# Design Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Design Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/design-p1-gr12-qp-sept2018-afr-d/003cc0ea-c27d-4140-81dc-02b509b4c8d3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-gr12-qp-sept2018-afr-d/003cc0ea-c27d-4140-81dc-02b509b4c8d3)

## About this document

Design · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2018

                  ONTWERP V1 (TEORIE)

PUNTE:   100

TYD:     3 uur

                                   *DSGNA1*

                     Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
                  Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                       ONTWERP V1                          (EC/SEPTEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.      Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

 2.      Daar is drie keusevrae in hierdie vraestel. Lees die opsies aandagtig deur.

 3.      Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

         AFDELING A:       Ontwerpgeletterdheid (30 punte)
                           VRAE 1–3

         AFDELING B:       Ontwerpgeskiedenis (30 punte)
                           VRAAG 4

         AFDELING C:       Ontwerp in 'n sosiokulturele/omgewings- en volhoubare
                           konteks (40 punte)
                           VRAE 5–6

 4.      Lees die vereistes vir elke vraag aandagtig deur.

 5.      Beantwoord in volsinne en vermy die opnoem van feite. MOENIE in
         tabelvorm antwoord NIE.

 6.      Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel tyd jy aan elke vraag
         moet bestee.

 7.      MOENIE dieselfde feite en voorbeelde in verskillende vrae herhaal NIE.

 8.      Skryf netjies en leesbaar.

 WOORDELYS

 Gebruik die volgende woordelys om seker te maak jy verstaan hoe om ŉ spesifieke
 vraag te benader:

 Analiseer/      ŉ Gedetailleerde en logiese bespreking van die formele elemente en
 Ontleed:        beginsels.

 Vergelyk:       Wys verskille en ooreenkomste in ŉ geordende wyse binne dieselfde
                 argument.

 Bespreek:       Bied jou standpunt en gee redes vir jou stellings (motiveer).

 Verduidelik:    Verduidelik en gee redes vir jou stellings (motiveer).

 Identifiseer:   Stel vas of dui aan wie of wat (iemand of iets) is.

 Definieer:      Noem of beskryf noukeurig die aard, omvang of betekenis van iets.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)              ONTWERP V1                        3

      LAAT HIERDIE BLADSY
            BLANKO.

Kopiereg voorbehou                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                    ONTWERP V1                      (EC/SEPTEMBER 2018)

 AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID

 VRAAG 1: ‘ONGESIENE’ ONTWERPE

 Beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.

 1.1

          FIGUUR A: Herfs/Winter 2013/14 modeversameling deur Sindiso Kumalo
                                     (Suid-Afrika)

        1.1.1   Bestudeer die bostaande figuur en analiseer en bespreek SLEGS VIER
                van die volgende:

                x    Lyn
                x    Eenheid
                x    Uitleg
                x    Balans
                x    Kontras                                                 (4 x 2)         (8)

        1.1.2   Watter ontwerpbeweging/-styl dink jy, weerspieël die beste die
                ontwerpeienskappe in FIGUUR A gesien? Motiveer jou antwoord.                (2)
                                                                                           [10]

                                                OF

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                      ONTWERP V1                                         5

 1.2

        FIGUUR B: Goud-beslaande haarkam deur Michelle Liao (Suid-Afrika), 2017.

        Verduidelik die gebruik van die volgende ontwerpterme in verhouding tot
        FIGUUR B hierbo:

        x   Postmoderne
        x   Negatiewe ruimte
        x   Gebruik van materiaal
        x   Struktuur
        x   Funksie                                                               (5 x 2)   (10)
                                                                                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                      ONTWERP V1                           (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR MIDDEL VAN ONTWERP

 2.1

            FIGUUR C: ‘Vervang vrees vir die onbekende met nuuskierigheid’,
        plakkaatontwerp vir Verdaagsaamheid uitstalling, Tarek Atrissi Ontwerp, 2017.

        2.1.1   Wat is die boodskap wat deur die plakkaat in FIGUUR C oorgedra
                word?                                                                               (1)

        2.1.2   Verduidelik hoe die ontwerper van simboliek, beeldspraak, kleur en
                teks gebruik gemaak het om die boodskap van die bostaande plakkaat
                in FIGUUR C effektief oor te dra.                                                   (5)

        2.1.3   Bespreek of die konsep stereotipe van toepassing is op die plakkaat in
                FIGUUR C. Motiveer jou antwoord.                                                    (2)

        2.1.4   Identifiseer en verduidelik die Gestalt-beginsel wat duidelik in die
                bogenoemde plakkaatontwerp voorkom.                                                (2)
                                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)              ONTWERP V1                        7

       LAAT HIERDIE BLADSY
             BLANKO.

Kopiereg voorbehou                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                     ONTWERP V1                        (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 3

 Beantwoord ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2.

 3.1    Verwys na FIGUUR D en FIGUUR E en beantwoord die vrae wat volg.

                FIGUUR D: Jeff Koons                 FIGUUR E: Die Mali Handsak,
            Kunshandsak, Louis Vuitton, 2017.        Hamethop, (Suid-Afrika), 2015.

        Skryf ŉ opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die handsakke in FIGUUR D
        en FIGUUR E vergelyk, deur hul ooreenkomste en verskille te bespreek met
        verwysing na:

        x       Gebruik van kleur
        x       Inspirasie/Invloede
        x       Patroon
        x       Teikenmark
        x       Produksietegnieke                                               (5 x 2)       (10)
                                                                                              [10]

                                                OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                         ONTWERP V1                                    9

 3.2

            FIGUUR F: Die Parthenon in Griekeland, 800 VC, ontwerp deur Ictinus en
                                        Calicrates.

            FIGUUR G: Heuwel van die Boeddha-aanbiddingsterrein, Makomanai
                Takino Begraafplaas, Sapporo, Japan, 2015 deur Tadao Ando.

        Skryf ŉ VERGELYKENDE OPSTEL (van ten minste EEN volledige bladsy)
        waarin jy die klassieke gebou in FIGUUR F met die kontemporêre gebou in
        FIGUUR G hierbo vergelyk. Alternatiewelik kan jy enige klassieke gebou (wat jy
        bestudeer het) met enige kontemporêre gebou vergelyk.

        Sluit die volgende inligting in jou bespreking in:

        x      Doel/Funksie
        x      Teikenmark
        x      Uitleg/Plan
        x      Materiale en boutegnieke
        x      Verhouding tot die terrein                                       (5 x 2)       (10)

                                                              TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                  ONTWERP V1                        (EC/SEPTEMBER 2018)

 AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS

 VRAAG 4

 4.1    “Uitstekende ontwerp is ŉ meervlakkige verhouding tussen menslike lewe en sy
        omgewing.”

                                                                     [Naoto Fukasawa]

        Met verwysing na bogenoemde aanhaling, skryf TWEE AFSONDERLIKE
        OPSTELLE waarin jy verduidelik hoe enige TWEE van die ontwerpbewegings/-
        style hieronder ŉ meervlakkige verhouding tussen menslike lewe en hul
        omgewing weerspieël.

        Ondersteun jou antwoord deur die oorsprong, doelstellings, invloede en
        eienskappe van die bewegings/-style asook die bespreking van ten minste EEN
        ontwerper en hul werk te bespreek.

       x   Kuns en kunsvlyt                 x   De Stijl
       x   Postmodernisme                   x   Art Nouveau
       x   Modernisme                       x   Pop
       x   Art Deco                         x   Bauhaus
                                                                             (10 x 2)       (20)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                         ONTWERP V1                                      11

 4.2

                        FIGUUR H                                   FIGUUR I

        4.2.1    Identifiseer die ontwerpbewegings/-style wat deur die
                 tekstielontwerpe in FIGUUR H en FIGUUR I voorgestel word.               (2)

        4.2.2    Skryf ŉ VERGELYKENDE OPSTEL waarin jy FIGUUR H
                 vergelyk met FIGUUR I om jou begrip van die ooreenkomste en
                 verskille tussen die twee ontwerpbewegings/-style volgens die
                 volgende te toon:

                  x    Onderwerp
                  x    Doelstellings
                  x    Ruimte/Perspektief
                  x    Kleur

                 Steun jou antwoord met feitelike inligting uit elke
                 ontwerpbeweging/-styl.                                       (4 x 2)    (8)
                                                                                        [10]

                                                            TOTAAL AFDELING B:           30

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                     ONTWERP V1                           (EC/SEPTEMBER 2018)

 AFDELING        ONTWERP IN ’N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGSFAKTOR EN
 C:              VOLHOUBARE KONTEKS

 VRAAG 5
 Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.

 5.1

        FIGUUR J: Woobi Spel lugbesoedelings-masker is ontwerp om aanloklik vir
                                kinders te wees, 2017.

        Die Deense ateljee Kilo Design het ŉ masker geskep om kinders wat in gebiede
        met baie hoë vlakke van lugbesoedeling leef, te beskerm en op te voed. UNICEF
        statistieke toon dat 300 miljoen kinders woon in plekke met die mees giftige
        vlakke wat ooit aangeteken is. Die toestel is ontwerp vir kinders ses jaar en ouer.

        5.1.1    Definieer die term sosiaal verantwoordelike ontwerp en verduidelik
                 hoe dit van toepassing is op die ontwerp in FIGUUR J.                            (2)

        5.1.2    Wat maak dat die ontwerp van die produk aanloklik vir kinders is?                (2)

        5.1.3    Sou jy gemaklik voel om ŉ gesigsmasker in die openbaar te dra, veral
                 in dele van die wêreld waar dit nie algemene praktyk is nie? Regverdig
                 jou antwoord.                                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                       ONTWERP V1                                      13

        5.1.4    Skryf TWEE AFSONDERLIKE opstelle (minstens 1½ bladsye in totaal)
                 waarin jy die werk van EEN kontemporêre sosiaal-verantwoordelike
                 Suid-Afrikaanse ontwerper/ontwerpgroep EN EEN kontemporêre
                 sosiaal- verantwoordelike internasionale ontwerper/ontwerpgroep
                 bespreek wat jy bestudeer het. Verwys na EEN ontwerp-voorbeeld deur
                 ELKE ontwerper/ontwerpgroep wat sosiaal verantwoordelike
                 ontwerppraktyke aanspreek.

                 Jy mag NIE verwys na enige ontwerper(s) wat jy voorheen bespreek
                 het NIE, of ontwerpers waarna in hierdie vraestel verwys word. (7 + 7)        (14)
                                                                                               [20]

                                                  OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                     ONTWERP V1                           (EC/SEPTEMBER 2018)

 5.2

         FIGUUR K: Design Afrika het ŉ reeks mandjies en sakke wat vir inkopies en
                die strand geskik is. KAT Shopper and Beach Shopper
                                   (Suid-Afrika), 2016.

       5.2.1    Dink jy produkte wat tradisionele vlyt-tegnieke insluit, kan suksesvol vir
                moderne toepassing gebruik en geïntegreer kan word? Verwys na die
                geweefde mandjie in FIGUUR K.                                                       (2)

       5.2.2    Bespreek enige EEN inheemse handwerk wat jy bestudeer het. In jou
                bespreking, verwys na die volgende:

                x     Materiaal, metodes en prosesse om die handwerkproduk te maak
                x     ŉ Beskrywing en ontleding/analisering van EEN voorbeeld
                x     Die moontlike funksies van die handwerkproduk        (3 + 3 + 2)              (8)

       5.2.3    Bespreek die werk van EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse
                ontwerper/ontwerpgroep wat tradisionele metodes en/of materiale in hul
                ontwerpe inkorporeer en sodoende sosiale en/of kulturele kwessies
                aanspreek.

                In ŉ opstel van EEN volle bladsy, sluit die volgende in:

                x Die naam van die ontwerper/ontwerpgroep en die naam van die
                  produk
                x ŉ Kort beskrywing en ontleding van minstens EEN werk, en
                  verduidelik hoe dit die invloed van die tradisionele handwerk
                  weerspieël
                x Die etiese kwessies wat deur die werk van die
                  ontwerper/ontwerpgroep aangespreek word

                Jy mag NIE verwys na enige ontwerper(s) wat jy voorheen genoem het
                NIE, of oor geskryf het nie.                             (1 + 5 + 4)              (10)
                                                                                                  [20]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)              ONTWERP V1                      15

      LAAT HIERDIE BLADSY
            BLANKO.

Kopiereg voorbehou                                  Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                    ONTWERP V1                         (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 6

 6.1    Bestudeer die beelde in FIGUUR L hieronder, sowel as die bygaande inligting
        om jou te help om die volgende vraag te beantwoord.

         FIGUUR L: Binne-buite skool (‘Inside Out School’) deur Andrea Tabocchini
                          en Francesca Vittorini, Ghana, 2017.

        Soos die naam aandui, vervaag die Binne-buite skool (‘Inside Out School’) die
        grense tussen binne en buite. Die gebrek aan hulpbronne en die
        terreinbeperkings het 'n volhoubare ontwerpstrategie geïnspireer. Die skool is
        met die hand gebou van materiaal wat op die terrein (grond, hout en plantegroei)
        beskikbaar is deur ŉ span plaaslike werkers en internasionale vrywilligers wat
        die skool binne 60 dae saamgestel het. ŉ Ligte houtstruktuur lig die dak op en
        die struktuur bevat ŉ stoep wat tot in die tuin strek.

        Deur die beelde en inligting wat verskaf word te gebruik, identifiseer en
        bespreek al die maniere waarop die ontwerp van die gebou in FIGUUR L ŉ lae
        omgewingsimpak verseker en aan volhoubare beginsels voldoen.                             (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                        ONTWERP V1                                   17

 6.2    In TWEE AFSONDERLIKE opstelle, bespreek die werk van enige EEN
        kontemporêre Suid-Afrikaanse EN EEN kontemporêre internasionale
        ontwerper/ontwerpagentskap of ateljee (minstens 1½ bladsye in totaal) wat
        jy bestudeer het wie se werk aan omgewings- en/of volhoubare probleme
        aanspreek.

        Sluit die volgende inligting in:

        x     Die naam van die ontwerper/ontwerp agentskap/ateljee en die titel van
              ŉ produk
        x     Hoe die ontwerper/ontwerpagentskap of ateljee omgewings- en/of
              volhoubare kwessies aanspreek in sy/haar ontwerpproses
        x     Algemene eienskappe van die ontwerper/ontwerpagentskap/-ateljee
        x     Die titel en ŉ kort beskrywing van EEN groot ontwerp-/ontwerpprojek
              wat deur hierdie ontwerper/groep onderneem word is

        Jy mag NIE verwys na enige ontwerper wat jy voorheen bespreek het NIE,
        of ontwerpers waarna in hierdie vraestel verwys word.            (7 + 7)       (14)
                                                                                       [20]

                                                           TOTAAL AFDELING C:           40
                                                               GROOTTOTAAL:            100

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [DESIGN P1 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-gr12-qp-sept2018-afrikaans/95ab1e71-93b2-4279-a6ee-8696ae4aa645) — Design · QP · 2018 · Afr
- [DESIGN P1 GR12 QP SEPT2018 English](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-gr12-qp-sept2018-english/30e880f9-d61a-4fac-9f2e-42c830ef5c34) — Design · QP · 2018 · Eng
- [DESIGN P1 GR12 MEMO SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-gr12-memo-sept2018-afrikaans/9f429249-e5ba-4d49-a678-895047ecaf8a) — Design · Memo · 2018 · Afr
- [DESIGN P1 GR12 MEMO SEPT2018 English](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-gr12-memo-sept2018-english/4692b2c3-52de-4a8b-9723-d1c7c2b48ee9) — Design · Memo · 2018 · Eng
- [Design P1 May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2018-afr/03c4bac8-306f-4032-91bb-67f8dd0d185e) — Design · QP · 2018 · Afr
- [Design P1 May June 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2018-eng/52ea804b-0b18-4587-aec2-d9a283c0970e) — Design · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-mg-afr/ccc80683-987a-4611-994f-f9eff5587a50) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/79defddf-f99d-45c8-840b-73877abd8f11) — Memo · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/a85d8220-5a26-4f17-990e-081cb336014f) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2024-eng/e3c099fa-b074-4932-aa7e-cbc7e78a1e3e) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
