# Design Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Design Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/design-p1-gr12-memo-sept2018-afrikaans/9f429249-e5ba-4d49-a678-895047ecaf8a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-gr12-memo-sept2018-afrikaans/9f429249-e5ba-4d49-a678-895047ecaf8a)

## About this document

Design · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [DESIGN P1 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-gr12-qp-sept2018-afrikaans/95ab1e71-93b2-4279-a6ee-8696ae4aa645) — QP · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2018

                  ONTWERP V1 (TEORIE)
                     NASIENRIGLYN

PUNTE:   100

                 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 23 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   ONTWERP V1                            (EC/SEPTEMBER 2018)

 AFDELING A: ONTWERPGELETTERHEID

 VRAAG 1: ‘ONGESIENE’ VOORBEELDE

 Beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.

 1.1      Ken 10 punte in totaal toe
          ŉ Maksimum van slegs 2 punte vir elke element/beginsel
          Slegs 1 punt per beginsel/element vir identifikasie sonder EFFEK

        1.1.1        Ken 8 punte toe
                     Kies SLEGS 4 elemente/beginsels

                Lyn:
                Op die voorkant van die rok is dik vetgedrukte wit lyne en buitelyne van
                geometriese vorms (driehoek, sirkels, reghoeke) wat ŉ sterk fokuspunt
                skep. √ Die opstapeling van vorms op die rok skep ŉ geïmpliseerde
                vertikale lyn wat beweging van bo na onder skep. √ Die silhoeët en
                statige houding van die figuur vorm ŉ lang geïmpliseerde vertikale
                lyn. √                                                                          (2)

                Eenheid:
                Eenheid word behaal deur voortsetting – die vertikale stapeling en
                rangskikking van een vorm bo-op die volgende. √ Eenheid word behaal
                deur die herhaling van die geometriese vorms asook hul eenvormige wit
                kleur. Die nabyheid waarin die vorms op die voorkant van die rok
                gegroepeer word, skep ŉ gevoel van eenheid. √                                   (2)

                Uitleg:
                Die lyne en vorms is so gerangskik dat hulle die vertikale vorm van die
                figuur volg. √ Daar is vertikale lyne aan die kant van die figuur wat die
                krommes van die liggaam ooreenstem en as ‘rokbande’ bo haar
                skouers optree. √ Daar is driehoeke wat die plasing van haar borste
                aandui en ŉ lang horisontale reghoek wat die bo- en onderlyf verdeel. √
                Die vorms word op ŉ totemistiese manier gerangskik en pas netjies in
                mekaar wat die figuur verleng. √                                                (2)

                Balans:
                Die rok is simmetries gebalanseerd aangesien daar gelyke visuele
                gewig aan weerskante geskep word deur die spieëlbeeld van lyne en
                vorms. √ Dit gee die rok ŉ gevoel van perfeksie en orde. √ Die perfekte
                haarstyl en stywe houding met haar arms agter haar rug verbeter die
                simmetrie verder. √                                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
  (EC/SEPTEMBER 2018)                          ONTWERP V1                                       3

                  Kontras:
                  Die wit buitelyne van die vorms word beklemtoon, aangesien hulle met die
                  sterk swart rok kontrasteer. √ Daar is ŉ kontras in die groottes van die
                  vorms wat verskeidenheid skep. Die vorms bly roterend, wys in baie
                  verskillende rigtings op die rok en skep visuele beweging. √                        (2)

                  Gee krediet aan enige goedberedeneerde antwoord.

          1.1.2      Ken 2 punte toe

                  Bauhaus √ – Eenvoud met die gebruik van suiwer geometriese lyne en
                  vorms √ fokus op die basiese en fundamentele elemente van ontwerp. √                (2)

                  Gee krediet aan enige goeie beredeneerde antwoord.                                  [10]

 V1.1 VLAK              KOGNITIEWE VAARDIGHEDE              GEWIG        VRAE               PUNTE
                        Onthou, Herroep, Herken, Noem                    1.1.1                 1
  Laer orde                                                  30%
                       Verstaan, Verduidelik, Beskryf,
                                                                      1.1.1; 1.1.2           1+1
                                 Klassifiseer
 Middel-orde          Pas toe, Implementeer, Organiseer      40%      1.1.1; 1.1.2           3+1
                        Ontleed, Vergelyk, Interpreteer                  1.1.1                 1
  Hoër orde             Evalueer, Reflekteer, Beoordeel      30%         1.1.1                 1
                         Sintetiseer, Regverdig, Skep                    1.1.1                 1

                                                  OF

1.2         Ken 10 punte toe. Maksimum 2 punte per aspek.

      Postmodernisme:
      Die gebruik van 'n mengsel van verskillende materiale, goedkoop gekleurde draad en
      duur vergulde staal. √ Dit is ook baie kleurvol en gee dit ŉ outydse en speelse
      gevoel. √ Die vorm van die kam lyk soos ŉ vereenvoudigde vroulike figuur wat ŉ
      andromofiese gehalte het. √                                                                      (2)

      Negatiewe ruimte:
      Die meeste van die ontwerp beslaan negatiewe (agtergrond) ruimte wat deur die
      draadraam gevorm word. Die ruimte wat deur die draad ingesluit word, skep meer
      geometriese vorms soos sirkels en driehoeke en voeg by die gestruktureerde gerifde
      vorm van die kam. √ Die hoeveelheid negatiewe areas wat binne die ontwerp ingesluit
      word, gee die kam ŉ gevoel van ligtheid en teerheid, aangesien dit nie ŉ soliede
      metaalmassa is nie. √                                                                            (2)

      Gebruik van materiale:
      Die vergulde metaalraam gee ŉ gevoel van elegansie en rykdom. √ Dit is reflektief en
      kontrasteer teen die matkwaliteit van die gekleurde draad. √ Die draad om die raam
      van metaalraam is handgemaak. √ Die draadwerk herinner aan Zoeloe-draadmandjie
      weefsel met die gebruik van gekleurde plastiekbedekte draad. Die kleurvolle drade
      weerspieël ŉ diverse Suid-Afrikaanse samelewing. √                                               (2)

  Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                     ONTWERP V1                           (EC/SEPTEMBER 2018)

         Struktuur:
         Die haarkam bestaan uit drie hoof afdelings – ŉ ronde (kop), middel
         chevronvormige (torso) en onderste ‘romp’ van ŉ vroulike figuur. √ Die ontwerp
         bestaan uit eenvoudige lyne en vorms (sirkels en driehoeke) wat dit eenvoudig
         maak. √ Die vorms is simmetries gerangskik, soortgelyk aan ŉ menslike figuur,
         wat perfeksie en orde toon. √                                                             (2)

         Funksie:
         Die kam is verguld wat aandui dat ŉ sterker metaal in die kern vir ŉ meer praktiese
         gebruik kan wees. √ Die draadraam lyk breekbaar as gevolg van die delikaatheid
         van die konstruksie wat dit kan laat buig. √ Die bo- en middelste gedeelte het
         rowwe draadspoelings, terwyl die bodem suiwer geplateerde metaal is vir maklike
         plasing in ŉ persoon se hare. √ As gevolg van die kleurvolle draadwerk kan die
         kam uitsluitlik vir dekoratiewe doeleindes gebruik word, aangesien dit die oog
         vang. √                                                                                    (2)
         Gee krediet aan enige goeie beredeneerde antwoord.                                        [10]

    V1.2 VLAK        KOGNITIEWE VAARDIGHEDE             GEWIG            VRAE            PUNTE
                       Onthou, Herroep, Herken,
                                                                          1.2.1              1
                                 Noem
     Laer orde                                            30%
                     Verstaan, verduidelik, beskryf,
                                                                          1.2.1              2
                              klassifiseer
                        Pas toe, Implementeer,
    Middel-orde                                           40%             1.2.1              4
                              Organiseer
                     Ontleed, Vergelyk, Interpreteer                      1.2.1              1
    Hoër orde        Evalueer, Reflekteer, Beoordeel      30%             1.2.1              1
                      Sintetiseer, Regverdig, Skep                        1.2.1              1

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                          ONTWERP V1                                         5

 VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR MIDDEL VAN ONTWERP

 2.1       Ken 10 punte in totaal toe

        2.1.1     Ken 1 punt toe
                 Mense vrees/bang vir dinge/mense/situasies wat vir hulle onbekend is.
                 Maar in plaas van vrees, moet mense meer nuuskierig/geïnteresseerd/
                 weetgierig wees.                                                                   (1)

        2.1.2     Ken 5 punte toe
                 Die teks (Arabiese skrif) onder die borsbeeld van die figuur is ŉ
                 voorbeeld van Arabiese kalligrafie wat nie deur baie Westerse kulture
                 verstaan word nie. Dit is uniek aan die Islamitiese of Moslem-geloof. √
                 Omdat jy dit nie verstaan nie, mag jy van die kultuur distansieer. √ Die
                 feit dat die figuur volledig in Arabiese klere aangetrek is (Hijab) toon dat
                 die persoon se identiteit ontbreek en hierdie is ŉ verbintenis met die
                 vrees vir die onbekende. √ Dit stel ook ŉ gevoel van geheimsinnigheid
                 voor. √ Die donker swart kleur van die gedrapeerde Hijab kan
                 geassosieer word met duisternis en die bose wat die boodskap
                 weerspieël om die onbekende te vrees. √ Die pienk agtergrondkleur is
                 stereotipies geassosieer met vroue en vroulikheid, aangesien vroue die
                 een is wat die Hijab dra. √ Die feit dat die figuur horisontaal in twee
                 helftes verdeel word, dui aan dat daar twee kante aan die persoon is en
                 dat hulle nie eendimensioneel is nie. √ Dit mag wees dat die onderste
                 helfte iets oor die individu, onder die ‘mantel’, openbaar. √ Die feit dat
                 die vrou van agter gesien word en haar starende blik na regs verlaag
                 word, dui ook aan dat sy wegkruip of wil wegkruip wat ŉ gevoel van
                 geheimhouding toon. √                                                              (5)

        2.1.3     Ken 2 punte toe
                 Stereotipes is veralgemenings, of aannames, wat mense oor die
                 eienskappe van alle lede van ŉ groep maak. √ Dit is stereotipies om te
                 dink dat Westerse kulture die Arabiese kulture beskou as ŉ kultuur wat
                 deur ander denominasies/rasse/gelowe gevrees of nie verstaan word
                 nie. √
                 Om die Arabiese kalligrafie met ŉ Arabiese vrou te assosieer, is
                 stereotipies omdat daar mense is van verskillende ander denominasies/
                 rasse/gelowe wat Arabies kan lees en skryf. √ Nie alle mense wat
                 Arabies lees/skryf, veral vrouens nie, word ten volle geklee tot die punt
                 van nie-herkenning in hul klere. √                                                  (2)

        2.1.4     Ken 2 punte toe
                 Die Gestalt-beginsel van Afsluiting √ is duidelik omdat die Arabiese
                 kalligrafie die vorm van ŉ persoon se bolyf skep. √
                 Die Gestalt-beginsel van Uniforme Verbinding √ is van toepassing
                 omdat die teks en die klere beide swart en verenig is. √                            (2)

                 Gee krediet aan enige goeie beredeneerde antwoord.                                 [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                    ONTWERP V1                  (EC/SEPTEMBER 2018)

                           KOGNITIEWE
    V2.1 VLAK                                       GEWIG      VRAE           PUNTE
                          VAARDIGHEDE
                      Onthou, Herroep, Herken,
                                                               2.1.1              1
                                Noem
     Laer orde                                       30%
                       Verstaan, Verduidelik,
                                                            2.1.2; 2.1.3        1+1
                        Beskryf, Klassifiseer
                       Pas toe, Implementeer,               2.1.2; 2.1.3;
    Middel-orde                                      40%                       2+1+1
                             Organiseer                        2.1.4
                         Ontleed, Vergelyk,
                                                            2.1.2; 2.1.2        1+1
                             Interpreteer
    Hoër orde           Evalueer, Reflekteer,        30%       2.1.2              1
                              Beoordeel
                     Sintetiseer, Regverdig, Skep

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                        ONTWERP V1                                        7

 VRAAG 3

 Beantwoord OF VRAAG 3.1 of VRAAG 3.2.

 3.1     Ken 10 punte toe. Maksimum 2 punte per aspek
         3 punte maksimum vir die skryf van 2 afsonderlike paragrawe
         Maksimum 30% vir suiwer identifikasie sonder effek

        Die kleure wat in die Koons-handsak gebruik word, is eg aan die skildery van
        Vincent van Gogh. Die kleure is analogies groen, blou en geel wat 'n harmoniese
        effek skep √ terwyl die Mali-handsak gebruik maak van 'n beperkte kleurpalet
        van soliede treffende kleure van swart en wit met aksente van rooi en blou. √ Die
        ligblou handvatsel en hasie (‘bunny’)-motief van die Koons-handsak pas perfek
        by die blou lug om hierdie toebehore aan die sak te verenig √ terwyl die
        opvallende rooi handvatsel van die Mali-handsak ŉ opvallende fokuspunt skep
        teen die wit geraamde voering van die handsak. √                                           (2)

        Die Koons-handsak was beïnvloed/geïnspireer deur die landskappe van
        rollende heuwels en koringvelde beelde wat deur Vincent van Gogh was
        vasgevang is, √ terwyl die Mali-handsak sy inspirasie put uit die geometriese
        diamantpatrone in Xhosa-kralewerk en Zoeloe-mandjieweef van inheemse Suid-
        Afrikaanse stamme. √                                                                       (2)

        In die Koons-handsak word ŉ warrelende kontoerpatroon √ gevind in die
        kenmerkende kwaswerk en onderwerp van 'n Van Gogh-skildery terwyl die Mali-
        handsak drie fyn geweefde geometriese diamantvorme op die voorkant van die
        sak toon. √ Die Koons-handsak het ŉ goue monogrampatroon wat spaarsamig
        geplaas is oor die hele sak wat dit 'n bietjie glans gee √ terwyl die Mali-handsak
        'n gedetailleerde swart en wit geometriese diamantpatroon aan die voorkant
        bevat, in vaste dele van wit, blou en rooi ŉ grenspatroon. √                               (2)

        Daar kan aanvaar word dat die teikenmark vir albei handsakke vir vroue is as
        gevolg van hul fyn besonderhede wat die besonderhede van die goue letters en
        afwerking op die Koons-handsak en die dekoratiewe vergulde gespe op die Mali
        handsak insluit. √ Die Koons-handsak is vir iemand wat ŉ waardering vir visuele
        kuns of kennis van Post-impressionistiese kuns het, √ terwyl die Mali handsak
        vir iemand is wat ŉ Suid-Afrikaanse identiteit waardeer omdat dit patrone van
        inheemse Xhosa en Zoeloe-kulture weerspieël. √                                             (2)

        Die produksietegnieke vir beide handsakke kan 'n kombinasie van handwerk
        en gemeganiseerde produksietegnieke insluit - die Koons-handsak gebruik
        digitale drukwerk van ŉ kunswerk terwyl die hoofdeel van die Mali-handsak
        handwerk met leerstroke blyk te wees. √ Beide handsakke het stewige
        leerhandvatsels, wat hulle prakties vir daaglikse gebruik maak, dus sal hulle nie
        maklik breek of dra nie. √ Beide handsakke het blykbaar net een opening vir
        maklike toegang. Die Koons-handsak het ŉ ritssluiter wat die lengte van die
        bokant van die sak span terwyl die Mali-handsak die gebruik van ŉ gespe en
        band bevat. √                                                                              (2)

        Gee krediet aan enige goeie beredeneerde antwoord.                                       [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                     ONTWERP V1                          (EC/SEPTEMBER 2018)

                           KOGNITIEWE
    V3.1 VLAK                                         GEWIG             VRAE             PUNTE
                          VAARDIGHEDE
                      Onthou, Herroep, Herken,
                                                                         3.1                 1
                                Noem
    Laer orde                                           30%
                       Verstaan, Verduidelik,
                                                                         3.1                 2
                        Beskryf, Klassifiseer
                       Pas toe, Implementeer,
    Middelorde                                          40%              3.1                 4
                             Organiseer
                         Ontleed, Vergelyk,
                                                                         3.1                 1
                             Interpreteer
    Hoër orde           Evalueer, Reflekteer,           30%              3.1                 1
                              Beoordeel
                     Sintetiseer, Regverdig, Skep                        3.1                 1

                                                 OF

 3.2       Ken 10 punte toe. Maksimum 2 punte per aspek
           3 punte maksimum vir die skryf van 2 afsonderlike
            opstelle/paragrawe
           Maksimum 30% vir suiwer identifikasie sonder effek

        Hierdie vergelykende opstel vergelyk die (Klassieke) Parthenon in
        FIGUUR F met die (Hedendaagse) Boeddha-aanbiddingsterrein in
        FIGUUR G. Die kandidaat kan ENIGE ANDER geskikte voorbeelde vir die
        vergelyking kies.

        Doel en funksie:
        Die oorspronklike doel van die Parthenon was om te dien as ŉ heidense tempel
        wat aan die godin Athena toegewy was. √ Dit was nie ontwerp om ŉ gemeente
        te huisves nie, maar die Atheense skatte. Die Parthenon is ontwerp om van
        buite alleen ervaar te word. √ Die doel van die Boeddha-aanbiddingsterrein
        was om ŉ gebedsaal te bou wat die aantrekkingskrag van ŉ klip-Boeddha wat
        15 jaar gelede gemaak is, verbeter. √ Anders as die Parthenon, word kykers
        aangemoedig om die struktuur te betree om die Boeddha-standbeeld binne te
        sien. √                                                                                  (2)

        Teikenmark:
        Die heidense aanbidders van Athena het nooit die Parthenon binnegekom nie,
        maar het slegs ŉ paar oomblikke van die standbeeld van Athena, wat deur
        Pheidias ontwerp is, in die binnekamer deur die oop deure raakgesien. Die
        aanbidders het ŉ ritualistiese pad gevolg wat hulle om die buitekant van die
        tempel gelei het om die oordadig – versierde friese(‘frieze’) en reliëfbeelde te
        sien wat die mite en geskiedenis van Athene gevier het. √ Mense wat die na
        die Boeddha-standbeeld kom kyk het, gaan deur ŉ lang benaderingstonnel
        sodat die afwagting van die standbeeld, wat onsigbaar van buite af sien, te
        verhoog. √ Wanneer die saal bereik word, kyk besoekers na die Boeddha, wie
        se kop deur 'n ligkrans aan die einde van die tonnel omring word. √                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                        ONTWERP V1                                        9

        Uitleg/Plan:
        Die eenvoudige, reghoekige uitleg/plan van die Parthenon is amper 70 meter
        lank en 30 meter breed, en die fasade is gebou volgens die goue verhouding
        van 5 : 8, wat as die mees proporsionele reghoek beskou word. √ Die
        driehoekige voet en fries word ondersteun deur 46 Doriese kolomme wat die
        gebou omring. Die gebou bestaan uit twee eenvoudige kamers. √ Geringe
        aanpassings was aan die afmetings gemaak wat die gebou heeltemal reëlmatig
        vir die blote oog laat lyk deur optiese illusie – die suildraer is ŉ effense
        konvekse vorm; die kolomme leun almal inwaarts; en die hoofliggaam van die
        kolomme het ŉ uitwaartse uitsit. √ Die Boeddha-standbeeld word van onder die
        kop met ŉ heuwel van laventelplante gedek. Eers sien mens net die kop van
        die beeld wat deur die landskap van die heuwel omring word. √ Die hele
        liggaam van die Boeddha kan nie van buite af gesien word nie, wat besoekers
        ŉ rustiger waardering vir die Boeddha gee. Die projek kan eerder op die skaal
        van landskapontwerp as argitektuur oorweeg word. Een van die plek se sjarme
        is hoe goed dit harmonie met die natuurlike landskap behaal. √                           (2)

        Materiaal en boutegnieke:
        Die materiaal wat gebruik is vir die antieke ‘kultus standbeeld’ van die godin
        Athena was ivoor en goud. Die tempel is van marmer gemaak. √ Die blokke is
        in plek gehou deur brons- of ysterpenne in gesmelte lood, ŉ buigsame stelsel
        wat aardbewings kan weerstaan en die plafon is van hout gemaak. √ Die
        Boeddha-beeld is 13,5 meter lank en weeg 1 500 ton. Dit is gemaak van fyn,
        uitgesoekte soliede klip. √ Gemaak van boë van gevoude beton, die
        toegangtonnel is dof verlig om ŉ ‘baarmoederagtige’ atmosfeer te skep, terwyl
        die opening in die middel natuurlik aangesteek is en omring word deur
        konsertina-vormige betonmure wat na die hemel reik. √ ŉ Watertuin aan die
        voet van die heuwel word omring deur lang betonmure en ŉ klein grens van
        grys gruis. √                                                                            (2)

        Verhouding tot die terrein:
        Hoog geleë op ŉ heuwel (die Akropolis), is die Parthenon duidelik sigbaar van
        die stad daaronder. Die Parthenon moet beskou word as wonderlike
        beeldhoukuns, geïnspireer deur die verhoudings van die menslike figuur. √ Die
        Boeddha-beeld-aanbiddingsgebied sit op ŉ effense heuwel op 180 hektaar
        digbegroeide land wat aan ŉ begraafplaas behoort. √ Die plantegroei, wat
        150,000 laventelplante insluit, bied ŉ seisoenale geskikte agtergrond vir die
        beeld, verander van groen in die lente tot pers in die somer en uiteindelik wit in
        die winter, wanneer die heuwel met sneeu bodem is. √                                     (2)

        Gee krediet aan enige goed beredeneerde inligting.                                       [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                   ONTWERP V1              (EC/SEPTEMBER 2018)

                           KOGNITIEWE
     V3.1 VLAK                                      GEWIG   VRAE             PUNTE
                          VAARDIGHEDE
                      Onthou, Herroep, Herken,
                                                             3.2                 1
                                Noem
     Laer orde                                       30%
                       Verstaan, Verduidelik,
                                                             3.2                 2
                        Beskryf, Klassifiseer
                       Pas toe, Implementeer,
  Middel-orde                                        40%     3.2                 4
                             Organiseer
                         Ontleed, Vergelyk,
                                                             3.2                 2
                             Interpreteer
     Hoër orde          Evalueer, Reflekteer,        30%
                              Beoordeel
                     Sintetiseer, Regverdig, Skep            3.2                 1

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2018)                        ONTWERP V1                                     11

AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS
VRAAG 4: INTERNASIONALE ONTWERPGESKIEDENIS
4.1   Ken 20 punte in totaal toe
      Ken 10 punte toe vir elke beweging
      Kandidate moet gepenaliseer word vir BEPERKTE of GEEN VERWYSING na
       die verklaring nie
     Ken een gekombineerde punt toe vir die naam van ŉ ontwerper en werk
     Indien TWEE ontwerpers se werke bespreek word, ken slegs punte toe vir
       ‘nuwe’ inligting wat die doelwitte/invloede/eienskappe van die beweging
       ondersteun
    Hierdie nasienriglyn verskaf ŉ antwoord vir die volgende twee moontlike bewegings:
    DIE KUNS- EN KUNSVLYTBEWEGING:
     4.1.1    As gevolg van vinnige industrialisasie het geboue, fabrieke, brûe en spoorlyne
              teen die einde van die 19de eeu begin verskyn, en vinnige verstedeliking het
              dikwels tot krotbuurte in Brittanje en Europa gelei.. Fabrieke was ŉ ernstige
              gesondheidsrisiko vir mense, so die tydperk was die begin van sosialisme en
              die beskerming van die regte van vakmanne. √ As ŉ opstand teen
              industrialisasie in Europa en die ingewikkelde massaprodukte van die
              Victoriaanse tyd, was die doel om goeie ontwerp te ontwikkel om onnodige
              versiering te elimineer en eenvoudiger te
              maak. √
              Ontwerpers is beïnvloed deur die natuurlike omgewing – plante, voëls en
              dierevorme √ en het sodoende natuurlike materiale soos klip leer, hout en
              natuurlike vesels beklemtoon√ en beweeg na die herstel van ‘pure-
              craftmanship’ en ŉ beter werkverhouding tussen werker en ontwerper. √
              Handwerk soos borduurwerk, houtsneewerk, blokdruk en glasskilderye het
              herleef. √ Mense het gekyk na Middeleeuse Kuns, veral die Gotiese
              argitektuur van ŉ suiwer, hoër, goddelike samelewing √ en die Engelse
              kothuisstyl in huise het plaaslike klip,kaal vloerplanke en binne-dakbalke
              kenmerkend van die kothuisstyl vertoon. √
              Die kuns en vlytstyl is gekenmerk deur handgehamerde afwerkings as bewys
              van eerlike konstruksiemetodes wat op silwer en koper toegepas
              is. √ Sommige ambagsmanne het gehamerde afwerkings by
              masjiengemaakte items vir estetiese doeleindes bygevoeg. Metaal
              werkswinkels het skarniere, handvatsels, metaalklinknaels vir stoffering en
              houtkabinete gemaak en dit was vorms van handgemaakte hardeware. √
              In 1935 het Frank Lloyd Wright ‘Fallingwater' ontwerp vir die Edgar J.
              Kaufmann-familie van Pittsburgh. Die ontwerp van die huis het harmonie
              tussen mens en natuur bevorder. Dit hang reg oor die spitsende bergstroom
              in perfekte harmonie. √ Dit strek 30 voet hoog bo die rande, hoewel sterk
              horisontale lyne en lae plafonne help om ŉ algehele skuilingsgevoel te
              behou wat die band tussen die gebou en die natuurlike omheining versterk.√
              Die slaapkamers is klein, sommige met lae plafonne om mense aan te
              moedig om na die oop sosiale areas, dekke en buitelug te gaan. √ Die
              ontwerp bevat breë en ruim vensters en balkonne wat in hul omgewing
              uitkom en die verband tussen die binne- en buite-omgewing laat vervaag. √            (10)

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                  ONTWERP V1                             (EC/SEPTEMBER 2018)

                ART DECO:

                Die hoofdoel van Art Deco was om ŉ beter wêreld uit die depressie en
                omgewing van WW1 te bou met ŉ futuristiese uitkyk op die lewe. √
                Oorlog het ŉ verwoestende impak gehad wat die verhouding tussen sy
                mense en die ekonomieë in Europa en Amerika beïnvloed het. √ Art
                Deco het ten doel gehad om ŉ gevoel van ontvlugting te skep deur die
                onwerklike omgewings wat hulle geskep het √ en het sensasionele,
                sorgvrye moderne lewende en gewaagde, groot nuwe ontwerpe totaal
                aanvaar het. √ Die beweging het gereageer op die eise van die
                masjienera en nuwe materiaal, sowel as die vereistes van
                massaproduksie. √ Vroue het meer geanimeerd, modieus en meer
                onafhanklik na die Tweede Wêreldoorlog na vore getree, en het
                bygedra tot manlik oorheersende velde soos sport en teater. √

                Gedurende die 1920’s was daar ŉ gefassineerdheid/beheptheid met Ou
                Egipte as gevolg van die ontdekking van Tutankhamen se graf in
                1922. √ Ontwerpe is dus beïnvloed deur Egiptiese motiewe soos die
                lotusknop en papirus, skarabs en die sfinks. √ Nog ŉ invloed was
                antieke Griekse en Romeinse kuns vir hulle elegante houdings,
                spierproporsie van ‘perfekte’ klassieke figure en beelde uit die klassieke
                mitologie. √ Reis na eksotiese lande soos sommige in Afrika het ook ŉ
                invloed gehad op ontwerpe wat verder deur die handel van ivoor- en
                diervelle versterk is. √

                Die Chrysler-gebou deur die argitek William van Allen √ in New
                York was die hoogste gebou in die wêreld ten tyde van sy voltooiing in
                1928. Die gebou het tipiese Art Deco-eienskappe vertoon, soos
                gestreepte vorms en sigsags (‘zigzags’) afkomstig van Aztec- en Inca-
                tempels en Egiptiese Piramides, √ sowel as die uitbundige
                sonstraalmotief wat energie simboliseer en opwinding en optimisme vir
                die toekoms uitdruk. √ Verskeie argitektoniese besonderhede en veral
                die goties-geïnspireerde drake (‘gargoyles’) was die inspirasie vir
                Chrysler-motorprodukte soos die enjinkap-siervoorwerpe op die
                Chrysler Plymouth. √

                Walter Chrysler was die voorsitter van die ‘Chrysler Corporation’ en sy
                voorneme was om die gebou as Chrysler se hoofkwartier te bou, om
                aan die hoë vraag na motorvoertuie te voldoen. √ Die masjienera het
                mense se lewens verander en reise vinniger as vroeër gemaak.
                Vaartbelynde vorms van motors en passasierskepe het spoed,
                tegnologie en aërodinamika beklemtoon. √                                         (10)

                    Gee krediet aan enige ander geldige doelstellings, invloede,
                     eienskappe sowel as ontwerpers en voorbeelde.                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                          ONTWERP V1                                    13

                            KOGNITIEWE
  V4.1 VLAK                                          GEWIG            VRAE              PUNTE
                           VAARDIGHEDE
                       Onthou, Herroep, Herken,
                                                                        4.1                 4
                                 Noem
   Laer orde                                              30%
                         Verstaan, verduidelik,
                                                                        4.1                 2
                          beskryf, klassifiseer
                        Pas toe, Implementeer,
  Middel-orde                                             40%           4.1                 8
                              Organiseer
                          Ontleed, Vergelyk,
                                                                        4.1                 3
                              Interpreteer
   Hoër orde             Evalueer, Reflekteer,            30%           4.1                 3
                               Beoordeel
                      Sintetiseer, Regverdig, Skep

 4.2    4.2.1  Ken 2 punte toe

                 FIGUUR H – Dekonstruktiwisme √
                 FIGUUR I – Skandinawiese √                                                        (2)

        4.2.2          Ken 8 punte toe. Maksimum 2 punte per aspek.
                       3 punte maksimum vir die skryf van 2 afsonderlike paragrawe

                 Onderwerp:
                 FIGUUR H bestaan uit gefragmenteerde geometriese vorms (kubusse)
                 in verdraaide perspektiewe met oorvlieënde diagonale lyne wat ŉ sin vir
                 dinamiese beweging skep. √ Die beelde in FIGUUR I wat deur die natuur
                 geïnspireer is, bestaan uit plant- en diermotiewe, wat kenmerkend van
                 Skandinawiese tekstielontwerp is, met gestileerde biomorfiese temas. √            (2)

                 Doelstellings:
                 In Dekonstruktivisme wil dit voorkom asof die ruimte ‘gesny’ word met ŉ
                 diagonale fokus, wat ŉ gevoel van fragmentasie, dinamika en visuele
                 chaos skep, wat duidelik in die voorwerp in FIGUUR H voorkom. √ In
                 FIGUUR I is ontwerpe gebaseer op die natuur met eenvoudige, minimale
                 vorms en ontwerpers fokus op die skep van funksionele en pragtige
                 ontwerpe met skoon lyne. √                                                        (2)

                 Perspektief:
                 Daar is verskeie perspektiewe in FIGUUR H wat onstabiliteit en spanning
                 veroorsaak. √ Die voorwerpe is gelewer met behulp van tweepunt
                 perspektief met verskeie verdwynpunte wat ŉ gevoel van wanbalans en
                 dinamiese energie skep. √ Daar is ŉ gebrek aan perspektief in FIGUUR I
                 wat die tekstiel plat laat lyk. √ Anders as die voorwerpe in FIGUUR H,
                 oorvleuel die voorwerpe nie of raak aan mekaar sodat elke voorwerp sy
                 eie persoonlike ruimte het. √                                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                   ONTWERP V1                          (EC/SEPTEMBER 2018)

                 Kleur:
                 Die kleur wat in FIGUUR H gebruik word, is ŉ koel analogiese
                 kleurpalet met tinte en skakerings van blou en maroen/pienk vorms
                 teen ŉ suiwer wit agtergrond wat ŉ gevoel van eenheid binne die chaos
                 skep. √ FIGUUR 1 bestaan uit helder en vrolike kleure wat ŉ gevoel van
                 speelsheid en ondeundheid skep. √ Plant- en diervorms in ligte kleure
                 (oranje, wit, liggeel) skep ŉ lewendige kontras met die koelblou-toon
                 van die agtergrond. √                                                         (2)

                 Oorweeg enige ander goed beredeneerde en ondersteunde feite.                 [10]

                           KOGNITIEWE
     V4.2 VLAK                                       GEWIG            VRAE            PUNTE
                          VAARDIGHEDE
                      Onthou, Herroep, Herken,
                                                                       4.2.1              1
                                Noem
     Laer orde                                         30%
                       Verstaan, Verduidelik,
                                                                       4.2.2              2
                        Beskryf, Klassifiseer
                       Pas toe, Implementeer,
  Middel-orde                                          40%          4.2.1; 4.2.2        1+3
                             Organiseer
                         Ontleed, Vergelyk,
                                                                       4.2.2              2
                             Interpreteer
     Hoër orde          Evalueer, Reflekteer,          30%             4.2.2              1
                              Beoordeel
                     Sintetiseer, Regverdig, Skep

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                           ONTWERP V1                                       15

 AFDELING C: ONTWERP IN ’N SOSIO-KULTUUR- / OMGEWINGS- EN
             VOLHOUBARE KONTEKS

 VRAAG 5 (20 punte)

 Beantwoord OF VRAAG 5.1 of VRAAG 5.2.

 5.1    5.1.1          Ken 2 punte toe
                      Sosiale ontwerp word gedefinieer as ŉ ontwerpproses wat bydra tot
                      die verbetering van menslike welsyn en lewensbestaan en word
                      verbind aan ontwerp vir mense se behoeftes eerder as hul
                      begeertes. √ Die ontwerp in FIGUUR J word beskou as noodsaaklik
                      vir oorlewing aangesien lugbesoedeling ŉ werklike bedreiging vir die
                      gesondheid van jong kinders is. √                                             (2)

                      Gee krediet vir enige ander goed beredeneerde antwoord.

        5.1.2          Ken 2 punte toe
                      Dit is bedoel om beide spelerig en eenvoudig te wees, met
                      eenvoudige vorms. √ Dit het helder kleure wat aandag trek. √ Dit is
                      opvoedkundig – die masker is gemaak van baie verwisselbare dele,
                      sodat kinders en ouers dit self kan saamstel. √ Deur verskillende dele
                      van die masker te kleur, is dit bedoel om kinders te leer hoe om met
                      die masker te werk. √ Die uitruilbare stukke laat ook die kinders toe
                      om dit aan te pas deur ŉ groter gevoel van eienaarskap voor te stel. √        (2)

        5.1.3          Ken 2 punte toe
                      Nee. Die toestel kan as sosiaal onaanvaarbaar beskou word vanuit 'n
                      estetiese oogpunt. Die samelewing verwag dat individue moet aanpas
                      en in die meeste dele van die wêreld is die openbaar dra van ŉ
                      gesigmasker nie algemene praktyk nie. √ As ŉ praktiese toestel is dit
                      nie van toepassing in plekke waar luggehalte nie ŉ bedreiging vir
                      mense is nie. √

                      Ja. Luggehalte versleg in groot stede as gevolg van lugbesoedeling
                      (rookmis). Griep-epidemies en lugdraende oordraagbare virusse soos
                      Ebola word al hoe meer algemeen in die wêreld. √                              (2)

                      Gee krediet enige ander goed beredeneerde antwoord.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                   ONTWERP V1                             (EC/SEPTEMBER 2018)

       5.1.     Ken 14 punte toe
       4        Ken 7 punte per opstel vir elke ontwerper toe
                Ken 1 gekombineerde punt toe vir die naam van die ontwerper /
                 ontwerpagentskap/ateljee en die titel van ŉ produk

               SUID-AFRIKAANSE ONTWERPER / ONTWERP-AGENTSKAP /
               STUDIO

               YTSAI Ontwerp Studio’s, ‘Laerskool Vissershok’. √                                  (1)

               YTSAI is betrokke by verskeie gemeenskapsprojekte in samewerking
               met Safmarine – insluitende die kreatiewe omskakeling van ŉ
               ontmantelde Safmarine-skeepsvraghouer in ŉ broodnodige klaskamer
               vir ŉ landelike Suid-Afrikaanse skool. √ Die klaskamer is gebou om
               groen beginsels aan te spreek, sowel as om sosiale funksies te
               ondersteun, insluitende ŉ uitsteekdak wat stadiumsitplekke oordek, en in
               ŉ vertikale oppervlak vir filmvertonings kan sak. √ Vir slegs 12 m2 bied
               die kleurvolle klaskamer ŉ leerruimte vir 25 leerders in Graad R aan. √
               Die struktuur dien as ŉ klaskamer in die oggend en ŉ skoolbiblioteek in
               die namiddag vir leerders en die gemeenskap. √ Die gebou is
               volhoubaar deurdat die lugvloei natuurlik is en geïmplementeer word
               deur middel van ŉ gaping tussen die dak en die houer, wat op
               elektrisiteit vir verkoeling spaar. √ Die groot dak hou direkte sonlig uit en
               verminder hitte terwyl die kleurvolle vensters langs die kante van die
               houer kruisventilasie verseker. Staalrame strek uitwaarts uit die houer
               na ŉ oulike speelarea met swaaie, toue en ŉ glyplank sowel as ander
               prettige items om die kinders te laat hardloop, spring en speel. √ Die
               arena-styl sitplekke bied ŉ ruimte vir kinders om te meng en sosialiseer
               terwyl hulle middagete geniet en bied ook ŉ goeie plek vir
               skoolbyeenkomste. √ Langs die houer is ŉ redelike groot area wat as ŉ
               groentetuin dien. √ Hier kan die kinders leer om hul eie kos te laat groei
               en ook die skool van vars produkte te voorsien om hul voedingsprogram
               verder aan te vul. √                                                                 (6)

                     Ander Suid-Afrikaanse voorbeelde kan insluit: Monkeybiz; Mapula;
                      Miele; Garth Walker; Streetwires. Gee krediet vir enige ander
                      relevante voorbeelde en inligting

               INTERNASIONALE ONTWERPER / ONTWERP-AGENTSKAP /
               STUDIO

               Diébédo Francis Keré, Gando Laerskool en Biblioteek'.                              (1)

               Diébedo Francis Karé is ŉ Duits-opgeleide argitek van die klein Wes-
               Afrika dorpie Gando in Burkina Faso. In 1998, terwyl hy nog ŉ student
               was, het hy ‘Bricks for Gando’ gestig, ŉ liefdadigheidsfondasie wat fokus
               op volhoubare argitektuur vir die groei van sy gemeenskap, √ en hy het
               fondse ingesamel om ŉ laerskool en biblioteek in sy tuisdorp te bou. √
               Die dorpie Gando het 3 000 inwoners wat in klein modderhutte woon,
               met blik- of strooidakke, en daar is geen toegang tot lopende water of
               elektrisiteit nie.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                          ONTWERP V1                                     17

                 Die gemeenskap was oorspronklik skepties oor die gebruik van klei in
                 die skool se konstruksie, aangesien klei as 'n swak materiaal beskou
                 word, wat waarskynlik nie die reënseisoen sal oorleef nie, en ŉ stewiger
                 beton was verkies. Aangesien beton egter beide duur en hoogs
                 onvanpas sou wees in die hoë temperature van Burkina Faso, het Kéré
                 klei gebruik wat beide goedkoop en plaaslik beskikbaar is. √ Die klei is
                 beskerm met ŉ wye dun dak wat oor die gebou opgerig is om dit teen
                 die reën te beskerm en lug te laat sirkuleer, temperatuur te behou en ŉ
                 ideale leeromgewing vir Gando se kinders te bied. √
                 Die mans en vroue van die dorp het gehelp om klippe te breek om die
                 vloer voor te berei, klippe vir die fondament te versamel en grond plat te
                 druk vir die skoolmure. Dit het die gemeenskap saamgesnoer. √ Dit het
                 ook die potensiële groot koste van Europese ingenieurs en bouers
                 radikaal verminder. √ Deur met die projek te help, het die mense van
                 die dorp ook opleiding ontvang in ŉ verskeidenheid konstruksie-
                 tegnieke, hul eie vaardighede ontwikkel, √ en hulle het ŉ geleentheid
                 gekry om ander bouwerk-geleenthede te bekom. √

                 In ŉ streek met ŉ geletterdheidskoers wat baie laer is as die nasionale
                 gemiddeld van 25%, is die meeste leerlinge se ouers ongeletterd en
                 hulle het geen boeke by die huis nie. Die biblioteek stel leerlinge in
                 staat om hul kennis te verbreed en ŉ beter begrip van hul skoolvakke
                 en die wêreld rondom hulle te verkry. √ Dit is ook oop vir nie-studente,
                 en is dus ŉ waardevolle bron vir die hele gemeenskap. √ Die
                 eucalyptus-gewel rondom die biblioteek skep ŉ rustige en oop ruimte
                 waarin leerlinge kan studeer en ontspan. √ Dit is die eerste keer in
                 Gando dat bloekombome vir konstruksie gebruik was. Die ontwerp van
                 die dak verteenwoordig ook ŉ tegniese innovasie, aangesien
                 tradisionele kleipotte in die helfte gesny is en in die plafon geplaas
                 word, wat die lig in laat en vars lug laat sirkuleer. √                          (6)

                     Ander internasionale voorbeelde sluit in: B.J. Krivaneck; Adriana
                      Bertini. Gee krediet vir enige ander relevante voorbeelde en
                      inligting.                                                                  [20]

                            KOGNITIEWE
  V5.1 VLAK                                               GEWIG          VRAE            PUNTE
                           VAARDIGHEDE
                       Onthou, Herroep, Herken,
                                                                       5.1.1; 5.1.4         1+2
                                 Noem
   Laer orde                                               30%
                         Verstaan, verduidelik,
                                                                       5.1.1; 5.1.4         1+2
                          beskryf, klassifiseer
                        Pas toe, Implementeer,
  Middel-orde                                              40%         5.1.2; 5.1.4         2+6
                              Organiseer
                          Ontleed, Vergelyk,
                                                                          5.1.4               2
                              Interpreteer
   Hoër orde             Evalueer, Reflekteer,             30%            5.1.4               2
                               Beoordeel
                      Sintetiseer, Regverdig, Skep                        5.1.3               2

                                                     OF

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                  ONTWERP V1                           (EC/SEPTEMBER 2018)

5.2    5.2.1        Ken 2 punte toe

                Ja. Die geweefde struktuur van die mandjie maak dit sterk en geskik vir
                sy doel as ŉ inkopiesak en vir die vervoer van groot vragte. √ Die
                materiaal verweer nie maklik wat dit duursaam en langdurig maak. √
                Hulle is gemaak van natuurlike materiale, daarom is dit nie ŉ bedreiging
                vir die omgewing nie. √ Die mandjie se vorm maak voorsiening vir ŉ
                wye opening om goed vol kruideniersware te maak. √ Die handvatsels
                is sterk en dik en maak dit gemaklik om te hanteer en oor lang afstande
                van te hou en te dra. √ Versierde patrone en kleurstof-kleure kan in die
                geweefde mandjie saamgevoeg word om kontemporêre tendense te
                weerspieël. √                                                                  (2)

                Gee krediet enige ander goed beredeneerde antwoord.

       5.2.2        Ken 8 punte toe
                    Kandidate kies om slegs EEN van hierdie tradisionele
                     handwerk te bespreek: isiZoeloe-mandjie, isiZoeloe-
                     pottebakkery, isiZoeloe-kraalwerk, isiXhosa-kraalwerk of
                     Ndebele-muurskildery
                    Punte kan SLEGS vir die betrokke aspek toegeken word

                VOORBEELD: Zoeloe-kralewerk

                    Ken 3 punte toe

                Materiaal, metodes en prosesse om die handwerkproduk te maak:
                Die materiale, metodes en prosesse wat deur Zoeloe-kraalwerkers
                gebruik word, toon die gebruik van verskillende soorte materiaal om
                kraalwerk na nuwe vlakke te neem deur tradisionele
                kraalwerkvaardighede met hedendaagse ontwerpe te kombineer. √
                Skep juweliersware en voorwerpe wat die sintuie aansteek met hul
                rykdom en kleur √ Sade, klippe, stukkies been, kleurvolle glaskrale en
                kosbare edelstene word gebruik. √ Die helderkleurige krale word
                kreatief op katoendraad in spesifieke rye vasgemaak met kleur as
                betekenis en boodskap. √                                                       (3)

                    Ken 3 punte toe

                ŉ Beskrywing en analise van EEN voorbeeld:
                Die kralewerk-liefdesbriewe word deur Zoeloe-vroue gebruik om met
                hul mans te kommunikeer. √ Hierdie kommunikasie is gekodeer in
                kleure en geometriese driehoekige vorms en bevat gewoonlik ŉ
                maksimum van sewe kleure. √ Die drie hoeke verteenwoordig die
                vader, moeder en kind. √ Wit verteenwoordig gewoonlik geestelike
                liefde, suiwerheid en maagdelikheid. √ Kleurkodering verwys na die
                gebruik van verskillende kleure om betekenis in ŉ kode oor te dra.
                Kleurkodering aanvaar dat in ŉ gegewe konteks verskillende basiese
                kleure ŉ statiese betekenis het, letterlik of figuurlik. √                     (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                        ONTWERP V1                                       19

                Ken 2 punte toe

             Die moontlike funksies van die handwerkproduk:
             Tradisionele kralewerk is gebruik as ŉ metode van koloniale handel. √ Dit
             was ook ŉ manier van uitdrukking, kommunikasie en storievertelling. √ In
             die verlede is patrone en kleure in kraalwerk geweef, wat gevoelens en
             idees aan geliefdes en vriende simboliseer. √ Die funksie van die meeste
             kralewerk word geskep deur vroue wat in die landelike gebiede van Suid-
             Afrika woon. √ Hulle het hulself altyd deur persoonlike versiering uitgedruk
             en dit het as uitdrukking gekom om fisieke voorkoms te verbeter. √
             Afgesien daarvan, kan kraalwerk hoër status uitdruk √ of magiese
             eienskappe om die mens te beskerm teen siekte of skadelike magte. √                 (2)

             Gee krediet vir enige ander goed beredeneerde antwoord.

    5.2.3       Ken 10 punte toe in totaal
                Punte kan SLEGS vir die betrokke aspek toegeken word

             Die naam van die ontwerper / ontwerpgroep en die naam van die
             produk:
             Monkeybiz, kralewerk-poppe, sakke, diere, kussingslope en beelde. √                 (1)

             ŉ Kort beskrywing en ontleding van minstens EEN werk deur te
             verduidelik hoe dit die invloed van die tradisionele handwerk
             weerspieël:
             Monkeybiz koop ryklik gekleurde glassaadkrale in grootmaat en voorsien
             dit aan vroue in die townships van Kaapstad.√ Hoë kwaliteit krale word
             gebruik vir maksimum glans. √ Die struktuur van elke kralewerkpop is van
             draad gemaak en Monkeybiz herwin weggooi-katoenmateriaal afwerkings
             van klerevervaardigers as die vulmateriaal vir die kralewerkpoppe en
             diere. √ Monkeybiz vat die krale en katoen na die kralewerk kunstenaars en
             sodra die kunswerk voltooi is, word die kralewerk-kunsstukke van hulle
             versamel. √ Die hoofkunswerke wat deur die kralewerker vervaardig word,
             word geïnspireer deur Afrika se wilde diere soos kameelperde, leeus en
             olifante. √ Die kralewerkpatrone word beïnvloed deur hul kulturele
             agtergrond wat geometriese patrone insluit soos ‘chevron’, strepe en
             kruise. √ Die kleure wat gebruik word, is oorwegend helderkleurige
             kontrasterende kleure soos swart en wit oranje en blou ens. √ Elke stuk is ŉ
             unieke eenmalige kunswerk en word deur die kunstenaar geteken. √                    (5)

             Die etiese kwessies wat aangespreek word deur die werk van die
             ontwerper/ontwerpgroep:
             As ŉ nie-winsgewende maatskappy werk Monkeybiz in ŉ kantoorruimte wat
             geskenk is en die kunstenaars doen kralewerk by die huis wat hulle in staat
             stel om na hul gesinne te kyk en vervoerkoste te vermy. √ Dit is ŉ
             volhoubare inkomstegenererende organisasie wat self-
             indiensnemingsgeleenthede aan kunstenaars bied en hulle
             vaardigheidsopleiding en ondersteuning bied. √ Hulle woon in Kaapstad se
             informele nedersettings soos Khayelitsha, Philippi, Mandela Park en ander
             gebiede en baie van hulle is MIV-positief. Die kraalprojek bied selfvertroue
             aan 450 vroue wat voorheen werkloos was, met 200 vroue op die waglys. √             (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                                   ONTWERP V1                        (EC/SEPTEMBER 2018)

                    Ander voorbeelde sluit in: Haldane Martin, Monkeybiz, Laduma
                     Ngxokolo. Gee krediet vir enige ander relevante ontwerpers.             [20]

                           KOGNITIEWE
     V5.1 VLAK                                      GEWIG            VRAE           PUNTE
                          VAARDIGHEDE
                      Onthou, Herroep, Herken,
                                                                  5.2.2; 5.2.3        1+3
                                Noem
     Laer orde                                        30%
                       Verstaan, Verduidelik,
                                                                     5.2.2              2
                        Beskryf, Klassifiseer
                       Pas toe, Implementeer,                     5.2.1; 5.2.2;
  Middel-orde                                         40%                            1+3+4
                             Organiseer                              5.2.3
                         Ontleed, Vergelyk,
                                                                  5.2.2; 5.2.3        1+1
                             Interpreteer
     Hoër orde          Evalueer, Reflekteer,         30%         5.2.2; 5.2.3        1+2
                              Beoordeel
                     Sintetiseer, Regverdig, Skep                    5.2.1              1

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [DESIGN P1 GR12 QP SEPT2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-gr12-qp-sept2018-afr-d/003cc0ea-c27d-4140-81dc-02b509b4c8d3) — Design · QP · 2018 · Afr
- [Design P1 May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2018-memo-eng/5a423c49-54d7-4176-bf99-5fc43153c434) — Design · Memo · 2018 · Eng
- [Design P1 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2018-memo-afr/6a172732-7328-4649-b8c5-6e279c606f73) — Design · Memo · 2018 · Afr
- [Design P1 Nov 2018 FINAL Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2018-final-memo-eng/7d38596e-8011-4dbd-addb-c69766e3bc61) — Design · Memo · 2018 · Eng
- [Design P1 Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2018-final-memo-afr/bc30bd03-407d-4fec-ae72-a424eff53b59) — Design · Memo · 2018 · Afr
- [Design P1 Feb March 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-feb-march-2018-memo-afr/ce5fb0eb-1382-4307-aec2-398da228596c) — Design · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-afr/e35d300a-db4f-4a06-ba8a-6f659dbd37ad) — QP · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/3f14a710-b913-44a8-ade1-31e4d395f557) — QP · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/47ba80e3-12dd-4fd4-8302-34e3b97a6b9a) — QP · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-eng/3f0bd4c5-8226-45ef-87fa-5c9996cba696) — QP · 2024 · Eng
- [Design P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-afr/6958913b-f502-40d3-8387-1f0a78a3ed25) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
