DESIGN P1 GR12 MEMO SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-gr12-memo-sept2018-afrikaans/9f429249-e5ba-4d49-a678-895047ecaf8a) — Design · Memo · 2018 · Afr
- [DESIGN P1 GR12 MEMO SEPT2018 English](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-gr12-memo-sept2018-english/4692b2c3-52de-4a8b-9723-d1c7c2b48ee9) — Design · Memo · 2018 · Eng
- [Design P1 May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2018-memo-eng/5a423c49-54d7-4176-bf99-5fc43153c434) — Design · Memo · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-afr/e35d300a-db4f-4a06-ba8a-6f659dbd37ad) — QP · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/3f14a710-b913-44a8-ade1-31e4d395f557) — QP · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/47ba80e3-12dd-4fd4-8302-34e3b97a6b9a) — QP · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-eng/3f0bd4c5-8226-45ef-87fa-5c9996cba696) — QP · 2024 · Eng
- [Design P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-afr/6958913b-f502-40d3-8387-1f0a78a3ed25) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
